Vrydag 19 Junie 2020

Die wonder van ‘n Seën uitspreek


'n Kragtige instrument wat ons as Wedergebore gelowiges in ons arsenaal het, is die vermoë om ander in die Naam van Jesus te seën.

            Die Jode seën gereeld mekaar en ook ander, maar ons ken dit nie. Ons weet nie hoe  kragtig dit werklik is nie. Ons ken net van die HERE vra om die kos te seën wat ons gaan eet, terwyl ons dit eintlik self moet seën

            Ons sê wel vir die HERE dankie vir die kos, maan dan moet ons dit seën in die naam van Jesus Christus. En dis pa, die hoof van die huis, wat dit moet doen. Die moeder mag dit net doen in die  pa se afwesigheid.  Wanneer die kinders alleen is, dan doen hulle dit self.

            My ouma in die Pêrl was ‘n geestelike rots. Niemand moes dit waag om (skinder)stories by haar aan te dra nie. Sy het jou summier gestop en gesê sy wil dit nie hoor nie en as jy ‘n probleem met iemand het, vergewe en seën hulle.

            “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.: Rom 12:21

            “Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig,” Luk 6:28

            Dis ‘n opdrag dat ons, ons vyande moet liefhê. As mens jou vyand moet liefhê, hoeveel te meer moet die Gelowiges nie mekaar liefhê nie?

            Kyk hoe kragtig het die HERE ons geseël: “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus (let op)wat ons geseën het met (waarme?)alle geestelike seëninge in die Hemele in Christus,

            Die vermoë om ander mense en ander dinge te seën is 'n uiters kragtige gebedsinstrument, en elke Gelowige moet dit op 'n gereelde basis doen, omdat jy nooit weet hoe ver God met jou sal werk in hierdie wêreld nie.

            Om iemand met voorspoed te seën. (los daai twak van duim vashou). Seën iemand met God se goedheid en guns.

            Iemand gaan op reis: “Ek seën julle in die naam van Jesus met ‘n voorspoedige en heerlike reis.”

            Vir diegene wat nie bewus was van hierdie ongelooflike voorreg wat ons reeds van die HERE ontvang het nie, bied ons van die sleutel strofes hier aan...  daar is letterlik 'n oneindige aantal dinge en situasies wat jy in die Naam van Jesus kan seën. Die seën wat jy in geloof en uit jou hart uitspreek sal so verwesenlik word.

            Hier is ‘n paar voorbeelde wat die wye verskeidenheid situasies toon waarin seëninge verleen is, hetsy direk deur God die Vader, Jesus Christus, of deur sommige van sy eie mense in beide die Ou en Nuwe Testamente.

            “Voorwaar, ek sê vir julle, wie die Koninkryk van God nie as 'n klein kindjie ontvang nie, sal dit nooit binnegaan nie. En Hy het hulle in sy arms opgeneem en hulle geseën.” Mark 10: 15-16

            “Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.” Spr 3:33

            “En Hy het hulle uitgelei tot in Betanië, en Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. En terwyl Hy hulle seën, is Hy van hulle geskei en in die Hemel opgeneem.” Luk 24:50

            “Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en kyk op na die Hemel, seën en breek dit en gee dit aan die dissipels om vir die skare voor te sit.” Luks 9:16

            “Daarna het sy met 'n groot stem gespreek en gesê: "Salig is julle onder die vroue, en geseënd is die vrug van u skoot!" Luk 1:42

“Daarom het Josua hulle geseën en hulle weggestuur, en hulle het na hul tente gegaan.' Jos 22:6

“Julle is die kinders van die profete en die verbond wat God met julle vaders gesluit het, en vir Abraham gesê: “In julle nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.” Han 3:25

“As jy geëet en vol is, moet jy die HERE jou God seën vir die goeie land wat Hy jou gegee het.” Deut 8:10. Ja, ons moet ook die HERE seën.

"Seën die HERE, o my siel, en vergeet nie al sy voordele nie." Ps 103: 2

“Daarmee seën ons, ons God en Vader en daarmee vervloek ons ​​mense wat in die gelykenis van God gemaak is.” Jak 3:9

“Die beker van seën wat ons seën, is dit nie die gemeenskap van die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap van die liggaam van Christus nie?” 1 Kor 10:16

“En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die seë, en laat voëls op die aarde vermeerder.” Gen 1:22

“Maar ek sê vir jou, wees lief vir jou vyande, seën diegene wat jou vervloek, doen goed aan die wat jou haat, en bid vir diegene wat jou spottenderwys gebruik en jou vervolg.” Mat 5:44

“Seën diegene wat jou vervolg; seën en moenie vloek nie.” Rom 12:14

“Maar watter huis julle ook al binnegaan, sê eers:'Vrede vir hierdie huis. En as die seën van die vrede daar is, sal julle vrede daarop rus; so nie, sal dit na julle terugkeer.” Luk 10: 5-6

            Let daarop dat God ons ook direk kan seën en terwyl ons ander in Jesus se Naam seën, dat ons God ook self direk kan seën. Jy kan ook jouself seën net soos wat jy vir jouself kan bid.

God die Vader het nie net in die Ou Testament geseën nie maar ook in die Nuwe Testament.

            Toe Jesus vertrek en na sy Vader opgevaar het, sê Hy dat ons moet doen wat Hy gedoen het. Hy het ons dus sy gesag en sy mag gegee om sy bonatuurlike bediening uit te voer. En deel van daardie bonatuurlike bediening is die reg om mekaar in sy naam seëninge te kan gee.

            Voorbeelde van wat jy in die Naam van Jesus kan seën:

Seën iemand met vrede as hulle iets verloor het as gevolg van 'n ongunstige ontwikkeling wat pas in hul lewe plaasgevind het.

Seën die baba wat 'n moeder in haar baarmoeder dra, en seën die moeder met 'n volkome normale gesonde baba.

As iemand in ‘n nuwe werk begin, seën hom of haar.

Spreek die seën oor iemand sodat hy/sy die kennis te ontvang om korrekte besluite te neem.

Seën jou eie finansies, of iemand anders se finansies.

Salf en seën jou huis, jou motor, jou man, vrou en kinders;

Seën die land, jou grond, die leiers.

Seën jou reis, jou werk, jou onderdane, jou tuinwerker, jou huishoudster.

Seën jouself met die HERE se goedheid en guns, elke dag.

Seën die huwelike van al jou kinders, sodat hulle onder die hand en dekking van God kan bly.

Seën ander met vreugde, vrede en geluk in die HERE.

Seën, die predikant, die kerkraad, ook die skoolhoof en al die onderwysers, en helaas, al die kinders in die skool.

            Sit jou hand op jou hoof en seën jouself elke oggend. – Wekroep

Daar is nie tyd vir wat verkeerd is nie


In net sewe strofes is die mens se lewe  opgedeel in 28 seisoene

            Prediker 3 sê: “Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd:

            'n Tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is, 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou, 'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring, 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing, 'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi, 'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek, 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.

            Dar is nie tyd vir dronk word nie, ook nie vir owerspel nie, nog minder vir egskeidings, of leuens, of korrupsie,   onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;

afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

            “Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” Efes 5:15-16 – Wekroep

         

Glo... dit wat jy bid sal so wees

Woensdae aande was biduur. Een ou tannie kon tot vervelens toe aanhou bid. Die predikant het later begin sê: “Amen suster, amen,” bedoelende sy moet klaar bid, maar vir die ou tannie was dit aansporing.

            Dan sê die predikant: “Danie suster, dankie, die ander wil ook bid “ Dan stop sy asof sy seker wil maak sy verstaan nou reg. Dan skielik en onverwags kom die “Amen.”

            So het dit elke Woensdagaand gegaan. Ironies, maar daar was van die ander wat noot gebid het nie.

            Nou sê Jesus: “En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.” Matt 6:7. Die ou tannie was gered en Jesus praat hier met die gereddes oor die ydele herhaling van woorde.

            Onthou nou, dis Jesus self wat hier vir ons leer hoe om te bid. Die woorde wat Hy aanbeveel is dus van kardinale belang. Al wat ons moet doen is om te glo en te aanvaar wat ons bid is feit.

“Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. Matt 6:8

En nou sê iemand: “Waarom dan nog bid as die HERE reeds weet wat ek gaan vra?”

As jy merk dat jou kind nuwe skoene kort, moenie vir hom skoene koop nie, nie voordat hy self agterkom hy kort nuwe skoene nie... al weet jy al geruime tyd hy gaan een of ander tyd kom vra.  Dan sal hy die nuwe skoene waardeer en nie loop en klippe skop en rugby speel met sy skoene nie.

Matt 6:9 Heilig Sy naam. Aanbid Hom. Vertel Hom wie Hy is en hoe jy dit waardeer om die lewende God Jahweh te mag aanbid.

Let nou op: “Laat u Koninkryk kom; laat U wil geskied (hoe?), soos in die Hemel net so ook op die aarde.” Matt 6:10. Glo dit en verwag dit. In die Hemel is daar nie moord nie, geen korrupsie en diewe nie, geen iets negatiefs nie. Laat die Hemel dan ook so heers in jou lewe en jou huis.

Geniet jou werk want so gee Hy jou ook jou daaglikse brood. Matt 6:11

Let fyn op: Matt 6:12... en vergeef ons, ons skulde (hoe?), soos ons ook ons skuldenaars vergewe.

            Aan die einde van die bekende Onse Vader, lewer die HERE kommentaar op hierdie vergifnis:”

            “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe. “

            Net vir geval jy nie reg verstaan het nie, let op: Matt 6:15  “Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” Dit beteken, al bid jy die Onse Vader heelnag en heel dag, sal jou gebed nie beantwoord word voordat jy nie vergewe het nie.

            In Matt 6:13 keer die HERE dat niemand ons in versoeking sal lei nie, maar verlos Hy ons inteendeel van die Bose.

In Matt 6:14 besing ons lof aan die HERE: “Want aan U behoort die Koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in Ewigheid. Amen.

Wil jy graag nog bid. Bid dan Ps 23 en let op om elke oggend die HERE te dank dan Sy goedheid en guns, jou in hierdie dag sal volg.

