Donderdag 26 Mei 2016

Is jou lamp brandend?


Image result for burning lamp


Een stikdonker nag, sien die wag by 'n spooroorgang 'n motor teen hoë spoed die treinoorgang nader. 'n Trein is ook vinnig aan die kom.
            Hy gryp sy lamp en hardloop na die oorgang toe. Heeltyd skreeu hy en swaai sy lamp.
Die motoris verminder nie spoed nie. Die trein jaag oor die motor en die motoris sterf.
Die hekwag word voor die hof gedaag. Die staatsaanklaer wou weet: “Het jy, of het jy nie, die lamp geswaai om die motoris te waarsku nie?”
Met bewende lippe antwoord die hekwag: “Edelagbare, voor God, sweer ek en verklaar ek, ek het die hele tyd aanmekaar die lamp geswaai.”
Hy is ontslaan.
Na die saak verby is, vra een van sy beste vriende hom: “George, hoekom het jy so hewig gebewe toe jy jou getuienis gegee het?” George antwoord: “Ek hét die lamp geswaai soos ek getuig het, maar mag God my vergewe, daar was nie lig in die lamp nie.”
Dalk was die lampolie gedaan, dalk het die pit te kort geword. Maar die feit bly staan, die swaaiende lamp in sy hande kon nie waarsku nie. Die lig was dood.
            In baie plekke van aanbidding waar die Goeie Nuus en die waarskuwings oor die Evangelie gehoor moet word, is daar geen lig in die lamp nie.
            In jou werkplek, op universiteit en die skool, op die plaas verwag die HERE dat jy ‘n brandende lamp moet wees.
            Sonder ‘n lig in die lampe gaan groot getalle mense oor die ewige afgrond van totale vernietiging.
            Voordat God ons gebede en smeekbede sal antwoord, moet ons eers lig in ons lampe kry.
            “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die Hemele is, verheerlik.” Matt 5:13-16
Skyn jou lamplig nie? “As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. 2 Kron 7:14 –  Sjibbolet  

Maandag 23 Mei 2016

Jy en ek is Meer as Oorwinnaars



Daar is die verhaal van die man wat besuinig het en elke moontlike rand gespaar het vir ‘n bootreis na Amerika. Hy het uiteindelik net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal.
Gedurende die reis het hy verlangend gekyk hoe  die ander passasiers by die groot kostafels aansit. Hy moes maar met brood en beskuitjies tevrede wees want
hy het net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal.
          Na twee weke kom die groot passasierskip uiteindelik by sy bestemming aan. Een van die skeepsoffisiere vra toe aan die man of hulle hom dalk aanstoot gegee het omdat hy nie sy maaltye geëet het nie.
          “O nee,” het die man geantwoord, “ek het net genoeg geld gehad vir my kaartjie. Ek het nie geld gehad om vir die maaltye in die eetkamers te betaal nie.”
          Die skeepsoffisier het die man verbaas aangekyk en gesê:
          “Meneer, ek is so jammer. Jou maaltye was by jou kaartjie ingesluit!”
          So lewe baie Christene op brood en beskuitjies wanneer God se beste vir hulle beskikbaar is. Hulle ken nie die terme van die kontrak, hulle Verbond –  die Nuwe Testament  –  nie.
Hulle besef nie wat hulle alles geërf het nie, hulle weet nie van al die beloftes nie en ook nie dat God self belowe dat Hy sy verborgenhede aan ons sal openbaar nie, dat Hy ons alles is nie.
          So gaan die volk ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis.
          Aan die een kant het ons ‘n gebrek aan kennis, maar aan die anderkant het ons wel kennis, maar ons leef in vertwyfeling. Hoekom?
          Dis eintlik eenvoudig... Jy is kind van God. Jy het oorgestap van die arena van die satan na die arena van die Lewende God.
          Satan het jou vir ewig verloor. Hy kan jou nooit weer terugkry nie. Jy is en bly soldaat en kneg van Jesus Christus.
          Maar die satan moet jou keer dat jy nie meer en groter skade aan sy koninkryk aanrig nie. Sy enigste manier om jou onaktief te maak is deur vertwyfeling as ‘n binding in jou gees te plaas.
          As jou kennis groot genoeg is, sal jy besef jy word aangeval... jy word gebind.
“Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.” Joh 8:44
Ons moet twyfel totaal verwerp want in Jak 1:7 is die waarskuwing “Want dié mens (die een wat twyfel) moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.”
          “Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
“Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
“Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars (hoe?) deur Hom wat ons liefgehad het.” Rom 8:31-37
          Jy weet wat ‘n oorwinnaar is? Dit is iemand wat die goue medalje gewen het. Niemand het die brons gewen nie, hulle het die goud verloor.
Paulus sê in Efes 6:12 “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”
          Solank as wat ons gaan toelaat dat satan ons gedagtes met allerhande leuens vul, dis hoe lank hy daarmee gaan aanhou! Hou op om in te gee! Vat terug wat joune is en bestraf die mag van satan in jou lewe. Sê vir hom hy is ‘n leuenaar, die vader van die leuens, en bestraf hom in die Naam van Jesus en kyk hoe hy hardloop! Lag hom dan uit, want jy is meer as net ‘n oorwinnaar!
          Die oorwinning is myne en joune! Gebruik dit en gaan wees meer as net ‘n oorwinnaar!
          Kyk ons kaartjies vir ons reis na die Nuwe Jerusalem is ten volle betaal, net soos die kaartjie van die man op die skip. “In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand.” Efes 1:7-8
          En: “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus (waarom?) omdat Hy ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.” Efes 1:3.

