Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings

Dinsdag 29 September 2020

Toe die loods skielik sterf...

‘n Gesin wat in pragtige harmonie saam met die HERE wandel, het in gebed ‘n vliegtuig veilig laat land nadat die loods aan ‘n hartaanval oorlede is.

            Die Tweemotorige King Air is besig om op te styg in Florida op ‘n drie-uur lange vlug na Louisiana. Dis ‘n huurvlug wat vir Doug Whyte (56) sy vrou en twee tienderjarige dogters na sy jonger broer se begrafnis moes neem. Hulle is op pad terug huis toe. 


            Aan boord is Doug en sy vrou en dogters en die loods met baie jare se ervaring, ‘n man wat selfs vegvliegtuie in Viënam gevlieg het. Doug  self het jare laas gevlieg. Sy vlieglisensie geld net vir ‘n klein Cessna.

            Omdat die King Air daardie dag nie ‘n mede-vlieënier had nie, kry Doug toestemming om voor langs die loods te sit want hy wou juis weer begin vlieg en wou ondervinding opdoen.

            Die instrumentepaneel van die King Air “lyk soos ‘n ruimtetuig sin in vergelyking met  die klein Cessna.” Doug verstaan daar niks van nie behalwe dat hy gou agterkom hoe die radioverbinding werk.

            Op ‘n hoogte van sewe duisend voet sterf die loods. Die vliegtuig is op auto-stuur en  klim voort die hoogtes is. Dis ‘n krisis, ‘n erge krisis.

            Nou peul die (geestelike) lewenslesse uit.

            Die vliegtuig verkeer in ‘n noodtoestand. Doug en sy vrou en hul dogters se lewens hang aan ‘n draadjie. Doug skuif agter die stuur in en baie kalm stuur hy ’n boodskap: “Hier is ‘n noodtoestand, die loods is bewusteloos. Ek het hulp hier bo nodig.”

            Grondbeheer kry die boodskap. Ook hulle is baie kalm.

            “Kan jy die vliegtuig beheer?”

“Die viegtuig is op auto-stuur en dit klim al na oor die 14 000vt. Ons moes op 10 000vt al horisontaal gevlieg het.”

Dit was belangrik om dadelik hierdie inligting deur te gee want Doug weet dat hulle kan nie bly styg nie, die enjins sal staak en dan val die King Air soos ‘n baksteen uit die lug.

Toe maak Doug bekend dat hy ‘n klein Cessna lisensie het, maar jare laas gevlieg het. Grondbeheer is in ‘n reuse gebou gesetel. Die hele gebou deur word per interkom gevra of daar iemand is wat ‘n King Air 200 kan vlieg.

‘n Jong meisie reageer, dinkende sy moet iewers heen vlieg. Sy het nog nooit ‘n passasier moes help om ‘n King Air op die grond te kry nie. Sy het geen keuse nie en word met Doug in verbinding gebring.

            Die meisie is die kalmte self. Sy vra vinnig ‘n paar vrae om die situasie te kan vasstel en ontleed. Geen waarskuwings nie, ook nie as dit en as dat nie, net positiewe riglyne en bemoediging.

            Dit was die sleutel tot ‘n uiteindelike suksesvolle landing: Geen vrees hoegenaamd nie, duidelike riglyne en bemoediging. Die vliegtuig moes deurentyd sy spoed behou om steeds betyds te kon land. In daardie stadium kon talle loodse in hul vliegtuie na die gesprek luister. Een het gereageer: “Hierdie man gaan dit nie maak nie.”

            Daarna is die kanaal geïsoleer en geen ander vliegtuigloods kon inluister nie. Doug het intussen gevra dat hulle vir hom die langste en wydste landingstrook gereed moes kry. Wat hy nie besef het nie was dat die landingstrook ook beskerm sou word deur talle brandweerwaens, verskeie  ambulanse, reddingsvoertuie en polisievoertuie.    

            Sowat 60km van die lughawe af, moet Doug oorskakel na ‘n ander frekwensie waar ‘n manspersoon hom moet inlei na die landing. Hy weet  nie hoe om dit te doen nie want voor hom is vier skerms nie net een soos in die Cessna nie. Weer bemoediging. En hy skakel dit oor.


 




 


Dis die derde persoon wat hom nou te hulp kom.  Weer sonder spanning, sonder vrees, duidelik riglyne en bemoediging.  Daar was strykdeur ook geen emosie betrokke nie en weer ‘n keer niemand wat ‘n King Air ken nie.

            As Doug in die passasierskant agter by sy vrou en kinders gaan sit het, sou hulle waarskynlik te laat besef het die loods is dood. Die HERE se voorsienigheid en Doug se gehoorsaamheid het beteken Doug kon onmiddellik oorneem.

            Hy het sy vrou na die stuurkajuit geroep om die liggam van die  loods daar weg te kry want dié het oor die kontroles gelê. Hy was in Doug se pad. Toe sy vrou nie die loods geroer kon kry nie het sy die veiligheidgordels so styf moontlik getrek sodat die loods penregop in sy stoel gesit het.

            Doug het toe gevra dat sy vrou en kinders agter in die vliegtuig moet gaan sit en bid dat die HERE hom sal help om veilig te land.

            Die volgende boodskap was dat die manne wat hom mos help, geen kennis van ‘n King Air had nie. Byna duisend km verder spoor hulle ‘n vriend op wat in sy kantoor sit en ‘n King Air soos die palm van sy hand ken. Hy gee die opdragte per selfoon aan die manne by die lughawe en hulle gee die opodragte weer deur aan Doug.

           Sien  daai stuurkajuit as jou binnekamer. Niemand weet jy is daar behalwe jyself en die Hemel nie. Jy verkeer daar in die Gees, sonder vrees, want die HERE het jou nie ‘n gees van vrees gegee nie. 2 Tim 1:7

Jy is kalm, jy het belangrike sake om net die HERE uit te praat. Moenie soos ‘n CD laat waai nie. Gee kans vir die HERE om met jou te kan praat. Wees vol hoop, rustig, kalm en bid wagtend. As Doug bly praat het, sou hy nooit al die antwoorde en opdragte gehoor het nie.

Let op, langs Doug sit die loods dood in sy stoel. Nie hy of grondbeheer het een keer oor die loods gepraat nie.  Dood was nou van geen belang nie. Net lewe was van belang. Doug het net reg aan die begin kortliks verduidelik hoekom hy die radio hanteer.

Dan is daar die doemprofeet: “Hy gaan dit nie maak nie.” Doug ignoreer die boodskap. Steur hom glad nie aan die man nie. En hoeveel keer leen ons nie ons ore uit aan oningeligtes nie? Vir die doemprofeet was dit ‘n uitgemaakte saak: Die King Air gaan val. Doemprofete is of ongelowiges of vleeslike Christene.

Doug het nie gehuil en gesmeek, om hulp nie, geen trane of emosie nie, net genoem dat hy hulp benodig om die vliegtuig op die grond te kry. So kan  ons ook leiding van die HEE kry, maar dan moet ons luister. Ons moet ook die handboek, die Bybel, ken. Ons moet gehoorsam wees.

Soos wat Doug sy vrou en kinders gevra  het om vir hom te bid, mag ons ook ander vra om vir ons te bid.

Ons loods het ook gesterf, maar Hy het opgestaan. Lugpersoneel op lughawens is nie vliegtuigloodse nie. Hulle beheer bloot lugverkeer. Daar moes  vir King Air loodse gesoek word om Doug te kon help. Ons het die Heilige Gees en die Heilige Engele altyd byderhand.

Tien mense het almal ‘n rol gespeel in Doug  se veilige landing. Al 10 is vereer vir hulle kordaatstuk. Sien die 10 as Engele. God het die hoogste eer ontvang. Doug het spesiale eer ontvang. Hy het voortgegaan met gevorderde opleiding en vlieg steeds op veral kommersiële  roetes.

Doug was in beheer van die King Air danksy die hulp van 10 ander mense. Moet nooit huiwer om die hulp van ander Gelowiges in te roep nie. Ons is soos een familie wat mekaar in en deur liefde en groot omgee dra. 

As dit oor siekte, jou probleemkind, jou huwelik, of oor wat ook al gaan...“Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.” “Bid vir mekaar.” Jak 5:16 Die oplossing van jou probleem, is presies dieselfde as om veilig te kan land.

Almal wat by die King Air betrokke was, was eendragtig. Een-dragtig, beteken al 10 was swanger (dragtig) met die situasie. Hulle het saam ‘n veilige landing gebaar. Kry vir jou  Gelowiges wat eendragtig met jou die geestelike pad sal stap.

Doemprofete en twyfelaars kan “niks” van die HERE ontvang nie. Jak 1:6-7. – Wekroep         

Christine sterf in hul duisende

 Militante Islam in oorlog teen Nigerië –

Nigerië word ernstig bedreig deur militante Islamitiese terreurgroepe. Militante Islam voer 'n opstand om die Nigeriese regering omver te werp en Christene uit die land te verdryf. Alles gebeur te midde van ‘n groeiende geestelike Herlewing in die land.

            Dieselfde is in ons buurland Mosambiek aan die gang. ISIS is ook in Suid-Afrika opgemerk met ons veiligheidsdienste op hulle spoor.


