Saterdag 19 Desember 2015

Jou Geheime is reeds Bekend!


Image result for Person looking sad


Die groot Hartseer in die Feestyd

In Suid-Afrika is daar hartseer, sielesmart, droefheid, verdriet… omdat die biologiese ouers van aanneemkinders, weier om met hul biologiese kinders versoen te raak.
Daar is ook gevalle waar aanneemkinders nie met hul biologiese ouers versoen wil raak nie. Hulle haat meesal hul biologiese moeder en meen dat hulle weggegooi is, sonder om hulself te vergewis van die omstandighede van destyds.
In baie gevalle was dit die grootmense en die predikant wat besluit het die kind moes vir aanneming opgegee word. In baie gevalle is die kind as ‘n skandebaba bestempel. Die onskuldige baba is letterlik verwerp.
Meeste aangenome kinders ly erg aan verwerping.
Biologiese ouers is die spreekwoordelike doring in die vlees van die groot hartseer omdat hulle nie eerlik was om aan hul huweliksmaats die waarheid te vertel het van die ongehude baba van jare gelede nie.
Hulle dink dat hulle dit vir altyd sal kan wegsteek.
Die Skrif lees: Ps 44:22  Want God ken die geheime van die hart.
Dan 2:28  Daar is 'n God in die Hemel wat geheime openbaar.
1 KOR 13:2  En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
Sommige meen hulle sal met hul geheim na die graf gaan, en hulle oorskot is skaars begrawe of die waarheid seëvier.
“Die waarheid hou altyd, die leuen kom gou aan die lig.” Spr 12:19
“Want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.” Matt 10:26
“Wie geheime hou sal nie voorspoedig wees nie, wie bely sal genade ontvang.” Spr 28:13
Jare lank loop biologiese ouers met hierdie geheime in hul binneste. Geen mens kan ‘n normale lewe lei met so ‘n geheim nie. Jou geheim veroorsaak ‘n binding in jou gees en jare se onnodige swaarkry. Elke verjaardag, Kersfees, ens., dink jy aan jou baba. Die gedagtes los jou nooit.
Boonop is diesulkes skuldig aan ‘n veel groter misdryf… hulle staan in die pad van die vervulling van God se profesieë.  
            Maleagi profiteer: "Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, verskriklike dag. Elia sal vaders en kinders versoen,
sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie." Mal 4:5-6
            “En hy (Johannes) sal voor Hom (Jesus) uitgaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders...” Luk 1:17 … (en wat nog?)…en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.
            Lees dit weer want dit is God se Raadsplan.
            Die hoofrede hoekom daar ‘n drang onder aanneemkinders en biologiese ouers is om mekaar te vind, is omdat dit juis deel van God se Raadsplan hier aan die einde van die tye is.
            Enigiemand wat God se Raadsplan in die wiele ry, speel met vuur. “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.” Hebr 10:31
            Aanneemkinders ly aan verwerping. Op laerskool al verduur hulle spot en hoon as optelkinders en dit terwyl hulle heeltemal onskuldig is.
            Dis hartverskeurend om met aanneemkinders te werk wanneer hul ouers weier om met hulle kontak te maak.
            Ons sit met verhale van stukkende aanneemkinders. Die een oomblik is daar weiering tot versoening en nie lank daarna nie moet een van die partye na berou troos vind in die foto van ‘n grafsteen. Dis alles so onregverdig, so onnodig. Ons sit met verhale van biologiese ouers wat hul lewe lank die geheim van ‘n ongehude baba met hulle saamgedra het. Hulle vertel van hul lyding deur die jare, hul vrese dat die waarheid straks iewers op die lappe kan kom… en wat gaan hul huweliksmaats en biologiese kinders se reaksies wees!
            ‘n Kind mag aangeneem wees, maar die DNA-band is vir altyd. Bloed is dikker as water, beslis. Net die Waarheid maak vry.
            Nêrens in die Bybel is enige regverdiging vir aanneming nie. Waar kinders wel aangeneem moet word weens buitengewone omstandighede, is dit die familie se plig om die kind groot te maak.
            En al is jou kind aangeneem, hou God jou steeds verantwoordelik want so maklik kan geen mens van sy verantwoordelikhede ontslae raak nie.
            Kyk hoe intiem ken God jou en jou kind:

“Kan 'n vrou haar eie baba vergeet,
haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie?
Selfs al sou so iets kon gebeur,
EK sal jou nie vergeet nie.
EK het jou naam in my handpalms gegraveer.” – Jes 49:15-16
***
“Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder
se liggaam was, het Hy my op die naam geroep.” – Jes 49:1
***
“Moenie bang wees nie. EK verlos jou. EK het jou op jou naam geroep, jy is MYNE.” – Jes 43:1
***
“EK het jou uitverkies. EK het jou nie verwerp nie.” – Jes 41:9
***
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien, toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” - Ps 139:12-16
***
“U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.” Ps 70:6
***
“Al sou my vader en my moeder my verlaat. Die Here sal my onder Sy sorg neem.” Ps 70:6
***
“Van my geboorte af is ek onder U sorg, van die begin van my lewe af is U my God.” – Ps 22:11
***
“So sê die Here:   Bly stil, moenie huil nie, moenie trane in jou oë hê nie! Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word. . .” Jer 31:16
***
Dis duidelik dat God van elke ongebore baba bewus is.
Daar is moeders wat hul babas geaborteer het. Jy is nie ontslae van jou probleem nie. Jou baba wag vir jou in die Hemel… vir seker!
            “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.” Matt 10:28-31    
            Vroue maak hul ongebore babas dood of laat hulle doodmaak, maar geen mens kan ‘n siel doodmaak nie.
            Daar is ook aanneemouers wat besitlik en jaloers op hul aangenome kinders is, meesal uit vrees dat die kinders hul rug op hul aanneemouers sal draai.
            Niemand kan in sulke omstandighede ‘n normale lewe lei nie. Diesulkes sukkel ook om die dieper lewe in Christus Jesus deelagtig te word. Die binding in hulle gees verhinder hulle van groot vryhede in Christus.
            Dit striem ook die verhouding met hul naastes. Net die Waarheid maak vry en lei tot ‘n oorvloed van geestelike seëninge.
            Om in ‘n toestand van tevredenheid te leef is nie vrede nie.
            Plaas jou volle vertroue op Jesus Christus.
            Kyk wat sê die HERE: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” Jes 1:18
            En: “As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh 1:9
            Moenie vrees dat sommige jou sal veroordeel nie... die HERE praat met hulle ook.
            Geen volgeling van Jesus Christus moet dink dat dit vir hom of vir haar onmoontlik is om te struikel en selfs te val nie, selfs so ver dat hulle Christus verloën.
            1 Kor. 10:12 waarsku: “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”
            Petrus had ‘n geleentheid wat nie een van ons ooit kan hê nie, hy het fisies, sy aan sy, met Jesus Christus gewandel. As iemand soos Petrus tot ‘n val kon kom, wat dan van ons?
            Baie Christene het deur die jare gestruikel. Ander het selfs geval. Sommige gaan darem nog kerk toe, maar is basies geestelik dood vanweë die groot seerkry. Hulle het gestruikel en het berou getoon en om vergifnis gevra, maar kan nie hulself vergewe nie.
            Wat dit veel erger maak, is wanneer mede-Christene iemand wat gestruikel het, nie wil vergewe nie, nie wil ophelp nie, nie vir hulle bid nie.
            Wanneer iemand struikel en selfs val, dan word medegelowiges ewe streng getoets. Verkeerde optredes teenoor die struikelendes en die gevallene, beteken jy het jou toets gedop.
            Ons is een familie, GOD se Volk, as een lid ly, ly die hele liggaam. Ons is veronderstel om vir mekaar te bid, mekaar se las te dra.
            GOD sê: “As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh, 1:9
            GOD sê ook: “Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.
            “Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.” Han. 4:7-8
            Wanneer ons, ons sondes bely se GOD ook: “Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.” Heb. 8:12
            Christene wat die HERE Jesus Christus in ons tyd verloën het, het baie maal probeer om na die weë van GOD terug te keer, maar ons wou hulle nie vergewe nie, ons wou hulle nie toelaat om terug te keer nie – ten spyte daarvan dat God in sy Almag sê Hy het hulle sondes vergewe en hulle van alle ongeregtigheid gereinig.
Dis wat GOD gedoen het, maar ons wil dit nie doen nie! Wie is nou die groot sondaar, Petrus, of jy?
Die rede waarom sulke mense graag weer by die HERE wil uitkom, is omdat die Gees van GOD hulle dring om dit te doen, omdat GOD hulle vergewe het, omdat GOD steeds vertroue in hulle het, maar ons het nie. GOD gaan haal Sy verlore skape. Hy is ons Herder.
Wanneer ons na die lewe van Petrus kyk, besef ons, as ons berou het en bely, GOD ons graag terug in die kudde wil hê en ons boonop graag ook magtiglik wil gebruik.
En aan diegene wat diesulkes nie wil vergewe en nie wil terugneem in die kudde nie, en hulle voortdurend beskinder, spreek Gal. 6: 1 boekdele wanneer hy sê:
“Broeders, as ‘n mens ewenwel deur die een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reg help met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself  let, dat jy nie ook versoek word nie.”
En dan die opdrag in strofe 7: “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus, want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself, maar laat elkeen sy werk op die proef stel; en dan sal hy grond van roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander een betref nie.”
En, na alles, is dit vir ons ook moontlik om daagliks geestelik saam met Jesus Christus te wandel.
Onthou, GOD wil van die klippies rotse maak!
            En jy gevallene, staan op, GOD wag vir jou!
Hy sê vir jou soos Hy ook vir Josua in Sag. 3: 1,3,4 gesê het: “Ek wil jou oortredinge vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek!
            Kyk wat sê GOD in Jes 57:15 “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek (en waar ook?) en by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?), om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
Kom ons maak alle harte heel in hierdie Feestyd.  – Sjibbolet

