Saterdag 12 September 2015

Die Traktaatjie


Image result for traktaatjie

In Die Strydkreet, amptelike mondstuk van die Heilsleër,  had jare gelede is 'n aangrypende verhaal vertel.
            ’n Vrou het 'n traktaatjie in Richard Baxter se voortuin laat val. Straks had sy nie die moed dit vir hom persoonlik te gee nie. Maar dié traktaatjie het tot sy Wedergeboorte gelei. Hy het ‘n prediker geword en was as vredemaker bekend.
Richard Baxter weer het 'n boek, Beroep op die Onbekeerde, geskryf wat tot die Wedergeboortes van baie mense gelei het. Onder hulle was die beroemde William Wilberforce. Hy was die politikus wat geveg het en geslaag het om die slawehandel te halt.
Wilberforce het 'n boek geskryf, 'n Praktiese Blik op Christenskap, wat ook weer tot baie Wedergeboortes gelei het, onder andere dié van Leigh Richmond.
Op sy beurt het  Richmond 'n boek geskryf, Die Melkboer se Dogter, wat, aldus die Strydkreet,  "die Wedergeboorte van duisende tot gevolg gehad het.
Die onbekende vrou het aan die begin van hierdie verhaal ‘n mosterdsaadjie gesaai. Hieroor sê die HERE in Matt 13:31-33 “Die Koninkryk van die Hemel is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit 'n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.”
Die Here het skrywers en predikers, sendelinge en Evangeliste nodig, maar Hy soek ook diegene wat gewillig is om in alle eenvoud 'n traktaatjie in Sy Naam uit te deel. Die moontlikhede is onbeperk. Het jy al 'n traktaatjie aan iemand gegee? – Sjibbolet