           Nadat ISIS die oorlog in Sirië en Irak verloor het, waarsku die top-generaal van die Amerikaanse spesiale operasiebevel in Afrika dat Al Kaïda, ISIS en ander Islamitiese terreurgroepe nou probeer om dele van die Afrika vasteland in te neem.

Genl Dagvin Anderson sê Islamietiese terroriste het hul visier op die suidelike en noordwestelike streke van Nigerië gerig en die VSA deel nou spesifieke intelligensie met die land.

            Duisende Christene is deur Islamitiese Jihadiste in drie Afrikalande, Nigerië, Kameroen en Suid Soedan, vermoor. "Dit is dus uiters noodsaaklik om hierdie inligting te deel en ons bly ten volle betrokke by die regering van Nigerië om hulle ingelig te hou wat hierdie terroriste doen," het Anderson tydens 'n onlangse perskonferensie aan verslaggewers gesê.

CBN hou op sy beurt Christene wêreldwyd op hoogte sodat hulle  vir die Christene in genoemde drie  state kan bid. ISIS se doel is om uiteindelik Nigerië in 'n Islam-land te verander en Christene, wat die helfte van die land se bevolking uitmaak, te dwing om óf te vlug óf hulle tot Islam te bekeer.

"Christene is in die oog van die teiken," het Dede Laugesen van Save the Persecuted Christians gewaarsku. En die getalle is verbysterend.

Op 7 Augustus 2020 - Islam het op vyf afgeleë Christelike dorpies in die staat Kaduna toegeslaan en 33 dorpenaars doodgemaak.

Op 24 Augustus is 21 mense dood, talle beseer en verskeie Christenhuise word deur militante vernietig.

Op 10 Julie sterf  27 toe aanvallers gewapen met gewere en kapmesse 'n  bruilof aangeval het. En die lys gaan voort. Toonaangewende menseregtegroepe sê wat in Nigerië aangaan, is volksmoord.

“As mens kyk na wat die afgelope 20 jaar daar gebeur, is dit net massiewe aanvalle op Christene,” het Jeff King, president van International Christian Concern, aan CBN News gesê.

“Kyk, daar is 50 tot 70 duisend Christene vermoor.” Jare lank was Boko Haram, die grootste terreurgroep, wat die regering hier wou omverwerp en 'n Islamitiese staat wou skep.

“Hulle agtervolg Christene en gematigde Moslems, en dwing hulle in 'n harde Islamietiese agenda in. Hulle plan is die vestiging van 'n kalifaat en die afsny vsan Nigerië en Wes-Afrika van enige Westerse invloed,” het Laugesen aan CBN News gesê.

Nou is daar 'n nuwe akteur op die toneel. In Nigerië se sogenaamde 'Midde-gordel'-streek, waar die Islamitiese Noord die Christelike Suide ontmoet, vermoor 'n terreurgroep wat bestaan ​​uit Islam-Fulani-veewagters, duisende Christene. Meer as 1 400 Christene is in die eerste sewe maande van 2020 deur Fulani-veewagters doodgekap.

"Ongelukkig swyg die sekulêre media en maak alles af as stamkonflik eerder as godsdienstige oorlog," het Petr Jasek, wat die skrywer van die boek, Imprisoned With ISIS: Faith in the Face of Evil, geskryf het.

Die president van Nigerië, 'n Moslem, het tot dusver baie min gedoen om die bloedvergieting te stop. Sy polisie en weermag bestaan ​​ook meestal uit Moslems.

"Die aanvallers word nooit gevang nie, hulle word nie vervolg nie, die veiligheidsdienste reageer baie stadig, 'n volle dag kan voortgaan met aanvalle en daar kom geen sekuriteit op nie en die regeringslui sal gereeld dekking bied," het Laugesen verduidelik.

Hulpeloos en kwesbaar vir byna daaglikse aanvalle, lei Katolieke biskoppe die Nigeriese Christene om hulself te verdedig. Menseregtegroepe vra die Withuis om 'n spesiale gesant aan te stel om die vervolging van Christene in Nigerië te beëindig.

"Tensy die wêreld kennis neem en druk, ekonomiese druk, sanksies, visumverbod op hierdie amptenary plaas wat verantwoordelik is vir hierdie travestie nie, sal Nigerië steeds 'n bloedbad wees," het Laugesen gewaarsku.

Intussen help King se groep meer as drie duisend Christene wat hul ondernemings, huise, plase of grond verloor het aan militêre aanvalle van Boko Haram en Fulani.

International Christian Concern het gemeenskaplike plase geskep om slagoffers die geleentheid te gee om hul lewens te herbou. “As hulle weer aan die werk kom, word die gesin gevoed, hulle het 'n toekoms, die kinders kan teruggaan skool toe," het King aan CBN News gesê. "Dit is 'n herstel van hoop, dit is regtig en dit is veel meer as net ekonomies, dit is die hele gemeenskap, dit is al die dele van die lewe: die emosionele, die fisieke, die geestelike, dit beteken vir hulle baie."

In Mosambiek is presies dieselfde aan die gang en met dieselfde oogmerke. Lande wat sterk belange in Mosambiek se olie het, is op pad om die oliebronne te beskerm en mens vermoed hulle sal ook Mosambiek beskerm.

Presies wat in SA aan die gang is, is nie bekend nie. Feit is, alle Gelowiges in SA sal met ‘n tsoenami van gebed, Isis die stryd moet aansê, in SA en in die res van Afrika. – Wekroep  

Petisie aan Pres Trump om in te gryp:

https://www.cbnfaithinaction.com/petitions/stand-with-persecuted-nigerian-christians/


Nie alles is soos dit lyk nie

 

“…omdat Kaleb ’n ander gesindheid het en My getrou gevolg het, sal Ek hom inbring in die land wat hy gaan verken het…” Num 14:24

’n Ekonoom is gevra om ’n groep sakemanne oor die depressie toe te spreek. Dit was die dertigerjare van die vorige eeu en almal was moedeloos. Die spreker steek  ’n wit vel papier teen ’n bord vas. Hy maak ’n swart kol op die vel papier. Hy vra een van die manne in die voorste ry wat hy sien.

“’n Swart kol,” was die antwoord. Hy vra dit vir ’n paar ander. Hy kry dieselfde antwoord. Kalm en met nadruk sê hy: “Ja, daar is ’n swart kol, maar nie een van julle het die groot vel wit papier gesien nie. Dit is dus die inhoud van my lesing. Ons kan nou huis toe gaan.” Dit neem ’n rukkie voor die werklikheid van wat hy sê indring het. Toe gaan die tonge los en nuwe perspektiewe vir die sterwende ekonomie kom aan die lig.

            Ons gemoedstemming word bepaal deur die punt van ons konsentrasie. Sien ons net die swart kol van ons omstandighede, word ons moedeloos. Sien ons ook die groot wit vel om die swart kol raak, skep ons moed. Moses het twaalf verspieders uitgestuur Kanaän toe. Tien het op die vyand gekonsentreer: “Nee, ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons… Ons het daar ook reuse gesien…”Num 13:31-33.

Josua en Kaleb daarenteen het op God se belofte en Sy krag gekonsentreer. “Kaleb het egter die manne stilgemaak en gesê: ‘Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.’” Num.14:30

Die geheim van Moses se volharding om die HERE te gehoorsaam en te dien word so gegee: “Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien.” Heb.11:27 – Wekroep


 


 

Vrydag 19 Junie 2020

Glo... dit wat jy bid sal so wees

Woensdae aande was biduur. Een ou tannie kon tot vervelens toe aanhou bid. Die predikant het later begin sê: “Amen suster, amen,” bedoelende sy moet klaar bid, maar vir die ou tannie was dit aansporing.

            Dan sê die predikant: “Danie suster, dankie, die ander wil ook bid “ Dan stop sy asof sy seker wil maak sy verstaan nou reg. Dan skielik en onverwags kom die “Amen.”

            So het dit elke Woensdagaand gegaan. Ironies, maar daar was van die ander wat noot gebid het nie.

            Nou sê Jesus: “En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.” Matt 6:7. Die ou tannie was gered en Jesus praat hier met die gereddes oor die ydele herhaling van woorde.

            Onthou nou, dis Jesus self wat hier vir ons leer hoe om te bid. Die woorde wat Hy aanbeveel is dus van kardinale belang. Al wat ons moet doen is om te glo en te aanvaar wat ons bid is feit.

“Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. Matt 6:8

En nou sê iemand: “Waarom dan nog bid as die HERE reeds weet wat ek gaan vra?”

As jy merk dat jou kind nuwe skoene kort, moenie vir hom skoene koop nie, nie voordat hy self agterkom hy kort nuwe skoene nie... al weet jy al geruime tyd hy gaan een of ander tyd kom vra.  Dan sal hy die nuwe skoene waardeer en nie loop en klippe skop en rugby speel met sy skoene nie.

Matt 6:9 Heilig Sy naam. Aanbid Hom. Vertel Hom wie Hy is en hoe jy dit waardeer om die lewende God Jahweh te mag aanbid.