Jy geniet ook die beskerming van die bloed van Jesus, die beskerming van sy Heilige Engele en neem jou besluite deur te wag op Sy wysheid. – Wekroep

Huigelary en Geveinsdheid


“Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n (let op)huigelagtige mond, haat Ek.” Spr 8:13

“Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery.” 1 Pet 2:1

Die beste  veelsydige atleet van die skool sê vir sy afrigter hy wil nie meer aan atletiek deelneem nie. Hy wil eintlik nooit weer wil deelneem nie. Hy het reeds begin gholf speel.

Die afrigter praat met die skoolhoof en hulle roep die seun in. Die seun is vasbeslote. Die hoof sê: “Jy kan ons nie nou los nie. Jy is ons nommer atleet en rekordhouer in drie sportsoorte. Jou deelname is seker die grootste motivering vir al ons ander atlete. Ons oorwinning hang van jou af. Ons het die hele seisoen onoorwonne deurgekom en jy het die meeste punte aangeteken.

Die seun wil nie bes gee nie. Die skoolhoof probeer weer: “Jou eerste wedloop is die 1600m. Hardloop vir die vale en halfpad sak jy uit met ‘n kamstige dyspier besering. Dan kan jy gaan stort en huis toe gaan. Jou besering sal al ons ander atlete aanspoor om beter te doen as normaal en wie weet, so wen ons dalk die byeenkoms.”

Die seun dink ‘n paar oomblikke na, en stem toe in. Hy neem deel, val kamstig by die halfpad merk en word gesukkel-dra van die baan na die kleedkamer. Hy stort en loop aspris hinkepink na waar sy pa hom met die motor kom haal het.

            Dit is huigelary en geveinsdheid.

Die Maandag by die skool stap die skool se reuse boelie na hom toe en vra: “Waar het jy toe seergekry?” Hy wys en verduidelik. Die boelie skop hom so hard hy kon op die sogenaamde beseerde kuit. Die seun sak inmekaar.

            Die boelie sê so met die wegstap: “So ja, nou is jou gewete ook sommer skoon.”

            Ons staan elke Saterdag in die kleedkamer waar ons kaptein bid voordat ons opdraf vir ’n volgende rugbywedstryd. Hy bid hoe die HERE ons sal behoed en bewaar in die wedstryd en dat HERE ons tog moet help om te wen.

            Terwyl hy bid staan hy met ‘n groot teddiebeer onder sy arm. Die teddiebeer het ons rugbytrui en wit broekie aan en ‘n paar skoolkouse en tuisgemaakte steweltjies. Dis ons gelukbringer.

            Die kaptein draf eerste op en plaas die gelukbringer op die halflyn langs die veld. Van die skool se onderwysers (Christene) is daar en twee dominee pa’s en een pastoor pa.  Almal het vrede met die gelukbringer. Dis tradisie. Dit hoort so.

            Dan praat die HERE: “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” Gal 6:7

            En...”Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;

(let op) en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die Woord, dat julle daardeur kan opgroei, as julle ten minste gesmaak het dat die HERE goedertieren is.

            Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.” 1 Pet 2:1-5 – Wekroep

...maar die Hemel was oop



‘n Arme van Gees (is hy?) vertel: “Elvis Blue is ‘n dissipel van die Djere, maar hy is ook ‘n prôfit van die Djere. Dis of hy gewiet het van die Waairis 19 wat kom toe hy gesing het: ‘Al die deure was toe, maar die Hemel was oop.’’”

            Sy profesie kom uit Hooglied waar Jesus sy Bruid besing. Hoe min van ons het dit erken?

            “En,” die arme van Gees(?), vertel verder: “Met die Waairis 19 seg die Djere: ‘Ek sit djou in’ne fix om djou te fix, ma’ as djy die fix, fix voorlat Ek djou fix, sal Ek ‘n anner fix moet fix om djou te fix.’”

            “En toe force die mense die deure ope. Hulle drink allerhande konkoksies en rook volksvreemde zolle. Mens force nie ‘n deur oop nie, djy wag geduldig en in afwagting vir die Djere om djou fix te fix... annerste ga’ djy by die verkeere deur in.”

            Daar was baie klaagliedere oor die toe bottelstore, maar min het opgelet dat die Hemel oop was. Reg oor die wêreld, ook in Suid-Afrika, is mense by die Hemel in. Dis hulle wat die HERE nou so loof vir hul nuutgevonde vryheid en blydskap.

            Eerw FH Pickering vertel van 'n man wat so deur angs en bekommernis oorweldig is, dat hy verlam is. Snags kon hy nie slaap nie. Op 'n keer vra 'n Christenvriend of hy ooit oor sy probleme bid. Hy het in jare nie gebid nie, antwoord hy. Het hy 'n Bybel? Ja, iewers in sy huis moet daar 'n Bybel wees.

            Die vriend skryf 'n teksvers op 'n strokie papier. "Gaan lees dit en doen dan so," sê sy vriend.

            Moeg na siel en liggaam was hy gereed vir enige raad. Hy het sy Bybel gekry, die stof afgeskud en die teksvers, Hebr 4:14-16, opgespoor: "Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die Hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely.

“Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.

“Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word."

            Hierdie Hoëpriester na wie verwys word, is dieselfde Vredevors wat nou anderdag op ‘n esel se rug Jerusalem binnegery het.

            Die man het by sy bed gaan kniel en eers sukkelend, maar later met vrymoedigheid, sy probleme vir die HERE vertel.  Terwyl hy bid het hy aan die slaap geraak. Ure later het hy wakker geword. Verkwik in sy gees, het hy geweet hy het sielsgenesing gevind.

            Sy vriend het hom gehelp om Christus as sy Verlosser te leer ken. Sy dokter was verstom oor die verandering wat in hom gekom het. "Ek vertel nou al my bekommernisse vir Jesus en laat dit in Sy hande," verduidelik hy.

Die dokter antwoord: "As meer van my pasiënte dit wou doen, sal ek gou sonder werk sit."

Let op na Hanna: Dit was Haar geheim toe sy met haar hartseer tempel toe gegaan het. 1 Sam 1. Sy was bitter hartseer en terwyl sy tot die HERE gebid het, het sy onbedaarlik gehuil.

Vir priester Eli sê sy: “Nee, Meneer, ek is maar net 'n vrou wat diep terneergedruk is... Ek het my hart uitgestort voor die HERE... dit is oor my groot leed dat ek so lank bly praat het...” en sy was nie meer bedruk nie.

Die HERE Jesus het vir ons die weg oopgemaak na ons Hemelse Vader toe. God self het ons lief en ken ons sake. Ons kan met groot vrymoedigheid en verwagting al ons probleme vir Hom vertel... nie in sogenaamde skietgebedjies nie, maar waar jy jou saak met die HERE deurworstel.

Die Heilige Gees help ons om te bid: "Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is..." Rom 8:26

Inderdaad, as al die deure toe is, staan die Hemel oop... selfs deur die donkerste nag.

Die dag kom egter vinnig nader dat die Hemel ook toe sal wees, so maak gereed. Sorg dat jy genoeg olie het… en strykdeur moet jy weet dat jy weet: Jesus is bitterlik lief vir jou! – Wekroep

Die Bloed is die sleutel tot alles




Die eerste Adam se bruid het vanuit sy, sy voortgekom. Die ribbebeen is geneem om Eva te skep.

Die wond is agterna met vlees bedek.

Die tweede Adam, Yeshua (Jesus) se Bruid, het ook vanuit Sy, sy voortgekom... Bloed om sonde weg te was en water (die doop). Hierdie wond is steeds sigbaar.

Niemand kan Weergebore word sonder die reiniging van Jesus se bloed nie.

Dit is vir ons baie belangrik om te verstaan dat die kategorie van Jesus se bloed anders was. Petrus beskryf dit korrek as "kosbare bloed." 1 Pet 1:19

Dit is nie moontlik om die bloed van Jesus te evalueer deur menslike waardes nie. Jesus se bloed is van onskatbare waarde. Dit is God se prys vir die verlossing van die hele menslike ras.

'n Groot wonderwerk vind plaas wanneer iemand op Jesus vertrou en Jesus as sy persoonlike Verlosser aanneem. Onmiddellik vind 'n groot reiniging plaas en die sonde wat in die bloedstroom is, word gereinig.

"Want ek sal hulle bloed reinig wat ek nie gereinig het nie, want die HERE woon in Sion." Joël 3:21. Wanneer ons Jesus ontvang, verklaar die Bybel dat die hart gereinig is deur die bloed van Jesus. Dit kan meer letterlik wees as wat sommige sou waag om te glo. As die sonde wat in ons bloedstroom is, gereinig word en geestelike onreinheid uitgewas word, dan is dit sekerlik die hart wat die bloed kan sien soos dit gereinig word.

Deur die wonderwerk van verlossing, ontvang ons beide die Ewige Lewe en die goddelike gesondheid van die seun van God. Die grootste ontsmettingsmiddel in die wêreld is die bloed van Jesus Christus. Dit dra die Ewige Lewe van God daarin.

Dit interessant om daarop te let dat Satan se bynaam Beëlsebul. beteken "Prins van die vlieë." Dooie bloed lok vlieë vinnig, wat korrupsie in die dooie bloed sal teel; maar die bloed van Jesus het presies die teenoorgestelde effek: dit vernietig Beëlsebul en al sy demone. Wanneer jy die bloed van Jesus op iets plaas, of iemand of iets onder die bloed deur geloof plaas, sat vlug Satan omdat die bloed van Jesus lewend en kragtig is. Die lewe is in die bloed. So, moenie die krag van die bloed van Jesus onderskat nie.

In Lev 17, lees ons: "Want die lewe van die vlees is in die bloed, en ek het dit aan julle gegee op die altaar om 'n versoening vir julle siele te maak, want dit is die bloed wat 'n versoening vir die siel doen."

