Maandag 29 Februarie 2016

Soos in die Hemel, so ook op die Aarde...

Ons is nie ‘Vrywilligers’ nie –
ons is Verplig om die Koninkryk te bou

“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op ALLE vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.” Joël 2:28-29 ... en dis besig om te gebeur.

Die volgende is ook besig om te gebeur: “Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” Mal 4:5:6 Tienduisende aangenome kinders en biologiese ouers soek en vind mekaar.

In Mei 1878 het Gen. William Booth sy seun Bramwell and goeie vriend George Railton ontbied om die Christen Sending se jaarverslag te proeflees.
            Die verslag had bo-aan: Die Christen Sending is ‘n Vrywilliger Leër.
            Bramwell het onmiddellik beswaar gemaak en gesê hy is geen vrywilliger nie, hy is verplig om die HERE se werk te doen, ‘n plig wat hy graag uitvoer.
            Genl Booth het op die ingewing van die oomblik ‘n streep deur die woord Vrywilliger (volunteer) getrek en dit vervang met Salvation en so is die naam Salvation Army (Heilsleër) gebore.
 


            Ons, ek en jy, werk ook nie as “vrywilligers” vir die HERE nie, ons is verplig om Jesus Christus se werk op aarde te voltooi... totdat die getal vol is.
            Booth was ‘n predikant in Londen en het in 1865 die kansel vaarwel toegeroep en die strate ingevaar om die eensames, die hulpbehoewendes, die wat honger gely het, sonder huis of woonplek was, die boemelaars, die armes, die straatvroue na Golgota te lei.
            Die gereelde kerkgangers was ontsteld wanneer die uitgeworpenes in die kerkbanke kom sit het. Die uitgeworpenes het aangevoel hulle word verwerp en het glad nie meer ‘n kerk besoek nie.
            Toe begin Booth ‘n kerk vir die haweloses in die ooste van Londen en noem dit die London Christian Mission. Die sending het stadig gegroei. Maar Booth had ‘n onwrikbare geloof in God.
            Sy toegewydheid het vrug opgelewer en gou was die Heilsleër ‘n  wêreldwye leër met verskeie fasette soos tehuise vir hawelose kinders, vir jong seuns en jong meisies, vir bejaardes, kraaminrigtings, hospitale, plase vir rehabilitasie, klinieke en vele meer.
            In Hong Kong bv. het hulle reeds 80 sosiale dienste, 33 skole en kleuterskole, 17 gemeentes, 1 buitepos, en 16 supermarkte in Hong Kong en Macau.
            En dis alles deur een man begin, ‘n man met ‘n passie vir siele, veral die siele van die uitgeworpenes. Hy is nie uniek nie. Ons behoort dieselfde passie vir siele te openbaar en te besef dis ons plig om die Koninkryk te bou.
            Booth het dit manalleen begin, maar duisende het by hom aangesluit en as ‘n span saamgewerk.
            Die naam Heilsleër het dadelik gelei tot ‘n kwasi militêre leër met range, gesag en opdragte, opdragte wat almal met graagte wou uitvoer. Dit was en is steeds ‘n sterk gedissiplineerde beweging.
            Die treffendste is Booth se begrafnis in 1912. Die “Vryheid van Londen” is vroeër jare aan hom toegeken. Die burgemeester van Londen het ook die stoet salueer toe dit by die stadshuis verby beweeg het. Die reuse begrafnis is hier te sien:    https://www.youtube.com/watch?v=utDd1awwPaE
            Tien duisend afgevaardigdes van die Heilsleër reg oor die wêreld het die geleentheid bygewoon. ‘n Verdere 250 000 mense, bekeerlinge van Booth, het dit ook bygewoon.
            Wanneer mens na die video kyk dan besef mens dat niemand op daardie video, van die kleinste tot die oudste, leef meer nie, maar duisende ander het intussen hul plek ingeneem en stu voort met die Evangelie.
            Die Christene in Sjina is besig om 20 000 sendelinge op te lei wat hulle vorentoe stelselmatig die wye wêreld gaan instuur met die Evangelie. Sjinese Christene is geruime tyd reeds besig om die Evangelie na ander wêrelddele te neem.
            Ons behoort vandag ook aan gemeentes. Watter dienste lewer ons gemeentes in en aan die gemeenskappe rondom ons. Het ons tydelike blyplek vir die haweloses? ‘n Tehuis vir ongehude moeders. Christen skole, klinieke, tehuis vir weeskinders. Hoeveel van daardie uitgeworpenes in ons strate het ons al na die HERE toe gelei?
            Dit is waarom ons in die eerste plek gered is – nie om Hemel toe te gaan nie – maar om die Koninkryk te bou... en te bou op die fondament van die Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.
“Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.” Jak 2:8-9
As jy nie jou gemeenskap lief het nie, dan het jy sekerlik nie jouself lief nie.
Wat baat ‘n sopkombuis sonder die Evangelie?
Sommige sê: Maar ons het al probeer, maar dit word nie waardeer nie en die hulp word misbruik...
Mag so wees, maar dit is nie my en jou probleem nie, dis hulle probleem want, of hulle wou die Waarheid nie aanneem nie, of hulle het besluit om God nie te dien nie.
Ek en jy moet ‘n skoon gewete hê: Ja, ons saai die Saad. Wat opkom en groei is genade, want ek en jy kan niks laat ontkiem nie. Ons taak is om te saai, en wanneer dit opkom, dit te versorg, te doop en te leer.
Komaan, laat ons met nuwe ywer, nuwe visie en nuwe durf en daad, die Koninkryk bou. Bid in die groter wordende span saam vir ‘n magtige Herlewing.

Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik –besoek www.thesower.org.za

As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com

Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbolet


Mens weet nie hoeveel mense hier betrokke is nie, maar dit beloop tien duisende. Kyk na die agtergrond van die stadion. So kom hulle in Los Angeles bymekaar om te bid vir
Herlewing. The Call van Pastoor Lou Engle, Bethel Redding, Azusa Street Revival en ander is hierby betrokke. Mense sluit aan teen ‘n tempo van duisend per dag vir die groot
samekoms in April. Die krag van gebed ken geen perke nie. Gebed is ‘n nasie-skuddende, wêreld-verskuiwende saak. Ons moedig almal in Suid-Afrika aan om te bid
en meer tyd in gebed te spandeer.

Displaying image005.jpg

 Displaying image005.jpgDisplaying image005.jpg
 
Attachments area
Preview YouTube video William Booth Funeral

William Booth Funeral


https://www.youtube.com/watch?v=utDd1awwPaE&authuser=0




Saterdag 27 Februarie 2016

Ons, ek en jy, hou die sleutel tot die Herlewing in Suid-Afrika




Oral in Suid-Afrika is gebedsgroepe besig om toe te neem in getalle met ernstige voorbidding
vir Herlewing. Hierdie skrywe van ds. FJ Liebenberg, oor die Herlewing
wat in 1858 begin het, word opnuut versprei om die gebedsgroepe aan te moedig om
voort te gaan met hul Herlewingsroepe na die Almagtige God. Bid soos nog nooit!

Ons, ek en jy, hou die sleutel tot die Herlewing in Suid-Afrika


“Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal My
Gees op jou nageslag giet en My seën op jou nakomelinge.” – Jes 44:3

Menige Suid-Afrikaner is beswaard oor die toestand waarin ons, ons bevind. Maar let op, ons het die mag en die gesag om die situasie deur vurige gebed om te keer.

Soos daar tye van verkwikking in die enkeling se lewe kom wanneer hy na lange wag daarom gebid het omdat daar ‘n droogte in sy siel was, net so kom daar tye van kragtige Herlewing in die lewe van die Gelowiges na tye van verslapping en nadat die kinders van die HERE Sy aangesig aanhoudend gesoek het en gewillig was om die prys van selfopoffering te betaal.
         
So het daar in die jare vanaf 1859 ‘n baie kragtige werking van God se Gees in SA plaasgevind, wat die gevolg was van lang, maar ernstige gebedsvoorbereiding deur menige kind van God wat bekommerd gevoel het oor die lae geestelike toestand van sovele in die Kerk van Christus, omdat die Gees van God as’t ware direk tot die kinders van die HERE begin spreek het oor hul sondige toestand.
            Maar ook was die roering in Suid-Afrika tot ‘n mate die gevolg van berigte oor groot herlewings in Amerika en Brittanje in die jare 1857-1858.
            Die kenmerke van hierdie opwekking was dat mense sommer direk vanuit die Hemel deur God se Gees tot oortuiging van sonde gekom het. Die Gees het so kragtig gewerk  dat mense nie hulself kon verhelp om selfs in die openbaar tot God om genade te roep nie!
            In ander gevalle het verlorenes gesmeek: Help my, wat moet ek doen om gered te word?
            Liefde vir verloregaande siele was nog ‘n kenmerk van hierdie opwekking.
            Die herlewing het vinnig opgevlam en uitgebrei en dit het nie lank geduur nie, of die Gees van God het ook in Brittanje, Ierland en Wallis begin werk.
            Hierdie heerlike nuus het SA begin bereik en die kinders van die Here  het verlang na ‘n dergelike en nodige herlewing.
            In die Kerkbode van Augustus 1859 kom ‘n oproep tot gebed onder leiding van di. Faure, Morgan en Cameron namens die Zuid-Afrikaansche Evangeliese Bond aan Evangelie-dienaars van alle kerkgenootskappe.
            Onder meer staan daar: Dat ‘n herlewing in die Godsdiens nodig en ernstig te begeer is, is ‘n feit wat niemand in twyfel sal trek nie, wat enigsins bekend is met die geestelike toestand van die kerke in hierdie hele kolonie. Dat sodanige opwekking teweeg gebring kan word alleen deur ‘n oorvloedige uitstorting van die Heilige Gees en dat die Gawe van die Heilige Gees beloof is in antwoord op gebed, is waarhede wat duidelik in die Skrif geleer word.
            Daar word besluit: Dat ‘n reeks preke gelewer word op agtereenvolgende Sondae oor die Goddelike persoonlikheid, die ampte en die werk van die Heilige Gees, dog, meer besonderhede van die groot behoefte wat daar teenswoordig bestaan aan die ernstige gebed in die binnekamer en in die openbaar om ‘n algemene uitstorting van die Gees op die siele van individuele Christene, op die gemeentes waar hulle aanbid, en op die belydende Kerk van Christus.
            Die redakteur van Die Kerkbode het ses artikels geskryf oor gebed, ‘n verwerking van biskop J.C. Ryle oor die onderwerp. Ook is geskryf oor die uitstorting van die Heilige Gees.
            In Oktober van daardie jaar, verskyn ‘n brief, deur 14 van ons ouere en mees bekende predikante waarin hulle melding maak van die merkwaardige Geestelike opwekking in Amerika en elders, asook: Onder onmiskenbare tekens word die Heilige Gees daar oor duisende uitgestort. Die verbasendste omkerings het plaasgevind.
            Die brief sluit met die volgende oproep:

·       “Ons bid u, pleit op die beloftes van God, grond u geloof en u verwagting daarop. Ons wek u ernstig op om gelowig en vuriglik elke week een uur, dit sy saam met andere of in die binnekamer, God te bid dat Hy ook ons land genadiglik mag besoek en ons die seën van die uitstorting van die Heilige Gees mag gee, soos Hy dit op die oomblik besig is om uit te stort op ander dele van die aarde.”