Let nou op: “Laat u Koninkryk kom; laat U wil geskied (hoe?), soos in die Hemel net so ook op die aarde.” Matt 6:10. Glo dit en verwag dit. In die Hemel is daar nie moord nie, geen korrupsie en diewe nie, geen iets negatiefs nie. Laat die Hemel dan ook so heers in jou lewe en jou huis.

Geniet jou werk want so gee Hy jou ook jou daaglikse brood. Matt 6:11

Let fyn op: Matt 6:12... en vergeef ons, ons skulde (hoe?), soos ons ook ons skuldenaars vergewe.

            Aan die einde van die bekende Onse Vader, lewer die HERE kommentaar op hierdie vergifnis:”

            “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe. “

            Net vir geval jy nie reg verstaan het nie, let op: Matt 6:15  “Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” Dit beteken, al bid jy die Onse Vader heelnag en heel dag, sal jou gebed nie beantwoord word voordat jy nie vergewe het nie.

            In Matt 6:13 keer die HERE dat niemand ons in versoeking sal lei nie, maar verlos Hy ons inteendeel van die Bose.

In Matt 6:14 besing ons lof aan die HERE: “Want aan U behoort die Koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in Ewigheid. Amen.

Wil jy graag nog bid. Bid dan Ps 23 en let op om elke oggend die HERE te dank dan Sy goedheid en guns, jou in hierdie dag sal volg.

Jy geniet ook die beskerming van die bloed van Jesus, die beskerming van sy Heilige Engele en neem jou besluite deur te wag op Sy wysheid. – Wekroep

Donderdag 12 Maart 2020

Vervang vrees met Geloof



Vervang vrees met geloof en stap ongeskonde deur hierdie slagveld van virusse en misdaad, ellende en ondergang. Daar is gevalle waar die vrees ‘n groter gevaar is as die werklike gevare. Wêreldwyd is daar baie paniek. Plaaslik is dit erger weens bedreigings op vele fronte.

            Al die gevare waarvoor gevrees word, is weens die onbekende, maar geloof in die HERE God Jahweh neem ons juis na die bekende. Sy liefde en genade, die bloed van Jesus,. die Heilige Engele se beskerming.

            Dan bid ons in die geloof, sonder om te twyfel. Jak 1:6-8. Dan sing en speel ons in ons huise en motors Goddelike musiek... Dan bid ons vir mekaar. Ons staan op vir Jesus. Ons bemoedig mekaar soos wat Ouma Hamman se getuienis ons bemoedig.

Anna Elizabeth Retief (Ouma Hamman), die derde van agt kinders, is op 4 Julie 1874 op Graaff-Reinet  gebore.

            Sy het onderwyseres geword en haar studies voltooi deur by  maanlig en kerslig te studeer. Soms het sy selfs vuurhoutjies getrek om by dié lig te studeer. Sy was vooruitstrewend en het baie goed op skool sowel as die kollege presteer. Mej. Helen Murray, ‘n suster van dr. Andrew Murray, was destyds hoof van die seminarie.

            Dit was in hierdie tyd dat sy die Wedergeboorte deelagtig geword het. Die HERE het die Heilsleër en die South African General Mission, waarvan Dr. Murray ‘n stigterslid was, gebruik om haar tot die Lig te bring.

            Beaufort-Wes was haar eerste standplaas as onderwyseres. Hier het sy by die Pienaar-gesin loseer waar sy geestelik verryk geraak het. Sy was toe 20 jaar oud.

            Sy is daarna na Standerton. Nog later het sy ‘n pos op Biesiesvlei naby Lichtenburg aanvaar. Daar is sy met kol. J.L. Hamman getroud.

Inlas: Ouma Hamman – Op vlug deur die oorlog met twee babas

            Kort na die geboorte van hul eerste kind, het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek.

            Op pad na die klein konsentrasiekamp op Barberton was Anna, haar suster Margaret en Anna se klein Esther verplig om op Nelspruit by vreemde mense oor te bly. Daar is die tweede baba op die vlug gebore.

            Anna en die twee babas, asook Margaret was verplig om na tien dae in aller haas vanaf Nelspruit met die laaste trein te vertrek daar die vyand op hulle spoor was.

            Die trein was so stampvol van passasiers, dat daar geen plek vir bagasie was nie. Sonder ‘n pennie geld en met net die klere wat hulle aangehad het, tesame met ‘n klein handsakkie, het hulle op Barberton aangekom.

            Anna se man, wat toe as posmeester diens gedoen het, het lank reeds nie meer salaris ontvang nie en is toe ook gevang.

            Anna vertel later dat haar enigste uitkoms was om haar op die Engelse kommandant, ‘n ouerige man, te beroep. Nadat hy na haar verhaal geluister het, het hy haar 2 pond van sy eie geld gegee. Hy het hulle ook na ‘n netjiese klein huisie geneem want die vroue het daar in huisies en nie in tente tuisgegaan nie.

            Tot haar vreugde was daar dikwels vroegoggend ‘n mandjie met vars melk, eiers, groente, ens. voor die deur. Dit was bo en behalwe die karige voorsiening van die kommissariaat.

            Die mandjie in die oggende was deur vriendelike Engelse kommandant gestuur, alhoewel hy nooit self die huis besoek het nie.

            Anna vertel dat die HERE in daardie dae baie naby aan hulle was en op wonderbaarlike wyse in antwoord op gebed, in al hul behoeftes voorsien het.

            Na drie maande het sy weens die verskriklike hitte op Barberton, baie na haar ouerhuis op Graaff-Reinet verlang.

            Sy het met die kommandant gaan praat en hy het verlof gegee dat sy en die babas kosteloos deur die twee republieke Transvaal en Vrystaat, mag reis, maar op eie risiko.

            Die land was in ‘n toestand van gorrilla-oorlogvoering, treinspore is gedurig opgebreek en hulle sou langs die pad verskeie kere lank moes wag op die herstel van die spoorlyn.

            Met so ‘n toestand het sy besluit om eerder op die HERE te gaan wag vir duidelike leiding. Alhoewel sy kosteloos kon reis, sou sy tog geld ook moes hê, en sy besluit toe dat as die HERE op wonderbaarlike wyse die geld voorsien, dan sou dit as teken aanvaar dat sy die reis kon onderneem.

            En weer ‘n keer, in antwoord op gebed, verkry sy op bonatuurlike wyse 13 pond. Sy het volkome vrede in haar gemoed gehad om die lang reis aan te pak.

            Die grootste prioriteit was padkos. ‘n Groot baksel boerbeskuit sou die probleem oplos. Weer vertrou sy die HERE op uitkoms. Toe kry sy meel, maar die vet het ontbreek.

            Drie dae voordat die trein sou vertrek, staan sy met die skottel meel voor haar deur die venster en tuur.

            Beswaard bid sy toe: “HERE, het U my dan vergeet; ek kan dit nie verstaan nie.”

            Die volgende oomblik het die militêre muilwaens vol proviand en met groot geraas verbygesnel.

            Daar was ineens ‘n harde geklop aan die voordeur. “En daar staan ‘n Engelse soldaat met die grootste blik vet wat ek nog gesien het,” vertel sy later.

            Die blik was so groot en swaar dat die soldaat dit op die grond moes neersit. Hygende na sy asem sê hy toe: “Mevrou, hierdie blik vet het van die militêre muilwaens afgeval. Wil u dit nie hê nie?”

            Sonder om nog op ‘n antwoord te wag, het hy die blik vet die gang afgerol, omgedraai en laat spaander om die waens weer van agteraf in te haal.

            Anna het verbysterd bly staan. Die teenwoordigheid van die HERE was tasbaar.

            Wat die wonder nog groter gemaak het, was die feit dat die deur van die huis nie direk op die straat uitgegaan het nie, maar in ‘n tuin met ‘n hekkie laer af, terwyl die huise oorkant die straat se hekke by hul voordeure was.

            Wat sou die Engelse soldaat beweeg het om die ompad te neem as dit nie die Gees van God was wat hom gedring het nie?

            Op die laaste oomblik is Anna se verlof om die reis te onderneem gekanselleer. Toe die kommandant dit hoor, stel hy ‘n seereis voor vanaf Lourenco Marques na Port Elizabeth.

            ‘n Seereis! Waar sou die passaat vandaan kom? “Maar my Vader het Sy Wil aan my bekendgemaak,” se Anna later.

            Sy het  soos Abraham van destyds uitgetrek … sonder om te weet waarheen, maar soos Abraham het sy goed geweet saam met Wie!  Sy het dus volkome rus en vrede in haar gemoed gehad.

Sy het ook geweet van ‘n paar van haar eie mense wat oor die grens gegaan het en in tente in Lourenco Marques tuisgegaan het.

Met haar en die babas se aankoms daar het die ou bekendes haar gasvry ontvang.

Dieselfde middag het die kampkommandant op sy gewone rondte ook by haar tent besoek gebring. Nadat hy na haar verhaal geluister het, het hy vertrek.

‘n Ruk later was hy terug met die boodskap dat mnr Trotsenburg, die hoof van Poswese in Transvaal., in ‘n hotel onder in die dorp was en dat hy haar graag wou spreek.

Na ‘n paar vrae was Trotsenburg bereid om ‘n deel van haar man se agterstallige salaris aan haar uit te betaal. Hy het haar ‘n tjek vir 37 pond oorhandig. Dit was genoeg om die kostes tot in Graaff-Reinet te dek.

