Woensdag 30 September 2015

Behou jou geloof – Hou jou oë deurentyd op Jesus


Image result for jesus and his disciples images

“En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees. Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.
“En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.
“En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.
“Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
“En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
“Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.” Matt 14:26-3

Sommige vertrou die HERE vir antwoorde en wonderwerke, maar hulle hou nie hulle oë deurentyd op Jesus nie.
Ander kla dat hulle geloof nie so sterk is nie. In die verhaal van Petrus wou Petrus op die water loop en Jesus het hom laat loop en hy sou al die pad na Jesus toe geloop het, had hy maar sy oë deurentyd op Jesus gehou.
Die onweer maak dat hy bang word en toe eers sink hy. Ons glo en vertrou, maar as die antwoord talm of as ander faktore ons beïnvloed, dan is ons oë nie langer op Jesus nie.
As ons twyfel, kan ons niks van die HERE ontvang nie. Jak 1:7
Dink aan sport. In alle sport moet die spelers hulle oë op die bal hou anders vang en skop hulle mis.
Verder word ons gesien as atlete in ‘n wedloop. Ons moet die wedloop met volharding hardloop, die oë gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Hou Hom voor oë. Dan sal jy nie geestelik moeg word en uitsak nie. Hebr 12:1-3
Geloof is  ’n wedloop waarin ons nie mag uitsak nie, maar terselfdertyd ’n wedloop wat slegs enduit volgehou kan word as ons oë op Jesus, die Begin en Voleinder van ons geloof gerig sal bly.
Probeer ‘n wedloop hardloop en kyk kort-kort om, of na die skare… atlete wat omkyk-omkyk hardloop sal nooit eerste by die wenpaal aankom nie.
In die wedloop van geloof is dit presies dieselfde: om hierdie wedloop te wen, is dit nodig om aan te hou en uit te hou en voortdurend net na Jesus te kyk. Net dán sal jy die wedloop van geloof as wenner kan voltooi.
“Weet julle nie dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen,” skryf Paulus aan die gemeente in 1 Kor 9:24
In ’n gewone wedloop is daar net één eerste prys, en daar is ook net een atleet wat die wedloop kan wen. Die implikasie van daardie wedloop is dat jy nie die silwer gewen het nie, jy het die goud verloor.
Maar in die wedloop van die geloof is dit anders. In hierdie wedloop kan elke atleet ’n wenner wees, kan elkeen wat die wedloop hardloop, die prys ontvang. Maak seker dat jy só sal hardloop dat die prys van die geloofswedloop – die Ewige Lewe – uiteindelik joune sal wees.
Moedig al die Gelowiges rondom jou ook aan om so te hardloop en lei deur voorbeeld. – Sjibbolet

Ons pad tot aan die Einde


Image result for kompas 

Die onderhouding van Die Koninklike Wet...


