Dinsdag 03 Mei 2016

Christus leef IN jou...


Image result for jesus in me

“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Gal 2:20

Dit is wat by jou Wedergeboorte plaasgevind het:
·        Jy is saam met Christus gekruisig

·        Jy leef dus nie m eer nie,

·        Jy het nou die Ewige Lewe, en

·        Christus leef nou IN jou.


Al hierdie dinge het gebeur omdat Jesus jou liefgehad het en Homself vir jou oorgegee het.
            Natuurlik is jy nog op die aarde en jy is nou gees en vlees. Die gedeelte wat jy in die vlees lewe, leef jy egter deur die geloof in Jesus.
            Die Wedergeboorte beteken dieselfde as herskepping en dit beteken dat die geaardheid van die gevalle mens herskep word. Daarom sê die Skrif jy is nou ‘n nuwe skepsel geskep deur die liefde en genade van God.
            Die Bybel stel verlossing voor as die vrykoop-hernuwing van ‘n mens, gegrond op ‘n herstelde verhouding met God deur Christus wat in daardie mens lewe. Hierdie vrykoop bring voort ‘n radikale en algehele transformasie in die gees van die mens waardeur hy ‘n nuwe mens word, wat in heiligheid en kennis van die waarheid vernuwe word na die beeld van God. Efes. 4:24; Kol. 3:10
Hierdie is ‘n nuwe mensras wat nie meer langer gelyk is aan hierdie wêreld nie. Rom. 12:2; Efes. 4:22; Kol. 3:9. Herskepping is die geboorte waardeur hierdie werk – die voortbringing van ‘n nuwe skepping- aanvang neem.
Jesus het jou in die eerste plek geskep. Kyk hoe beskryf Dawid dit:
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien, toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” - Ps 139:12-16
            By die Wedergeboorter is Hy weer daar om jou te herskep.
Die sondige natuur (Satan se geaardheid) – wat wetteloos, goddeloos en selfgesentreerd is (Rom. 3:9-18; 8:7) en wat die mensdom beheers sedert Adam se ongehoorsaamheid – word deur die herskepping vervang met ‘n nuwe mens wat vertroue en liefde het, wat berou het vir rebelsheid en ongeloof van die verlede, en voortaan onderworpe is aan die wet van God.
Herskepping verlig harte wat blind is om geestelike realiteite in te sien 1 Kor. 2:14-15; 2 Kor. 4:6. Herskepping bevry en bemagtig die vasgevange eie wil tot vrye gehoorsaamheid aan God. Rom. 6:14; Fil. 2:13.
Die gebruik van die woord Wedergeboorte om hierdie verandering te beskryf beklemtoon twee feite.
Die eerste feit om in ag te neem rakende die Wedergeboorte is die beslistheid daarvan. Die herskepte mens het vir ewig opgehou om te wees wat hy was.  Sy ou lewe is verby en ‘n nuwe lewe het begin. Hy is ‘n nuwe skepping in Christus. Hy is begrawe met Christus, buite die bereik van veroordeling, en is ook met Christus opgewek uit die dood tot ‘n nuwe lewe van regverdigheid. Rom. 6:3-11; Kol. 3:9-11.
            Die tweede feit rakende die Wedergeboorte is dat dit alleenlik deur God gegenereer is. Babatjies genereer nie of werk nie mee aan hulle eie verwekking of geboorte nie. Net so is daar geen manier wat diegene wat dood is in oortredinge en sonde, die verwekkingsdaad van God kan aanhits of inisieer wat betref die voortbring van Sy Seun in hulle nie. Efes. 2:1-10.
Geestelike lewendmaking is ‘n vrye, en vir die mens, ‘n misterieuse werking van Goddelike krag Joh. 3:8. Dit kan nie verklaar word in terme van die ontwikkeling van bestaande menslike hulpmiddels, of die kombinasie daarvan met dit wat tot God se beskikking is, nie.
Die Wedergeboorte word ook nie veroorsaak of in werking gestel deur enige menslike pogings (Joh 1:12-13) of enige menslike verdienste nie. Titus 3:3-7. Wanneer God Sy saad in ‘n gelowige plaas, is dit ‘n hele volledige saad; daar is niks meer wat by daardie saad bygevoeg kan word nie.
Dus, wanneer die gelowige gedoop (geplaas) is in Christus (1 Kor. 12:13) en die Wedergeboorte vind plaas, het daardie gelowige Christus volledig in hom en haar, want daar is niks meer van Christus wat aan hom of haar gegee kan word nie, net soos ‘n pasgebore baba nie weet wat alles met hom gebeur het nie.
Dit beteken dat daar nog baie is wat die nuutgebore gelowige moet leer. Die een aan wie die lering van die nuwe gelowige toevertrou is, is die Heilige Gees. Oombliklik met die Wedergeboorte van die nuwe gelowige, het die Heilige Gees gekom en blyplek gevind in sy siel/verstand.
Met die laaste sensus het 32 miljoen Suid-Afrikaners verklaar dat hulle Christene is. Mens durf vra: Sou hulle Wedergebore wees?
Werk, want die TYD loop haas uit. Bid ook voortdurend vir ‘n magtige Herlewing in SA. – Sjibbolet

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za    
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com    
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely
voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur asseblief jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by
belindapaar@gmail.com  Sien ook:
http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html