Weer was sy verbysterd, want dit was die laaste oord vanwaar sy enige hulp verwag het. “Dit het gevoel of ek in lug loop terug na die kamp.”

Veertien dae later het hulle aan boord gegaan en na ‘n voorspoedige reis uiteindelik by haar eie mense op Graaff-Reinet aangeland. Hieroor sê sy: “Al die eer aan God!”

En voeg dan by: Can you wonder, can you wonder, can you wonder why it is I love Him so? When I think of all His done for me unworthy one! Can you wonder why it is I love Him so?

Dit was die einste Anna – later bekend as die biddende Ouma Hamman – wat geruime tyd na die oorlog aan dr. Andrew Murray geskryf het:

“Watter raad het u vir my om my en my vyf  klein kindertjies, waarvan die oudste maar 9 jaar is, so vroeg moontlik vir die HERE te wen?”

Murray het geantwoord: “Ek sien dat u ‘n bekommerde moeder is. Soek vir u nog ‘n bekommerde moeder en bid saam.” Sy het dit gedoen en dit het aanleiding gegee tot die Moeder Gebedsbond wat landwyd gegroei het.

Vandag is ons land weer ‘n keer vol bekommerde moeders en daarom word ‘n beroep op alle moeders gedoen om weereens by ‘n Moeder Gebedsbond in te skakel, of begin een as daar nie een in jou omgewing is nie, en begin bid vir ‘n Herlewing. Bid soos jy nog nooit in jou lewe gebid het nie. Soos wat die HERE Ouma Hamman gedra het, sal hy ons ook dra. Glo net. “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.” Luk 12:32

Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik, besoek www.thesower.org.za

As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com

Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Wekroep

Maandag 14 Oktober 2019

Spreek jou Twyfel en Ongeloof aan


“Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is diegene wat nie gesien het nie en tog geglo het.” Joh 20:29

Dis hier waar sommige Christine nog nie die geestelike Rubicon oorgesteek het nie. Te midde van hierdie stukkie intieme geskiedenis uit Thomas se godsdienstige lewe. klink hierdie woorde van die Meester duidelik in ons ore: “Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is diegene wat nie gesien het nie, en tog geglo het."

Diegene wat nie wil glo nie, selfs al sien hulle... Aan hierdie groep het die mense behoort wat Jesus in die tuin van Getsémané gevange geneem het. Geeneen van hulle het nog ooit op die grond geval deur 'n woord wat iemand spreek nie. Toe Jesus sê: “Dit is Ek wat julle soek",  lees ons, ... slaan hulle nogtans die hande aan Jesus, asof daar niks gebeur het nie.

Nadat hulle bewus geword het van Sy bonatuurlike krag en Goddelike persoonlikheid, handel hulle asof Hy ‘n gewone mens is. Hulle wou nie glo nie; selfs al het hulle gesien.

So 'n man was die Farao. Nadat hy al die tekens en wonders van God gesien het, wou hy nog nie glo nie, ja, selfs na die dood van sy eersgebore seun, het hy hom weer verhard in sy ongeloof.

Aan hierdie groep het ook behoort die regters van Stefanus, wat hom met klippe doodgegooi het, terwyl hulle sy aangesig sien blink soos die van ‘n Engel terwyl hy bid: “HERE, reken hulle hierdie sonde nie toe nie.

"Is dit nie vreeslik om te dink dat daar sulke mense is nie? Siende blind en horende doof!”

Diegene wat alleen glo wanneer hulle sien. Tot hierdie groep het Thomas 'n tyd lank behoort. Tot hierdie groep behoort die wêreldlinge, die mense wat hierdie wêreld liewer het as vir Christus. Hierdeur word 'n duidelike skeidslyn getrek tussen ‘n gelowige en ‘n ongelowige.

‘n Ongelowige vertrou op en glo in wat hy sien: homself, sy vriende, sy besittings, hierdie wêreld.

Die gelowige glo wat hy nie sien nie, hy vertrou op God. “Hy wandel asof hy die onsienlike sien." “Ons wandel deur geloof en nie deur aanskoue nie," sê die apostel.

Diegene wat nie gesien het nie en tog geglo het. Sonder hierdie geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Trouens in die brief aan die Hebreërs word ‘n beskrywing van geloof gegee: “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie."

‘n Pragtige voorbeeld van hierdie geloof is Noag. Hoe wonderlik skyn sy geloof nie deur die lange jare nie! Hy het niks gesien nie, net geglo wat God gesê het. Hebr I1 :7

Ja, in die hele hoofstuk van Hebr 11 word van die helde van die geloof gepraat, almal manne wat nie gesien het nie en tog geglo het.

Ons fokus bv net op Abraham. Hy het die teenstrydigheid en gedoente o m die enigste kind wat die HERE in sy ouderdom aan hom gegee het, die kind waardeur  sy nageslag moes opgebou word, te gaan offer. Alles was vir hom pikdonker en onverstaanbaar en tog het hy net geglo dat die HERE sal voorsien. Abraham het geglo ondanks alles, en hoe heerlik is sy geloofsvertroue nie beloon nie!

Aan watter groep behoort jy? Onthou dat jy vir tyd en Ewigheid gelukkig sal wees as jy glo al het jy nie gesien nie.

Ons kyk weer na Thomas... As mens hierdie geskiedenis noukeurig lees, sal ons sien dat daar twee redes was vir hierdie ongeloof en twyfel van Thomas:

a)              Hy wou nie die Woord van die HERE glo dat Jesus sou stewe en op die derde dag sou opstaan uit die dode nie;

b)              Hy het die gemeenskap met die ander dissipels verwaarloos. Hy het nie erns gemaak met die gemeente van die HERE nie.

Is dit nie vandag nog die hoof oorsaak van menige vertwyfeling nie?

Ons het ‘n opname by 32 wonings gedoen oor geloofsekerheid... niemand had sekerheid nie, maar die meeste het verlang om sekerheid oor die Ewige Lewe te hê.  Meeste was kerkgangers, maar sonder enige sekerheid. “Mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het...” 2 Tim 3:5

As jy twyfel, neem ons jou nou terug die Bybel toe.  Word weer soos ‘n kind wat die geloof beleef, anders sal mens die Koninkryk nooit sien nie.

“Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

“Let op) “Want dié mens moenie dink dat hy iets van die HERE sal ontvang nie.” Jak 1:6-7

Dit is wat jy met jou twyfel doen:

1. AL MY TWYFEL BRING EK JESUS,

   HY SAL SY BELOFTE HOU;

   NIMMER SAL HY MY BESKAAM NIE,

   OP SY WOORD KAN EK VERTROU.

KOOR:

   SLEGS VERTROUE, VOL VERTROUE

   SLEGS VERTROUE OP SY WOORD.

   SLEGS VERTROUE, VOL VERTROUE

   SLEGS VERTROUE OP SY WOORD.


2. AL MY SONDE BRING EK JESUS

   WAT MY REINIG DEUR SY BLOED;

   HY BEWAAR MY REIN EN HEILIG

   DEUR SY GEES IN MY GEMOED.


3. AL MY KWELLING BRING EK JESUS,

   HY SKENK MY VOLKOME RUS;

   HOE DIE DONKER WOLKE SAAMPAK,

   NIKS KAN OOIT SY LIEFDE BLUS.


4. AL MY VREUGDE BRING EK JESUS,

   HY IS AL WAT EK BEGEER;

   IN MY HEILAND VIND EK ALLES,

   EN MY SIEL VERLANG NIKS MEER.


5. WAT EK HET, GEE EK AAN JESUS,

   GANS MY LIGGAAM, SIEL EN GEES; 

   HIER OP AARD' EN DAAR OOK EENMAAL,

   WAAR ONS SAAM MET HOM SAL WEES. – Wekroep

Maandag 19 Augustus 2019

Wanneer ons geestesoë verhelder



Paulus sê aan die gemeente in Efese: Wanneer hy in sy gebede aan hulle dink, bid hy dat die God van ons Here Jesus Christus…deur sy Gees…hulle geestesoë so verhelder dat hulle kan weet…watter rykdom…Hy vir die Gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitoefen in hulle wat glo. Efes 1:15-23

            In Leslie B. Flynn se boek, Negentig Gawes van die Gees, vertel hy, die bekende prediker, C. H. Spurgeon, besoek ’n bejaarde vrou in ’n tehuis vir armlastiges. ’n Geraamde, handgeskrewe dokument, met handtekening en al, teen die muur, trek sy aandag.

Hy vra daarna. Sy vertel hom sy het ’n bejaarde man versorg en net voor sy dood het hy die brief van waardering vir haar gegee. Kort daarna is hy dood. Dit was vir haar kosbaar en sy het dit geraam en teen die kamermuur opgehang.

Na baie oorreding laat sy Spurgeon toe om haar kosbare kleinnood vir ’n paar dae te leen. Spurgeon neem dit bank toe en dit veroorsaak ’n hele opskudding. Die bankbestuurder kom na hom toe en roep uit: ”Dankie! Ons kon net nie uitvind aan wie die ou heer al sy skatte bemaak het nie!”

