Vrydag 22 April 2016

“Omdat ek slim was....”


Image result for ripe harvest


“Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.
“En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
“Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en 'n ander wat maai.” Joh 4:35-37

“Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
“Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.” Matt 9:37-38

'n Handelsreisiger in Engeland, genaamd Rigby, moes op sy gereelde kwartaallikse rondte deur sy streek 'n naweek in Edenburgh deurbring. Hy het dan in die Waverley Hotel, wat besonder gewild onder die handelsreisigers was, tuisgegaan.
Sondae het hy na St. George's se kerkdiens toe gegaan om na dr. Alexander Whyte, 'n kragtige Evangelieprediker, te luister. Rigby kon nie self preek nie en hy het moeilik met mense oor die Evangelie gepraat. Hy het egter altyd probeer om een van die ander handelsreisigers, wat ook in die hotel tuisgaan, saam te neem kerk toe.
Een keer het hy 'n ander reisiger genader om saam met hom te gaan. Die man het Rigby afgejak en wou eers nie saamgaan nie. Rigby het weer mooi gevra en oplaas het die man die oggenddiens saam met Rigby bygewoon.
Daardie Sondagoggend het dr. Whyte se preek die man diep getref. Later die dag het die man na Rigby gekom en gevra of Rigby nie saam met hom die aanddiens wou bywoon nie. Rigby het dadelik ingewillig.
Die mede-handelsreisiger is daardie aand gered. Rigby was so verheug dat hy vir die eerste keer in sy lewe die volgende oggend dr Whyte besoek het om hom van die reisiger se Wedergeboorte te vertel.
Whyte was verstom want, het hy vertel, vir hom was die aanddiens so dood dat hy eintlik depressief daaroor was.
Dr Whyte vra toe: “Hoe het jy weer gesê, wat is jou naam?” En Rigby herhaal sy naam.
            Dr Whyte het gesnak na sy asem en gesê: “Maar jy is die man wat ek al jare lank na soek.”
            Whyte het op sy lessenaar na dokumente gesoek en lees vir Rigby ‘n brief voor van iemand wat vertel hoe ene Rigby hom na ‘n diens toe genooi het en hy gered is.
            Whyte hou ‘n stel briewe in sy hand en sê: “Kyk, ek het 12 sulke briewe van mense wat jy na die dienste toe genooi het. Vier van die 12 het intussen predikante geword.”
Rigby het nie geweet van die omvang van die oes, wat gespruit het uit sy getrouheid om iemand met hom saam te neem om die Evangelie te hoor nie. Die Here se Koninkryk word van mens tot mens in hierdie wêreld voortgeplant.
Ds Dawie Pypers het altyd gesê: “Each one, Reach one.”
Geseënd is elkeen wat doelbewus die Evangeliesaad saai. Heel waarskynlik sal jy nooit eers hoor dat daar 'n oes was nie. Iemand anders sal dalk die maaier wees, van die oes waarvan jy die saaiwerk gedoen het. Sulke saad ontkiem egter elke keer want God sê self sy Woord sal nooit leeg terugkeer nie.
“Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die Ewige Lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.”
            Komaan, begin om die Woord te saai, daar is baie maniere om dit te doen. Rigby se manier van saai, laat mens dink aan Paulus se wyse raad: “...omdat ek slim was, het ek julle met lis gevang.” 2 Kor 12:16 – Sjibbolet

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za      
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com      
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by belindapaar@gmail.com  Sien ook:
http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Donderdag 21 April 2016

Skut die vyand af...


In Skotland se stryd om onafhanklikheid van Engeland, was Robert Bruce, Skotland se aanvoerder. Die Engelse wou Bruce gevangeneem, want hulle het gedink hy is die volgende man om die Skotse kroon te dra.


Koning Bruce

Die Engelse aanvoerder het Bruce se eie bloedhonde op sy spoor gesit, want hulle het verwag sy honde sou hulle na hom toe lei. Soos hulle nader kom, kon Bruce hulle geblaf hoor. Sy helper sê vir hom: "Dis verby met ons. Jou honde is op jou spoor en hulle gaan jou skuilplek aanwys." "Alles is nog reg," antwoord Bruce en hy draai weg na 'n stroom toe, wat naby deur die woud verbyvloei.

Hy spring in die stroom en gaan 'n endjie teen die stroomvloei op. Toe hy anderkant uit die stroom klouter, was hy en sy helper verskuil in die woud se digtheid. Binne 'n kort tydjie kom die honde op die plek waar hulle baas se spoor teen die rivier doodloop. Hulle gaan nie verder nie. Die Engelse soldate moedig hulle aan, maar die spoor het nou doodgeloop in die rivier. Die rivier het selfs Bruce se reuk, wat die honde goed geken het, weggestroom. 'n Tydjie later het die Skotse kroon wel op Bruce se kop gepryk.

Die herinnering aan ons sondes en foute, waarop die Satan klem lê en ons herinner en ons moed wil breek, kan vir ons soos daardie blaffende honde wees. Maar daar vloei vir ons ook 'n stroom, die stroom van Jesus se bloed en genade. Deur genade en geloof is ons veilig. Geen sondehond kan ons bereik nie, want die bloed van Christus breek die spoor. Dit is ons ontvlugting van Satan se beskuldigings. As ons, ons sondes bely het, moet ons die vergifnis glo en die Satan ontwyk.

"Ek (en jy) is met Christus gekruisig , en ék (ons) leef nie meer nie... maar Christus leef IN my (ons)." Gal. 2:20

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za    
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com      
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur jou getuienis aan Tabernakel bedieninge by belindapaar@gmail.com  Sien ook: http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Neem die Besluit...



Suid-Afrika het in die 1960’s sy hoogste groei ooit getoon, 6%. Dit was weens nuwe fabrieke en nuwe uitvoermarkte. Selfs tot in 1973 toe betaal ons maar 50c en soms minder, vir ‘n Amerikaanse dollar.

            Vanjaar word ‘n groei van sowat .6% voorspel. Al hoe meer mense word afgedank. Miljoene mense sit reeds sonder werk. Daar is straks ‘n oplossing.

            Alles berus op ‘n besluit.

            Dit is weens ‘n besluit dat miljoene mense reg oor die aarde vandag Wedergebore is en die HERE dien.

            Dink aan al die kerkgeboue, kerksale, pastorieë, predikante. Dit het alles in wording gekom weens besluite wat geneem is. Baie gemeentes het in huise, selfs motorhuise, gehuurde eiendom ontstaan. Toe is besluit om ‘n eie kerkgebou te bou. ‘n Boufonds is gestig en pannekoek, en koeksisters en kerrie-en-rys en beskuit en ander produkte het die pennies en later die rande laat instroom en kort voor lank was die kerk se fondamente gegrou.

            En so is later besluit om ‘n predikant te kry, ‘n saal aan te bou, ‘n pastorie te bou. Daar was nie geld nie. Maar ‘n besluit is geneem en toe begin die aksie.

            Die geheim was die besluit wat geneem is. Hierdie en ander groot besluite is sonder geld geneem. Die bou van UPE het sonder geld begin. ‘n Besluit baar. Dit baar goed of dit baar sleg. Hier bepaal ons, onsself by die goeie besluite.

            Al die akademici en vakkundiges bestaan vandag omdat hulle lank gelede ‘n besluit geneem het. Na die besluit het die aksie begin en vandag het ons professore, ‘n wye reeds mediese spesialiste, ingenieurs, ens.  Baie van hierdie besluite is sonder geld geneem en studente moes in hul vrye tyd werk.

            Alles het elke keer by ‘n besluit begin.