Die Apostel het dus nie fouteer toe hy geskryf het: "Sonder bloedvergieting van bloed is daar geen kwytskelding nie." Hebr 9:22

Sommige mense sê dat dit genoeg is om net die naam van Jesus te hê. Maar dit is nie so nie. Ons het beide die naam en die bloed nodig, want die lewe is in die bloed. Daar is krag in die naam van Jesus net omdat hy Sy eie bloed gestort het en dit aan sy Vader gebied het, wat beklemtoon Hy sy krag en sy gesag aan sy seun gegee het. Matt 28:18

Let op: Dieselfde mag en gesag is aan alle gelowiges gegee. Luk 10:19, maar dit word slegs operatief wanneer ons Sy bloed eer.

Toe Jesus aan die kruis gesterf het, was sy eie bloed gestort en besprinkel deur homself as God se Hoëpriester namens die volk. Hy was gekruisig ten tyde van die fees van die Pasga, die fees wat die Jode gehou het om die tyd te onthou toe God gesê het, "as ek die bloed sien, sal ek oor julle verbygaan." Eks 12:23.

In daardie stadium, toe die Jode die eerste eksodus gevier het, het Jesus versoening vir die tweede uittog gemaak. Vir almal wat sal glo in hierdie offer en die effektiwiteit van Sy kosbare bloed, is daar 'n uittog van sonde en die straf van sonde, wat siekte insluit. Jesus het sy eie bloed besprinkel en die volgende tipes volbring: op die altaar (die kruis) Eks 24:6-8; rondom die kruis. Eks 29:12-16; op die Hoëpriester se klere. Eks 29:20-21 Jesus se bloed was sewe maal besprinkel. Lev 4:6-7; aan die onderkant van die kruis. Lev 4:6-7; aan die kant van die kruis (Lev 5:9); rondom die kruis, d.i. op die aarde (Lev 7:2); sewe maal voor die tabernakel besprinkel. Num 19:4

Hierdie laaste is vervul omdat die kruis en die heuwel van Golgota binne sig is van die Tempel in Jerusalem. Golgota is buite die stadsmuur. Al hierdie Ou Testamentiese tipes was vervul in die kruisiging van Jesus, wat homself ons Pasga, ons Middelaars, ons Verlosser en ons bloedoffer gemaak het. Sy bloed alleen bedek ons sondes.

As ons die bloed van Jesus Christus eer, sal die Vader op ons glimlag met vergifnis en reiniging. Maar dit moet nie 'n dowwe teologiese eer wees nie, maar 'n voortdurende, aktiewe en noodsaaklike aanvaarding van Sy bloed. Ons bied nie ons eie werke aan nie; Ons bid net sy bloed, nie uit vrees uit nie, maar in triomf.

Wanneer God die bloed van sy Seun sien, wat ons as ons bedekking, vergifnis en pleidooi bied, sien God glad nie ons sonde nie; Hy kan net die bedekking sien...die bloed.

Daarom verstaan ons dat:  "Dit is die bloed wat versoening maak vir die siel" Lev 17:12

Die lewe van God is in die bloed van Jesus, dus kan ons nie verbaas wees oor die sterk vlugreaksies van demoniese geeste nie. Sodra die Christen die kosbare bloed van Jesus op sy tong neem en dit sing, praat dit, of pleit dit, die satan word ontsettend versteur. Die satan verstaan die krag van die bloed van Jesus, en hy het alles moontlik gedoen om Christene te verblind vir hierdie waarheid.

Baie van die mense vandag wat Christene slegs in naam is, sal niks te doen hê met wat hulle "'n slagpale" geloof noem nie.  "hulle is 'n godsdiens sonder die lewe van God daarin, en die satan het geen beswaar teen ons deelname aan hierdie soort godsdiens nie. Maar sodra ons die bloed van Jesus eer IN 'n aktiewe sin, val demone in hul honderde en duisende. Dit is soos ‘n vuur in 'n perdeby

nes.

Dit is verbasend dat daar so min lering is oor die bloed en so min is bekend oor die aktiwiteit van demoniese geeste, selfs binne die Christelike kerk. Geen wyse Christen sou durf probeer om demone uit te dryf sonder geloof in die bloed van Jesus nie.

As Christene wat vandag se uitermate bose wêreld leef, is ons enigste hoop en verlossing deur voortdurend in die bloed van Jesus te wandel. Die feit is dat Jesus se bloed iets vir God sê. Die bloed roep uit tot God, ons sonde is bedek! Ons is vergewe. Ons is verlos!

https://www.youtube.com/watch?v=lJMb-BAhJh4



https://www.youtube.com/watch?v=LTSFASWUwOY

“Wat kos ‘n Wonderwerk?” wou sy weet.


‘n Kein meisietjie met die naam Tessa,  haal ‘n fles met geld uit ‘n wegsteekplek onder in haar kas. Sy gooi die geld op die mat uit en begin versigtig tel...

Sy plaas al die geld terug in die fles, draai dit styf toe en glip by die agterdeur op pa na die apteek.

Hier kry sy nie die apteker se aandag nie want hy staan en gesels met sy broer wat van oorsee af kom kuier het.    Sy wag geduldig en begin allerlei geluide maak om aandag te trek.

Uiteindelik neem sy ‘n muntstuk uit haar fles en plaas dit hard op die glastoonbank neer. Dit het gewerk.

“En wat wil jy hê,” vra die apteker iesegrimmig... en voor sy kon antwoord sê hy: “Kan jy nie sien ek is besig om met  my broer te gesels wat ek jare laas gesien het nie?”
            Toe antwoord sy ewe iesegrimmig: “Wel, ek wil met jou oor my broer praat. Hy is werklik baie, baie siek en ek wil ‘n Wonderwerk koop.”

            Die apteker: “Askies, wat het jy gesê?”

            Sy: “Sy naam is Andrew. Daar is groeisel in sy kop. My pa kan nie die operasie bekostig nie en hy het gesê net ‘n  wonderwerk kan my broer nou red. Dis hoekom ek wil weet wat ‘n Wonderwerk sal kos?”

            Apteker: “Ek is jammer, ons verkoop nie Wonderwerke nie. Ek kan jou glad nie help nie,” sê hy op ‘n sagter toon.

            Sy: “Luister, ek het die geld om daarvoor te betaal en as dit nie genoeg is nie sal ek plan maak om nog geld te kry. Sê my net hoeveel dit sal kos?”

          Die apteker se broer staan skielik nader. Hy’s ‘n deftige man. Hy vra vir Tessa: “Watter soort wonderwerk het jou broer nodig?”

Met ogies dik van die trane, sê sy: “Ek weet nie.  Ek weet net hy is baie siek en my mammie sê hy moet geopereer word, maar my pa kan nie daarvoor betaal nie. Dis hoekom ek daarvoor wil betaal.     

Hy: “Hoeveel geld het jy,” vra die deftige broer?

            Sy: baie hartseer: “Agtien rand en elf sente. Dis al die geld wat ek het, maar ek sal vir nog gaan soek as dit meer sal kos.”

Hy glimlaggend: “Wel, dis presies wat jou broer se Wonderwerp sal kos.” Hy neem die geld by haar, en terwyl hy haar ander handjie vashou, sê hy: “Neem my na julle huis, ek wil jou broer en ouers ontmoet, om seker te maak ek het die Wonderwerk wat jou boetie nodig het.”

Die deftige man was Dr Carlton Amstrong,’n neuroloog. Hy het die opoerasie oip die boetie gratis uitgevoer en die boetie is blakend gesond.

Heelwat later het die ouers eendag verlig en vol blydskap gepraat oor alles wat gebeur het en tot die slotsom gekom dat die boetie waarlik deur ‘n wonderwerk genees is.     

En wat het dit gekos? R18.11 en die onwrikbare geloof van ‘n agtjarige meisietjie wat nie nee, vir ‘n antwoord sou aanvaar nie.

Jesus Christus wat die wonderwerk bewerk het, noem verder:

·                 Wanneer jy treurig en bedroef is, sal ek jou trane wegdroog.

·                 Wanneer jy bang en vreesbevange is, sal ek My oor jou ontferm en jou vertroos.

·                 Wanneer jy bekommerd is, bied ek jou hoop.

·                 Wanneer jy verward is, sal ek jou bystaan om beheer te neem.

·                  Wanneer jy verlore voel en nie lig of uitkoms kan sien nie , sal ek jou beheer en rigting gee.

·                 Hoekom mag jy my oor so iets nader? Omdat ek jou Vriend is.

Inderdaad het ons ‘n vriend in Jesus. As Hy nog nie jou Vriend is nie, maak Hom onverwyld jou vriend. Hy wag op jou...met ‘n gratis wonderwerk – Wekroep

Trek jou Nuwe klere aan!

En daar staan in die naggesig: Trek jou Nuwe Klere aan. Ek het nie nuwe klere nie en ek kan ook nie gaan koop nie. Die gesig kon dus nie na klere soos in klere verwys het nie.

            En ek bid en vra: HERE, wat beteken dit? Die volgende oomblik gee iemand by dié Skrif: Kol 3:12-17 “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

“Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

            “En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

            “En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

            “Laat die Woord van Christus ryklik in julle woon (hoe?) in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar (hoe?) met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die HERE.

            “En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” Kol 3:12-17

            Ek het skaars klaar gelees, is hier nog ‘n boodskap: Pastoor Edward Chun se boodskap: “Put on your New clothes,” uit presies dieselfde Skrif.

            En ek lees en ek luister en ek weet skielik wat die naggesig se boodskap was. Ek het vrede en ek is tevrede.

            Die eerste wat mens oplet, die HERE identifiseer vir wie hierdie boodskap is:  “Die uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes.”

            Wat is die nuwe klere: “Innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.” Dit is natuurlik ook die Koninklike Wet. Jak 2:8

            Mens moet by die deur van God se heerlikheid (Glorie) instap om jou nuwe klere aan te trek. “Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.” Hab 2:14

            In die Heerlikheid, die Glorie, van God sal ons die bonatuurlike beleef. Jesus bid: “Ek het hulle (vir my en jou) die heerlikheid (die Glorie) gegee wat U aan my gegee het (waarom?), sodat hulle een kan wees… net soos Ons een is.” Joh 17:22

            Wat ‘n verstommende, byna revolusionêre, verklaring! Die, HERE, God van die Hemel, die grote en gedugte God, gee sy glorie aan sy seun Jesus Christus en Christus gee op Sy beurt daardie Goddelike Glorie van die Almagtige God aan my en jou.

