Maandag 26 Oktober 2015

Gee jou hand aan die HERE ...


Image result for holding jesus hand 


Soos destyds toe Koning Jehiskia die hele volk Israel en Juda genooi het na ‘n nasionale Pasga, so word ons vandag opnuut vanaf ons afgedwaalde weg na Sy Heiligdom genooi met die uitnodiging: Om ons Hand aan die HERE te gee. 2Kron 30:8
            Hande speel ‘n groot rol in die Bybel. Die woord hand of hande kom 1 600 keer in die Bybel voor.
            Hand of hande speel ‘n positiewe, maar ook ‘n negatiewe rol.
            Negatief:  Matt 26:23 (Lees van strofe 20 tot 24) “Toe antwoord Hy en sê: Hy wat sy hand saam met My hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.”
            Dis hoe Jesus Christus geweet het wie hom gaan verraai, toe Judas nie langer eerbied teenoor sy naaste betoon het nie, en sommer sy hand ook in die skottel gesteek het wanneer hulle kos uit die skottel geneem het.  Dit was in hulle dae ook onmanierlik om nie te wag dat iemand eers klaar kos neem, voordat jy jou beurt kry nie.
            Positief:  Met ons hande seën ons die HERE in aanbidding, seën ons mekaar, seën ons, ons kinders.  Mens slaan nie ‘n kind of selfs ‘n hond met jou hand nie, daarvoor gebruik mens ‘n neutrale voorwerp.  Slaan ‘n hond met jou hand en hy, net soos ‘n kind, verloor respek vir jou.
            Gal. 2:9  “…en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas, die regterhand van gemeenskap gegee…”
            Ons verwelkom iemand in die gemeente met die regterhand van gemeenskap.  Ons stuur hulle ook uit met die regterhand van gemeenskap.
            Om iemand die hand te gee, is ook jou woord van eer, en jy durf dit nie verbreek nie.
            “As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
“Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.
“Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” Pred 5:3-5
Nou word ons genooi: Kom na God se Heiligdon en gee Hom jou hand.
Die uitnodiging kom as gevolg van ons hulpeloosheid. Die volk het afvallig geword en is op ‘n pad weg van die HERE af. Die volk is magteloos om homself te red. God wil die volk ophelp... daarom Sy uitnodiging: Gee jou hand aan die HERE.
Ons het al sovele kere probeer om weer orent te kom, maar tevergeefs. Ons is hulpeloos, vasgeval in verskeie soorte omstandighede waaruit net God ons kan haal... kom ons gee Hom ons hand.
Ons het die punt bereik waar ons vasberade besluit:  Ek waag geen tree verder, as U nie met my gaan nie.
Die Koning het ook die volk aangespreek oor hulle moedswilligheid... verhard nie julle nek nie, moenie koppig wees nie. Eie plannetjies het ons nog iewers gebring. Nou is daar net een oplossing: Laat ons, ons hand aan die HERE gee.
Kom ons kry die saak reg tussen ons en die HERE. Die Koning Kom, daar is haas nie meer tyd oor nie.
Die HERE raai ons aan om ons hand aan Hom te gee sodat Hy ons kan teruglei na die weg op pad na die Nuwe Jerusalem.
Iemand kan net gered word, wanneer hy sy hand in die hand van sy redder sit. Ons het afdgedwaal en ons sukkel om na die regte pad terug te keer, maar as ons, ons hand aan die HERE gee sal ons gered word, gereed vir Sy Koms!
Toe ons getrou het, het ons mekaar die hand gegee, die hand van trou waarmee ons ‘n verbond gesluit het. Hoeveel van ons is steeds trou? Gee ons nog om?
Ons het die Wedergeboorte deelagtig geword, die Heilige Gees ontvang... is ons hand nog in God se hand? Die HERE belowe in Joh 10:28 Hy bly getrou! En ons?
Ons is God se Heiligdom, laat ons onsself bymekaar maak en ons hand vir die HERE gee. Kom ons hou vir ‘n tyd op met preek en kom byeen en gee ons hand vir HERE. Ons is almal genooi. Jy is ook genooi... –  Sjibbolet

Donderdag 22 Oktober 2015

‘Ek wil graag die Ewige Lewe hê’



‘n Vreemde man vra eendag aan ‘n prediker in Suid-Afrika: “Kan u my straks sê waarom ek pas die hele Bybel deurgelees het? Ek vra want ek begryp dit nie. Ek was nog nooit in ‘n kerk nie, het nog nooit die Bybel gelees nie... en nou skielik lees ek die ganse Bybel deur.”
            Die prediker het geantwoord: “iemand baie naby aan jou en jou vrou bid gereeld vir die redding van julle siele.”
            Die man: “Waar kom u daaraan?
            Prediker: “U het my ‘n vraag gevra en ek het terselfdertyd vir die HERE vir die antwoord gevra, dis hoe ek dit weet.”
            Die vreemde man het gegroet en sy gang gegaan.
            Die volgende aand was die vreemde man terug: “Pardon, toe u gistermiddag gesê het iemand bid vir ons, het iets my bygeval. Kyk, hier is ‘n brief van my suster van oorsee, hier skryf sy: ‘Ons bid gereeld vir die redding van julle siele.’
            “Wat beteken dit tog,” wou hy weet.
            Die prediker het hom die pad na Saligheid verduidelik en hy het aandagtig geluister, gegroet en vertrek.
            ‘n Week later is hy terug. Die prediker groet en vra waarmee hy kan help.
            Die man: “Ek wil ‘n Christen word.”
            Prediker: “Waarom?”
            Die man: “Want ek wil die Ewige Lewe hê.”
            Prediker het hom binne genooi en saam het hulle langs mekaar elk by ‘n stoel gekniel. Die prediker wag, want hy verwag die vreemde man gaan nou Jesus as Saligmaker aanneem, maar dis doodstil.
            Die man leun skielik oor na die prediker en fluister: “Luister, hoe moet ek Hom aanspreek? Ek ken Hom nie en ek het nog nooit met Hom gepraat nie.”
            Die Prediker het geglimlag en gesê: “Laat ek eers met Hom praat, dan sal jy hoor hoe ek dit doen, dan sal ek aan jou oorgee om self jou saak met Hom uit te praat.”
            Prediker bid toe: “Vader, in die naam van Jesus, dankie dat ek en Herman voor u genadetroon mag kniel. Herman ken u nie, maar hy wil graag met U praat.”
            Prediker fluister toe aan Herman, nou mag jy maar voortgaan.
            En so is die vreemde man, Herman, gered.
Mahatma Gandhi
Description: Mahatma Gandhi
“You Christians look after a document containing enough dynamite to blow all civilisation to pieces, turn the world upside down and bring peace to a battle-torn planet. But you treat it as though it is nothing more than a piece of literature.”