As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Donderdag 17 Desember 2015

Hy is geen gewone Man nie


 


DAAR is soms twis oor presies wanneer Christus gebore sou gewees het, maar wat maak dit saak, solank ons dit gedenk. En ten minste word dit wêreldwyd gedenk, ten spyte van antichristelike aanslae.
        Ons moet net nie die fout maak om ‘n Kersfees daarvan te maak nie, maar wel ‘n Christus-fees!
        Die baba wat bykans 2 000 jaar gelede in ‘n stal in Bethlehem gebore is, was geen gewone baba nie. Hy was die onverganklike God! Wonderwerke was deel van sy lewensbestaan. Sy dood en opstanding was die grootste wonder ooit.
        Sy geboorte het:
·      ‘n koning laat steier.
·      Dit het die wyse manne inspireer om oor ‘n ver afstand te reis.
·      Dit het ongewone verskynsels in die hemele veroorsaak, en
·      die Skrifgeleerdes  omgekrap.

        Hy het die nederiges  geseën en groot blydskap aan hulle besorg. Hy het gedoen wat Hy gesê het: “Geen mens kan my lewe van my wegneem nie. Ek lê dit vryelik af.”
        En so was dit. Niemand kon Hom doodmaak nie en niemand het Hom doodgemaak nie. Hy het self sy lewe afgelê, soveel so dat toe die Hoofman oor ‘n Honderd dit sien gebeur, het hy hom boeglam geskrik en gesê:
        “Waarlik, dit is die Seun van God!”
        Die baba wat in die krip gebore is en op die kruis gesterf het, was beslis geen gewone man nie.
        Vir die medici is Hy  die Groot Geneesheer.
        Vir die plantkundige die Roos van Saron.
        Vir die astroloog, die Helder Morester.
        Vir die juwelier, die Pêrel met die Groot Prys.
        Vir die geoloog, die Rots van die Eeue.
        Vir die opvoedkundige, die Lig van verstandelike ontwikkeling.
         Vir die vistermanne, die Visser van Mense,
        Vir die seeman, die Kompas van die Lewe.
        Vir die Bakker, die Brood van die Lewe.
        Vir die dorstige,  die Water van Lewe.
        Vir die eensame, die Getroue Vriend.
        Vir die wat gebroke van hart is, die Heler van die Gebroke Harte.

        Hy oorwin Sy vyande deur liefde.  Hy was die voete van die man wat Hy weet gaan Hom verraai. Hy eet saam met die skelm belastinggaarder.  Hy oornag by die skelm tollenaar.  Hy vereer ‘n sondige vrou wat deur die owerspel verwerp is.
        Ken ons Hom?  Hoekom volg ons dan nie in Sy voetspore nie.
        Hy is die Alpha en die Omega. Sy geboorte het  hoop aan ‘n verlore wêreld gebring. Sy dood het Lewe gebring; Sy opstanding die bewys van die Ewige Lewe.
        Sy Wederkoms – wat beslis gaan plaasvind en dalk gouer as wat meeste mense verwag – gaan reg en geregtigheid laat geskied en die onreg verdelg.
        Nee, Hy was, en is beslis geen gewone man nie. Hy is die Seun van die Lewende God!  Ken jy hom?  Dis Hy wat die gebroke harte heel:
        Want so sê die Hoë en Verhewene wat in Ewigheid woon – Heilig is Sy naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek, maar (waar ook?) Ek woon ook by die verbryselde en nederige van gees. – (waarom?) Om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. – Jes. 57:15.
        Ja, Hy wil ook jou gees laat herlewe en jou gebroke hart heel – Hy, die baba van Bethlehem. – Sjibbolet

