Woensdag 02 September 2015

Wanneer is ‘n nul ‘n nul?


Image result for zero


‘n Nul is ‘n nul en van geen waarde nie. So praat ons ook maklik van mense as “hy is ‘n ronde nul” of “van nul en gener waarde,” maar ‘n nul het ‘n groot geheim want, dit hang af van waar die nul staan. Kyk maar met syfers: 1 en ‘n nul is 10, ens.

In Paulus se oë was hy skynbaar ook ‘n nul.  In 2 Kor 12:1-10 sê hy onder meer “... as ek swak is, is ek sterk.” Nogtans, agter Jesus was Paulus 'n geestelike pilaar. Dit is so in die gewone en in die geestelike lewe, maar by iemand van waarde gevoeg, is ook jy ‘n krag.

By Jesus gevoeg is ons – al sou ons nulle wees –  baie werd. Ons kan ons roeping nakom en die Evangelie uitdra en veel vir ons medemens beteken.

Maar as die nul trots is en eerste wil staan, verval sy waarde en hy word maar net weer 'n nul...