Dinsdag 28 Januarie 2020

Veilig in Jesus hoede


Die Oordeelsdaghorlosie staan nou op 100 sekondes voor middernag. Die waarskuwing oor die Vyf Dwase maagde staan vas, maar so ook die verskonings:

·       Ek het my kerk

·       Ek gehoorsaam die 10 Gebooie

·       Ek is gedoop

·       Ek bid elke dag die Onse Vader

·       My pa was ‘n predikant, ek is okei

·       Ek is elke Sondag in die kerk

·       My ma en my ouma bid gereeld vir my

·       Ek lees die Bybel gereeld



Die wêreld se top wetenskaplikes het die Oordeelsdaghorlosie  in 1947 begin om te wys hoe naby die wêreld aan globale vernietiging is.

            Dit is bepaal ingevolge die vervaardiging en bedreiging van kernwapens. Ander wêreld bedreigde faktore word ook in aanmerking geneem. Die afgelope tyd egter is daar ‘n hernude toename in die vervaardiging van kernwapens en deur meer lande... en uiters gevaarlike hande.

            Ons weet dat ons reeds in die Eindtyd is soos wat Jesus dit voorspel het in Matt 24.

            Die rits verskonings aan die begin van hierdie  skrywe, is wat ons elke dag moet aanhoor wanneer ons met iemand oor die Ewige Lewe wil praat. Dink jy nou waaragtig jy sal met sulke simpele praatjies die Ewigheid kan binnegaan en gered word!

            Openb 3:16 noem jou lou. Let egter op, daar is voorsiening vir diegene wat koud is, maar nie vir die wat lou is nie.

            Let op: Die vyf dwase maagde. Hulle was Christene in die kerk... Christene met ‘n gedaante van godsaligheid. 1 Tim 3:5 Die dwases het ook op die Bruidegom se koms gewag. Hulle was maagde, hulle had ook lampe,

maar te min olie.

            Paulus sê vir die Galasiërs: “Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Gal. 5:16-17). Die vlees moet gekruisig word (Luk. 9:23; Gal. 6:14) en ons moet met die Gees vervul word sodat Hy ons lewens kan beheer en lei.

            Daar is baie opdragte in die Nuwe Testament dat Christene met die Heilige Gees VERVUL moet word (vgl. Hand. 6:3; Ef. 5:18). Nie almal voldoen egter aan hierdie opdragte nie, en daardeur tree hulle dwaas op. Paulus noem sulke persone in 1 Kor. 3:1-3 vleeslike Christene. Hy sê vir hulle: “En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.” Hulle wandel nie deur die Gees nie en doen dus nie werke wat die Here behaag nie.

            Kyk maar weer na die lys van verskonings. Niks op daardie lys gaan jou kannetjie vol olie maak nie.

            Die vereiste is om VOL van die Heilige Gees te wees, nie net halfpad of gedeeltelik nie, maar VOL: Luk 4:1; Hand 6:3; Hand 7:5; Hand 11:24.

            Die einde van alles spoed op ons af. Maak nou daardie nodige volle oorgawe.

            “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” Jes 1:18



Vrydag 24 Januarie 2020

Die Vissmouse



Die storie oor Shinga laat my dink aan meer as 70 jaar gelede in Enslinstraat in die Paarl. Vrydae het “Moarat” met sy eenperd-kar die gruis bergpad uitgesukkel terwyl hy op sy Vishoring geblaas het. Hy was ‘n vissmous.

Oral het huisvroue met skottels, veelkleurige voorskote en kopdoekke, ou Moerat tegemoet geloop om vars vis te koop. Dit het die straat ineens prentjiemooi gemaaak. Die vroue kon heerlike vars vis vir ‘n sjieling na vyf skielings koop. Baie was so dankbaar dat hulle Moerat sommer meer betaal het... ‘n tiekie of ‘n sikspens was baie geld.

