Wys tans plasings met die etiket ''n Kind van God; . Hoe om te bid. Godsdiens. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ''n Kind van God; . Hoe om te bid. Godsdiens. Wys alle plasings

Saterdag 21 April 2018

Ons moet Gee om te kan Ontvang


‘n Reisiger is op ‘n tog deur die woestyn. Hy had ‘n paar waterbottels by hom. Die water raak op en hy besef hy gaan sterf. Dan sien hy ‘n ou waterpomp. Hy strompel daarheen en begin pomp, maar dis staal op staal en niks gebeur nie.

 
            Toe sien hy ‘n ou bakpoeier blikkie onder aan die pomp hang. Hy maak dit oop en binne is ‘n kennisgewing met potlood op ‘n stuk bruin papier geskryf.

Dit lees: “Hier is meer as genoeg water onder die grond. Glo net en volg die aanwysings en jy sal water in oorvloed hê. Langs die pomp onder die wit klip is ‘n houer met water in die sand. Moet dit nie drink nie.

Die pomp se wasser is uitgedroog in die woestynson. Gooi die water in die pomp af sodat die leer wasser kan uitswel en die suigkrag kan inskop en begin dan pomp.

            Wanneer jy klaar is, maak die bottel weer vol en bêre dit weer onder die sand vir die volgende reisiger.

Waarskuwing: Jy sal in versoeking wees om die bottel onder die sand uit te drink. Moenie.  Jy sal nie ver kom nie dan sterf jy in elk geval van die dors. Volg die aanwysings, maak al jou waterhouers vol en drink soveel jy wil. Daar is genoeg water om sommer jouself te was ook.

Bêre weer die bottel vol water onder die sand. So sal jy genoeg water hê en so ook die volgende reisiger wat verby kom.

Onderteken deur Desert Pete.”

            Dit is hoe die lewe werk. Daar is genoeg vir jou solank jy aan die volgende persoon ook dink. Eers moet jy gee, dan sal jy ontvang. As jy lewende water van Jesus ontvang het, sorg dat die volgende ongelowige ook van daardie water kry.

            Dink nou mooi, wat sou jy of ek gedoen het as ons by die pomp sou kom. Weet jy wat ‘n dodelike dors is. Skrywer het in die Kalahari so dors geword dat ek ysblokkies uit die lug sien val het. Wanneer ek dit wou vang was daar niks. Ek het kort daarna op water afgekom en gedrink asof ek nooit genoeg sou kon kry nie.

            Sou ek in daardie toestand, ooit die briefie klaar kon lees? Van die water in die bottel onder sand mog mens nie drink nie, anders sou dit te min wees om die pomp te laat werk.

            Jy moet geloof hê en glo.  Jy moet ten eerste die pomp voorberei om te kan pomp. Die wasser moet ten alle koste kans kry om uit te swel anders is daar geen suigkrag nie.

            Die water wat jy onder die sand uitgehaal het, durf jy nie drink nie. Jy moet eers van jouself gee, dan is jy waardig om te kan ontvang.

            As jy die water wel gedrink het, sou diegene wat na jou kom, gladnie water kon kry nie... maar jyself sou ook die uiterste prys moes betaal het.

            Al vra dit wat van ons, asseblief, dink ook aan ander. Jyself is gered en op pad na die Nuwe Jerusalem, maar jy durf nie alleen daar aankom nie. Wat van jou huisgesin, vriende, die boemelaar, die tronkvoël.

            ‘n Man wat tot lewenslank sonder die opsie van parool gevonnis is, het getuig: “Ek moes in die tronk beland om Jesus te vind. Tot my dood toe moet ek hier sit, maar ek is vryer as wat ek ooit in my lewe was.”

            Hoe vorder jy op die Geloofspad vandag? Leef jy net vir jouself, of sien jy die groter prentjie, die oesveld, en pak jy die woestynpad om by siele uit te kom?

            Beleef jy die verfrissende water in die woestyn?  Jakob se dienskneg het vir Ragel by ‘n put ontdek. Jesus het die vrou by die put ontmoet.

            Lees die Woord. Dit is vol aanwysings van diegene wat voor ons die pad geloop het. Jesus het hulle almal water gegee wat soos fonteine by hulle ontspring het. Gaan drink van daardie lewegewende water.

            Hulle wat voor ons by die lewende water was, het net soos ons ook daaglikse probleme beleef... maar hulle het vir ons aanwysings nagelaat. Bestudeer die Woord. Dis noodsaaklik om dit te ken en te beleef.

            Mens moet gee voordat jy kan ontvang. Hulle wat voor ons was, het groot klem om hierdie lewensfeit gelê.

            Jesus sê in Joh 14:19 “... omdat Ek leef sal julle ook leef.”

            Die Kingston Trio het die verhaal in ‘n lied verewig:
  https://www.youtube.com/watch?v=08kEFELCb3I

Maandag 26 Maart 2018

Vinniger as 'n oogknik


Image result for bybel


Skielik!

Die woord “skielik” kom nege keer voor in die Nuwe Testament en agt keer het dit betrekking op die snel en bonatuurlike ingryping van die HERE.


Mark. 13:36 – “dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.”

Luk. 2:13 – “En skielik was daar saam met die Engel ‘n menigte van die Hemelse leërskare wat God prys en sê:”

Luk. 21:34 – “Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.”

Hand. 2:2 – “En daar kom skielik uit die Hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.”

Hand. 16:26 – “En skielik kom daar ‘n groot aardskudding, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.”



Iets van hierdie genoemde eienskappe sal gepaard gaan met die skielike verskyning van Jesus op die wolke vir Sy Heilige Bruid. Die HERE werk soms stadig en geleidelik, maar in hierdie geval, gaan dit skielik wees, vinniger as ‘n blits, vinniger as ‘n oogknik!

            Wees gereed. Verwag Hom met ‘n tintelende opgewondenheid. Kyk op... dis nie meer lank nie.

Donderdag 08 Maart 2018

Kom bou daai gebedsmuur!!


Image result for Person praying

Ons is tot alles in staat....

“Ek is tot (hoeveel?) ALLES, in staat deur Christus wat my krag gee.” Fil 4:13

            Triomf gaan nie altyd gepaard met kampioene, bekers en trofeë, foto’s in die koerante en TV-beelde nie, maar ware triomf vind ver van die skare en al die swier plaas.