“I like your Christ, I do not like your Christians. Your Christians are so unlike your Christ.” ― Mahatma Gandhi

Dinsdag 20 Oktober 2015

Die Wederkoms ten spyt – Koop die TYD uit...


Image result for time 


Die Midde-Ooste is ‘n kruitvat. Talle tekens dui op die spoedige terugkeer van Jesus Christus. Baie  Gelowiges wil weet hoe die Wederkoms gaan afspeel. Dit wat egter vanuit die Hemel gaan gebeur, kan nie een van ons iets aan doen nie. Dis buite ons beheer. Maar daar is wel ‘n aspek waar ons almal dringend betrokke by moet raak.

Die Here vertraag nie die Belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” 2 Pet 3:9

Dit beteken net een ding: Werk want die nag is op ons.

Ons gee hopeloos te veel aandag aan die Wegraping, ‘n gebeurtenis waaroor ons geen seggenskap hoegenaamd het nie. Ons hou ons besig om te bepaal hoe die Einde gaan plaasvind. Dit was nie ‘n opdrag van die HERE nie.

“Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” Hand 1:6-8. Is jy ‘n getuie?

Jesus het vertel wanneer die Einde gaan kom, behalwe vir die dag of die uur want dit wis Hyself nie, maar hy het wel ‘n opdrag gegee wat ons ten alle koste moet uitvoer.

1.
“Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.
En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.
Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.” 2 Pet 3:14-18

2.
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Matt 28:19

“Die Here vertraag nie die Belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” 2 Pet 3:9. Hy gee nog geleentheid, vir oulaas, vir ons as Gelowiges om die Getal vol te maak.

Wag eerder op die HERE om Sy wonderbare Belofte in jou lewe in vervulling te laat gaan: “En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.” Hand 2:17-18

Wanneer jy die Heilige Gees ontvang, ontvang jy die gesag om te kan bid vir ‘n magtige Herlewing.

Daar is nie meer tyd oor om die foute van die predikant of die kerk of ander lidmate raak te sien nie. Nou moet jy net Jesus raaksien. “Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julleself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” 1 Kor 6:19-20

Komaan, ons staan voor ‘n uitdaging. – Sjibbolet

Ons sal krone dra


Image result for wearing a crown

 Die Victoriakruis vir dapperheid is in 1857 die eerste keer deur koningin Victoria self in Hydepark, Londen, toegeken. Die King's Business haal 'n insident in dié geskiedkundige gebeurtenis aan.
Een van die leër se veterane, gruwelik in die oorlog vermink, het nie soos die ander flink na die Koningin kon marsjeer nie. Weens sy erge wonde en verminking, het erg sukkelend na die Koningin aangesukkel om sy medalje te ontvang.

Die Koningin kyk na hom, gooi die medalje neer, draai haar rug op hom, bedek haar gesig in haar hande en gaan bitterlik aan die huil. Die verminkte man het heeltyd doodstil bly staan.
Uiteindelik kom die Koningin tot bedaring, vee haar oë met haar sakdoek droog en speld die medalje teen die man se bors vas. Sy sê vir hom 'n paar woorde.

Hy antwoord met 'n stralende gesig: "God bless Your Majesty; we'd bear it all again for Queen and country."

Hieroor maak King's Business die opmerking: "It was not the medal itself that brought joy to the soldier's heart, but the fact that his service for the Empire was recognized at the hand of his sovereign."

            Die Bybel beloof ook beloning, bo die gawe van die Ewige Lewe, aan almal wat in die HERE se Koninkryk gewerk het: "...elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word ...as iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word..." 1 Kor 3:13-15.

Petrus skryf die beloning sal 'n kroon van heerlikheid wees: "...wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang". 1 Pet 5:2,4.

Die beloning gaan wonderlik wees, maar dat ons die HERE se erkenning sal ontvang, maak dit heerlik. Stefanus het by sy steniging uitgeroep: "...ek sien...die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan." Hand 7:56

Watter prys is vandag te hoog vir ons as ons dink aan die wonder om uit Jesus se deurboorde hand 'n kroon te ontvang!

We shall wear a Crown

Bugle calls are ringing out,
Forward is the battle shout,
See where floats the conqu’ring sign,
Onward to the war divine!

Refrain
And when the battle’s over, we shall wear a crown,
We shall wear a crown, we shall wear a crown!
And when the battle’s over, we shall wear a crown
In the new Jerusalem!
Wear a crown, wear a crown, away over Jordan!
And when the battle’s over, we shall wear a crown
In the new Jerusalem!

Sound the charge against the foe,
Lay the hosts of error low;
In His name, victorious King,
Let the song of triumph ring!

Fight the fight of faith and love,
Looking unto Him above;
Loyal soldiers, do and dare,
Your Commander’s joy to share.

Woensdag 14 Oktober 2015

Jy is gered om die Koninkryk te bou


Image result for holy spirit

Die gawes van die Heilige Gees  is
vir alle wedergeborenes beskore 

Die gawes en bediening van die Heilige Gees wat deur die kerke verwaarloos word meesal verlore gegaan het, is die Here Jesus nou besig om te herstel. Hy is besig om Sy wysheid
en Sy mag en Sy gesag oor Sy eiendom te herstel.
            Die rede?  Die laatoes moet ingebring en die Bruid moet gereed gemaak vir die asemrowende ontmoeting met die Bruidegom!
            Ons, elke Geesvervulde gelowige, het een of meer gawes en bedieninge. Alle gelowiges word geroep om Hom te dien en is die vermoë gegee om die werk te doen. Niemand
is uitgesluit nie. Of jy dit weet of nie  –  jy is word toegerus deur die Heilige Gees om sekere pligte te vervul.
Jy is geroep, uitverkies en bonatuurlike mag en gesag gegee om daardie gawes en bedieninge te gebruik tot eer en verheerliking van Sy Naam en ter uitbreiding van Sy
Koninkryk.
Met Sy wysheid en Sy sterkte kan jy groot dinge doen. Jy kan – volgens Jesus Christus –  die "groter dinge" doen as wat die Here Jesus self gedoen het.  Christus het  met
“groter” meer, bedoel.  Ja, ons sal meer dinge doen as wat Hy gedoen het.  Is dit nie wonderlik nie.
Elke gawe is 'n teken dat die Here deur jou en my, met behulp van Sy medewerking, werk. Onthou, ons is tot alles in staat deur Christus wat ons die krag daartoe gee!
Daar is nege bonatuurlike gawes van die Gees, wat die Here aan die mens gee en wat Hy uitdeel soos Hy wil.  1 Kor 12
Hulle kan in drie groepe verdeel word:

·       Drie gawes van openbaring ('n woord van wysheid, 'n woord van kennis en onderskeiding van die geeste. 1 Kor 12: 8-10)
·       Drie gawes van Krag (die gawe van geloof, die gawes van genesing en die werkinge van wonders, verse 9-10)
·       Drie gawes van geïnspireerde uitinge (verskeidenheid van tale, die uitleg van tale en die gawe van profesie, vers 10).