Die arm vrou in die tehuis was eintlik skatryk, maar omdat sy haar dokument nie gelees en verstaan het nie, leef sy in armoede.

Wedergeborenes het ook ’n geskrewe dokument wat ons rykdom aan ons beskryf. Ons is erfgename van ’n groot, Ewige Erfenis, met baie huidige voordele, maar ons leef in die armoede van spanning en vrees en neerslagtigheid, omdat ons, ons dokument nie deeglik bestudeer en van ons voordele gebruik maak nie en ons in ons  erfporsie verbly nie.

Ons dokument word "Die Nuwe Testament" genoem. God se gawe aan sondaars in Christus Jesus se verlossing word ryklik daarin beskryf. In die Ou Testament staan dit in beeldende en profetiese taal. In die Nuwe Testament word dit duidelik, op die man af, beskryf: “…die Skrif kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die Waarheid te onderrig…” 2 Tim. 3: 15 en 16

Let nou op: “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

“Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

“Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is… en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.” Rom 8:14-17

Maak ‘n studie van die hele Rom 8 en Efes 1. Soos met feitlik alle Testamente  is daar voorwaardes. As ons bv. dit wat ons erf, ons eie wil maak, moet ons na die Gees en nie na die vlees lewe nie. – Wekroep

Sondag 10 Februarie 2019

“Hy wat in My glo, soos die Skrif sê…”


Hy wat in my glo, soos die Skrifte sê: “strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” Joh 7:38

Om te GLO is veel meer as om saam te stem. Jesus  sê: “Hy wat in my glo.” Nie aan my glo nie, maar “in my glo.” Nie hy wat saamstem nie, maar “hy wat in my glo.”

            Glo as ‘n wekwoord: 1. Iets sonder enige twyfel as waar en eg aanvaar. 2. Aanneem. 3. Hy lieg dat hy homself glo, hy is 'n aartsleuenaar. (dit gebeur presies so en so iemand het inderdaad behandeling van een of ander aard nodig) 4. Wil jy glo dis 'n goeie plan, dis nou werklik waar 'n goeie plan; as jy nie wil glo nie, kan jy proe)

            Glo as ‘n byboeglike naamwood: Vermoedelik, skynbaar, blykbaar. dis glo nie so erg nie, dis blykbaar nie baie erg nie.

            Dit is soos hoop. Hoop in die Bybel as werkwoord beteken “toekomsfeit.” As byvoeglike naamwoord beteken dit “ek wens”, Ons hoop op die Werderkoms. Toekomsfeit. Ek hoop hy gaan saam. Ek wens hy gaan saam.

            Jesus sê: “Hy wat in my glo.” Hoe glo? “ “…soos die Skrifte sê.”

            Wat sê die Skrif?

            Net om saam te vat: Jy aanvaar Jesus sonder twyfel as waar en eg, so ook Sy sterwe op Golgota en die rede vir Sy sterwe en dat hy Opgestaan het en leef sodat wanneer ons Hom aanneem as Saligmaker, ons inderdaad gered is. Ek is gehoorsam aan God en sy instellinge. Ek het nuwe verantwoordelikhede in die lewe en ek aanvaar dit want ek glo Jesus en ek glo God. Ek glo en laat my doop. Ek glo die Woord is my lamp en ek volg dit getrou..

            Wanneer jy in Jesus glo (soos die Skrifte sê) wat gaan dan gebeur? Jesus sê:  “strome van lewende water sal uit my binneste vloei.”

            Mens kan water hoor vloei, al is dit ‘n stille stroom. Dit kabbel, dit vloei met storm en drang, dit daal in luide applous in God se amfiteater na benede,

·       Kort gebed en sing dan heerlik saam:   https://www.youtube.com/watch?v=bzxWhUv8dyg Luister tot na die applous.

Dinsdag 21 Augustus 2018

Dankbaarheid vrywaar jou teen groter onheil


Image result for Luke. 17:15-19


In Luk. 17:15-19 lees ons die verhaal waar Jesus 10 melaatses gesond maak, maar net een het omgedraai en vir Jesus met ‘n groot stem kom loof en dankie sê.

            En Jesus sê: “Gaan, jou geloof het jou gered.”

            Dis moontlik dat  die ander 9 se melaatsheid teruggekeer het en straks veel erger: “En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.

            “Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.  Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hyself met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.” Matt 12”13-19

As die Bybel dan praat van geloof, dan het  hierdie man ook redding ontvang. Regverdigmaking deur die geloof in Jesus Christus.

Dit moet ek en jy  voortaan daagliks doen: Die HERE loof en dankie sê:

·       Dankie HERE dat ek kan sien en hoor en voel en proe en ruik;  Bind jou oë toe vir ‘n hele naweek en prober so leef en kyk hoe ver jy kom. Dank God elke dag vir jou twee siende oë, of, as jy net een het.  Maak jou eie lys van dankbaarhede en dis nogal ‘n aansienlike lys. Dank God vir sy Goedheid en Guns.


Wat ‘n fantastiese gewoonte om aan te keer  en jou gemoed op te beur. Komaan, doen dit. Dis die regte ding om te doen. Wees dankbaar. Sê dankie.  Jesus wil dit hoor. - Sjibbolet 

Maandag 31 Julie 2017

Leef in die Geloof en Beleef jou Gawe


Image result for geloof

Geloof is die sleutel waarmee ons God se wonderwerkende krag oopsluit, en ook ons eie toekoms! Dink net, deur geloof het die mure van Jerigo ingetuimel.
“Alle dinge is moontlik vir die een wat glo,” sê Markus 9:23.
Het jy geloof? As kind van God het jy beslis geloof. Jy het die gawe van geloof by die Wedergeboorte ontvang.
Al wat jy moet doen is om dit uit te bou!
En aan Hom wat MAG het om te DOEN... ver bo alles(!) wat ons  BID of  DINK... volgens  –   die Krag wat in ons is! Efes. 3:20.
            Heb. 11: 1-33  is die Bybel se  meesterstuk van geloof, en, die mooiste is, dat ek en jy deel daarvan is.
            Strofes 32 en 33: “En wat sal ek nog meer sê (oor al hierdie geloofs-dinamika), want die tyd sal my ontbreek as ek (ook) van Gideon, Barak en Simeon en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal...”
            Hoekom?  Want kyk wat het hulle  – strofe 34 ... wat deur geloof bereik:

·       koninkryke oorweldig het !
·       geregtigheid uitgeoefen het !
·       beloftes verkry het !
·       bekke van leeus toegestop het !
·       die krag van vuur uitgeblus het !
·       die skerpte van die swaard ontvlug het !
·       krag uit swakheid ontvang het !
·       dapper gewees het in die oorlog !
·       leërs van vreemdes op die vlug gedryf het !”