Ons kinders het ons aan Moerat se Vishoring verluister en sy perd bewonder. Ons was lief vir Moerat want vanaand was daar heerlike vars en smaaklike vis vir aandete.


Aan die anderkant van die wêreld het Naka Shinga gewoon. Naka Shinga het alles, behalwe die klere aan haar lyf, in die driedubbele ramp wat Japan op 3/11/11 getref het, verloor.


Toe Shinga se man op die ouderdom van 42 sterf, word Shinga, wat toe 38 was, die broodwinner. Sy moes haar vier kinders en bedlêende skoonmoeder versorg.

Om in haar gesin se behoeftes te voorsien, begin sy as ʼn vissmous werk. Met ’n klein motorfietsie trek sy haar tweewiel karretjie. So verskaf sy klein vissies, salm en gedroogde vis regdeur die dorp.

Die getoet van haar vishoring word ʼn bekende geluid in die dorp en word selfs oor naweke gehoor.

“Selfs nadat Ouma dood is en die kinders die huis verlaat het, het ek nooit gevoel dat ek ledig was nie, want ek het aanhou werk,” vertel Shiga.

Op 11 Maart was Shiga by die huis toe sy ʼn sterk krag deur haar liggaam voel stroom. Onmiddellik besef sy dat daar ʼn tsoenami op pad is. Sy kruip buitentoe waar ʼn buurman haar met sy bakkie oplaai voordat hulle voor die aankomende tsoenami vlug.

Die volgende dag moet Shinga en ander mense in haar omgewing Fukushima verlaat as gevolg van die ramp by die kernkragaanleg.

Shinga word ʼn paar keer na verskillende skuilings verskuif. Hier word sy telkens met ander leefstyle gekonfronteer. Sy ken niemand nie en het ook niks om te doen nie. Elke dag sit sy voor die venster en staar na buite. Sy word baie depressief en verloor 7kg. Toe sy die situasie nie langer kan hanteer nie, keer sy na Fukushima terug waar van haar vriende nou in tydelike huise woon.

Sy besef dat haar omstandighede haar nie hoef te verhinder om ʼn visverkopingsbesigheid te begin nie. Sy begin vis aan ʼn paar huishoudings verskaf en sodoende verbeter haar eie en die ander mense se gemoedstoestand.

Shinga, wat nou 72 jaar oud is, ontvang gereeld besoekers by haar woonplekkie. As voornemende kopers inloer, glimlag Shinga vriendelik en bied hulle ʼn sitplekkie aan by die kotatsu (ʼn lae tafeltjie wat met ʼn kombers bedek is en waaronder ʼn elektriese verwarmer gemonteer is).

Nadat sy haar produkte soos pakkies salm en gesoute inkvis aangebied het, word daar nie verder besigheid gepraat nie. Hulle praat eerder oor die probleme wat hulle in die gesig staar en sy het altyd ʼn bemoedigende woord vir haar gaste.

Yoshiaki Mori, 65, ʼn voormalige hoenderboer en buurman, sê, “Ek het baie angs- en paniekaanvalle gekry, maar vandat Naka-san hierheen getrek het, voel ek meer vrymoedig om met mense te praat.”

               “Die drievoudige ramp het vele ontberinge meegebring, maar ek kry baie bemoediging uit my gesprekke met my bure. Ons kan ook lekker saam lag,” sê Shinga aan die Yomiuri Nuus, K. Takano

               Net soos Jerusalem van ouds het rampspoed Japan getref.  Die eens florerende kus van Japan is nou in chaos gedompel. Mense ly steeds.

 Ag hoe verlate sit die stad wat vol mense was!
Sy het soos ʼn weduwee geword,
sy wat magtig was onder die nasies;
die vorstin onder die provinsies het dienspligtig geword
Klaagl 1:1

 Hoe goed is dit nie om bemoedigers soos Shinga in sulke hopelose situasies te hê nie.