Saterdag 12 Desember 2015

Die Moulose Gemeenskap


Image result for tank top men fashion

Eers die woord Moulose Gemeenskap. Ek vra wat is dit? Toe sien ek ‘n groot groep mans, lede van die Moulose Gemeenskap, ’n geheime organisasie... hulle dra moulose hemde.
            Hulle sit die kerke vol, liefdeloos, huigelaars, geveinsdes. Hulle het hulself gestaal teen die kwellinge van die lewe.
            Hulle staan sterk in eie krag en eie mag. Hulle is mouloos want hulle huil nie op mekaar of enigiemand se skouer nie. Niemand kan ook op hulle skouers huil nie, want dis mouloos.
            Hulle doen nie niks in die kerk nie, hulle is in almal se pad. Hulle profiteer selfs.
            Hulle boer in die dobbelhole, maar huil nooit oor hul groot verliese nie. Niemand durf dit ook waag om by die mouloses te kom huil nie. Dit word nie geduld nie.
            Dit laat my dink aan die Isle of Wight langs die Engelse kus en die baie grotte daar.
            'n Man se geraamte is in een van hierdie grotte gevind. Hy was 'n prisonier wat ontsnap het. Hy het in die grot geskuil met die hoop dat hy saam met een van die skepe sou wegkom. Die goeie geleentheid het nooit gekom nie.
Hy kon nie waag om uit te kom nie. Sy krag het al minder geword. Sy lot was aaklig. So het hy eensaam gesterf. Hy het wel skuiling gevind, maar dit was 'n bedrieglike en noodlottige skuiling.
            Mense verlaat hulle soms ook op 'n bedrieglike en tydelike skuiling, bv. leuens of bedrog. 'n Kosbare lewe word geslyt in die gevaarlike skuiling van oneerlikheid. 'n Bedroewende skuiling is ook die oneerlike voorgee van Christenskap, om in kerklike kringe aanvaarbaar te wees, maar daar was nooit ware bekering en ontmoeting met Christus nie.
Nog 'n gevaarlike wegkruipplek is nuwe godsdiensbeskouinge, omdat dit 'n mens se lewenstyl beter pas. Dit laat ruimte vir sondige praktyke. Die bedrieglikste skuilplek is onkunde, wat jou met jouself tevrede laat voel, maar jou ewige sieleheil is in gevaar.
Ander skuil agter jarelange geheime... so asof hulle dit vir God kan wegsteek.
By die Wederkoms gaan jy summier agter bly, vir seker!
Die Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel gebruik in 1 Kor 6:9 'n bekende woord aan mense wat tevrede voel om steeds met sondige praktyke voort te gaan: Moenie julleself bluf nie. Die sin word voorafgegaan met hierdie waarskuwing: Besef julle dan nie dat mense wat 'n sondige lewe lei, geen deel sal kry aan die Koninkryk van God nie?
            Ons het net één betroubare, blywende, ware skuiling: Die kruisdood van Jesus vir ons, en, ás 'n mens by daardie skuiling ingegaan het.
            Jesus het gesê, Hy het nie gekom om die Wet weg te neem nie, maar dit in vervulling te laat gaan... so word die Groot Gebod, die een van Liefde.
            Jesus het verwys na die Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.
“Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.” Jak 2:8-9
            Jesus vra drie keer vir Petrus het jy My lief en Petrus antwoord ja... en die hoenderhaan kraai. Die verskil was Jesus het verwys na Goddelike liefde (Agapé) terwyl Petrus na menslike liefde (fileo) verwys het.
            Die kerk moet floreer in die Liefde. Die Liefde moet so oorheersend wees dat die ongereddes dit ook begeer en so tot redding kom.
            Liefde dra moue, ‘n skouer om op te huil, te treur. ‘n Skouer vir diegene wat hartseer is, wat pyn en lyding deurmaak.
            ‘n Skouer bied vertroosting en Liefde vir die seer. ‘n Vriend wat die Liefde het, verstaan, het medelye.
Weet dit: Ons gaan mekaar nog bitter nodig kry vorentoe.
            As jy mouloos in die gemeente sit en dink niemand weet van jou en jou geveinsdheid nie, weet net dat God weet.
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
Komaan: “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Heb 12:12-15 – Sjibbolet

Woensdag 02 Desember 2015

Wie sal Lei … Sal jy?


 Image result for leader in the bible


DIE Bybel leer dat ons as Christene die sout van die aarde is. Vir sout om te kan preserveer, moet dit oral deeglik versprei word. Dit beteken dat ons as Christene by elke sektor van die samelewing betrokke moet wees. Die Christen-stem moet oral gehoor word.

Steeds gaan stemme op dat ‘n leier onder ons moet opstaan, maar, ons is eintlik  elkeen ‘n leier. Dit is ons wat moet verootmoedig en moet opstaan. Dadelik!

Die volgende pragtige Bybelse verhaal laat die Volk na homself in ‘n spieël kyk.

Toe  die heerser, na 40 jaar van vrede in die land, dood is, het die mense van GOD vergeet. Hulle het vergeet dat Goddelike leierskap groot seën vir ‘n land beteken.

Tog het hulle skielik nie meer omgegee wie die land regeer nie.

Die een wat sy stem die dikste kon maak, kon maar regeer. Die een wat al sy teenstanders kon uitwis, hy kon ook maar regeer. Die sterkste  of die slimste kon die troon bestyg. Dit het  die Volk min gepla.

So gaan Abimeleg dan heen en dood 69 van sy volksgenote wat dalk aanspraak op die troon kon maak. Net Jotam het ontkom, want hy het hom gaan versteek.

Die volk het stil geword en uiteindelik Abimeleg by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is, gaan koning maak.
In plaas van vrede, voorspoed en seëninge, beleef die Volk toe jare van verdriet, ellende en probleme onder Abimeleg se heerskappy. Dit kon voorkom gewees het as die Volk verenig het en God se aangesig gesoek het sodat die Here hulle kon lei in hul besluite om die “regte” man tot koning te  kroon.

Let nou mooi op na die volgende. Jotam het op die  berg Gerisim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en  aan die Volk gesê: “Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister…?
En toe het hy hulle die verhaal van die bome vertel.

Eendag het die bome besluit om vir hulle ‘n heerser aan te  stel. Hulle besluit toe op die olyfboom en sê aan hom: “Wees koning oor ons.”
Maar die olyfboom het geantwoord: “Sou ek my vettigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe?”
Daarna het die bome weer beraadslaag en wend hulle toe tot die vyeboom: “Kom, wees jy koning oor ons.”
Maar die vyeboom het verskoning gemaak en gesê: “Sou ek my soetheid en my goeie vrugte opgee…?”
Maar ‘n leier moes daar wees en toe nader hulle die wingerstok: “Kom jy, wees jy koning oor ons”.
Die wingerstok antwoord egter: “Sou ek my mos  opgee wat God en die mense vrolik maak...?”

Die tyd het aangeloop. Niemand wou koning wees nie. Verskonings was volop. Uit desperaatheid wend hulle hul toe na die steekdoring: “Kom, wees jy koning oor ons”.

En die steekdoring antwoord: “As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die  steekdoring en die seders van Libanon verteer.”

Ongelooflik, maar waar, die kleine steekdoring sou regeer oor die magtige seder, die statige olyf, die soet vyeboom en die geurige wingerdstok.
Die steekdoring sou sterk word en sy takke en dorings ver uitsprei totdat hy die ander bome in ‘n wurggreep het.

Wanneer daar min water was, sou steekdoring alles opgebruik. In die vlak grond sou hy sy wortels oral uitsprei. Hy was selfsugtig en vraatsug, maar hy was ook koning net omdat diegene wat meer vaardig was en geregtigheid sou laat geskied het, nie in die koningskap belanggestel het nie.

So gaan dit vandag onder ons mense. Die minder bevoegdes verkry die hoë poste reg deur Afrika, net omdat wedergeborenes nie hul selfgesentreerdheid, morele en  geestelike verval wil neerlê en hulle voor die Almagtige GOD wil verootmoedig  nie.

Daar is Volksgenote  wat sê hulle behoort aan Jesus Christus, hulle sê hulle is nie van hierdie wêreld nie. Hulle burgerskap is in die Hemel. Hulle sit net en wag vir die Wederkoms. In die Hemel sal hulle wel regeer, sê hulle.

Hulle sê hulle is bereid om te sterf vir die Here, maar intussen is dit juis GOD se roeping dat hulle sal LEEF vir Hom!
Die Here het hulle broodnodig hier op aarde. Ons word in die eerste plek nie gered om Hemel toe te gaan nie. Ons word gered om te dien, GOD te dien, Sy Koninkryk uit te bou, om die aarde volgens Sy Wil te regeer!

Luk. 12:8 lees: “Elkeen wat My sal bely voor die mense (oral in die rade en komitees tot op elke terrein van die Volkslewe) hom sal die Seun van die mens  ook bely voor die Engele van GOD.” En, gaan lees gerus ook strofe 9.

Twee dinge is baie belangrik: Een, dat ons die beste man in ‘n pos moet aanstel,  die man of die vrou  wat God se keuse is, iemand wat sy wysheid en leiding van God verkry om te kan regeer, en tweedens, moet ons onsself beskikbaar stel vir die poste in die Volkslewe.