            Ons is weer by ‘n plek waar ons ‘n besluit moet neem.

            As miljoene mense, dink maar aan die meer as 600 000 arm-blankes nie self ‘n inkomste begin genereer nie, het hulle geen toekoms nie.

            In Spanje is die Mondragon program al etlike jare aan die gang en een maatskappy na die ander ontstaan en lewer produkte wat wêreldwyd verkoop. As hierdie program in Spanje so ‘n uitsonderlike sukses kan wees, dan kan dit hier ook ‘n sukses wees. Mondragon gee opleiding en help waar hulle kan.

            Dit is ‘n ko-op program waar die werkers, die eienaars van die onderneming is. Dit beteken ook die einde van stakings, onluste, boikotte, want niemand protesteer teen hul eie besighede nie. Daar is nou selfs ‘n eie universiteit waar nog vaardighede aangeleer kan word.

            Alles het etlike jare gelede op klein skaal begin toe ‘n priester hom oor die armes ontferm het en met die program begin het. Die betrokke priester het later gesê: “Solidarity is the powerful lever that multiplies our strengths”- J. M. Arizmendiarrieta, founder of MONDRAGON.

            Alles oor Mondragon is hier te lees: http://www.mondragon-corporation.com/eng/

            Maak tyd en gaan in detail deur hierdie webblad en neem jou besluit.

            Moenie met ons hieroor praat nie, ons stuur net die voorstel aan. Alle inligting is op die webblad. – Sukses

Woensdag 20 April 2016

Red die pilare van die volk – Red die kinders


0 - 0 - 0 1 3410


Die TYD loop uit. Daar is reeds swaar tye oor die wêreld heen. Ter plaatse gaan dit ook nie goed nie. Daar is bv. reeds meer as 600 000 arm-blankes in plakkerskampe en miljoene in swart plakkerskampe. Die land sal vanjaar na verwagting minder as 1% groei toon.

Huwelike, die pilare van ‘n volk, verbrokkel teen ‘n tempo van twee uit elke drie huwelike. Christene se huwelike verbrokkel teen dieselfde tempo as die van ongelowiges. Die enigste oplossing geestelik, is terug na God, terug na die Huisaltaar.
Ons gaan mekaar in die toekomende tyd broodnodig kry,

Dink net... elke ding op hierdie aarde kan ons of net weggooi, of vervang of ‘n nuwe koop, maar aan TYD kan ons niks doen nie. Dit wag vir geen mens nie. Ons kan dit nie inhaal nie. Elke sekonde is verby... verby vir altyd. Egskeidings is wreed met honderde duisende kinders as die lydende party. Maar daar is hoop.

Die Barna Navorsingsgroep van Amerika het deur middel van ‘n peiling vasgestel dat huwelikspare wat saam bid toon ‘n egskeidingsyfer van slegs een uit elke duisend huwelike.
            Hierdie statistiek van gelowig egpare wat nie net tydens etes nie, maar gereeld saam Bybelstudies en gebedswake hou, demonstreer die krag van gebed.
            As ‘n volk se huwelike en gesinslewens verbrokkel, stort ‘n volk ineen. In Suid-Afrika verbrokkel huwelike al sedert die sewentiger jare teen ‘n tempo van een uit elke drie. Dié syfer het later verhoog na een uit elke twee. En nog is dit het einde niet!
            Pred 4: 9-10 bemoedig ons met die woorde: “Twee is beter as een, want hulle het ‘n goeie beloning vir hul moeitevolle arbeid, want, as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar ‘n tweede is om hom op te tel.”
            Pred 4: 12 “En as iemand die een aanval, kan al twee hom teenstand bied; en ‘n driedubbele lyn, word nie gou verbreek nie.”
            By driedubbel word bedoel, jy en jou maat en God. ‘n Tou wat driedubbeld gevleg is, breek inderdaad nie maklik nie.
            So word ons aangemoedig om saam te bid. Die seëninge wat hierop volg sal vele kere vermenigvuldig wanneer ‘n egpaar met mekaar ‘n verbond sluit om gebedsvennote te word.
            Die nuttelose TYD wat by die TV verspil word, is vir ewig verby.
            Ons is veronderstel om mekaar te seën. Wat ‘n wonderlike belewenis sal dit nie wees as manne en vroue mekaar in gebed seën nie! Wanneer kinders hul ouers en ouers hul kinders gereeld seën nie!
            Wanneer egpare saam bid dan is daar nie plek vir onvergewensgesindheid en kwade gevoelens nie. Dan verander ‘n egpaar se fileo (menslike liefde) na agapé (Goddelike liefde) vir mekaar.
            Om saam te bid verdiep nie net die verhouding tussen man en vrou nie, maar ook hulle verhouding met God. Dan gaan Jak 4:8 in vervulling dat wanneer julle tot God nader, dan nader Hy tot julle.
            So leer ‘n egpaar die hart van God ken. So ontvang hulle wysheid,
antwoorde en vele seën.
            Natuurlik vervang die saambid nie ook jou persoonlike gebedslewe nie. Die twee is en bly aanvullend tot mekaar.
            ‘n Egpaar moet egter nie gedwing voel om saam te bid nie. Om saam te bid moet wees omdat elkeen ‘n beter verhouding vir hul gesin met God verlang. ‘n Egpaar is egter ‘n eenheid en hulle moet saam vir hulle gesin en ander in gebed intree.
            Egpare bid nie saam nie omdat hulle nooit hul ouers sien saambid het nie, of omdat hulle nog nooit daaraan gedink het om saam te bid nie, of omdat hulle meen hulle het nie die tyd daarvoor nie. Dalk het niemand dit nog ooit vir hulle voorgestel nie.
            As jou huwelik egter vir jou belangrik is, as jou maat vir jou belangrik is, as jou kinders en julle almal se welsyn en gesondheid vir jou belangrik is, as God vir jou belangrik is, begin dan vandag nog saambid.
            Met die wegspring kan dit dalk vreemd en wankelrig voel. Hou egter aan daarmee, dit sal al hoe beter en vreugdevoller verloop. Die behoefte om saam te bid sal toeneem.
            Die grootse seën wat julle daaruit gaan put gaan julle dwing om altyd saam te wil bid!
            Soms sal julle ‘n halfuur saambid, ander kere vir ure aanneem. Tree in vir verlore siele in die familie. Onthou, julle is gered omdat iemand vir julle ingetree het.
            Maak julle harte oop voor God, bid oor alles wat julle lewens affekteer. Bid vir mekaar, vir julle kinders en maak die naam van die HERE groot.
            Besluit wat julle van die HERE verlang. Bid in die geloof. Weier om te twyfel, want Jak 1:6-8 sê dat as jy twyfel moet jy nie verwag om iets van die HERE te ontvang nie.
            Vra God vir dit wat julle nodig het. Matt 7: 7-8 sê Hy sal beslis antwoord.
            Dalk sê jy ook, maar Matt 6:8 sê, die HERE weet wat ek gaan vra nog voordat ek bid, so waarom nog die moeite maak om te bid?
            As jy merk dat jou kind nuwe skoolskoene moet kry, moet dit dan nie koop voordat die kind self agterkom sy skoene is kapot en hy jou om nuwe skoene kom vra nie. Voordat hy jou vir nuwe skoene gaan vra, weet jy al geruime tyd hy gaan die een ander tyd vir nuwe skoene kom vra.
            As jy wag, totdat die kind self agterkom dat hy nuwe skoene moet kry en jy koop dit dan eers vir hom, dan sal hy ook waardering daarvoor hê en beter na sy skoene kyk.
            Glo dat julle ontvang want in Mark 11:23-24 sê die HERE hy sal beslis antwoord. Hy is en bly ‘n waarmaker van sy Woord. Ons kan hom deur en deur vertrou.
            Lees Skrif waar Hy sy beloftes bevestig. Onthou, die Nuwe Testament  is Sy testament wat Hy vir ons nagelaat het en daarom noem hy ons ook Sy erfgename. Sy Testament het net soveel krag soos wat julle testament het wanneer julle te sterwe kom.
            Niemand kan aan julle testament verander nie. Almal kan daaroor stryd en twis as hulle wil, maar hulle sal dit nie kan verander nie.
            Gee aan God lofprysinge soos in Fil 4:6. Bid altyd in die naam van Jesus Christus soos in Joh 16: 23-24. Ja, dit is sy Wil dat julle blydskap volkome moet wees!
            Stem saam in die gebed soos verlang in Matt 18: 18-20.
            Kyk in Deut 32:30 wat gebeur wanneer twee in gebed saamstem: Een persoon kan ‘n duisend van die vyand verslaan, en twee nie 2 000 nie, maar 10 000. Twee mense kan dus 10 000 keer meer uitrig as een mens.  Dit is hoe God se vermenigvuldende krag werk! Dit is presies dieselfde as wat Hy met die broodjies en die vissies gedoen het.
            Matt 18 sê ons moet soos kinders voor Sy aangesig wees. Hoekom?  Omdat ‘n kind alles glo wat sy Vader vir hom sê. ‘n Kind twyfel nie. Matt 18: 4 sê: “Elkeen wat hom verneder (nie verkleineer nie) soos hierdie kindjie, hy en sy is die grootste in die Koninkryk van die Hemele.
            Verenigde gebed het die tronkdeure in Hand 4:31 laat oopswaai en die plek was geskud en almal is met die Heilige Gees vervul.
            Ja, nooi later ander egpare ook by geleentheid oor om saam met julle te bid.  Ons as Wedergeborenes is God se volk. Dis vir ons, sy Bruid, wat Christus kom haal met sy Wederkoms.
            Die opdrag is: Dra mekaar se laste (Gal 6:2) en bid (Jak 5:16) vir mekaar! Seën mekaar! – Sjibbolet