            Christus het reeds die Glorie aan ons gegee sodat in vervullling sal gaan: “Soos in die Hemel, so ook op die aarde.”Ons hoef nie  vir  Glorie te bid nie, dis reeds gegee, ontvang dit net. Maak dit jouune en (baie belangrik) wandel daarin.

            Ons is geskep om in God se Glorie te leef!

“Ek in hulle (in my en jou) en U in my (hoekom?) sodat hulle volkome een kan wees (hoekom?) sodat die wêreld kan weet dat U my gestuur het, en… hulle liefgehad het soos wat U my lief het.” Joh 17:23

            God het ons geskep om in Sy teenwoordigheid te wandel (hoekom?) sodat ons Sy hart kan verstaan en sy Goddelike wonderwerkende krag kan beleef (hoekom?) om ons lewens te transformeer.

            “Immers, Sy goddelike krag het ons (hoeveel?) alles, geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, (hoe?) deur die kennis van Hom wat ons geroep het (hoe?) deur Sy heerlikheid (Glorie) en deug,

            “waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het (hoekom?) sodat  julle  daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur (wanneer?) wanneer julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.

“Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die (let op) kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.

            “Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.

“Want so sal ryklik aan julle verleen word (let op) die ingang in die ewige Koninkryk van onse HERE en Saligmaker, Jesus Christus.” 2 Pet 1:311

            Ons en ons lewens is dus baie nou verweef met die  van Jesus en God. Dit is so nou verweef dat ons een is, dat ons nooit geskei kan word nie. Ons as Gelowiges verkeer in die mees belangrikste plek in hierdie ganse wêreld. Ons lewens is so dig verweef met Jesus dat selfs die wind nie tussen ons kan deurkom nie. Job 41:7

            Ons is op die vooraand van die einde van alles. Die grootste geestelike Herlewing – die laat reëns – is naby. Strome van seën van bowe, dit het Sy Liefde belowe. Die eerste druppels val reeds in Suid-Afrika en elders.

            Die heerlike druppels gaan stroompies word, dan riviere en dan ‘n magtige oseaan.

            God sê: “Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.

            “Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.

            “Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle (wat sal ons doen?) sal My lof verkondig.” Jes 43:21

Die Glorie van God, gaan die aarde oorspoel sodra ons besef dat ons en Jesus Een is en ons as Eenheid Sy lof en Glorie verkondig. Hierdie werklikheidsbesef het nog nie tot die meeste van ons deurgedring nie.

Kom, trek jou nuwe klere aan. – Wekroep

‘Wat het jy gedoen met die lewe wat my Meester jou gegee het?’



Jim Woodford het geen belangstelling in God gehad voordat hy God se wonderbaarlike krag in ons moderne wêreld ervaar het nie. Hy was ‘n goeie man, maar sy prioriteite was verkeerdom, aldus CBN News.

Hy het lewensondersteuning gekry toe hy 'n groot wekroep ontvang het. 'Al die dinge wat ek gedink het, net 'n gekke, ou legende was, was toe al die ‘n  werklikheid. Dit is 'n dimensie wat bestaan. Iets wat verder is as alles wat ek ooit kon dink, het met my gebeur,”sê Jim.

Jim was 'n ambisieuse, selfgemaakte man en had die bynaam "Diamond Jim." Hy was daarop ingestel om 'n lewe van weelde vir sy gesin te bied. En hy het. Volgens sy vrou, Lorraine, was daar niks te groot wat probleme betref nie. Jim kon dit regmaak. Jim was onder meer ‘n ruiter en perdeteler - afrigter. ‘n Ryk en vooruitstrewende man.

Inlas: Lorraine en Jim Woodford

Jim sê: "Ek het gedink dat dit my manier was om vir Lorraine te wys hoe lief ek vir haar was en vir ons gesin omgee. Ek wou in alles in my vermoë  voorsien."

Maar Lorraine, 'n toegewyde Christen, het vir iets meer gebid. Sy het spesifiek gebid, “God verander asseblief sy hart. Laat hom Jesus Christus leer ken en bring 'n verandering in hom en gryp in, in hierdie materialisme van Jim. '

Oor die jare het die geld en materialisme Jim begin verteer, toe het hy wegbeweeg het van sy familie. Jim vertel: 'Ek sou wakker word in die middel van die nag en ek sou vir myself sê:' Is dit al wat daar is?''

Op 61-jarige ouderdom is Jim gediagnoseer met die Guillian-Barre-sindroom, 'n seldsame, ongeneeslike siekte wat erge chroniese pyn veroorsaak het. Soos Jim verduidelik, was dit ‘n "onophoudelike, elektriese stroompyn in elke deel van my liggaam, gepaard met ‘n verlammende onvermoë om te beweeg." Die volgende vyf jaar vertrou Jim op medisyne wat voorgeskryf word om die pyn te hanteer.

Lorraine sê: 'Hy het net 'n baie nors  persoon geword. Die pyn het hom verteer. '

Jim sê: 'Nooit een keer nie, en dit  spreek van arrogansie, het ek na binne myself gereik of na die hemelruim opgekyk en gesê:' God, as U bestaan, help my nie.' Nie ek nie, nie Diamond Jim nie. '

In April 2014 het Lorraine 'n desperate gebed vir Jim gebid: 'Ek het gesê:' God, ek het geen verandering gesien nie. Miskien moet U hom net breek en hom weer heelmaak. '

“Wees egter versigtig waarvoor jy bid.”

Later die maand, nadat hy meer as vier keer sy dosering ingeneem het, het Jim 'n stuk grond besoek wat hy van plan was om te verkoop. Hy sê terwyl hy in sy vragmotor gesit het, het hy 'n groeiende brandgevoel in sy bene beleef.

Hy sê: 'En meteens besef ek dat ek nie kan asemhaal nie. En dit was asof die vragmotor se kajuit vol water was. Toe ek op die punt staan ​​om my laaste asem te haal, het van êrens in my binneste wat ek nie eens geweet het bestaan ​​nie ... het ek uitgeroep: 'God! Vergewe my! Vergewe my!'"

Toe Jim nie huis toe kom nie, het Lorraine die polisie gebel. Hy is sonder reaksie in sy vragmotor gevind en is na die hospitaal gehaas. Lorraine het vriende en familie saamgeroep om te bid.

Sy onthou: 'Die dokter het uitgekom en gesê: 'Jou man het ernstige breinskade. Daar is geen breinaktiwiteit  nie. Ons het hom op volle  lewensondersteuning, want sy organe het almal afgesluit. Daar is geen manier om hom terug te bring nie.'

Lorraine gaan voort: "Ek het om verskoning gevra ... omdat ek gebid het, wat ek gebid het, maar ek het nie geweet dat dit so sou uitdraai nie."

Daar was iets anders wat Lorraine nie geweet het nie. Sedert die aanval het Jim 'n heel ander werklikheid beleef.

Jim verduidelik: 'Ek kyk na regs en daar is 'n ongelooflike blik op pragtige blomme en weivelde. En ek het my visie na links gedraai en dit - daardie mooi groen gras het van groen na bruin na verskroeid na swart gegaan en in 'n skeur weggesak.

Inlas: Jim, na sy volkome herstel.

‘Ek het die afskuwelikste wese aanskou wat iemand homself ooit kon indink. En ek val na agter al hoe dieper weg. Die voorkoms van haat in sy oë, vir my en die hele mensdom. Maar op hierdie punt draai ek na die lig en steek  hierdie keer albei hande op en roep: 'God, help my. Help my!'"

Dan, sê Jim, het drie Engele gekom en hom deur die Hemel geneem. Hy sê: 'Ek het besef dat ek na niemand anders kyk nie, as na Jesus Christus, die Seun van God. En Hy het met daardie violet oë na my gekyk, en al wat ek gehoor het, was: 'James, wat het jy gedoen met die lewe wat my Meester jou gegee het?'

Ek het geen antwoord gehad nie ... Maar toe ek in Sy oë kyk, en hy vir my glimlag, het ek geweet Hy ken my. Ek het sulke intense liefde en vergifnis vir my gesien, vir my wat niks verdien het nie. En dit was die oomblik ... ek was vir altyd Syne. Wat ook al van my sou word, ek was syne. Ek het Hom liefgehad en Hy het my liefgehad.’

Jim sê hy wou bly, maar Jesus had ander planne vir hom. Jim sê Jesus het vir hom gesê: 'Gaan terug en vertel jou broers en susters van die wonders wat ons jou getoon het.'

Skielik sit ek in 'n koue  hospitaalkamer op 'n muurtjie en skreeu uit my longe. Die verpleegkundiges het geweldig geskrik!’

Lorraine onthou, ''n Verpleegster het uitgekom en gesê: 'Mev. Woodford, kan jy saam met my kom,’ en ek het gedink:' Jim is weg. ''

Jim sê: 'Ek is net oorstelp dat ek Lorraine weer sien. Ek het gesê: 'Lorraine, ek het Jesus gesien, en Jesus het perde.' ”

Lorraine verduidelik: "Hoe meer ek met hom kon praat en weet dat hy gesond was, ek het geweet dat God hom herstel het."

Lorraine het besef dat God ook op haar gebed geantwoord het om 'Jim te breek om hom weer heel te maak'.
Sy sê: 'Jim was nou gefokus op Jesus en was ‘n veel meer aangename mens. Jim is gesond en heeltemal vry van alle pyn.  Hy leef nou sy begeerte en opdrag uit om aan alle mense van Jesus se reddende krag te vertel.

“Mens moet die deur van jou hart oopmaak om Jesus binne te laat. Die deur van my hart is nou oop,” sê Jim.