Jy en ek is Meer as Oorwinnaars

Daar is die verhaal van die man wat besuinig het en elke moontlike rand gespaar het vir ‘n bootreis na Amerika. Hy het uiteindelik net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal.
Gedurende die reis het hy verlangend gekyk hoe  die ander passasiers by die groot kostafels aansit. Hy moes maar met brood en beskuitjies tevrede wees want
hy het net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal.
          Na twee weke kom die groot passasierskip uiteindelik by sy bestemming aan. Een van die skeepsoffisiere vra toe aan die man of hulle hom dalk aanstoot gegee het omdat hy nie sy maaltye geëet het nie.
          “O nee,” het die man geantwoord, “ek het net genoeg geld gehad vir my kaartjie. Ek het nie geld gehad om vir die maaltye in die eetkamers te betaal nie.”
          Die skeepsoffisier het die man verbaas aangekyk en gesê:
          “Meneer, ek is so jammer. Jou maaltye was by jou kaartjie ingesluit!”
          So lewe baie Christene op brood en beskuitjies wanneer God se beste vir hulle beskikbaar is. Hulle ken nie die terme van die kontrak, hulle Verbond –  die Nuwe Testament  –  nie.
Hulle besef nie wat hulle alles geërf het nie, hulle weet nie van al die beloftes nie en ook nie dat God self belowe dat Hy sy verborgenhede aan ons sal openbaar nie, dat Hy ons alles is nie.
          So gaan die volk ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis.
          Aan die een kant het ons ‘n gebrek aan kennis, maar aan die anderkant het ons wel kennis, maar ons leef in vertwyfeling. Hoekom?
          Dis eintlik eenvoudig... Jy is kind van God. Jy het oorgestap van die arena van die satan na die arena van die Lewende God.
          Satan het jou vir ewig verloor. Hy kan jou nooit weer terugkry nie. Jy is en bly soldaat en kneg van Jesus Christus.
          Maar die satan moet jou keer dat jy nie meer en groter skade aan sy koninkryk aanrig nie. Sy enigste manier om jou onaktief te maak is deur vertwyfeling as ‘n binding in jou gees te plaas.
          As jou kennis groot genoeg is, sal jy besef jy word aangeval... jy word gebind.
“Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.” Joh 8:44
Ons moet twyfel totaal verwerp want in Jak 1:7 is die waarskuwing “Want dié mens (d9ie een wat twyfel) moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.”
          “Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
“Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
“Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars (hoe?) deur Hom wat ons liefgehad het.” Rom 8:31-37
          Jy weet wat ‘n oorwinnaar is? Dit is iemand wat die goue medalje gewen het. Niemand het die brons gewen nie, hulle het die goud verloor.
Paulus sê in Efes 6:12 “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”
          Solank as wat ons gaan toelaat dat satan ons gedagtes met allerhande leuens vul, dis hoe lank hy daarmee gaan aanhou! Hou op om in te gee! Vat terug wat joune is en bestraf die mag van satan in jou lewe. Sê vir hom hy is ‘n leunaar, die vader van dieleuens, en bestraf hom in die Naam van Jesus en kyk hoe hy hardloop! Lag hom dan uit, want jy is meer as net ‘n oorwinnaar!
          Die oorwinning is myne en joune! Gebruik dit en gaan wees meer as net ‘n oorwinnaar!
          Kyk ons kaartjies vir ons reis na die Nuwe Jerusalem is ten volle betaal, net soos die kaartjie van die man op die skip. “In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand.” Efes 1:7-8
          Jesus Christus beloof aan sy dissipels die rus, vrede en geestelike oorwinning wat net Hy aan hulle kan gee:
·       “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee... julle sal rus vind vir julle siele” (Matt. 11:28-29). Hy verwyder jou sondelas en gee aan jou alle rede om werklik ‘n hoopvolle toekoms te hê.
·       “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My” (Joh. 14:1). Let op die teenstelling tussen ontsteltenis en geloof. Geloof in Hom wat alle mag in die hemel en op aarde het, plaas ons op die weg van oorwinning.
·       “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (Joh. 14:27). Die diep, innerlike vrede wat die Here Jesus gee, oorwin en verdryf alle vrese. Hy gee nie aan ons ‘n mensgemaakte vrede wat van chemiese middels en misleidende idees afhanklik is nie.
·       “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Tim. 1:7). Al drie hierdie eienskappe is vrugte van die Heilige Gees (vgl. Hand. 1:8; Gal. 5:22). Die Here wil nie hê dat ons deur probleme en teëstand afgeskrik sal word nie, want Hy kan ons met krag uit die hoogte beklee, met sy goddelike liefde inspireer, en ook met die vermoë om weerstand te bied teen die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede, asook teen die wêreld. Vertrou Hom hiervoor.
·       “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne bewaar in Christus Jesus” (Fil. 4:7). Dit wil sê, die vrede van God sal ons siel en gees bewaar, die hele innerlike mens, sodat ons nie van enige ander hulp afhanklik is om ons siel, gemoedstoestand en gees te bewaar nie.
·       In ons stryd teen die Bose moet ons altyd die swaard van die Gees gebruik deur ons op beloftes in die Here se Woord te beroep wanneer ons aangeval en versoek word. Sodoende herinner ons die Bose én ook onsself aan ewige waarhede. Die duiwel is weerloos hierteen en sal die wyk neem. God se Woord is die waarheid, en in die lig hiervan is daar geen plek vir duisternis nie.
          En: “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus (waarom?) omdat Hy ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.” Efes 1:3. –  Sjibbolet
•         Bid deurentyd en verwag die grootste Herlewing in die geskiedenis van Suid-Afrika.

–  Sjibbolet
·       Bid en verwag die grootste Herlewing in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Vrydag 20 Mei 2016