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za      
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com        
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur jou getuienis aan Tabernakel bedieninge by belindapaar@gmail.com  Sien ook: http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Dinsdag 19 April 2016

Die Blydskap van die HERE is jou Beskutting


Image result for jesus christ wallpaper


Jy voel depressief, hopeloos, gefrustreerd en jy beleef geen blydskap meer nie. Jy voel straks sal jy eendag weer bly wees, weer kan lag en vreugde ken, maar nie nou nie. Dinge is in hierdie stadium net dorings en distils.
God se Woord sê: “Wees dan nie bedroef nie (hoekom nie?), want die blydskap in die HERE – dit is julle beskutting.”
Jy begeer hierdie storm verbygaan, dan sal jy weer lag, lief hê en blydskap beleef, maar God sê dat dit is die blydskap te midde van die storms wat jou die krag gee om aan te hou, voort te stu en deur hierdie storms te beweeg.
Jou blydskap is in Sy teenwoordigheid, kyk: “U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor U aangesig, lieflikhede in U regterhand (wanneer), vir ewig. Ps 16:11
Kry dus jou deurbraak, of die krag om te oorkom, in Sy teenwoordigheid, nêrems amders nie. Soek Sy aangesig sommer nou. Ontgun jou blydskap in die HERE.
            Wanneer ons onsself verbly in die Here, vervul Hy ons hartsbegeertes. Dit is nie die begeertes van die vlees nie! Dit is die begeertes van ‘n hart wat deur die Gees van God gelei word. “… en verlustig jou in die Here, dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.” Vir seker! Ps. 37:4.
Blydskap baar vrede en kommer en daai gesug en murmering wyk. Die prins van alle emosies is vrede. Deur ons te verbly in die Here is daar nie plek vir bekommernis, vrees en angs nie.
“… en die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met GEJUBEL, en EWIGE VREUGDE sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.” Jes. 35:10
Wanneer ons blydskap in die Here in plek is, is ons veilig en beskermd. Wie sal nie graag in ons land in hierdie tyd veilig wil wees nie? Salomo sê as die Here nie jou huis en eiendom en besigheid bewaar nie, is al die sekuriteit wat ons duisende rande kos, tevergeefs.
Al het mense die duurste veiligheidsmaatreëls in plek, leef hulle steeds in vrees in ons land. God se sekuriteitstelsel is blydskap!
“Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here – dit is julle beskutting.” Neh. 8:11
Nehemia het ervaar toe sy vyande Sanballat en Tobia teen hom saamsweer en hom wou doodmaak, was dit juis sy blydskap wat as wapenrusting gedien het. Hy was besig om God se stad te herbou. Wie se stad bou jy? Bou jy alleen?
Duisende rande se mediese onkostes en die ongerief van siekte kan voorkom word as ons blydskap in ons lewe het! Siekte en krankheid het volgens die Woord weinig vatplek in ons lewe as ons, ons verbly in die Here.
God se middel teen siekte is jou blydskap in Hom.
Let op: “’n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog.” Spr. 17:22
Petrus noem hierdie emosie van blydskap iets wat woorde nie kan beskryf nie en deel is van die heerlikheid van God. “… vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap. “ 1 Pet. 1:8.
Kies vandag om in alle omstandighede jouself voortdurend te bederf met die heerlike voorreg om jou te verbly in die Here! Wat ‘n voorreg!
Let weer op: “Dit het ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.” Joh. 15:11. “…en niemand neem julle blydskap van julle weg nie” Joh. 16:22
Blydskap beteken vreugde, vrolik, blymoedig, opgeruimd, blyhartig. Ja, jy mag sing en dans, handeklap, klavier speel… leef jou blydskap uit. Ons is bly omdat ons weet dat Jesus IN ons is. “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef (waar?) IN my.” Gal: 2:20. Wees bly Hy is IN jou en Hy sal jou nooit teleurstel nie.
Let op: “Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld (hoekom?), sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.
Hoor vir Paulus: “Verbly julle altyd in die HEREe; ek herhaal: Verbly julle!” Fil. 4:4. In sy boek aan die gemeente van Filippie verwys Paulus 9 keer na die waarde van blydskap in ‘n gelowige se lewe en die belangrikheid daarvan.
Jesus het vir jou wonderlike nuus! Jy kan in beheer wees oor die soort emosie wat jy blywend wil ervaar! Ons kan met lang gesig, of met ‘n glimlag van blydskap loop.  Ons kan ons blydskap, Sy blydskap, voortdurend, elke dag, beleef. Nie net op ‘n Sondag of verjaarsdag nie. Blydskap is ‘n vrug of beter gestel, karaktertrek van die Heilige Gees. En Hy het gekom om te bly (waar?) In ons!
Kyk, dis sommer ‘n opdrag ook: “Juig voor die Here o ganse aarde! Dien die Here met blydskap; kom voor Sy aangesig met gejubel. Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam. Want die Here is goed, sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.” Ps. 100
Komaan, getuig oor jou blydskap, begeer dit vir ander Gelowiges. Leef dit uit. Jy steur jou nie aan mense nie, jy is op pad na die Nuwe Jerusalem. Verbly jou in die HERE ten alle tye, lag, sing en dans, onder alle omstandighede.
Habakuk tref dit swaar, uiters swaar (het jy al so swaar gekry?) en luister wat sê hy:
“Alhoewel die vye boom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie (wat dan?) – nogtans sal ek JUBEL in die Here, sal ek JUIG in die God van my heil.” Hab. 3:17,18.
Komaan, jubel, juig, wees vrolik, loop oor van blydskap. Kyk verby jou frustrasie, jou droefheid, jou swaarkry… jubel en juig in die God van jou heil.
As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za      
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com    
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA  – Sjibbolet
·       “En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die Engele van God.” Luk 12:8.  Stuur jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by belindapaar@gmail.com

Sien ook: http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Woensdag 13 April 2016

Herlewing... asseblief HERE?


