Maandag 29 Julie 2019

Die waarheid oor Bloedlynvloeke


Bloed en bloedlyne is fisiese bestanddele waarop verskeie  toetse gedoen kan word om bv. bloedgroepe en DNA vas te stel. Beide het niks met vloeke te doen nie, selfs nie in die geesteswêreld nie.

          Ons stryd is nie teen vlees en bloed(lyne) nie, “want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”Efes 6:12
          Daar is diegene wat aan allerlei organisasies behoort, sommige selfs “geheime” organisasies, wat op okkultisme geskoei is.

          Sommige mense bring  verskeie produkte in hul huise wat hulle of gekoop of as geskenke ontvang het. Nie alles is rein nie want dit is vooraf betoor.

          Kinders wat groot word en verkeerde en selfs sondige handelinge openbaar soos hulle ouers, het niks met ‘n vloek te doen nie, dis aangeleerde handelinge.

          Sommige hiervan kan demonies van aard wees. Demone kan net in ‘n lewendige liggaam aktief wees en kan  vanaf een ongeredde mens na die volgende beweeg.

          Menslike bloed kan fisiologiese siektes oordra, maar nie bose geeste of ongeregtigheid nie. ‘n Bloedoortapping vanaf die vuilste sondaar kan die ontvanger nie geestelik besoedel nie, en net so kan die bloed van die mees vrome Christen jou nie heilig nie.

          Geen demoon kan ‘n Christen binnedring ne: “Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.” 1 Joh 4:4

          Die term bloedlyn vloeke bestaan nie eers in die Bybel nie. Jy as Gelowige  kan nie vervloek word nie. Jy is met die Wedergeboorte van alle sonde gereinig. Jy is ‘n nuwe skepping uit God se hand.

          Wat jy en ander na aan jou as ongereddes gedoen het, het geen uitwerking op jou nie. Jy is nou ‘n nuwe mens. 2 Kor 5:17

          Die persoon wat meen hy vervloek jou, vervloek God want vir sovele as wat iemand die geringste van God leed aandoen, doen hulle dit aan God. Matt 25:40

          Let op: “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

          “Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.” Rom 8:1-2

          En as jy as Wedergeborene weer sonde sou doen, al is dit ook per ongeluk?       “As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en (let op) regverdig om ons die sondes te vergewe en (let op) ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh 1:9   

          Geen vloek of demoon kan jou as Gelowige egter binnedring nie want jou liggaam is die Tempel van God waar binne jy en die Heilige Gees woon.

          As Gelowiges leef ons geestelike lewens. “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.” Joh 4:23

          Die besnydenis bestaan steeds. Eers kon net manlikes besny word. Nou kan vroue ook besny word. Let op, eers net vlees, nou Gees:

          “Besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.” Rom 2:29

          Dit geld vir mense wat tot sondebesef gekom het en kinders van God wil word. Eers na die Wedergeboorte volg die doop... die watergraf waaruit jy saam met Christus opstaan.

          Die Doop is ‘n begrafnis: “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.”  Kol 2:9-14

          En Rom 6:4-9: “Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.”

          “Daarom, as iemand in Christus is, is hy/sy 'n nuwe skepping; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” 2 Kor 5:17

          Nogtans is daar iets wat haper. ‘n Kind ontwikkel, eendag ‘n erge vel uitslag. Gelowiges bid en niks gebeur nie. Daar word onthou dat die oupa ook aan so ‘n allergie gely het.

          Die Gelowiges bid weer, sny die kind met die bloed van Jesus af van sy voorsate en verklaar hom ‘n individu in Christus Jesus. Daar is weer vir genesing gebid en die kind het terstond genees en nooit weer die veluitslag gehadf nie.

          Bloedlyn vloek? Beslis nie. Enige siekte kan deur menslike DNA oorgedra word, soos bv. van ‘n ouer na ‘n kind.       

          Dit is bloot generies en het niks met ‘n vloek te maak nie. Die betrokke kind is kort daarna gered en had nooit weer ‘n veluitslag nie. Dit is beraders se eerste stap: Om vas te stel of diegene wat hul besoek gered is.

Let ook op dat nie Jesus of die Dissipels ooit van bloedlynvloeke gepraat het of mense daarvan probeer vrymaak het nie.— Wekroep

‘Was jou gesig"



‘n Gelowige moeder van drie skryf: “Ek droom iemand gee my ‘n wit koevert met ‘n dokument in. Ek lees dit nie en steur my nie verder daaraan nie.  Ek word wakker en duidelik sê ‘n stem: ‘Was jou gesig.’

          “Dit kon ek glad nie begryp nie, maar gaan was toe maar my gesig. Ek sou dit mos in elk geval gedoen het. Ek verstaan nie wat aangaan nie, maar dalk kan oom help?”

Die vorige dag het die moeder vertel: "Alhoewel sy voltyds in die Bediening is, sukkel sy met stroomop gedagtes... Sy glo nie sy is goed genoeg vir die werk van die HERE nie. Sy is ook onbemind en ‘n swak ma, dat sy verdien om sleg behandel te word.” Julle ken daai gedagtes.

          En die oom skryf terug: “Die HERE sê in Matt 6:17 ‘Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig.’


Hoekom? ‘sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergeld.’ Matt 6:18

          M.a.w. moenie beswaard en met ‘n lang gesig jou innerlike verraai nie. Moenie ‘n smartvraat wees nie. Jy het nie mense se simpatie nodig nie. Laat niemand ooit agterkom jy het probleme nie.

‘Doen wat die Engelse uitdrukking sê: Face the  music, en glimlag. Jou gesig verraai jou en as iemand iets agterkom, vertel mens, en dit moet mens nooit doen nie. As jy dit eers begin doen, vertel  jy vir die volgende en die volgende en so versuur jy jouself en jou hele dag. Dan gryp depresie jou wanneer jy besef, dat na alles, het jy niks bereik nie.

Nee, was jou gesig!

Natuurlik mag jy iemand vra om saam met jou in gebed te staan oor ‘n saak... soos in ‘bid vir mekaar en dra mekaar se laste.’ Gal 6:2 en Jqk 5:16. Wag geduldig totdat die HERE jou wys wie jy moet vra.

Niemand, nie of jy of enigiemand, praat met die HERE endie HERE weet nie daarvan nie. Luister wat sê Hy: “Jou Vader wat in die verborgene is; en in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergeld.”

‘As jou gesig jou verraai en jy begin rond vertel, maak een appeltjie die hele sak vrot.’