Afguns maak jou ‘n vyand van God


Image result for jealousy


Afguns en jaloesie is gevoelens van onvergenoegdheid wat na vore kom as jy na ander se goeie kenmerke, hoedanighede of selfs besittings kyk, en die persoon se werk, sy talente, of sukses of besittings vir jouself begeer.
            Dis ’n baie gevaarlike situasie want dit lei tot onheil om ander uit die pad te kry, pleks van jou pad self eerlik en sonder afguns na bo te werk.
God haat afguns en jaloesie. Selfs predikante raak afgunstig die een op die ander weens die fenomenale groei in ‘n gemeente. Ragel was jaloers op Lea omdat sy kinders gehad het. Saul was jaloers op Dawid omdat vroue hom geloof het. Josef se broers was jaloers op hom as gevolg van sy drome.
In Han 13 het die Jode Paulus se prediking teengestaan, vanweë die uitsonderlike groot opkoms.
            Jy word ‘n vyand van God, want, “Die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” Matt 25:40
            Dit wat jy selfs aan die geringste van God doen, doen jy aan God self. Onthou jy toe ons kinders was en iemand wil jou maatjie voeter, dan het jy voor jou maatjie ingespring en vir die aanvaller gesê: “Vat aan hom dan vat jy aan my.”
            Dis presies wat God sê: “Vat aan die geringste van My en jy vat aan My.”
            Let op: “Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.” Nahum 1:3
Enigiets wat iemand anders het, veral as die iemand anders groot welslae behaal vanweë sy geloof, sy toegewydheid, sy talente, kan afguns by ander ontlok word. Straks is dit iemand se Intelligensie, sy spesialis opleiding, sy vernuf, sy talente, selfs sy geestelike insig, sy antwoorde op gebed, sy wysheid. Pleks van afguns behoort ons oor te loop van blydskap omdat ander presteer.
Pleks van afguns en jaloesie, moet ons die Koninklike Wet nakom.
Die liefde is ‘n Koninklike Wet. “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” Matt 5:17
Hoe het Jesus toe die Wet vervul?
Net voor Sy vertrek na die Hemel, vra die dissipels Hom: “Meester, wat is die groot gebod in die wet?
“En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
“Dit is die eerste en groot gebod.
“En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
En dan sê Jesus: “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” Matt 22:36-40
Aan hierdie twee Liefdes-gebooie hang die HELE WET.
Hoe so? Want as jy waarlik liefhet, dan sal nooit enige wet oortree nie.
Die Skrif verwys telkemale daarna dat ons ander moet liefhê soos onsself.
Is dit moontlik om onsself lief te hê?
            Hierdie kan as ‘n meetinstrument beskou word: Hoe lief ek myself het, bepaal hoe lief ek ander het.
            Dit bepaal ook my geestelike stand in Christus.
Liv 19:18 “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
            Liv 19:34 “Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself...”
            Matt 19:19 “Eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
            Matt 22:39 “En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
            Wat ons ook hieruit leer is dat dit belangrik vir ons is om te weet in watter mate ons onsself lief het.
            Jy moet jouself liefhê. Ontlok hierdie woorde ‘n negatiewe reaksie by jou? Klink dit nie selfsugtig en egoïsties nie?
            Om jouself lief te hê beteken nie om selfgesentreerd te wees nie. Dit beteken om respek vir jouself te hê, om jouself te beskerm, vir jouself om te gee.
            Kyk weer na Liv 19:18: “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.” Moet dus nooit ‘n wrok teenoor iemand hê nie, afgunstig op iemand wees nie... maar “hê jou naaste lief soos jouself.” Of het jy ‘n wrok teen jouself, of teen iemand anders?
            En moet nou nie in ‘n geredekawel vasval van “Wie is my naaste” nie. Jy weet tog dis jou huisgenote en diegene in jou daaglikse omgang.
            As jy dus nie vir jouself lief is nie, dan sal jy wraakgierig of haatdraend teenoor ander wees. Dit mag nie so wees nie, dan is daar fout met hoe lief jy jouself het. Is jy wraakgierig en haatdraend met jouself? Sommige mense is. Dit is al bewys dat as mens iemand haat, jy, en nie die ander persoon nie, die eintlike lydende party is.
            Is jy nou in die moeilikheid by die HERE? Stellig nie.  “Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.” Dit is die sleutel: “Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.” Rom. 4:7-8
            Noord en suid is sowat 19 200 km van mekaar af, maar die afstand tussen oos en wes, is onmeetbaar. Dis hoe ver die HERE jou sonde van jou af verwyder nadat Hy jou vergewe het.
            En wat moet jy doen wanneer ander afgunstig is op jou? Onthou deurentyd: God is aan jou kant. Sing dus lofliedere tot die Koning. Jy is op oorwinningsgrond.
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:12-13 – Sjibbolet

·       Bid sonder ophou en in afwagting vir die grootste Herlewing in SA se geskiedenis.

Woensdag 18 Mei 2016

Die Grootste Revolusie van alle Tye! – Hiertoe is jy en ek geroep!


Image result for revolution


Ons bevind ons vandag in die mees revolusionêre tydvak van alle eeue. Revolusie beskryf die gees van ons tyd. Wêreldleiers en die mensdom vrees wat die dag van more sal bring.

Die voormalige Britse leier, Sir Winston Churchill, het gesê: “Ons generasie mag stellig nie meer leef wanneer die einde van die beskawing aanbreek nie.”

Die voormalige Amerikaanse President Dwight Eisenhower, het gesê: “Sonder ‘n morele en geestelike ontwaking, is daar geen hoop vir die wêreld nie... eendag sal ons onsself sien verdwyn in die stof van ‘n atoomontploffing.”

Dag Hammerskjold, voormalige Sekretaris-generaal van die VN, het kort voordat hy in ‘n vliegramp in die Kongo gesterf het, gesê: “Ek sien geen hoop vir die wêreld nie. Ons het so hard probeer en so tragies misluk. Tensy die wêreld in die volgende paar jaar ‘n geestelike hergeboorte ondergaan, is ons verlore.”

Daar is hoop. Jesus sê: “Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
          “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
          “Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” Openb 20-22
          So  maak jy die deur oop: “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” Rom 10:9-10

·       Hierdie is die uur vir gelowiges om betrokke te raak in wat gestalte kan kry as die grootste geestelike oes en ontwaking sedert die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag!


·       Hierdie is die uur waarvoor ons gebore is en Wedergebore is. “... mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom.” Luk 21:26. Mense se harte is oop vir die ontvang van die Evangelie wat ek en jy vir hulle moet bring.


·       Nou is die tyd om die Goeie Nuus op elke denkbare wyse te versprei. Ons moet Jesus Christus se werk op aarde voltooi en die Getal volmaak. Ons dwing niemand nie, ons oortuig niemand nie, ons saai net die saad. Die Gees van God sal die Woord nooit leeg laat terugkeer nie.