Hierdie is verskillende gawes, maar dit is dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Hy gee gewoonlik een of meer aan elkeen wat met die Gees vervul is  (Rom 12: 6-8), met ander woorde een of meer gawes kom in die Geesvervulde gelowige se lewe tot openbaring.
Hoe weet mens dat jy byvoorbeeld die gawe van gesondmaking het?  Maklik. Begin net vir siekes bid.  Elkeen van ons het gawes geërf. Die Here sal die gawes wat ons het
bevestig.
            Hierdie nege gawes word gegee om eer en heerlikheid aan die Gewer te bring, en om in die behoeftes van die mens te voorsien. Hulle word gegee as tekens en wonders om
die gelowiges en ongelowiges te oortuig dat die Here in hul midde werk.
            Ons Here Jesus werk dus saam met en deur mense. As Hy Sy gawes aan Sy medewerkers toebedeel, dan gee Hy hulle mag en gesag om die tekens en wonderwerke te doen
om sodoende die sondige wêreld te bemoedig en te oortuig.
            As die Geesvervulde gelowige een of meer van hierdie gawes van die Gees openbaar, dan openbaar hulle wat ons noem bonatuurlike kennis of bonatuurlike uitinge. Dis
egter nie bonatuurlik vir die ware kind van God nie, maar ‘n normale Christelike lewenstyl.
Nogtans wéét dinge wat die natuurlike – die ongelowige mens – mens nie weet nie; hulle doen dinge wat die natuurlike mens nie kan doen nie;  hulle sê en bedink dinge
wat die natuurlike mens nie kan sê of bedink nie. Die onderskeid lê tussen die vleeslike en die geestelike vlak.
            Elke gawe is Jesus Christus in aksie en is 'n manifestering van Sy mag en wysheid.  Die werkinge van die gawes voorsien in die mens en die kerk van Christus se behoeftes.
Dit dien tot die mens se saligheid, vervulling, genesing en verlossing van die bose. Dit is die pad van heiligmaking.
            Hierdie groot en magtige gawes is die wapens waarmee die Vader Sy medewerkers toerus.  As ons in Sy weë wandel en onsself aan die Heilige Gees oorgee om die gawes
te manifesteer is daar geen rede om bose magte, demone, te vrees nie. Die hoofdoel van die gawes is om die werke van Satan af te breek en om die koninkryk van God uit te brei.
            Ons het deurentyd hierdie twee magte en kragte wat teenoor mekaar staan. Die Satan met sy gevalle engele en demoniese magte sal tot aan die einde van dae voortgaan
soos ‘n brullende leeu om te verslind wie hy ook al kan.
            Om aan God se kant te staan, beteken om die volle wapenrusting aan te trek, dit is, die lering wat ons in hierdie skrywe aan u deurgee.
            Vir diegene wat die gawes openbaar, word die bonatuurlike "natuurlik". Die onmoontlike word "moontlik".  Ons verwag die onverwagte.  Ons sê en doen dinge soos die
Here Jesus sou sê en doen.
Wat ons die werkinge van die gawes noem, is in werklikheid die manifestasie van die Here Jesus Self, wat in ons woon en deur ons werk. Daarom is genesings en wonders
vandag moontlik  –  daarom is hulle noodsaaklik om die wêreld te oortuig dat Jesus nog lewe.
            Die Here beveel ons: "Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit." Matt 10:8
         
HEILIGE GEES AS GODDELIKE PERSOON

Skriftuurplase oor die Gees as 'n Goddelike Persoon:

Johannes 16: 1-5               So is Hy openbaar deur Christus
Handelinge 5: 1-11           So is Hy erken deur die Apostels
1 Korinthiërs 12: 4-11      So word Hy gesien in die mededeling van die gawes
Mattheus 28:19                 Gelyk aan die Vader en die Seun in die doop-bediening
2 Korinthiërs 13:14           Gelyk aan die Vader en die Seun in die seën

Skriftuurplase oor die Gees as 'n Goddelike Persoon:

Johannes 16: 8-11               Hy oortuig
Johannes 3:5                       Hy verkwik die siel
2 Thes. 2:13                        Hy maak heilig
Hebreërs 3:7                       Hy roep
1 Johannes 2:20                  Hy salf
Jud. 20                                Hy help in gebed
Romeine 8:26                     Hy help in ons swakhede
Handelinge 9:31                 Hy troos
Johannes 16:13                   Hy lei in alle waarheid
Johannes 16:14                   Hy verheerlik Christus
Efesiërs 4:30                       Bedroef die Gees nie
Handelinge 7:51                 Weerstaan die Gees nie
1 Korinthiërs 12:11            Sy soewereiniteit

DIE HEILIGE GEES AS  TROOSTER

Skriftuurplase oor die Gees as Trooster

Lukas 12: 1-12                   Troos in tyd van beproewing
Handelinge 7: 54-60          Lei in die sterwensuur
Handelinge 13:44-52        Gee blydskap in diens
Romeine 5:5                      Stort Goddelike Liefde uit
Romeine 8: 1-28                In die lewe en Gebed
Romeine 15: 5-25              Werksaam in die Christelike lewe
Johannes 14: 13-26            Belowe en verduidelik
Johannes 14:16-17             Belofte as 'n blywende Teenwoordigheid
Handelinge 9:31                Troos die Gemeente
Handelinge 11:24              Vul, gee geloof en vrugbaarheid

HEILIGE GEES AS LEERMEESTER EN GIDS

Skriftuurplase oor die Gees as Leermeester en Gids

Jes. 11: 1-5                          Soos in die lewe van Christus gesien
Johannes 14: 13-26             Karakter
1 Korinthiërs 2: 9-14          Die wat Hy beskerm
Lukas 2:25-32                     Leiding na Christus toe
Lukas 4: 1-13                      Lei na die plekke van toetsing
Eseg. 27: 1-14                     Openbaar die geestelike nood

Skriftuurplase oor die Gees as leraar en Gids

Johannes 14:26                  Hy lei
Johannes 16:13                  Hy lei in die hele waarheid
Johannes 16:14                  Hy openbaar dinge van Christus
Romeine 8:14                     Leiding bewys van kindskap
Galasiërs 5:18                    Leiding en geestelike vryheid