Die liefde is ‘n Koninklike Wet. “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” Matt 5:17
Hoe het Jesus toe die Wet vervul?
Net voor Sy vertrek na die Hemel, vra die dissipels Hom: “Meester, wat is die groot gebod in die wet?
“En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
“Dit is die eerste en groot gebod.
“En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
En dan sê Jesus: “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” Matt 22:36-40
Aan hierdie twee Liefdes-gebooie hang die HELE WET.
Hoe so? Want as jy waarlik liefhet, dan sal nooit enige wet oortree nie.
Die Skrif verwys telkemale daarna dat ons ander moet liefhê soos onsself.
Is dit moontlik om onsself lief te hê?
          Hierdie kan as ‘n meetinstrument beskou word: Hoe lief ek myself het, bepaal hoe lief ek ander het.
          Dit bepaal ook my geestelike stand in Christus.
Liv 19:18 “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
          Liv 19:34 “Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself...”
          Matt 19:19 “Eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
          Matt 22:39 “En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
          Wat ons ook hieruit leer is dat dit belangrik vir ons is om te weet in watter mate ons onsself lief het.
          Jy moet jouself liefhê. Ontlok hierdie woorde ‘n negatiewe reaksie by jou? Klink dit nie selfsugtig en egoïsties nie?
          Om jouself lief te hê beteken nie om selfgesentreerd te wees nie. Dit beteken om respek vir jouself te hê, om jouself te beskerm, vir jouself om te gee.
          Kyk weer na Liv 19:18: “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.” Moet dus nooit ‘n wrok teenoor iemand hê nie, maar “hê jou naaste lief soos jouself.” Of het jy ‘n wrok teen jouself, of teen iemand anders?
          En moet nou nie in ‘n geredekawel vasval van “Wie is my naaste” nie. Jy weet tog dis jou huisgenote en diegene in jou daaglikse omgang.
          As jy dus nie vir jouself lief is nie, dan sal jy wraakgierig of haatdraend teenoor ander wees. Dit mag nie so wees nie, dan is daar fout met hoe lief jy jouself het. Is jy wraakgierig en haatdraend met jouself? Sommige mense is. Dit is al bewys dat as mens iemand haat, jy, en nie die ander persoon nie, die eintlike lydende party is.
          Daar was die vrou wat gebel het en gevra het ons moet haar besoek want sy verlang gebed omdat sy baie siek is. Op pad na die adres het die Heilige Gees reeds  deur die gawe van onderskeiding, dit duidelik gemaak dat haat die oorsaak van die vrou se ernstige siekte is.
          Met ons aankoms daar het ons dit so aan haar meegedeel. Sy het bevestig dat sy iemand verskriklik haat, maar het sy bygevoeg: “Darem nie meer so erg nie.”
Ons het aan haar gesê dat die haat nog steeds so verterend is, maar dat die bloedkanker intussen sulke ernstige afmetings begin aanneem het, dat haar gedagtes nou meer bevange is met haarself en die dreigende dood, as met die haat.
          Ons het haar ook meegedeel dat die haat die oorsaak van haar ernstige siekte is. Sy wou nog skerm, toe ons sê: “Nou goed, as daar nou ‘n geklop aan die voordeur is en jy maak oop en daar staan die mense wat jy so haat, sal jy bv sê: ‘Goeie naand, lank laas van julle gehoor. Kom in, maak julle tuis. Wat drink julle, tee of koffie?’
          En sy het geantwoord: “Nee, darem nie so nie.”
          Die vrou het nie haarself liefgehad nie. Sy het toegelaat dat die verterende haat haar liggaam vernietig.
          Alhoewel sy versoek het dat ons vir haar moet bid vir genesing, was 1 Tim 5:22 van toepassing: “Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.”
          As ons summier vir haar die hande opgelê het, het ons gemeenskap met haar sondes gehad, dan was ons onrein.
          Na berading het ons vir haar gebid en gevra dat God haar asseblief moet genees, maar op voorwaarde dat sy die haat los en vrede met die ander mense maak.
          Ons het haar drie jaar later in ‘n supermark raakgeloop. Sy het oorgeloop van vreugde en blydskap, sy was volkome genees.
          Mens weerspieël ook jou liefde vir jouself wanneer jy jou vader en moeder eer. Matt 19:19
          Moet mens die ongereddes ook liefhê? Natuurlik! Mark 12:30 “Jy moet die Here jou God liefhê (Hoe?) uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. Lees dit weer want dis nogal ‘n gewigte saak.
          En strofe 31: “En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.”
          “Hieraan gelyk” beteken “dieselfde”. As ek God moet liefhê met my hele hart, my hele siel, my hele verstand, my hele krag, dan moet ek my naaste ook so liefhê. Die liefde vir God staan gelyk aan die liefde vir myself en my liefde vir ander. Hoekom? Omdat God vir jou en die ander persoon ewe lief is.
          In die lig hiervan, vra weer: Hoe lief het ek myself?
          “En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.” Kol 3:14. Let op: “Beklee julle met die liefde.” Dis ‘n proses. Hoe lank die proses neem, is hoe lank jy neem om jouself met die liefde te beklee.
          Ongereddes is op pad na die ewige verdoemenis. As iemand nie vir jou en vir my liefgehad het nie, dan was ons ook nog op die verkeerde pad.
          “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die (Koninklike) wet vervul.” Rom 13:8
          “Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Rom 13:9
          As jy jouself liefhet, respek het vir jouself, vir jouself omgee voor God en die mens, dan sal jy nie egbreek, doodslaan en dergelike dinge doen nie nie.
          En weer ‘n keer: “Want die hele (Koninklike) wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Gal 5:14
          Het jy jouself lief? Hoeveel het jy jouself lief, ‘n bietjie of met jou hele hart? Kyk na die waarskuwing: “Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.” Gal. 5:15