Image result for christelike prentjies


“Sal U ons nie weer lewend maak, sodat U volk in U bly kan wees nie? Laat ons U goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons U heil.” Ps 85:7-8
            “Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
            Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
            Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde, Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
            'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.
            Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.
            Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
            Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.” Ps 33: 12-21
            “Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.
Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.
Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.” Ps 145:3-5
            Charles Finney sê oor Oorwinnende gebed: “Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (Jak. 5: 16).
            Die twee middele wat noodsaaklik is om ‘n Herlewing te bevorder, is om mense te beïnvloed en om God te beïnvloed. Mense word deur die verkondiging van die waarheid beïnvloed en God deur gebed.
            Wanneer ek sê dat die Here beweeg word om iets te doen, dan bedoel ek nie dat gebed Hom van gedagte, ingesteldheid of karakter laat verander nie. Gebed bring egter ‘n verandering in óns te weeg wat dit gepas vir God maak om te doen wat andersins ook gepas sou wees.
Wanneer ‘n sondaar hom bekeer, maak die toestand van sy hart dit vir God gepas om hom te vergewe. Hy is altyd bereid om die ongelowige op hierdie voorwaarde te vergewe. Wanneer die ongelowige dus tot bekering kom, vereis dit geen verandering aan die kant van God om hom te vergewe nie.
            Op dieselfde wyse maak die toestand van Christene se harte dit vir God gepas om hulle te antwoord wanneer hulle oorwinnende gebede bid. Hy is altyd gereed om seëninge te gee op voorwaarde dat hulle harte reg is en hulle die regte gebede bid. Wanneer hierdie verandering in Christene plaasvind en hulle die regte gebede bid, dan kan God – sonder ‘n verandering in Homself – hulle antwoord.
            Ons effektiewe, vurige gebede vir ander maak dit dus vir God gepas om te antwoord wat andersins nie gepas sou wees nie.
            Gebed is ‘n noodsaaklike skakel in die ketting van oorsake wat na Herlewing lei, net soveel as wat die waarheid ook is. Sommige Christene maak geesdriftig van die waarheid gebruik om andere vir die Here te wen, maar gee min aandag aan gebed.
Met ywer preek en praat hulle en deel traktaatjies uit, en wonder dan waarom hulle so min sukses bereik. Hulle het vergeet om die ander middel te gebruik, naamlik gebed. Hulle het uit die oog verloor dat die waarheid alleen nooit resultate lewer sonder die Gees van God nie, en dat die Heilige Gees slegs gegee word in antwoord op ernstige gebed.
            Dikwels is hulle wat die besigste is om die waarheid te verkondig, nie die besigste as dit by gebed kom nie. Dit is jammer, want behalwe as hulle of iemand anders die gees van gebed het, sal die waarheid alleen niks bereik anders as om mense in hulle onbekeerlikheid te verhard nie.
Ek glo dat voor die troon van die HERE ons eendag sal vind dat niks ooit deur die waarheid alleen bereik is nie, al was dit ook met watter ywer verkondig, tensy gebed op een of ander wyse aan die aanbieding daarvan gekoppel was nie.”
Daar moet altyd ‘n Gebedsvuur brand...  ononderbroke.
            As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za    
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
·       Vra gerus as jy ‘n Berader in enige deel van die land wil besoek, of selfs as Berader opgelei wil word.  

Bid asseblief sonder ophou vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA  – Sjibbolet 

Die skrikwekkende werklikheid van die Hel


Image result for heaven and hell 


EN....Ons Goddelike Roeping om die
Goddeloses te waarsku!


As dit moontlik was sou mens graag elke Bybelstudie student vir die eerste 24 uur van sy kursus na die Doderyk wou stuur.
            Daar sal hulle met die aanvang van hul kursus met die naakte realiteite van die Hel kon kennis maak, sou hulle die onherroeplike oordeel van die kermende en berouvolle smart en ellende van die verlorenes kan aanskou.
            Dit sou ons wou doen om hulle te motiveer met die besef dat as iemand nie Wedergebore is nie, God nie dien nie, dan wag ‘n ewige skrikwekkende Hel op hom en haar.
            Dit is egter nie moontlik om die studente daarheen te stuur, maar ons neem  jou saam na ‘n plek baie naby daaraan, die voorportaal van die Hel — die Dodesel.
            Ons doen dit in die hoop dat die wedergeborenes sal besef dat hulle ‘n roeping het om uit te reik na die verlorenes met wie hulle daagliks in kontak is.
            Ons, die Wedergeborenes, is verder onder verpligting want, die Here sê in Eseg 3 vers 18: “As Ek aan die godlose sê: Jy sal sekerlik sterwe en jy – Wedergeborene – waarsku nie die goddelose nie, en spreek nie om die  goddelose vir sy godlose weg te waarsku nie,  dan sal die godlose deur sy  ongeregtigheid sterwe, maar… sy bloed sal van jou hand geëis word.” Hoe verskriklik tog!
            Maar God is regverdig en Hy voeg by: “Maar… as jy die godlose waarsku, en hy hom nie van sy godlose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe, maar jy het jou  siel gered.”
            Dis hoe regverdig die Vader is!
            Dit is of eenkant toe of anderkant toe. Die Bybel maak geen plek vir kompromieë nie. Vir huigelaars en geveinsdes is daar nie plek in hierdie arena nie.
            Die doodstraf geld weliswaar nie langer in SA nie, maar diegene wat in die dodesel was, beskryf dit as die “Voorportaal van die Hel.”

“Dit is seker die ergste wat ‘n menslike wese kan verduur,” het Margaret Rheeder gesê wat in 1964 vier maande in die dodesel was.
            “Bedags gaan dit aan, maar snags kan ek nie slaap nie. Ek huil en bid die nagte om. Ek weet nie wat gaan gebeur nie, maar ek hoop en vertrou dat God my uit hierdie aaklige dodesel gaan lei,” het sy gesê.
            Margaret, wat haar man vermoor het deur gif op sy toebroodjies werk toe te smeer, het geweier om die dodesel te verlaat die oggend toe hulle haar gaan haal het om gehang te word. Sy moes met geweld daaruit gesleep word.

Maria Lee was 124 dae in die dodesel. Sy het volgehou dat sy onskuldig is, maar het sonder bystand die gang na die galgkamer afgestap. Terwyl sy by die ander selle verbygeloop het, het die lied “Bly by my Heer” uit die selle opgeklink.  Sy het saam gesing.
            Op die valdeur se merkie het sy saggies “Rus my siel, jou God is Koning” gesing. Sy het net “Jesus” uitgesnik toe die galgtou oor haar kop afsak.  Sekondes later is sy die ewigheid in.

Duncan Moodie het die dodesel soos volg beskryf: “In die dodesel is niks in die menslike verstand normaal of blywend nie. In jou ontsteltenis gaan gedagtes in vlietende sekondes verby. Net soos die sand in ‘n uurglas, loop alles vinnig uit om nie weer herroep te word nie.
            Daar is net een beeld wat jou immer en helder voor die gees staan, soos vanoggend se droom – jou kinderdae.”
            Moodie was ontsettend bang vir die dood. Later is vertel dat hy na die galg gedra moes word.