            In Christus beleef ons tye van grootse blydskap. Dis wanneer ons die grootste triomf oor die moeilikste probleme en struikelblokke behaal.

            Dis hoekom Jakobus kon sê: “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

            “Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.” Jak 1:2-4

            God gee ons die krag en die wysheid, nie alleen om oor die swaar tye te triomfeer nie, maar ook om as gevolg daarvan te groei.   

            Ons is vir seker tot alles in staat: “Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

            “Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here (hoekom?), omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.” 1 Kor 15:57

            Jou eiendom vat sonder vergoeding? Nooit gesien nie. Christus het ons die krag, die wysheid en talente gegee – iets wat vir alle mense beskore is – om ons eiendom, ons erwe, en plase, op te bou en te versorg.

            Alles wat ons besit is God se eiendom. Daarom waarsku die HERE: Vir sovele as wat julle dit aan die geringste van My doen, doen julle dit aan My. Matt 25:40

“En Ek het onder hulle 'n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land... Eseg 22:30 - Sjibbolet

Donderdag 08 Februarie 2018

Hoe kry mens jou hande skoon?


Image result for John.8:11


Cook se uitdaging aan die wêreld se godsdienste –
Hoe kry mens jou hande skoon?


In 1893 is daar in Chicago ’n groot “Parlement van Wêreld  Godsdienste” gehou. Verteenwoordigers van al die bekende godsdienste van die wêreld het hul standpunte gestel en verdedig.

            Vanjaar word dit in Toronto, Kanada gehou. Meer as 10 000 godsdienstiges sal dit bywoon. Hulle beplan straks ‘n Een-wêreld godsdiens.

            Meer inligting oor hulle doen en late is te verkry by:

https://parliamentofreligions.org/parliament/new-chicago-1893/new-chicago-1893

            Hulle doeleindes is: “For a More Just, Peaceful and Sustainable World.” Dit lyk nie of hulle enige vordering op hierdie gebied gemaak het sedert 1893 nie. Sonder Christus is dit nie moontlik nie.

            Die pleidooi vir die Evangelie van Christus is in 1893 gelewer deur ’n man met die naam van Eerw. Joseph Cook. Sy volledige toespraak is hier te lees: http://pastorsdesktop.com/wordpress/an-address-delivered-by-the-reverend-joseph-cook-at-the-world-parliament-of-religions-in-1893/

            Die kern van sy boodskap is so saamgevat: Cook het hom tot die ander sprekers gewend en gesê: “Menere, ek stel aan u voor die geval van ‘n vrou met bloedbevlekte hande. Sy is vol berou en angs en sy wil haar hande weer skoon hê.

“In die lang ure van die nag roep sy: ‘Weg, vervloekte vlek! Weg, vervloekte vlek!’ Maar dit wíl nie ‘weg’ nie, want dit is die bloed van haar man wat sy  vermoor het.”

Toe daag Cook al die godsdienste van die wêreld uit: “Is daar in u godsdiens raad vir hierdie vrou om van daardie vlek ontslae te raak?”

Cook kyk van die een na die ander verteenwoordiger van ’n godsdiens.

Toe vervolg hy: “U sê niks.”

Toe kyk hy op asof hy iemand in die verte aanspreek. “Ek vra dan iemand anders. ‘Johannes, sal u vir hierdie vrou sê hoe sy van die vlek van sonde ontslae kan raak?’”

Hy wag ’n oomblik asof hy luister na die antwoord. Dan vervolg hy: “Hoor, Johannes antwoord: ‘Die bloed van Jesus Christus, die Seun van God, reinig ons van alle sonde. As ons, ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons, ons sondes en (let op) reinig ons van alle ongeregtigheid.’” 1 Joh.1:7,9

Vir die skuldige sondaar gee die Here Jesus Christus ook die wonderlike antwoord wat hy aan die vrou, wat in die daad van egbreuk betrap is en deur die Joodse owerstes na Hom toe gebring is....

“Ek veroordeel jou nie. Gaan heen en sondig nie meer nie” Joh.8:11

Jesus kan dit sê, omdat Hy die straf vir daardie sonde van ons vir ons aan die kruis van Golgota gedra het.

“…dié Jesus, vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het …Hy bring die verlossing en (let op) niemand anders nie... (ook nie die godsdienste van die wêreld nie.) Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” Hand 10,12

En luister, ons kan nie alleen Hemel toe gaan nie, ons moet iemand saamneem, die Getal volmaak. Bid ernstig vir die komende Herlewing.  – Sjibbolet

Saterdag 03 Februarie 2018

‘Soos in die Hemel – net so ook op die aarde’


Image result for Matt 6:10


“Laat U koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die Hemel net so ook op die aarde. Matt 6:10

            Hoe kry ons, as ambassadeurs van die Hemel,  dit reg? Ons spreek Jesus se taal en denke. Daar is bv nie siekte in die Hemel nie, so ons duld dit ook nie op aarde nie... soos dit in die Hemel is, so ook op die aarde!

            Hoe naby is ons daaraan? “Ek het hulle (vir my en jou) die heerlikheid (die Glorie) gegee wat U aan my gegee het (waarom?), sodat hulle een kan wees… net soos Ons een is.” Joh 17:22.

            Die glorie van God in die Hemel is ook ons deel hier op aarde. Sy wil vir ons as Gelowiges is duidelik in sy Woord vervat. Hy is ‘n waarmaker van sy Woord, van sy Wil. Sy Hemelse wil is vervat in die Bybels in ons huise.

            En verder: “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met (let op) alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.” Efes 1:1-6

            Dit is Sy wil dat ons gered word, dat ons eendragtig in liefde saam leef en doen, dat ons oorvloed sal hê, dat ons gesond sal wees, dat ons die kragdoop van die Heilige Gees sal ontvang, dat ons Jesus se werk voortsit. Ons grootste impak as Christene is nie vanweë ons fokus op enigiets op aarde nie, maar wanneer ons besef wie ons in Christus is, wanneer ons deur geloof en gebed besef dat ons Jesus se onvoltooide werk op aarde moet voltooi... die getal moet volmaak.