          Liefde is en bly die Groot Gebod. Wandel in die ware liefde en daar sal nooit probleme wees nie. Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
          As ons nie onsself lief het nie, kan ons nie ons naaste liefhê nie, nie mekaar liefhê nie, dan doen ons nie goed nie.
Waar is die begin van hierdie uitsonderlike liefde? Wanneer ons met die werklikheid vrede gemaak het van hoe lief Jesus ons gehad het en steeds het en wanneer daardie liefde wederkerig is. Dis die begin.
Jy gered vanweë Sy liefde vir jou. Jy kan ook elke dag op Sy liefde staatmaak.
          Mense wat iewers in die lewe seergekry het, sien soms net die  veroordelende taal in die Bybel raak. Hulle besluit dan verkeerdelik dat dit God se wil is dat hulle sonder eerbied en liefde in die lewe behandel is.
          Die euwel van ons tyd is persepsies en wanpersepsies, pleks van feite. Met die korrekte lering verstaan hulle heelwat later in die lewe dat God vir hulle lief is, dat hulle daarom vir God moet liefhê en ook hulself moet liefhê. Dan begryp hulle eers dat die nare ondervindinge van die verlede nie van God af gekom het nie.
          Daar is Christene wat onder die waan verkeer dat alhoewel ons ander mense moet liefhê, dit verkeerd is om jouself lief te hê. Hulle besef nie die een liefde gaan hand aan hand met die ander liefde, dat dit juis dieselfde liefde is nie.
          Die Bybel leer dat ons nederig moet wees, maar om onsself te verkleineer is verkeerd.
          Die wanbalans het in menige ouerhuis ontstaan. As ‘n kind grootword in ‘n omgewing van kritiek, van verbale mishandeling, van haat, van skande, dan sal so ‘n kind net so in sy volwasse lewe optree. Die rede daarvoor is dat die kind in vrees lewe, vrees dat hy of sy weer en weer kan seerkry. Hulle lewensstyl is een van voortdurende selfbeskerming.
          Jy voel bedreig deur diegene wat jou juis opreg liefhet en opreg vir jou omgee, selfs onder jou huisgenote, vir jou is dit te goed om waar te wees. Jy vertrou nie die vrede nie.
          Tog vind jy dit vreemd dat elke keer wanneer jy sulke opregte mense ‘n koue skouer gegee het, hulle selfs afgejak het, lelike dinge vir hulle gesê het, dan loop jy dae aaneen en worstel, want diep hier binne jou weet jy, jy het nie reg opgetree nie, maar o wee, om verskoning te maak, te sê jy is jammer, is ‘n byna onoorkombare struikelblok.
Sommige mense beleef ‘n misverstand oor wat berou is. Berou is nie perfeksie nie, maar ‘n verandering van rigting. Die verlore seun het gedink hy doen reg. Sy berou het beteken dat hy van rigting moes verander. Dit het beteken ‘n verandering van gedagte, ‘n verandering van hart en ‘n verandering van rigting.
Wanneer ‘n mens omdraai, dan is daar geen verwyte nie, geen oordele nie, net trane en blydskap.
“En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel [liefde van vanuit die Vader se hart gestraal vir sy seun] en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die Hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.  En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. (Hoekom?) Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.” Hulle het ‘n fees gehou.”
Maar alles is nie verlore nie. Daar is steeds tyd om in wasdom te groei en te genees.
Andrew Wommack verduidelik dit so: “Sommige mag dink, wel, toe ek die eerste keer aan God geglo het, toe het ek geglo dat ek geheel en al vergewe was en gereinig is en alles was goed, maar sedertdien het ek gesondig, ek het God weer gefaal.
“As jy gefaal het, het jy gefaal in jou verstandelike en emosionele deel, maar jou gees het nie gesondig nie.
“Jou gees is geseël soos wat ‘n vrou konfyt in ‘n fles plaas, kerswas oorgooi om dit lugdig te maak om alle onsuiwerhede uit te hou en draai dit dan styf toe. God het jou verseël en sonde kan nie jou gees binnedring nie.
“Jy het ‘n nuwe identiteit.
“Vir jou om ‘n verhouding met God te hê, moet jy met Hom verkeer en Hom aanbid, juis gebaseer op wie jy is in jou gees en nie jou vlees nie. Dit is in werklikheid die groot transformasie in die Christelike lewe, dat ‘n persoon se identiteit moet verander.
“Ons moet aan God verwant wees, nie gebaseer net op wat ons in die fisiese  doen nie, ook nie met wat in ons gedagtes aangaan nie, maar juis met wie jy in jou gees is op grond van wat Hy vir jou gedoen het. Dit is ‘n voltooide werk, en iets wat nooit verander nie, nooit fluktueer nie.
“Jy is geskape in geregtigheid en ware heiligmaking. Dit is die geestelike deel van jou. Jy moet gemeenskap met God hê in gees en in waarheid. Jy moet vasstaan in hierdie identiteit van wie jy in Christus is.”
          Kyk na die teenoorgestelde: As ‘n kind grootword in ‘n omgewing van
lof en bemoediging, dan sal so ‘n kind leer om te waardeer en selfvertroue opbou.
          As ‘n kind grootword in ‘n omgewing van verstandhouding, uitdruklike voorwaardes en waardes, wedersydse begrip, dan sal ‘n kind leer om geduldig te wees.
          As ‘n kind in ‘n regverdige omgewing grootword, dan sal hy ook regverdig wees. En as ‘n kind in ‘n veilige liefdevolle omgewing grootword dan sal hy glo en vertrou.
         So lei ‘n lewe van goedkeuring tot die ontwikkeling van selfwaardering. Aanvaarding en vriendskap lei tot liefde vir ander.
As mens nie so grootgeword het nie, dan kan jy soms ‘n buffel wees, ongenaakbaar, wreed, maar jy is en bly die een wat daaronder ly. Jy het jou eie grootste vyand geword. Jy is nie lief vir jouself nie en nou kan jy nie lief wees vir ander nie.
          As ons onsself liefhet en ons skep ‘n omgewing van lof, bemoediging, wedersydse begrip, veiligheid, goedkeuring, ondersteuning, aanvaarding, vriendskap en liefde, dan bereik ons wasdom as man en as vrou. Dan word so ‘n man en vrou mense van waardering, van oortuiging, van vertroue, van billikheid, dat sal hulle van goeie inbors wees en  liefdevol teenoor diegene om hulle.
          Om ander lief te kan hê, moet ons onsself liefhê.
·       Onthou: Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8