Baie Gelowiges het nog nooit die Groot Opdrag ernstig opgeneem nie. Meeste redeneer dat Herders al die werk moet doen. Herders kry egter nie lammers nie, net skape kan lam en simbolies hou die Bybel ons, vir my en jou, voor as skape.

Herders is daar om na die welstand van die skape om te sien, hulle te voed en te versorg sodat hulle selfs twee-, drie- en vierlinge per keer kan lam.

Daar is drie goeie redes hoekom ek en jy siele moet inwin: Eerstens omdat Jesus ons die Groot Opdrag gegee het om dit te doen; Tweedens omdat die mensdom verlore is sonder Hom en Derdens omdat die mensdom honger na ‘n Verlosser, al besef sommige dit selfs nie.
        Ek en jy kan niemand dwing om Christus te volg nie. Ons vertel en getuig oor die Goeie Nuus en Sy wonderwerkende krag. Die heilige Gees laat groei.
            Die profeet Sagaria profeteer oor die toekoms (Sag. 4:6) “Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees, sê die Here van die leërskare.”
            Die klem val op ‘n nuwe revolusie. Christus was seker in ons taal die grootste revolusionêr van alle tye.  Kyk net wat het Hy nie alles gedoen en bereik nie.
            Nechayev, ‘n Marxis wat in die tronk dood is na die sluipmoord op Tsaar Alexander 11, het gesê:
            “Die revolusionêr is ‘n toegewyde persoon. Hy stel nie sy eie belange voorop nie, ook nie sy eie gevoelens nie, nog minder het hy belang by eiendom, selfs sy naam is nie vir hom belangrik nie. Vir die revolusionêr is alles saamgevat in die enkele eksklusiewe gedagte – die een-passie revolusie!”
            Maar hierdie toegewydheid was nie oorspronklik Kommunisties nie. Dit was Jesus Christus wat gesê het:
            “As enigeen ‘n begeerte het om My dissipel te wees, laat hy homself verloën (homself alles ontsê, van homself en sy eie belange vergeet), sy kruis opneem en My volg (word gelyk aan My voorbeeld wat ek stel in lewe, daad en dood).
            Joshua 5: 15-15 is ‘n weerspieëling van wat tydens die Yom Kippoer Oorlog in Israel in Desember 1973 en Januarie 1974 gebeur het.
            “En terwyl Joshua by Jerigo was, slaan hy sy oë en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Joshua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort u by ons of  by ons vyande?
            “En hy sê:  Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. (Ek het pas gearriveer).”

            Die Hoof van die Leër van die HERE!

            Die gedagte verruk ‘n mens se sinne. Dis byna te groot vir die mens om te begryp.
            Die harde feite is dat ons in hierdie stadium onsself in ‘n geestelike oorlog bevind. Maar ons is beslis nie alleen nie. Jesus belowe: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Matt 28:20
            Die tweede wat hieraan gelykstaan is dat Jesus Christus die Hoof van ons Leërmag is. Aan Hom is “alle mag gegee in die Hemel en op Aarde.” Matt. 28:18.
            En hier is die mees verstommendste aspek van die geestelike lewe wanneer Jesus in Lukas 10:19 sê:
            “Ek gee julle die mag om op slange en skerpioene (die okkultisme, towery, heksery en magte van die duisternis) te trap, en oor al die mag van die vyand, en niks sal julle ooit skade doen nie.”
            Eers is die mag aan Hom gegee, en toe gee Hy dit aan ons. Ek wat maak ons daarmee?
            Ons sukkel met ons perspektiewe omdat ons nie in en deur die Gees van God wandel nie.
            Saam met die Hoof van die Leërmag is etlike legioene Engele.
            Hulle was daar toe die Rooi See oopgekloof is, hulle het die mure van Jerigo  omgegooi, hulle was ook saam met Josafat toe die vyand skielik homself vernietig het, en met Jonathan toe hy die Filistyne bestorm het, saam met Dawid toe hy Goliat  verslaan het, saam met Daniël in die Leeukuil  en helaas, ook telkemale saam met  ons eie volk.
            Die sonde van ons tyd is wanpersepsies omdat ons toelaat dat ander invloede uitwerkings op ons het, in plaas daarvan om te bly in dit wat ons geleer was – die Waarheid en nogmaals die Waarheid soos vervat in die Bybel. Ons lewe onder die omstandighede in plaas van bo die omstandighede.
            God se Engele is oral. Hulle het nie visums en paspoorte nodig nie. Dit is ook hulle wat in Angola ons troepe keer op keer uit benoudhede gered het. Die getroue gebede aan die tuisfront, was nodig.
            Dis ook hulle wat die Yom Kippoer Oorlog in 1973 gewen het.
            Jare gelede het die SAUK-tv  ‘n program gebeeldsaai waarin sommige van ons eie soldate vertel het van Goddelike ingrypings in die Angolese-oorlog.
            Christen-soldate wat in die Viëtnam-oorlog geveg het, het later ook van vele Goddelike ingrypings vertel.
            In 11 Konings 6:15-17 beleef ons weer ‘n pragtige Goddelike ingryping:
            “En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ‘n leër met perde en strydwaens rondom die stad.
            “En sy dienaar sê vir hom: Ag my heer, hoe sal ons maak?
            “Maar hy antwoord hom: Vrees nie; want dié wat by ons is, is meer as die wat by hulle is!
            “En Elisa het gebid en gesê: Here, open tog sy oë dat hy kan sien. En die Here het die oë van die dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elisa.”
            Van wie het Elisa gepraat? Van God se legioene Engele natuurlik. Die dienaar kon hulle eers nie sien nie, nie voordat God sy geestelike oë geopen het nie.
            Ook ons moet die plek bereik waar God ons geestelike oë vir ons open. Lees gerus die hele 11 Konings 6 en sien hoe Elisa die vyand verslaan het.
            Die leërmagte van die Hemel is gemobiliseer, maar ons is nie gereed nie. Ons verhouding met God en met mekaar is nie reg nie.
            Sonder geloof (Heb. 11:6) gaan daar ook niks gebeur nie. Voordat die Goddelike ingryping kan plaasvind, moet ons as volk verootmoedig, ons bekeer en terugkeer na die weë van God, ons God.
            Adam en Eva is nie uit die Paradys gesit omdat hulle gesondig het nie, maar omdat hulle nie bely het nie. Pleks van bely het Adam die skuld op Eva gepak en sy het die skuld op die slang gepak.