Die vraag: ‘Wat het jy gedoen met die lewe wat my Meester jou gegee het?’ Moet elkeen wat hier lees, maar vir hom of haarself beantwoord. – Wekroep

‘n Woordbeeld van die Huwelik

“Waar twee of drie in my Naam vergader (byeen is), daar is Ek in hul midde.” Matt 18:20

            Wat beteken dit? Is dit so eenvoudig soos wat dit geskryf staan? In die stadium wat dit genoem was, was daar nog nie eintlik ‘n NT nie en mense had nog op die OT vertrou... toe ‘n man bv. meer as een vrou had.

            Iemand soos teoloog, skrywer en digter, Alfred Bronswijk, skryf die volgende hieroor (vry vertaal uit die Nederlands):



Waar twee of drie in U naam

geloof deel,

hoop koester,

liefde skenk,

mekaar die hand gee,

mekaar die swak een dra,

mekaar lewenskrag gee,

dáár is U in hulle midde

as bron van lewe.

Met maar twee of drie durf U aan

een nieu begin te maak,

een die ander die weg te wys,

die toekoms  te open

hulle deel brood,

ook lewende water,

so ook die wyn.

Só verander U ‘n eenling

in een volk wat saamloop.

Gee dat ek met die twee of drie

my op die weg durf te begeef,

my van harte wil deel maak,

ek as Geroepe weet

uit honger na reg en rede,

uit dors nar egte vrede,

om waarheid te doen en te spreek.

Wil so tasbaar aanwesig wees

as die bron van lewe.



In die huwelik is man en vrou ingebind. Hulle moet te alle tye besef hulle is in Jahweh se naam verenig, juis daarom is Jesus heeltyd in hulle midde.

            “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees...” Matt 18:18. Gelowiges word tog in die eg ingebind.

            Matt 18:19 is verdere beklemtoning van die Huwelik? “Weer sê Ek vir julle: “As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.”

            Huwelike is in die Hemel gebonde.

            Ja, die betrokke Skrif sal ook op ander plekke waarde hê, maar dit het sterk betrekking op die huwelik.

Die egskeidingsyfer is skokkend en hoe stop mens dit? Die Barna-groep in die VSA, se navorsing wys dat Paartjies wat saam bid, skei nie. Baie van ons mansmense kan nie eers ‘n tafelgebed doen nie. Die vroue moet bid. Die mans weet nie hulle is die hoë priester van die gesin en moet leiding gee nie. Hulle kan nie want hulle het geen opleiding nie.

Om vir ‘n vrou te sê dat jy vir haar lief is, is ‘n liefdesverklaring (getuienis, uitspraak, beëdigde verklaring, getuienis wat onder eed gelewer is.) Dis soos om ‘n belofte te maak. Dis bindend.

God se ideale situasie is dat die man die hoof van sy huis moet wees – nie om baas te speel nie, maar om verantwoordelikheid vir sy huis te neem... juis omdat God die man verantwoordelik hou vir sy gesin – maar meer nog, hy moet die priester van die huis wees, God se verteenwoordiger in die huisgesin. God hou die man verantwoordelik vir die geestelike welsyn van die vrou en die kinders.

            Mans verlaat hul ouerhuise om hul vroue aan te kleef en lief te hê. “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal (let op) een vlees wees.” Gen 2:24

            ‘n Man is die hoof van die vrou. “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.” 1 Kor 11:3. God hou elke man verantwoordelik oor hoe die man sy vrou hanteer.

            Mans moet hulle vroue liefhê. “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.” Efes 5:25. ‘n Man moet sy vrou dus so liefhê dat hy bereid moet wees om homself te offer vir haar.

            Liefde gee die deurslag. Liefde is en bly die grootste Gebod. Met ware getroue liefde vermag mens enigiets, verskuif jy berge.

            Mans moet hul vroue eer. “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is – sodat (let op) julle gebede nie verhinder mag word nie.” 1 Pet 3:7

            As ‘n man nie verstandig met sy vrou saamlewe nie en aan sy vrou as die swakkere een, eer bewys nie, word die man (let op) se gebede verhinder.

            Baie is altyd gou om strofes aan te haal dat die HERE ‘n mens se gebede beantwoord en dat mens kan vra net wat jy wil, maar hulle laat na om te besef dat die beloftes ook voorwaardes bevat.

            In 1 Pet 3:7 sê die HERE bv. (let op) Dat ‘n man se gebed verhoor sal word as hy verstandig met sy vrou saamlewe, as hy aan haar as die swakkere eer bewys.

            Mans moet beheer oor die huishouding neem. “'n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;

            “geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;

            “een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.” 1 Tim 3:2-4

            Let weer op: ‘n Man moet sy kinders in alle waardigheid... in onderdanigheid hou.” Nie met ‘n gevloek en ‘n geskel en dreigemente nie, maar in alle waardigheid.

            Waardigheid kweek liefde en eerbied. Enige ander manier is vernietigend.

            En strofes 12-13: “Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.

“Want diegene wat goed gedien het, verkry vir hulle 'n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.”

            Net so die vroue ook. “Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadsprekers nie, nugter, betroubaar in alles.” 1 Tim 3:11.

            Die vroue is ook die man se helper en die man mag dus sekere take aan die vroue delegeer. Onthou altyd, die man en die vrou is een vlees. Sodra hulle gemeenskap gehad het, is hulle een vlees. Matt 19:5-6

Ons is voorstanders daarvan dat pleks van geslagsvoorligting, daar gesinsvoorligting op skool moet wees, en op grond van die volgende:

“'n Opsiener (die hoof van die huis, die hoof van enigiets in die lewe) dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;

“geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;

“een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.

“Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?

“Hy moet nie 'n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.

“Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.” 1 Tim 3:1-7

            Mans tree in die huwelik sonder dat hulle die vaagste benul het waaroor dit gaan.

            Omdat die man die hoof van die huis is, is hy ook verantwoordelik vir alle besluite wat geneem word. Dit beteken nie dat vroue geen seggenskap het nie, maar dat hulle optree onder die sekuriteit van die man se gesag. Daar moet orde en dissipline wees, asook ‘n begroting.

            Dit is interessant om te sien dat mans hulle vroue moet liefhê. Dit is ‘n opofferende liefde. “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die (Koninklike) wet vervul.” Rom 13:8

            “Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Rom 13:9

            As jy jouself liefhet, respek het vir jouself, vir jouself omgee voor God en die mens, dan sal jy nie egbreek, doodslaan en dergelike dinge doen nie nie.

En weer ‘n keer: “Want die hele (Koninklike Wet - Jak 2:8) word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Gal 5:14

            (let op) Het jy jouself lief? Hoeveel het jy jouself lief, ‘n bietjie of met jou hele hart? Kyk na die waarskuwing: “Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.” Gal. 5:15

            Liefde is en bly die Groot Gebod. Wandel in die ware liefde en daar sal nooit probleme wees nie. Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8

            As ons nie onsself lief het nie, kan ons nie ons naaste liefhê nie, nie mekaar liefhê nie, dan doen ons nie goed nie. Naaste aan ons is sekerlik ons huismense.

Dat ‘n man sy vrou moet liefhê, is ‘n opdrag, ‘n Koninklike opdrag. Om daarin te kan slaag om so lief te wees, moet ‘n man sekerlik sy vrou wil liefhê.

            As alle mans hierdie opdrag ter harte wil neem, dan sal dit alle struikelende huwelike oornag salf en regruk.

            Onthou ook, die vrou is uit die man se ribbebeen gemaak, nie uit sy mond, of sy vuiste of sy voete nie, ook nie uit sy strydlustige gees nie. Uit sy ribbebeen beteken na aan sy, sy... koesterend, liefkosend, beskermend.

            “So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die HERE die gemeente.” Efes 5:28-29

            Let weer op: Wie sy vrou liefhet, het homself lief!

            ‘n Man sonder ‘n vrou is nie volledig nie. Wanneer hy in die huwelik tree word hy eers volkome man. Is hulle ‘n eenheid? Nee. Hulle kan nooit ‘n eenheid wees nie want elkeen het sy eie karakter en persoonlikheid. Eenheid beteken noodwendig eendersheid. So ‘n eendersheid huwelik sou ook maar eentonig gewees het.

            Maar hulle kan eendragtig wees, vir seker. Die eendragtigheid word ook gesien in die kinders wat hulle in die lewe bring.

            Die vrou moet haar onderwerp aan die gesag van die man. “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die HERE. (respekteer julle mans)

“Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

“Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.” Efes 5:22-24

Die egskeidingsyfer is Suid-Afrika is skrikwekkend hoog. Daar moet ‘n rede voor wees. Berading dui telkens op liefdeloosheid, soos wat sogenaamde Christene se liefde teenoor God ook verflou het.

Almal wat hieraan skuldig is, staan skuldig voor God! “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.” Heb 10:31

            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

            “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die HERE sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Heb 12:12-15 – Wekroep –  sjibbolet.buro@gmail.com

Die Laaste Herlewing ...nadat gedeel is met die Gees van Babel!


Op spesiale versoek plaas ons David Wilkerson se volledige boodskap oor die Laaste Herlewing. Hy het dit in Januarie 2008 gelewer en dis 100% in die kol. Die Babelse siening is ook 100% in die kol en mens wonder of COVIC19 die sneller is waarna verwys word? Dis ‘n deeglik nagevorste werkstuk wat enige Bybelstudiegroep tot groot voordeel sal strek.

Wat lê voor vir die kerk van Jesus Christus? Hierdie vraag is van groot belang vir Gelowiges wêreldwyd. Soos rampspoedige gebeurtenisse regoor die aarde plaasvind, mag baie mense wonder, “Gaan die Heilige Gees die kerk opwek voor Jesus terugkom? Sal Christus se liggaam hierdie wêreld verlaat met ‘n kreun of met ‘n roepstem?”

            Die Nuwe Testament is vol voorspellings van laastedag afvalligheid. Valse profete sal opstaan en baie mislei. Wolwe sal in skaapsklere kom en kragtige misleiding bring om “indien moontlik, selfs die Uitverkorenes van God mislei.”

Goddeloosheid sal hoogty vier en veroorsaak dat eens warm gelowiges hulle eerste liefde sal verloor. Met die vloedgolf van ongeregtigheid wat kom, sal die liefde van baie verkoel.