 Sjibbolet

Maandag 12 Oktober 2015

‘Die einde van alle dinge is naby’


 Image result for olie lampie in Bybel tyd


“En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
“Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.
“Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.
“Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
“As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen (hoekom?), sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle Ewigheid. Amen.” 1 Petrus 4:7-11
            Petrus, Johannes, maar ook Jesus, het vertel wat aan die einde van die tyd gaan gebeur en toe gesê: Die Einde van alle dinge is Naby!
            Enigiemand se lewe kan egter ook intussen weggeneem word. Dink maar aan die meer as duisend mense wat in die Titanic-ramp gesterf het.
           En die meer as duisend wat die nag gesterf het toe die Empresss of Ierland en die SS-Storstad gebots het. Daar was 171 lede van die Heilsleër aan boord op pad na ‘n groot kerkkonferensie. Die Empress het in net 14 minute gesink en meer as duisend mense was daarmee heen.
            Dink aan al die vliegrampe reg oor die wêreld waarin tot 400 mense per keer binne oomblikke gesterf het.
            Jou einde kan enige oomblik kom, maar sou jy bly leef tot die einde toe, kom alles in elk geval tot ‘n einde.
            Is jy Wedergebore? As jy ooit die land wil verlaat op reis na enige ander land, moet jou paspoort in orde wees... so ook as jy aan die Einde graag Hemel toe wil gaan... dan moet jou naam reeds in die Boek van die Lewe opgeteken wees.
            Dit bring on by die liefde. “God is liefde” 1 Joh 4:16 Daar is drie liefdes in die Bybel: Eros (seksuele liefde), Fileo (menslike       liefde) en Agapé (Goddelike liefde). In die gesprek tussen Jesus en Petrus het Petrus drie keer na menslike liefde verwys, terwyl Jesus na Goddelike liefde verwys het.              
            Ons moet mekaar met Goddelike liefde lief hê. Ja, “Elkeen wat sy Woord bewaar, in hom het die liefde (Agapé) van God waarlik volmaak geword,” 1 Joh 2:5
            Liefde is ‘n lewende aksie wat ons prakties moet uitleef.
            “Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
            “Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.” 2 Pet 3:17-18
            Verder, die getal moet volgemaak word. “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?” 2 Pet 3:11
            Jesus, Petrus en Johannes het al drie vertel hoe dit gaan wees kort voor die wederkoms en toe bygevoeg dat wanneer hierdie dinge gebeur, dan is die Einde van alle dinge naby.
            Hou jou gereed, maar bid vir en bring ook die siele in.

Kyk weer na die Meetinstrument in hierdie tyd (hou jou lamp so vol olie):
“Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.
“Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.
“Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
“As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen (hoekom?), sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle Ewigheid. Amen.” 1 Petrus 4:7-11 – Sjibbolet

Vrydag 09 Oktober 2015

Die Evangelie van Jesus Christus


Image result for evangelie




Hierdie Blog word moontlik gemaak deur gelowiges wat as medewerkers (1 Kor. 3:9) graag hulle deel bydra tot die verspreiding van die Evangelie van Jesus Christus. Halleluja-lied 234 vra: Moet ek gaan met leë hande, moet ek so my Heer ontmoet? Nie een dag aan Hom gewy nie, niks te offer aan Sy voet? Nee, jy hoef nie met leë hande te gaan nie.

“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Heb. 12:12-15

Kom, raak betrokke by die verkondiging van die Evangelie en help ons om dit te doen. Word ‘n medewerker soos vervat in 1 Kor. 3:9. Ons beplan om dit ook as gedrukte Woord te versprei in die vorm van traktaatjies, pamflette en boekies.  Ons bankbesonderhede net op aanvraag beskikbaar.

‘Rig die slap hande en die verlamde knieë weer op’

 

Wees Gereed en leef in absolute Afwagting
Die vier bloedmane het gekom en gegaan, die laaste op 28 September... en die mense sê daar het niks gebeur nie. Daar is niemand so blind as hulle wat nie wil sien nie, en doof soos hulle wat nie wil hoor nie.
            Past. John Hagee het gesê vir hom lyk dit dat ons in ‘n tydvak inbeweeg kort voor die Wegraping omdat dit die eerste keer in hoevele dekades is dat die bloedmane al vier op Joodse geloofsdae val. Ander het in allerlei vergrype verval.
            In die eerste week van September 2015, val Rusland (Gog) Sirië binne met Iran (Persië) kort op sy hakke. Einde September daag die Sjinese (Konings van die Ooste) op. En Amerika, Engeland en Frankryk is ook daar, tesame met terroristeorganisasies en die Islamitiese Staat.
            Rusland sê hy is die enigste wat reg het om daar te wees want Pres Assad van Sirië het hom gevra om hom te help in die oorlog teen sy teenstanders.
            Amerika en die ander sê Assad is onwettig daar en hy moet uit die weg geruim word. In hierdie stadium is dit kop teen kop tussen Rusland en Iran aan die eenkant en Amerika en sy bondgenote aan die ander kant.
            Die bomme het so erg begin neerreën op Sirië dat 4 miljoen Siriërs gevlug en meesal Europa oorstroom het. Meer as 3 000 het langs die pad gesterf, meeste het verdrink.
            En nou is daar ‘n volskaalse oorlog op die grens van Israel. Weer word gevra: Moet ons iets daarin lees? Sommige haal Eseg 38 en 39 aan. Dit is nie onmoontlik dat al Israel se vyande saamgetrek in Sirië sit, om oor die grens in die Golan Hoogtes in te beweeg nie.
            Rusland het reeds 10 oorlogskepe in Sirië. Al die vegtende magte word oornag net groter.
            Israel is gereed vir alle moontlikhede.
            ‘n Bykomende 40 insurgensiegroepe trek nou in Sirië saam teen Rusland en Iran, onder andere die uiters gevaarlike Islamitiese faksie Ahrar al-Sham.
            Rusland beweeg vinnig. Hy het nou ook sy gevreesde  Spetsnaz eenhede op die grond wat alles voor hulle wegveeg.
            Intussen het die getal lande wat oorlog maak teen die Islamitiese Staat, toegeneem tot 62.
            NAVO, wat 28 lande verteenwoordig, dreig ook om in te gryp. NAVO is ‘n geallieerde mag om na Europa se veiligheid een sekuriteit om te sien.
            Basies kom dit neer op ‘n Wêreldoorlog in Sirië. Hoeveel sin kan daarin wees om die wêreld se groot militêre magte juis op die grens van Israel saam te trek?
            Is dit God wat hulle almal daar versamel vir die Groot Dag van die HERE wanneer God hulle almal daar gaan vernietig? Is daar ‘n verband tussen die bloedmane en hierdie oorlog? Wat maak dit saak... Rome brand!
            Feit is, die bloedmane het plaasgevind en vreemd genoeg, hierdie keer op belangrike Joodse godsdienstige dae, en, die oorlog op Israel se grens is ‘n wrede werklikheid.