Met die vyandige vliegtuie wat in die Wêreld Handelsentrum in Amerika vasgevlieg is, het Amerikaners opnuut na die kerke gestroom, maar ‘n rukkie later was dit weer tot niet want niemand het bely nie.
            In Suid-Afrika kry die regering en ander die skuld vir alles, maar die Christene bely nie.
            Die sensusopname toon dat 32-miljoen Suid-Afrikaners sê dat hulle Christene is. Waar is hulle?  Waar is die Christen-stem?
            Op een van ons oorsese sendingtogte het ‘n Belg, nadat hy die Waarheid aangehoor het, gesê: “Dan was ons nog die hele tyd net papier Christene”.
            “As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
            “Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.” 1 Kron 7:14-15
            Maar gelowiges maak nie hulself bymekaar en bekeer hulself en verootmoedig nie. Die HERE se oë is oop en sy ore luister, maar daar gebeur niks.
            Liefdeloosheid, twis, haat, skinder, tweedrag is eerder aan die orde van die dag.
            Lees Jesus se laaste gebed in Joh 17 en kyk of daar van my en jou gepraat word.
            Ons moet heilig wees. Wat beteken heilig? Die Verklarende Woordeboek verduidelik dit so:
            Aan God opdra, aan God toewy.  Waardig maak.  Regverdig. As heilig erken. Heilig maak.  Volmaak, sonder sonde, godvresend.  Gewyd; met besondere gawes bedeel.  Eerbiedwekkend.  Trou.  Eerbiedwaardig.  Afgesonder. Pligsgetrou. Diep (eerbied). Heilig bly, onskendbaar bly; iets heilig glo, iets onvoorwaardelik glo; (hulle is nie almal heilig wat baie kerk toe gaan nie, 'n mens kan nie net na uiterlike vroomheid oordeel nie).
            “Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.
            Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
“Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
“En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.” Gal 5:5-21
            As ons sê dat ons gelowiges is, dan behoort die Groot Gebod, die van Liefde, tekenend van ons bestaan te wees:
            “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, goedheid, lankmoedigheid, vriendelikheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Gal 5:22. Ervaar jy dit in jou eie lewe?
            1 Pet 2:24 lees: “Deur die wonde van Jesus het daar vir ons genesing gekom.” So moet daar deur ons wonde ook genesing vir ander kom.
            Dan is ons lief vir mekaar en lief vir ander. Dan “Dra ons mekaar se laste” Gal 6:2. Dan “Bid ons vir mekaar.” Jak 5:26
            “Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.” Luk 6:28
            Die revolusionêre magte van die duisternis saai onheil, terwyl die revolusionêre magte van die Hemel, waarvan ons as Christene deel is, die situasie net mooi kan omkeer na ware vrede en heil.
            Om siele by Jesus Christus uit te kry vereis van ons ‘n ware Christen-lewenswandel, die uitdra van die Evangelie en gebed... en nogmaals gebed. Jesus het die Revolusie begin en vandag is dit die grootste beweging in die wêreld met die Bybel steeds as die top verkoper, maar ek en jy moet die Revolusie voltooi, die Getal volmaak.
            Waarvoor wag jy?
            Luister: https://www.youtube.com/watch?v=ad54bH-nQTM
            En: "Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra." Ps 126:6
Bid deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA. Raak betrokke, dis die Groot Opdrag – Sjibbolet

https://www.youtube.com/watch?v=ad54bH-nQTM&authuser=0

Maandag 16 Mei 2016

Oor Vergifnis….


Image result for forgiveness


Wat vergifnis nie is nie: Die tannie  is baie siek.  Die oom sit by haar en hou haar hand vas.
Oom: “My vrou, ons het ’n wonderlike lewe saam gehad en daar is niks wat ek nie weer sal doen as ek kan nie.  Daar is net een ding wat ek jou graag wil vra voordat dit te laat is – daardie trommel op die kas.  Ek het jou jare gelede daarna gevra en jy het gesê ek moet jou nie weer vra nie, want dit is regtig die enigste geheim wat jy vir my het.  Maar dink jy nie dis nou tyd nie?”
            “Nou gaan haal dan maar die trommel en maak dit oop,” prewel sy.
            So gesê en so gedaan. Binne die trommel is twee gehekelde doilies en ’n allemintige pak R100- en R200-note.
            Sy verduidelik: “Die dag voor ons troue het my ma my gesê ek moet altyd die minste wees as ons dalk ’n argument het. Maar, omdat sy my geaardheid geken het, het sy my gesê hoe om dit makliker te maak.  Elke keer wat ons baklei, moes ek ’n doilie hekel. Dit het my gehelp om te kalmeer.”
            Met trane in sy oë en dankbaarheid in sy hart omdat daar net twee doilies na 60 jaar se getroude lewe is, vra hy: “En die geld dan?”  Waarop sy antwoord: “Dis van al die doilies wat ek al verkoop het…”

Jesus Christus: “As julle ander mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredinge vergewe nie.” Mat 6:14-15
            “Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het. So sal my Vader wat in die Hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.” Mat 18:34-35
            As voorbeeld vir jou en my het Jesus hierdie aanhalings van Hom soos volg met Sy eie lewe gedemonstreer: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Luk 23:34

Paulus: “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” Ef 4:32
            “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.” Kol 3:13

Stephanus:  “Here Jesus, ontvang my gees! En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.” Han 7:59-60