            “Om ‘n verslag te gee van die hele verloop van die herlewing in SA, sal te lank neem. Ons berig derhalwe net oor ‘n paar gemeentes om ‘n beeld te gee van hoe die Heilige Gees gewerk het.
            “Die opwekking het net na ‘n Worcester-konferensie met groot krag op Montagu, waar daar toe nie ‘n predikant was nie, uitgebreek. Sonder om dit te besef, was hierdie gemeente reeds vir ‘n jaar lank deur die HERE vir die opwekking voorberei. Hier was gewoonlik net drie mense in ‘n biduur.
            “Januarie is ‘n biduur begin wat vroeg op ‘n Sondag plaasgevind het. Die Sondagdienste wat vroeër swak bygewoon was, het dadelik begin verbeter en die belangstelling in die Woord het begin toeneem.
            “Daar was ‘n groter lus om te bid en ‘n groter liefde na God se Woord. Mense het begin stroom na die bidure. Bidvertrekke het spoedig te klein begin word. Daar is toe besluit op afsonderlike bidure vir mans, vroue, seuns en meisies.
            “Bidure is later daaglikse gehou, soms meer as een keer per dag. Daar was ‘n kragtige werking van God se Gees in so baie harte. Mense het in hulle nood uitgeroep:

·       Wat moet ek doen om gered te word!


“Beraders het dae aaneen gewerk sonder rus. Bejaardes en jongmense, Blank sowel as Bruin, was aangeraak. Daar was haas geen huis op die dorp wat nie betrokke was nie. Bevooroordeeldes is self ook deur die Gees aangegryp. Die hele samelewing het verander, en is letterlik omgekeer.
“Worcester het dit ook belewe. Dit het in die Breërivier en Goudini begin en deurgedring na die dorp en ander wyke van die gemeente. Soms in die eensaamheid en soms in die openbare bidure het daar van die kragtigste werkinge van die Gees geskied. Oud en jonk het gedring gevoel om na die bidure te gaan.
            “Oor wat op die dorp gebeur het, vind ons ‘n beskrywing van in die Kerkbode van 31 Augustus 1905:
            “Op ‘n Sondagaand was ons weer bymekaar, sowat 60 van ons. Ek het ‘n vers laat sing, ‘n gedeelte uit die Skrif voorgelees, ‘n gebed gedoen, en daarna soos ons gewoonte was, geleentheid gegee aan wie ook al ‘n vers wou voorlees en wou voorgaan in gebed.
            “’n Bruinmeisie van 15 jaar het agter in die saal opgestaan en wou weet of sy ‘n vers kon opgee.
            “Na huiwering het ek op aandrang van die Gees van die HERE haar toegelaat om dit te doen. Dit was Gesang 39 vers 4.
            “Daarna het sy haar hart in ‘n roerende gebed uitgestort.
“Onder die gebed was dit asof daar ‘n geruis in die verte hoorbaar was wat al luider geword het en al hoe nader gekom het, totdat dit wou voorkom asof die hele saal beweeg word.
            “Met enkele uitsonderings het almal wat aanwesig was begin bid. Dit was  ‘n oorverdowende ‘geraas’.
            “In daardie tyd was ds Andrew Murray predikant op Worcester. Dieselfde Sondagaand het hy ‘n diens by ‘n gemeente in Engels waargeneem. Ouderling Jan Rabie het by ons saal verbygekom en die “lawaai” gehoor. Hy het dadelik vir ds Murray gaan roep.
”Ds Murray het na vore gestap en my laat verstaan dat ek van my knieë af moes opstaan. Hy vra toe wat gebeur het, en het daarna ‘n ent in die saal tussen die mense ingeloop en so hard hy kon gebied:  Mense bly stil!
            “Maar die gebede het eenvoudig aangehou. Weer het hy hardop geroep: Mense ek is julle predikant van God gestuur, bly tog stil!
“Dog, daar was niks aan te doen nie. Die mense het hom nie gehoor nie. Hulle het aangehou met bid en om genade en ontferming geroep. Ds Murray sê toe ek moet ‘n vers laat sing: Help die siel wat radeloos Skrei,  maar dit het ook nie gehelp nie, die biddery het net aangehou.
“Ds Murray sê toe God is ‘n God van orde en hier is alles wanorde, en daarmee het hy die saal verlaat.
“Van toe af is die bidure elke aand gehou. Die bidure het soms tot drie-uur in die more geduur en dan was sommige nog traag om die saal te verlaat. Al singende het hulle dan deur die strate geloop.
“Die saaltjie het gou te klein geword en ons moes na die skoolgebou verhuis. Ook dit het te klein geword toe die mense van buite die dorp begin instroom om die bidure by te woon.
“Die eerste aand in die groter gebou was ds Murray voorsitter. Nadat hy gelees, ‘n paar opmerking gemaak en gebid het, het hy geleentheid vir gebed gegee. Onder die gebed het die gedreun in die verte weer hoorbaar geword en spoedig was die hele vergadering aan die bid.
“Ds Murray het weer onder die mense ingeloop om “orde” te probeer handhaaf…
“’n Vreemdeling wat by die deur alles gadegeslaan het, het saggies na ds Murray gestap en aan hom gesê: Wees versigtig wat u doen; dit is die Gees van die HERE wat hier werk. Ek het so pas van Amerika af teruggekom en wat hier gebeur is presies wat ek daar met die herlewing gesien het.
“In ‘n ander deel van die gemeente op die plaas Aan De Doorns, het die Here ook so wonderlik gewerk.
“Daar was drie persone wat deur God gebruik was: Mnr Jan Naudé, seun van mnr Dawid Naudé, die eienaar van die plaas, mej. Van Blerk, ‘n susterskind van mnr Dawid Naudé, en ou Saul Pieterse, ‘n Bruinman wat bekend gestaan het as Saul die Profeet.
“Hierdie mense het vir ‘n baie lang tyd ernstig om herlewing gebid.
“Op ‘n sekere aand in hierdie tydperk het die Gees van die HERE sommer skielik op kragtige wyse onder die Bruinmense begin werk. Dit het so erg daaraan toegegaan dat mej. Van Blerk na buite gehardloop het om hulp te gaan soek.
“Sy moes hierna dorp toe weens haar fisiese afgematheid, maar na ‘n week was sy weer terug. Die Bruinmense het haar halfpad gaan ontmoet weens hulle dors na saligheid.
“Bidure was in die Naudé-woning elke maand volgens gewoonte gehou, maar toe begin die mense in die buurt die bidure toe te stroom en wat elders gebeur het, het ook hier gebeur. Die Gees het hom eenvoudig nie laat keer nie!
“Die biduurgangers was Blankes en Bruinmense. Daar was ‘n lieflike gees onder hulle. “Een aand het ds. Murray gekom en probeer om die mense tot “orde” te roep, maar net nadat hy gepraat en daar weer geleentheid vir gebed gegee was,  het die almal sommer oral in gebed en smeking om genade uitgebreek.
Ou Saul spring toe op en sê aan ds Murray en mnr Naudé: Gooi nou die damwal as julle kan, waarmee hy honend bedoel het: Julle wil mos die Gees keer, doen dit nou as julle kan.
“Op die plaas het feitlik almal tot bekering gekom. Berigte van die herlewing het versprei sodat mense met waens en motors van ander gemeentes na die plaas gekom het om dit te beleef het. En daar het menigeen vir die eerste keer die Lig gevind.
“Dit word vertel dat mense soms net wanneer hulle aan die deurknop geraak het, so deur God se Gees oortuig geraak het van sonde, dat hulle platgeval en uitgeroep het:

•          God, wees my arme sondaar genadig!

“Die boerdery moes drie maande lank gestaak word vanweë die toeloop van mense wat gehelp moes word. Hier het wyle ds Rabie ook vir God gevind en besluit om na die Kweekskool te gaan.
“Dit was wonderlike tye hierdie. Vrugte was wonderlik en blywend. Ander plekke waar die HERE ook lieflik gewerk het was Wellington en Calvinia. Lidmate van albei gemeentes wat in daardie stadium ook nie predikante gehad het nie, het die herlewing op  Montagu, besoek en so die herlewingsvuur na hul onderskeie dorpe teruggeneem.
“Waarlik, wanneer die HERE werk dan gebruik Hy diegene wat gewillig is om Hom geheel en al te vertrou en te gehoorsaam.
“Oor die herlewing op Graaff-Reinet, skryf Die Wekker van 1 Mei 1861: Kan u glo dat die opwekking werklik hier is en dat God se Gees waarlik uitgestort word op Graaff-Reinet? Ook hier was die kreet:

•          Wat moet ek doen om gered te word!