            Jesus het van hierdie dinge geprofeteer. En sy waarskuwings was bedoel om ons geloof uit te daag. Soos oorweldigende ongeregtigheid die aarde bedek, vra Hy: “Maar wanneer die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” Luk 18:8

Dink daaraan: Christus het alles geweet wat ons vandag sien gebeur, van verskriklike skietery in die skole, die opstaan van militante homoseksualiteit, tot terroriste dade wat regdeur die wêreld plaasvind. Te midde van al hierdie dinge, vra Hy vir ons, “Sal julle aanhou glo, al word dinge erger? Sal jou vertroue verflou wanneer dinge nie gebeur soos wat jy gedink het dit sal nie? Of sal jy aanhou om op My te vertrou?”

Jy sien, ten spyte van die toename in ongeregtigheid en groot verdrukking, het Jesus geweet dat daar ‘n groot Herlewing in die Eindtyd sal wees. Die Heilige Gees het Jesaja se profesieë geïnspireer en Hy was ten volle bewus van die voorspelling van ‘n Herlewing soos die einde nader kom.

Jesaja sê hier dat daar ‘n groot, wêreldwye ontwaking net voor Chrisus se Koms sal plaasvind.

            Hierdie profesie word gevind in Jesaja 54 en word opgesom in hierdie verse: “Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.” Jes 54:3

            Ek glo saam met ‘n aantal Bybelskoliere dat Jesaja se profesie ‘n dubbele toepassing het. Dit praat nie net van natuurlike Israel na hulle ballingskap in Babel nie, maar ook van die geestelike Israel wat sou kom: die Liggaam van Jesus Christus, die kerk van die Nuwe Jerusalem. Paulus haal aan uit Jesaja 54 wanneer hy verwys na die “Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.” Gal 4:26

Paulus het Jesaja se profesie gesien as gerig aan “die kinders van Belofte,” diegene in Christus deur geloof.

As Jesaja hierdie profesie net aan Israel gerig het, sou dit beteken dat sy beloftes nog nie vervul is nie. Kortliks, dit het nog nie gebeur dat “jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.” Jes 54:3

Tog was daardie woord duidelik vervul in Christus by die kruis en by Pinkster. Dink daaraan: toe Jesaja hierdie boodskap gelewer het, het ongeveer 42,000 Israeliete uit Babiloniese ballingskap gekom. Teen Jesus se tyd, het hulle getal vermeerder tot sowat drie miljoen.

            Jesaja verwys na hierdie profesie as ‘n Belofte van God, ‘n beëdigde woord uit die Hemel. Ons sien die HERE sweer by die berge en Hy verwys selfs terug na die verbond wat Hy met Noag gesluit het.

Hy sê in wese, “So seker as wat ek nie nog ‘n Vloed op die aarde sal toelaat nie, vertel Ek vir julle dat daar ‘n ontwaking van my kerk sal wees in die laaste dae.”

In hierdie laaste dae, is die HERE se oë nie op wêreldmagte ingestel nie, maar op die kerk van Jesus Christus.

God is nie gefokus op die ekonomie nie, nie op die opstaan van wêreldgodsdienste nie en nie op die gebrul van die heidene nie.

Volgens Jesaja, is die nasies vir God “soos ‘n druppel aan die emmer.” Jes 40:15. Hulle is almal onder sy soewereine heerskappy en regering.

            Hy weet alles van terroriste dreigemente, oorloë en gerugte van oorloë. Sy Woord waarsku dat die heidene woedend sal wees, sekulêre magte sal Christenskap probeer verbied en vinnig-groeiende, anti-Christen bewegings sal roem dat hulle die wêreld regeer en Jesus volgelinge vernietig. (Sien die aangehegte video) Die Bybel sê die volgende oor alles:

            “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp” Ps 2:2–3. Kortliks, “Laat ons elke morele hindernis afgooi, elke morele baken van die verlede.”

            Hier is God se reaksie oor hierdie aardse magte en demoon-beïnvloede mense: “Hy wat in die Hemel woon, lag; die HERE spot met hulle.” Ps 2:4. Dit maak nie saak hoe desperaat dinge lyk nie, alles bly ten volle onder God se beheer.

            Ek is dankbaar vir hierdie woord van die Psalms. Meer en meer hoor ons van verslae van sekularisme wat die Evangeliese kerk in Europa uitwis, van Islam wat die vinnigste groeiende godsdiens in die wêreld is, van homoseksuele wat hele denominasies oorneem, van Christus se kerk wat so swak word dat dit nie meer ‘n impak op die samelewing het nie. Tog verklaar God se Woord: “Op Christus die Rots sal God sy kerk bou.”

            “En die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” Matt 16:18. Niks uit die hel kan hoop om Christus se kerk te vernietig nie. Sy oog is altyd op sy mense, en deur alles waarsku hy Satan en sy hordes, “Moenie die appel van My oog aanraak nie.”

“As hulle ook die aanval begin – dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val.” Jes 54:15. Sien jy wat God hier sê? “Die duiwel gaan jou aanval. Vyande uit die hel sal teen jou vergader. Maar Satan sal nie slaag nie.”

            Laat die duiwel doen wat hy wil. Laat die hel sy ingewande oopmaak en elke veragtelike ding voortbring. Dit sal geen impak hoegenaamd op God se laaste-dag plan vir sy mense hê nie. Eer aan die Here, sy kerk kan nie vernietig word nie.

Oral waar ons in die laaste dae gaan, sal ons God se Heerlikheid (Glorie) sien deurbreek in ‘n laaste Herlewing.

Christus se kerk sal verder strek as alle vorige beperkinge om die goeie nuus uit te dra: “Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in. Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk,” Jes 54:2–3. Eenvoudig gestel, die kerk se sterkte sal toeneem en menigtes in Christus opwek.

            As ons Jesaja se profesie van naderby beskou, sien ons dit is nie net vir die kerkliggaam nie, maar ook vir individuele lede. Ek ken goddelike dienaars, vriende van my, wat hierdie profesie in besit geneem net as ‘n persoonlike woord van die Heilige Gees. En hulle het hulle geloof opgebou deur die belofte: “Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.”

Jesaja maak dit duidelik in hierdie vers: God se kerk sal nie onder smaad uitgaan nie.

            Net ‘n paar verse verder, lees ons egter hierdie waarskuwing aan die Eindtyd kerk: “Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere.” Jes 54:11

Ons word vertel dat ons verdruk en deur storms geteister sal word. Tog, word ons ook ‘n fondament wat uit saffiere bestaan, belowe. Wat beteken dit presies?

            As gelowiges, kan ons onder verbond met God wees en sy kosbare beloftes van geen vrees, geen skaamte, geen verwarring en geen skande nie in ons harte dra. Tog is dit vir ons moontlik om deur persoonlike storms rondgegooi te word, om eensaamheid te beleef en om niemand te hê om ons te vertroos nie. Kortliks, dit word toegelaat dat ons deur die Satan gekasty word.

            In vers 16, gee Jesaja ons ‘n beeld van ons vyand aan die werk. God sê, “Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.” Jes 54:16

Dit is die beeld van ‘n ystersmid, wat die blaasbalk op sy vuur pomp om witwarm hitte te maak. Hy gebruik dan daardie hitte om wapens vir oorlogvoering te slaan en te smee op sy aambeeld. Die smid verteenwoordig Satan, wat voortdurend nuwe wapens teen die kerk en individuele gelowiges prakseer.

            Wat ‘n ongelooflike beeld. Dit is asof God sê: “Kyk, die duiwel stook sy vuur en maak wapens wat hy gebruik om my mense te vernietig. Ek het hierdie smid gemaak en hom geskep as ‘n engel. Hy het eens mag en gesag gehad, maar hy is neergewerp as gevolg van rebellie. Ek het hom geskep en daarom kan Ek hom vasketting. Hy kan net so ver gaan as wat Ek toelaat.”

            Let op God se wonderlike belofte in die volgende vers: “Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.” Jes 54:17

Met ander woorde: “Laat die vyand al sy wapens maak. Laat hom sy legioene van demone bewapen. Nie ‘n enkele wapen wat hy teen jou oplig, sal jou neerslaan nie.” Wat ‘n heerlike belofte!

            Satan gebruik sy wapens van hopeloosheid teen God se mense, storms te woes om te verduur sonder die vertroosting van die Heilige Gees. Tog verklaar God, “Ek grondves jou in saffiere.” Jes 54:11

Die boodskap hier is: “Wanneer alles in die wêreld geskud word, sal jy nie beweeg word nie. Die fondament wat Ek onder jou lê is so stewig soos hierdie stene. Wat Ek in jou doen, kan nie geskud word nie.”

Hierdie saffiere verteenwoordig geestelike kennis en wysheid, insig in God se hart. Ons weet dat diegene wat lyding verduur, kom daaruit bewapen met groter insig van God se barmhartigheid. Jy mag versoek word, heen en weer geruk word, verdruk word en alleen wees, maar deur dit alles, vorm Hy onder jou ‘n rotsvaste fondament. Dit gaan alles daaroor dat jy ander in hulle beproewings kan vertroos.

Paulus eggo Jesaja wanneer hy sê dat die HERE sy kerk liefhet soos ‘n liefdevolle man sy vrou liefhet.

            Baie mense is bekend met die gedeelte waar Paulus die huwelik vergelyk met God se verhoudig met die kerk: “Daarom moet die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word. Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.” Efés 5:31–32

            Kyk nou wat Jesaja sê: “Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser, Hy sal die God van die Hele aarde genoem word.” Jes 54:5

Wie is die Maker hier? Dit is Christus, Skepper van Hemel en Aarde. En Jesaja vertel vir ons Hy is ons man. Die vrou het haar egter van haar man afgeskei: “Maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.” Jes 59:2

            Waar sien ons hierdie skeiding vandag tussen die kerk en God? Ek sien dit die duidelikste in gekompromitteerde hoofstroom kerke. Tog sien ek dit ook in die suutjiestrap evangelie van post-moderne kerke. Dit is duidelik dat daar ‘n skeiding van God se gemanifesteerde teenwoordigheid plaasgevind het.