Die tweede laaste reël: DAPPER gewees het in die oorlog! DAPPER beteken:  Vasberade, onverskrokke. Dit beteken ook:  onwankelbaar en onbuigsaam, beginselvas,  dus, ook iemand wat geen kompromie aangaan nie.
            Om deur die geloof te kan lewe moet ons beslis (committed) wees, moet ons gedetermineerd wees, moet ons dapper wees, moet ons weier om kompromieë aan te gaan, moet ons rus (vind) in die HERE. Of ons vertrou God absoluut, of, anders lewe ons in twyfel, ons probeer maar.....
            Let op: “...hy wat twyfel moenie dink dat hy iets van die HERE sal ontvang nie! Dus…  weier om te twyfel.” Jak 1:6-7
            Ons, ek en jy,  is God se magtige manne (en vroue) vol dapperheid, onverskrokkenheid.  Ons weier om te twyfel. Ons staan soos rotse, onwankelbaar.
Onthou, ons is GOD se eiendom. Vat iemand aan ons vat hy aan GOD, want, GOD sê: Vir sovele as wat julle dit aan die geringste van My doen, doen julle dit aan My.
            Dit is ook hoekom ons nie wraak moet uitoefen nie. GOD sê:  Hom kom die wraak toe. Hy sal vergeld. Ons moet net besef dat as iemand ons leed aandoen, speel hy of sy met vuur, want hulle het GOD se eiendom aangetas. En daar staan ook geskrywe: Dit is vreeslik om te val in die hande van die Lewende GOD!
            Ons vrees niks, want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar ‘n gees van Krag (hier sien ons weer die krag), en van Liefde en van Selfbeheersing. Dit is wat ons ontvang het en dit is wat ons elke dag moet bely.
            Let weer op hoe die boodskap begin het:  ... volgens die KRAG wat IN ons is, of dan, volgens die geloofskrag wat in ons is.
            Daar is geloofskrag in ons om ook die dinge te kan doen wat ons voorsate deur die geloof gedoen het..  volgens ...  dui daarop dat ons daardie geloofskrag moet uitbou, soos 'n gewigopteller sy krag ook uitbou. Hoe groter sy krag, hoe groter die gewig wat hy kan baasraak.
            Ons moet dus deur Sy Woord en deur praktiese toepassing daarvan, ons geloofskrag uitbou. Kyk hoe waar is die volgende:
            Om nederig te wees is God se Wil. Om jouself te verkleineer, is nie nederigheid nie en is sonde. In die oë van God is ons baie belangrik. Ons is Sy VOLK. Ons is Sy eiendom. Ons is Sy Erfgename. Ons is Sy medewerkers. Ons het die geloof van 'n mosterdsaadjie – ons (moet) groei tot 'n reuse Geloofsboom!
            Let op wat gee Hy ons nog: “Hy aan julle mag gee na die rykdom van Sy heerlikheid (hoekom?) om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens (hoekom?) sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is (hoekom?) en julle in staat kan wees om saam met al die Heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, (hoekom?) sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.” Efes 3:16-19
            Bely dit,  glo dit, verheug hierin,want dit is die Waarheid, en nie die twyfel en onwaarhede wat die satan ons mense mee teister nie.
            Onthou, wanneer mens naby die deurbraak is, sal die druk altyd toeneem. Teenspoed lyk maar soos teenspoed. Hoe harder die stryd hoe groter die oorwinning, want in Christus Jesus is ons meer as Oorwinnaars!
            Lees ook Psalm 149 (sommer gereeld) en let veral op wat gebeur vanaf  strofe 6... hoekom ek en jy ‘n tweesnydende swaard in ons hande het!
Dit gebeur wanneer ons met daardie geloofskrag wat in ons is, die HERE begin loof: Lofverheffinge is ‘n tweesnydende swaard. Aan die een kant verbly ons die hart van God, aan die ander kant vernietig ons die vyand, wie en wat hy ook al mag wees !
            Hoekom snoei mens ‘n wingerd?  So dat dit meer en beter vrug kan dra. Om dieselfde rede oefen atlete en ander sportlui – te kan wen. Ander oefen op musiekinstrumente om beter te kan speel.
            Dis dieselfde met ons geloof.  Ons moet dit beoefen – in die werkplek, by die huis, in die gemeente, teenoor ander rondom jou – al doen jy niks verder nie as suiwer om te bid vir Herlewing. Jy durf nie niks doen nie, jy moet jou geloof uitbou!
            Dit word vertel van ‘n sieklike man wat gereeld vir 30 dorpe en gemeenskappe om Herlewing gebid het.  Hy het gereeld aantekeninge in sy dagboek gemaak van sy gebede.  Nadat hy die Ewigheid in is, het Herlewing op elkeen van die dertig plekke uitgebreek.
            Die geheim, die sleutel, is geloof.  Geloof neem jou veilig werk toe.  Geloof neem jou veilig op vakansie en bring jou veilig terug.  Geloof laat jou huwelik slaag.
            Geloof laat ‘n boer voor die storm in sy koringlande op sy knieë neerval en in geloofskrag uitroep:  “HERE, asseblief, spaar my oes!”  En die storm trek verby.
Geloof laat jou vir jou siek kind of ‘n gemeentelid bid.  Geloof laat jou kinders presteer.  Geloof laat jou op ‘n stoel gaan sit sonder om te kyk of die ding nie intussen dalk gebreek is nie.
Geloof laat jou die Bybel bestudeer om nader aan God te kom sodat jy siele vir die Koninkryk kan wen. Bou jou geloof uit! – Sjibbolet

Maandag 10 April 2017

Het jy ook jou Geloof in God Verloor?


Image result for Geloof

'n Seuntjie was op pad huis toe van die Sondagskool af. Hy was baie trots op die prentkaart, met die woorde: "Julle moet Geloof in God hê", wat hy by die Sondagskool gekry het. Op pad huis toe glip dié kosbare kaart uit sy hand uit en waai by die bus se oop venster uit.

            Ontsteld gil hy: "Ek het my Geloof in God verloor!" Die goeie busbestuurder stop dadelik die bus. Een van die groter seuns spring uit en gaan haal die kaart. Met 'n groot glimlag neem die seuntjie weer sy Geloof in God en hou dit styf vas.

            Hieroor het 'n persoon 'n waardevolle opmerking gemaak: "Iemand het dadelik geskreeu toe hy sy Geloof in God verloor het, 'n ander een het dadelik die bus gestop, en 'n derde een het dadelik opgetree om vir die eerste een sy Geloof in God terug te laat kry."

            So moedig Paulus ons ook aan om mekaar te ondersteun: "...as iemand in die een of ander sonde val, moet julle... so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp... Dra mekaar se laste..." Gal 1:1,2

            Die vinnig bewegende lewe, met allerlei dwarswinde, wat by allerlei oop vensters in waai, bedreig ons geloof in God. Het 2017 dalk al vir iemand se verhouding met God, skade gebring? Vra hulp, gee aandag, en help mekaar. Jesus het Sy dissipels gewaarsku: "Wees op julle hoede dat julle gees nie... deur die sorge van die lewe afgestomp word nie..." Luk 21:34

            "Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het." Hebr 10:23

Donderdag 02 Februarie 2017

Tel jou seëninge


Image result for girl at a grave


Ek is Okei...

In ’n ou tydskrif skryf ’n plattelandse man dat hy eenkeer drie klein dogtertjies in die begraafplaas tussen die grafte gekry het. Hulle het heerlik langs ’n vars graf gespeel. Op sy bekommerde vraag wat hulle daar doen, antwoord die oudste: “Oom, ons speel hier by ons mamma, sy is in hierdie graf.”
            Baie ontsteld oor die drie kinders wat hulle ma verloor het, vra hy belangstellend uit om te weet wat hom te doen staan. “Noudat julle mamma dood is, wie gaan na julle kyk en vir julle sorg?”
            “Oom, dit is God se probleem, Hy gaan dit uitsorteer, ons is oukei,” antwoord sy toe met sekerheid.
            Dis wat volkome vertroue is! As dit is wat dit beteken om soos ’n kind te glo, het baie Christene ’n entjie om te gaan. Sommige kan nie help om hul te kwel nie. Hulle vra daagliks vir God om hulle probleem Syne te maak, maar neem dit dadelik weer terug om daaroor te broei en te peins!
Hulle vertroetel dit graag, lê in die nag daaroor wakker en vra môre weer opreg dat God dit op Hom moet neem. Hulle het egter ’n onvermoë om te laat los en te vergeet!
            Dit beteken hulle twyfel en hieroor sê die HERE: “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesleep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.” Jak 1:6-7
            “Het Ek jou nie beveel nie - wees nie bevrees of verskrik nie, want die Here jou God is met jou oral waar jy heengaan" Jos 1:9
            Lees ook Ps 91 en glo dit (hoekom?) want God sê dit!
            Tel jou seëninge, nie jou probleme nie...
            Mens moet nog leer om te sê: Dit is nou God se probleem, Hy gaan dit uitsorteer, ek is oukei!

Donderdag 20 Augustus 2015

Die verborgenhede van die Koninkryk van die Hemele


Image result for kingdom of god


Aan Koningskinders,

Gelowiges moet werklikhede in die gesig staar. Die toestand van die wêreld word daagliks al hoe meer haglik. In Afrika is daar oorlog in 27 lande. Altesame 182 militia-guerrilla groepe, separatiste- en anargie groepe is betrokke.

In Asië is 16 lande in oorlog met 150 militia-guerrilla-, separatiste- en anargie groepe betrokke. In Europa is 75 soortgelyke groepe in nege lande betrokke.

In die Midde-Ooste is 218 soortgelyke groepe in agt lande betrokke. Boonop dreig daar ‘n oorlog rondom Iran wat na verwagting op ‘n volgende wêreldoorlog kan uitloop.

In die Amerikas is 25 soortgelyke groepe in vyf lande betrokke.

Hierdie oorloë word geken aan die mees brutale wat ons nog ooit van gehoor het. Hierdie is nie bangmaakstories nie, dit is harde konkrete feite.

Gelowiges sal veel nader aan die HERE  moet beweeg, veel meer moet bid. Ons vertrou die volgende geskrif  sal julle help om nader, steeds nader, aan God te beweeg. Onthou, ons is op pad na die Nuwe Jerusalem en die HERE het gesê wanneer al hierdie dinge gebeur, dan moet ons weet Sy Koms is naby. Die reis waarop ons sal gaan, sal die eerste wees wat ons sonder bagasie sal aanpak... net geestelik sal ons saak moet reg wees.

Die lewe in die Gees is die grootste geskenk wat ons as Gelowiges op hierdie aarde mag ontvang en beleef. Vir sommige mag hierdie geskrif nuut wees, maar dis wat die HERE van elkeen van ons verlang. Sonder jou af en werk biddend hier deur. Om God in Gees en in waarheid te aanbid is ‘n belewenis!

·     God verlang dat ons dit ken!