Terloops, net so is dit die Christen se taak om die Evangelie uit te dra en die Koninkryk van God  te bou. Dit is nie die taak van die predikant nie. Herders kry nie lammers nie. Skape  moet lam. Die herder voed sy skape sodat die skape lammers kan kry, ja, selfs twee- en drielinge.

Die instandhouding en uitbouing van die Volksaak, loop hand aan hand met die instandhouding en die uitbouing van die Koninkryk van GOD.
GOD en Volk kan nooit geskei word nie. Die woord volk verskyn 150 keer in 144 strofes in die Nuwe Testament.

Vraag is: Lei jy?
Wie is jy?
Ek is GOD se kind want, ek is wedergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, (hoe?) deur die Lewende Woord van God wat tot in ewigheid bly (1 Pet. 1:23)
Ek is ‘n nuwe skepsel, omdat ek nou in Christus is (11 Kor. 5:17)
Ek is verlos van die mag van die duisternis en ek is oorgebring na die Koninkryk van die Seun  van Sy Liefde (Kol.1:13)
Ek is losgekoop deur Christus van die vloek van die Wet (Gal.3:13)
Ek is deur GOD uitverkies nog voor die grondlegging van die wêreld (Efes. 1:4)
Ek is verlos deur Jesus se bloed (Efes. 1:7)
Ek is ‘n geroepe Heilige (Rom. 1:7)
Ek deel in Sy erfenis (Kol. 1:12)
Ek is triomfantelik (Openb. 21:7)
Ek is dood vir die sonde (Rom. 6:2)
Ek is ‘n uitverkorene (Kol. 3:12)
Ek is bevestig tot die einde toe (1 Kor. 1:8)
Ek is deur die Waarheid vrygemaak (Joh. 8: 31-33)
Ek is besny met ‘n besnydenis wat nie met die hande verrig is nie (Kol. 2:11; Det: 10:16; Filp. 3:3; Rom: 2:28-29)
Ek is met Christus gekruisig (Gal. 2:20)
Ek is gered deur die bloed van Jesus (1:14)
Ek lewe saam met Christus (Efes. 2:5)
Ek is saam met Jesus opgewek (Rom. 2:12)
Ek is ‘n getroue navolger van Jesus Christus (Efes. 5:1)
Ek is die Lig van die wêreld (Matt. 1:14)
Ek is die sout van die aarde (Mat. 5:13)
Ek het ‘n heilige roeping (2 Tim. 1:9)
Ek is meer as ‘n oorwinnaar (Rom. 8:37)
Ek is gewortel en opgebou in Hom en bestig in die geloof (Kol. 2:7)
Ek weet al my behoeftes is vervul (Phil. 4:19)
Ek het lewe en oorvloed (Joh. 10:10)
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee (Fil. 4:13)
Ek jaag na die doel om die prys te verkry (Fil. 3:14)
En verder:
Die HERE noem ons sy kinders en dus sy erfgename (Rom. 8:16-17)
Hy noem ons Sy vriende (Luk. 12:4; Joh. 15:14;  Joh. 15:15)
Hy noem ons Sy eiendom ((Joh. 1:11; Efes. 1:14; 2Tim. 2:14; 1Pet. 2:9
Hy noem ons ook Sy volk (Luk. 1:77; Luk. 7:16; Fil.58:8-10; Jak. 2:9
As ons dus so belangrik vir GOD is, waarom sou ons Hom nie in Gees en Waarheid dien nie?

Luister wat sê die HERE: “Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
“Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
“Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.” Joh.15:14-16

Watter vrug dra jy wanneer jy getuig dat jy wedergebore is?
Jy sou dalk dink dat jy nie ‘n leier is nie.
Sou jy dan toelaat dat die steekdoring regeer?
“Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, (Hoe?) deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug...” 2Pet. 1:3

Toe die HERE ons geskape het, het Hy aan ons alles gegee wat ons nodig sou kry om Sy oorspronklike plan en doel te vervul. Ons is nie gered om Hemel toe te gaan nie, maar om te dien.

Wanneer GOD na ons kyk en met ons praat, dan sien hy die ware jy en nie die jy wat jy dink jy is nie. As jy daarin roem dat jy kind van GOD is, dan sal jy jou perspektiewe soos in GOD die Bybel verwoord, moet regkry.

Die HERE ken ons nog voordat Hy ons in die moederskoot gevorm het... Jer. 1:5

Die gene van leierskap is dormant in ons totdat die krag van GOD dit in beweging bring. Sommige mense praat van “versteekte” talente, ‘n talent of talente wat hulle eers later in hulle lewens ontdek.

Niemand dwing ons om leiers te wees nie. Dit is en bly ons eie keuse wat ons met ons talente maak. Ons bly egter verantwoordelik teenoor GOD oor hoe ons daardie talente aanwend.

Alles wat ons nodig het om leiers te wees, het GOD reeds aan ons gegee. As ons begin om leiding te neem, dan verkwik die Heilige Gees ons!
God wil Homself betuig en Hy het ons uitverkies as ‘n kanaal deur wie Hy Sy mag en besluite kan betuig.

Ons is geroepe diensknegte en getuies, medewerkers, vriende  –  GOD wil nie Sy werk voltooi sonder om die mens te gebruik nie.
GOD, in Sy goedertierenheid het elke mens ryklik bedeel met sekere gawes, talente en moontlikhede.  Die dinge moet nie selfsugtig of tot ons eie voordeel aangewend word nie, maar tot verheerliking van God en die vestiging van Sy Koninkryk.
“Doen alles tot verheerliking van GOD.”  (1Kor.10:31).
“Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in jul liggaam en in jul gees wat aan God behoort.” (1 Kor. 6:19-20). Ons is rentmeesters van die gawes wat God ons gegee het.

Ons is rentmeesters van ons tyd. “Koop die tyd uit omdat die dae boos is.”  (Efes. 5:16)  Moenie jou tyd verkwis nie. Ons is rentmeesters van ons talente. Jesus het ‘n harde oordeel uitgespreek oor die man wat uit vrees sy talent begrawe het. Lees aandagtig Matt. 25:28-30.

Ons is rentmeesters van ons geld. Geld is ‘n gawe van GOD en moet tot Sy eer gebruik word.  Lees 1 Tim. 6:10.

Ons is ook rentmeesters van die Evangelie. Die roeping om die grootste nuus op Aarde te verkondig, is aan die verlostes gegee.

“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.”  (Hand. 1:8).

Die Heilige Gees is die Gees van GOD. GOD woon en leef in die gelowige. “Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van GOD is, GOD bly in hom en hy in GOD.” (1 Joh. 4:13-17).  Die Heilige Gees is Krag.  Hy is die Krag van GOD in die lewe van elke gelowige.

Hoe sal jy weet dat jy al hierdie gawes, talente, en krag besit?  Deur aan die HERE dankie te sê dat Hy dit aan jou gegee het en begin om leiding te neem.

Baie sê, GOD is die GOD van die onmoontlike. Maar dit is waartoe Hy ons in staat stel: Om wat vir ander onmoontlik lyk, wel te doen.

In Rigters 6 gebruik die Vader vir Gideon, die jongste in sy familie en uit die swakste stam. Die HERE sê aan Gideon: “Gaan jy uit in hierdie krag van jou...”

“Watter krag sou GOD van praat? Natuurlik sy Goddelike krag wat Hy deel van ons maak.
Dit is ook wat die HERE nou aan jou sê: “Gaan uit in hierdie krag van jou...”
Dawid was ‘n eenvoudige skaapwagter, maar die Vader noem hom ‘n koning!
Vir Josef sê die Vader: Jy is ‘n heerser!