          Toe begryp die moeder haar droom: Die wit koevert met die briefie in, is deur ‘n Engel afgelewer. Dit het gelees: “Was jou gesig.” – Wekroep

Vrydag 26 Julie 2019

Die Bank van die Here


Gee... en jy sal beslis ontvang


Ons kry swaar... nadat ek 46 jaar gelede alles verloor het, geld, beleggings, polisse, huis,voertuie, alles. Al wat ons kon bekostig om in te woon was ‘n probeerslag een slaapkamer woonstelletjie in iemand se agterplaas... vas aan die motorhuis... waar mens menige nag erge geraas moes verduur.

            My nuwe lewe begin as Wedergeborene heel van vooraf... saam met my Wedergebore vrou en tweejarige dogtertjie... Een ding weet ek vir ‘n feit, ek is gered om die Koninkryk te help bou, dat alle Wedergeborenes gered is vir  dieselfde doel, maar meeste besef dit nie (of hulle wil dit nie besef nie).

            Dis al wat ek weet. Wat die res van my lewe betref, weet ek niks, dit sal maar van dag tot dag moet ontwikkel soos wat die HERE aandui.

            Ek gaan vir die eerste keer sedert my gedwonge kinderdae, kerk toe, maar ek soek honderde antwoorde.

            So besluit ek om – met die predikant se toestemming – my Sondae na kerk in ‘n bidkamer toe te sluit en die aangesig van die HERE te soek terwyl ek heel Sondag vas. Ek bid en boer in die Bybel en ek leer ontsaglike dinge uit die Woord.

            Dis of die Bybel skielik vir my oopgaan soos die heerlike verfrissende waterstrome uit die berge na die sneeu in die Boland.

            Ek kry ‘n plan. Alhoewel ek ‘n werk het, sal ek nooit weer finansieel bo kom as ek nie ‘n bykomende inkomste genereer nie.

So besluit ek om ‘n eie besigheid te begin opbou... ek gaan vars vis verkoop, van huis tot huis...Net soos ou Moerat in my kinderdae met sy  een perd kapwa in die Paarl verkoop het. Ek sal vir my ook ‘n Shofar kry om my koms in ‘n straat aan te kondig,

            In die hawe gesels ek met ‘n groot vismaatskappy en hulle sê dis reg, ek kan so veel vis soos wat ek benodig kontant en groothandel by hulle koop.

            Ek ry ‘n ou Mercedes 190. Ek durf nie vinniger as 90km per uur ry nie, dan val die dak in. Selfbejammering bestaan nie, net moed en geloof en durf.

            Vishouers, wat darem in die motor pas, en ‘n skaaltjie is aangeskaf en alles is gereed om die komende week my besigheid te begin.

            Die Sondagoggend sit ek in die kerk en die predikant praat oor die boufonds en doen ‘n beroep op almal om te bid en welke vermoëns ook al in te span om die boufonds en die opgehoopte rente ernstig aandag te gee.

            Die hele storie pla my min. Ek is opgewonde oor my groot planne en eie besigheid.

            Ek sien niks, maar skielik is hier iemand langs my in die bank en ek hoor die

Iemand sê vir my ek moet ‘n offer bring en alles wat ek met die vis verdien moet ek aan die boufonds oorbetaal. Ek mag ook geen onkoste wat ek aangaan uit die opbrengs onttrek nie. Dadelik weet ek dis die HERE wat praat.

            Toe kry ek myself baie jammer. Dis so onregverdig. Ek is ‘n gebreekte man, stukkend, flenters... ek probeer die stukkies optel om weer aan die gang te kom en nou moet ek my vis afgee.

Ek was die res van die dag doodstil, wou met niemand praat nie. Die hele saak lê soos ‘n onoorkombare berg voor my.

Die Maandagoggend gaan ek saam met predikant visvang. Al my hoop is nou op hom vir wyse raad, straks ‘n kompromie. Op pad na die viswaters vertel ek hom in detail van my penarie, van my visplan en die stem gisteroggend in die kerk.

Ek vertel hom, neem hom in my vertroue, want ek hoop hy sal vir my sê dis okei, ek hoef nie my visgeld vir die boufonds te gee nie, hulle sal regkom en dat ek die visgeld moet gebruik om my toekoms mee te bou. Daar was niks mee verkeerd om so te hoop nie, of was daar?

Hy sit doodstil hier langs my in die motor, aandagtig en luister, want ek lewer my storie soos ‘n pleidooi... Ag Here Jesus help tog asseblief.

En dan het ek my storie klaar vertel en ek koester ‘n blye hoop.

Ineens praat hy: “Broer, jy sal moet maak soos die HERE sê anders het jy groter probleme.”

En daar bars ek in trane uit terwyl ek bestuur. Maskas, kan ‘n predikant so wreed wees? Die man het geen empatie nie.

Daar is nie ‘n woord verder gepraat nie. Dis visvangery was onsuksesvol en ons is met leë mandjies huis toe.

Op pad om die eerste vis by die vismaatskappy in die hawe te gaan aankoop, kom ‘n blydskap oor my en skielik weet ek: Verkoop soveel vis soos wat jy kan, want dis vir die HERE en die HERE sal jou nooit teleurstel nie. Die seuntjie in die Bybel het sy vissies en broodjies gegee en kyk wat het daarvan geword?

Uiteindelik tog soek ek nie hulp nie, ek het wonderwerke nodig!

En so was dit... die vis was nie langer myne nie, maar die blydskap was.

Die satan het alles gevat wat ek gehad het en my niks teruggee nie. Die HERE vat nie net nie, Hy gee tienvoudig terug.

En so is dit nog my lewe lank, ek gee die 10% en die HERE gee die 90%. Hoe meer ek gee, hoe meer gee Hy.

“Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.” Ps 37:25

“En Ek sal julle vergoed vir die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het...” Joël 2:25

Dis hoe die Bank van die Hemel se ekonomie werk. – Wekroep 

Woensdag 24 Julie 2019

Jou Gesindheid



'n Jong bruid uit die Ooste, vergesel haar man na 'n VSA-weermagkamp, geleë aan die rand van die woestyn in Kalifornië. 'n Moeilike leefwyse, bedags snikheet en 'n gedurige wind, wat alles met sand bestrooi, breek vir haar aan.

Die dae was lank en vervelig. Geen bure met wie sy gemeenskaplike belange kon deel nie. En toe vertrek haar man boonop na die gevegsfront. Uit moedeloosheid skryf sy aan haar ma sy kom huis toe. Alles het vir haar net te veel geword.

            Haar wyse moeder skryf terug: "Twee manne kyk deur die tralies van hul tronkselle; die een sien die modder, die ander een, sterre." Die jong bruid lees die brief van haar ma oor en oor en sy bid die HERE om 'n verandering in gesindheid in haar te wek.