Die hart van die wyse maak sy mond verstandig
en vermeerder die lering op sy lippe.
Vriendelik woorde is soos ʼn heuningkoek:
soet vir die siel en ʼn genesing vir die gebeente.
Spr 16:23-24

Mag ons altyd op die uitkyk wees vir hulle wa swaarkry , hulle bystaan en bemoedig. “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en (waar nog?) by die verbryselde en nederige van gees, (hoekom?) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.”  Jes 57:15

Die vurige gebed van die regverdige het groot Krag



Pres Donald Trump probeer Amerika red uit die modderslyke van totale verval, die vernietiging van morele standaarde, maar dit word hom nie gegun nie.

            Langenhoven het gesê: “Ek kon my weldade baie dikker gesaai het en hulle sou mekaar nog nie verdring het nie.  Nou staan hulle so yl dat my onkruid hulle byna verdruk.”

            Hier is 15 feite wat bewys dat Amerika in diep, diep moeilikheid is. Baie van hierdie getalle kom uit Michael Snyder se nuwe boek, en baie daarvan lyk amper te gek om te glo ...


1. Toe Ronald Reagan sy eerste verkiesing gewen het, was die Amerikaanse nasionale skuld minder as 1 000 000 000 000 dollar. Toe Barack Obama die Wit Huis binnegegaan het, het dit 10 600 000 000 000 dollar behels, toe die Republikeine beheer neem oor die huis van verteenwoordigers in 2010 was dit meer 14 000 000 000 000 dollars, en nou is dit bykans 20 000 000 000 000.

            Amerikaners steel geld van hul kinders en hul kleinkinders teen die tempo van meer as 100 000 000 dollar per uur, en tog lyk die meeste Amerikaners nie te besorg daaroor dat hulle vinnig hul nasie bankrot maak nie.

2. In 1956 was sowat 5% van alle babas in die Verenigde State se moeders ongetroud. Vandag het dinge natuurlik geweldig verander. In 2008 was die heel eerste jaar in Amerika dat 40% van alle babas se moeders enkelouers is. Die syfer is die afgelope 28 jaar op daardie vlak.

3. In die vroeë 1970's, meer as 60% van alle Amerikaners beskou as  "middelklas ", maar in 2015 het die syfer gedaal tot 50%

4. In 2001 kon byna 16 000 000 Amerikaners nie die huise bekostig wat hulle tans bewoon nie, maar teen 2015 het die getal meer as verdubbel.

5. Hulle stelsel van openbare onderwys is 'n skitterende volledige gemors. 'n Studie in 22 groot nywerheidslande wat deur die opvoedkundige Toetsdiens gedoen is, het bevind dat slegs twee lande erger daaraan toe is wanneer dit by geletterdheid vaardighede kom, en Amerika was laaste wat Wiskunde betref.

6. In die vroeë 1970s, was 70% van alle mans in Amerika  tussen die ouderdomme van 20 tot 39, maar vandag het die getal gedaal tot net 35 persent. In plaas van om trou en met gesinne te begin, woon baie van hulle steeds by hul ouers.

7. Amerika het die hoogste koers van onwettige dwelm gebruik op die hele planeet. Maar hulle het eintlik 'n selfs groter probleem met wetlike dwelms.

Volgens 'n studie deur die Mayo Kliniek, is byna 70% van alle Amerikaners op ten minste een voorskrif-dwelm en 'n verstommende 20% van alle Amerikaners is op ten minste vyf voorskrif-dwelms.

8. Volgens die CDC, het 110 000 000 Amerikaners tans 'n seksueel oordraagbare siekte, en daar is sowat 20 000 000 nuwe STD gevalle in die VSA elke jaar.

9. Danksy dekades se ongehinderde onwettige Immigrasie, het kriminele bendes oor die land heen ontplof. Vandag is daar 150 000 bendelede in Chicago alleen, en hulle oortref die polisie deur meer as 'n 10 om 1 marge.