Paulus bid vir die Efesiërs en sê ondermeer: “En aan Hom wat mag het om te DOEN... ver bo alles(!) wat ons bid of  dink... volgens (wat?)  –   volgens die krag wat in ons is! Efes. 3:20.

Lees nou Heb. 11: 1-33. Dit is die Bybel se “Portaal van Geloof”... en, die mooiste is, dat ons deel is daarvan!

Keer nou terug na strofes 32 en 33:
“En wat sal ek nog meer sê (oor al hierdie geloofs-dinamika)? Want die tyd sal my ontbreek as ek (ook) van Gideon, Barak en Simeon en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal ......”

Let nou op na strofe 34: “... wat deur die geloof:
koningkryke oorweldig het !
geregtigheid uitgeoefen het !
beloftes verkry het !
bekke van leeus toegestop het !
die krag van vuur uitgeblus het !
die skerpte van die swaard ontvlug het !
krag uit swakheid ontvang het !
dapper gewees het in die oorlog !
leërs van vreemdes op die vlug gedryf het !”
Kyk weer na die tweede laaste reël:
Dapper gewees het in die oorlog!
Dapper beteken:  Vasberade, onverskrokke. Dit beteken ook: onwankelbaar en onbuigsaam, beginselvas, dus, ook iemand wat geen kompromie aangaan nie.

Het ons geloof?  Natuurlik het ons geloof?  Ons het dit by die wedergeboorte ontvang. Maar,  Lewe ons deur die geloof...?

Om te sê ons sal probeer om deur die geloof te lewe is so goed as om vir die steekdoring te sê jy is nie toegewyd nie. Jy het nog nie in Christus gesterwe nie. By die eerste hekkie slaan jy neer.

Om deur die geloof te kan lewe moet ons beslis wees, gedetermineerd, wees, moet ons dapper wees, moet ons weier om kompromieë aan te gaan, moet ons rus vind in die HERE. Of ons vertrou God absoluut, of, anders lewe ons in twyfel, ons probeer maar...

Jak. 1:6-7 ...hy wat twyfel moenie dink dat hy iets van die HERE sal ontvang nie!

Ons moet dus weier om te twyfel.

“Ons is GOD se magtige manne (en vroue) vol dapperheid, onverskrokkenheid.” Jos. 10:7
Ons weier om te twyfel.  Ons staan soos rotse, onwankelbaar.

Onthou, ons is GOD se eiendom. Vat iemand aan ons vat hy aan ons GOD, ons vader wat in die Hemel is, want, GOD sê: Vir sovele as wat julle dit aan die geringste van My doen, doen julle dit aan My. Matt. 25:40

Dit is ook hoekom ons nie wraak moet uitoefen nie. GOD sê:  Hom kom die wraak toe. Hy sal vergeld.
Ons moet net besef dat as iemand ons leed aandoen, speel hy of sy met vuur, want hulle het GOD se eiendom aangetas.  En daar staan ook geskrywe:  Dit is vreeslik om te val in die hande van die Lewende GOD!

Ons vrees niks, want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar ‘n gees van Krag, en van Liefde en van Selfbeheersing. 2 Tim. 1:7.
Dit is wat ons ontvang het en dit is wat ons elke dag moet bely.

Let weer op wat staan reg aan die begin geskrywe ... volgens die krag wat (reeds) in ons is.

Daar is geloofskrag in ons om ook die dinge te kan doen wat ons voorsate deur die geloof gedoen het..  volgens ...  dui daarop dat ons daardie geloofskrag moet uitbou, soos ‘n gewigopteller sy krag ook uitbou. Hoe groter sy krag, hoe groter die gewig wat hy kan baasraak.

Ons moet dus deur Sy Woord en deur praktiese toepassing daarvan, ons geloofskrag uitbou.  Kyk hoe waar is die volgende:
Great people, are ordinary people, with extraordinary amounts of determination! (geloof)

Om nederig te wees is God se Wil. Om jouself te verkleineer, is nie nederigheid nie en is sonde.  In die oë van die Vader is ons baie belangrik.

Ons is Sy VOLK. Ons is Sy eiendom. Ons is Sy Erfgename. Ons is Sy medewerkers. Ons het die geloof van ‘n mosterdsaadjie  –  ons (moet) groei tot ‘n reuse Geloofsboom!

Bely dit,  glo dit, want dit is die Waarheid, en nie die twyfel en versinsels wat die steekdoring ons mense mee teister nie.

Onthou, wanneer mens naby die deurbraak is, sal die druk altyd toeneem. Teenspoed lyk maar soos teenspoed. Hoe harder die stryd hoe groter die oorwinning, want in Christus Jesus is ons meer as Oorwinnaars!

Probleme wat oor die wêreld aan die kom is, moet maar kom. Ons is gereed daarvoor!

Lees ook Ps. 149 en let veral op wat gebeur vanaf strofe 6: Lofverheffinge is ‘n tweesnydende swaard.  Aan die een kant verbly ons die hart van God, aan die ander kant vernietig ons die vyand, wie en wat hy ook al mag wees!

Die skrywer van Hallaluja-lied 243: Voorwaarts Christen-stryders, het geweet waaroor dit gaan.
En Halleluja-lied 244: Staan op, staan op vir Jesus, o helde van die kruis, ook!
“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;
“en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Heb. 12:12-13 – Sjibbolet   

Maandag 30 November 2015

In die gees en die krag van Elía


Image result for jesus pictures



En vandag, oral oor die wêreld heen hoor mens die oproep:
Terug na GOD!”
Dit is die boodskap “in die gees en krag van Elia”,
wat oor die wêreld heen weerklink
om mense gereed te maak vir die Wêderkoms.

En regoor die wêreld is daar ‘n toenemende druk van
aanneemkinders wat hul biologiese ouers soek en vaders
en moeders wat hul aanneemkinders soek.