Sy neem 'n positiewe houding teenoor haar omgewing in. Sy begin die woestyn bestudeer. Nie lank nie, of sy kom agter die voorheen onherbergsame, afgesonderde woonplek, verander na 'n wonderwêreld. Sy bestudeer die kaktusplante en versamel skulpe, wat daar was toe die sand nog deel van die seebodem was! Die kennis wat sy opdoen, maak haar 'n kenner op dié gebied en sy skryf 'n boek daaroor.

            Wat het by haar verander? Die woestyn, hitte, sand, wind én die mense was steeds daar. Die verskil is, God het haar gesindheid verander. Deur die tralies van haar selfgemaakte selvenster, het sy nou sterre begin waarneem!

            Met geloof in God, is daar 'n buitengewone verandering van krag, wat alle omstandighede kan hanteer. Die blydskap van dié wat geleer het om in Hom te vertrou, is groot!

            "Die HERE is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil Hom loof, met my lied."
Ps 28:.7 – Wekroep

Maandag 22 Julie 2019

Apollo 11 – Nagmaal op die Maan!


Vyftig jaar gelede bid drie ruimtevaarders saam en gebruik hulle Nagmaal,  voordat hulle Apollo 11 bestyg op pad na die Maan. ‘n Spreekwoordelike duisend-en-een dinge kon veroorsaak dat die 1969 vaart skipbreuk ly. Die drie ruimtevaarders was diep gelowige manne wat deurentyd geglo het alles sou suksesvol afloop. Reg deur die hele reis was met intervalle oor God Jahweh gepraat.

          Op pad terug aarde toe het ons op die Aarde kon hoor Buzz Aldrin sê: ”Hierdie was by verre meer as ‘n drieman maansending. Persoonlik en teen die agtergrond van die afgelope dae, kom Ps 8:4-5 by my op: ‘As ek U Hemel aanskou, die werk van U vingers, die M en die sterre wat U toeberei het... wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek.’”

          Hulle land uiteindelik veilig op die Maan, maar hulle moes ses ure lank aan boord die maantuig bly om eksperimente en ander tale uit te voer. Net toe hulle sou uitklim om op die Maan te loop, het hulle weer Nagmaal gebruik en uit Joh 15:5 gelees: “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”

Dan gee Neil Amstrong die eerste tree en sê: ”’n Enkele voetspoor vir die mens, maar een reuse tree vir die mensdom.” Die ruimtevaarders het toe ook die aardbewoners ‘n geseënde  Kersfeees toegewens. Hulle het ook ‘n King James Bybel op die Maan agtergelaat nadat hulle die Amerikaanse vlag geplant het.

Apollo 8 se ruimtevaarders Bill Anders, Jim Lovell, Frank Borman(Bevelvoerder) het presies ‘n jaar vroeër om die Maan gereis om alles te bespied en baie aantekeninge te maak vir Apollo 11 se landing later.

          Vroeg daardie Desember het ‘n paar Gideonlete (dis sakemanne wat Bybels versprei) vir hul gereelde oggendbiduur in Pasadena, Texas, saamgekom.

“Ek wens darem ons kan drie Nuwe Testamente vir die drie ruimtemanne in Apolo 8 plaas,” sê een van hulle. Een van die ander, hoof van die tegniese tak van die ruimtevaartsentrum, antwoord: “Ek ken kol. Borman. Hy is bevelvoerder van die ruimtebeman­ning en hy is ‘n uitgesproke Christen. Laat ek sien wat ek kan uitrig.”

          Die uiteinde was, elkeen van die ruimtemanne het ‘n Nuwe Testament gekry om op hul geskiedkundige vaart saam te neem. Kol. Born­man het ook sy eie Bybel saamgeneem. Kol. Born­man se plan was om op Kersdag, ‘n boodskap uit die ruimteskip aarde toe te stuur. Die skeppings­verhaal in Genesis 1 is in die vlugplan ingevoer. Luister: https://www.nasa.gov/topics/history/features/apollo_8.html

          Met die ruimtetuig se laaste omwenteling, in die pikdonker agter die maan, het die drie ruimtereisigers op Kersdag om die beurt die eerste tien strofes van Gen 1 gelees: “In die begin het God die Hemel en die Aarde geskep…dit was donker…toe het God gesê: ‘Laat daar lig wees. En daar was lig…” Gen 1:1-3. Oral op die aarde is die getuienis oor God se almag en sy gawe van lig gehoor.

Dit was nie die eerste keer dat God se boodskap oor Sy goedheid, krag en liefde uit die ruimte die aarde bereik het nie. Die eerste Kersoggend op aarde het Engele die boodskap uitgesing: “Skielik was daar …’n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: ‘Eer aan God in die hoogste Hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het.” Luk. 2:13,14

Johannes begin sy Evangelie so: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God en die Woord was self God…Die ware lig wat elke mense verlig was aan kom na die wêreld toe …die Woord het vlees geword en onder ons kom woon…” Joh.1:1,9,14

          Dit is die inhoud van Kersfees: ’n Fees van Lig. Elkeen wat Christus bely en van Hom getuig, soos kol. Borman, die ruimtemanne, die Gideon lede, die herders, die wyse manne, die apostels, predikante, sendelinge, ander Christelike werkers, Christelike uitsendings en –leesstof en elkeen van ons, is soos ‘n gloeilamp wat ingeskakel is by God se krag en op die donker aarde Sy lig versprei. “

          Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die Woord van die Lewe uit te dra. Fil. 2:15. ““Israel, julle is my getuies, sê die HERE, en ook my dienaar wat Ek uitverkies het sodat julle My kan ken en in My kan glo en kan besef dat Ek die HERE is… en Ek is God.” Jes 43:10,12

          Hierdie drie manne is in 1968 met ‘n vuurpyl die onbekende ingeskiet. Toe maak hulle Lig in die duisternis. ‘n Jaar later maak Armstrong en sy manne ook so. Ons hoef nie die onbekende in te gaan nie. Ons moet die Lig laat skyn waar ons ook al is. – Wekroep

Vrydag 19 Julie 2019

Maak daai deur toe!



‘n Paar skoolseuns wat opgelei word om moontlik beroepsgholfspelers te word, was verlede week soos gewoonlik by hul sielkundige in Pretoria. Sy vra aan die 10-jarige uit die Karoo: “Wat is die eerste ding wat jy moet doen wanneer jy ‘n swak hou gespeel het?”

            En hy antwoord: “Ek maar daai deur toe!”

            As hy dit nie doen nie, pla daai fout hom so dat hy vir die res van die spel nie reg kan speel nie. Dit geld presies so in die lewe van die Gelowige. Watter fout jy ook al gemaak het of wie ook al iets teen jou gedoen het: Maak daai deur toe. Onmiddellik!