10. Vandag is daar meer as 4 000 000 volwasse webwerwe op die Internet, en hulle kry meer verkeer as Netflix, Amazon en Twitter tesame. Verslawing aan hierdie tipe webwerwe het 'n groot Nasionale krisis geword, en tog word baie min gedoen om die situasie om te keer.

Een groot opname het bevind dat 64% van alle Christen mans in Amerika kyk  "volwasse materiaal " ten minste een keer 'n maand, en 'n ander opname het bevind dat 68%  van alle Christen mans in Amerika kyk na "volwasse materiaal " op 'n  "gereelde basis ". Die toestand is veel erger as in die tyd van Sodom en Gomorra.

11. Toe 'n federale inkomstebelasting in 1913 ingestel is, was dit redelik eenvoudig en die meeste belastingpligtiges was belas teen 'n koers van net een persent. Vandag is die belasting kode meer as 2 000 000 woorde lank en die regulasies is meer as 7 000 000 woorde lank.

12. Die VSA regering gaan voort om hope geld te mors deur vir soldate jaarliks 42 000 000 dollar se Viagra aan te koop.

13. Amerika is 'n uiters ongelukkige nasie. Dokters in Amerika skryf meer as 250 miljoen voorskrifte vir antidepressante oer jaar uit.

14. Die gemiddelde koers van ekonomiese groei oor die afgelope 10 jaar is presies gelyk aan die gemiddelde koers wat die Amerikaanse ekonomie gegroei het gedurende die 1930's.

15. Sedert 1973 is bykans 60 000 000 Amerikaanse kinders in Amerika se aborsie meulens vermoor.  Pres Trump gooi wal dat dit bars, maar nuwer syfers is nog nie beskikbaar nie. Wat ook al gaan gebeur, dit bring nie die 60 miljoen kinders terug nie. Daardie 60 miljoen kinders  wag op hulle ouers in die Hiernamaals.

            Volgens koerantberigte gaan dit in Suid-Afrika nie veel beter nie:

•          63 mense word daagliks in SA vermoor

•          137 vroue word daagliks verkrag

•          SA se moord-statistiek is 9 keer hoër as die wêreld-gemiddelde

•          Daar is net 128 000 polisiebeamptes in SA met ‘n bevolking van meer as 35-miljoen

•          Daar is na raming sowat 8-miljoen onwettige immigrante in SA

•          45 000 polisiemanne het nie rybewyse nie

•          Speurders moet 60 tot 70 sake per lid per keer ondersoek

•          Net 77 uit elke 1 000 misdade eindig in ‘n skuldigbevinding in die hof

•          365 000 werksgeleenthede word jaarliks in SA benodig

•          Baie munisipaliteite is bankrot en ander staar bankrotskap in die gesig

•          Bykans 3 000 boere is sedert 1994 vermoor

•          Daar was ook meer as 3 000 plaasaanvalle

•          41 393 aborsies is in net 16 maande uitgevoer, maar die doodstraf word nie toegepas nie

•          77% van die plaas-slagoffers was Blankes, 20% Swarte- en 3% Khoi-plaaswerkers

•          Die plaasaanvalle het politieke motiewe

•          Na raming gaan nog sowat 800 000 Blankes hul werk verloor weens transformasie

•          Daar is bykans 700 000 arm-blankes in veldkampe

            Amerika, die eens groot bastion teen die Kommunisme, is besig om te val. SA het reeds geval.

            Daar is hoop, ‘n Ewige Hoop, die Nuwe Jerusalem. Was jy al in Jerusalem in die Midde-Ooste... Daar geloop waar die Messias geloop het? Dis oor en oor die koste werd om ‘n Pelgrim na Jerusalem te word.

            Skrywer wil graag daar gaan fees vier en die resultate van my werk te aanskou wat die HERE in 1973 daar begin het. Waar ek destyds soos ‘n geheime smokkelaar daar moes rond beweeg, verkondig selfs Rabbi’s nou die Evangelie vanuit Jerusalem.