Vergifnis beïnvloed jou gesondheid

Die vermoë om te vergewe sal jou gees, jou gesondheid en jou huwelik salf, selfs jou uitkyk op die lewe verander, wys nuwe navorsing deur die mediese wetenskap, aldus USA Today.
            Die Amerikaanse kundiges soos medici, huweliksberaders, kundiges in geestesgesondheid, brein-navorsers en ander wat betrokke is by die emosionele welstand van mense, het almal in die jongste tyd die Bybelse waarheid oor vergifnis in die praktyk ontdek.
            Die kundiges bestuur nou ‘n spesiale veldtog genaamd ‘n “Veldtog vir Vergifnisnavorsing”.  Groot konferensies oor die onderwerp word gereeld gehou.
            Navorsers kyk na verskeie aspekte oor vergifnis en maak gebruik van verskillende soorte meetinstrumente. Hulle kyk na die effek van vergifnis rakende ‘n wye reeks van oortredings, vanaf  kindermishandeling tot onenigheid in die huwelik.
            Die uitvoerende direkteur van die veldtog, Everett Worthington, sê alle navorsing toon dusver ‘n verband tussen vergifnis en gesondheid.
            “Kroniese onvergewensgesindheid veroorsaak stres,” sê Worthington, en voeg by “elke keer wanneer mense aan hulle skuldenaar dink, dan reageer hulle liggaam.”
            “Bloeddruk en polsslag styg, gesigspiere span styf, stres-hormone word aktief.  Kroniese stres beïnvloed die immuun- en kardiovaskulêre stelsels,” sê hy.
            Daarteenoor lei vergifnis tot ‘n vermindering van stres en vervang dit negatiewe emosies met positiewe emosies.
            Die belangstelling in vergifnis word as ‘n “ontploffing” beskryf, aldus Worthington. Hy sê die “Veldtog vir Vergifnisnavorsing” is al in 1998 gestig en word deur 13 donateurs en stigtings geborg sodat verskeie projekte onderneem kan word.
            Worthington sê hy glo dat die navorsing uiteindelik diegene gaan baat wat wil vergewe en glo dat dit noodsaaklik is om te vergewe om met ‘n mens se lewe te kan aangaan.
            “Navorsing het getoon dat alhoewel vroue meen dat hulle makliker as mans kan vergewe, dit beslis nie die geval is nie.  Hulle gedragspatrone nadat hulle kwansuis vergewe het, toon die teenoorgestelde,” sê Ann Macaskill van Sheffield Hallam Universiteit in Engeland.
            Haar studie het 214 vroue ingesluit wat elk moes skryf oor iemand wat hulle te na gekom het, die seerkry en in hoevele hulle daardie persoon werklik vergewe het.
            Fisioloog Fred Luskin van die “Stanford Vergifnisprojek” by Standford Universiteit, is leier van ‘n reeks studies oor mense met onopgeloste probleme rakende leed wat hulle aangedoen is deur hulle ouers, huweliksmaats of werkgewers. Sommige van hierdie mense ly aan erge skade.  
            In een program is 17 volwassenes vanaf Noord Ierland na Stanford gebring vir ‘n week se opleiding oor vergifnis. ‘n Familielid van hulle is vermoor. Die opleiding het in ‘n groepsessie geskied en raad is gegee oor nuwe maniere om oor trauma te redeneer.
            Na afloop van die sessie het 37% gesê dat hulle nou veel minder seer het terwyl 35% minder fisiese simptome van stres, soos byvoorbeeld swak eetgewoontes,  getoon het.
            Baie huweliksberaders glo dat vergifnis tussen huweliksmaats van kardinale belang is. Navorsing toon dat as huweliksmaats mekaar nie vergewe nie oor dinge van die verlede nie, dan kan hulle ook nie huidige konflikte hanteer nie.
            Luskin sê dat volwassenes wat nie hulle ouers kan vergewe nie, onbewustelik hulle toorn op hulle huweliksmaats uithaal.
            Navorsing het ook getoon dat vergifnis die volgende positiewe reaksies tot gevolg het:
·        Verlaging in bloeddruk en stres hormoonvlakke
·        Minder pyn, depressie en toorn in pasiënte met kroniese rugpyn
·        Minder ineenstorting van vroue wat misbruik is
·        Minder simptome van depressie en stres en ‘n hoër lewenskwaliteit onder Vigs pasiënte.
         
Suzanne Freedman, ‘n sielkundige aan die Universiteit van Noord Iowa in Ceder Falls sê dat mense soms nie ‘n begrip van vergifnis het nie.
“Hulle reageer negatief wanneer hulle die woord hoor. Hulle meen dat mens daarmee te kenne gee dat dit wat die oortreder aan jou gedoen he, in orde was.
“Vergifnis beteken nie die aanvaarding van die leed nie, of om te vergeet wat gebeur het nie, of om vrede te maak met die oortreder wat jou steeds skade berokken nie,” sê sy.
‘n Andersdenkendes, soos sielkundige Jeanne Safer, skrywer van “Forgiving & Not Forgiving”,  sê die voordele van vergifnis word oordryf. Volgens haar is dit soms beter om nie te vergewe nie.
Safer sê: “Dis ‘n idee wat maar deel van ons kultuur is. Wat as iemand nie kan vergewe nie? Hulle dink hulle is ‘n monster as hulle nie kan vergewe nie en dat dit sal lei tot hoë bloeddruk en selfs kanker.”
Vreemd dat die mediese wetenskap dit nou eers ontdek en kongresse daaroor hou terwyl dit al van die vroegste tye af in die Bybel staan.
Ons  was eendag deur ‘n vrou en haar man gevra om vir die vrou te bid wat sterwend was aan bloedkanker.  Die vrou had ‘n verterende haat teenoor iemand in dieselfde straat.
Die vrou het vertel dat sy wel die oortreders vergewe het, maar op ‘n vraag, bygevoeg dat sy hulle “darem nie so vergewe het dat hulle welkom sal wees om daardie selfde aand by haar te kom tee drink nie.”
Ons het aan haar gesê: ‘Ons sal vir jou bid en die HERE vra om jou te genees, op voorwaarde dat jy daardie mense vergewe.’
Drie jaar later het ons die vrou en haar man in ‘n supermark raakgeloop.  Hulle was vrolik en bly, want die vrou was blakend gesond. Dit beteken natuurlik nie dat almal wat siek is, aan onvergewensgesindheid ly nie, maar in sommige gevalle kan dit wel die oorsaak van die siekte wees.
Maar as jy nie vergewe nie, sê Mar 11:25-26 die volgende: “En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die Hemel is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
            “Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die Hemel is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.”
            Dis eenvoudig:  As ons nie kan vergewe nie, vergewe God ons nie.  Totdat jy vergewe het, kan jy maar ophou bid want God hoor jou nie.
            Hoe kan enigeen van ons dit waag om in so ‘n toestand te verkeer wanneer die HERE ons kom haal?  Dis soos om met vuur te speel.
            Iemand soos dr. Jeanne Safer kan maar redeneer soos sy wil, die Woord van God staan vas.
Die HERE leer ons hoe om te bid in die bekende “Onse Vader” in Matt 6.  Ondermeer moet ons bid: Vergewe ons, ons skulde, soos wat ons, ons skuldenaars vergewe.
Net na die Onse Vader, waarsku die HERE in 6:14 “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe.
“Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”
In 1 Kor. 11 lees ons oor die Nagmaal, en daarmee saam die HERE se waarskuwing dat as jy onwaardig by die tafel aansit, jy ‘n oordeel oor jouself drink en dat dit die rede is waarom daar “baie swakkes en sieklike onder julle is, en ‘n aantal het al ontslaap.”
As jy iets teen iemand het, of iemand iets teen jou het, dan moet jy daardie saak eers gaan regstel, voordat jy by die Nagmaaltafel aansit, anders drink jy ‘n oordeel oor jouself!
En dan Matt. 5:23 “As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,  laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.”
Dit beteken dat solank jou broer iets teen jou het, het jou gawe geen waarde nie, al gee jy ook duisend maal meer as gewoonlik.
Waarom ‘n slagoffer van omstandighede wees, waarom so ly – vergewe, sodat jy kan aangaan met jou lewe, sodat God jou ryklik kan seën, sodat dit met jou goed mag gaan!
Bid asseblief en maak gereed in afwagting van ‘n magtige Herlewing in Suid-Afrika. – Sjibbolet