            In die Hemel word niemand ooit kwaad nie, is daar nooit rusie nie, is daar geen vyande en onvergewensgesindheid nie... dan onder ons as Gelowiges op aarde ook nie.

             En verder dat ons geroep is om deur Christus om God se Koninkryk en krag en glorie en seëninge vanaf die Hemel na die aarde te bring... Soos in die Hemel, so ook op aarde. Matt 6:10

             “As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge (waar?) daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

             “Bedink die dinge wat (waar is?) daarbo is, nie wat op die aarde is nie.” Kol 3:1-2

            Praat Hemel, dink Hemel.

          ”In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand, deurdat Hy aan ons (let op) die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, om die volheid van die tye te reël hoekom?), met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig...” Efes 1:7-10

            Dis ons wat gered is, wat die geloof moet openbaar om die gemeenskap te verander, die land te verander. Lees weer die verhaal van die verlamde man in Mark 2:4. Dit was die geloof van die manne wat hom deur die dak laat sak het wat die verlamde laat loop het.

            Hoekom het hulle dit gedoen? Want niemand is verlam in die Hemel nie en soos in die Hemel... so ook op die aarde... mag hier geen verlamming wees nie.

            So is ons gemeenskappe ook geestelik verlam en dis ons geloof, myne en joune, wat hulle gaan laat opstaan in en vir Christus want ons gaan die Hemelse taal begin spreek.

            Ons as Gelowiges moet die HERE daaraan herinner dat Sy liefde, krag, ondersteuning, sy teenwoordigheid welkom en nodig op die aarde is om ‘n verandering mee te bring.

            Ons is gered juis om verandering te weeg te bring. Hierdie verandering vind plaas deur die Heilige Gees en die proklamering en gebed van die Geesvervulde Gelowiges. Ja, ons neem deel aan verkiesings, ens., maar ons durf nie ons geestelike vlak verlaag vanaf die Koninklike/Hemelse na die aardse vlak nie.

            Nou dat ons gered is, het ons reeds die Ewige Lewe. Ons dink nie meer aards nie. Ons word verander in ons gemoed, ons dink nou Hemels... soos in die Hemel, so sal dit op die aarde wees en ons, ek en jy as gelowiges, bewerk dit.

            Ons as Gelowiges durf nie toelaat dat enigiets ons verdeel nie. Jesus se laaste gebed en begeerte was dat ons met Hom EEN sal wees. Nie eenders nie, maar eendragtig.

            Ons lees verder waarom ons dinge wat daarbo is moet bedink, waarom ons oë op Jesus gevestig moet bly: “Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

            “Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.

            “Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,  waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,  waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.

            “Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

            “Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.

            Hierdie dinge is nie in die Hemel nie en ons soek dit ook nie op die aarde nie.

            “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, (met dit wat in die Hemel is) heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

            “Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

            “En beklee julle bo dit alles (soos in die Hemel) met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

            “En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

            “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar (hoe?) met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

            “En wat julle ook al doen in woord of in daad, (doen dit soos in die Hemel) doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

            “Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here.

            “Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie. (want daar is geen verbittering in die Hemel nie)

            “Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.

            “Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.

            “Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.

            “En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die HERE en nie vir mense nie,  omdat julle weet dat julle van die HERE die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.” Kol 3.

            “Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien (hoe?), deur die kennis van Hom wat ons geroep het (hoe?)deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het(hoekom?), sodat julle daardeur deelgenote kan word van die (let op) goddelike natuur (wanneer?), nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

            “En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde (hoekom?).

            “Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet. 2 Petrus 1:3-9

            Spreek Lewe, Hemelse Lewe! – Sjibbolet

Woensdag 04 Oktober 2017

Red wat verlore gaan...


Die blinde skrywer van geestelike liedere, Fanny Cosby, het meer as duisend liedere komponeer. Twee van haar grootste werke is: “Aan God al die Glorie” en “Blye Versekering, Jesus is myn.”



Sy is in die Putnam Graafskap naby New York op 24 Maart 1820 gebore. Haar familie was Presbiteriaans. Toe sy ses weke oud was het sy ‘n ooginfeksie opgedoen. Weens verkeerde behandeling was sy vir die res van haar lewe blind. Die behandeling was toegepas deur ‘n man wat hom as ‘n dokter voorgedoen het.
In daardie selfde jaar is haar pappa oorlede. Haar mamma en ouma het haar grootgemaak.
Fanny Cosby is by ‘n skool vir blindes toegelaat. Daar is bewys dat sy  ontsettende geheue en intelligensie vlakke openbaar, ook dat sy buitengewoon musikaal is.
Na skool is sy met Alexander van Alstyne, getroud. Hy was ook blind en ‘n onderwyser by haar skool.
In die 1840’s was Fanny nie by ‘n kerk betrokke nie. Sy is Wedergebore tydens ‘n konferensie van die Chelsea Metodiste Kerk in New York. Sy was dadelik aangetrokke tot die werk wat die gemeente op die grense van die samelewing verrig het.
In die 1960’s het die komponis en uitgewer, William B. Bradbury, Fanny aangemoedig om geestelike lirieke te skryf. Uiteindelik skryf sy ses na sewe liedere per dag, liedere wat by menige Evangelistiese veldtogte en dienste reg deur die VSA en Brittanje gesing is.
In 1869 was Fanny geïnspireer om die lied “Rescue the Perishing” (Red wat verlore gaan) te skryf. Sy het dit geskryf net nadat sy mans besoek het wat by ‘n sending in New York tuis was. Sy was bekommerd oor hul geestelike welsyn. Sy het by hulle gepleit dat as daar van hulle was wat afgedwaal het van hul moeders en hul moeders se geestelike lering, dan moet hulle haar asseblief na die diens kom spreek.
‘n Jongman het na Fanny gekom  en gesê hy sou so graag eendag sy moeder in die Hemel wil ontmoet, maar na aanleiding van sy lewensstyl het hy gemeen dit sou nie moontlik wees nie.
Die jongman het ten aanskoue van almal wat daar was Jesus, as sy Redder en Saligmaker aangeneem.
Daarna aand op pad na haar huis het die blinde Fanny die lied “Red wat verlore gaan” geskryf. 
Die boodskap van die lied is: Red, gee om, pluk weg, ween, hef op en vertel. Ons moet betrokke raak by ongereddes om hulle vir Jesus wen.
Terwyl mense dit liefde en genade van Christus verwerp of miskyk, staan Hy steeds met oop arms vir hulle en wag. Ons verpligting is om vir hulle aan te hou met bid en by hulle te pleit. Ons durf nie moed of hoop verloor nie want die Heilige Gees werk saam met ons, om die ongereddes na Jesus te bring.
Ons moet soos Jesus die ongeredde onvoorwaardelik liefhê ongeag sy of haar reaksie.
Dit is ons plig om siele vir die Koninkryk te wen. gerwe in. Wees geduldig, moenie die Heilige Gees probeer vooruit loop nie. Mens druk nie die vrugte aan ‘n boom ryp nie.
Die lied herinner ons ook om altyd daar te wees vir iemand. Skrywer het gesien hoe vier sakkies skorsies by armes afgelaai word. Later die middag toe speel die kinders krieket met die skorsies.
Maar hulle en hul ouers bly ongered. Mens kyk jou nie vas teen skorsies nie. Kyk verby die skorsies en bid en pleit vir die siele agter die skorsies. Jesus se genade is genoeg om hulle almal te red.
Kyk nou weer na die woorde van die besondere lied:

RED WAT VERLORE GAAN,
   SOEK DIE WAT STERWE,
   RUK HUL ONTFERMEND
   UIT SONDE EN DOOD!
   WEEN OOR DIE DWALENDES,
   RIG OP WAT STRUIKEL,
   BRING HUL DIE LIEFDE
   VAN JESUS SO GROOT!

KOOR:
   RED WAT VERLORE GAAN,
   SOEK DIE WAT STERWE!
   JESUS IS LIEFDEVOL,
   JESUS KAN RED.

2. HOE HY GEMINAG WORD,
   IMMER NOG WAG HY,
   WAG OM BOETVAARDIGES
   LEWE TE GEE;
   PLEIT MET HUL VRIENDELIK,   
   PLEIT NOGMAALS DRINGEND:     
   ELKEEN WAT GLO,
   VIND VERGEWING EN VREE.

3. DIEP IN DIE HEIDENHART,
   PROOI VAN DIE BOSE,
   SKUIL DAAR 'N BEELD
   WAT GENA KAN HERSTEL
   ONDER GOD’S LIEFDEHAND
   TRIL DAAR WEER SNARE
   LEWE DIE SIEL
   OP DIE HEER SE BEVEL.

4. RED WAT VERLORE GAAN,
   JESUS VERWAG DIT,
   KRAG TOT DIE WERK
   SAL GODS GEES U VERLEEN;     
   LEI NA DIE NOUE WEG
   ALMAL GEDULDIG,
   JUIS OOR VERDWAALDES
   HET JESUS GEWEEN.

Maandag 07 Augustus 2017

Mens wen nie die silwer nie, jy het die goud verloor


Op 1 Junie 1965 vaar Robert Manry met sy seilboot Tinkerbelle – 4m in lengte – byna ongesiens uit die hawe van Falmouth, Massachusetts die diepsee in... om uiteindelik die goud te wen.
Sy bestemming was Falmouth, Engeland. Die boot was die kleinste vaartuig ooit, om hierdie reis te onderneem.
Robert Manry was joernalis by Cleveland Plain Dealer. Tien jaar agter 'n lessenaar, was vir hom net genoeg frustrasie vir 'n leeftyd. Manry het net vir sy vrou en 'n paar getroue vriende van sy besluit verwittig.
 

Robert Manry op sy Tinkerbelle. Hy het weens ‘n wonderwerk sy bestemming bereik.

Met sy vaart, moes hy die verraderlikheid van die see, tesame  met slapelose nagte verduur. Hy moes ook probeer het om uit die pad van groot skepe te bly. Sy kos het smaakloos geword. Eensaamheid het hallusinasies veroorsaak.
Die boot se roer het drie keer gebreek. 'n Storm het hom oorboord gegooi - as hy nie 'n tou om sy lyf vasgebind het nie, sou hy homself nooit terug op die boot kon trek nie. Hoë deinings en stormweer was deel van die tog.
Uiteindelik, na 78 dae alleen op die see, vaar hy die hawe van Falmouth, Engeland, binne. Tydens die nagte agter die boot se stuur, het hy hom ingedink hoe hy stil-stil die hawe gaan invaar, in 'n hotel tuisgaan, alleen aandete geniet en die volgende oggend by een van die plaaslike koerante gaan hoor of hulle dalk in sy storie belang sou stel.


Robert Manry
Maar, 'n groot verrassing het op hom gewag! Nuus oor hom is wyd en syd versprei. Tot sy verbasing ontmoet en begelei 300 vaartuie, met blasende mishorings, Tinkerbelle tot in die hawe. Aan wal verwelkom 47 000 mense hom skreeuend en juigend. Sy vrou wasd ook daar.
            “Omdat julle glo word julle deur die krag van God veilig bewaar... al is dit nodig dat julle vir 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings, sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word." 1 Pet 1:5,6,7.
Die Skrif praat sterk oor volharding. Dit maak nie saak hoe groot 'n mens se roeping, talent, saak of doelwit is nie, sonder volharding kan mens dit nie maak nie. So iemand voldoen aan die volgende vereistes:

·       Hy weier om te twyfel
·       Hy weier dat enigiets sy aandag aftrek
·       Hy is en bly gedetermineerd
·       Hy weier om enige kompromieë aan te gaan
·       Hy is en bly gedissiplineerd
·       Hy wil ten alle koste wen

           Onthou, mens wen nie die silwermedalje nie, die waarheid is dat jy die gouemedalje verloor het!
            “Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.” Hebr 12: 1-2
          Volhard beteken om aan te hou om op 'n doelwit af te stuur, al is die teëkanting ook hoe groot. Volharding bring oorwinning mee.
Paulus se beeld, van hierdie volharding in die geestelike lewe, is 'n atleet se inspanning om 'n prys te wen. "En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike." 1 Kor 9:25
Om te volhard in ons geestelike lewe, vereis om die hart geheel aan die HERE oor te gee, in Hom te vertrou en die Hemel, die Nuwe Jerusalem, ons doelwit te maak.
Baie elemente druis in teen hierdie lewenskoers. Die Heilige Gees werk hierdie krag en begeerte, om te volhard, in ons harte. Oorvloedig getuig die Skrif van die belangrikheid van volharding. "Maar wie volhard tot die einde toe, sal gered word." Mat 24:13, Mar 13:13
“.... verbly julle in die hoop… volhard in die gebed." Rom 12:12. "Let op jouself en op die leer; volhard daarin." 1 Tim 4:16
Elkeen wat volhard om 'n volgeling van die HERE Jesus te wees, kan uitsien na 'n feestelike verwelkoming in die Hemel! Ons groot praktiese hulp: gereelde Skriflesing, gereelde gebed en die uitreik na verlore siele sodat ook hulle die goue stad Jerusalem kan binnegaan.

