Dinsdag 21 Januarie 2020

Vrees verwoes lewens



Vrees beteken, jy lewe in angs, soms doodse angs, want vrees kan jou lewe eis. Het jy al geskreeu van vrees? Die dissipels het: “En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! (let op) En hulle het geskreeu van vrees. Matt 16:24

            Vrees en skuldgevoelens loop hand aan hand. Die man kon nie meer slaap nie, toe skryf hy aan die Ontvang en sluit ‘n tjek van R250 duisend rand in met ‘n nota daarby: “Ek skuld julle geld en ek betaal dit nou want my gewete laat my nie met rus nie . Ek stuur dit hiermee saam en as ek nog nie kan slaap nie, stuur ek die res ook.”

            Geheime is een van die groot oorsake van vrees, Jy vrees die heeltyd iemand gaan iewers te veel praat en
 jou geheim uitlap, ‘n geheim, wat as dit uitkom, vir jou baie moeilikheid en ‘n verleentheid kan veroorsaak.

            Hoeveel vroue is daar nie, wat ‘n buite-egtelike baba had wat aangeneem is wat haar man en kinders niks van weet nie. Op ‘n dag lui jou telefoon em jou verlore kind wil graag met jou praat, jou ontmoet…en jou hele lewe word ineens ‘n woeste mallemeule.

            Hulle dink dat hulle dit vir altyd sal kan wegsteek. God sê nee, jy sal nie kan nie: “Want God ken die geheime van die hart.” Ps 44:22

“Daar is 'n God in die Hemel wat geheime openbaar.” Dan 2:28

“Die waarheid hou altyd, die leuen kom gou aan die lig.” Spr 12:19

(luister)”Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim 1:7

God het ons nie ‘n gees van vrees gegee nie. Ons het deur ons eie optredes dit op onsself gebring. As ons in die Wil van die HERE gewandel het, sou ons nie verkeerde besluite geneem het nie.

As ware Gelowiges beskik ons oor die “gees van krag en liefde en selfbeheersing,” ‘n gawe wat deel  geword het van ons as Wedergeborenes. Gebruik jou gawe.

            "Want MY oë is op AL hulle weë, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oë verborge nie." Jer 16:17

"Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE.” Jer 23:24

Vervul Ek nie die Hemel en die aarde nie? spreek die HERE." Jer 23:24

hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van ALMAL ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het."

            "...want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet ALLES 1 Joh 3:20

"En daar is GEEN skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar "ALLES is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het." Hebr 4:13

            "Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, HERE, U ken dit geheel en al." Ps 139:4

Jou probleem is veel groter as wat jy dink: “Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.” Job 12:22

“Maar daar is 'n God in die Hemel wat geheime openbaar...” Dan 2:28

“Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.” Mark 4:22

“Want die toorn van God word van die Hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk... Rom 1:18

Ons herhaal, jou probleem is veel groter as wat jy dink: “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die Koninkryk van God nie sal beërwe nie.” Gal 5:19-21

Dan probeer sommige ‘n aborsie wegsteek!

Ironies né, terwyl jy in vrees lewe, weet God reeds van alles. Berei jouself voor vir die Wederkoms.

Hierdie is maar ‘n kort lysie om jou mee te help. Hoe lyk jou lysie, as jy eerlik met jouself en met God is?

As jy waarlik kind van God is, sal die Heilige Gees jou oortuig van die dinge waarmee God nie tevrede is in jou lewe nie.  Moenie jou sonde regverdig omdat ander dit ook doen nie. Jy gaan alleen voor God moet staan… sonder vlek of rimpel. Heilig en sonder gebrek. Efes 5:27

          “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.

“En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.

“En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” Luk 21:25-28

          Net voordat  die volk die Beloofde land sou binnegan: “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie (hoekom nie?) want die HERE jou God is met jou (wanneer?), oral waar jy heengaan.” Jos 1:9

Ons is op pad na ons Beloofse land, die Nuwe Jerusalem. Ek sien jou daar. – Wekroep


http://www.bing.com/videos/search?q=the+new+jerusalem+song&&view=detail&mid=511C8F1FF5F98C305018511C8F1FF5F98C305018&&FORM=VRDGAR&ru=%2Fvideos%2Fsearch%3Fq%3Dthe%2Bnew%2Bjerusalem%2Bsong%26go%3DSearch%26qs%3Dds%26form%3DQBVR