Inderdaad, dit het gebeur net soos Jesus en Paulus geprofeteer het: baie het liefhebbers van genot geword meer as liefhebbers van God...het ’n gedaante van godsaligheid, maar het die krag daarvan verloën...verag die Evangelie van hulle vaders...het ou morele bakens afgebreek...en het God se onfeilbare Woord verander om by die tye aan te pas.

            Ek daag jou uit om na enige stad, van kerk tot kerk van elke evangelie oortuiging, te gaan. Probeer een vind waar jy die wonderlike, gemanifesteerde teenwoordigheid van Jesus herken en waar jy sy hartversagtende oortuiging beleef.

            Wanneer die HERE waarlik teenwoordig is, sal jy dit herken, of in die sang, of in die prediking of in die gemeenskap. Iets sal jou siel aanraak en ‘n verwondering en ‘n eerbied in jou veroorsaak. Volgens my ervaring, word dit selde gevind.

            Ek veroordeel nie die moderne kerk nie; Dit is nie my doel nie. Maar mag die HERE ons help as ons nie sy gemanifesteerde teenwoordigheid in hierdie laaste dae het nie.

            En weens die kompromieë van sulke kerke, moet Hy sy teenwoordigheid van hulle vir ‘n tydperk verberg. Tog het God nie die gekompromitteerde kerk geskei nie. Jesaja sê sy keer na Hom toe terug:

            “So sê die Here: Waar is tog die skeibrief... waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het?” Jes 50:1

God sê, in wese, “Jy het van my af weggeloop. Jy het die wêreld en die dinge van die wêreld liefgehad en jy het My vir hulle verlaat. Ek het jou nie verlaat nie; jy het My verlaat. Wys my die skeibrief! Wys my waar Ek jou aan iemand anders verkoop het.”

            “Want so sê die HERE: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.” Jes 52:3. Hy vervolg: “Ek vertel vir jou, hierdie huwelik is nie verby nie. Dit is nie hopeloos nie. Ek het jou steeds lief, al het jy jouself as prostituut uitgegee. Jy het moeg geword vir My, maar ten spyte daarvan, het Ek jou lief. Ek wil jou terughê.”

            “Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God. Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met Ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.” Jes 54:6–8

            Hier is ‘n beëdigde Belofte van God om ‘n hoervrou na Homself toe terug te bring. Kortliks, die laaste Herlewing sal slegs een van barmhartigheid wees. Die HERE vertel sy kerk, “Wanneer jy na My terugkeer, sal Ek jou nie veroordeel of bestraf nie. In plaas daarvan, sal Ek jou salf met my Gees. Ek sal jou krag gee, waar jy nooit tevore krag gehad het nie.

Sommige mag steeds sê, “Jesaja 54 is slegs op natuurlike Israel van toepassing.”

Ek bied onweerlegbare bewyse dat die belofte van Jesaja 54 bedoel is vir God se kerk vandag. Jesaja praat duidelik van Christus in Jes 53:10: “Sal Hy ‘n nakroos sien?” Eenvoudig gestel, Christus se barensnood en offer sal baie kinders voortbring: “Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.” Jes 53:11. Dit moet alles vervul word na die kruis.

            Die spykers wat Jesus se hande en voete deurdring het, was op die duiwel se aambeeld gemaak. Die swaard wat in sy sy gesteek is, was gesmee in daardie smid se winkel van die hel. Maar die bloed wat uit sy liggaam voortgekom het, het nooit sy krag verloor nie. Jesaja vertel vir ons: “God het gesweer dat sy Seun se bloed gesprinkel sou word op oortreders in elke nasie op die aarde. Dit het krag in elke Arabiese nasie, in Israel, in Afrika en in Europa. Hy sal sien dat sy saad versprei na veelvuldige menigtes, van alle stamme en tale.” ‘n Groot ontwaking sal in die eindtye voortgaan.

            Dit mag ontmoedigend wees om vals godsdienste te sien groei in getalle, terwyl Christus se kerk skynbaar so min in getal is. Maar Jesaja sê, “Dit is tyd om te sing, o onvrugbare vrou. Vergroot die plekke van aanbidding, verleng en versterk jou visie. Jy gaan deurbrake sien regs en links.”

“Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE.” Jes 54:1

Hoe gaan die laaste Herlewing gebeur? Dit benodig iets kragtigs, iets wêreldskuddend om daartoe aanleiding te gee... (Covid-19?) Jesaja vertel vir ons dat hierdie skudding in een dag sal gebeur. In hoofstuk 47, hy sê dat daar eers gedeel moet word met die gees van Babel. Regdeur die Skrif, verteenwoordig Babel altyd ‘n gees van voorspoed, gemak en plesier. En die Babelse gees is dieselfde in elke eeu.

            Kortliks, Jesaja sê dat daar geen wydverspreide, laaste herlewing wees totdat die gees van gierigheid en valse sekuriteit gebreek word nie. Ons kan bid vir Herlewing, ons kan tot God uitroep om sy Gees uit te stort, maar dit is onmoontlik tensy die HERE eers alle dinge skud: “Hoor dan nou dit, wellustige wat so veilig sit, wat in jou hart sê: Dit is ek en niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie...Daarom oorval ‘n onheil jou wat jy nie sal weet om te besweer nie en ‘n onheil val op jou wat jy nie kan versoen nie, en skielik oorval jou ‘n verwoesting, sonder dat jy dit weet.” Jes 47:8, 11

God gaan sonde nie oorsien nie, maar Hy sal die duiwel se vestings verbreek. Hy gaan die wekroep tot sy kerk rig met ‘n “skielike verwoesting.” Inderdaad, dit sal ‘n groot daad van liefde van die HERE se kant af wees. Hy het sy kerk so lief dat Hy weier dat gemak, plesier en afvalligheid die voorwerp van sy liefde sal verblind of bederf.

            “Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy dit in ‘n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.” Jes 26:10

Dit is die bewys dat Herlewing onmoontlik is in ‘n tyd van gemak en voorspoed. Jesaja sê in eenvoudige terme, “In ‘n tyd van seën, sal mense nie tot bekering kom nie.” Niks gaan gebeur totdat die agtersak aangeraak word nie. Net “as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.” Jes 26:9

            Jesaja bied een laaste bewys dat ‘n laaste Herlewing na ‘n skudding sal kom: “Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande; aan die eilande sal Hy die loon vergelde. En hulle sal die Naam van die HERE vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos ‘n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe. Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE.

            “Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE; My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in Ewigheid nie.” Jes 59:18–21

            Die gees van Babel is op die punt om deur verwoesting verbreek te word. Tog, moenie Jesaja se profesie verkeerd interpreteer as ‘n boodskap van somberheid en onheil nie. In teenstelling, Jesus sê, “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” Luk 21:28

            Selfs nou sien ons die begin van die laaste Herlewing soos wat Hand 2:17 vervul word.

“En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.”Hand 2:17

In al my jare van bediening, was ek nooit in staat om hierdie profesie in ons dag sien gebeur nie. Nou glo ek dit word vervul.

            Oral in nasies openbaar Christus Homself aan menigtes in drome en visioene. In China, Indië en Arabiese nasies, berig mense van hulle ervarings met Jesus in drome. Selfs hier in Time Square Church gebeur dit.

Een van ons kerke se sekuriteitsbeamptes was eens New York se derde hoogste priester in Santeria duiwelaanbidding. Sy gebied was die Bronx en sy woonstel was vol menslike bene. Hy het sy liggaam en siel aan Satan verkoop. Maar hierdie man se hart was aangeraak deur die Heilige Gees. Hy het rusteloos geword en een nag het hy Jesus uitgedaag, “As U sterker is as die duiwel, wat ek dien, wys my vannag in ‘n droom.”

Daardie nag in ‘n droom, het die man homself op trein oppad na die hel gesien. Toe dit deur ‘n tonnel gaan, het die Satan aan die ander kant gestaan. Die duiwel het vir die man gesê, “Jy was getrou aan my. Nou neem ek jou na jou Ewige rusplek.”

Toe het daar skielik ‘n kruis te voorskyn gekom. Op daardie oomblik het die man wakker geword.

            Hy het uit daardie ervaring gekom aan die brand vir Jesus, hy het sy woonstel van elke spoor van goddeloosheid skoongemaak en sy lewe vir die HERE gegee. Vandag is hy ‘n vriendelike, toegewyde man van God en is aktief in ons kerk. Ek het hom onlangs gestop en vir hom gesê: “Ek sien Jesus in jou.”

Hy het geantwoord, “Broer Dave, jy weet nie wat daardie woorde beteken na vyf-en-twintig jaar waarin ek die duiwel gedien het nie.” Sy wonderbaarlike nuwe lewe het alles uit daardie Godgegewe droom gekom.

            Liewe Heilige, die dag kom wanneer die hele wêreld Jesus sal sien. Die apostel Johannes het gesien, “’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam.” Openb 5:11-12

            Dit is nie ‘n klein oorblyfsel nie, maar ‘n ontelbare menigte, net soos Jesaja geprofeteer het. En hulle het almal die HERE aanbid. Loof God vir daardie Beloofde Dag!

Die HERE antwoord Altyd – al duur dit 40 jaar

“En hy sal voor Hom uitgaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders...” Luk 1:17. Maleagi het al profeteer:

"Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die HERE kom, die groot, verskriklike dag. Elia sal vaders en kinders versoen...." Mal 4:5-6


Carin vertel: Ek het in 1992 na my biologiese moeder begin soek. Jare later laat weet CMR my, my moeder is reeds in 1999 nie meer hier nie. Na drie weke se trane, het die HERE my een oggend gewys dat daar ‘n ouma is. Ek besef toe, dat die hele familie nie uitgesterf kan wees nie.

          Ek het ‘n lys gemaak van al die mense in Port Elizabeth met my ma se van en begin bel. Met die sewende oproep toe praat ek met my ouma. Sy was verheug om van my te hoor. Sy’t verduidelik daar was nie destyds geld om my groot te maak nie.