          As jy nie die Koninklike wet volbring nie, dan doen jy nie goed nie. As mens nie die Koninklike wet kan volbring nie, dan moet mens met selfondersoek begin. Jy durf nie so voortlewe nie.
          Wanneer mens begin om jouself te respekteer, wanneer mens vir jouself grense van behoorlikheid stel (soos dat jy nie vuil grappe sal vertel of die Bybel of die Hemel sal bespot, of jouself dronk drink nie, of iets neem wat nie aan jou behoort nie), wanneer jy die skoon dinge in die lewe ontdek, daardie dinge waarvan jy hou, dan word jou lewe klaar veel verdraagsamer, dan kan jy ander begin liefkry.
          God het ‘n plan om my en jou te laat floreer, maar dan moet ons, ons gebrek aan ware liefde erken, dit bely en vergifnis verkry. Die waarheid maak ons vry. As ‘n vreemdeling met jou ‘n gesprek gevoer het em van jou af weggaan, moet dit vir hom of haar voel asof hulle in die teenwoordigheid van Jesus self was.
          Mens wonder oor die baie egskeidings, gebroke huise. Is dit dan nie mense wat een mooi dag hul liefde (nog al voor God) aan mekaar verklaar het nie, wat belowe het om saam te staan tot die dood hulle skei nie, wat trou aan mekaar belowe het nie?
          Een van die twee, of beide, had nie hulself lief nie en daarom kon hulle nie mekaar liefhê nie. Berading bring die probleem gou na vore. Die vraag moet selfs gevra word of hulle God liefgehad het met hul hele hart, hele verstand, hele siel en al hulle krag, toe hulle getrou het.
          Lees aandagtig hoe lees Efes. 5:28-29 “So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief. (hoekom moet ‘n man sy eie liggaam liefhê?) want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die HERE die gemeente.” Let op die vergelyking.
          ‘n Man moet sy eie vrou liefhê (Hoe moet hy haar liefhê?) soos wat hy sy eie liggaam liefhet. En, as hy sy eie liggaam liefhet, dan sal hy altyd sorg dat sy liggaam skoon is, dat hy sy liggaam voed en koester sodat hy altyd vir sy vrou lieflik en aanvaarbaar sal wees. Hy sal dit doen net soos wat die HERE sy gemeente liefhet en voed en koester.
          Strofe 31 lees dat die man sy ouers sal verlaat en sy vrou sal aankleef en liefhê omdat hulle “een vlees” is.  ‘n Man moet dus sy vrou liefhê soos wat hy sy eie liggaam liefhet. Hy moet haar sien as sy vlees, want hulle is een vlees.
          Ons moet die Koninklike wet gehoorsaam. Ons moet ander liefhê soos wat ons onsself liefhet. Vraag is: Hoe lief het ons onsself?
In ‘n mate is jy lief vir jouself. Jy trek altyd netjies aan. Jou hare is altyd netjies gekam, jy is glad geskeer, jou naels kort en skoon, jou skoene blink, jou werkplek is netjies, jou motor blink, jy is stiptelik, getrou. Die fondament is daar, bou net voort daarop!
          Paulus sê ons moet bo die omstandighede leef en nie daaronder nie. Jy moet aan die voorpunt wees, nie aan die stertkant nie. Wees lief vir jouself, beskerm jouself... en, doen dieselfde vir andere. Wat jy vir jouself gun, gun dit ook vir ander.
          Onthou jy die gelykenis van die talente. As jy jou talente gebruik gee Hy vir jou meer. So lief soos wat jy jouself het, wees ook net so lief vir ander!
          Om jouself lief te hê beteken nie om ‘n trotsaard vol wêreldse liefde en selfverheerliking en arrogant te wees nie. Wees dankbaar vir die mens wat God jou geskape het.
          Die bagasie wat bindinge in jou gees opbou weens self-verwerping, self-haat, onwilligheid om jouself te vergewe, is soos selfmoord. Wat beteken dit?
          Self-verwerping, om nie jouself te aanvaar soos wat God jou gemaak het nie en jouself daaroor te kasty, vreet soos ‘n vernietigende kanker aan jou lewe.
Dis presies dieselfde as wanneer jy jouself haat, wanneer jy ‘n smartvraat is, jouself blameer vir baie dinge, foute uit jou verlede teen jouself te hou, onvergewensgesind wees, met bitterheid rondloop oor wat ander aan jou gedoen het. So vernietig jy jouself geestelik, fisies en emosioneel.
          Jy sien jouself as waardeloos en wil bewys dat dit nie so is nie, daarom druk jy jouself in onredelike prestasies in sodat jy goed kan voel. Jy wil jouself gereeld bewys terwyl jy eintlik niemand beïndruk nie.
          Baie mense is nie tevrede met hul eie gesigte en liggame nie. Hulle beskou hulself as dom, lelik, onnosel, lomp, nikswerd... en dit terwyl hulle in die beeld van God geskape is. As jy fout met jouself vind, vind jy fout met God se handewerk. Gen 1:26
Ons moet dankbaar wees. Ons moet sê soos Dawid “Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.” Ps 139:14. Ek en jy is ook “vreeslik wonderbaar!”
          Dawid het nie gespog nie, maar hy het sy dankbaarheid teenoor God betuig.
          Ons moet onsself vergewe! (Hoekom?) Want God het ons vergewe. “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” Ps 103:12
          Noord en suid is sowat 19 200 km van mekaar af, maar die afstand tussen oos en wes, is onmeetbaar.
          Is jy nou in die moeilikheid by die HERE? Stellig nie.  “Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.” Dit is die sleutel: “Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.” Rom. 4:7-8
          “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:12-13 – Sjibbolet