            Hoe meer die Jode nou verdruk en verstoot word, hoe groter word hulle steun vanuit die Christendom. Dan kan ons tereg ook vra of dit Eseg 37 is wat in vervulling gaan? Die Jode word nou in groot getalle gered. Dis eintlik ongehoord dat 96 Jode in een diens in Jerusalem gered word... onder prediking van die Jood Sid Roth.
Dis dieselfde Jerusalem waar skrywer in 1973 Nuwe Testamente ingesmokkel het.
Feit is ons is in die Eindtyd en die Wegraping gaan beslis plaasvind.

 

Die Jode is op hoogte met die Skrif. Die Eerste Minister Benjamin Netanyahu by sy weeklikse Bybelstudie.

Intussen blyk dit dat die Europese Unie verdeeld is. In ‘n sin ja, maar eintlik nie, want agter die skerms sit die oorspronklike 10 “konings” stewig in beheer. Om aanvanklik al wat leef en beef by die EU in te gesluit het, was ‘n poging van die 10 om hulle magsbasis te vergroot.
Die Britse Telegraph berig dat Europa in sy huidige vorm nie sal kan oorleef nie, dit ten spyte van wat ook al met Griekeland gebeur, aldus nuutste navorsing.
            Die ledestate raak ekonomies al hoe meer afwykend van die Euro geldstelsel en hulle begin ook al hoe meer verskil wat betref die politiese, sosiale en kulturele verskille.
            ‘n Analis sê Europa sal of totaal moet integreer of disintegreer. Alhoewel die lidlande voor 1999 bereid was om in span saam te trek, het hulle na 1999 begin om hulself van die gedagte te vervreem. Op die oomblik is hulle meer verdeeld as in 1982.
            Vir die Verenigde Europa om te slaag sal al die lidlande al hoe meer van hulle gesag aan die Europese Unie moet afgee.    
            Die Unie sal voortgaan om al hoe meer te verander op pad na die Einde om uiteindelik uit tien konings te bestaan wat eensgesind sal wees en hulle mag aan die Dier sal oorgee. “Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.” Openb 17:13
            ‘n Rukkie later maak die Dier oorlog teen die Lam: “Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.” Openb 17:14
            Die EU se ontstaan dateer terug na 1656 met die eerste Brusselse ooreenkoms tussen Spanje, Engeland, Ierland en Skotland. Dit is onderteken in Brussels en is op 2 April 1656 in die Spaanse Nederlande onderteken.
            In 1948 word die ondertekenaars 10 Lede met Duitsland, Italië, België, Frankryk, Luxemburg, Nederland en die Britse Ryk, Engeland, Ierland, Wallis en Skotland.
            Ou Europa is ‘n unieke politieke dier en verskil van die Groter Europese Unie wat nou uit 28 lande bestaan.
Europa bestaan tans uit drie verskillende klasse van deelnemers, bekend as afgevaardigdes. Die 28 afgevaardigdes is soos volg verdeel:

•        Die Brusselse Verdrag Ledestate (1954).  Hulle is die enigste “volle” lede van
          die EU, gelys as “10 Lidstate.”
•        Ses Geassosieerde Ledestate (Rome 1992)
•        Vyf Waarnemer State (Rome 1992)
•        Sewe Geassosieerde Vennootskapstate (Kirchberg 1994)

            Al hierdie Verdrae – wat almal internasionale erkenning geniet het, het in 2007 versmelt en staan sedert 2009 bekend as die Europese Unie.
Twee dinge is duidelik:  Die unieke lidmaatskap van Ou Europa (Die 10) en die rol wat Rome speel om die res uit die groep van 10 te hou sodat hulle ‘n mindere status beklee.
Die 10 is die binnekring, verantwoordelik vir die manipulasie van die res.
Intussen het vyftig lande nou onder leiding van Sjina die AIIB bank gestig (Asian Infrastructure Investment Bank) met die doel om die internasionale ekonomiese mag uit die hande van Amerika en die Wêreldbank oor te neem.
            Die stigterslande van die AIIB, is gekant teen die samestelling van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, veral vanweë die seggenskap van die VSA en Europa.
Vir Sjina is dit ‘n diplomatieke oorwinning asook ‘n belangrike ekonomiese objektief. Volgens die BBC wil Sjina wegbeweeg van sy tuisfront en om infrastruktuur, hawens, paaie in ander dele van Asië te bou. Dit geskied alles ingevolge ‘n meesterplan om Sjinese maatskappye te betaal om die nuwe 21e Eeu Asië te skep, maar met ‘n Sjinese invloed as die kern daarvan.          
Mens dink in hierdie verband ook sommer aan die reuse Sjinese stad wat vir 100 000 Sjinese by Modderfontein naby Johannesburg gebou word teen ‘n koste van R85 miljard.
Sodra hierdie ekonomiese geldtrein op spoed kom, sal die VSA se invloed in Asië sterk afneem.
Dit is juis vanuit hierdie herskepte Asië dat ‘n leërmag van 200 000 man sal opruk om, kort voor die Wederkoms, Israel aan te val. “En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.” Openb 9:16.
Die plan is om die dollar uit die mark te druk en ‘n nuwe wêreld ekonomie en geldstelsel daar te stel.
Die toneel vir die Eindtyd word voorberei. Ons aanskou dit. So is 2 Tim 3:1-17 en Rom 1:26-32 besig om met spoed in vervulling te gaan.
            Kerke gee hulleself oor aan ‘n sosiale evangelie en Israel word in toenemende maat deur kerke en regerings verwerp.
            Die aftel na die einde het begin. Daar is op die oomblik oorlog in 65 lande met 650 militêre, terroriste en separatiste bewegings wat by oorloë betrokke is. Groot moondhede het ook begin deelneem.
            Die groot moondhede bewapen hulself tot die tande. Almal praat vrede, maar speel met woorde terwyl ‘n groot oorlog nader stoom.
            Daar is 35 miljoen slawe in die wêreld, die meeste van hulle vroue en jong meisies, kinders, wat aan die sekshole van die wêreld verkoop is.
            Net op 7 Oktober 2015 was daar meer as 80 aardskuddings wêreldwyd, eintlik ‘n daaglikse verskynsel.