            Wanneer ons Wedergebore word, gebeur daar iets groots en besonders in ons lewens. Ons gees word onmiddellik getransformeer na ‘n nuwe Lewe... die Ewige Lewe.

            “Hoor die Woord van die HERE!  Want die HERE het ‘n regsaak  met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.” Hosea: 4:1.

            As iemand in Christus is, is hy ‘n Nuwe Skepsel;  die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.  2 Kor. 5:17.

            En daarby die opdrag:  Word VERNUWE in julle GEMOED (DENKE)! Rom. 12:2. Hierdie vernuwing is dringend noodsaaklik en is ons sleutel tot ‘n oorvloedige geseënde toekoms.

            Dit is van kardinale belang dat ons die Woord moet ken. Die Woord is ons swaard waarmee ons terugslaan wanner negatiewe gedagtes ons wil oorval. Toe die satan dit met Jesus na sy lang vas probeer het, was Jesus gereed om met die Woord terug te slaan.

            Hoe wandel mens is die Gees. Deur die Woord te ken. Negatiewe gedagtes kan jou uitroei. Dit bring niks voor nie behalwe verderf. Jy wen niks daarby nie.

            Jy triomfeer egter wanneer jy die negatiewe met die positiewe Woord vervang. Mense sê so maklik: “Ek is bevrees”, of “Ek is bang...” Jy is nie veronderstel om ooit te vrees of bang te wees nie.

          Maar hoe, word ‘n mens vernuwe in jou gemoed, in jou denke? Dis iets wat ons moet doen...word vernuwe...

          Wedergeboorte en bekering vind saam plaas, en daarna voortgesette bekering. So word jy vernuwe – deur jou te reinig en op te bou deur middel van die Woord, Die Bybel – wat ‘n lamp is vir jou voet! Mediteer op die Woord, maak dit deel van jou hele menswees.

          En so doen mens dit. Bely onder meer gereeld die volgende strofes (voeg jou naam in by die vraagtekens):

          Een ding weet ek  (?) ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus!  Fil. 3:14.

          Ek (?) is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.  Fil. 4:13.

          Immers, Sy Goddelike krag het my (?)  alles geskenk wat tot die lewe en Godsvrug dien, deur die kennis  van Hom wat my geroep het deur Sy heerlikheid en deug, waardeur Hy my die grootste en kosbaarste beloftes geskenk het, sodat ek daardeur ‘n deelgenoot  kan word van die Goddelike natuur, nadat ek die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.  2Pet. 1:3-4.

          Vir my (?) is die Koninkryk van God geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.  Rom. 14:17.

          Ek (?) bid tot die Vader in Jesus se naam en ek ontvang sodat my blydskap volkome kan wees.  Joh. 16:23-24.

          Ek (?) weier om te twyfel, want dan kan ek nie eers iets van die Here ontvang as ek twyfel nie.  Jak. 1:7.

          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid aan my (?) die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop (hoop soos in “future fact” en nie “I wish” nie) deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ek ‘n onverganklike en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die Hemele bewaar is vir my, wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.  Pet. 1:3-5.

           As ek (?) my sondes bely, is Hy getrou en regverdig om my die sondes te vergewe en my van alle ongeregtigheid te reinig. Joh. 1:9.

          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferming en die God van alle vertroosting, wat vir my (?) troos in al my verdrukking, sodat ek diegene wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ekself deur God getroos word. 2 Kor. 3-4.

          Ek (?) het my vyande lief; ek seën diegene wat my vervloek, ek doen goed aan diegene wat my haat, en ek bid vir diegene wat my beledig en vervolg.  Matt. 5:44.

          In al hierdie dinge is ek (?) meer as ‘n oorwinnaar deur Hom wat my liefgehad het.  Want ek is versekerd dat geen dood of  lewe of Engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel my sal kan skei van die liefde van God wat daar in Jesus Christus, my Here is nie.  Rom. 8:37-39.

          In Hom lewe ek (?) , beweeg ek, is ek.  Hand. 17:28.

          As ek (?) vir hierdie berg (probleme) sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in my hart twyfel nie, maar glo dat wat ek sê sal gebeur – sal ek verkry net wat ek sê.  Mark. 11:23.

          As ek (?) op die Here wag, kry ek nuwe krag;  ek vaar op met vleuels soos die arende;  ek hardloop en word nie moeg nie, ek wandel en word nie mat nie.  Jes. 40:31.

          Ek (?) werp my sorg op die Here, en Hy sal my onderhou;  Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.  Ps. 55:23.

          Ek (?) het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en uit al my vrees gered.  Ps. 34:5.

          Wanneer ek (?) bid, vergeef ek as ek iets teen iemand het.  Mark. 11:25.

          “Vrede laat Ek vir jou (?) na, My vrede gee Ek aan jou.  Laat jou hart nie ontsteld word en bang wees nie.” Joh. 14:27.

          Die dinge wat by die mens onmoontlik is, is by God moontlik.  Luk. 18:27.

          Gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.  Ps. 51:12.

          Ek (?) gaan na Hom toe wanneer ek vermoeid en belas is, en Hy sal vir my rus gee.  Matt. 11:28.

          Ek (?) vertrou op die Here met my hele hart en steun nie op my eie insig nie.

          Hy het gekom dat ek (?) lewe en oorvloed kan hê.  Spr. 3:5;  Joh. 10:10.

          Ek (?) bely my misdade teenoor ander en bid vir ander, sodat ek gesond kan word.  Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.  Jak. 5:16.

          As God vir my (?) is, wie kan teen my wees.  Rom. 8:31.

          Die Koninkryk van God is binne-in my (?) Luk. 17:21.

          God het my (?) nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.  2 Tim. 1:7.

          God sal my (?) lei deur Sy raad en my daarna in heerlikheid opneem.  Ps. 73:24.

          Ek (?) neem die volle wapenrusting van God op, sodat ek weerstand kan bied in die dag van onheil, nadat ek alles volbring het, staande kan bly.  Efes. 6:10-20.

            Om vernuwe te word in ‘n mens se gemoed, jou denke, gedagtes, beteken om kragtig te word in die HERE en in die krag van Sy sterkte. Efes 6:10-20. Verkeerde gedagtes kan vir ons ‘n ontsettende struikelblok wees. – Wekroep

Woensdag 17 Julie 2019

‘My HERE en my GOD!’



“Daarna sê Hy vir Thomas: 'Bring jou vinger hier en kyk na My hande; en bring jou hand en steek hom in My sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.' En Thomas sê vir Hom: 'My HERE en my GOD!” Joh 20:27-28

            Thomas moes ontsettend geskrik het, nie vir die gat in Jesus se sy nie, maar dat hy wat Thomas is dit ooit kon waag om aan Jesus te twyfel. Daarop roep hy uit: “My HERE en my GOD!”