Die Ou Testament eindig soos volg: Mal 4:5-6 “Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.”
            Dit is waarskynlik hier waar sommige die gedagte vandaan haal dat Elia na die aarde gaan terugkeer. Nadere ondersoek bewys die teendeel.
            Selfs in die tyd van Jesus Christus het mense lering gegee en geglo dat Elia na die aarde sou terugkeer. Sommige het gemeen dat Christus eintlik Elia was.
            Luk. 9:18-19 “En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek? En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.”
            Markus 9:11-13 “En hulle vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elía eers moet kom? Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers om alles te herstel; en tog, hoe staan daar dan van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verag word? Maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, soos van hom geskrywe is.”
            Die ander waarheid is dat die profesie van Maleagi reeds vervul is. So lees  Matt. 11:13-14 “Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer. En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom.”
            Christus het geleer dat Johannes die Doper direk verband hou met die koms van Elia waarvan in Maleagi 4:5-6 gepraat word.
            Maar was Johannes die Doper letterlik Elia? Kyk wat sê Joh. 1:19-23 “En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u? En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie. Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.
Toe sê hulle vir hom: Wie is u? – dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself? Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.”
            Johannes noem duidelik dat hy nie eintlik Elia in persoon is nie. In Luk. 1:17 verduidelik die Engel Gabriël dat Johannes sou kom: “En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía (hoekom?), om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges (hoekom?), om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei.”
            Nou sien mens dat dit die bediening en boodskap van Johannes die Doper was in die gees en krag van Elia. En so is die profesie vervul. Sy taak was om die weg vir die koms van Jesus Christus voor te berei en om mense aan te moedig om Christus as die Messias te aanvaar.
            Verdere ondersoek aangaande Maleagi 4:5-6 wys dat die betrokke profesie ook op die eindtyd dui omdat dit verwys na die aanbreek van die “die groot en vreeslike dag van die HERE,” vir hulle wat nie gereed is vir die Tweede Koms van Jesus Christus nie:  Matt. 24:30 “En dan sal die teken van die Seun van die mens in die Hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die Hemel met groot krag en heerlikheid.” En ook:
Openb. 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die Hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die Hemel het weg gewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam.”  Asook:
Openb. 6:17 “want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?”
Wat is die doel van die “gees en die krag van Elia”? Presies wat Mal 4:5-6 sê: “En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders.”
Die Bybel leer dat ‘n reuse herlewing voor die Wederkoms gaan plaasvind, ‘n herlewing wat in ons gesinne en familie gaan begin
As ons die Heilsboodskap aan die ganse wêreld wil bring dan moet dit ten eerste in ons huise lewendig wees: Matt. 28:19-20 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.”
Vanaf ons huise (huisaltare) sal dit oorvloei van ons gemeentes, dan na die gemeenskap om uiteindelik reg oor die wêreld heen voort te rol.
            Die Elia-boodskap sal ook GOD se verlore skape laat terugkeer na Hom: Luk. 1:17 “En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.”
            Hierdie sal ‘n oproep wees tot totale toewyding en gehoorsaamheid, die aflê van alle sonde en kompromieë want dit was die boodskap van Elia en Johannes die Doper: 1 Kon.18:21 “En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie,” en
Matt. 3:1-2 “In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa  gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die Hemele het naby gekom.”
Hierdie oproep tot vernuwing en belydenis sal vir ‘n ieder en ‘n elk wees, nie net vir die Jode soos wat sommige van mening is nie. Die Nuwe Testament leer dat die “Israel” van vandag is die Wedergeborenes wat Jesus Christus as Redder en Verlosser aangeneem het: Gal. 3:26-29; Rom. 2:28-28; Matt. 3:9-10; Matt. 21:43 en Rom. 9:7-8.
In die tyd van Elia het die mense afgedwaal van die Goddelike weg en verkies om die heidendom en wêreldse lewenstyle aan te hang: Kon.19:13-14 “En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom ‘n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía? En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem.”
            In die tydvak waarin ons nou leef lyk dit of die Christene ‘n soortgelyke roete volg. Dit was die taak van Elia op Berg Karmel om die mense terug na GOD te lei: 1 Kon. 18:37-39 “Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat U hulle hart tot U laat terugkeer. Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek. En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!” Asook:
            1 Kon. 18:43-45 “Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer – sewe maal. En die sewende maal roep hy: Daar gaan ‘n wolkie soos ‘n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie. En in ‘n oogwink was die Hemel swart van wolke en wind, en ‘n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na Jísreël.”
            Dit is ook wat Johannes gedoen het en mense aangemoedig het om Jesus Christus as Verlosser aan te neem: Joh. 1:29 1:29 “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”
            En later het die nuwe bekeerlinge die doping in die Heilige Gees ontvang: Han. 2:1-4 “En toe die dag van die Pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die Hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”
            En vandag, oral oor die wêreld heen hoor mens die oproep: Terug na GOD!” Dit is die boodskap “in die gees en krag van Elia”, wat oor die wêreld heen weerklink om mense gereed te maak vir die Wederkoms.
            Ps 26 word ‘n werklikheid. Verootmoediging.
            Hierdie Herlewing ontspring in Eseg 37 wanneer die 10 stamme van Israel en die twee stamme van Judah – wat onder Koning Jerobeam geskei het – weer verenig.
            Dis die laaste en grootste Herlewing van alle tye, ook genoem die laatreëns.
            Die lied Strome van Seën van Bowe, is ‘n Herlewingslied. Let op na die woorde en sien die eerste druppels val reeds, selfs in Suid-Afrika. – Sjibbolet

Woensdag 25 November 2015

Die Roos van Saron

Liefde ongekend...
Jack Benny was een van Amerika se mees geliefde komediante, radio en televisie persoonlikheid. Hy het saam met sy vrou, Mary Livingstone Benny, 'n vol en gelukkige lewe gevoer.
Hy is op 80-jarige ouderdom, op 26 Desember 1974, die Ewigheid in
Die volgende dag, 27 Desember, word 'n rooi roos by Mary afgelewer.
Dieselfde gebeur die oggend van 28 Desember. Mary bel die blommewinkel: "Jack is oorlede. Julle hoef nie meer ‘n rooi roos elke dag af te lewer nie."
Die bloemiste antwoord: "Ons is jammer. Ons het gedink jy weet."
"Weet wat?" vra Mary. "Jack het ons deur 'n klousule in sy testament opdrag gegee, dat jy vir die res van jou lewe, elke dag, 'n rooi roos sal kry, sodat jy altyd sal weet dat hy jou tot op die einde liefgehad het."
 Description: Jack Benny
Description: Jack Benny
Jack Benny
         
Die tradisie van die rooi roos het 50 jaar tevore begin toe Jack vir Mary die hof gemaak het. Dit het drie rose, elke oggend een, gekos, voor Mary vir 'n afspraak met Jack ingewillig het. Daarna het sy elke oggend, hul hele gelukkige, getroude lewe deur, die vars, rooi roos gekry.
            "God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” Joh 3:16 )
            Meer as 2 000 jaar gelede het God Sy groot en onbegryplike liefde vir 'n sondige wêreld openbaar toe Hy Sy geliefde Seun, Jesus, gegee het om in ons plek gebore en gekruisig te word.
            Ouma Joey de Villiers van die Paarl het nooit haar slaapkamer in die oggende verlaat voordat sy nie ‘n diepe geestelike ontmoeting met die HERE beleef het nie. Sy het die werklike liefde van God elke oggend beleef.


Benny en Mary in 1960

Deur die Ou Testament heen, word telkens ook getuig dat God ons liefhet: "Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra." Jer 31:3.
Uit die Evangelie van die Here Jesus ontvang ons dit daagliks nuut en vars. "Maar God bewys Sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." Rom 5:8. "Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur Sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak.
Uit genade is julle gered!" Efes 4,5. "Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook." 1 Joh 3:1.
            Die HERE is elke dag lief vir ons.
            Jesus staan simbolies ook bekend as die Roos van Saron, ‘n rooi roos... wat ons elke dag en nag by ons het as verkwikking as God se liefde vir ons.
            “Maar daar kom 'n uur (wanneer), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid (hoekom?); want die Vader soek ook mense wat Hom (juis) só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24.
Beleef dit, dis Liefde ongekend. – Sjibbolet

Maandag 23 November 2015

God kry die eer vir die Telegraaf



Samuel F. B. Morse is gebore in Charlestown, Massachusetts. Hy was die eerste kind van Pastoor Jedidiah Morse (1761–1826). Sy pa was ook ‘n geograaf.
Samuel se moeder was Elizabeth Ann Finley Breese (1766–1828).
Sy pa was ‘n sterk oortuigde Calvinistiese prediker. Hy het geglo dit sou Puriteinse tradisies bewaar.