            Gebed is ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak. Twee dinge  word van ons verwag: Om Gelowiges te dra tot Jesus kom en om Siele te wen  en dissipels van hulle te maak.

            Daar is drie dinge wat in ‘n voorbidder gesien sal word, wat nie noodwendig in gewone gebed  gevind sal word nie: vereenselwiging, sielesmart en gesag.

            ”Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.” Jak 5:16 .

Dinsdag 21 Januarie 2020

Vrees verwoes lewens



Vrees beteken, jy lewe in angs, soms doodse angs, want vrees kan jou lewe eis. Het jy al geskreeu van vrees? Die dissipels het: “En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! (let op) En hulle het geskreeu van vrees. Matt 16:24

            Vrees en skuldgevoelens loop hand aan hand. Die man kon nie meer slaap nie, toe skryf hy aan die Ontvang en sluit ‘n tjek van R250 duisend rand in met ‘n nota daarby: “Ek skuld julle geld en ek betaal dit nou want my gewete laat my nie met rus nie . Ek stuur dit hiermee saam en as ek nog nie kan slaap nie, stuur ek die res ook.”

            Geheime is een van die groot oorsake van vrees, Jy vrees die heeltyd iemand gaan iewers te veel praat en
 jou geheim uitlap, ‘n geheim, wat as dit uitkom, vir jou baie moeilikheid en ‘n verleentheid kan veroorsaak.

            Hoeveel vroue is daar nie, wat ‘n buite-egtelike baba had wat aangeneem is wat haar man en kinders niks van weet nie. Op ‘n dag lui jou telefoon em jou verlore kind wil graag met jou praat, jou ontmoet…en jou hele lewe word ineens ‘n woeste mallemeule.

            Hulle dink dat hulle dit vir altyd sal kan wegsteek. God sê nee, jy sal nie kan nie: “Want God ken die geheime van die hart.” Ps 44:22

“Daar is 'n God in die Hemel wat geheime openbaar.” Dan 2:28

“Die waarheid hou altyd, die leuen kom gou aan die lig.” Spr 12:19

(luister)”Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim 1:7

God het ons nie ‘n gees van vrees gegee nie. Ons het deur ons eie optredes dit op onsself gebring. As ons in die Wil van die HERE gewandel het, sou ons nie verkeerde besluite geneem het nie.

As ware Gelowiges beskik ons oor die “gees van krag en liefde en selfbeheersing,” ‘n gawe wat deel  geword het van ons as Wedergeborenes. Gebruik jou gawe.

            "Want MY oë is op AL hulle weë, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oë verborge nie." Jer 16:17

"Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE.” Jer 23:24

Vervul Ek nie die Hemel en die aarde nie? spreek die HERE." Jer 23:24

hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van ALMAL ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het."

            "...want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet ALLES 1 Joh 3:20

"En daar is GEEN skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar "ALLES is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het." Hebr 4:13

            "Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, HERE, U ken dit geheel en al." Ps 139:4

Jou probleem is veel groter as wat jy dink: “Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.” Job 12:22

“Maar daar is 'n God in die Hemel wat geheime openbaar...” Dan 2:28

“Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.” Mark 4:22

“Want die toorn van God word van die Hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk... Rom 1:18

Ons herhaal, jou probleem is veel groter as wat jy dink: “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die Koninkryk van God nie sal beërwe nie.” Gal 5:19-21

Dan probeer sommige ‘n aborsie wegsteek!

Ironies né, terwyl jy in vrees lewe, weet God reeds van alles. Berei jouself voor vir die Wederkoms.

Hierdie is maar ‘n kort lysie om jou mee te help. Hoe lyk jou lysie, as jy eerlik met jouself en met God is?

As jy waarlik kind van God is, sal die Heilige Gees jou oortuig van die dinge waarmee God nie tevrede is in jou lewe nie.  Moenie jou sonde regverdig omdat ander dit ook doen nie. Jy gaan alleen voor God moet staan… sonder vlek of rimpel. Heilig en sonder gebrek. Efes 5:27

          “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.