Donderdag 03 Augustus 2017

Die toegewyde Onderwyser


'n Siek Sondagskoolonderwyser, mnr. Edward Kimball van Boston VSA, sou binne afsienbare tyd sterf. Hy het sy klaslede een vir een besoek en hulle na die HERE gelei. Dit was in 1858. Een van hulle was 'n seun, wat in 'n skoenwinkel gewerk het, Dwight L. Moody.
            Moody het Saterdae in ‘n skoenwinkel gewerk. Kimball het Moody een Saterdagoggend agter in die winkel besoek waar Moody besig was om skoene reg te pak en hom na die HERE gelei.
            D. L. Moody het een van die wêreld se beroemdste evangeliste geword. In 1878 hou hy in Londen dienste. 'n Predikant wat in sy klein gemeentetjie 'n moedelose stryd voer, gaan luister na D. L. Moody.
'n Nuwe vuur van toewyding ontbrand in hom. Dit was die begin van die vrugbare skrywerbediening van dr. F.B. Meyer.
            Op uitnodiging preek dr. F.B. Meyer op 'n Amerikaanse kampus. 'n Man met die naam van J. Wilbur Chapman, kom tot bekering. Chapman word een van die baanbrekers van die YMCA.
            Deur Chapman se belangstelling en aanmoediging, besluit Billy Sunday, 'n gewilde bofbalspeler, wat 'n tyd tevore by 'n opelugdiens tot bekering gekom het en 'n vurige getuie vir die Jesus Christus geword het, om evangelis te word. Hy was so 'n kragtige prediker en het met sy bofbal-"dialek" so tot die mánne se harte gespreek, stede se morele lewe het na sy veldtogte verander.
            Billy Sunday het in 'n stad Charlotte 'n veldtog gehou. Dit het 'n plaaslike groep sakemanne geïnspireer. Hulle het 'n opvolgveldtog gehou. Hulle het Mordecai Hamm as hulle veldtogprediker ingebring. Onder Hamm se prediking kom die jongman, Billy Graham, tot bekering.

Dr Billy Graham en sy dogter Anne, ook ‘n Evangelis. Dr Graham word in November 99 jaar
oud. Sy seun Franklin is ook ‘n Evangelis.

Tot 'n dekade of twee gelede was Billy Graham een van die invloedrykste evangeliste en godsdiensleiers in die wêreld. Sommige van ons het in 1972 Billy Graham se saamtrek op Ellis Park bygewoon, waar die pawiljoene gevul was met mense wat na die evangelie kom luister het.


Dr Billy Graham se diens op Ellispark, Johannesburg 1973. Altesame 3 000 mense het daardie dag Jesus aangeneem.

            Onder al hierdie groot manne se prediking en boeke het baie duisende mense die HERE gevind of beter leer volg. Dit het begin met 'n Sondagskoolonderwyser wat toegewyd en getrou genoeg was, om sy klaslede na die Here te lei.
"Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir Sy oes. Gaan nou!." Luk 10:2.
Ons kan nie soos die groot evangeliste na die duisende gaan om te preek nie. Ons verantwoordelikheid is die een’s of twee’s, wie se pad ons kruis en teenoor wie ons vir die HERE iets kan sê of doen. Of vir wie ons oor Jesus se redding iets te lees gee.
            "Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe." Joh 3:36
            Kom, ons moet almal siele inbring met die Blye Boodskap... al offer mens jou Saterdag daarvoor op.
Bid vir Herlewing in ons skole. Elke siel wat jy inbring, bring jou nader aan Jesus.
            “Wat dink julle? As iemand 100 skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die 99 laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?
“En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die 99 wat nie verdwaal het nie.” Matt 18:12-13. – Sjibbolet

Maandag 17 Julie 2017

Geloof en die Werke gaan hand aan hand


Demosthenes, die groot Atheense patriot – toe dit geblyk het dat sy landgenote te verward en verdeeld was om die Masedoniese aanslag teen te staan – het hy luidkeels uitgeroep: “In die naam van God, ek smeek julle: Dink!
            Vir ‘n geruime tyd daarna het die Athene, Demosthenes bespot. Dit was te begrype want Masedonië was nogal ver en daar was baie tyd.
            Hulle kon nie dink dat hulle oormore sou moes boedel oorgee nie.
            So is dit met ons Christene vandag. Ons is te traag om te dink. Ons kon lankal besef het ons gaan uitlewer word. Daar is 36 miljoen selfverklaarde Christene in Suid-Afrika.
Dink!
Hoekom is die Christendom in SA so verlam? Hoe kan daar 36 miljoen selfverklaarde Christen in die land wees en daar is nie ‘n Christenregering nie en Christen provinsiale regerings nie?
            ‘n Gelowige sonder beginsels, is ‘n beginsellose mens. ‘n Volk sonder beginsels, is ‘n onbeskaafde volk.
            As ‘n Christenvolk sy beginsels vergeet, oorboord begin gooi, dan verval hy in barbarisme, het die geskiedenis getoon.
            As ‘n volk gesonde beginsels verwerp, word hy ‘n dweepsieke volk.
            Die denkende Christen moes 30 jaar gelede sy gesonde beginsels op twee fronte verdedig het. Vandag het hy weer geleentheid om dit te doen:
            Die eerste is teen die verwaarlosing van alle beginsels wat ly tot sosiale en persoonlike agteruitgang.
            Die ander is die aanname van vals beginsels wat die wêreld in anargie dompel.
            Die gevaar op die oomblik is dat ‘n groot deel van ons volk vergeet het dat ons Christen- en politieke beginsels ooit bestaan.
            Die allerantwoord is ‘n magtige Herlewing... hou net an met bid en werk, die eerste druppels val reeds.
            Ons moet dus onsself verdedig deur vernuwing van ons bewuste ware geestelike, morele, politieke en ekonomiese beginsels. Ons moet dit ook onverwyld in elke sektor van ons volks-, gemeenskaps- en gesinslewe toepas.
Dit is die Christen se identiteit in Christus wat uitgeleef moet word. Maar as die Christen nie langer met sy eie identiteit bekend is nie, het ook hy net ‘n klinkende simbaal geword.
Die Gelowiges is gered om ‘n verskil te maak, maar gebeur dit? Is ons werklik anders? Ons behoort te wees! Die Lig het geen gemeenskap met die duisternis nie.  Die Lig moet die duisternis verdryf deur die Koninkryk van God uit te bou.
            Loof die HERE, ons mense in besig om hulself bymekaar te maak, hul ware identiteit in Christus gaan aanneem en dit uit te leef?
            Dit baat nie 36 miljoen Suid-Afrikaners bely hulle is Christene en daar is geen vrug nie... nie eers ‘n Christenregering nie.  “Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?” Jak 2:14
            Op ‘n ander terrein gaan dit veel beter daaraan toe.
            In Krugersdorp verlede week het twee mense wat mekaar glad nie geken het nie, byeen gekom, saam gebid en gesê hulle gaan die Evangelie, tesame met kos aan die armes verkondig. Die afgelope naweek was dit toe so... en met ongekende welslae.