Maandag 28 September 2015

Ons moet die Getal Volmaak


Image result for lots of numbers

Met Rusland (Gog), Iran (Persië) en Sjina (Konings van die Ooste) saamgetrek in Sirië na aan die Golan Hoogtes van Israel, wonder mens noodgedwonge of ons nou die vervulling van Eseg 38 en 39 bereik het. Ons weet nie, ons sal moet wag ek kyk hoe alles ontwikkel.
            As ons egter so naby die vervulling van Eseg 38 en 39 is, dan is die einde op ons, maar dis nie belangrik nie, Gelowiges weet lank reeds hulle gaan die aarde die een of ander tyd verlaat.
            Wat wel belangrik is, is dat die vol getal gered moet wees en dis waar ons dinamiese rol inkom.
            Luk 17 verse 7-10 lees: “En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld af, vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?
“Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ék geëet het; en daarna kan jy eet en drink?
“Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.
“So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”
Hierdie “plig” waarvan hy praat, omsluit die volgende: Dat ons die Vader se insettinge en verordeninge moet onderhou, en dat ons Sy Koninkryk bou deur siele vir Hom in te samel. Daar is ‘n getal wat volgemaak moet word en hoe gouer ons die getal volmaak, hoe vinniger vind die Wederkoms plaas.
Herders – leraars – kry nie lammers nie. Die Herders moet die skape so voed dat die skape kan lam, ja, sommer twee- en drielinge, binne seisoen en buite seisoen, tydig en ontydig.
Ons staan onder verpligting. Ons het geen keuse nie. Al kom ons moeg na ons dagtaak by die huis aan, moet ons onsself omgord en eers die Meester “bedien”. Eers dan kan ons gaan sit en eet en ontspan.
Ons is verder onder verpligting want, die Here sê in Eseg 3:18 “As Ek aan die godlose sê: Jy sal sekerlik sterwe en jy – kind van die Vader – waarsku nie die goddelose nie, en spreek nie om die goddelose vir sy godlose weg te waarsku nie, dan sal die godlose deur sy ongeregtigheid sterwe, maar… sy bloed sal van jou hand geëis word.”
Maar God is regverdig en Hy voeg by: “Maar… as jy die godlose waarsku, en hy hom nie van sy godlose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe, maar jy het jou siel gered.”
Dis hoe regverdig die Vader is!
Dit is of eenkant toe of anderkant toe. Die Bybel maak geen plek vir kompromieë nie. Vir huigelaars en geveinsdes is daar nie plek in hierdie arena nie.
Tot nog toe het ons altyd die net aan die een kant, die van die preekstoel, uitgegooi en hierdie hele lange nag van hoevele jare niks gevang nie.
Daar was na die predikant opgesien as die een wat die gemeente moet bou. Daar was verwag dat hy manalleen die strate en pleine moes bewandel en siele moes inbring.
As ons as gereddes, as vissermanne, nou uitvaar na die diep kant – selfs die wye wêreld in – en die net aan die anderkant van die skuit uitgooi, gaan ons nette en nogmaals nette vol vis uittrek, want dan vervul ons die Vader se opdrag, Sy strategie, en nie ons plannetjies nie.
Jy het nie ‘n graad of diploma in teologie nodig om jou plig te kan nakom nie. Jy hoef nie ‘n ouderling of ‘n diakones te wees nie. Die Vader het gesê: “Voed My skape.” Hy het nie gesê: “Voed my kameelperde” nie. Hy sê ook: “Selfs ‘n Kind sal die Blye Boodskap verstaan”.
Die Heilsboodskap en die verlossing se werkinge lê in eenvoud, in Gees en in die Waarheid.
Jy dienskneg, wanneer jy moeg van die werk af kom... dan kan jy nie gaan sit om bedien te word nie, jy is geroep om eers die Meester te dien. Daarna kan jy eet.
Komaan, bid sonder ophou, dra die Evangelie uit, tydig en ontydig, op enige denkbare manier. Ons moet die getal volmaak. – Sjibbolet