Marthinus Rossouw wat Baron Dieter von Schauroth in 1961 vermoor het, se pa, mnr Gawie Rossouw, het gesê: “Ek het hom in die dodesel besoek. Dit was verskriklik.  Dit voel asof jou hare van jou af rys. Ek weet nie hoe my seun die dodesel kan trotseer nie. Dis eenvoudig vreeslik.”

Clarence Gordon van Buuren wat opgehang is weens die moord op Myra Joy Aken, het vertel: “In die skadu van die galg, waar ek my laaste dae in stilte en bepeinsing deurbring, dink ek aan die onberekenbare verdriet en skande wat ek op my dierbares geplaas het. Ek het bitter berou, maar berou kom te laat.
            “Die vrees vir die dood is nie so erg as die afwagting in hierdie verskriklike sel nie.”

Jan Hendrik Munnik wat gehang het oor die moord op ‘n 15-jarige meisie, het  gesê: “Die hel en al sy magte kan nie so nimmereindigend wees soos die dae, veral die laaste drie, wat ek in die dodesel deurgebring het nie.”
            Munnik het sy dae in die dodesel so deurgeworstel dat beamptes gevrees het dat hy heeltemal ineen sou stort.

Alfred Percival von Zelt, wat ook gehang is, moes die volle tydperk van sy verblyf in die dodesel inspuitings kry om hom van ‘n algehele senu-ineenstorting te red.

Coenraad Bezuidenhout wat die dubbele moord op Martha Saayman en haar 17-jarige dogter gepleeg het en daarna homself verwond het, het sy dae vol smart en pyn in die dodesel deurgebring voordat hy gehang is.
            “Ek kan met niks anders as my lewe betaal vir die wrede moorde wat ek op Anna en haar moeder gepleeg het nie,” het hy in die dodesel geskryf.
            “Maar mag die dood, wat vir my geen verskrikking inhou nie, tog spoedig aanbreek. Hier is ‘n mens so naby en tog so ver van die dood. Elke asemhaling in die dodesel is soos ‘n druppel gif wat jy drink en wat jou uiteindelik doodmaak.”

‘n Pa – sy naam kan nie genoem word nie om die kind te beskerm – wat sy 10-jarige dogtertjie verkrag het, was rasend van verdriet en het diepe berou in die dodesel getoon.
            “Ek sien gedurig die gesiggie van my kind voor my. Snags kan ek nie slaap in die helderverligte dodesel nie.
            “Die dodesel is ‘n plek van verterende vuur wat binne ‘n mens brand. Dit brand die lewe uit jou uit. Hier is jy gevoelloos, sonder gedagtes met ‘n besmette gewete.”
            Hy het nie snags geslaap nie. Met uitgestrekte hande het hy telkens na die dak gegryp. Dan weer het hy sy hande al langs die mure gevryf en uiteindelik het hy nog ‘n keer gekniel en hardop gehuil en gebid.
            “Die brandpyn in my murg en gees verlaat my nooit nie. Dis ‘n verterende, onuitblusbare vuur,” het hy sy laaste dae in die dodesel beskryf.

            Ons vertoef nog ‘n wyle in die voorportaal van die hel.
            Die betroubaarheid van ‘n sterwende se laaste woorde is sonder gelyke. Selfs leuenaars praat dan die waarheid.
            Een blik op iemand se sterfbed verraai dikwels meer as al die belangrike woorde en dade van sy hele lewe.
            Wanneer ‘n mens die dood in die oë kyk, val maskers weg en staan ons naak voor God. Menigeen moet dan erken dat hy op sand gebou het. Hulle het hulself aan sinsbedrog oorgegee en ‘n leuengees gevolg.
            Aldous Huxley skryf in sy boek “A Beautiful New World” dat ‘n mens alle dinge so moet beoordeel asof jy dit vanaf jou sterfbed sien. “Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom” se die Bybel in Ps. 90:12.

·       Voltaire, die beroemde spotter, het ‘n ontsettende einde gehad. Sy verpleegster het gesê: “Vir al die geld in Europa wil ek nooit weer ‘n ongelowige sien sterf nie!” Hy het die hele nag om vergifnis uitgeroep.
·       David Hume, die ateïs, het geskreeu: “Ek is in die vlamme!” Sy wanhoop was skrikwekkend om te aanskou.
·       Cesare Borgia, die staatsman: “Ek het in my lewe vir alles voorsorg getref, net nie vir die dood nie. Nou moet ek volkome onvoorbereid sterf”!
·       Karel IX (Frankryk): “ Ek is verlore! Ek besef dit duidelik!”
·       Mazarin: “My siel, wat word van jou?”
·       Hobbes, die filosoof: “Ek staan voor ‘n verskriklike sprong in die duisternis!”
·       Thomas Scott, die voormalige voorsitter van die Britse Hoërhuis: “Tot op hierdie oomblik het ek gemeen dat daar geen God en geen hel is nie. Nou weet ek en ek voel dat al twee bestaan. Ek is aan die verderf oorgelewer deur die regverdige oordeel van die Almagtige!”
·       Lenin was kranksinnig toe hy oorlede is. Hy het tafels en stoele om vergifnis gevra vir sy sondes.
·       Jagoda, hoof van die Russiese geheime polisie: “Daar moet ‘n God wees. Hy straf my weens my sonde!”
·       Jaroslawski, president van die Internasionale Ateïstiese Beweging: “Verbrand al my boeke! Aanskou die Heilige! Hy wag al lank vir my – Hy is hier!”
·       Boeddha: “Ek het nie my doel bereik nie!”

·       Jesus Christus: “DIT IS VOLBRING!”