“En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.

“En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” Luk 21:25-28

          Net voordat  die volk die Beloofde land sou binnegan: “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie (hoekom nie?) want die HERE jou God is met jou (wanneer?), oral waar jy heengaan.” Jos 1:9

Ons is op pad na ons Beloofse land, die Nuwe Jerusalem. Ek sien jou daar. – Wekroep


http://www.bing.com/videos/search?q=the+new+jerusalem+song&&view=detail&mid=511C8F1FF5F98C305018511C8F1FF5F98C305018&&FORM=VRDGAR&ru=%2Fvideos%2Fsearch%3Fq%3Dthe%2Bnew%2Bjerusalem%2Bsong%26go%3DSearch%26qs%3Dds%26form%3DQBVR

Saterdag 18 Januarie 2020

Profesieë wink die Einde nader


Reën het die afgelope twee weke so erg in die noorde van Israel geval dat ‘n 50-jaar oue rekord neerslag verbreek is.

Die Israelse Weerdiens sê dat kort hierna spat ‘n 76-jarige reënrekord in die suide van Israel.













Sneeu en swaar reën in die Golan Hoogtes

Volgens die Bybel het die landskap verander met die vernietiging van Sodom en Gomorra, wat die vallei in 'n woes- en onbewerkte landskap verander het. Die Bybel beskryf ook die gebied as vrugbaar en goed natgemaak en dit kyk uit op die vallei waar die Dooie See nou is:

“Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.” Gén 13:10

Volgens Bybelse profesie gaan water oos van Jerusalem in die Dooie See vloei, die see vul met vis, en nuwe lewe na die omliggende woestyn bring:

"En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word.

“En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.” Eseg 47:8-9


Die topografie van Israel is sodanig dat hierdie Bybelse profesie baie realisties is. Op 'n kaart, lyk dit of Jerusalem en die Dooie See  aangrensend kan wees en hulle is naby aanmekaar soos die kraai vlieg.

Jerusalem is egter op 'n bergtop 800m bo seevlak geleë. Die oppervlak van die Dooie See is 445m onder seevlak, wat dit die aarde se laagste punt op land maak.

 Foto: Lewende vissies in poele rondom die Dooie See

Die middelpunt van Israel is amper geheel en al 'n bergrif, wat beteken dat enige reënval noodwendig óf aan die Middellandse See in die Weste of na die Jordaanvallei en die Dooie See vloei. Die grond van die Dooie See vallei is nie poreus nie en lei dus tot gevaarlike kits oorstromings.

            Hoewel die droë poele en valleie vul met water is dit nie ongewoon in Israel nie. Hierdie winter reënseisoen is Israel veral geseën met reën, maar hierdie profetiese vervulling verskyn toenemend meer duidelik. Mens sal moet wag om te sien of hierdie swaar reëns toenemend sal voorkom en of die Dooi See streek sal word soos in die dae voor Sodom en Gomorra.

            Die Dooie See gaan herlewe, dis ‘n feit. Die eerste tekens van lewe is in 2016 op die bodem van die see in kraters ontdek en kort daarna ook vissies wat reeds in talle poele rondom die see swem.



Die vloedwaters het bewys dat water wel vanaf Jerusalem tot in die Dooie See kan  vloei. Die eerste tekens van lewe in en om die Dooie See is reeds sigbaar. Hierdie dan en wan se swaar reëns gaan egter nie die groot deurbraak gee nie.

         
  Met Jesus se Koms, kom staan Hy op die Olyfberg wat tydens ‘n reuse aardskudding in twee gaan skeur. Twee standhoudende riviere ontstaan en die een vloei permanent in die Dooie See. Lewende water verdryf dooie water. Sag 14.
            Reg oor die wêreld is geleerde waarnemers dit eens dat profesie nou snel in vervulling gaan.