“Die Sondagaand na die Nagmaal het die HERE wonderlik gewerk. Spotters is deur die HERE getref toe hulle bloot uit nuuskierigheid daar aangekom het.
“Die biduur het vanaf Sondagaand  tot Dinsdag 12nm geduur en boere het die middag eers na hul plase teruggekeer.”
            Dan skrywe ds. Liebenberg: Dis is genoeg om u te laat verlang dat God in Sy teerste liefde ook vir ons in hierdie dae opnuut sal ontmoet op ‘n ewe kragtige wyse. En, o, hoe nodig is dit nie! Maar dan sal daar ‘n steeds groter wordende aantal bidders moet opstaan wat bereid sal wees om aan die voorwaardes te voldoen naamlik: Hulle sal moet opoffer en tyd maak vir gebed.
Die antwoord is om by bestaande gebedsvure aan te meld of om nuwes, ja, sommer in jou huis, te begin… vandag nog. Ons het ‘n Herlewing nodig, meer as ooit te vore. Hierdie keer gaan dit in SA begin en soos ‘n kragtige veldbrand deur die wêreld woed! Dit is wat Suid-Afrika so broodnodig het:  Verootmoediging, ‘n regmaak met God, en Herlewing!
Wyle Louis Malherbe beskryf die huidige toestand soos volg: Ons rugbywedstryd. “Die skare het gekom om punte te sien, nie net skrums nie. Weet jy wat is die nadeel van ‘n skrum? Hulle sien nie eers die bal nie, hulle hoor net die geluide.
En dit is die nadeel van die kerk, hulle skrum net. Die spel werk nie van Maandag tot Vrydag in die agterlyn nie.
Ons kreun en ons steun vir die bal en die wêreld is besig om geleidelik die stadion te verlaat, want hierdie span het geen idee van die reëls nie.”
Let op, alles begin by gebed en gaan oor en oor, oor gebed.
Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik –besoek www.thesower.org.za
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
Op die oomblik beplan die Azusa Herlewing in Los Angeles, ‘n heeldag gebed waarby mense teen ‘n tempo van duisend per dag aansluit. Miljoene word verwag tussen 7 en 10 April 2016. – Sjibbolet

Gebed is en bly die aller antwoord... Deur die Oorlog saam met Hom!


Image result for people praying together holding hands



Dis onmoontlik om te bely dat  mens ‘n Christen is en Christus is nie in aksie in jou lewe nie.
Die verhaal van Ouma Hamman getuig van ‘n lewe van ‘n ware Gelowige. Hoekom moet sy
‘n uitsondering wees? Die HERE doen steeds wonderwerke en dit gaan sterk toeneem… bly
gereed daarvoor, bid in afwagting.  Ons het meer Anna’s, Ouma Hammans, nodig,  ernstige
bidders.  Danie Botha sing in sy jongste album: “Dit is die Laaste Uur.” Inderdaad!

·      Gebed is en bly die aller antwoord...
Deur die Oorlog saam met Hom!

Anna Elizabeth Retief (Ouma Hamman), die derde van agt kinders, is op 4 Julie 1874 op Graaff-Reinet  gebore.
            Sy het onderwyseres geword en haar studies voltooi deur by  maanlig en kerslig te studeer. Soms het sy selfs vuurhoutjies getrek om by dié lig te studeer.
            Sy was vooruitstrewend en het baie goed op skool sowel as die kollege presteer. Mej. Helen Murray, ‘n suster van dr. Andrew Murray, was destyds hoof van die seminarie.
            Dit was in hierdie tyd dat sy die Wedergeboorte deelagtig geword het. Die HERE het die Heilsleër en die South African General Mission, waarvan Dr. Murray ‘n stigterslid was, gebruik om haar tot die Lig te bring.
            Beaufort-Wes was haar eerste standplaas as onderwyseres. Hier het sy by die Pienaar-gesin loseer waar sy geestelik verryk geraak het. Sy was toe 20 jaar oud.
            Sy is daarna na Standerton. Nog later het sy ‘n pos op Biesiesvlei naby Lichtenburg aanvaar. Daar is sy met kol. J.L. Hamman getroud.
            Kort na die geboorte van hul eerste kind, het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek.
            Op pad na die klein konsentrasiekamp op Barberton was Anna, haar suster Margaret en Anna se klein Esther verplig om op Nelspruit by vreemde mense oor te bly. Daar is die tweede baba op die vlug gebore.
            Anna en die twee babas, asook Margaret was verplig om na tien dae in aller haas vanaf Nelspruit met die laaste trein te vertrek daar die vyand op hulle spoor was.
            Die trein was so stampvol van passasiers, dat daar geen plek vir bagasie was nie. Sonder ‘n pennie geld en met net die klere wat hulle aangehad het, tesame met ‘n klein handsakkie, het hulle op Barberton aangekom.
            Anna se man, wat toe as posmeester diens gedoen het, het lank reeds nie meer salaris ontvang nie en is toe ook gevang.
            Anna vertel later dat haar enigste uitkoms was om haar op die Engelse kommandant, ‘n ouerige man, te beroep. Nadat hy na haar verhaal geluister het, het hy haar 2 pond van sy eie geld gegee. Hy het hulle ook na ‘n netjiese klein huisie geneem want die vroue het daar  in huisies en nie in tente tuisgegaan nie.
            Tot haar vreugde was daar dikwels vroegoggend ‘n mandjie met vars melk, eiers, groente, ens. voor die deur. Dit was bo en behalwe die karige voorsiening van die kommissariaat.
            Die mandjie in die oggende was deur vriendelike Engelse kommandant gestuur, alhoewel hy nooit self die huis besoek het nie.
            Anna vertel dat die HERE in daardie dae baie naby aan hulle was en op wonderbaarlike wyse in antwoord op gebed, in al hul behoeftes voorsien het.
            Na drie maande het sy weens die verskriklike hitte op Barberton, baie na haar ouerhuis op Graaff-Reinet verlang.
            Sy het met die kommandant gaan praat en hy het verlof gegee dat sy en die babas kosteloos deur die twee republieke Transvaal en Vrystaat, mag reis, maar op eie risiko.
            Die land was in ‘n toestand van gorrilla-oorlogvoering, treinspore is gedurig opgebreek en hulle sou langs die pad verskeie kere lank moes wag op die herstel van die spoorlyn.
            Met so ‘n toestand het sy besluit om eerder op die HERE te gaan wag vir duidelike leiding. Alhoewel sy kosteloos kon reis, sou sy tog geld ook moes hê, en sy besluit toe dat as die HERE op wonderbaarlike wyse die geld voorsien, dan sou dit as teken aanvaar dat sy die reis kon onderneem.
            En weer ‘n keer, in antwoord op gebed, verkry sy op bonatuurlike wyse 13 pond. Sy het volkome vrede in haar gemoed gehad om die lang reis aan te pak.
            Die grootste prioriteit was padkos. ‘n Groot baksel boerbeskuit sou die probleem oplos. Weer vertrou sy die HERE op uitkoms. Toe kry sy meel, maar die vet het ontbreek.
            Drie dae voordat die trein sou vertrek, staan sy met die skottel meel voor haar deur die venster en tuur.
            Beswaard bid sy toe: “HERE, het U my dan vergeet; ek kan dit nie verstaan nie.”
            Die volgende oomblik het die militêre muilwaens vol proviand en met groot geraas verbygesnel.
            Daar was ineens ‘n harde geklop aan die voordeur. “En daar staan ‘n Engelse soldaat met die grootste blik vet wat ek nog gesien het,” vertel sy later.
            Die blik was so groot en swaar dat die soldaat dit op die grond moes neersit. Hygende na sy asem sê hy toe: “Mevrou, hierdie blik vet het van die militêre muilwaens afgeval. Wil u dit nie hê nie?”
            Sonder om nog op ‘n antwoord te wag, het hy die blik vet die gang afgerol, omgedraai en laat spaander om die waens weer van agteraf in te haal.
            Anna het verbysterd bly staan. Die teenwoordigheid van die HERE was tasbaar.
            Wat die wonder nog groter gemaak het, was die feit dat die deur van die huis nie direk op die straat uitgegaan het nie, maar in ‘n tuin met ‘n hekkie laer af, terwyl die huise oorkant die straat se hekke by hul voordeure was.
            Wat sou die Engelse soldaat beweeg het om die ompad te neem as dit nie die Gees van God was wat hom gedring het nie?
            Op die laaste oomblik is Anna se verlof om die reis te onderneem gekanselleer. Toe die kommandant dit hoor, stel hy ‘n seereis voor vanaf Lourenco Marques na Port Elizabeth.
            ‘n Seereis! Waar sou die passaat vandaan kom? “Maar my Vader het Sy Wil aan my bekendgemaak,” se Anna later.
            Sy het  soos Abraham van destyds uitgetrek … sonder om te weet waarheen, maar soos Abraham het sy goed geweet saam met Wie!  Sy het dus volkome rus en vrede in haar gemoed gehad.
Sy het ook geweet van ‘n paar van haar eie mense wat oor die grens gegaan het en in tente in Lourenco Marques tuisgegaan het.
Met haar en die babas se aankoms daar het die ou bekendes haar gasvry ontvang.
Dieselfde middag het die kampkommandant op sy gewone rondte ook by haar tent besoek gebring. Nadat hy na haar verhaal geluister het, het hy vertrek.
‘n Ruk later was hy terug met die boodskap dat mnr Trotsenburg, die hoof van Poswese in Transvaal., in ‘n hotel onder in die dorp was en dat hy haar graag wou spreek.
Na ‘n paar vrae was Trotsenburg bereid om ‘n deel van haar man se agterstallige salaris aan haar uit te betaal. Hy het haar ‘n tjek vir 37 pond oorhandig. Dit was genoeg om die kostes tot in Graaff-Reinet te dek.
Weer was sy verbysterd, want dit was die laaste oord vanwaar sy enige hulp verwag het. “Dit het gevoel of ek in lug loop terug na die kamp.”
Veertien dae later het hulle aan boord gegaan en na ‘n voorspoedige reis uiteindelik by haar eie mense op Graaff-Reinet aangeland. Hieroor sê sy: “Al die eer aan God!”
En voeg dan by: Can you wonder, can you wonder, can you wonder why it is I love Him so? When I think of all His done for me unworthy one! Can you wonder why it is I love Him so?
Dit was die einste Anna – later bekend as die biddende Ouma Hamman – wat geruime tyd na die oorlog aan dr. Andrew Murray geskryf het:
“Watter raad het u vir my om my en my vyf  klein kindertjies, waarvan die oudste maar 9 jaar is, so vroeg moontlik vir die HERE te wen?”
Murray het geantwoord: “Ek sien dat u ‘n bekommerde moeder is. Soek vir u nog ‘n bekommerde moeder en bid saam.”
Sy het dit gedoen en dit het aanleiding gegee tot die Moeder Gebedsbond wat landwyd gegroei het.
Vandag is ons land weer ‘n keer vol bekommerde moeders en daarom word ‘n beroep op alle moeders gedoen om weereens by ‘n Moeder Gebedsbond in te skakel, of begin een as daar nie een in jou omgewing is nie, en begin bid vir ‘n Herlewing. Bid soos jy nog nooit in jou lewe gebid het nie.
 Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik, besoek www.thesower.org.za
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbolet

Woensdag 24 Februarie 2016

Ons moet Lewe en laat Lewe


Image result for happiness pictures


IN Joh. 10:10 sê Jesus Christus  Ek het gekom dat julle Lewe en Oorvloed kan hê!
          Dit is Sy Wil dat ons nie net sal bestaan nie, maar dat ons sal Lewe, dat ons die volheid, die oorvloed daarvan, deelagtig sal word.
          Spreuke 28:20 lees: ‘n Betroubare man is ryk aan seëninge.
          Romeine 15:13 verklaar: En mag die GOD van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle Oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!
          2 Korinthiërs 9:8 lees: En GOD het mag om alle genade Oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê, en Oorvloedig kan wees (Hoekom?) tot elke goeie werk!
          Dit is tog duidelik dat GOD wil dat ons Oorvloed sal hê. Waarom sou ons nie Sy Woord aanvaar en Hom vertrou nie?
          Paulus sê aan die Phillipense in 4:17-18 Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat Oorvloedig word op julle rekening. Maar ek het alles ontvang, en ek het Oorvloed. Ek het dit volop.
          In Paulus se geval het dit oor finansies gegaan. Dit is GOD se Wil dat ook ons Oorvloed sal hê dan sodat ook ons sal kan sê: Ek het volop! GOD wil aan ons voorsien sodat ook ons meer as genoeg sal hê.
          Een van die wyses waarop ons die Oorvloed bekom, lees ons van in Lukas 6:8 Gee en vir julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in julle skoot gee, want, met dieselfde maat wat julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
          En dan 1 Thes 3:12 En mag die HERE julle ryk en Oorvloedig maak in Liefde vir mekaar en vir almal …
          Reg deur die Woord van die HERE vind ons dat GOD se heel beste vir ons, is dat ons Oorvloed sal hê, dat ons in Oorvloed sal lewe, in niks sal kortkom nie, en, Hy het selfs voorsiening daarvoor gemaak dat ons Oorvloed sal hê. Hoe weet ons dit?
          2 Petrus 1:3 Immers, Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en Godsvrug dien. Hoe? Deur die Kennis van Hom wat ons geroep het deur Sy heerlikheid en deug, Ons moet die geskenk dus net ontvang, presies soos wat ons ons wegeboorte ontvang het, in die geloof in ontvangs neem.
          En dan ook strofe 4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die Goddelike natuur, nadat julle die verdorwendheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. Ontvang dit!
          Dit is wat vir ons in die Nuwe Testament nagelaat is, wat ons geërf het, alles dit wat ons nodig het om in Oorvloed te kan lewe. Hoe weet ons dit?
          1 Kor 2:9  Wat die oog nie sien nie en die oor nie gehoor het en in die hart van ‘n mens opgekom het nie, wat GOD berei het vir diegene wat Hom liefhet.  Ja, dit wat ons nog nie in ons wildste drome kon sien nie, is reeds vir ons berei.
          Die tergende vraag natuurlik is: dat as GOD dan al hierdie dinge reeds vir ons berei het, waarom is dit dat meeste Christene nie hierdie lewe en oorvloed belewe nie.
          Sommige sê ja, hulle is wel geseënd maar beslis nie tot in die mate wat Die Bybel hier uitstippel nie. As dit dus so is soos wat dit hier staan, dan is daar beslis heelwat meer wat die HERE wil hê dat ons moet besit.
          Daarom moet daar redes voor wees as ons nie hierdie Oorvloed in ons lewens het nie. Daar is moontlik drie, dalk meer,  redes hiervoor:
       
·       ‘n Gebrek aan Kennis  Hosea 4:6 My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. Mens kan dus nie iets hê of geniet as jy geen kennis daaroor dra nie. So sal mens ook nie weet van die bestaan daarvan nie.

·       Die versuim om die Wet van die Geloof korrek toe te pas.
Jak 4:2-3  …julle het nie omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid.
Geloof en gebed is studies op hul eie en mens moet noodgedwonge ‘n studie daarvan maak.

·       Geen openbaring of ‘n gebrek  aan begrip vir die Vrees van die HERE.
Spreuke 19:23  Die vrees (eerbied - ontsag) van die HERE is tot die lewe; en versadig bring ‘n mens die nag deur, sonder om deur onheil besoek te word.

Vrees (eerbied) teenoor GOD is tot die lewe. Watter lewe? Dit is die lewe waarvan Jesus, Paulus en Petrus gepraat het, die lewe in Oorvloed. Wat beteken die vrees (eerbied) van die HERE nog? … om te haat wat slegs is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat Ek. –  Spr 8:13.
          As ons nie in die vrees (eerbied – gesag) van die HERE wandel nie, dan gebeur die volgende:
          Spr 1:28  Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie, hulle sal My soek maar My nie nie. Hoekom nie? Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie, vanm My raad nie wou weet nie, al My teregwysings verag het.
          Ons moet desperaat wees om die volheid, die Oorvloed van Christus in ons lewens te wil ervaar. Ons moet in heilige ontsag en eerbied (vrees) teenoor Hom lewe.
          Oral in Suid-Afrika begin mense in bidstondes bymekaar kom. Bybelstudiegroepe ontstaan in toenemende maat. Huiskerke kom oral tot stand. Ons mense is besig om in die Oorvloed in te beweeg, sodat hulle daaruit die Koningkryk van GOD kan uitbou.
          Soos met die groot herlewing van 1859 en verder, kan ons nou ook begin verwag dat GOD op glorieryke wyse Homself onder Sy kinders gaan manifesteer.
          Sorg dat u deel word van die Oorvloed!
Hierdie skrywe is net ‘n kort bemoedigingsboodskap. Brei verder daarop uit in jou Bybelstudies.

Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik –besoek www.thesower.org.za

As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com

Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbolet

Saterdag 20 Februarie 2016

Wees getrou in die minste...


Image result for Mooi Bybel prentjies

'n Gewone Macedoniese soldaat het op 'n dag voor Alexander die Grote 'n muil, belaai met 'n vrag goud, gelei. Die muil het onder die swaar vrag moeg geword en gaan lê.
Die soldaat het die kosbare vrag afgetel, dit op sy skouers gesit en dit self begin aandra. Alexander het hom dopgehou en gesien hy begin ook onder die gewig struikel.
Hy was op die punt om die sak goud op die grond neer te gooi toe Alexander hom toeroep: "Manskap, moenie opgee nie. Dra dit tot by jou tent dan is dit joune. Ek gee dit vir jou."
Dis onnodig om te sê met watter nuwe krag en moed die man die kosbare vrag, wat hom ryk sou maak, verder gedra het.
            “Mooi so, jy is 'n goeie dienskneg. Omdat jy in 'n saak van min belang getrou was, kry jy nou die bestuur oor tien stede." Luk 19:17
            Die arbeid vir die Here se Koninkryk is ook 'n veeleisende taak. Die vrag wat gedra moet word, word ook soms swaar.
Ons Koning wat Sy eie las tot die bloedige einde gedra het, bemoedig ons: "Volhard, dit is tot jou eie rykdom."
God beloof om Sy dienskneg wat Hom getrou dien, ryklik te beloon. Die loon oortref die arbeid. In Jesus se gelykenis het die kneg met sy een geldstuk tien ander geldstukke gewin. Maar sy beloning was tien stede!
Die een kneg het niks vir sy Heer gedoen nie. Hy moes leë hande staan. Ons kan ons arbeid vir die Here nie bepaal deur dit met dié van ander te vergelyk nie, want: "Die Heer het aan (elkeen van Sy knegte) volgens sy bekwaamheid gegee." Matt 25:15.
Ons weet self of ons die Here na die beste van ons vermoë dien, en of ons, wat God se belange betref, maar laat slap lê.
            Ons kan die wonderlike grootte van ons beloning, omdat ons God gedien het, nie bereken nie. Redding, vergifnis, saligheid is God se gawes aan ons. Ons kan nie sondevergifnis en saligheid verdien nie. God gee dit op grond van die Here Jesus se reddingsverdienste.
Die loon eendag word egter verdien. Dit is God se bonus aan Sy getroue kinders. "...die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is." 1 Kor 3:14,15.
Paulus bemoedig die gelowiges wat hartlik die Here se koninkryk bevorder: "Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Die swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en ewig bly." 2 Kor 4:16
            "Maar julle sal krag onvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem...tot in die uithoeke van die wêreld." Hand 1:8
            Die Bostonse leraar, dr. A. J. Gordon, besoek die wêreldskou in Chicago, skryf Robert L. Sumner in sy boek Biblical Evangelism.
Die krag van 'n man, in Oosterse drag, wat sonder om te rus of sy gemaklike aksie te verander, vir ure lank 'n pomp se slinger draai en 'n dik stroom water laat uitspuit, beïndruk Gordon. Hy stap nader. Dit is 'n houtpop!
Dit is nie hy wat die pomp draai nie, dit is die waterstroom wat die pomp draai en hom aan die gang hou. Sumner maak sy gevolgtrekking: "Thus it is with those in the Lord's work. It isn't our efforts for Him that achieve the results. The flowing river of the Holy Spirit, channeled through our lives and lips keeps us going and yields infinite results through our ministries."
            Ons voel swak en moeg, ons gee moed op, maar 'n groter krag, hou ons aan die gang om die HERE se werk te doen. Dit is wat die HERE vir Paulus, onder groot beproewing, gesê het: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is." 2 Kors 12:9
Aan die Efesiërs skryf Paulus: "Ek bid dat Hy deur Sy Gees uit die rykdom van Sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte kan woon..." Efes 3:16
Vir die Kolossense bid hy: "Mag God wat oor die mag en die heerlikheid beskik, julle versterk en... die krag gee om in alle omstandighede... te volhard." Kol 1:11.
Siele gaan verlore en dit is elke Gelowige se roeping om hulle in te bring.
“Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik –besoek www.thesower.org.za”
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbolet

Woensdag 17 Februarie 2016

Ontvang die Heilige Gees en Krag


“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem... tot in die uithoeke van die wêreld, (Suid-Afrika inkluis)." Luk 12:8.
            Charles G. Finney, word geken as die prediker met die flammende krag van die Heilige Gees in sy prediking.
 