            Die getal wat wou saamwerk het eenvoudig toeneem. Gelowiges wat van die plan verneem het, het van oral af kos gebring.. Ander het die kos voorberei. Een vroutjie vertel: Ek het ‘n vrag hoenders in my vrieskas en baie daarvan uitgehaal en gaargemaak. Toe ek later weer in die vrieskas kyk, toe was dit weer vol... sodat ek hardop gevra het: En wie het dit nou gedoen?
            Daar was 80 mense wat betrek is. Een was kreupel en is 100% genees. ‘n Vrou het haar besondere groot erf aangebied en almal het daar byeen gekom. Intussen het ‘n groot kerk ook hulle kompleks gratis vanaf Augustus aangebied.
            Iemand het vyf groot bosse rose kom aflewer en daar was ‘n roos vir elke vrou by die geleentheid. Nog iemand het genoeg sjokolade kom aflewer sodat almal kon kry. Mense kon kos ook huis toe neem. Vir die kinders was daar lekkergoedpakkies.
Daar was ‘n kort boodskap en getuienisse en mense is gered en genees. Dit was ‘n fees.
            ‘n Gemeente in Kaapstad stuur elke Sondag 50% van die gelowiges in die oggenddienste uit op die strate. Meer en meer gemeentes begin uitreik na die verworpene, die verstotelinge, die boemelaars, straatvroue en lei hulle die Koninkryk binne.
            In gemeentes vind restourasie tussen gemeentelede plaas. Dis oral soos die eerste druppels van die Herlewing in die lied Strome van Seën van Bowe.
            Ons kry berigte van oral oor die land. Die gebeur in die stede, op dorpe, in woonbuurte. As jy jaloers is op wat gebeur, begin dan presies dieselfde doen: Reik uit... vaar uit na die diep kant toe en gooi die nette aan die anderkant van die skuite uit.

