Donderdag 10 September 2015

Elkeen het ‘n afspraak met God


Die Gospel Herald berig dat baie jare gelede het 'n gewilde, jong professor van Yale College, in 'n tweestryd verkeer...  In die stad waar die universiteit geleë was, was 'n reeks Herlewingsdienste aan die gang. Baie mense is gered.

            Die jong professor was nie 'n uitgesproke ateïs nie, maar hy was ook nie 'n belydende Christen nie. "He was, however, being disturbed in mind and heart by certain religious questions," aldus die Herald.

            Hy het geweet hy oefen groot invloed uit oor sy studente. Hulle sou nie vir Christus gewen word, solank hy sy ateïstiese denkwyse voor hulle handhaaf nie. Wat moes hy doen?

            Dit het hom ontstel om te dink hy staan in die pad van sy studente se redding. Ure aaneen het hy heen weer in sy kamer gestap... Meer oor hulle begaan as oor homself, maak hy daardie nag in sy kamer 'n keuse.

            Hy druk sy keuse in die volgende woorde uit: "I throw myself over the line between right and wrong toward the right, and hereafter consecrate myself irrevocably, utterly, affectionately to the following of the best religious light I possess."

            Hierdie jong professor was, in die Herald se woorde: "Horace Bushnell, who became one of our foremost religious thinkers, preachers, and writers."

 



Prof. Horace Bushnell   1802  –  1876

 

Die Here ken ons so goed, dat Hy in Sy groot liefde met elkeen van ons 'n eie pad loop om ons te bereik. Al word duisend van ons in dieselfde nag onder dieselfde preek gered, sal ons elkeen ‘n unieke getuienis hê

            In Sy gelykenis oor die goeie herder, in Johannes 10, sê Jesus: "Ek is die goeie herder. Ek ken My skape... en Ek lê My lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie.... hulle sal na My stem luister" (vs. 15,16).

            Vir een kom redding deur 'n preek, vir nog een ‘n Skrif uit die Woord, vir ‘n ander oor ‘n CD of DVD, ‘n ander deur een of ander gebeurtenis, vir nog een 'n persoonlike getuienis... Sy Liefde wil dat almal gered word.

            Al bid jy al hoe lank vir iemand se redding, hou net aan. – Sjibbolet