Die skrywer Vance Havner, skryf in The Wind and the Spirit oor die verskillende wyses waarop die Heilige Gees met verskillende mense werk. Hy noem bekendes soos Luther, Wesley, Knox en Moody, almal magtige werktuie in God se hand, maar met elkeen het die HERE anders gewerk.
            So kan duisend of meer mense vanaand in dieselfde diens onder dieselfde prediker se boodskap gered word, maar moreaand sal elkeen se getuienis verskil.
Finney skryf oor sy eie ervaring, soos in die Elim Evangel aangehaal, van 'n magtige vervulling met die Heilige Gees:
"Ek wou ‘n sitplek by die vuur inneem toe ek skielik die magtige doping in die Heilige Gees ontvang het. Dit het vir my gevoel die Heilige Gees beweeg reg deur my hele liggaam, siel en gees.
“Dit het gevoel soos elektriese krag wat keer op keer deur my beweeg.”
Daarna is sy prediking oral waar hy gegaan het geseën met kragtige bekerings.
Almal belewe nie die doping in die Heilige Gees dieselfde nie, maar almal getuig van die Goddelike heerlikheid wat hulle oorval het.
            Vra die HERE daarvoor en besing Hom met lof- en aanbiddingsliedere.
Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik –besoek www.thesower.org.za
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbolet

Eers nà Golgotha is ons God se Volk!


Die Genealogiese Genootskap het tien takke in Suid-Afrika. Veral sedert 1994 is mense in toenemende maat besig om hulle stamregisters na te vors.  Daar is ook ‘n Genealogiese Instituut op Stellenbosch.
          Hulle spandeer baie kosbare tyd  oor lang periodes opsoek na hulle bloedlyne en wortels. Die tendens kom wêreldwyd voor gesien die bedrywigheid op relevante Internet webwerwe.
          In SA is daar ‘n sterk toename in mense wat hulle stambome navors.
          Eintlik is dit alles tevergeefs. Eers nadat jy by Golgotha was en die Wedergeboorte deelagtig geword het, is jy lid van God (Yahweh)se Volk.  Niks van jou geskiedenis tel meer enige punte nie.
          Selfs jou sondes is in die dieptes van die see gewerp, so ver soos die Ooste verwyder is van die Weste, en God belowe om dit nooit weer teen jou in te bring nie.
          God noem jou nà die Wedergeboorte: ‘n Nuwe Skepsel, in 2 Kor. 5:17.
          Jak. 1:18 lees:  Volgens Sy wil – het Hy ons voortgebring – deur die Woord van die Waarheid – sodat ons as eerstelinge van Sy skepsele kan wees.
          Wanneer Paulus uit Efese vertrek, los hy Timotheus agter met die opdrag:  Om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder, meer as stigting van God wat in die geloof is.
          Voeg hierby Titus 3:9:  Vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.
          Voeg hierby Mat. 15:1-20 wat handel oor die oorlewering van die ou mense wat nie langer van toepassing is nie.
          Die waarheid is: As iemand in Christus is, dan is hy of sy ‘n Nuwe Skepsel — jy is weer gebore!
          Wanneer die Wederkoms plaasvind sal jou hele aardse geslag agterbly as ook hulle nie by Golgotha was nie!
          Nà Golgotha is jy ‘n Nuwe Skepsel. Eers dan is ons Sy VOLK. Ons is Sy eiendom. Ons is Sy Erfgename. Ons is Sy medewerkers. Ons is Sy Gemeente. Ons is Sy Bruid. Ons het die Ewige Lewe.  Ons is oppad na die Nuwe Jerusalem – Openb. 2.
          Maar, voordat ons by die Nuwe Jerusalem uitkom, het ons ‘n opdrag en ‘n roeping om uit te voer:  Diensbaarheid!
          Ons is nie gered om Hemel toe te gaan nie, ons is gered om die Koninkryk van God te bou. Daar is diegene wat  beweer dat hierdie taak uitsluitlik aan die herders van gemeentes opgedra is.
Nee, elkeen van ons is geroep tot diensbaarheid! Ons moet Christus se werk voltooi...
“En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die Hemel en op Aarde.
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
“En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. Matt. 28:18-20
          Daarom is daar ook aan elkeen van ons toerusting gegee om die taak mee te verrig. Daar staan ook nie geskryf dat ons geboue moet oprig, dit kerke moet noem en dan daar binne moet bidure hou waarin ons bid en smeek: “Here, stuur die siele in,” nie.
          Die opdrag is elke keer dat daar uitgegaan moet word om die siele in te bring, uit te vaar na die diep kant van die lewe toe en  nette der nette vol in te bring.
          “Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die Woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.” Mark 16:20
          “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle.” Joh. 20:21
          Die Bybel leer dat die Vader die wedergeborenes as 'n werkende vennoot in Sy planne en werke beskou. God en Abraham tesame het 'n groot “nasie” (Israel) geskep. God en Moses het saamgespan om vir ons die Tien Gebooie te gee wat die grondslag van alle siviele en sedelike wette vandag is.  Dit is deur God en Moses tot stand gebring.
Jesus self was 'n vennoot van die Vader in die werk van verlossing.  Hy sê:  “Het u nie geweet dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?” Luk 2:49
Paulus, die ywerige en bekwame sendeling, versoek alle Christene om te onthou dat ons gered is om te dien. “Wees nie traag in die ywer nie, wees vurig van gees, dien die Here.” Rom 12:11
          Ons kan ware kinders van God wees, maar die vraag is of ons, ons  lewens  in totaliteit aan Hom oorgegee het. Is ons nog in beheer van sekere sektore van ons lewe, of is God  Heer en Meester van ons ganse  bestaan? Hy sê Hy is ‘n jaloerse God. Hy wil volle beheer hê. Hoe gouer dit gebeur, hoe  gouer begin ons floreer.
          Die rede hoekom ons nie by die sterwe in Christus uitkom en waarom ons nie groei en floreer nie, is omdat ons nie self die Bybel bestudeer nie. Ons gaan eerder ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. So sit ons dan ook keer op keer onwaardig by die Nagmaaltafel aan en kan nie begryp waarom ons sake nie floreer nie.
          Wanneer ons onwaardig by die Nagmaaltafel aansit, dan drink ons ‘n oordeel oor onsself.
          Maar as ons die Vader opreg en aktief dien, dan kan ons ook verwag om die Vader aktief in ons lewens te sien, dan kan ons God se seëninge verwag, dan kan ons oorvloed verwag.
          Wanneer ons onsself aan God oorgee, begin ons 'n sake vennootskap met God.  Ons word ons “medewerkers van God”. 'n Vennootskap met God is 'n saak waarin God die kapitaal voorsien en ons die arbeid. Hy voorsien die wysheid, die mag en die middele (finansies, ens.) en ons verskaf die diensbaarheid.
          Daardie vennootskap word ook weerspieël in ons huwelike. ‘n Huwelik is ‘n drieledige Verbond tussen man, vrou en God. ‘n Verbond is ‘n kontrak, dit mag nie verbreek word nie en God  sê self dat, wat Hy saamgevoeg het mag geen mens skei nie. Wat op die aarde gebind is, is ook in die Hemel gebind. Die huwelik is en bly ‘n Goddelike instelling.
          Daardie vennootskap moet ook in ons gemeente geld.
          So is ons wedergeboorte ‘n Goddelike instelling. Ons moet weier dat enigiets of enigiemand daardie verhouding, daardie Verbond, tussen ons en ons Skepper, ons Vader, verbreek.
          God wil Homself betuig en Hy het ons uitverkies as 'n kanaal deur wie Hy Sy mag en besluite kan betuig.
          Ons is geroepe diensknegte en getuies – medewerkers  –  God wil nie Sy werk voltooi sonder om die mens te gebruik nie.
          “Ek sal jou die sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee, en wat jy ook op die aarde mag ontbind sal in die Hemel ontbonde wees.” Matt 16:19
God is die enigste Eienaar van Sy saak. Hy besit die planeet Aarde Ps 24:1;  50:10, ook al die rykdomme Hagai 2:8; Hy besit ons lewens (sien Rom 14:8); God, in Sy goedertierenheid het elke mens ryklik bedeel met sekere gawes, talente en moontlikhede.  Die dinge moet nie selfsugtig of tot ons eie voordeel aangewend word nie, maar tot verheerliking van God en die vestiging van Sy Koninkryk.
En moenie jou pligte probeer ontduik deur te beweer dat jy gewen gawes ontvang het nie, want jy het... en jy het beslis ‘n verantwoordelikheid teenoor God, jou gemeente en jou gemeenskap.
          “Doen alles tot verheerliking van God.” 1 Kor. 10:31
          “Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in jul liggaam en in jul gees wat aan God behoort.” 1 Kor. 6:19-20.  Ons is rentmeesters van die gawes wat God ons gegee het.
          Ons is rentmeesters van ons tyd. “Koop die tyd uit omdat die dae boos is.”  Ef 5:16.  Moenie jou tyd verkwis nie. Ons is rentmeesters van ons talente. Jesus het 'n harde oordeel uitgespreek oor die man wat uit vrees sy talent begrawe het. Lees aandagtig Matt 25:28-30.
          Ons is rentmeesters van ons geld. Geld is 'n gawe van God en moet tot Sy eer gebruik word. 1 Tim. 6:10
          Ons is ook rentmeesters van die Evangelie. Die roeping om die grootste nuus op Aarde te verkondig, is aan die verlostes gegee.
          “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.”  Hand 1:8.
          Die Heilige Gees is die Gees van God. God woon en leef in die gelowige. “Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is, God bly in hom en hy in God.” 1 Joh 4:13-17.  Die Heilige Gees is Krag.  Hy is die Krag van God in die lewe van elke gelowige.
          Die doping in die Heilige Gees is die werking van die Heilige Gees in die gelowige se hart soos op die dag van Pinkster, m.a.w. bekragtiging tot diens.
          Nêrens in die Woord van God is daar 'n bevel dat Hy Sy magtige seëning op Pinksterdag beëindig het nie, maar die belofte lees steeds: “Want die belofte kom julle toe en jul kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”  Hand 2:39
          Voor die dag van Pinkster het die dissipels uit vrees vir die owerhede gevlug. Na Pinkster het hulle die troon van die Romeinse Ryk geskud.  Hand 17:6
          Maar hulle het hierdie seën nie vir hulself gehou nie. Hulle het uitgegaan en gespreek en duisende het hulle bekeer. Hulle het geleef en gesterf tot verheerliking van die Evangelie en het die hele wêreld geskud.
          God verlang manne en vroue vandag wat gevul is met die Heilige Gees om soortgelyke werke te doen.
            Enigiemand wat ‘n Bybel verlang, kan skryf aan: webmeester@thesower.org.za  (Slegs Afrikaans en Engelse Bybels (OAB) en net in RSA - Net vir individue, geen organisasies)
          As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
          Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbolet
Die twee soldate...
In ‘n Britse hospitaal tydens Wêreldoorlog 11, lê ‘n soldaat ernstig gewond. Sou hy gesond word? Hy was ongered, tel ‘n Bybel langs sy bed op en begin lees. Hy lees dat Jesus leef en dat Hy genees en hy kom agter dat die Bybel 100% op datum is met alles.
            Omdat Derek Prince in daardie stadium ‘n filosoof en soldaat was, het hy Efesiërs se verduideliking van die wapenrusting deeglik begryp.
            Hy het Jesus as Saligmaker aangeneem, die HERE vertrou vir sy genesing en is op 88-jarige ouderdom Huis toe. Hy was een van die mees bekende Skrifgeleerdes van sy tyd.      
            Daardie Bybel wat iemand langs sy bed neergesit het, het die ommekeer tot gevolg gehad.
            In ‘n ander Britse hospitaal was  'n erg beseerde lugmagman... ook tydens Wêreldoorlog II.
Nadat die dokter sy wonde verbind het, sê die gewonde man vir die lugmagman in die ander bed: "Maat, jy kan 'n ou nie dalk met bietjie godsdiens help nie? Ek het groot geskrik, jy weet."
"Jammer, jong," antwoord die ander man, "ek sal nie kan nie. Maar elke Donderdag kom 'n vrou hierlangs met Bybels en traktaatjies, sy sal jou help."
“Dalk is ek Donderdag nie meer hier nie," sê die eerste man. "Jy kan nie dalk vir my net iets sê nie?"
Die tweede een skud net die kop. Na 'n rukkie sê die eerste man weer: "Ek het gelê en dink. Ek weet nie of dit in die Bybel is en of dit net 'n lied is nie, maar dis iets soos: Laat die kindertjies na My toe kom, want die Koninkryk van die Hemel is hulle s'n."
"Ja, dis definitief in die Bybel," antwoorde die tweede een.
"As Jesus Christus wou hê die kindertjies na Hom toe moes kom, dink jy Hy sal my darem ook vat? Ek het Hom baie nodig, jy weet. In elk geval ek gaan probeer en Hom vra."
Hiermee trek hy die laken oor sy kop. Die laken het nie weer afgekom nie. Sy liggaam is later net verwyder.
            'n Lugmagkapelaan vertel die storie op 'n dag vir 'n groep lugmagmanne in Kingston, Ontario. Na die samekoms kom vra een van die vlieëniers vir hom: "Eerwaarde, dink u daardie man het enige kans gehad?"
Die kapelaan vertel in die storie, in Prairie Pastor en het geantwoord: "Hy het geen kans hoegenaamd gehad nie, hy had net ‘n absolute sekerheid.”
            Jesus self het gesê: "Ek sal hom wat na My toe kom nooit verwerp nie... Dit is die wil van My Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê." Joh 6:37,40.
            Siele word steeds gered en baie moet nog gered word, doen jou deel... bid en getuig sonder ophou.
            Enigiemand wat ‘n Bybel verlang, kan skryf aan: webmeester@thesower.org.za  (Slegs Afrikaans en Engelse Bybels (OAB) en net in RSA - Net vir individue, geen organisasies)
            As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
            Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbolet

Vrydag 12 Februarie 2016

Angels /Engele

Billy Graham Shares Encouraging Thoughts on Angels: 'Some Day in
Heaven We'll Realize How Much They've Done For Us'



Billy Graham, 97, is the founder of the Billy Graham Evangelistic Association

Evangelist Billy Graham has shared his thoughts on one of the Bible's most mysterious beings -- angels -- revealing that the celestial beings are a significant part of a Christian's life even though they are invisible to the naked eye.

In a Q&A published in the Kansas City Star on Thursday, the 97-year-old preacher helped a reader, by the name of E.K., better understand the nature of angels.

"What do angels look like? Do they look like the pictures we see on Christmas cards? Or are they even real? I've always been curious about this," the reader asked.

Graham responded, "Yes, angels are real, just as real as you and I are. Although they are largely unseen by us, they exist in great numbers. The Bible speaks of 'thousands upon thousands of angels in joyful assembly' (Hebrews 12:22). When Jesus' birth was announced to the shepherds outside Bethlehem, 'a great company of the heavenly host appeared ... praising God' (Luke 2:13)."

While angels do not have physical bodies, on occasion they appear as ordinary humans or glorious celestial beings that reflect the majesty of God, Graham contended.

"When God gave the prophet Isaiah a vision of his glory, his throne was surrounded by angels of great splendor and power: 'At the sound of their voices the doorposts and thresholds shook"'(Isaiah 6:4)," he explained.

Ultimately, God created the angels for one purpose: to serve him: "As such they work in hidden ways to carry out God's will and protect God's people," Graham wrote. "Even when we are unaware of them, they are still part of our lives. They also are part of a great unseen army that constantly fights against Satan and his servants of evil. God's promise should bring comfort to every believer: He will command his angels concerning you to guard you in all your ways' (Psalm 91:11)."

However, Graham warned against worshiping angels, as God alone is worthy of worship.

"But we can thank God for them," he concluded, "and some day in heaven we'll realize just how much they've done for us, at God's command. 'Are not all angels ministering spirits sent to serve those who will inherit salvation?' (Hebrews 1:14)."

According to the Pew Research Center, two-thirds of Americans (68%) completely or mostly agree that angels and demons are active in the world.

Another prominent evangelist, Saddleback Church pastor Rick Warren, frequently encourages Christians to recognize that those who trust in God have a powerful "invisible army of God" on their side, even when all hope appears to be lost.

In a 2012 "Daily Hope" devotional, Warren referenced the story of the prophet Elisha and his servant, who one day woke up surrounded by enemy troops. Instead of responding in fear, Elisha prayed, "O Lord, open his eyes and let him see!" (2 Kings 2:17 NLT). Suddenly, Elisha's servant saw an army of angels on the hills outside ready to protect them from the massive army.

"Just like Elisha and his servant, you have things attacking you right now. You're tempted to panic. The truth is, you have a whole lot more that's for you than against you. But when you're in the midst of being attacked, you just can't see it," Warren explained.

"God needs to open your eyes to all that is on your side. Like Elisha, you just need to ask him for help. Even though you can't see them, God has released his forces to protect you. Will you ask him to open your eyes to them?"
Engele in ons lewens

Josh 5:13 is ‘n weerspieëling van wat tydens die Yom Kippoer Oorlog in 1973 gebeur het.
          “En terwyl Joshua by Jerigo was, slaan hy sy oë en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Joshua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort u by ons, of  by ons vyande?”
          Hierdie man met die ontblote swaard was nie vir Joshua identifiseerbaar nie. Daarom vra Joshua hom: Behoort u by ons, of by ons vyande?
          “En hy sê:  Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. (Ek het pas gearriveer).”
          Die man het geantwoord hy is die Hoof van die Leër van die HERE!
          Die gedagte verruk ‘n mens se sinne. Dis byna te groot vir die mens om te begryp.
          Ons sukkel met ons perspektiewe omdat ons nie in en deur die Gees van God wandel nie.
          “Maar daar kom 'n uur (wanneer?), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
          Saam met die Hoof van die Leërmag is etlike legioene Engele.
          Hulle was daar toe die Rooi See oopgekloof is, hulle het die mure van Jerigo  omgegooi, hulle was ook saam met Josafat toe die vyand skielik homself vernietig het, en met Jonathan toe hy die Filistyne bestorm het, saam met Dawid toe hy Goliat  verslaan het, saam met Daniël in die Leeukuil en helaas, ook telkemale saam met ons eie volk.
          Die sonde van ons tyd is wanpersepsies omdat ons toelaat dat ander invloede op ons inwerk, in plaas daarvan om te bly in dit wat ons geleer was – die Waarheid en nogmaals die Waarheid soos vervat in die Bybel.
Ons lewe onder die omstandighede in plaas van bo die omstandighede.
          Ons soek na antwoorde op allerlei plekke in plaas daarvan om die aangesig van God te soek.
          God se Engele is oral. Hulle het nie visums en paspoorte nodig nie. Dit is ook hulle wat in Angola die Suid-Afrikaanse troepe wat op GOD vertrou het, telkens uit benoudhede gered het. Die getroue gebede aan die tuisfront, was noodsaaklik.
          Die Yom Kippoer Oorlog was die een oorlog wat die Israeli’s sou verloor het. Hulle was in die Sinagoges en ander bymekaarkomplekke besig toe die vyand onverwags toegeslaan het. Daar was geen vooraf waarskuwing nie.
          Israeli soldate het gedoen wat hulle kon. Sowat 400 van hulle het opgeruk na Berg Hermon waar hulle hulself teen sowat  sewe duisend Siriese magte vasgeloop het.
          Wedergebore Israelse weermagoffisiere vertel daarna in persoonlike onderhoude aan ons: die 400 Israeli soldate het besluit om te veg tot die dood toe om die Israelse Leër geleentheid te gee om op dreef  te kom.
          En toe skielik was daar die reuse hand uit die Hemel met die palm na die Siriërs, ‘n hand byna sy groot soos ‘n stel rugbypale in omvang. Die hand het die Siriese soldate laat omdraai en op die vlug slaan.
          Intussen  kom ‘n hele konvooi tenks soos ‘n dodelike slang teen die styl bergpad af langs die Golan Hoogtes op pad na Ein Gev. Die opdrag was dat hulle daarvandaan om die See van Galilea sou beweeg in die rigting van Tiberias en Porea Eilat en eenvoudig die wêreld voor hulle moes skoonvee.
          Hulle sou dit ook kon doen want daar was geen Israeli weermag om hulle te keer nie. Dit sou ‘n bloedige slagting gewees het.
          Maar skielik het die voorste tenk stilgehou en bly staan. Na die oorlog is vertel dat die soldaat in beheer van die voorste tenk vertel het hoe hy duidelik die opdrag oor sy radio gekry het om stil te hou en te wag, maar daar was nooit so ‘n opdrag gegee nie.
          Toe die lang konvooi  tenks oorkant die See van Galilea tot stilstand kom, kon duisende Israeli’s dit waarneem en het hulle alarm gemaak en die Israelse Leër had geleentheid om gereed te maak om terug te slaan.
          Die Israelse magte het verwoesting gesaai onder die Siriërs en hulle teruggedryf oor die Golan Hoogtes.
          Israelse militêre offisiere het vertel hoe tydens die oorlog, ‘n klein Israelse militêre eenheid oor ‘n heuwel beweeg het en onder in die vallei op ‘n horde van die vyand afgekom het.
          Die vyand het egter skielik die wit vlag gehys en oorgegee. Die groepie Israeli’s het die oormag  tot binne ‘n krygsgevangekamp laat marsjeer. Eers toe die vyand veilig agter slot en grendel was, wou die Israeli’s weet: Waarom het julle oorgegee?
          Die vyand het geantwoord: Julle was ‘n totale berede oormag, ons sou nooit teen julle kon standhou nie.
          Die Israeli’s het net hulle koppe geskud want die meeste wis nie waarvan die vyand praat nie. Wedergeborenes onder hulle het toe aan hulle makkers verduidelik dat wat die vyand gesien het, niks anders was as  die Hoof van God se Leërmag en sy legioene Engele nie.
          Jare gelede het die SAUK-TV ‘n program gebeeldsaai waarin sommige Suid-Afrikaanse soldate vertel het van Goddelike ingrypings in die Angolese-oorlog.
          Christen-soldate wat in die Viëtnam-oorlog geveg het, het later ook van vele Goddelike ingrypings vertel.
          Op een plek het Christen-manskappe se militêre voertuig tot byna teen sy bakwerk in modder vasgeval. Die vyand was op pad en daar was geen manier om daardie voertuig uit die modder te kry nie. Die manskappe sou sekerlik sterf.
          Terwyl die manskappe bid het onsigbare hande die voertuig eenvoudig uit die modder gelig en die manskappe kon die vyand ontvlug.
          In 11 Kon. 6:15-17 beleef ons weer ‘n pragtige Goddelike ingryping:
          “En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ‘n leër met perde en strydwaens rondom die stad.
          “En sy dienaar sê vir hom: Ag my heer, hoe sal ons maak?
          “Maar hy antwoord hom: Vrees nie; want dié wat by ons is, is meer as die wat by hulle is!
          “En Elisa het gebid en gesê: Here, open tog sy oë dat hy kan sien. En die Here het die oë van die dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elisa.”
          Van wie het Elisa gepraat? Van God se legioene Engele natuurlik. Die dienaar kon hulle eers nie sien nie, nie voordat God sy geestelike oë geopen het nie.
          Ook ons moet die plek bereik waar God ons geestelike oë vir ons open. Lees gerus die hele 11 Kon. 6 en sien hoe Elisa die vyand verslaan het.
          Paulus-hulle is in Hand. 16:25 in die tronk. Gaan kyk hoe GOD se Engele hulle daar uithaal.    
          Ons aanbid nie en bid ook nie tot Engele nie. Engele is dienende geeste wat deur GOD uitgestuur word.
“Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?” Heb. 1:14.
          Ps. 91:11 “... want Hy sal sy Engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.”
          Waar moet ek en jy wees (Ps. 91) om die beskerming van die Engele te geniet:

·        In die skuilplek van die Allerhoogste (strofes 1 & 2)
·        Die HERE ons toevlug maak (9)
·        Ons moet GOD waarlik liefhê (14)
·        Ons moet GOD aanroep (15)
       
Gaan kyk hoe bid Dawid in Ps. 35.
“Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
“Get. Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. Ps. 34:6
          Dit is nodig om die hele Psalm te lees om die vereistes te sien wat GOD stel. As ons aan die vereistes voldoen, trek die Engel van die HERE ‘n laer van Engele om ons.
          En hier is Daniël se ondervinding: “Toe sê hy (die Engel) vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou GOD te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom;
“maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.” Dan. 10:12-13.
Hier lees ons van ‘n stryd tussen Engele in die Hemele. Die Engel was deur GOD gestuur met ‘n boodskap vir Daniël. Die Engel sê aan Daniël dat GOD sy gebed al die eerste dag gehoor het en hom (die Engel) gestuur het, maar die vors (Engel) van Perse het hom 21 dae lank vertraag.
Toe kom die Aartsengel Migael, en help hom sodat hy die stryd teen die bose Engel van Perse kon oorwin en Daniël kon bereik.
Sulke dinge gebeur dus ook. Dis nie vir ons vreemd nie want Die Bybel leer duidelik in Efes. 6:11-18, dat ook ons worstelstryd nie teen vlees en bloed is nie:    
“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
“Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
“Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
“en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die Evangelie van vrede.
“Behalwe dit alles neem die skild van die Geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
“En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —
“terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak (hoe?) met alle volharding en smeking vir al die heiliges.”
Daniël stap ongeskonde uit die leeukuil en sê: “My God het sy Engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.” Dan. 6:23
 Sadrag, Mesag en Abednégo word in ‘n vuuroond gegooi. Toe die omstanders weer kyk stap daar nie drie nie, maar vier mense in die oond rond.
“Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy Engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God.” Dan. 3:28.
Abraham stuur sy dienskneg om vir Isak ‘n vrou te gaan haal en sê aan die dienskneg: “Die HERE, die God van die Hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee –  Hy sal sy Engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar ‘n vrou gaan haal. Gen. 24:7
Dan is daar Petrus se geval: “Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die Paasfees voor die volk te bring.
“So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het ‘n aanhoudende gebed tot GOD deur die gemeente vir hom opgegaan.
“En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak. (Petrus kon hoegenaamd nie ontsnap nie, maar nie ver daarvandaan nie het ‘n groep Christene eendragtig in ernstige gebed verkeer).
“En meteens staan daar ‘n Engel van die Here by hom, en ‘n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval. (As Petrus nie wou opstaan nie sou die boeie seer sekerlik van sy hande afgeval het nie).
“En die Engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my! (Let op, alles word nie vir Petrus gedoen nie, sommige goed moes hy self doen).
“En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die Engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy ‘n gesig sien. (Hy bly GOD-gerig: As die werklikheid dan vir hom te groot is, dan sien hy ten minste gesig).
“En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die Engel hom verlaat.
“Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy Engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.
“En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.
(Let op wat nou gebeur) “En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het ‘n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te hoor wie daar was.
“En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.
“Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy Engel. (Hulle dink dit is Petrus se Engel. Dit beteken ons het elkeen ‘n Engel, maar lewe ons so getrou naby aan die HERE dat ons van Engele bewus kan wees? Let egter ook op: Dit waarvoor hulle gebid het, is beantwoord, maar glo hulle dit nie. Petrus steur hom egter nie aan wat hulle dink of sê nie, hy hou aan met klop).
“En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.
“Maar hy het vir hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na ‘n ander plek vertrek.
“En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.
“Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judéa weggegaan na Cesaréa en daar gebly.”
Wanner ons in die geloof bid sonder om te twyfel. Jak. 1:6, antwoord GOD nie net nie, Hy vernietig ook die oorsaak van ons probleme. Hand. 12:4-19.
Petrus wou in ‘n latere stadium verhoed dan Jesus Christus in hegtenis geneem word en pluk sy swaard uit, maar Jesus sê: “Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.
“Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van Engele beskikbaar sal stel nie?
Selfs Jesus Christus het geen Engel gebied om enigiets te doen nie. Hy sê dat as Hy wou dan kon Hy tot die Vader bid om 12 legioene Engele beskikbaar te stel.
Ons volg in Jesus Christus se voetspore. Hy het gesê ons sal doen wat Hy gedoen het, maar veel meer as wat Hy gedoen het.
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.”
 Daardie liefdevolle verhouding met GOD vergestalt ook die volgende:
“En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
“As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
“As julle My liefhet, bewaar my Gebooie.”
Dis duidelik, as mens nie GOD se Gebooie en Insettinge bewaar nie, dan word jou liefde vir Hom bevraagteken.
“En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid (Wie is hierdie Trooster?):
“die Gees van die Waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” Joh. 14:12-17.
As die Heilige Gees dan in jou is, belewe jy geestes-ervaringe? Wat baat dit dan dat jy daarin roem dat jy kind van GOD is, maar GOD is nie in aksie in jou lewe nie!
Terug by Engele: Jy mag GOD vra om Engele beskikbaar te stel om jou in  verskillende situasies by te staan.
Al moet jy soms wag vir die antwoord of die oplossing, wag dan. Die enigste manier wat jy kan verloor, jou gebed onbeantwoord bly, is wanneer jy opgee.
Dis die aanhouer wan wen, want Jesus Christus sê: As jy (aanhou) klop sal daar vir jou oopgemaak word.
          “En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
          “Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.” Luk. 11:9-10
          Lees ook oor die tien duisende Engele wat betrokke was in Hebr 12:22-23. En die Engel en 'n menigte van die hemelse leërskare in Luk 2:13
          Enigiemand wat ‘n Bybel verlang, kan skryf aan: webmeester@thesower.org.za   (Slegs Afrikaans en Engelse Bybels (OAB) en net in RSA - Net vir individue, geen organisasies)
          As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
          Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbolet

Woensdag 10 Februarie 2016

Jou woord is jou eer!

Moenie ooit jou woord breek nie
Sir William Napier, ‘n Britse militaris, historikus en skrywer, gaan een aand stap. Hy kom af op 'n klein meisietjie wat bitterlik staan en huil.




Sir William Napier  1785 - 1860

Hy had ‘n goedige geaardheid, en hy gaan sit op sy hurke by haar, om te hoor waarom sy so huil. Sy vertel haar ouers is baie arm. Sy is gestuur om te gaan melk koop. Sy het gestruikel en geval en al die melk is vermors. Daar is nie geld vir ander melk nie.
Sir William staan op, streel oor haar koppie en vee haar trane met sy eie spierwit sakdoek af. "Moenie huil nie, kindjie, hier gaan koop vir jou 'n ander kannetjie melk."
'n Blye glimlaggie breek deur. Hy steek sy hand in sy sak om sy beursie uit te haal. Sy gesig val. Hy het nie sy beursie by hom nie!
            Verleë sê hy: "Ag, kindjie, ek het nie geld by my nie. Maar môre­aand, dieselfde tyd, kry ons twee mekaar hier. Ek bring vir jou geld vir genoeg melk. Sê vir jou mamma en pappa."
Tuisgekom, kom sy vrou hom met 'n breë glimlag tegemoet. In haar hand het sy 'n pragtige vergulde uitnodigingskaartjie. Baie lank al wag Sir William vir 'n uitnodiging na só 'n onthaal. Dit kon sy loopbaan 'n hupstoot gee.
Opgewonde neem hy die kaartjie en lees dit vinnig deur. Dit is vir die volgende aand en dit is dieselfde tyd wat hy beloof het om die meisietjie te ontmoet.
Tot sy vrou se verbasing skud hy sy kop. "Nee, ek kan nie gaan nie. Ek het reeds 'n afspraak." Hy vertel haar van die meisietjie.
Sir William het die gulde geleentheid van die hand gewys, om sy belofte aan 'n klein, arm meisietjie na te kom.
Dis wat tradisie, maar ook die Bybel leer: Hou by jou woord!
            “So waar as God getrou is – ons woord tot julle was nie ja en nee nie!
            “Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en Silvánus en Timótheüs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom.
            “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.” 1 Kor 18-20
            In skrywer se kinderjare was volksgenote erg daarop gesteld dat mens jou woord moet hou en dat jy dit nooit mag verbreek nie. Die Bybel sê ook so...
“As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
“Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.
“Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” Pred 5:3-5
            Dit is ontstellend wanneer mense so maklik hulle woord breek.