Nadat Samuel aan die Phillips Akademie in Andover, Massachusetts studeer het, is hy na Yale College. Sy studierigting was religeuse filosofie, matesis en die wetenskap van perde.
Hy het ook klasse oor elektrisiteit bygewoon en was lid van die Society of Brothers in Unity. Hy het sy eie studies betaal deur skilderwerk. Hy het in 1810 sy graad behaal met Phi Beta Kappa lof.
Ps 65:5 is van toepassing op sy lewe: “Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe.” Lees sommer van strofe 1-12.
In 'n gesprek met Prof. Morse ontdekker van die telegrafiewetenskap, vra Eerw. George W. Hervey hom een dag: "Prof Morse, toe u, u studie en eksperimente by die universiteit gedoen het, het u ooit voor 'n probleem te staan gekom waarvoor u nie 'n oplossing gehad het nie?"
Morse, wat ook die Morsekode ontwerp het, het geantwoord: "O, ja, meer as een keer, verseker."
 "En in sulke omstandighede, wat was u oplossing?" In die professor se woorde: "Ek het gebid vir meer lig.”
"En het die lig gewoonlik gekom?" Ons haal hom aan: "Yes. And may I tell you that when flattering honours came to me from America and Europe on account of the invention which bears my name, I never felt I deserve them. I had made a valuable application of electricity, not because I was superior to the other men, but solely because God, who meant it for mankind, must reveal it to someone, and was pleased to reveal it to me."
Sy eerste boodskap, na die ingebruikneming van sy uitvinding, was dié woorde: "Wat het God vir ons gegee!"
            Morse had behoefte (nood) om te bid, hy het in nederigheid gebid en nie gesteun op sy eie verdienste of belangrikheid nie.
            Ons het elke dag behoefte aan gebed en ons is en bly dankbaar vir die hulp wat God aan ons verleen.
Dawid se Psalms is vol met uitroepe om hulp na God. Hy het vir God 'n eie naam gehad: “Hoorder” van die gebed: Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word. o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom! Ps 65:2-3 – Sjibbolet

Mooi so goeie en getroude dienskneg



 Image result for salvation army william booth

“Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.” Matt 25:23

          Dit was ook die temaboodskap by die begrafnis van Genl William Booth, stigter van die Heilsleër, in 1912 in London.

            Tien duisend afgevaardigdes van reg oor die wêreld, tesame van 250 000 van sy bekeerlinge het die begrafnis bygewoon.

https://www.youtube.com/watch?v=-Mp9OkRcMY8

            “Julle (ek en jy) is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.

            “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” Matt 5:14-16

            ‘n Lig wat so skyn, is die lig van die goeie en getroue dienskneg.

Skyn jou lig so?

            Die HERE sê ook aan goeie en getroue diensknegte: “Moenie julle kwel oor jul lewe – wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam -- wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

            “Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

            “Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?” Matt6:25-27

            Adam en Eva was nie goeie en getroue dienaars nie. Is jy?

            Ons beleef die Laaste Uur.

            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

            “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Hebr 12:12-15

            “As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8

            Die Koning kom, wees gereed... sodat die HERE oor jou ook sal kan sê: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg!” – Sjibbolet

https://www.youtube.com/watch?v=-Mp9OkRcMY8&authuser=0


'When the World Sees the Power of Our God' - a Word of Encouragement Directly from France, for All Christians



'We have in us the Spirit that resurrected Jesus-Christ from the dead, the power to instigate fright, fear and terror to our enemy. We are the head and not the tail...' - Dominique Francois
 (France) — In the light of what happened last Friday night in Paris and the utter tragedy that unfolded, I am astonished that God gave me a frightening dream about what was being put into place in the spiritual over our nations, our cities, and also key people.

Paris has known several terrorist attacks in the past, as dramatic and awful. I am absolutely not afraid to live in this area of the world. I know that God has a very special plan for the city of lights... but I feel it is mandatory for Christians to be united and to raise a powerful army of intercessors praying for the strong man of Islam to be bound altogether... We know exactly who is behind all this. Europe is at stake, but also Israel, the United States and many more nations. It is time for us to raise a standard, to proclaim the name of the Lord, to be the salt of the earth and the light in this world.

Let us remember that : "When the enemy comes in like a flood, the Spirit of the Lord will lift up a standard against him." -Isa. 59:19

This morning I was reading the first chapters of Joshua... How relevant for us.

"Rahab said : I know that the Lord has given you the land, that the terror of you has fallen on us, and that all the inhabitants of the land are fainthearted because of you. [...] And as soon as we heard these things, our hearts melted; neither did there remain any more courage in anyone because of you, for the Lord your God, He is God in heaven above and on earth beneath."

"So it was, when all the kings of the Amorites... heard that the Lord had dried up the waters of the Jordan from before the children of Israel until they had crossed over, that their heart melted; and there was no spirit in them any longer because of the children of Israel." -Joshua 2:9-11, 5:1.

When the world sees the power of our God, it trembles and believes!!!! We have in us the Spirit that resurrected Jesus-Christ from the dead, the power to instigate fright, fear and terror to our enemy. We are the head and not the tail. We do have the upper hand, even if in the natural, it doesn't seem to be the case. Let us blow the trumpets and advance together as one man. Let us be convinced that the Spirit who is in us can trigger this kind of fright to the enemy's camp!

We already have the victory!

Dominique Francois
Email: all4ireland@gmail.com

Dominique Francois has been a lover of the Lord Jesus Christ since her conversion in 1970. In the years that followed, she had a leadership role in women's ministry, prayer groups, and Bible studies. She has a powerful prophetic prayer ministry and loves to encourage, edify, and comfort the Body of Christ. As a French/English translator for most of her adult life, she has translated hundreds of articles, five Christian books, and many manuals to train pastors. She has also translated simultaneously in conferences held in the United States and for prominent speakers who come to France. She is The Elijah List translator for the French list. Her passionate desire is to come alongside the people of Ireland as they experience the unprecedented outpouring of the Holy Spirit that will catapult them into their destiny as a nation.  - ends

Woensdag 18 November 2015

Laat God jou Min vermenigvuldig


Image result for gideon bible warrior



Jonathan het in 1 Sam 14:1-23, vir die dienaar wat sy wapens dra gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want vir die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie. – 1 Sam. 14:6.

Israel was in ‘n benarde posisie. Die Filistyne het teen Israel opgeruk met 30 000 strydwaens, 6 000 perderuiters en soldate soos die sand van die see (1 Sam. 13:5).

Israel se eie soldate was so vol vrees dat hulle in gate weggekruip het. Net 600 man uit Salomo se ganse leër het by hom gebly.

Maar Jonathan, Saul se seun, was nie bevrees nie. Hy het sy wapendraer saam met hom geneem en die Filistyne uitgedaag. Dit was net hulle twee teen honderde duisende, maar hulle het hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle was bereid om hulle lewens te waag in God se veldslae.      

Hulle het sowat 20 man om die lewe gebring, maar dit was genoeg. God het dit gebruik om vrees in die harte van die Filistyne plant en dit wil voorkom dat die Filistyne mekaar toe ook begin doodmaak het, weens ‘n totale verwarring wat onder hulle ontstaan het.

“En daar kom ‘n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook geskrik, ja die land het gebewe, sodat dit ‘n skrik van God geword het.”

Jonathan het nie tyd gehad om die hele leërmag uit te delg nie. Al wat hy gedoen het was om 20 manskappe van die vyand te verslaan. God het dit egter geneem en vermenigvuldig tot ‘n reuse oorwinning.

Ons hoef nie die hele ding met een slag te doen nie. Soms moet ons net daardie stap in die geloof neem en God sal ons poging vermenigvuldig.

Neem ‘n stap in die geloof in dit wat God jou geroep het om te doen en sien hoe God dit dan gaan vermenigvuldig, presies soos wat Jesus Christus met die vissies en die broodjies gedoen het.

Die dissipels kon geredeneer het dat dit tog onmoontlik sou wees om 5 000 man en hulle vroue en kinders met daardie paar broodjies en vissies te kon voed, maar toe hulle die eerste tree in die geloof gee en begin uitdeel, het God se vermenigvuldende krag in werking gekom.