Vrydag 13 Mei 2016

Moenie die tak afsaag waarop jy sit nie...


Image result for dont cut the branch you are sitting on


Moenie die tak afsaag waarop jy sit nie. Diegene wat die Skrifte nie ken nie raak verbouereerd omdat hulle gebede nie beantwoord word nie, dan begin hulle links en regs fout vind en blameer. Murmurering het nog nooit, ook nie in die Bybel se tyd, enige antwoorde opgelewer nie.
            Dan saag hulle die tak af waarop hulle sit  en volgende is hulle uit die gemeente, selfgeregverdig in eie waan.
            Nou kan jy sien wat word bedoel met kennis en dat die Woord ‘n lamp is. Sonder kennis en sonder ‘n lamp ly mense ontsettend gebrek.
            Nou verstaan jy ook: “En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie. Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.” Jes. 5:12-13
            Los die saag en die murmurering, en sing lofliedere, want geseënd is jy in die naam van Jesus Christus! O ja, jy is beslis geseënd. Let op die volgende:
            Moenie bid vir seëninge nie (hoekom nie), want God het “ons geseën met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,” Efes. 1:4 Ons triomf berus op Lofprysinge want ons is reeds geseën.
            Moenie God soebat om iets vir ons te gee of te doen nie, want “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Rom. 8:32. Weer berus ons triomf op Lofprysinge want Hy skenk ons alles genadiglik.
            Moenie bid vir dit wat tot die lewe en Godsaligheid lei nie, want “Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, (hoekom?) sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, (wann3eer?) nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. 2 Pet. 1:3-4.
In hierdie drama van Geloof is daar twee betrokkenes: God, die Algoede Gewer en jy, die bloed-gewaste ontvanger. God, die Algoede Gewer het reeds “alles aan ons geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien.” En weer berus ons triomf in Lofprysinge vir alles wat ons reeds as geskenk ontvang het.
            Moenie hoop en bid vir opbrengs en toename nie, want “Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.” Ps. 67:5-7. Nogmaals berus ons triomf op Lofprysinge en dan kom die opbrengs en die toename.
            Moenie bid en neul vir genesing nie en dalk daardeur voorgee dat daar iets skort in God se voorsiening vir ons genesing nie, want “Hy het self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.” 2 Pet. 2:24. Ons triomf berus weer op Lofprysinge want ons is reeds genees.
            Moenie die doping in die Heilige Gees benader asof dit iets is wat mens van God moet afsmeek nie, want “Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hand. 2:38. En weer, Lofprysinge is ons triomf vir die gawe van die Heilige Gees. Ontvang net die Heilige Gees in jou lewe.
            “Alles behoort aan ons.” 1 Kor. 3:21. Lofprysinge is ons triomf vir alles wat ons nodig het want alles behoort aan ons.
            Verkeer jy in benoudheid, in ellende? Dan stel Paulus en Silas vir ons die voorbeeld: Lofliere... en die kettings val af en die deure gaan maak oop.
            Ons glo SA is op die rand van ‘n grootse Herlewing... laat die lofliedere weerklink. -- Sjibbolet

Woensdag 11 Mei 2016

Die HERE wil JOU huisgesin ook red...