 Displaying image004.jpg

So vlug 60 miljoen mense oor die aarde heen weens die oorloë wat in 65 lande woed. Die donker kant van die strepies dui die plekke aan waarheen gevlug is.
            Altesame 11.6 miljoen Siriërs, die helfte van die bevolking, het gevlug. Altesame 3.9 miljoen van hulle woon nou in Turkye, Libanon, Jordanië en Irak.
            Altesame 138 000 het na Egipte gevlug. Die res is oral.
            Ten spyte van die drama rakende Afrikane wat oor die see na Europa vlug, vlug die meeste uit Afrika na ander Afrikalande, ook na Suid-Afrika.
            Altesame 15 miljoen het uit sub Sahara Afrika gevlug, meesal oor die oorloë in Somalië, Soedan en die DRK.
            Amerika en Frankryk het verlede jaar 760 000 vlugtelinge hanteer. Ethiopië  het 665 000 komende meesal uit Somalië en Suid Soedan. Ryk lande skenk die geld om die vlugtelinge te kan hanteer.
 

Vlugtelinge uit Sirië


Vlugtelinge uit die Oekraïne. Honderde duisende van hulle het na rusland gevlug, maar ook na Poland, Duitsland en Italië. Die VN benodig vanjaar $316 miljoen dollar vir vlugtelinge. Minder as ‘;n derde van daardie enorme bedrag is nog toe beskikbaar.
 

Kinder vlugtelinge word opgelei en is hier gebruik om 25 soldate in die Siriese hoofstad Palmyra dood te skiet. Die teregstelling het op die verhoog van die Roomse amfiteater plaasgevind ten aanskoue van groot getalle mense en die Islamitiese Staat.

            Lees asseblief Luk 26-37.
            En verder, die volgende Skrifte is vanselfsprekend en verduidelik hoe ons moet leef om gereed te wees vir die Wegraping: 2 Pet 3:9 “Die Here vertraag nie die Belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
            “Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die Hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
            “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? – julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
            Wat ook al gebeur en hoe dit ook al gaan gebeur, is nie ter sake nie. Wat ter sake is, is dat ons gereed moet wees en in afwagting moet leef.
          “Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
          “Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.
            “En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
          “net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.
          “Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.”
          “Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.” 2 Pet 4:9-18
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Hebr 12:12-15
Wees gereed en leef in afwagting. – Sjibbolet
                                      

Dinsdag 06 Oktober 2015

Juis gewonder wat doen ek hierdie Kersfees


Image result for different bucks together in the wildEk brand al van lankal af om hierdie storie te vertel, maar ek het uitgehou tot nou toe. Merkwaardig, al moet ek dit self sê. As ek 'n storie hoor, dan moet hy vertel word, maar hierdie een moes ek mee wag.



Verlede jaar, besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. Geen blink liggies en goeters nie. Net die stilte.
'n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. Ons sou hulle eers weer na Nuwejaarsdag sien.
Met hulle terugkeer het ons gaan hallo sê en voorspoedige Nuwejaar en alles.
"Nou waar was julle toe?" wou ek nuuskierig weet.
"Noord-Kaap" sê Tert.
"Ek het nie geweet julle het familie daar nie?" vis ek verder uit.
"Nie gehad nie, maar nou het ons."

"Nou maar hoe werk dit?" hou ek vol.
"Jy't ook geen einde nie. Sal nou aanhou karring en karring tot jy jou storie het," sê Tert.
"Maar jy weet mos. Ek dood oor 'n storie."
"Nou maar fyn. Sit terug en luister."
Ek is kinderlik bly oor die vooruitsig van 'n storie.

"Toe ek en Lien hier weg is, het ons regtig nie 'n idéé gehad waarheen ons nou eintlik wil gaan nie. Ons het by Jasmyn gestop vir ontbyt toe Lien sê sy wil Laeveld toe. Maar ek het gesê nee, daar is óók te veel mense. Ek soek stilte.
"'Nou maar dan moet jy woestyn toe,' sê sy toe half oprukkerig. 'Die kans is goed dat dit net ek en jy sal wees', en sy skud haar hare. As sy so maak moet ek weet: sy is nou krapperig.'
"Ek het haar aangekyk. Jy is geniaal, weet jy, sê ek vir haar.
"'Ek weet' kom dit selfvoldaan. Haar stemming het verbeter.
"'Nou waar sal ons dan heengaan?' wou sy weet.
"Nee, ek weet nie. Ons ry maar soos wat die stuurwiel draai en die pad ons vat.

"Na ontbyt klim ons weer in die wa en ek draai Rustenburg se kant toe. Op Lichtenburg draai ons toe weg Vryburg se koers in. Daar het ons die aand geslaap. By die gastehuis op Vryburg, vertel iemand vir ons van die pad al op die Botswanagrens langs, die Molopo in tot by Van Zylsrus. Dis 'n tweespoorpad maar onbeskryflik mooi sê die man.
"Die volgende oggend na ontbyt gryp ons die pad. Later is ons van die teer af op 'n grondpad. Die grondpad word toe wel later 'n tweespoorpaadjie, en die wêreld is asemroweend mooi. Die mooiste kameeldorings en af en toe 'n koedoe of twee, drie, en selfs 'n troppie gemsbokke. Deur plase en seker 'n honderd hekke moes ek iewers verkeerd afgedraai het, want toe raak die paadjie amper weg.
"Ons plan was om op Van Zylsrus te gaan slaap soos wat die ou op Vryburg vir ons beduie het, maar skielik het dit na 'n bitter skrale moontlikheid gelyk. Ons was in ons kanon in verdwaal. Die son was besig om te sak. Dit was Oukersdagaand, en ons was in die middel van nêrens, maar vreemd genoeg, dit was asof daar 'n groot kalmte oor my gekom het. Ek het vir Lien gekyk.
"'Dis lekker hier', sê sy toe. 'Ons slaan ons tentjie sommer net hier op en ons slaap net hier in die veld onder die sterre. Hier is nou so min mense, dis wraggies net ons twee.' Sy giggel avontuurlik.
"Ons klim uit die wa uit en Lien kom staan in my arms. 'Kyk hoe mooi is die sonsondergang' sê sy. Lank het ek so gestaan met haar kop teen my bors totdat die son agter die horison weggesak het. Om ons het die nag begin wakker word. Ons het nog so gestaan, toe ons 'n vreemde geluid hoor. So 'n klingel-klingel geluid. Terwyl ons nog rondkyk kom daar 'n donkiekarretjie om die draai.