Die verborgenhede van die Koninkryk van die Hemele

Dit gebeur met tye dat wanneer ons tot die HERE in ons Hemelse taal bid, dat verborgenhede aan ons openbaar word... aangeleenthede wat nie aan ons van nature bekend is nie. “Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.” 1 Kor 14:2
            “Want as ek in 'n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.” 1 Kor 14:14
            Let op: “Daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.” 1 Kor 14:13.
Dit was altyd die neiging om te dink dat ‘n uitleg uitsluitlik in die gemeente moet plaasvind.
            Is jou huis dat nie ook ‘n gemeente nie? Jy kan bid dat jy dit selfs in jou binnekamer uitlê.
            “Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.” 1 Kor 14:15
            Het jy al in die gees psalmgesing? Het jy al 4 000 mense in Hemelse tale hoor bid of 2 000 vroue in Hemelse tale hoor sing? Dit is verrukkend, besielend, Hemels!
            Let weer op: “Maar daar kom 'n uur (wanneer), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid (hoekom?); want die Vader soek ook mense wat Hom (juis) só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
            Het jy al in die Gees aanbid?
            Kan ons in die geesteswêreld insien, soos om Engele te kan sien? Ja ons kan. Dit het in die Bybelse tyd gebeur en gebeur steeds.
            Let op die volgende gebeurtenis:
            “En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ‘n leër met perde en strydwaens rondom die stad.
            “En sy dienaar sê vir hom: Ag my heer, hoe sal ons maak?
            “Maar hy antwoord hom: Vrees nie; want dié wat by ons is, is meer as die wat by hulle is!
            “En Elisa het gebid en gesê: Here, open tog sy oë dat hy kan sien. En die Here het die oë van die dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elisa.” 11 Kon 6:15-17
            Die dienaar sien net die oormag van die vyand. Elisa sien ook die oormag, maar hy sien ook God se leërmag.
            Toe die dienaar se geestelike oë open, toe sien hy ook die legioene Engele.
            Lees die hele Kon 6 en sien hoe Elisa die vyand verslaan.
            Ons kan selfs in die Gees sien. Bid dat die HERE ons geestelike oë sal oopmaak. Ons kan Engele sien, ons kan gesigte sien. “En in die laaste dae (dis waar ons nou is), spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
“En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.” Han 2:17-18
“Die Vader soek mense wat Hom in Gees en in waarheid sal aanbid.” Nie skrywer nie, nie ‘n kerk nie, maar God soek sulke mense.
            God verkeer met ons in Gees en in Waarheid. Daar’s nie meer ‘n brandende braambos nodig nie, net gees en die Gees is hier.
            God praat met ons in en oor verborgenhede.
            Weer ‘n keer, dis nie skrywer of ‘n kerk wat praat nie, maar God self wanneer Hy sê: “Omdat dit aan julle (let op) gegee is om die verborgenhede van die Koninkryk van die Hemele te ken...” Matt 13:11
            Dis aan ons as erfgename “gegee” om die verborgenhede van die Koninkryk van God te ken.
            En die herhaling in Lukas: “En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die Koninkryk van God te ken.” Luk 8:10
            En verder: “Laat niemand dan op mense roem nie, want alles (let op) behoort aan julle; of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge –  (let op) alles behoort aan julle; maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.
“So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars (van wat?) van die verborgenhede van God.” 1 Kor 3:21-23; 4:1
            Joshua 5:13 is ‘n weerspieëling van wat tydens die Yom Kippoer Oorlog in Israel gebeur het. God het daardie oorlog met Engele gevoer en die Jode het in onderhoude dit aan skrywer bevestig.
            “En terwyl Joshua by Jerigo was, slaan hy sy oë en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Joshua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort u by ons, of  by ons vyande?”
            Hierdie man met die ontblote swaard was nie vir Joshua identifiseerbaar nie. Daarom vra Joshua hom: Behoort u by ons, of by ons vyande?
            “En die man sê:  Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. (Ek het pas gearriveer).”
            Die man het geantwoord hy is die Hoof van die Leër van die HERE!
            Die gedagte verruk ‘n mens se sinne. Dis byna te groot vir die mens om te begryp.
            Ons sukkel met ons perspektiewe omdat ons nie in en deur die Gees van God wandel nie. Ons moet in Gees en Waarheid aanbid.
            “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
            “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
            Maak staat op die Heilige Gees in jou gebedslewe. “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge, wanneer ons in ons geestelike of Hemelse taal bid.
            “En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die Heiliges intree.” Rom  8:26-27
            Besef jy dat die sluise van die Hemel kan oopgaan om soos ‘n vloedgolf die bonatuurlike op die aarde uit te stort?
            God het my en jou gemaak. “Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder se liggaam was, het Hy my op die naam geroep.”Jes 49:1
            “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien, toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” Ps 139:12-16
            “U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.” Ps 70:6
            Die Koninkryk van God lyk nie soos ek en jy nie, maar die verbysterende is dat ek en jy kan verander om soos God se Koninkryk te lyk.
            Is dit moontlik? Vir seker! Let op hoe is ons deur Jesus self geleer, hoe ons moet bid:
            “Onse Vader wat in die Hemele is, laat u Naam geheilig word; laat U Koninkryk kom; laat U wil geskied, (let op) soos in die Hemel net so ook op die aarde.” Matt 6:9-10      
            Let op: Laat U Koninkryk kom... laat U wil geskied... soos in die Hemel... so ook op die aarde... hier waar ek en jy nou is.
            Ons sing: “Doen slegs U wil Heer - U wil met my, U, Pottebakker, met my, die klei. Vorm my en maak my, net soos U wil...”
            “Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel.” Jer 18:6
            Ons strewe moet wees om soos Jesus te wees. Ons doen dit deur te doen wat hy ons beveel het: Verkondig die Evangelie, doop die Wedergeborenes, genees die siekes, ens., ens. Ons begin in Gees en in Waarheid bid en leef.
            Ons moet die Hemel se werklikhede na die aarde bring. Wonderwerke moet ‘n integrale deel van ons lewenswyse wees.
            Jesus se laaste boodskap aan ons kort voor sy vertrek na die Hemel: “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg (let wel, die tekens volg ons, ons volg nie die tekens nie): “In my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
“Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die Hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.” Mark 16:17-19
            Ons hele wese moet vervul wees met die Hemelse werklikhede. Druppels moet strome word en strome moet riviere word. Dis God se begeerte. Dis hoekoms die Wederkoms vertraag word... sodat nog gered kan word. 2 Pet 3:9)
            Beleef die Engele en hulle boodskappe en hulle hulp aan jou. Die Bybel is vol bonatuurlike gebeurtenisse. Dis ons wat alle bonatuurlike aktiwiteite op aarde in werking moet laat kom. Ons moet in verwagting en afwagting leef en in hoop, hoop soos in feite, toekomsfeite.
            Let op na die opdrag: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens (wie van ons het hierdie punt al in ons geestelike lewe bereik?).
            “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, (hoekom?) sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Rom 12:1-2
            Begeer die beste gawes, daardie gawes wat nodig is in jou betrokke bediening, en beweeg en hou nie op om te beweeg nie, in die Gees te beweeg nie.
            Hoe bereik ‘n mens hierdie geestelike vlak? Deur vas en gebed. Wanneer jy jou afsonder om te gaan bid en te wag op die HERE, dan vas jy... dus, daardie betrokke dag.
            Hoekoms vas ‘n mens? Daar vind voortdurende opbouende en afbrekende prosesse in ons liggaam plaas... die metabolisme. Wanneer mens vas, vind daar meer afbrekende as opbouende prosesse plaas en basies sterf mens en wanneer jy sterf, kom jou gees na die oppervlak... vandaar die noue kontak tussen jou gees en die Heilige Gees.
            Jy mag water drink wanneer jy vas. ‘n Mens wat sonder kos gaan, smag na sy vas, eerste na water. Toe Jesus uit sy 40 dae vas uitkom, toe vra hy eerste om kos. Hy moes dus in daardie 40 dae genoeg water ingekry het want Hy was nie dors nie.
            Geniet die Lewende Waters. – Sjibbolet

Donderdag 21 Mei 2015

Geloof

Image result for geloofEk het 'n Werk dankie - dis mooi!

'n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding
gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die
apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir 'n
plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker moes vir hom die nommer
skakel want die knaap kon nie lees of skryf nie. Die apteker doen dit
en oorhandig die spreekbuis aan die ongeskoolde jongman om te praat.

"Hello", sê die jongman, "Hello, dr Anderson."

"Dr Anderson ... . soek u nie dalk iemand om te huur om u gras vir u te
sny, u motor te was en u aflewerings en al die ander los werkies vir u te
doen nie?

O, u het alreeds 'n knaap wat dit vir u doen, maar dr. Anderson, is u baie
seker, u is 100% heeltemal tevrede met die werk wat die knaap wat u het
vir u doen?

'OK' dan, 'good-bye', dr. Anderson." Toe die jongman die gehoorstuk
terug plaas en die apteker bedank vir die oproep, sê die apteker vir hom...

"Wag so 'n bietjie...

Soek jy werk, want ek kan doen met 'n handlanger soos jy?

"Dankie oom," sê die jongman, "maar ek het 'n 'werk'."

Verbaas vra die apteker; "Het jy dan nie nou net probeer om by dr
Anderson werk te kry nie?"

"Nee oom," sê hy, "u sien ek is die knaap wat vir dr. Anderson werk.

Ek het myself maar net 'n bietjie 'opgecheck'."

Weet jy, dit is wat Paulus sê ons moet doen. In 2 Kor. 13:5 sê hy:
"Ondersoek julleself en stel julleself op die proef of julle in die geloof
lewe." Paulus sê ons moet 'n slag "optjek" of ons verhouding met die
HERE nog is wat dit moet wees.