https://www.youtube.com/watch?v=V9UoDI7IJgU

Vrydag 09 Junie 2017

Jubel Triomfantelik op pad na die Nuwe Jerusalem


Image result for Bybel

Die enigste plek in die Bybel waar presies dieselfde woorde – Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders – vier keer in dieselfde hoofstuk herhaal word, is Ps 107:8-15-21-31
            Let op na die redes hoekom ons dit moet dien.
           “8 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.”
            “15 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.
           “21 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
           “31 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders, en laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die Volk en Hom roem in die kring van die oudstes.
            “Toe sê Jesus: Daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Matt 4:120
            Dis ‘n opdrag van die HERE. Ons Moet... Nie net word dit vir die Gelowige aanbeveel nie, maar dis ook ‘n verwagting. Om nie die HERE te aanbid nie, is om ongehoorsaam te wees aan sy opdrag.
            Dan die Aanbidding self: Om die HERE lief te hê, te bewonder, te vereer, dank aan Hom te bring, met die HERE te kommunikeer, Hom toe te sing, Hom te loof, te juig en verheug te wees oor Sy wonderdade.
            Die HERE jou God. Ons aanbidding en lofprysinge is tot Sy voordeel en lof. Natuurlik baat ons ook daarby, maar dis meer vir Sy lof en glorie.
            Let weer op na die strofe: Eers aanbid en dan dien. Totdat ons geleer het om te aanbid, kan ons nie God met oorgawe en aanvaarding dien nie. Die HERE vra na:
“Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
            “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
            Mens kan nie die HERE in die vlees aanbid nie. Dis daai leë blik wat die wind straataf rol.
            Wanneer ons in die Gees aanbid en lofprysinge bring, dan doen ons dit met volle oorgawe. Let op: Ons kom bymekaar. Die HERE is ook daar want Hy sê waar twee of drie in sy naam vergader is, daar is Hy.
            Die belangrikste persoon in ons samekoms is die HERE self... en is dit? Was jy al in ‘n bidgroep waar die bidders die Heilige Gees in hulle midde verwelkom het?
            Volgens Johannes is daar aanbidders en ware aanbidders. Die ware aanbidder sê die HERE aanbid Hom in Gees en in Waarheid (opregtheid). Joh 4:23.
            Ons aanbid die HERE want Hy is: “Die HERE is groot en baie lofwaardig.” Ps 48:2
            Ons aanbid Hom oor Sy goedheid. “Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.: Ps 100:5
            Ons aanbid Hom omdat Hy dit waardig is. “ U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag.”
            Luister: “Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.” Ps 100:4
            Hou ‘n paar oomblikke stilte voordat met die sang begin word en bring eers aan God danksegging, danksegging uit jou hart en oor jou lippe. Lofprysinge word deur danksegging voorafgegaan. Dank die HERE vir Sy goedheid en guns, sy liefde, sy genade, dank hom vir sy ryke seëninge en vir sy liefde. Begin dan die HERE in lofliedere loof.
            Kyk, ons bring ‘n offer, ‘n lofoffer: “Laat ons dan gedurig deur Jesus aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” Hebr 13:15
            Onder die wet het mense diere geoffer. Onder die Nuwe Verbond van genade bring ons lofoffers. Was jy al in die diens waar daar nooit gepreek is nie… Die hele diens van ‘n paar uur was net oor aanbidding en lofliedere?
            Wil jy ook die wonder beleef om met God in ‘n geestelike Hemelse taal te kan praat... bring aan Hom lofliedere en ontvang die gawes.
Het jy al die wonder beleef wanneer ‘n paar honderd en selfs ‘n paar duisend Gelowiges elk in ‘n Hemelse taal lofliedere aan die HERE bring! Jy sal daarna nooit weer dieselfde mens wees nie, maar ‘n ware Pelgrimsreisiger op pad na die Nuwe Jerusalem.
            Om aan God lofliedere te bring is om dit te doen selfs al is alles rondom jou verkeerd. Paulus en Silas sit in die tronk bebloed en in pyn, sonder klere. Middernag begin hulle lofliedere sing en stap vry uit die gevangenis.
            En luister na Dawid: “My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.” Ps 57:8
            En weer: “Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer.” Ps 86:12
            Hoekom wil Dawid dit doen: “Want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.” Ps 86:13
            Dink net, die oomblik toe jy gered is, het jy die Ewige Lewe ontvang. Jy is nou in ‘n ander dimensie, jy het die Ewige Lewe! Dis mos al genoeg om jou dankbaarheid voor God uit te stort.
            “Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem – wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.” Ps 66:8-9
            Bring alle musiekinstrumente saam na die byeenkomste. “Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!
            “Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” Ps 150:3-6
            “Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang, met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!” Ps 98:4-6
            “En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.” Ps 35:28
            Die HERE het aan die mens die wysheid gegee om al die musiekinstrumente op die aarde te vervaardig om Hom mee te prys. Hoe wend jy jou musiekinstrument aan?
            Mens loof die HERE in woorde, maar ook met ‘n gejuig en gejubel: “Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!” Ps 47:2
            “Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid.” Ps 35:27
            “Laat U priesters beklee wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.” Ps 132:9
            En met sang: “Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!” Ps 47:6
            “Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.” Ps 81:3
            “En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.” Ps 40:4
            “Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
            “Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!
            “Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.” Ps 149;1-3
            Kyk wat doen lofprysinge nog: “Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand (hoekom?); om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke; om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie; om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!” 149: 6-9
“Juig tot eer van God, o ganse aarde! Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!” Ps 66 1-2
            “Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!” Ps 95:1-2
            Mense lag ook wanneer blydskap hulle oorval: “Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Ps 126:2
            Ander klap die hande: “Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!” Ps 47:2
            Op die sport paviljoene spring mense hande in die lug van opgewondenheid. Ons loof die HERE ook met ons hande in die lug.
            “Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.” Ps 63:5
            “En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe.” Neh 8:7
            “Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die HERE!” Ps 134:2
            “Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.” 1 Tim 2:8
            Dawid en ander en selfs vandag nog dans mense ook voor die HERE. “Loof Hom met tamboeryn en koordans.” Ps 150:4
            “En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.” Ex 15:20
            Die dans eindig wanneer die blydskap ophou: “Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.” Klaag 5:15
Jeremia (31:13) sê die koordans hervat wanneer die vreugde terugkeer: “Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.”
            Dawid sê: “U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.” Ps 30:12
            Siel en gees: “En Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker.” Luk 1:46-47
            “Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!” Ps 103:1
            En selfs die vlees loof die HERE: “My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.” Ps 145:21
            Ons bely gedurig Sy naam: “Laat ons dan gedurig deur Jesus aan God 'n lofoffer bring, dit is... die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” Hebr 13:15
            Ons bring hierdie lofprysinge met selfs ‘n groter oorgawe as toe ons vroeër dit by die sportvelde en op skool gedoen het. Uitbundig... dis dié Jesus wat ons een van die dae kom haal. Ons sien uit na Sy koms!
            Die HERE woon in ons lofliedere: “Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel.” Ps 22:4
            Blydskap beskut ons: “Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE –  dit is julle beskutting.” Neh 8:11
            Triomf word voorafgegaan deur lofprysinge: Lees in 2 Kron 20 oor die ontsettende oorlog massas wat teen Josafat aan die opbou was en hoe hy die vyand met ‘n jubelende koor aandurf en wen. Waar het mens ooit gehoor dat iemand ‘n veldslag wen met sangers en mense wat die HERE prys!
            Ons stryd is ook nie teen vlees en bloed nie maar pleks van bind en bestraf en vervloek en uitdryf, probeer lofprysinge.
            Wil jy die wonder beleef om met God in ‘n geestelike Hemelse taal te praat... begin die HERE loof uit hart, siel en liggaam, in oorgawe. – Sjibbolet