"'Ek sê vir die vrou ek moet loop kyk. Ek dink ek hoor iets,' sê die oompie op die bankie toe die karretjie langs ons tot stilstand kom.
"Ek draai om en kyk na die oompie. Rateltaai en voos gebrand deur die son sit hy daar.
"'Kom, meneer-hulle kan nie hier in die vlak slaap nie. Die vrou het al klaar julle kamer reggemaak.' Dis duidelik dat die oom nie nee vir 'n antwoord gaan vat nie.
"'Sal Oom omgee as ek saam met Oom ry? Ek het nog nooit op 'n donkiekarretjie gery nie,' vra Lien toe opgewonde.
"'Alte seker Mevrou. Wag ek help vir Mevrou,' sê die oom en help vir Lien tot op die bankie. Stadig kruie ons daar met die slingerpaadjie aan tot by die huisie. Lien waai vir my van die bankie af. Sy is so opgewonde soos 'n skoolkind.

"Die huisie is skoon en netjies op 'n eenvoudige manier. Die tante kom op die stoep uit toe ons stilhou.
"'Maar welkom hier by ons, Hennerik vat die meneer-hulle se goed en sit dit in die spaarkamer kom nader die ketel kook al,' sê die tante alles in een asem.
"Toe ons in die kombuis instap, ruik ek die geurig gekookte kos, en die brandende paraffienlamp op die wit geskropte tafel.
"'Kom ek wys vir Mevrou waar die badkamer is Mevrou wil seker eers bietjie hande en gesig was voor ek koffie skink.' Weer alles in een asem.
"Ek help die oompie om ons bagasie kamer toe te dra. 'Maar hoe is dit dat die tante die kamer so vinnig reggemaak het,' wil ek by die oompie weet.
'Nee, Meneer sien, die vrou maak elke jaar so 'n week voor Kersfees al die kamer reg. Maar ek sal later vir Meneer die storie vertel. Kom was eers hande en dan gaan drink ons koffie.'
"Later, toe ons aan tafel sit, merk ek dat die tante nie net vir twee gekook het nie. Dit lyk asof sy ons verwag het. 'Hoe is dit dan dat dit vir my lyk asof tante ons hier verwag het', vra ek nuuskierig.
"'Maar natuurlik het ek mense verwag die Liewe Heer stuur elke jaar vir ons mense vir Kersfees Hy het nog nie een jaar oorgeslaan vandat die kinders hier weg is stad toe nie ek het Hom so gevra en Hy het so gedoen.' Punte en kommas bestaan nie vir die tante nie. "'Hoe dan so, tante?' wil ek weet.

"'Nee meneer sien ons is eintlik afstammelinge van die Griekwas wat vroeër jare hier deurgetrek het en onse kinders het nooit die liefde vir die wêreld gehad soos ons dit het nie en jare terug het hulle besluit hulle is moeg vir die wêreld met sy hitte en droogtes en goed en op 'n dag het hulle net besluit om weg te trek en tot nou toe het ons nog nie weer 'n woord van hulle gehoor nie dis vanjaar al vyftien jaar dat hulle weg is.'

"Die tante skep asem. Die oom vat oor. 'Net voor die eerste Kersfees nadat die kinders hier weg is, sê ek vir die vrou, ek sê Ma, ek kan nie hierdie jaar Kersfees hou nie. Die kinders is weg en dis net ons twee en my hart is seer en sal net seerder word hier oor die Groot Dae. Wat gaan ons maak?'
"'Sy sê toe, Hennerik, moet nou nie daaroor wakker lê nie ek het reeds vir onse Hemelse Vader gevra om vir ons mense te stuur vir Kersfees more gaan ek die spaarkamer begin regmaak en jy moet kom hjelp.'
"'Dit was 'n week voor Kersfees. Die volgende dag het die stof gestaan soos die vrou alles begin regmaak het, en ek het angstig gehoop dat die Vader vir haar gehoor het en dat sy nie teleurgestel sal wees nie.'
"Die tante val in. 'Daardie eerste jaar het die mense gekom ook op Oukersdag net soos meneer-hulle ook geverdwaal ek het kant en klaar gekook gehad toe hulle hier aanland daar was 'n kleintjie ook by ek was so bly Hennerik het gesê die Here het ons nie alleen gelos nie.'
"Die eenvoud, geloof, vertroue en die opregtheid van die mense het my aangegryp," vertel Tert.

"Nadat ons geëet het, het die oompie die dankgebed gedoen en toe strammerig opgestaan. 'Sit julle net so. Ek gaan net die Bybel haal.'
"Toe die oom terug kom, gee hy vir my die Bybel aan.
"'Sal Meneer asseblief vir ons lees. Nie ek of die vrou het enige gelerendheid nie en al wanneer ons die Bybel uithaal is wanneer hier mense kom wat dan vir ons lees. Verder sê ek maar die stukkiekies op wat so met die jare saam in my kop vasgesteek het, of wat ek nog in die Sondagskool uit my kop moes geleer het. My pa-hulle het ons nie skool toe kon stuur nie, maar ons moes elke Sondag kerk toe gaan en daarna was dit Sondagskool.'
"Ek maak die Bybel oop. 'Wat moet ek vir oom-hulle lees?'
"'Lees vir ons asseblief die geboorteverhaal. Soos wat dit in Lukas staan.'
"'Ja, asseblief,' kom dit van die tante, 'dis baie mooier daar as in die ander boeke van die Bybel.'
"Terwyl ek rondblaai, kry ek die reuk van mottegif. Hier en daar is 'n foto'tjie tussen die blaaie gebêre. Ek begin lees.

"Die kombuis het amper 'n heilige plek geword. 'n Katedraal. Ek lees van Maria en die Kind. Van die stal en die krip. Van die herders en die wyse manne. Die stil toe ek die Boek toemaak.
"Die oom sit met sy hande in eerbied gevou. Deur die kombuisvenster het die volmaan groot en wit oor die kameeldorings gelê. Saggies begin die tante Stille Nag te sing. Haar oumensstem is krakerig, maar vir ons het dit die klank van 'n nagtegaal gehad. Dis asof van iewers af die Engele saamgesing het. Die oom het met sy dreunstem ingeval en Lien kort na hom.
Ek het probeer, maar die knop in my keel was te groot. Ek kon net fluister. Ek het daar lief geword vir hierdie twee eenvoudige, maar opregte mense.