Image result for family reading bible together


Daar is kere wat mens in ernstige situasies beland, soos Paul en Silas. Die twee sit teen middernag in die tronk geboei, flenters geslaan, naak en bebloed. Dit lyk of alles verlore is.
            Dan begin die twee die HERE aanbid en lofliedere sing...
            “En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
            “En skielik kom daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.
            “En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy 'n swaard getrek en wou homself om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het.
            “Maar Paulus het met 'n groot stem geroep en gesê: Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier.
            “En toe hy lig gevra het, spring hy na binne en val bewende voor Paulus en Silas neer.
            “En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
            “Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
            “En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.
“En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.
            “Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle 'n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.” Han 16:25-35
            Dit is ‘n wonderlike les: Wanneer jy vasgekeer is in benoudheid, begin lofliedere aan die HERE sing....
            Let op waar het hierdie verhaal begin: “En Paulus het 'n gesig in die nag gesien – daar staan 'n Macedóniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedónië en help ons!”
Paulus reageer dadelik: “En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die Evangelie aan hulle te verkondig.” Han 16:9-10
Paulus-hulle was ver van Macedonië toe die dringende versoek in die naggesig kom dat hulle deerheen moes reis.  Die manne is op see en reis na Troas en na Samothráce, en die volgende dag na Neápolis, en daarvandaan na Filíppi, wat die eerste stad is van daardie deel van Macedónië, 'n kolonie.
            Feitlik almal van ons bid vir die redding van ons huisgesin. Dinge gebeur soms te stadig na ons sin, maar ons moet aanhou. Die HERE hoor beslis ons roepe na Hom vir die redding van huisgesinne. Moet nooit daaroor twyfel nie want die HERE het belowe hy red jou hele gesin.
            Lees die hele Handelinge 16 en let op tot watter uiterstes God bereid is om te gaan om ‘n huisgesin te red. Al kos dit jou wat, hou aan met vertrou.
            Dis ‘n drama en bynase trauma wat afspeel voordat hulle in die tronk beland, terwyl hulle in die tronk is en die aarskudding en wat daarna gevolg het. Dit was erg, baie erg.
            Maar waarheen was die Heilige Gees eintlik op pad? Hoekom die oproep in die naggesig? Die HERE wou die tronkbewaarder en sy gesin red.
Die tronkbewaarder: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?
            “Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”
            En toe gebeur die volgende: “En hulle het aan hom die Woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.
“En in dieselfde uur van die nag het die tronkbewaarder hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.”
            Paulus se oproep in die naggesig eindig hier... die Woord aan die gesin, die redding van die gesin en hulle is almal gedoop.
En toe die groot fees: “Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle 'n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.”
            Mens kan sien dat Paulus en Silas spesifiek geroep was na die huis van die tronkbewaarder, maar hulle het nie gevra wat hulle in Macedonië moes gaan doen nie. Hulle het gemeen hulle is versekerd dat hulle die Evangelie daar moes gaan verkondig.
            Dis ‘n groot land en hulle vra nie waar hulle die Evangelie moet verkondig nie. En dan word hulle langs ‘n bynase doodsweg gely na die tronkbewaarder se huis.
            Na die taak by die tronkbewaarder se huis voltooi was, het hulle die land verlaat en verder gereis deur Amfípolis en Apollónië na Thessaloníka.
            Luister na Petrus by ‘n ander geleentheid: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”
            En nou: “Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.” Han 2:38-39
            En nog: “...jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ek verlos.” Jes 49:25.
            So, wanneer jy vir jou gesin bid, doen dit ook met lofliedere omdat jy weet die HERE het belowe Hy red jou hele gesin.
Bid deurentyd vir die te wagte magtige Herlewing in SA – Sjibbolet

Moet jou nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie


'n Groep toeriste sit eendag in die Yellowstone Park in Wyoming, Amerika en wag vir 'n dier, wat die skrik van die bosse genoem word, die grysbeer, om te verskyn, vertel Dale Carnegie in sy boek How to Stop Worrying and Start Living.
'n Hoop afvalkos, uit die hotel se kombuis, is naby neergesit, om die beer te lok. Nie lank nie of hy kom massief uit die donker bos te voorskyn.

Die wildbewaarder, maj. Mertindale, vertel vir die mense, die grysbeer is enige dier in die Westelike halfrond se moses, behalwe miskien die buffel en Kadiakbeer. Die dier vrees niemand en niks.
Die mannetjies word tot 318kg swaar en die wyfies sowat 180kg. Hulle hardloop met gemak 70km per uur.
Terwyl die toeriste so kyk, kom nog 'n dier uit die bos uit en begin saam met die grysbeer die lekker afvalkos vreet. Die grysbeer sou geen ander dier naby sy ete duld nie, maar nou laat hy hierdie een sy gang gaan. Dit is die stinkmuishond.
Die beer kon hom met een hou van sy geweldige voorpoot plat gevee het, maar die beer het al geleer: Lol met hom, en jy stink vir dae aaneen...
Die les wat ons hieruit leer: “Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie.” Matt 5:39
Daar is viervoetige muishonde, én daar is tweevoetige muishonde, sê Carnegie. Hy haal goeie raad aan uit 'n verslag van die Polisiekantoor in Milwaukee: “As selfsugtige mense probeer voordeel trek uit jou, skrap hulle van jou lys, maar moenie hulle probeer terug kry nie. Jy sal net seerder kry as hulle."
Dit is onverstandig om enige mens te probeer terug betaal, want dan gee ons hulle mag oor ons: mag oor ons slaap, ons eetlus, ons bloeddruk, ons gesondheid, ons welsyn, ons geluk.
Ons vyande sal opspring van vreugde as hulle kon weet hoe hulle ons kwel, kwes, ons laat ly, ons immobiliseer. Ons haat en wraakgedagtes maak hulle nie seer nie, maar dit omskep ons eie dae en nagte in donkerte... veroorsaak ‘n binding in ons gees.
            Jesus se woorde: "Julle moet julle vyand liefhê," dui die pad aan na gesondheid en geluk.
Toe Jesus vir Petrus gesê het: "Jy moet 70x7 keer vergewe," was Hy besig om ons te vertel hoe om gesondheidskwale te vermy. Hy het ook raad gegee hoe om ons voorkoms te verbeter. 'n Mens se gesig kan verrimpel en verhard raak deur haat en mismaak word deur wrok.
Niks kan gelaatskoonheid bewerk soos vergewensgesindheid, teerheid en liefde nie! Laat ons onsself so liefhê dat ons nie sal toelaat dat ander, met hulle slegte gesindheid, ons lewe bederf nie.
            “My kom die wraak toe en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van hulle ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is, kom gou.” Deut 32:35
“Want die HERE sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.” Deut 32:36
            “Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.  As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop. Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” Rom 12:19-21
            “En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” Mar 25:40
            Ongelukkig is haat en ergerlikheid sterker as onsself. Ons vlees neig na haat,  of 'n wrok, want die vlees is sterker as verstandige denke. Ons moet in die Gees lewe sodat ons die krag en heil van God kan ervaar. – Sjibbolet


·