            As jy vandag getuig dat jy kind van God is, dan is en bly jy onder ‘n Goddelike verpligting om jou getuienis uit te dra in woord en in daad.
            Die opdrag is vandag aan elke kerkgenootskap, elke gemeente, elke lidmaat: Waarsku die goddelose teen sy goddelose weg sodat sy bloed nie van jou hand geëis sal word nie!
            Ons is nie gered om Hemel toe te gaan nie, ons is gered om die Koninkryk van God te bou. Daar is diegene wat  beweer dat hierdie taak uitsluitlik aan die herders van gemeentes opgedra is. Nee, elkeen van ons is geroep tot diensbaarheid.
            Herders kry nie lammers nie, skape wel. Die herder beskut sy skade en leer hulle.
            Daarom is daar ook aan elkeen van ons toerusting gegee om die taak mee te verrig. Predikante is niks meer as voltydse ouderlinge nie.
            Daar staan ook nie geskryf dat ons geboue moet oprig, dit kerke moet noem en dan daar binne bidure moet hou waarin ons bid en smeek: “Here, stuur die siele in,” nie.
            Die opdrag is elke keer dat daar uitgegaan moet word om die siele in te bring, uit te vaar na die diep kant van die lewe toe en  nette der nette vol in te bring.
            “Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die Woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.” (Mar 16:20)
            “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle.” (Joh 20:21)
            Die Bybel leer dat die Vader die Wedergeborene as ‘n werkende vennoot in Sy planne en werke beskou. God en Abraham tesame het ‘n groot “nasie” (Israel) geskep. God en Moses het saamgespan om vir ons die Tien Gebooie te gee wat die grondslag van alle siviele en sedelike wette vandag is. Dit is deur God en Moses tot stand gebring.
            Jesus self was ‘n vennoot van die Vader in die werk van verlossing. Hy sê:  “Het u nie geweet dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?” (Luk 2:49).
            Paulus, die ywerige en bekwame sendeling, versoek alle Christene om te onthou dat ons gered is om te dien. “Wees nie traag in die ywer nie, wees vurig van gees, dien die Here.” (Rom 12:11).
            Ons kan ware kinders van God wees, maar die vraag is of ons, ons  lewens  in totaliteit aan Hom oorgegee het. Is ons nog in beheer van sekere sektore van ons lewe, of is God  Heer en Meester van ons ganse  bestaan? Hy sê Hy is ‘n jaloerse God. Hy wil volle beheer hê. Hoe gouer dit gebeur, hoe  gouer begin ons floreer.
            Die rede hoekom ons nie by die sterwe in Christus uitkom en waarom ons nie groei en floreer nie, is omdat ons nie self die Bybel bestudeer nie. Ons gaan eerder ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis.
            So sit ons dan ook keer op keer onwaardig by die Nagmaaltafel aan en kan nie begryp waarom ons sake nie floreer nie.
            Ons kan nie verstaan waarom oordele ons tref nie, maar ons waag dit om onwaardig by die Nagmaaltafel aan te sit. Ons het met ‘n Lewende God te doen, nie soseer met ‘n ritueel nie.
            As ons die Vader aktief dien, dan kan ons ook verwag om die Vader aktief in ons lewens te sien, dan kan ons God se seëninge verwag, dan kan ons oorvloed verwag.
            Wanneer ons onsself aan God oorgee, begin ons ‘n sake vennootskap met God. Ons word “medewerkers van God”. ‘n Vennootskap met God is ‘n saak waarin God die kapitaal voorsien en ons die arbeid. Hy voorsien die wysheid, die mag en die middele (finansies, ens.) en ons verskaf die diensbaarheid.
            Daardie vennootskap word ook weerspieël in ons huwelike. ‘n Huwelik is ‘n drieledige Verbond tussen man, vrou en God. ‘n Verbond is ‘n kontrak, dit mag nie verbreek word nie en God  sê self dat, wat Hy saamgevoeg het mag geen mens skei nie. Wat op die aarde gebind is, is ook in die Hemel gebind. Die huwelik is ‘n Goddelike instelling.
            So is ons Wedergeboorte ‘n Goddelike instelling. Ons moet weier dat enigiets of enigiemand daardie verhouding, daardie Verbond, tussen ons en ons Skepper, ons Vader, verbreek.
            God wil Homself betuig en Hy het ons uitverkies as ‘n kanaal deur wie Hy Sy mag en besluite kan betuig.
            Ons is geroepe diensknegte en getuies – medewerkers  –  God voltooi Sy werk deur van ons gebruik te maak.
            “Ek sal jou die sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee, en wat u ook op die aarde mag ontbind sal in die Hemel ontbonde wees, en wat jy op die aarde bind sal in die Hemel gebind wees.” (Mat 16:19).
            God is die enigste Eienaar van Sy saak. Hy besit die planeet Aarde (Psalms 24:1;  50:10), ook al die rykdomme (Hagai 2:8); Hy besit jou en my lewens (Rom 14:8); God, in Sy goedertierenheid het elke mens ryklik bedeel met sekere gawes, talente en moontlikhede. Die dinge moet nie selfsugtig of tot ons eie voordeel aangewend word nie, maar tot verheerliking van God en die vestiging van Sy Koninkryk.
            “Doen alles tot verheerliking van God.” (1 Kor 10:31).
            “Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in jul liggaam en in jul gees wat aan God behoort.” (1 Kor 6:19-20). Ons is rentmeesters van die gawes wat God ons gegee het.
            Ons is rentmeesters van ons tyd. “Koop die tyd uit omdat die dae boos is.”  (Efes 5:16)
            Moenie jou tyd verkwis nie. Ons is rentmeesters van ons talente. Jesus het ‘n harde oordeel uitgespreek oor die man wat uit vrees sy talent begrawe het. Lees aandagtig Mat 25:28-30.
            Ons is rentmeesters van ons geld. Geld is ‘n gawe van God en moet tot Sy eer gebruik word. Lees 1 Tim 6:10.
            Ons is ook rentmeesters van die Evangelie. Die roeping om die grootste nuus op Aarde te verkondig, is aan die verlostes gegee.
            “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.”  (Hand 1:8).
            Die Heilige Gees is die Gees van God. God woon en leef in die gelowige. “Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is, God bly in hom en hy in God.” (1 Joh 4:13-17). Die Heilige Gees is Krag. Hy is die Krag van God in die lewe van elke gelowige.    
Die doping in die Heilige Gees is die werking van die Heilige Gees in die gelowige se hart soos op die dag van Pinkster, m.a.w. bekragtiging tot diens. Dis ‘n Geskenk!
            Nêrens in die Woord van God is daar ‘n aanduiding dat Hy Sy magtige seëning op Pinksterdag beëindig het nie, maar die belofte lees steeds: “Want die belofte kom julle toe en jul kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”  (Hand 2:39)
            Voor die dag van Pinkster het die dissipels uit vrees vir die owerhede gevlug. Na Pinkster het hulle die troon van die Romeinse Ryk geskud. (Hand 17:6).
            Maar hulle het hierdie seën nie vir hulself gehou nie. Hulle het uitgegaan en gespreek en duisende het hulle bekeer. Hulle het geleef en gesterf tot verheerliking van die Evangelie en het die hele wêreld geskud.
            God verlang manne en vroue vandag wat gevul is met die Heilige Gees om soortgelyke werke te doen, en meer werke te doen as wat Hyself gedoen het.
            Is jy gereed daarvoor?
“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:12-13  – Sjibbolet

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za      
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com      
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA  – Sjibbolet 