"'Ek wens daar was iets wat ons vir die twee oues kon doen,' sê ek later vir Lien toe ons in die bed lê.
"'Hulle het alles wat hulle nodig het,' sê Lien. 'Wêreldsgoed beteken vir hulle niks nie. As ons iets wil doen, moet ons bid en vra dat die Here hulle kinders sal laat terugkom.'
"Daar langs die bed het ons toe gekniel en vir die Here gevra om tog ook aan die oumense se hartseer te dink en hulle kinders te laat terugkom. Met 'n tevrede gemoed het ons die kers doodgeblaas en aan die slaap geraak.
"Die oumense was baie bly toe ons vra of ons 'n paar dae langer kan bly. Ons kon eenvoudig nie genoeg van hulle gasvryheid kry nie. Ons het saam met hulle lang ente met die donkiekarretjie in die veld gery, en dit was veral vir Lien baie lekker. Dit het my laat besef hoe leeg ons lewens regtig geword het. As ons kuiermense kry, dan vat ons hulle na een of ander Mall of 'n ding toe, maar hier is 'n rit op 'n donkiekar in die veld 'n siele lafenis.

"Oujaarsdag middag, toe ons terugkom van die veld af, sien ons die vreemde kar onder die kameeldoring staan.
"'Haai kyk pa ons het nog mense gekry is dit nou nie vir jou wonderlik nie?'
"Dis toe die figuur om die hoek van die huis kom dat die oom die teuels styf pluk. Die donkies het nog nie eers behoorlik stilgestaan nie, of die oom spring af en storm vooruit.
"'Hennerik! Hennerikkie my seun!' Die oom huil.
"'Pa!' roep die man van die hoek af. 'Pa!' Toe is hulle in mekaar se arms. Die pa en sy seun.

"Die tante kom ook by. 'Hennerik . . . Hennerikkiekie, is dit regtig jy, my kind?' Die tante se vreugde ken geen perke nie. Hulle omhels mekaar.
"'Wag Ma, Pa, hier is nog mense.' Toe sien ons die ander mense wat om die hoek kom.
"'Freek!' roep die oom. 'Freek, ag my seun. Ek is so bly. Die HEREis vir ons goed. En die ander? Wie is hulle?'
"'Pa, Ma, ontmoet ons vroue en julle kleinkinders.'

"Toe het daar voor ons oë 'n ding gebeur wat in my geheue ingegraveer is en wat ek sal onthou tot die dag van my dood," sê Tert.
"Die oom sak daar op die warm Kalaharisand op sy knieë neer en bid 'n dank- en lofgebed waarvan ek die gelyke nog nie gehoor het nie. Soos 'n Abraham van ouds. Op sy knieë met sy hande na bo uitgestrek.
"Ek en Lien het na mekaar gekyk. Trane het in Lien se oë geblink. Ons het op heilige grond gestaan. Ons gebed is verhoor. Die HERE het vir ons gegee presiés wat ons van Hom gevra het."

Misdadiger word Evangelis


Image result for man reading the bible

Ernie Hollands het derduisende kunshengel vlieë gemaak terwyl hy in die Milhavengevangenis in Kinston, Ontario, 'n lang vonnis uitgedien het.
            Hy het as klein seuntjie leer steel. Sy ouers was baie arm. Hy was nege jaar oud toe hy vuurwapens begin steel het. In sy huis is vir die eerste keer spek en eiers geëet na hy dit in 'n supermark gesteel het. Hy het gesteel om in die gesin se behoeftes te voorsien.
Op 12-jarige ouderdom is hy in 'n verbeteringskool geplaas en op 18-jarige ouderdom het hy in die tronk beland. Van 'n kind se winkeldiefstal af het sy misdade vererger tot bankrowe en 'n poging tot moord.
Hy is tot gewoontemisdadiger verklaar. Vir 25 jaar was hy in tronke van enige soort in Kanada en Amerika. Hy het gemeng met manne wat gevloek en gewanhoop het.
Hy het 'n paar keer ontsnap, maar hy is telkens weer gevang en teruggeneem.
Toe beland hy in Milhaven en niemand ontsnap uit Milhaven nie!
Om die lang, leë, hopelose ure te vul, het Ernie hengelvlieë begin maak. Dit het in 'n aardige bedryf ontwikkel. Hy het sy produk geadverteer deur voorbeelde aan sportwinkels te stuur. Die afset was goed.
So beland van sy hengelvlieë in Bailey's Sport Centre in Pembroke, Ontario. Grant Bailey, die eienaar, het ontvangs per brief erken. Hy het sy brief afgesluit met 'n kort getuienis hoe hy kort te vore Christus as Verlosser leer ken het. Hy het ook vir Ernie 'n Bybel gestuur. Vir die eerste keer het Ernie gehoor van 'n God wat die sondaar liefhet. `n Klein saadjie.
            Om die tronkowerhede te beïndruk en om verveligheid te verdryf, het Ernie die Bybel begin lees. Hy het daagliks 'n hele aantal hoofstukke gelees en so die Bybel vinnig deurgelees. Daarna het hy dit herhaaldelik deurgelees.
Ernie het begin agterkom hy is besig om innerlik te verander. Hy het nie meer gehaat nie; hy het nie meer geveg nie. En toe een nag in sy sel het die Here Jesus hom ontmoet. Dit was of die Heiland vir hom sê: "Ernie Hollands, jou lei is skoon gevee."
Diep in die nag het hy in sy sel op sy smal bedjie gesit en huil. Vrede het in sy hart gekom en 'n diep bewussyn van die Here se liefde het hom vervul. Hy het geweet die geharde gewoontemisdadiger het 'n nuwe mens geword.
Hy is vir goeie gedrag vroeër ontslaan. Die dag toe hy ontslaan is, het Grant Bailey buite gewag. Die Baileys het hom in hul huis geneem en vir hom in hul winkel werk gegee. Die krag van die geskrewe Woord en die krag van persoonlike belangstelling het sy lewe oorgeneem.
            Ernie Hollands het dadelik begin om die skade van 25 jaar agter die tralies in te haal. Hy het hom beywer om jongmense, en veral jong oortreders, te help. Sondae het hy in tronke die Evangelie van Christus se redding, wat hom vrygemaak het, aan ander gevangenes verkondig.
Hoe dankbaar moes Grant Bailey nie gewees het nie, dat hy die klein ekstra tree gegee het, om vir Ernie Hollands te skryf en vir hom 'n Bybel te stuur! Ons moet elke geleentheid gryp om die boodskap van God se liefde en Christus se redding, met woorde van die mond, 'n goeie daad, 'n blaadjie, deur te gee na ander toe.
Die Heilige Gees gebruik dit om in harte die genadewerk van redding te laat gebeur. "...verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig... bemoedig..." 2 Tim 4:2
Gaan kyk by http://www.hebron.ca/ waar Ernie en sy vrou vandag is. Dis ‘n belewenis. –  Sjibbolet