            ‘n Profesie wat ook groot kry is die van “oorloë en gerugte van oorloë.” Altesame 69 lande is op die oomblik in oorlog gewikkel. Altesame 829 Militante  gorillas en terroriste-separatiste groepe is betrokke. Onmin en haat neem steeds toe.

            Die aardskudding wat die Olyfberg gaan skeur, gaan ‘n baie groot en omvangryke skudding wees. Dit gaan ook die Misterieuse Babilon (Rome) vernietig... 2300km uit mekaar soos die kraai vlieg.

            Wetenskaplikes verwag ook al hierdie gebeure, want hulle bestudeer die foutlyne. Die skudding in Israel sal bv. tot in Mosambiek beleef word.

            Wat aan die kom is gaan snel gebeur e nie dan nie, maar nou is die aangewese tyd om jou tot die HERE te wend. Hy is gereed om jou te ontvang. – Wekroep

         

         

         

         





Dinsdag 14 Januarie 2020

Net Liefde sal die deurslag gee



Die jaar 2020 het vir baie Suid-Afrikaners met uitsonderlike en jubelende goedheid en guns afgeskop.

            Mildelike reën sak steeds in verskeie droogte geteisterde dele uit. Baba’s is gebore, huwelike voltrek. Duisende matrieks se gemoed loop oor van vreugde en studentestraal in gradeglans.

            Goeie nuus. Wonderlike gebeure, Lofsange tot God in sy Almag. Onder gelowiges heers opgewondenheid en afwagting op die Wegraping... nou, 40 jaar nadat Jerusalem polities en staatkundig tot hoofstad van Israel verklaar is.

            Baie ander egter, het 2020 met tragedie en hartseer binnegegaan. Onskuldige kindertjies is dood en in Iran sterf 176 passasiers in ‘n Boeing 737 ramp toe die vliegtuig “per ongeluk” afgeskiet is.           

            Die dood van drie driejarige Tia van Blerk van Upington, die eenjarige Juane Greeff van Vredefort en die tweejarige Malan Holtzhauzen van Graaff-Reinet, laat  mens aan die verhaal jare gelede in Kaapstad dink waar ‘n tweejarige dogtertjie van ‘n mediese dokter en sy vrou deur ‘n ambulans doodgery is.

            Die egpaar besluit op ‘n oorsese vakansie om oor die verlies van hul pragtige dogtertjie te kom.

            Hulle reis begin met ‘n drie wekelange verblyf in die Alpe in Switserland.

            Hulle gaan stap elke oggend voor ontbyt. Een plek moet hulle effe spring om oor ‘n waterstroompie te kom. ‘n Herder met sy skape het ook soggens daarlangs verby gekom.

            Sowat ‘n week later het ‘n gletser in die nag afgekom en die stroompie het ‘n sterk stroom geword. Hulle was huiwerig om daardeur te stap.

            Toe kom die herder met sy skape aan en hulle besluit om te wag en te kyk wat hy en sy skape gaan doen.

            Die herder het ‘n klein lammertjie geneem en deur die stroom gestap. Toe hy die lammetjie aan die anderkant neersit het die lammetjie dadelik begin blêr. Die ooi het toe deur die stroom beweeg na haar lammetjie toe.

            Die toneel het die dokter en sy vrou stom gelaat. Hulle het in grootste stilte en diepe bepeinsing teruggestap na die hotel toe.

            Terug in hulle kamer het hulle gaan bid. Beide het die Boodskap gekry: Die HERE het hulle lammetjie ook net oorkant toe geneem om seker te maak, hulle kom self ook daar.

            Die egpaar het die ses maande vakansie net daar kanselleer en in grootse oorwinning en Goddelike verheerliking teruggekeer SA toe.

            Hou op iemand blameer, beledigings rondslinger, fout soek. Dra mekaar se laste en bid vir mekaar.  Gal 6:2  “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.” Wat is die wet van Christus? Jak 2:8  “As julle ewenwel die koninklike wet (liefde) volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” – Wekroep