Donderdag 05 Mei 2016

God stel standaarde...


Image result for god images

God stel standaarde vas vir die Christelike lewe. Hy wyk nooit daarvan af nie. Daar is ook nooit grys areas nie.
            “Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel. U het U bevele gegee om dit trou te onderhou.” Ps 119:1-3
            Hoe groter die openbaring van die Liefde van God hoe groter is die verwydering tussen lig en duisternis. Ware Liefde waarsku en beskerm mense van verkeerde handelinge, verwarring en verkeerde besluite.
            “Uit U bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.  U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad. Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou. Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!” Ps 119:104-107
            “Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” Matt 5:14-16
            Daar is gelowiges wat terugdeins van die Lig ter wille van posisies en wêreldse aanvaarding, ‘n optrede wat dodelik is en skokkend. Daar is Christene en selfs kerkleiers wat nie weet wat Liefde werklik is nie. Nogtans sal die volle Waarheid gepredik moet word. Mense moet tot inkeer kom en gereed maak vir die Basuin.
            “En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.” Fil 1:9-11
            Te veel Christene kies wysbegeerte (filosofie), kies menslike wysheid pleks van Goddelike Bybelse wysheid.
            “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.” Rom 1:22-23
            Reg oor die wêreld moet mens deesdae uiters versigtig wees om nie iets te sê of jouself op ‘n manier uit te druk, wat aanstoot kan gee nie. So mag mens op baie plekke nie meer Jesus se naam in die openbaar gebruik nie want dit gee aanstoot. Ander beweer dit maak inbreuk op hul mensregte.  
            Deur stil te bly, weg te skram, weens ‘n gebrek aan Heilige Gees geïnspireerde woorde en antwoorde, het reeds tot gevolg dat die wêreldwye sataniese veldtog ‘n byna onkeerbare momentum bereik het.
            “En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie; want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.” Luk 12:11-12
            “En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Matt 10:22
            Die aantal lande waar Christene gruwelik vervolg word, het nou gestyg na 50.
            Sjina beleef ‘n ontsettende groot en omvangryke Herlewing, maar die Christene word tot en met vervolg. In Amerika word mense vervolg op ‘n grondslag waar dierbare Christene hul reputasies verloor en ander finansieel bedreig en vernietig word.
           “U, o koning, het 'n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid; en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word.
            “Daar is Joodse manne wat u oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abednego; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie.
            “Toe het Nebukadnesar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednego te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring.
            “En Nebukadnesar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?” Dan 3:10-14
            Die HERE sal my en jou ook uit ‘n vuuroond red. Gelowiges wil nie vandag  standpunt inneem nie want hulle vrees konflik. Hou hulle maar dop op die sosiale media.
            Christene mag nie stilbly nie. As ons Christus voor die mens bely, bely Hy ons voor die Vader.” Matt 10:32
            Loof die HERE vir komende Herlewing.
            Oorwinningsgroete. – Sjibbolet


As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za  
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com  
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely
voor die Engele van God.” Luk 12:8

Stuur asseblief jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by
belindapaar@gmail.com  Sien ook:

http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html