Vrydag 08 April 2016

Kom wat wil – Ons moet wees soos Christus


Image result for christianity


Die Liggaam van Christus, ek en jy, ons is nie ‘n organisasie nie, ons is ‘n organisme.
       “Laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.” 1 Pet 2:5
          Ons is lewende stene waarmee ons ‘n geestelike tempel moet bou. (hoekom?)  Want die “Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê: Die Hemel is my Troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?” Hand 7:48-49
        Die Geestelike Tempel is gebou volgens ‘n spesifieke patroon. “Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.
        “Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
        “Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
        “En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
        “As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.” 1 Cor 3:9-15
        Die Geestelike Tempel word aanmekaar gehou deur sy lede, sy stene wat met die sement van Liefde inmekaar gemessel is. “Christus, uit wie die hele liggaam – goed saamgevoeg en saam verbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate – die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.” Efes 4:16
        Let ook op na Kol 2:19 “Die Hoof, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.”
       Die onderskeie lede het verskillende bedieninge. “Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
        “12:6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;
        “of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.” Rom 12:4-8
        Die Liggaam, ek en jy, moet gelykvormig word aan Jesus Christus. “Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders. “ Rom 8:29
        Let op: |Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo – (Jesus bid vir my en jou en vir diegene wat ons inbring) dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
        Let op hoe verstommend: “En Ek het hulle die heerlikheid (glorie) gegee wat U My gegee het (hoekom?), sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
        “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.” Joh 17:203               Wat is die beeld van Jesus Christus? Dit is van kardinale belang. As dit is wat God verlang, moet dit ons elkeen se strewe wees om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun Jesus Christus!
         Ons kyk na die volgende: “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
          “As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle. (Lyk ons soos die Tempel van God, of skend ons die Tempel met verkeerde gedragspatrone?)
          “Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
          “want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
          “Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle; of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge – alles behoort aan julle;
          “maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.” 1 Kor 3:17-23. Sien ook Rom 6:1-20.
          “Om aan Christus gelyk te wees beteken ook afsondering van hierdie wêreld: “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
          “En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
          “Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
          “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” 2 Kor 6:14-18
          Dit beteken ook beheer van die tong. Sien Jak 3:1-18, maar veral strofe 6: “Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.”
          Om verder aan Christus gelyk te word vra om ‘n verandering van karakter. “Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.
          “Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
          “Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
          “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
          “Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
          “En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
          “En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
          Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
          En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” Kol 3:5-17
          Om gelyk aan Christus te wees moet ons die HERE se glorie kan aanskou: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.” 2 Kor 3:18
          Net soos wat ons nie sonder Christus een tree vorentoe kan beweeg nie, kan ons nie die een sonder die ander beweeg nie.
          Die Heilige Gees word met ‘n duif vergelyk, mens weet nie waarom nie, behalwe dat ons weet ‘n duif het nie ‘n gal nie en daar is dus geen bitterheid in ‘n duif nie.
          Die Liggaam kan ook soos ‘n duif beskryf word. Daar moet geen bitterheid wees nie. Elke deeltjie in die duif se liggaam stel hom in staat om te kan vlieg. Die een deel van sy liggaam is interafhanklik van die ander.
          So is ons as lede van die Liggaam van Christus ook interafhanklik van mekaar, daarom dat daar verskillende bedieninge is om mekaar te kan dra.
          Lede moet vir mekaar omgee. “Sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.
          “En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.” 1 Kor 12:25-25
          Lede moet mekaar bemoedig en opbou. “Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.” 1 Thes 5:11
          Lede moet mekaar se laste dra. Gal 6:2
          Lede moet mekaar leer en vermaan. Kol 3:16
          Almal moet saam streef vir die Evangelie:  “Alleenlik, gedra julle waardig die Evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,
          “en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel ‘n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God;
“omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,
“terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.” Fil 1:27-30
Lede moet die Liggaam beskerm deur eendragtigheid en vrede: “Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
“Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.” Efes 4:1-6
Ons moet die Gawes verantwoordelik aanwend: 4:10 Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
“As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.” 1Pet 4:10-11
Ons het almal ‘n genadegawe ontvang. Dit plaas op elkeen van ons ‘n verantwoordelikheid. Moenie die gelykenis van die talente vergeet waarvan Jesus in Matt 25:14-30 vertel het nie.
Ons moet ons gawes gebruik tot stigting van die gemeente: “Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
“Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
“Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
“Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.” 1 Kor 12:4-11  
        Onthou, dit moet ons elkeen se strewe wees om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun Jesus Christus!
       As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za    
       As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com    
       Daar is ook Beraders in Bloemfontein en Durban beskikbaar.  
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA  – Sjibbolet 

Ons sal die situasie moet omkeer...


Image result for rsa flag

Ons toekoms is ons eie hande, so het ons grootgeword. Die Waarheid is, ons toekoms is in God se hande. Hierdie situasie sal reggestel moet word. Die eerste stap sal wees om te verootmoedig, ons te bekeer en weer (geestelike) laer te trek rondom die Troon van God en ons toekoms in Sy hande oor te gee.
     Dit is die nuwe vertrekpunt. Die boodskap uit die verlede vir vandag is: Terug na die GOD van Die Bybel!
     En ons kan dit doen want ons het seer sekerlik genoeg gehad en is tog seker moeg vir die lewe wat ons die afgelope jare gelei het, ‘n lewe wat uit net een lang afdraande pad van kritieke siklusse bestaan het.
            Die keuse is ons sin!
            Dit is hoe eenvoudig dit is: Die besluit is ons eie – wil ons wen, of wil aanhou verloor! Gal. 6: 7-10 stel elkeen van ons voor die ‘n keuse: Lewe of Verderf:

·       Moenie dwaal nie, GOD laat Hom nie bespot nie
·       Want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai
·       Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai!
·       Hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die Ewige Lewe maai

Die keuse is ons eie. Saai in die vlees – daardie dinge wat jou vernietig, jou vlees vernietig, soos ook om onwaardig by die Nagmaaltafel aan te sit. Dit vernietig ons huise, ons gemeenskappe en ons volk.
Daardie dinge wat ons weens oortuiging van die Gees, in ons diepste wese weet, is verkeerd, skadelik. Daardie dinge wat ‘n binding in ons gees veroorsaak sodat ons nie met GOD en almal rondom ons in die Lig kan wandel nie.
Die sinneloosheid wat ons aan onsself opdis met allerlei praatjies en verskonings, net om ons onreinhede te regverdig, terwyl ons goed weet, ons is met verkeerde dinge besig.
Die valse troos  wat onsself opdis: Maar ek dien mos die HERE, ek probeer my bes, almal is nie volmaak nie, ag, julle verstaan nie, ek is soos ek is en ek vind geen probleem daarmee nie.
Die keuse in jou eie: Kies vlees en jy sal voorwaar verderf maai. Jy gee jou eie vlees aan die verderf oor. Jy gee jou huisgesin en jou volk aan die verderf oor.
Die besluit is jou eie.
‘n Boer is tog baas op sy eie plaas. Hy kan saai wat hy wil. Hy kan dorings en distels saai, maar hy kan oor koring en mielies saai. Die keuse is sy eie.
God dwing weliswaar niemand nie, maar Hy laat Hom ook nie bespot nie. Moenie vir Hom probeer verskonings aanbied waarom jy nie dinge van die verderf kan of wil los nie. Jy sal Hom nie kan bluf nie.
Hy weet dat jy weet dat Hy weet, jou lewe is ‘n klug. Jy probeer aan Hom vertel dat soet en bitter water uit dieselfde fontein kan voortvloei, terwyl Hy juis daarop wys dat so iets onmoontlik is.
Kompromie is die sonde van ons tyd. God haat kompromieë. Kompromieë sê dit is verkeerd maar ek is darem op die goue middeweg. Kompromie is nie wit of swart nie, maar ‘n grys area.
Ons het die lewe van of goed of sleg verruil vir ‘n lewe van en-en – ons sal Christus en ook die wêreld dien. Ons volg wat ons noem, die “goue-middeweg”.
Helaas, ook die goue middeweg is veroordeel, want was jy maar koud of was jy maar warm, maar louwarm op die goue middeweg word jy uitgespuug – dis die goue helleweg.
Die besluit is jou eie, ons eie!
Saai uit die Gees en jy kies Lewe!

·       Laat ons nie moeg word om goed (en reg) te doen nie
·       Want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie
·       Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen
·       Veral aan die huisgenote van die geloof.