Enigiemand wat ‘n Bybel verlang, kan skryf aan: webmeester@thesower.org.za  (Slegs Afrikaans en Engelse Bybels (OAB) en net in RSA - Net vir individue, geen organisasies)

As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com

Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbolet

Maandag 08 Februarie 2016

Die Kosbaarheid van die Bybel


Image result for prent van die bybel


... en  “JOU”  Bybel?
In The Living Power of God's Word vertel Dennis M. Mulder, wat geestelike werk onder die Chinese doen, dat hy in 'n kerk in Shangai langs 'n vrou, in haar midde sestiger jare, sit.
Die aandagtige wyse waarop sy na die preek luister en die eerbiedige manier waarop sy die sangbundel hanteer, tref hom.

Wat hom aangryp is haar verminkte hande. Dit lyk of haar vingers, teen mekaar gestrengel, versteen het.
Na die diens vra hy: "Het jy 'n Bybel?" Verras dat hy haar in haar eie taal aanspreek, met 'n gretigheid in haar houding, antwoord sy nederig: "Nee, ek het nie 'n Bybel nie."
Hy is nie verbaas oor haar antwoord nie, want hy weet dat daar in die hele kerk net ‘n paar Bybels beskikbaar is.

"Ek vetrek môre," gaan Dennis verder, "en ek het twee Bybels in my hotelkamer. Kan ek dit vir jou en een van jou vriende gee?" Sy is dadelik gewillig. Saam stap hulle na sy hotel toe. Hy vra haar na haar hande.

            "Gedurende die kulturele rewolusie hier in ons land," vertel sy, "het die Rooi Wagte my huis binne gekom en deursoek vir Bybels. Ek het my Bybel in die koue as van my stoof weggesteek, maar hulle het dit daar gekry.

“Een van die wagte het dit in sy hande gehou, maar ek het dit uit sy hande gegryp en teen my vasgedruk. 'Gee vir ons daardie boek vol mites!' het hulle geskreeu, maar ek het dit vasgeklou. 'Ek kan dit nie vir julle gee nie,' het ek terug geskreeu. 'Dis al wat ek het om my van Jesus, my Here, te vertel'

“Hulle het kwaad geword en my buite toe gesleep en my klere van my afgestroop. Hulle het die omstanders beveel om my te beledig en op my te spuug.

Na ure in die warm son het hulle weer geskreeu: 'Gee daardie boek!' Ek het weer geantwoord: 'Ek kan dit nie prysgee nie. Dis al wat ek van Jesus, my Here en Verlosser, weet.'

Hulle het my op die sypaadjie platgegooi. Een van hulle het sy voet op my nek gesit en die ander drie het met loodpype oor my hande begin slaan. Hulle het aangehou totdat daar geen gevoel meer in my hande was nie. Die Bybel het uit my hande, in die stof op die sypaadjie, gegly. Die skare het gejuig. Dit was die laaste keer dat ek 'n Bybel in my hande gehou het."

            Dennis sê dit het hom net minute geneem om na sy hotelkamer toe te gaan en die twee Chinese Bybels te bring.

Sy kon nie praat nie. Sy het net met groot, traangevulde oë na hom gekyk. Sy het omgedraai en in die stroom van verbygangers verdwyn.

Hy het haar nooit weer gesien nie, maar hy skryf: "Daardie dag in Shangai het ek gesien hoe waardevol die kosbare Woord van God vir iemand kan wees.”   Ons is maklike besitters van Bybels. Hoe kosbaar is die Woord vir ons? The Baptist Challenge skryf dat 'n opname aan die lig gebring het dat 23% van mense wat 'n Bybel het, dit nie lees nie. Net 18% van belydende Christene het gesê hulle lees die Bybel elke dag, 18% het gesê hulle lees dit van drie tot ses keer per week. Bybellesers het gesê hulle bestee gemiddeld 22 minute per dag aan die lees van hulle Bybel.

            Die Bybel is die voedingsbron van ons geestelike lewe. Petrus verwys na die "onvervalste melk van die woord." 1 Pet 2:2.
Christus het gesê: "Daar is geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom." Matt 4:4
"...sal jy 'n goeie dienaar van Jesus Christus wees wat jouself voed met die woorde van die geloof en die goeie leer waarvan jy 'n aanhanger geword het." 1 Tim 4:6

Enigiemand wat ‘n Bybel verlang, kan skryf aan: webmeester@thesower.org.za  (Slegs Afrikaans en Engelse Bybels (OAB) en net in RSA - Net vir individue, geen organisasies)

As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Sjibbbolet

Sondag 07 Februarie 2016

Hou deurentyd jou oë en hoop op God.



In 1760 verlaat die 13-jarige John Paul Jones sy tuiste in Arbigland, Skotland, om by die bemanning van die Friendship, 'n tweemas seilskip, in die Britse hawe, Whitehaven, aan te sluit.
 

John Paul Jones

Omstandighede op die skip, was eintlik bietjie knap vir die Atlantiese seevaart. Dit was moeilik, vertel Terry Livingstone en David A. Sargent, die storie, op hulle Internetrubriek.
Die leefruimte was knap, die lugsirkulasie swak, die kos gemuf en die water skaars. Die werk op dek was moeilik: gedurig moes die maste gestut en die seilposisies verander word.
Kaptein Robert Benson, van die Friendship, het die vaart vir jong John Paul Jones egter die moeite werd gemaak. Hy het hom op dek geneem en hom geleer om met die oktant (hoekmeetaparaat) die ligging van die hemelliggame, son, maan en sterre, bokant die horison, vas te stel en dan so die skip se lengte- en breedtegraadposisie te bepaal.
Die seun het met groot ywer die sterremeting en talle ander ingewikkelde besonderhede oor die hantering van seile en toue en hoe om 'n groot skip veilig te laat seil, bestudeer en bemeester.
            'n Paar jaar later, in 1767, in Kingston, Jamaica, na sy soveelste oseaanvaart, besluit hy om na Skotland terug te keer. Kapt. Samuel McAdam, van die seilskip John, bied hom 'n vernietvaart na Kerkcudbright, 'n hawe naby sy tuiste, aan.
            Onderweg word kapt. McAdam, sowel as die skip se eerste offisier, siek en sterf aan koors. Niemand anders op die skip weet hoe om die skip te navigeer nie.
            Skielik was die John 'n skip sonder koers en uit die rollende branders en deinings was dit onmoontlik om die koers te bepaal. Gelukkig, vir almal op die skip, was jong John Paul Jones 'n passasier op die skip. Hy het geweet: om die skip op koers te kry, moes hy na bo, na die hemel, kyk.
Eerw. David A. Sargent vertel: “John het geweet dat om by die hawe te kom, hy Hemelwaarts moes kyk. Met sy oktant het hy die hemele bestudeer want hy kon al daardie tekens vertrou.
“Hulle was in die nag in ‘n stormsee vasgevang, maar John kon vir hulle die rigting van die vaart aandui. Om in ‘n stormsee honderde seemyle op die oop see vasgevang te wees en boonop in die nag, en sonder rigting, is doodsake. Die rigting wat John vir hulle via die hemelliggame aangedui het, het hulle veilig tuis laat aankom.”
Die eienaars van die skip was so in hulle skik met die 21-jarige jongman se prestasie, dat hulle hom sy eerste posisie as kaptein van 'n skip aangebied het.
Gou was hy eskaderleier in die Amerikaanse oorlogsvloot. Hy het nooit 'n neerlaag gely nie.
Hy is begrawe by die kapel van die Amerikaanse Vlootakademie  in Annapolis, Maryland. 'n Opskrif by sy graf lui: "Admiral John Paul Jones gave our navy its earliest tradition of heroism and victory."
            Hierdie seun het geleer om sy aardse koers te kry en groot belonings te bereik, deur op te kyk hemel toe. Die onbeweeglike hemelliggame, en nie die veranderlike aardse seebranders nie, was vir hom in sy skeepsvaart betroubare riglyne.
Die een oomblik was daardie skip vasgevang in ‘n nagtelike stormsee, totaal rigtingloos. Dan bepaal John die rigting deur die betroubare hemelliggame te ontleed.
Abraham was skatyryk. Hy leef op vrugbare aarde met sy mense en sy diere... Dan skielik die opdrag: Pak op en trek (van alle plekke) deur die woestyn. Hy is gehoorsaam en begin trek. Hy weet nie waarheen nie, maar hy hou sy oë en hoop op die HERE en bereik die nuwe bestemming veilig.
"Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het…. en Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies… en sy tente tot by Sodom opgeslaan." Gen 13:10,11,12.
Abram het na die Here gekyk: "En die Here sê vir Abram: 'Slaan tog jou oë op en kyk… die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee…" Gen 13:14-18
            Ons het ook 'n oktant om vir ons die hemel se koers te bepaal: die Bybel. Die Heilige Gees rig ons gedagtes as ons, ons lewenskoers soek uit God se Woord.
            Ons kan nie die pad na die Nuwe Jerusalem stap sonder om ons oë en hoop op God gevestig te hou nie.
            "Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het… Omdat dit Sy wil was, het God ons deur die Woord van die Waarheid tot die Lewe gebring…. " Jak 1:17
            Wees dankbaar en loop oor van lofprysinge tenoor God omdat ons weet waarheen ons op pad is en saam met Wie, maar dink aan die ander wat nie hierdie oortuiging en sekerheid het nie en bring aan hulle die Evangelie van Jesus Christus.
            Bid ook vir ‘n magtige Herlewing in Suid-Afrika. – Sjibbolet