Woensdag 23 September 2015

Dit is die laaste uur...


Image result for uurglas

“Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.” Joh 4:2
            “Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie. En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.” 1 John 2:18-20
            “En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” 1 Joh 2:17
            “Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees (hoekom?), omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.” 1 Joh 3:2-3
            Dit is die laaste uur. Meeste mense vrees die laaste oomblikke van hulle lewe. Hulle wil selfs nie daaraan dink nie. Die enigste genesing vir daardie dodelike vrees, is ‘n groeiende verhouding met Jesus Christus.
            “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.” Hebr 2:14-15
            Gelowiges is vry van die vrees vir die dood. “Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.” 1 Joh 4:18-19
            Om sonder Saligmaking te sterf, is vreeslik. Kom kuier saam by ‘n paar bekende sterfbeddens:

•          Voltaire, die beroemde spotter, het ‘n ontsettende einde gehad. Sy verpleegster het gesê:  “Vir al die geld in Europa wil ek nooit weer ‘n ongelowige sien sterf nie!” Hy het die hele nag om vergifnis uitgeroep.
•          David Hume, die ateïs, het geskreeu:  “Ek is in die vlamme!”  Sy wanhoop was skrikwekkend om te aanskou.
•          Cesare Borge, die staatsman:  “Ek het in my lewe vir alles voorsorg getref, net nie vir die dood nie. Nou moet ek volkome onvoorbereid sterf!”
•          Karel IX (Frankryk):  “ Ek is verlore! Ek besef dit duidelik!”
•          Mazarin: “My siel, wat word van jou?”
•          Hobbes, die filosoof:  “Ek staan voor ‘n verskriklike sprong in die duisternis!”
•          Thomas Scott, die voormalige voorsitter van die Britse Hoërhuis: “Tot op  hierdie oomblik het ek gemeen dat daar geen God en geen hel is nie. Nou weet ek... en ek voel dat al twee bestaan.  Ek is aan die verderf oorgelewer deur die regverdige oordeel van die Almagtige!”
•          Die Russiese leier Lenin, was kranksinnig toe hy oorlede is.  Hy het tafels en stoele om vergifnis gevra vir sy sondes.
•          Jagoda, hoof van die Russiese geheime polisie: “Daar moet ‘n GOD wees. Hy straf my weens my sonde!”
•          Jaroslawski, president van die Internasionale Ateïstiese Beweging:  “Verbrand al my boeke! Aanskou die Heilige! Hy wag al lank vir my – Hy is hier!”
•          Boeddha:  “Ek het nie my doel bereik nie!”
•          Jesus Christus: “DIT IS VOLBRING!”

            Ons is in die laaste dispensasie van Tyd. Niemand kan Tyd uitkoop of terugdraai nie. Wat verby is verby... elke sekond, elke minuut, elke uur.
            Dit is die laaste uur. Wie ongered is moet dit besef, maar ook diegene wat geestelike nie gefokus is nie. Dit is die laaste uur. Ons moet wakker wees.
            “En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.”Rom 13:11-12
           En dan die belangrike 14e strofe: “...Beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.”
            Ons is op die drumpel van die grootste Herlewing wat die wêreld nog ooit beleef het, maar saam daarmee kom die aanslag uit die hel ook soos nog nooit tevore nie. Die satan besef dis sy laaste kans om aan te val en wal te gooi ter beskerming van sy drakoniese koninkryk.
            Die afval is wêreldwyd reeds groot. Diegene wat nie gered is nie, sal met moeite kan vasstaan. “Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
            “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
            “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
            “Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.
            “Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” Jak 4:6-10  
            Petrus stel dit so: “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
            “Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.” 1 Pet 5:8-9
“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
“Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.”  Efes 6:10-13
Grootste van alles om staande te bly, is die Liefde. Baie sê maklik ons is nie onder die Wet nie, ons is onder die Genade verbond. Ons vergeet die wet is deur Christus vervolmaak in die Koninklike Wet... en hierdie wet moet deur alle Gelowiges streng nagekom word.
“As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
Ons moet vir mekaar bid, mekaar se laste dra en ons moet mekaar bemoedig.
“En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging. En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.” Hand 15:31-32
“En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging. En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.” Hand 15:31-32
“Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.
“Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.” 1 Joh 4:7-8
In Mei 1969 het Lord Caradon, die Britse gesant by die Verenigde Nasies, tydens 'n samekoms van die American Bible Society, vertel van die tyd toe hy goewerneur van Ciprus was tydens 'n stormagtige politieke situasie.
Sy pa het hom ondersteun en vir hom uit Engeland 'n kabel gestuur: "In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie." 2 Kor 4:8
Hy het sy pa geantwoord: "Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het." Rom 5:3-5
Wat ‘n wonderlike manier om mekaar te bemoedig het.
En helaas, dikwels kry ons Dawid in 'n toestand van nood en beproewing. Altyd is sy toevlug na God toe, vertrouende in Sy goedheid. "Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep; die Here het my verhoor in die ruimte." Ps 118:5
Hou jouself besig in hierdie laaste uur: Bid, getuig en bring die siele in. Daar is ‘n getal wat volgemaak moet word. Luister asseblief ook na Danie Botha se jongste CD, Elke Druppel Bloed, wanneer hy sing: “Dit is die laaste uur.” –   Sjibbolet

Moet ek gaan met leë hande...