            In Rigters 6 en 7 is Gideon vol vrees vir die vyand. Hy wan sy koring onder in ‘n wynpers uit. En die HERE praat met hom en gee hom ‘n opdrag. Gideon antwoord dat die HERE eintlik met die verkeerde man praat want sy stam is die swakste van al die stamme en hy is op sy beurt die swakste in sy stam.

            Die HERE sê dis reg so want as ek die swakste gebruik dan sal die volk weet dat net God die vyand kon verslaan. Gideon kry uiteindelik 10 000 man gereed vir die veldslag en die HERE sê nee, dis hopeloos te veel en skaal Gideon se mannekrag af na net 300.

           Reg deur die Bybel het God nog altyd die min gebruik om die baie mee te doen.

Hoe min het jy?
           Dit maak nie saak hoe min jy het nie. Kom staan met jou min en al saam in gebed vir die grootste Herlewing ooit. Herlewing begin met gebed. Moedig ook ander aan om hulle min te bring en 'n gebedsvuur aan te pak. -- Sjibbolet

Maandag 16 November 2015

Ons moet die Getal eers volmaak – dan volg die Wederkoms


Image result for 2nd coming of christ


”Die HERE vertraag nie die belofte (van sy Wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” 2 Pet 3:9
            Die HERE sal sy Belofte gestand doen, vir seker, maar eers wanneer ons, ek en jy, die getal volgemaak het.
            Die volmaakte getal is 144 000... 12 x 12 x 1000. Let op... 12 000 uit elke van die 12 stamme van Israel – 2 stamme uit die Huis (volk) van Juda en 10 stamme uit die Huis (volk) van Israel. Saam staan die 12 bekend as Israel.
            Met ons menslike verstand renedeer ons, daar is op die oomblik 22.9 miljoen Jode in die wêreld. Altesame 6.4 miljoen van hulle woon in die land Israel.
Heeltemal tereg het die Eerste Minister, Benjamin Netanyahu al vele kere gesê: “We are a Jewish State.”
            Iemand wat goed is met somme, kan gaan uitwerk dat as 6 miljoen Jode nie in die Joodse volksmoord gesterf het nie, hoeveel Jode daar vandag sou wees.
            In die Anglo Boere-oorlog sterf meer as die helfte van die kinders in die Boere Republieke, altesame 24 000. Saam met hulle 3 000 Boervroue en sowat 11 000 mans. Gaan maak ook die som dat as daardie mense nie gesterf het nie, hoe groot ons vandag sou wees.
            Daar is sowat 2 biljoen Christene in die wêreld en dit neem steeds toe. Mens sou kon sê daar is genoeg om ons getal vol te maak.
            Maar die 144 000 dui bloot vomaaktheid aan, net soos wat die syfer 7 op ‘n volgetal van tyd dui (en die satan se 6.66 daaraan kortskiet) en die syfer 8 ‘n nuwe begin aandui. Mens kan dus voortgaan met 12 x 12 x 12 x 12, ens.
            Dit dui egter steeds op volmaaktheid, ‘n volmaakte getal en die getal moet vol kom.
            As jy nou hier lees en jy is nog nie deel van die 144 000 dan sal jy vandag nog moet besluit, ‘n besluit wat jou hele lewe en lewenspad gaan verander.
            Gaan lees weer hoe die dissipels 5 000 man en hulle vroue en kinders met ‘n paar vissies en broodjies gevoer het.
            Een van die grootste matesis-wonderwerke in die wêreld vind ons by Moses en die Israeliete in die woestyn.
            Ons beleef  die verskil tussen vlees en gees, tussen geloof en ongeloof.
Sowat 3,5 miljoen mense moes 40 jaar lank in ‘n woestyn versorg word.  Volgens ‘n militêre strateeg sou Moses, as hy nie in die geloof gewandel het nie,  moes sorg vir:

•          1 500 ton voedsel per dag
•          Twee goedere treine van 1,6km in lengte sou die kos moes aanry
•          4 000 ton brandhout per dag sou nodig wees om kos te kook
•          Verskeie  goedere treine van 8km in lengte sou die hout moes aanry
•          Hulle sou 20 miljoen liter water benodig het want daar was geen mere of riviere in die woestyn nie
•          ‘n Trein met tenkwaens van 18.8km in lengte sou die water moes aanry
•          As hulle dubbel-gelid deur die Rooi See sou beweeg, sou die tou 1 280km lank gewees het.
•          Die tog deur die Rooi See sou 35 dae en nagte geduur het
•          Daar moes dus ‘n breë opening van sowat 4.8km gewees het sodat die Israeliete 5 000 in gelid in een nag kon deurbeweeg
•          Elke keer wat hulle gekamp het, het die kamp ‘n area van 1 200 vk  km beslaan, ‘n area van 48km in die lengte en 40km wyd – so groot soos die Groter Bloemfontein?

Hierdie lysie sou vir elke dag oor ‘n tydperk van 40 jaar moes gegeld het.
            Dink jy Moses het aan al hierdie dinge gedink voordat hy vertrek het?  Sekerlik nie.
Hulle het ook geen materiaal gehad om nuwe sandale en klere van te maak nie.  Hulle sandale en klere het 40 jaar lank gehou.
Die groter wonderwerk is dat die kinders se sandale saam met hulle voete groter geword het.
            Moses het God geglo.  Hy het geweet God sal na al hierdie dinge omsien.
            Die verskil tussen om in die vlees en in die gees te wandel, is enorm en onvergelykbaar, soos toe die vissies en broodjies aan 5 000 man en hulle vroue en kinders uitgedeel was.  Dit verbyster mens se verstand, maar om die dinge van God te verstaan skakel mens juis jou verstand af.
            Ons het presies dieselfde God vandag as wat die Israeliete destyds gehad het.  God het nie verander nie en sal nooit verander nie.
            Ons probleme lyk vir ons soms so oneindig groot, maar dink dan daaraan wat God kan doen!
            Skep moed, ons het dieselfde God.
            Ons moenie God by ons planne en strategieë inskakel nie.  Kom ons skakel liewer by Sy plan in want dan onderneem Hy in alles.
            Laat ons onverskrokke voortgaan om die siele in te bring en die getal vol te maak.
Die 144 000 is in Jesus Christus vrygespreek. Daarom dra hierdie 144 000 die teken van die Vader en die Lam.
 Dit is die uitverkore volk! Toe die skape en die bokke van mekaar geskei is, het Jesus as die goeie Herder Sy skape geneem die ewige saligheid in. Hulle name is in die Boek van die Lewe verseël, hulle het die kroon van die lewe ontvang, hulle is God se eiendom, hulle is die 144 000.
Die 144 000 is simbolies. Twaalf stamme sal in God se Ewige Koninkryk die nuwe aarde bewoon. Die getal twaalf die simbool van volheid. Elke stam sal twaalf keer vol wees — weer die simbool van volheid. Elke stam sal ook in duisende verteenwoordig wees.
Sien ook die simboliek in hoevele kere ons moet vergewe...  sewentig maal sewe keer. Matt 18:27. Dit beteken “vir altyd”.
Die 144 000 wys dus op die volk van God, wat in sy volheid en totaliteit in die Ewigheid sal regeer. Maar dit sê nog meer. Soos 12 x 12 x 1 000 vir ons 144 000 gee dus — 'n presiese getal, so sal 'n presiese getal die Ewigheid beërwe.  Niemand wat tot dié getal behoort sal verlore gaan nie.
Elkeen wat daarby hoort sal daar wees om die Lam te volg waar Hy gaan. Elkeen wie se naam verseël is in die boek van die Lewe is deel van die 144 000.
Kom, help dat ons die getal volmaak. Bid vir ‘n magtige Herlewing, bid vir siele om in te kom, reik uit na verlorenes en bring die gerwe in. – Sjibbolet