Volgens Gen. 8:22 sal saaityd en oestyd voortduur tot en met Sy Wederkoms. Dis ‘n Verbond wat ons met Hom het. Dit geld vir die landbouer, maar dit is ewe veel van toepassing op wat ons in die daaglikse lewe saai.
Ons moet nooit moed opgee oor die oes nie want God vergeet nooit van saad wat gesaai word  nie.
Die grootste leuenaar is misleiding. Dis ook God se eerste waarskuwing in die gelese gedeelte: Moenie dwaal nie!
Misleiding beteken dit wat ‘n valse indruk skep, of dit nou deur voorkoms of deur ‘n standpunt is.
            In die Tuin van Eden sien ons duidelik die valse indruk geskep deur ‘n standpunt. Die standpunt was vals, die indruk was vals.  Die uiteinde was verderf, soos ‘n hond wat na sy eie braaksel terugkeer!
            Misleiding is satan se magtigste wapen, daardeur het regerings al tot ‘n val gekom.
            Hy ag dit sy taak om jou wys te maak dat die goeie saad wat jy saai nie ‘n opbrengs sal lewer nie. Hy weet ook dat as jy vasstaan daarin dat wanneer jy uit die Gees saai, jy beslis die goeie sal maai, en ‘n ontsettende gevaar vir sy eie koninkryk word.
            Naas misleiding  is moegheid en gebrek aan uithouvermoë. Sy Woord is die lamp vir jou voet, sonder die lamp sal jy sekerlik moeg word. Die keuse is jou eie: Gaan jy die Lamp aangesteek hou of nie?
            Die Bybel is nie ‘n handleiding vir predikante nie, maar waarlik ‘n Lig vir die pad van elke Gelowige. Bybelstudies neem toe. Huisaltare word weer ingestel en ons mense bid weer soos hulle in baie jare nie gebid het nie.
            Gaan jy sorg dat jy genoeg olie in jou lamp het? Jy sê “ja, ek het genoeg olie,” maar intussen staan jou lamp onder ‘n maatemmer.
            As jy in Sy Woord bly, bly Hy in jou. As jy nie in Sy Woord bly nie, bly Hy nie in jou nie en uiteindelik maai jy verderf.
            In Jes. 40:28-31 sê God Hy word nie moeg of mat nie. Hy wil ook nie hê ons moet moeg of mat word nie, en belowe dan deur Sy groot genade en Liefde vir ons:
            “Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
            Hy aanvaar heeltemal dat jy moedeloos kan word. Hy sê dan ook: die jonges word moeg en mat en die jongmanne struikel selfs, maar:
            Die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”
            Die besluit is jou eie!
            Saai in die vlees en jy eindig in die verderf, maar saai in die Gees en sou jy moeg en mat word, maar die wil openbaar om in Sy Woord te bly, dan neem Hy jou hand, Hy hef jou op, jy ontvang nuwe krag, jy hardloop selfs en word nie moeg nie.
            Let op na die oplossing: Diegene wat op die Here wag, neem Sy Woord en gaan wag op Hom.
            Hoe belangrik is dit vir jou om die goeie te kan oes? Wil jy werklik die goeie in die lewe en hierna oes? Wees dan op die uitkyk vir die rowers van misleiding, moeg- en matheid en sonde.
            Moenie met ander begin twis oor wat is sonde en wat nie. Die Here sê Hy het die werk in jou begin en Hy sal dit voleindig. Praat met Hòm daaroor. Moenie regverdiging vir jou verkeerde dade by vriende soek nie, die misleiding sal net vererger en jy het uiteindelik ‘n goeie verskoning:  Ja, niemand weet of dit reg of verkeerd is nie en totdat iemand dit nie kan bewys nie, gaan ek voort op my pad.
            So maklik is dit nie. God laat Hom nie bespot nie. Hy nooi jou ook om die saak met Hòm uit te maak, nie met iemand anders nie.
            Hy lewer weereens die teenprestasie in 1 Joh 1:9 wanneer Hy belowe:
            “As julle, julle sondes bely – Ek is getrou en regverdig om die sondes te vergewe (en nie net dit nie) en om julle van alle ongeregtighede te reinig.”
            Die besluit is jou eie?
            Lees maar Jer 5 en let op strofe 25: “Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer en julle sondes het die goeie van julle teruggehou.”
            Nou weet jy waarom dit met sommige Christene so goed en vooruitstrewend gaan, en waarom ander op krom kieries deur die lewe aansukkel.
            Die besluit is jou eie. Waarom sou jy so dwaas wees om die vleespad na die verderf  te bewandel, as jy daagliks in oorwinning kan lewe!
            Onthou: Die besluit is jou eie!
            Onthou ook: ‘n Besluit baar, murmurering lei tot niks.
            Niemand anders gaan vir jou besluit nie, niemand gaan jou dwing nie. Die besluit is jou eie!
            Desperate tye vereis desperate aksies. Die maat waarmee ons meet sal ons mee gemeet word. Die keuse is ons sin. Meet klein en die eindproduk is min.
            Die standaard wat ons kies om mee te meet is die standaard van wat ons ontvang. Ons herhaal: Wat ‘n mens saai dit sal jy maai.
            Die boer saai kant en wal en verwag 100% plus. Waarom saai ons so karig en verwag so min.
            Paulus sê in Fil. 3:14: “Maar een ding: Ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry wat die hoë roeping van God in Christus Jesus.”
            Ons ken dié strofe goed, maar ons mis dat dit ‘n hoë roeping is!
            Paulus saai en hy maai en saai en hy jaag na die doel. Hy is vol, verwagting. Hy besef, mens wen nie die silwer nie, jy’t die goud verloor, en dit wil hy nie sien gebeur nie.
            Hy besef ook dis ons almal as kinders van God se roeping, se hoë roeping, om alles in te sit om die goud te verwerf.
            Hoop is die lewende krag waar my en my volk se drome en  begeertes ontwikkel word.
            Geloof is die lewende krag, wat my en my volk se drome en begeertes tot verwesenliking laat kom.
            Daarom bid ons, getuig ons – gebaseer op God se Woord – asof dit waarvoor ek vertrou, reeds bestaan.
            Omdat my lewende hoop en my lewende geloof aan die werk is, verwag ek seer sekerlik antwoorde.
            Onthou jy die nag by die visvangs? Jesus sê: “Vaar uit na die diep kant toe en gooi die net aan die anderkant van die skuit uit.”
            En toe die klaaglied: “Maar ons het die hele nag nog niks gevang nie.” Of dan: HERE, van 1994 af het ons nog niks gevang nie!
            Gehoorsaamheid laat die nette byna skeur van vis.
            As God dit vir die dissipels gewil het, dan wil hy dit mos vir al sy kinders want almal is gelyk voor Hom.
            Hoekom sou ons niks vang nie, of min vang, wanneer Hy verlang dat ons nette oorlopenstoe vol moet wees? Hy sê dan self dit is Sy Wil dat ons oorvloed sal hê!
            Maar daar is en bly voorwaardes aan alles verbonde. 1 Pet 4 vanaf strofe 7 lees:
            “En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter (hoekom?) om te kan bid!
            “Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê (hoekom?) want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek.
            “Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer… “ en lees maar self verder.
            Die ironie is dat sommige van ons verset ons teen die regering van die dag want ons is kwansuis  “God meer gehoorsaam as die mens.” Is ons!
Die waarheid is dat ons onsself meer gehoorsaam is as vir God! Ons pas streepteologie toe: Sekere opdragte van God gehoorsaam ons en ander nie. Om maar een voorbeeld te noem: Waarom het ons mekaar nie vurig lief nie?
Ander sê hulle onderhandel nie met die regering oor iets nie want hulle weier om legitimiteit aan die regering te verleen.
Nogtans verleen hulle ook nie aan God legitimiteit nie, want God se opdragte word nie uitgevoer nie, Sy insettinge word nie onderhou nie.
Watse soort Christene is ons nou eintlik – afkophoenders?  Is ons dit werd om Christene genoem te word?
Ons het geen verskonings nie. Ons kan nie die kerke of die predikante blameer nie, want God het gesorg dat ons elkeen ‘n Bybel in ons besit het – wat ons veronderstel is om te lees, te bestudeer, te bepeins, onsself mee te reinig – die Lamp vir ons pad!
Kom ons vertrou vir ‘n herlewing wat alle aanbiddingsplekke uit hul nate sal laat bars, ‘n geestelike golf groter as die grootste tsoenami.

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig, besoek www.thesower.org.za    
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Beraders is ook in Durban en Bloemfontein beskikbaar.    
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA  – Sjibbolet