Image result for empty hands

‘n Man vertel: Op laerskool in 1955 se koers moes die klas elke oggend die skooldag met Godsdiens begin. Die klas meneer was egter nooit teenwoordig nie. Dit was of hy dit wou ontvlug, en tog was hy so ‘n goeie meneer.
Die kinders het gesing, iemand het later uit die Bybel gelees, iemand het gebid en dan was die periode verby en die dag se skoolwerk het begin.
            Die kinders het sonder musiekbegeleiding Hallelujaliedere gesing. Die kinders kon om die beurt ‘n lied opgee om gesing te word.
            Die een seun het altyd gevra die klas moes lied 177 sing: “Moet ek gaan met leë hande, moet ek so my Heer ontmoet, nie een siel na hom gelei nie, niks te offer aan Sy voet.
            Die seun was nie gered nie. Inteendeel, hy het niks van wedergeboorte of redding begryp nie. Nogtans was dit vir hom ‘n pragtige lied, maar ook ‘n hartseer lied want hy wou nie eendag voor die HERE gaan staan met leë hande nie.
            Hy het die lied gereeld gesing in die hoop dat hy die antwoord sou kry hoe om seker te maak dat hy nie daar met leë hande aanland nie. Maar niks het gebeur nie. Hy kon ook nie verstaan hoekom mens siele na die HERE toe moet lei nie.
            Hy het baie nagte wakker gelê en gesien hoe hy voor die HERE met leë hande staan. Dan het hy homself aan die slaap gehuil. Die lied het hom gereeld baie hartseer gemaak, maar hy wou nooit afskeid neem van die lied nie want hy het begeer om eendag met hande vol siele by die HERE op te daag, wat dit ook aol beteken het.
            Die lied het hom sy lewe lank bygebly. Later as groot mens, het mense met hom oor sy eie siel gepraat. Almal het gevra hy moes agter hulle aan bid en dan by die afsluiting gesê: “Veels geluk, jy is gered”.
            Maar dit was leë woorde. Dit had geen betekenis vir hom nie.
            Drank en dwelmmiddels het hom een nag ingehaal. Hy het letterlik alles verloor wat hy in die lewe bymekaar gemaak het. Nou was hy stoksielalleen. Dit was ‘n wrede ontnugtering, veral wanner ‘n mens teleurgesteld in jouself is. .
            Toe besluit hy om selfmoord te pleeg. Hy het in sy studeerkamer gesit waar hy laataand in doodse stilte alles haarfyn uitgewerk het.
            Toe hy by die studeerkamer wou uitstap om die daad by die woord te voeg, toe staan daar ‘n reuse “man” daai hele deur vol, mens sou nooit by die “man” verby kon kom nie. Toe word hy ontsettend bang en begin huil.
            Hy onthou van ‘n klein advertensie wat hy eendag in ‘n koerant gesien het: ‘n Telefoonnommer waarheen mens kon bel vir gebed of geestelike hulp. Hy bel die nommer en ‘n vrou antwoord, meer as duisend km ver in ‘n ander stad.
            Hy vra in trane: “Help my asseblief, ek wil selfmoord pleeg en hier is ‘n reuse “man” wat my keer...” Die vrou het onmiddellik begin bid, hoe lank, kan hy nie onthou nie, hy was net bewus van die wonderlike rustigheid wat oor hom gekom het. Dit het vir hom as leek geklink of die vrou eers oorlog maak en daarna die vrede van die HERE afgesmeek het.
            Na die gebed wou hy sy Bybel in sy slaapkamer gaan haal. Die groot “man” was nie meer daar nie. (Later jare sou hy besef, dit moes ‘n Engel gewees het).
            Hy het in baie jare nie die Bybel gelees nie en maak dit oop by die verhaal van die blinde man van Jerigo. Hy lees die verhaal en sien homself in sy geestesoog
met sy vuil kleed langs die stowwerige paadjie sit. Hy wis nie sy kleed is vuil nie want hy is blind.
            Hy het van tyd tot tyd ook gehoor van die man Jesus en wat Hy doen, maar hy kon nie by Jesus uitkom nie, want hy  was blind. Maar daardie dag hoor hy hier kom mense aangestap en Jesus is onder hulle.
            Hy roep: “HERE, HERE seun van Dawid, wees my barmhartig!” Diegene wat voor gestap het, het hom stilgemaak. Hulle en Jesus was op pad na ‘n afspraak, Jesus kon nie nou gepla word nie.
            Beseffende dat hy dalk nooit weer so naby aan Jesus sal kon kom nie, skreeu hy harder: “HERE, HERE seun van Dawid, wees my barmhartig!”
            Jesus vra vir hom: “Wat kan Ek vir jou doen?” Hy antwoord: “Dat ek kan sien,” en Jesus sê “jy sien” en hy het gesien.
            Die man het in die slaapkamer by sy bed op sy knieë neergeval en geroep: “HERE, HERE, seun van Dawid, wees my barmhartig!”
            Toe kom ‘n groot duisternis oor hom, en hy hoor die vraag: “Is jy van jou sinne beroof. Hoe sal ooit van die dwelms en drank ontslae raak. Dis onmoontlik.” Hy onthou hy al probeer het om van die dwelms af te kom, die ontsettende onttrekkingsimptome, die rou jeukende sere wat hy uitgeslaan en stukkend gekrap het...
            Maar dis of hy besef sy tyd het gekom...
            En toe roep hy oorverdowend: “HERE, HERE, seun van Dawid, wees my barmhartig!!!”
            En hy bid: “HERE nou vra U wat U vir my kan doen... ag HERE, gee tog dat ek kan sien.”
            Die duisternis was weg, daar was baie, baie trane. Die uiteindelik deurbraak was daar. Tot laatnag het hy daar op sy knieë deurgebring want daar was so baie wat hy met die HERE wou uitgesels. So het hy aan die slaap geraak en die volgende oggend wakker geword, ‘n splinternuwe skepsel... en sonder enige onttrekkingsimptome.
            En toe verstaan hy Lied 177 en weet hy, hy gaan met baie siele eendag by die HERE aankom.
            Sien jy kans om met leë hande by die HERE op te daag? — Sjibbolet