            Die lieflike seëninge uit die hande van die lewende Heiland was nog nie die eiendom van Thomas nie.

            Let op: Hy was 'n dissipel. Hy was 'n kind van God, 'n volgeling van Jesus, maar o weë,  sonder dat die blydskap en krag van die opgestane Jesus Christus deel van sy heilsbesit geword het.

Die werklikheid van Christus wat leef, het nog ontbreek. Daarom twyfel hy. Daarom sy swaarmoedigheid en ongeloof. So 'n dissipel kan vir God’s koninkryk maar min beteken. So 'n lewe mis die vreugde en die motivering wat spruit uit die vaste oortuiging: ek is tot alles in staat deur Jesus Christus wat my krag gee.

En jy? Hoe lank is jy al kind van God? En twyfel jy ook soos Thomas in Jesus en sy Genade en Liefde, in Sy groot omgee vir jou?

            Is jou lewe ‘n werklikheid. Jesus ken jou deur en deur, en jy, ken jy Hom? Het jy ‘n verhouding met Hom? Bely jy Jesus aan almal rondom jou?

            Die inspirerende vreugde van toewyding aan die triomferende Christus is onmisbaar vir 'n lewe van oorwinning. Lewe jy ONDER die omstandighede van hierdie lewe, of lewe jy Bo die omstandighede? Die vraag is absoluut relevant want ons is veronderstel om ‘n lewe van oorwinning te beleef.

Wat dikwels nog kortkom, is die belydenis: “My HERE en my GOD!”

Geen geloof wat by Goeie Vrydag vassteek, kan groei en tot diens wees nie. Die Pasga boodskap bring die voorwaartse mars, die uitgaan op die weë om genooides na die maaltyd van die hemelse Gasheer te bring.

Sonder die Paasboodskap was Thomas afwesig. Hy was uitgeskakel en onaktief. Hy ontbreek in die samekoms en vryheid van verlostes, want hy kon nog nie van harte sê: “My HERE en my GOD” nie. Leë kerkbanke getuig dat die Paasbesit ontbreek. Waar is die gemeente? By die see?

            Om te leef in die krag van Sy opstanding, te ly en te geniet, te volhard in die krag van Christus se triomf, om die intiem-persoonlike “My HERE en my GOD” te ken, te besit en uit te leef  –  dit is ware Christenskap! – Wekroep


Maandag 15 Julie 2019

Wie karig saai, sal karig oes


Dit is ‘n Skriftuurlike waarheid: "Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes…want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk…" 2 Kor 9:6-8

            Daar is alewig debat oor: Hoeveel tiende moet ek gee, van al my inkomste of net van die deel na aftrekkings? Daar is nog talle argumente. Laat dit wees soos dit wil: Die meetinstrument... God se meetinstrument gaan oor karig saai...

            Twee studente, wat aan die Leland Stanford Universiteit studeer het, moes werk vir hulle studiegelde. Hulle fondse het gedaal en hulle moes 'n plan beraam vir groter inkomste. Hulle kry die plan om 'n konsert aan te bied waarin die Poolse pianis, Ignace Paderewski, 'n klavieruitvoering sou gee.

Die beroemde kunstenaar se bestuurder het 'n waarborg van $2 000 (R30 000) gevra. Die twee studente het voortgegaan en die konsert aangebied. Die aand se opbrengs was $1 600. Hulle het hulle saak aan Paderewski gestel, die volle $1 600 aan hom oorhandig en vir hom 'n skuldbewys van $400 gegee.

"Nee, manne," het Paderewski geantwoord, "dit sal nie werk nie." Hy het die skuldbewys opgeskeur en die $1 600 aan hulle teruggegee. "Trek julle onkoste af en gee vir julle elkeen 10% van die bedrag en laat ek die balans kry."

Die jare het verby gerol en die Tweede Wêreldoorlog het uitgebreek. Paderewski het hard gewerk om sy honger, sterwende Poolse landgenote te help voed. Paderewski het planne beraam om iemand in die buiteland om hulp te nader.

Voor hy sy plan kon uitvoer, begin duisende ton voedsel instroom om die hongeres te voed. Na al die reëlings getref is om die voedsel reg uit te deel, het Paderewski Parys toe gegaan om Herbert Hoover, die skenker, persoonlik te gaan bedank vir sy wonderlike hulp."

Dis alles reg, mnr. Paderewski" het Hoover geantwoord. "Ek het besef die nood is groot en ek is gelukkig in 'n posisie om te help. Buitendien, u sal dit seker nie onthou nie, maar u het eenkeer toe ek en 'n studentemaat in die moeilikheid was, ons uit ons ellende gehelp."

Wat ons vir 'n ander doen, lyk soms vir ons gering, maar God, wat 'n goeie gewer liefhet, sal vir ons sorg as ons die dag in nood verkeer. "Gee, en vir julle sal gegee word: ’'n goeie maat, ingestamp, propvol…" Luk 6:37-42. Dit is God wat ons help, maar Hy gebruik 'n menslike instrument om dit te doen. – Wekroep


Sondag 14 Julie 2019

Hou moed: Die HERE ken die dae van die Opregtes



“Maar weet dit dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom  —  2  Tim. 3:1, skryf Paulus aan  Timotheus, en noem dan in die daarop volgende strofes verskeie voorbeelde van hoe die swaar tye daar sal uitsien.

            Die nuutste is dat daar nou oorlog in 69 lande van die wêreld is. Altesame 824 militante guerrilla groepe tesame met terroriste, anargiste en  separatiste groepe is by die oorloë betrokke. Dit sluit dreigende kernoorloë uit. Die oorloë en en die deelnemers brei steeds uit.

            Hierdie swaar tye gaan gepaard met spanning wat in ons tyd in meeste gevalle aan uiterstes grens.

            Hierdie spanning vernietig gesinne, huwelike, gemeenskappe, en dwing van die grootste maatskappye in die wêreld om spesiale maatreëls te tref om hul werknemers te beskerm en daarvoor te laat behandel.

            Die steeds toenemende spanning van uiterstes raak meer mense se lewens as pandemies soos VIGS. Hospitale en mediese spreekkamers loop oor van mense wat aan  spanning-verwante siektes soos depressie ly.

            In sommige opsigte reeds, is strofe 12 ook besig om in vervulling te gaan:  En almal wat ook Godvrugtig wil lewe, sal vervolg word!

            Vervolging in watter vorm ook al, bring sy eie soort spanning en meesal ook erge spanning.  Spertye bring spanning.  Perfeksionisme bring spanning.  Om iemand geestelik te dra bring spanning.  Ondraaglike werksituasies bring spanning. So ook ondraaglike huwelike.