          Ek en my man en een seun het dadelik gaan kuier en daar het ek my pa se naam gehoor.

Dit het 40 jaar geduur, maar uiteindelik is ek en my pa verenig – nadat ek destyds as pasgeborene aangeneem is. My pa het vaderskap ontken... tot vier jaar later in Februarie 1970, toe red die HERE sy siel.

Die volgende oggend in sy kantoor was daar ‘n hoorbare stem: “Ek hou jou verantwoordelik vir jou verlore dogter se sieleheil, nie die aanneemouers nie, want mens mag nie jou verpligtinge op ander afskuif nie.”

My pa het met my ma en haar ouers gaan vrede maak en aan my oupa al sy koste betaal wat hy aan my ma se swangerskap en die geboorte bestee het. Hy het met my ma, Lorraine, ook gaan regmaak en sy het hom ook vergewe. Toe het hy saam met my ma na my begin soek.

Ek het my mamma nooit gesien nie. Sy wag vir my in die Hemel.

Ek het as kind  gedurigdeur op plekke op die plaas denkbeeldige gesprekke met my biologiese ouers gevoer. Ek het selfs as kind hulle nooit verwyt vir wat ook al gebeur het nie. Ek wou net weet, waarom kan ek nie by hulle wees nie? Waarom was ek weggegee?

Ek het gereeld saam met huiswerkers op die plaas om die pappotte en vure gesit en my lot betreur dat ek nie by my eie ouers is nie. Hulle het altyd geduldig geluister.

Ek het baie goed grootgeword. My aanneemouers was baie lief vir my, maar iets het geskort.

Na ek die familie ontmoet het, het die soeke na my pa begin.

Ek het my sat gebel, later nie meer geweet hoe nie, want ek het net ‘n naam gehad, en so baie mense het dieselfde naam.

Een keer toe ons met vakansie in Hartenbos was, het ek die HERE gevra: Hoe lank nog voordat ek my pa sal kry... en drie seevoëls het by my verby gevlieg en ek het geweet, nog drie jaar.

Die volgende jaar op Hartenbos het twee seevoëls verby gevlieg.

November 2010 het ek ‘n diep geestelike ou oom op ons dorp gevra: “Oom, wat kan ek nog doen om my pa op te spoor? Ek het sy naam, maar kry geen spoor van hom nie.”

Die oom, wat ‘n profetiese gawe had,  het geantwoord: “Hou op met soek, die HERE gaan jou pa op die regte tyd na jou toe stuur.”

Ek het niks van profesieë en sulke goed af geweet nie, maar wat die oom gesê het, het oneindig sin gemaak.

Dit was eintlik eenvoudige woorde, maar my geloof in God, het my laat besef, dat hierdie wyse woorde was.

Net daarna het ek gaan bid: “HERE, ek is moeg gesoek, ek gee oor. Ek weet nie meer hoe nie. Kan my pa nie maar net na my toe aangestap kom nie?”

Die gebed was egter die spreekwoordelike laaste strooi – om my volle vertroue op God te plaas.

Van my kindsbeen af het ek na my biologiese ouers verlang. By tye was ek baie hartseer. Ek het my hartseer nooit met iemand gedeel nie.

Ek het ook nie vertel hoe die seunskinders op laerskool my kosblikkie uit my hande geskop het en my uitgejou het as  optelkind nie. Dit het baie seergemaak.

 Drie weke na hierdie gebed, sien ek ‘n ou oom na my toe aangestap kom terwyl ek in my kantoor sit.

Ek het nie geweet wie dit is nie en aan my gebed – “Kan my pa dan net sommer na my toe aangestap kom nie” – het ek glad nie gedink nie.

Toe die ou oom by my kom en ek sy trane en hartseer sien en hy af buk na my en deur sy trane vra: “Is jou naam Carin”, toe het my hele wese hier binne my uitgeroep: “HERE, hier is hy nou! Dis my pa! My pa het gekom!”

Ek het doodstil agter my lessenaar bly sit byna versteen. Ek kon nie praat nie, ek het net geknik.

Toe sê hy die mooiste woorde wat ek ooit in my hele lewe gehoor het: “Ek is jou pa.”

Die volgende oomblik was ek in sy arms.

So deur die snikke heen het ek aan hom gesê: “Pa, ek het julle nooit verwyt vir wat ook al gebeur het nie.”

Ek het gevoel hoe my pa se rou snikke deur sy liggaam skeur, ‘n groot man, baie groter as ek, wat huil soos ‘n kind. Ek hoor hy snik: “Ag HERE Jesus, hoe lank het ek nie na haar gesoek nie.”

My blydskap was oorweldigend toe ek hoor my pa het ook na my gesoek. Deur die jare het ek by kere gewonder of hy my sou aanvaar as ek skielik eendag voor hom sou staan en vir hom sou sê: “Pa, ek is jou kind.”

Ons is nou volwaardig pa en kind en kind en pa, lief vir mekaar en onafskeidbaar, soos dit hoort. Ons seën mekaar, besiel mekaar. Glorie Halleluja.

Veertig jaar was ‘n baie lang tyd, maar dit was God se tyd. Ek bly die HERE ewig dankbaar.

Ek het nooit besef dat beide my biologiese ouers na my ook gesoek het nie. Na my ma in 1999 Huis toe is, het my pa alleen die soeke voortgesit.

Hy het op ‘n dag die familie gebel en hulle het hom van my besoek aan hulle vertel en gesê waar ek woon... net 160km uitmekaar, al vir jare.

Die volgende oggend het hy die pad gevat na my toe en my in my kantoor verras.

 Patricia King, die bekende Amerikaanse Evangelis, het geen kennis van my pa se probleme en my bestaan gedra nie. Hy het haar bloot gevra om vir hom in gebed in te tree. Hy was ook al radeloos van al die gesoek na my. Niemand het geweet hy soek na my nie.

Kort voor my pa my gevind het, het hy ‘n skrywe van Patricia King ontvang:



“Dear James,

“Last night at our Tuesday Night house Fellowship, the Lord gave me an exciting prophetic vision. This morning He told me to deliver it to you!

“I saw a vision of butterflies being released out of Heaven. Thousands of them. They were so beautiful - so free! The Lord says that it is a time of new beginnings for you. Even as a butterfly comes forth from a cocoon into a new state of being, into new freedom, new beauty, new presentation, so also will you!

“The Lord says, "Do not call to mind the former things or ponder the things of the past. Behold, I will do something new, now it will spring forth; will you be aware of it.

“The wind of the Spirit will delicately blow upon you and new fragrances of His grace will be released in and through your life.

“This is a season of new beginnings for you. A season of reward for those who have diligently sought the Lord. The things that held you back in the past will not hold you back in the days ahead.

“Any cloak of shame, humiliation, or bondage is being cast off. A robe of honor is being prepared for you because you have humbled yourself.

“Walk through the door into this new realm of blessing. It is prepared for you. All things are being made new.

“Have a great day and remember that you are a great treasure to His heart.... ours too!

Patricia King



Enkele dae nadat ek en my pa ontmoet het, is ek een oggend deur ‘n allemintige swerm skoenlappers omsingel. Skoenlappers is ‘n rare verskynsel op ons dorp. Ek het doodstil bly staan te midde van die gefladder en met trane van dankbaarheid gedink aan Patricia se profetiese woorde. Ek het God inderdaad beleef!

Kort hierna was die kerk een Sondag stampvol en te midde van baie trane van blydskap oral, het my pa my gedoop!

My storie het soveel Goddelike detail, dat dit net God self is wat dit kon bewerk en op Sy tyd.

"Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys het en Sy trou nie van my weerhou het nie." –  Ps 66:20

            My pa vertel agterna: Die nag toe hy my ma afgesê het, het sy bitterlik gehuil. Die enigste woorde wat sy by drie geleenthede daardie nag geuiter het was: “Maar jy het gesê jy is lief vir my.” Sy het dit vraend gesê, asof sy nie kon verstaan hoe kan ‘n man iemand afsê vir wie hy sy liefde verklaar het nie.

            Haar trane was ontstellend, maar haar woorde was soos ‘n dolksteek. Toe het hy besef mans sê hopeloos te gou vir ‘n vrou hulle is lief vir haar. Dis ‘n verklaring en as die meisie dit herhaal, dan is dit ‘n verbond wat hulle sluit. Die werklik implikasie van daardie woorde het my pa eers daai nag op die stoep getref.

            Vandag waarsku hy: “Sê enigiets vir ‘n meisie... dat jy van haar hou, dat sy pragtig is, of wat ook al, maar verklaar nie jou liefde voordat jy nie erns met haar het en weet dat jy weet dat jy met haar wil en gaan trou nie.

            Uit die Skrif is dit duidelik: Elia kom nie terug aarde toe nie maar wel sy Gees en Krag en dat God besig is om dit te gebruik om vaders en kinders mee te versoen.

            Die derduisende kinders wat half wees groot word, weet dit, dit is deel van God se Raadsplan voordat die Messias kom, om Vaders en kinders te versoen.

            My pa moes baie worstel met negatiewe gedagtes, maar het uiteindelik besluit, kom wat wil, hy sal nie ophou soek tot die dag wat hy voor my staan om jammer te sê en vergifnis te vra, of dat hy by my graf staan nie.

            In Luk 11:5-10 het my pa ‘n groot openbaring gekry. Dit het hom laat dink aan kere wat hy aan ‘n deur geklop het en geloop het omdat daar nie antwoord was nie. Wanneer hy die mense later die dag raakloop, sê hulle: “Maar jy moes net langer geklop het, ons was die heeltyd daar, maar besig in die agterplaas.”

            Daarna het hy altyd teen iets soos sy lessenaar of die vloer geklop en gebid: “HERE, dis weer ek, maar ek wil U nie irriteer nie, sê tog asseblief wanneer sal ek my verlore kind opspoor.” Byna 40 jaar lank was daar geen reaksie nie, tot eendag toe hoor hy dieselfde stem as 40 jaar vroeë in sy kantoor: “Hou op met soek, sy is nader aan jou as wat jy dink.”

            Drie weke later toe is hulle in mekaar se arms.