Vrydag 18 September 2015

700 000 preke sonder ’n bekeerling!


Herlewing is nodig – Oswald J. Smith

Waarom predikers misluk!

Oswald J. Smith was ‘n prediker rondom 1900. Wat hy hier – ‘n 100
jaar gelede – beskryf het, is presies wat ons vandag in Suid-Afrika
en reg oor die wêreld heen beleef.
Smith_OJ
Smith_OJ
Oswald J Smith (1889-1986)

Die Kerk strewe dikwels nie na positief geestelike resultate nie en kry dit ook nie. Mense preek en dink nooit daaraan dat iets buitengewoons moet gebeur nie.
          O’ hoe ver het ons weggedryf! Hoe magteloos het ons nie geword nie!
          In 1904 in Wallis is beraam dat 7 000 gemeentes gedurende die jaar nie een siel vir Jesus Christus gewen het nie.
          Altesame 7 000 Evangelie bedienaars het ‘n jaar lank sowat 700 000 keer die Evangelie verkondig sonder om een verlore siel te bereik.
          Nou, my broers, daar moet êrens ‘n baie ernstige skroef los wees. Daar moet of iets verkeerd wees met die 7 000 predikers, of daar is fout met 700 000 preke of met albei!
          Toe ek die Twaalf Reëls van die vroeë Metodiste Kerk lees, is ek getref deur die feit dat dit gemik is op die wen van siele en dat hulle dit as hul vernaamste taak beskou.
          Ek haal aan:  “Gee uself dus geheel en al oor aan u werk. U taak is om nie soveel keer moontlik te preek nie, maar om soveel moontlik siele te wen as wat u kan, om soveel sondaars as wat u maar kan, tot berou te bring, en om met al u mag hulle in heiligmaking op te bou, waarsonder hulle die HERE nie sal sien nie” – Uit: Die Twaalf Reëls deur John Wesley.
          Toe het ek my bediening met die beloftes van God vergelyk. In Jer. 23:29                                                                                                                                                                                                                   lees ek: “Is my antwoord nie so, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?”
          En in Efes. 6:17: “…die swaard van die Gees – dit is die Woord  van God.”
          Maar hoe meer ek daaroor nagedink het, hoe meer het ek onder die oortuiging gekom dat in my bediening, die Woord van God nie ‘n vuur, ‘n hamer en ‘n swaard was nie.  Dit het nie gebrand, gebreek en deurgedring nie. Daar was geen teregstelling nie.
·       Heb. 4:12 verklaar: “Die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as ’n tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart!
John Wesley het dit so ingesien. John Smith was ‘n gedurige waarnemer
daarvan. David Brainerd was ‘n getuie van die realiteite daarvan, maar nie ek nie.
          “So sal my Woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.” Jes. 55:11
          Ek het geweet dat hierdie wonderlike belofte nie in my prediking in vervulling getree het nie. Ek het geen getuienis gehad soos Paulus, Bramwell en Finney, in wie se geval die Woord nooit leeg teruggekeer het nie.
          Ek was ook geregtig op hierdie belofte. Dit was dus vir my ‘n uitdaging.
          Nie net my prediking nie, maar ook my gebedslewe het onder die soeklig gekom. Dit moes ook uitgedaag en getoets word aan die uitslag.
          Ek is gedwing om te erken dat die hoopvolle versekering wat straal uit Jer. 33:3 “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord, en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie,” dat dit in my ondervinding nie ‘n werklikheid was nie.
          Die “groot en ondeurgrondelike dinge” was die byna daaglikse ondervinding van Evan Roberts, Jonathan Goforth en ander, maar nie myne nie. Daar was geen definitiewe en daaglikse antwoorde op my gebede nie.
          Die volgende was dus nie ‘n werklikheid in my lewe nie: “Wat julle ook al in my Naam vra, dit sal Ek doen,” en “As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” Joh. 14:13,14
          Hierdie beloftes was nie vir my ‘n lewende werklikheid nie omdat ek so baie dinge gevra het wat nie volgens die beloftes was nie. So het ek besef dat daar met my gebedslewe iets radikaals verkeerd was.
          Toe ek die outobiografie van Charles Finney lees, ontdek ek dat hy dieselfde mislukking in sy lewe ondervind het.
          By die afsluit van sy boodskap het John Wesley altyd vir God aangeroep om “Sy Woord te bevestig” en God het dit gedoen.
          Sondaars het onmiddellik om genade begin roep omdat hulle onder diepe en ontsettende oortuiging van sonde gekom het, waarna hulle onmiddellik vryheid  verkry het en met onuitspreeklike vreugde vervul is.
          Finney skryf hieroor soos volg in sy dagboek:
          “Ons het verstaan dat baie aanstoot geneem het weens die uitroepe van diegene oor wie die krag van God gekom het. Onder hulle was ‘n geneesheer wat baie bang was dat daar bedrog daarin kon wees. Vandag het iemand wat hy baie jare al ken, hard uitgeroep en in trane. Die geneesheer kon skaars sy oë en ore glo.
          “Hy het digby haar gestaan en elke simptoom waargeneem totdat groot sweetdruppels langs haar wange afgerol het en haar ledemate begin skud het, toe het hy geweet daar is nie bedrog of enige natuurlike ongesteldheid nie.
          “Maar toe haar siel en liggaam in ‘n oogwenk genees is, het hy die hand van God daarin erken!”
          Dit was ook die ervaring van die vroeë Kerk, want daar staan geskrywe: Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen broeders? Hand. 2:37
          “Hulle het toe ‘n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die HERE, wat aan die woord van Sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.” Hand. 14:3
          Hulle het gebid dat “tekens en wonders mag plaasvind.” Hand. 4:30. En Paulus het verklaar dat die Evangelie “’n krag van God tot redding” is.” Rom. 1:16
          Nogtans was dit alles aan my onbekend.
          Gedurende die Ierse herlewing van 1859 is “tekens en wonders” oral waargeneem. Onder die vroeë Metodiste het dit daagliks voorgekom.
          Maar in my eie geval was die Evangelie nie “die krag van God tot redding” nie. God het “Sy Woord nie bevestig nie,” Sy “seël nie daarop gesit nie,” of “daar getuienis van gegee” wanneer ek dit verkondig het nie.
          Nogtans het ek geweet dat ek die reg gehad het om dit te verwag omdat Jesus die belofte gegee het. “Die werke wat Ek doen, sal julle ook doen en julle sal meer werke doen as dit,” het Jesus in Joh. 14:12 verklaar.
          Toe het ek eendag die Handelinge van die Apostels gelees om uit te vind of God se diensknegte in die eerste Kerk resultate gekry het oral waar hulle gegaan het. En ek het gevind dat hulle na vrug mik, daarvoor gearbei, en dit verwag het, en hulle is nooit teleurgestel nie.
          So preek Petrus op Pinksterdag en 3 000 siele neem die uitnodiging aan om Jesus te volg. Met Paulus was dit dieselfde, sodat hy oral gemeentes gestig het.
          Hoe ver het ek nie te kort geskiet nie! Hoe verduidelik ek dat ek misluk het! Ek het te kort geskiet juis in die saak waarvoor God my geroep het. Ook was dit nie vir my moontlik om saam met Paulus te kon sê “watter groot dinge God deur my diens gedoen het” nie.
          God verklaar: “Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te dra.” Joh. 15:16
          Te lank was ek tevrede om net te saai en die Evangelie te verkondig, met die verskoning dat ek die resultate aan God oorlaat, denkende dat ek my plig gedoen het.
          Wanneer mense gered word en baie seën ontvang sal hulle daarvan begin vertel, en as hulle dit nie doen nie, is daar rede om te twyfel aan die uitslag.
          Dr Watts skryf: “Gaan na die dienste met die doel om siele te bereik en te oortuig tot bekering en redding. Gaan om die oë van die blindes te open, om dowe ore te ontsluit, om die kreupeles te laat wandel, om die dwase wys te maak, om diegene wat dood is in die sonde, op te wek tot ‘n Hemelse en Goddelike Lewe, en om skuldige rebelle te laat terugkeer na die Liefde en gehoorsaamheid van hul Skepper deur Jesus Christus, die Groot Versoener, sodat hulle vergifnis van hulle sondes kan ontvang en gered kan word. Gaan om die geur van Christus en sy Evangelie deur die hele vergadering te versprei en om siele te lok om deel te hê aan Sy Genade en heerlikheid.”
          Ek het gevoel ek moet jong Christene lering gee oor die diepere lewe in Christus en het altyd toesprake hieroor voorberei, totdat God in Sy genade my oë oopgemaak het en my gewys het hoe ver ek die spoor byster was.
·       Daar is niks wat die Christelike ondervinding so sal verdiep, wat gelowiges so vinnig sal opbou in die geloof nie, as juis wanneer sondaars tot bekering kom!
Diepgaande Heilige Gees-vergaderings, waar die krag van God sondaars kragdadig oortuig en red, sal meer vir Christene doen as jare se prediking daarsonder.
John Smith het gesê: “Die man wat ernstig en Skriftuurlik na die bekering van sondaars strewe, sal die een wees wat die sekerste en doeltreffendste die gelowiges opbou.”
Dr Watts het gesê: “Baie van hierdie mense het meer leerstellige kennis aangaande Goddelike waarhede geleer sedert ek hulle die eerste maal besoek het, as wat aan hul verstand gebring kon word deur die toegewydste gebruik van goeie leermiddels vir jare aaneen, sonder so ‘n Goddelike invloed.”
Dit maak geen saak hoe geestelik ‘n kerk mag voorgee om te wees nie, as siele nie gered word nie, is daar iets radikaals verkeerd, en die beweerde geestelikheid is eenvoudig ‘n valse ondervinding, ‘n misleiding van die duiwel. Mense wat bymekaar kom eenvoudig om ‘n aangename tyd met mekaar te hê, is ver van God af.
Daar sal ‘n hunkering na en ‘n Liefde vir siele moet wees. Ons het na plekke gegaan wat die naam dra dat hulle diep geestelik is, maar ons het dikwels gevind dat dit net in hulle gedagtes was, maar hul harte nie geroer het nie. Heel dikwels was daar sonde wat nie bely was nie.
“Hulle het ‘n gedaante van Godsaligheid, maar die krag daarvan het hulle verloën.” Is dit nie pateties nie!
Laat ons, ons geestelike toestand ondersoek en vra: Wat bring dit voort? Niks anders as ‘n ware geestelike herlewing en ontwaking onder die wedergeborenes, sal ooit die hart van God bevredig nie.
Ons is op die drumpel van die grootste Herlewing wat die wêreld nog ooit aanskou het. Bid en getuig enduit. – Sjibbolet