            In 2 Kor. 11:27-28 praat Paulus oor spanning wat hy persoonlik beleef het en verwys hy onder meer na slapelose nagte en daaglikse bekommernis.

            Ons het almal al dae van druk en uitsonderlike hoë druk beleef, maar Paulus gaan voort en vertel dat hy vasgestaan het en GOD hom daarvan verlos het:

            Bemoediging: 2 Tim. 3:11 lees: “Watter vervolginge het ek nie al almal verdra nie!  En die HERE het my uit almal verlos!”

            As Paulus kon vasgestaan het, dan kan ons ook.  Maar dit sal dieselfde onwankelbare geloof van ons vereis as wat ons by Paulus sien —  aldus  2 Tim. 4:7 lees: Ek het die Goeie Stryd gestry....

            Deurbrake kom nie altyd maklik nie, maar wanneer mens vol vertroue aanhou vertrou, aanhou met klop, dan kom die deurbraak wel die een of ander tyd. Dit sal beslis kom want God self het gesê dat as ons aanhou klop dat sal daar vir ons oopgemaak word.

            Dit bring ook (onnodige) spanning wanneer ons meen dat ons nie genoeg het nie.  Ons vrees tekorte.

Ons gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis en dit omdat ons nie moeite maak om ons Bybels te bestudeer nie.

            As ons wel die kennis opdoen, dan is die volgende aan uit Ps 37:18-19, 25 baie betekenisvol:

            Bemoediging: “Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.  Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in die dae van hongersnood sal hulle versadig word.  Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien nie, of dat sy nageslag brood soek nie.”

            Koning Dawid sou nie die bogenoemde geskrywe het, as hy nie self getuie daarvan was nie.

            GOD sal ons nie verlaat nie.  Hy sal Hom ook nie aan ons onttrek nie.  Sy Liefde, Genade en Guns, skenk Hy aan ons.

            Een keer was Dawid onseker oor sy verhouding met GOD en toe vra hy in Ps 8:5: “Wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?”

            Dis ‘n vraag wat ons ook kan vra:  Wie is ons as nietige mens, as gras van die veld, dat die Almagtige GOD  aan ons sou dink?

            1 Pet 5:7 lees: “Werp al julle bekommernisse op Hom (hoekom?) want Hy sorg vir julle!”

            Bemoediging: Asook Ps 55:23: “Werp jou sorg op die HERE en Hy sal jou onderhou;  (let op) Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.”

            En dat is daar Ps 9:10: “So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid.”

            En strofe 11: En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U diegene wat U soek, nie verlaat nie, o’ HERE!”

            GOD behoed en bewaar ons.  Hy dra ons, wat die omstandighede ook al mag wees.  Al wat dit vra is dat ons dit sal erken, bely en glo en Hom daarvoor eer  —  in Gees en in Waarheid aanbid, Sy Naam grootmaak!

            Dan maak dit nie saak hoe hoog die prys van wat ook al word nie,  GOD sal die inkomste voorsien.  Hy sal ons nooit verlaat nie.

            Wat sê onse GOD vandag aan ons?  Eenvoudig:  Moet julle nie bekommer nie. Ek die HERE GOD is in beheer. Bly julle eenvoudig opreg. – Wekroep

Woensdag 10 Julie 2019

Jesus doen ‘n hartoorplanting



‘n Negejarige seuntjie het 12 ure lank per bus na Mexikostad gereis vir ‘n nuwe hart. Hy moes ‘n hartoorplanting kry.

            Hy verkoop toe plantjies om die reisgeld te bekom. Met sy vertrek  het hy aan sy moeder gesê: “Moenie bekommer nie, ek sal my wonderwerk ontvang wanneer ek die hoofstad van Mexiko bereik. 

            Toe hy die stad binnekom is hy deur booswigte van sy  oorblywende geldjies beroof. Dit het nie sy moed of geloof geknak nie. Hy was op pad na sy antwoord  en hy sou nie rus voordat hy saam met 20 000 ander mense die groot diens in die reuse ouditorium bywoon nie.

            Toe Guillermo Maldonado, Evangelis van Florida in die VSA, die ouditorium in Mexikostad binnestap het die heerlikheid van die HERE binnegekom. Vooraf het die HERE vir  Guillermo gesê: “Jy sal vir niemand bid nie, kyk, aanskou hoe Ek, die HERE God Jahweh, dit doen.”  

Lof- en aanbiddingsliedere het vyf ure lank aangehou....  Guillermo het niks gedoen nie, behalwe om saam die naam van die HERE groot te maak.

Tydens die lof en aanbidding het 10 mense uit hulle rystoele uit opgestaan, blakend gesond. Dowes het gehoor, blindes het gesien...

Toe bring hulle die 9-jarige seuntjie na die verhoog... en die seuntjie het in trane vertel: ”Toe die heerlikheid van Jesus oor my kom was daar ‘n brand gevoel in my bors en nou het ek ‘n nuwe hart.”

Twintig mediese dokters wat in die diens aanwesig was, het almal na die seuntjie se nuwe hart geluister en getuig, sy nuwe hartjie klop foutloos.

            Guillermo sê dit het nou in ‘n paar van sy dienste gebeur dat die Heerlikheid van die HERE net op die mense val sonder dat hy preek.

Hy is oortuig daarvan dat genesings en wonderwerke wêreldwyd op groot skaal gaan plaasvind waar Gelowiges op die HERE wag.

            Dit laat mens wonder oor SA. Is ons so behep met die daaglikse lewe, dat ons, ons oë van die HERE afhaal?

            Om vyf ure lank die HERE te loof en te aanbid in gebed en sang, is ongehoord. Gelowiges wat ‘n intieme verhouding met die HERE het, moet dit gerus doen.

Tydens die bekende charismatiese Herlewing vanaf 1970 tot 1980, het Gelowiges dag en nag gebid, en soms sommer hande gevat op sypaadjies om te bid. Sommige het 3vm opgestaan om ander in motorhuise, kerksale en elders te ontmoet vir gebed. Groot en klein het daaraan deelgeneem en getuienisse het soos waterstrome Nuwe Lewe voortgebring. Ere sy die Lam van God. – Wekroep

Saterdag 06 Julie 2019

Ook hulle het my en jou nodig

Ons noem hulle boemelaars of swerwers. Hulle lewe meesal in groepe saam. Bedags split hulle op en elkeen kyk hoeveel geld hy kan bedel.

            Vanaand word die geld getel, word ‘n bottel Old Brown en ‘n bottel brandewyn gekoop en met die res van die dag se geldjies word watter kos ook al gekoop.