HERE LEER VIR ONS HOE BELANGRIK DIT IS OM 'N SLAG DEEGLIK
SELFONDERSOEK TE DOEN - NIE NET OOR ONS GEESTELIKE LEWE
NIE, MAAR OOK OOR ONS LEWE TUIS, BY DIE WERK TEENOOR ONS
KOLLEGAS EN OOK TEENOOR DIE WERK SELF WAT U VIR ONS
GEGEE HET OM TE DOEN. AMEN.

Jy is God se oogappel ! Sag 2:8


Saterdag 09 Mei 2015

God voorsien altyd...


Image result for olie kruik


1 Kon 17:8-16: "Die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat die Here laat reën het" (vs. 14).

Anna Elizabeth Retief (Ouma Hamman), die derde van agt kinders, is op 4 Julie 1874 op Graaff-Reinet  gebore. Sy het onderwyseres geword en haar studies voltooi deur by  maanlig en kerslig te studeer. Soms het sy selfs vuurhoutjies getrek om by dié lig te studeer. Sy was vooruitstrewend en het baie goed op skool sowel as die kollege presteer. Mej. Helen Murray, ‘n suster van dr. Andrew Murray, was destyds hoof van die seminarie.

Dit was in hierdie tyd dat sy die Wedergeboorte deelagtig geword het. Die HERE het die Heilsleër en die South African General Mission, waarvan Dr. Murray ‘n stigterslid was, gebruik om haar tot die Lig te bring.

Anna, beter bekend as Ouma Hamman, is reeds 'n paar dekades gelede op hoë ouderdom oorlede. Sy was 'n merkwaardige vrou van gebed. Tydens die Boereoorlog was sy in 'n konsentrasiekamp, wat bestaan het uit ontruimde huise in Barberton. Haar suster met haar twee kinders was saam met Ouma Hamman in die huis. Weens die hitte van daardie streek het die suster siek geword. Die goedige kampkommandant het besluit om haar na Graaff-Reinet, na haar ouerhuis, toe te stuur.

Sy moes net vir haar eie padkos sorg. Ouma Hamman en sy het besluit dit gaan die beste uitwerk as sy 'n groot baksel beskuit kan saamneem. Met versigtige sorgsaamheid het hulle die bestanddele vir die beskuit bymekaar gekry. Die vet wat hulle nodig gehad het, was egter onbekombaar – van botter nie eens te praat nie! Hulle het, soos altyd, hulle toevlug tot die Here geneem. Maar om vet vir 'n baksel beskuit, in die oorlog, in die konsentrasiekamp, te bekom, was 'n moeilike een. Ouma Hamman vertel dit so:

"Drie dae voor ons sou vertrek, en die laaste dag waarop ek nog kon bak, staan ek voor die kombuisvenster wat op die straat uitkyk met die skottel meel voor my op 'n tafeltjie. Ek bid met 'n swaar hart: 'My Vader, het U my dan hierdie keer vergeet?' Op daardie oomblik kom muilwaens met die troepe se kosvoorraad met groot geraas verbygejaag. 'n Harde klop hamer op die voordeur. Ek gaan maak haastig oop. Voor die deur staan 'n hygende soldaat met 'n yslike blik vet in sy hande. 'Dit het van die wa afgeval. Wil jy dit hê?' Sonder om vir 'n antwoord te wag, rol hy die blik in die gang in en laat vat agter die wa aan.

Jesus self het gesê: “Alle dinge is moontlik vir die een wat glo" (Mar 9:23). "Gee jou kommer oor aan die Here. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie" (Ps 55:23)

Sondag 25 Januarie 2015

Jy en ek is Erfgename ...





1 Kor. 1:17-24: "Jesus Christus, die Seun van God ...is die 'ja' van God, die 'ja' op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop 'Amen' sê" (vs. 19,20).

Die Nuwe Testament is presies wat dit genoem word, ‘n Testament… Jesus se Testament. “Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.” Gal 4:7

Soos enige ander Testament, is die Nuwe Testament ook vol beloftes van wat ek en jy geërf het. Let op, daar is ook voorwaardes wat nagekom moet word voordat mens kan erf.

Dit is tot ons skade as ons nie God se beloftes in sy Woord ken nie. As ons die Bybel nie genoeg lees vir God om vir ons beloftes vir ons situasie te gee nie. Dis soos wanneer ‘n prokureur jou laat weet dat jy ‘n plaas geërf het, maar jy gaan nooit om die plaas op te eis nie. So kan dit dus nooit jou plaas word nie.

In die Ou testament is daar profetiese beloftes waarvan sommige steeds besig is om in vervulling te gaan. Dr. Everel Storms van Ontario skryf in Contact Magazine:  Die Bybel bevat 8 810 beloftes. Hy het dit geklassifiseer: 7 487 beloftes is deur God aan mense gemaak, 991 is beloftes van mens tot mens. 290 beloftes is deur 'n mens aan God gemaak. Engele het beloftes gemaak, meesal in Lukas.

Die duiwel het 9 beloftes aan mense gemaak. Bv. een aan Eva in die Tuin: "...die dag as julle van daardie boom eet... sal julle soos God wees..." (Gen.3:4). Tot haar bittere skade het sy uitgevind 'n mens kan nie Satan glo nie. Een van Satan se ander beloftes was aan Jesus: "...die duiwel...wys Hom in 'n oogwink al die koninkryke van die wêreld...'Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee...as U maar net voor my buig en my aanbid'" (Mat.4:6). Gelukkig vir ons het Jesus die duiwel goed geken en eerder God se Woord gehoorsaam. Jesus antwoord: "Daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien" (Mat.4:8).

Gehoorsaamheid aan God het vir Jesus uitgeloop op die kruisdood, maar dit het God verheerlik, ons verlos en vir Jesus na die opstanding ewige heerlikheid en eer in die Hemel gebring. Dr. Storms skryf verder dat 2 beloftes deur 'n bose gees gemaak is en 2 beloftes het God die Vader aan God die Seun gemaak. In die boek Titus is geen belofte nie. Aan die ander kant bevat Jesaja, Jeremia en Esegiël meer as 1 000 beloftes elk.

Lees Ps 37 en waardeer al die beloftes daarin.

Ons maak ook beloftes en daaroor sê die HERE:  “As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” Pred 5:3-5

Mens staan by jou woord, al gebeur wat ook al, want jy mag nie jou woord breek of sê dit was ‘n vergissing nie.

Die HERE is ‘n waarmaker van sy Woord. Hy hou by sy Woord. En ons: Het ons ‘n woord van eer!

Donderdag 15 Januarie 2015

Is jou lewe ook verskroei....


 


Ps 119:65-72: "Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek U voorskrifte geleer" (vs. 71).

Daar is ‘n sonderlinge meerjarige denneboomsoort, die Lodgepole Pine, wat volop in die Yellowstone Nasionale Park in Amerika groei. Die dennebolle kan vir jare aan die boom hang sonder om oop te gaan. Al val so 'n dennebol op die grond bly dit heel.  As 'n veldbrand sou woed en al die bome en struike afbrand en vernietig, bars hierdie dennebolle oop en begin groei. Hierdie dennebome is soms van die eerste groei en groenigheid na 'n hewige veldbrand.

Hierdie kwaliteit van behoud onder groot beproewing is een van God se wonder genadewerke, nie net in die natuur nie, maar ook in mense se lewens. Dit is juis die skroeiende beproewing wat 'n besondere lewensgehalte te voorskyn bring. Dit is die pad wat verskillende van die bruikbaarste Bybelfigure gegaan het: Josef, wat as slaaf na Egipte toe verkoop is en daar uit wraak in die tronk beland het, het die redder van mense, veral sy eie broers en familie, geword; Daniël is in die leeukuil gegooi en het daarna God se oorwinnende profeet geword; Paulus het hoeveel kere in die tronk beland, is met klippe gegooi, is vervolg en verwerp, maar hy was die oorvloedige verkondiger van die evangelie.

"Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref.." (2 Kor. 4:16,17).

Die Pinksterboodskapper vertel die storie van Louis Braille. Sy pa was 'n leerwerker in 'n Franse dorp. Sy pa stuur hom eendag om 'n els in sy werkkamer te gaan haal. So gretig is hy dat hy hardloop. Hy val. Die els steek in sy oog. 'n Verswering in die oog belemmer later ook die ander oog en kort daarna was dié briljante seun blind.

Sy ouers stuur hom na 'n skool vir blindes. Daar gekom vind Louis dat hulle die letters uit dik papier sny, dit dan weer op ander papier plak en dan voel die blinde kinders met hulle vingers watter letters dit is. Dit was tydrowend en onprakties. So 'n boek sou nooit gedruk kon word nie.

Op 'n dag lees iemand vir Louis van die Franse leëroffisier wat met opgehewe dotjies letters maak, sodat sy manne sy bevele in die donker kan lees. Hy het geleentheid gekry om met die offisier te gesels. Hieruit volg dat Louis begin om met 'n els, dieselfde els wat in sy oog gesteek het, 'n stelsel van dotjies in papier te druk. Hieruit het die Brailleskrif gevolg wat aan die wêreld se blindes 'n leesbare skrif gegee het, sodat boeke, en selfs die Bybel, vir hulle in leesbare vorm gegee kon word.

GEBED: Here, vandag wil ek my beproewing beskou as U geleentheid om 'n beter vrug in my lewe te skep. Halleluja!