            Een vertel: Niemand gee eintlik vir hulle om nie…mense gee hulle wel geld maar meer om van hulle ontslae te raak. Hulle word beskou as dronklappe, vuil, as bosslapers, uitvaagsels. Die enigste liefde wat hulle ken is hulle omgee vir mekaar.

            Ons sal verbaas wees om te weet hoeveel gegradueerdes vandag boemelaars is. Een was bv op skool hoofseun, eerste rugbyspan kaptein. Altyd met lof geslaag. Op varsity het hy skitterend presteer.

            As sakeman  was hy met nog groter sukses begroet, had sy eie geboue,eie straler, eie vlugersoneel, ens. Dan neem drank en dwelms en ‘n loslewe oor. Iemand loop hom gruwelik in. hy verloor alles en hy beland op moedverlore se vlakte. Hy was vyf jaar lank ‘n boemelaar in Kaapstad.

             Dit neem hom 20 dae om Bloemfontein te bereik. Hy maak sy saak met de HERE reg, met sy verlore dogter en ontmoet en trou met die meisie wat hy in matriek trou aan beloof het. Hy het weer ‘n besigheid en tree ook op as motiveringspreker. Hy en sy vrou dien die HERE getrou.

            'n Boemelaar wat onder 'n boom in 'n klein dorpie gesit het, het 'n verlede gehad wat so seer was vir hom dat hy dit wou vergeet, maar nie kon nie.

Die inwoners wou hom wegjaag maar die 'minister' van die dorpie het hom in sy huis geneem en vir hom skoon klere en kos gegee.

 Die boemelaar kon nooit verstaan hoekom die man so vriendelik was terwyl al die ander op hom neergesien het nie,maar die 'minister' en die boemelaar het meer in gemeen gehad as wat hy gedink het aangesien die 'minister' ook eens op 'n tyd sy lewe aan drank oorgegee het.

'n Hele rukkie het verbygegaan.  Dit het goed gegaan met die boemelaar.

Hy het werk gekry en het die apteek uitgehelp deur die medisyne te verpak

Een aand het hy saam met die apteker laat gewerk toe hulle 'n verskriklike slag hoor. Een van die grootste ongelukke.

Omdat dit so 'n klein dorpie was is sulke noodgevalle met helikopters na die naaste groot hospitaal gevlieg,maar daardie aand was daar 'n groot storm.

Die apteker het na die boemelaar gedraai en gesê:"Ek weet wie jy is en jy is die enigste een wat hierdie mense se lewens kan red.”

Trane het oor die boemelaar se wange gerol. "Ek kan nie" het hy gesê. “'n Seuntjie is dood omdat ek te veel gebewe het en nie kans gehad het om gou 'n slukkie drank te vat om te kalmeer voordat ek begin opereer het nie.”

Die boemelaar het begin hardloop. In die donker nattigheid het hy voor 'n geboutjie neergeval en hardop uitgeskreeu: "HERE,hoe gaan ek ooit oor hierdie ding kom? Ek kan nooit ooit weer opereer nie!”

Toe hy sy oë oopmaak staan daar op 'n klip voor die klein geboutjie geskrywe: Jy is tot alles in staat deur die HERE wat jou krag gee!

            Die boemelaar het vir sy sondes jammer gesê,sy hart vir die HERE gegee en homself vergewe.

Daardie aand was dit nie net die twee mense in die ongeluk wat gered was nie,maar die boemelaar dokter ook!

Moet nooit dink jy is beter as ander nie.  Jy weet nie wat hulle situasie of omstandighede is nie. Vir die HERE is daar nie 'n sonde te groot wat Hy nie sal vergewe nie.

Solank jy jammer is oor dit wat jy gedoen het en jouself ook vergewe,sal jy altyd toegevou word in die arms van die HERE en sal jy rus vind in Hom!

Boemelaars vertrou nie iemand maklik nie, maar gaan kuier by hulle, leer hulle ken, wen hulle vertroue en bring hulle in na die heerlikheid van Jesus. Hulle het ons so nodig. – Wekroep

Die Dae van Noag en Lot

Jesus vertel oor die toestand van die wêreld net voordat Hy kom...

“En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens: hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.”

Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: “Hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.”

“Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die Hemel af gereën en almal vernietig.” Luk 17:26-29

Jesus het gesê dat dit so sal wees net voordat Hy kom, maar dit klink nie of daar juis iets verkeerd was nie. Die waarheid is, dat terwyl almal oënskynlik hulle eie gang gaan, was hulle blind vir die werklike gebeure.

            Wat die mens nie gesien het nie, het God gesien: “Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was... Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.” Gen 6:5,11

            So raak die sonde in die wêreld al hoe gruweliker, maar die meerderheid mense en ook die kerke, gaan hul gewone gang asof niks verkeerd is nie. Dat 29 miljoen vroue en kinders in SA en wêreldwyd ontvoer is en as seksslawe verkoop is, raak skynbaar niemand nie.

            Dat die vervolging van Christene regoor die wêreld toeneem en al hoe meer suid in Afrika beweeg, pla ook glad nie, ook nie dat tussen nege en tien mense per dag in Kaapstad vermoor word nie, ook nie duisende onskuldige babas wat in aborsies sterf nie.  En so kan mens aangaan. Dink ook maar aan die plaasaanvalle en –moorde. Die lys is nogal lank.

            Hierdie verslegtende toestand heers wêreldwyd. Wet en orde bestaan haas nie meer nie en diegene wat dit moet toepas is nie opgewasse  nie of word vervolg.

            Sommige kerkleiers belowe aan lidmate wat sondig, dat die HERE se genade hulle sal oorsien, al hou hulle ook aan met die sondig. Die konsep van Heiligmaking is vir die meeste ‘n verlore boodskap.

            Oor dit alles sê Paulus: “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons, ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.” 2 Kor 7:1         

            Ons kan nie dat hierdie gruwelike sondes net aangaan nie, ons moet standpunt inneem in die naam van Jesus Christus, terwille van die Godsvolk en ons kinders.

            Daar is baie mense wat nie gered sal word en gereed sal wees vir Jesus se Koms nie, maar ek en jy moet die tyd uitkoop en siele wen en dissipels maak so ver ons kan.

            Mag God ons help om hierdie tyd van Noag en Lot te oorleef.

            Louwarm gemeentes, Christene en gemeenskappe sal nie triomfeer aan die einde van die tyd nie. Gemeentes wat tot wêreldse standaarde  gedaal het sal nie staande kan bly nie.

            Terwyl almal aangaan asof daar geen fout is nie, is die Groot Afval ook besig om in vervulling te gaan soos wat al hoe meer mense die kerke, die Bybel en God minag. 2 Thes 2:3-12 bevestig die Groot Afval.

            Ons leef in die tyd wat Jesus verduidelik het. Die enigste verskil is dat alles reeds by verre veel erger is as wat dit in die Bybelse tyd was. Jesus kan dus enige oomblik sy verskyning maak.

            As jy enige geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan ons by belindapaar@gmail.com – Wekroep

Maandag 01 Julie 2019

So, herbou ons Suid-Afrika

Hoeveel regmerkies sal julle as gesin vir julle self in hierdie boodskap kan gee? En jy wat geskei is, of wil skei, wat sou jy eendag voor die Regterstoel antwoord wanner jy gevra word oor waar jou huweliksmaat en jou kinders is?

God se ideale situasie is dat die man die hoof van sy huis moet wees – nie om baas te speel nie, maar om verantwoordelikheid vir sy huis te neem... juis omdat God die man verantwoordelik hou vir sy gesin – maar meer nog, hy moet die priester van die huis wees, God se verteenwoordiger in die huisgesin. God hou die man verantwoordelik vir die geestelike welsyn van die vrou en die kinders.       

            Mans verlaat hul ouerhuise om hul vroue aan te kleef en lief te hê. “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” Gen 2:24

            ‘n Man is die hoof van die vrou. “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.” 1 Kor 11:3. God hou elke man verantwoordelik vir hoe die man sy vrou hanteer.

            Mans moet hulle vroue liefhê. “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.” Efes 5:25. ‘n Man moet sy vrou dus so liefhê dat hy bereid moet wees om homself te offer vir haar.

            Liefde gee die deurslag. Liefde is en bly die grootste Gebod. Met ware getroue liefde vermag mens enigiets, verskuif jy berge.

            Mans moet hul vroue eer. “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.” 1 Pet 3:7

            Let op: As ‘n man nie verstandig met sy vrou saamlewe nie en aan sy vrou as die swakkere een, eer bewys nie, word die man se gebede verhinder.

            Baie is altyd gou om strofes aan te haal dat die HERE ‘n mens se gebede beantwoord en dat mens kan vra net wat jy wil, maar hulle laat na om te besef dat die beloftes ook voorwaardes bevat.

            In 1 Pet 3:7 sê die HERE bv. Dat ‘n man se gebed verhoor sal word as hy verstandig met sy vrou saamlewe, as hy aan haar as die swakkere eer bewys.

            Mans moet beheer oor die huishouding neem. “'n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;

            “geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;

            “een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.” 1 Tim 3:2-4

            Let weer op: ‘n Man moet sy kinders in alle waardigheid... in onderdanigheid hou.” Nie met ‘n gevloek en ‘n geskel en dreigemente nie, maar in alle waardigheid.

            Waardigheid kweek liefde en eerbied. Enige ander manier is vernietigend.

            En strofes 12-13: “Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.

“Want diegene wat goed gedien het, verkry vir hulle 'n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.”

Net so die vroue ook. “Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadsprekers nie, nugter, betroubaar in alles.” 1 Tim 3:11.

Die vroue is ook die man se helper en die man mag dus sekere take aan die vroue delegeer. Onthou altyd, die man en die vrou is een vlees. Sodra hulle gemeenskap gehad het, is hulle een vlees. Matt 19:5-6

Ons is voorstanders daarvan dat pleks van geslagsvoorligting, daar gesinsvoorligting op skool moet wees, en op grond van die volgende:

“'n Opsiener (die hoof van die huis, die hoof van enigiets in die lewe) dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;

“geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;

“een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.

“Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?

“Hy moet nie 'n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.

“Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.” 1 Tim 3:1-7

Mans tree in die huwelik sonder dat hulle die vaagste benul het waaroor dit gaan.

Omdat die man die hoof van die huis is, is hy ook verantwoordelik vir alle besluite wat geneem word. Dit beteken nie dat vroue geen seggenskap het nie, maar dat hulle optree onder die sekuriteit van die man se gesag. Daar moet orde en dissipline wees, asook ‘n begroting.

Dit is interessant om te sien dat mans hulle vroue moet liefhê. Dit is ‘n opofferende liefde.

“Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die (Koninklike) wet vervul.” Rom 13:8

“Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Rom 13:9

As jy jouself liefhet, respek het vir jouself, vir jouself omgee voor God en die mens, dan sal jy nie egbreek, doodslaan en dergelike dinge doen nie nie.

En weer ‘n keer: “Want die hele (Koninklike Wet - Jak 2:8) word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Gal 5:14

Het jy jouself lief? Hoeveel het jy jouself lief, ‘n bietjie of met jou hele hart? Kyk na die waarskuwing: “Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.” Gal. 5:15

Liefde is en bly die Groot Gebod. Wandel in die ware liefde en daar sal nooit probleme wees nie. Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8

As ons nie onsself lief het nie, kan ons nie ons naaste liefhê nie, nie mekaar liefhê nie, dan doen ons nie goed nie. Naaste aan ons is sekerlik ons huismense.

Dat ‘n man sy vrou moet liefhê, is ‘n opdrag, ‘n Koninklike opdrag. Om daarin te kan slaag om so lief te wees, moet ‘n man sekerlik sy vrou wil liefhê.

As alle mans hierdie opdrag ter harte wil neem, dan sal dit alle struikelende huwelike oornag salf en regruk.

Onthou ook, die vrou is uit die man se ribbebeen gemaak, nie uit sy mond, of sy vuiste of sy voete nie, ook nie uit sy strydlustige gees nie. Uit sy ribbebeen beteken na aan sy, sy... koesterend, liefkosend, beskermend.

“So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;

“want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.” Efes 5:28-29

Let weer op: Wie sy vrou liefhet, het homself lief!

‘n Man sonder ‘n vrou is nie volledig nie. Wanneer hy in die huwelik tree word hy eers volkome man.

Is hulle ‘n eenheid? Nee. Hulle kan nooit ‘n eenheid wees nie want elkeen het sy eie karakter en persoonlikheid. Eenheid beteken noodwendig eendersheid. So ‘n eendersheid huwelik sou ook maar eentonig gewees het.

Maar hulle kan eendragtig wees, vir seker. Die eendragtigheid word ook gesien in die kinders wat hulle in die lewe bring.

Die vrou moet haar onderwerp aan die gesag van die man. “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. (respekteer julle mans)

“Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

“Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.” Efes 5:22-24

Die egskeidingsyfer is Suid-Afrika is skrikwekkend hoog. Daar moet ‘n rede voor wees. Berading dui telkens op liefdeloosheid, soos wat sogenaamde Christene se liefde teenoor God ook verflou het.

Almal wat hieraan skuldig is, staan skuldig voor God! “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.” Heb 10:31

“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die HERE sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Heb 12:12-15

In die proses van restourasie, kry ook die Huisaltaar weer aan die gang.  – Wekroep