Saterdag 27 Mei 2017

Kom ons beweeg na oorwinningsgrond

Doen die noodsaaklike Paradigma Skuif

Ons moet ‘n paradigm sprong in ons geestelike lewens maak. Ons moet wegkom van die “geredde sondaar” sindroom en ophou om liedjies en liedere in daardie verband te sing, soos bv: Amazing Grace.
            Dis ‘n pragtige lied, maar ons kan dit aanhou sing nie want ons steek vas by die “geredde sondaar” sindroom.
            “Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie (hoekom nie?), want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,
omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?” 1 Kor 3:2
Sien ook Hebr 5:12-14
            Ons Christelike lewe bly ‘n stryd en ons kom nie tot oorwinning nie. Kyk wat sing ons: Daars ‘n stryd wat ek moet stry. Daars oorwinning te verkry. Gee my krag, elke dag, hou my trou.
            Daar is geen stryd om te stry nie. Ons het die oorwinning of ons het dit nie. Die krag wat ons na smeek het ons ‘n hele Bybel vol van.
            Ons moet die Glorie van God bekom sodat ons, ons Gelowige lewens in daardie Glorie kan beleef.
            In die Heerlikheid, die Glorie van God, sal ons die bonatuurlike beleef. Jesus bid: “Ek het hulle (vir my en jou) die heerlikheid (die Glorie) gegee wat U aan my gegee het (waarom?), sodat hulle een kan wees… net soos Ons een is.” Joh 17:22
            Wat ‘n verstommende, byna revolusionêre, verklaring! Die, HERE, God Jaweh van die Hemel, die grote en gedugte God, gee sy glorie aan sy seun Jesus Christus en Christus gee dit op Sy beurt –  daardie Goddelike Glorie van die Almagtige God –  aan my en jou.
            Ons is geskep om in God se Glorie te leef, sodat ons God in Glorie kan aanbid en ander in Glorie rondom ons kan bedien.
            “Ek in hulle (in my en jou) en U in my (hoekom?) sodat hulle volkome een kan wees (hoekom?) sodat die wêreld kan weet dat U my gestuur het, en… hulle liefgehad het soos wat U my lief het.” Joh 17:23
            Lees asseblief Jesus se gebed, die hele gebed, in Johannes 17. Lees hoe tree Jesus vir ons in. Moenie bid vir dit wat Jesus voor bid nie… sê net dankie.
            God het ons geskep om in Sy teenwoordigheid te wandel (hoekom?) sodat ons Sy hart kan verstaan en sy Goddelike wonderwerkende krag kan beleef (hoekom?) om ons lewens te transformeer.
            “Immers, Sy goddelike krag het ons (hoeveel?) alles, geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, (hoe?) deur die kennis van Hom wat ons geroep het (hoe?) deur Sy heerlikheid (Glorie) en deug,
            “waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het (hoekom?) sodat  julle  daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur (wanneer?) wanneer julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
            “En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.
            “Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.
            “Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.
            “Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige Koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.” 2 Pet 1:3-11
            Ons en ons lewens is dus baie nou verweef met die  van Jesus. Dit is so nou verweef dat ons een is, dat ons nooit geskei kan word nie. Ons as Gelowiges verkeer in die mees belangrikste plek in hierdie ganse wêreld. Ons lewens is so dig verweef met Jesus dat selfs die wind nie tussen ons kan deurkom nie. Job 41:7
            Ons is op die vooraand van die einde van alles. Die grootste geestelike Herlewing – die laat reëns – is naby. Strome van seën van bowe, dit het Sy Liefde belowe. Die eerste druppels val reeds in Suid-Afrika en elders.
            Die heerlike druppels gaan stroompies word, dan riviere en dan ‘n magtige oseaan.
            God sê: “Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
            “Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.
            “Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle (let op) sal My lof verkondig.” Jes 43:21
            Die Glorie van God, gaan die aarde oorspoel sodra ons besef dat ons en Jesus Een is en ons as Eenheid Sy lof en Glorie besing en verkondig. Hierdie werklikheidsbesef het nog nie tot die meeste van ons deurgedring nie.
            Skrywer meen dat ons so naby aan die einde is dat ons moet besef Jesus is reeds op pad om sy Bruid op te haal... ‘n Bruid sonder vlek of rimpel. Efes 5:27
            Soos wat mens in die Glorie van God inbeweeg verdwyn die aardse nietighede.
            Ons ontvang nie die Ewige Lewe wanneer ons hierdie aardse tentwoning verlaat nie, ons het reeds die Ewige Lewe. Hierdie is ‘n nuwe lewe vir ons as nuwe skepsels. 2 Kor 5:17.
            Hierdie nuwe lewe moet ons in die heerlikheid (Glorie) van God en Jesus beleef. Om in die Glorie van God te lewe is om van Sy teenwoordigheid bewus te wees, bewus te wees van Jesus Christus en die Heilige Engele se teenwoordigheid.... ‘n lewe van teerheid, broosheid, liefde en oorwinning!
            “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid (Glorie) van die Here aanskou, (let op wat gebeur nou) word ons van gedaante verander (waarna?) na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid (van Glorie tot Glorie!), as deur die Here wat die Gees is.
            “Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.” 2 Kor 3:18;4:1
            “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef (waar?) in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Gal 2:20
            Daar was ‘n afsnypunt van die oue na die nuwe: “Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.” Heb 8:12
            “Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons sy Gees gegee het.
            “En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.
            “Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom, en hy in God. En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
            “Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want (let op!) soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.” 1 Joh 4:13-17
            “Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
            “Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is (hoekom?), sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.” 1 Kor 2:11-12
            Glorie beteken onder meer blydskap. En as ons blydskap nie volkome is nie....“Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Joh 16:24
            “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke (baie meer werke) doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. (Wie van ons het al die werke gedoen wat Jesus gedoen het en boonop baie meer werke?)
            “En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen (hoekom?), sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.” Joh 14:12-14
            As ons die Glorie van God belewe, sal ons ook die bonatuurlike belewe... groter werke as wat Jesus gedoen het. 

Donderdag 20 April 2017

Die prys van ongehoorsaamheid.

Image result for die bybel

Ken jy vir Asa?

Van Asa moet jy eers gaan lees in 2 Kron hoofstukke 14 tot 16. Dis kort hoofstukke en dit lees maklik.
            Asa stap 35 jaar lank getrou en in grootse gehoorsaamheid die pad saam met God. Dis ‘n pad van enorme welslae.
Dan dop hy twee toetse na mekaar. Hy wend hom nie in gehoorsaamheid tot God nie, maar tot ander... en alles loop verkeerd.
            As Gelowige kan jy al die gawes hê, siele wen, suksesse een na die ander beleef... maar een ding, ongehoorsaamheid, sal jou beslis sink. Mens kom dit maklik agter tydens berading. Die persoon is in die moeilikheid juis oor ongehoorsaamheid.
            ‘n Gelowige kan nie sommer leef na eie keuses nie. Jesus sê: “Julle is my vriende as julle (let op) alles doen wat Ek julle beveel.” Joh 15:14        
            As mens werklik afsonder om die HERE se stem en opdragte te kan hoor en dit in volle gehoorsaamheid uitvoer, dan volg goedheid en guns ons.
            Die Bybel self is ook vol opdragte wat ons in gehoorsaamheid moet uitvoer, byvoorbeeld: “Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.” Kol 3:19
            En: “Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die HERE welbehaaglik. Kol 3:20
            En: “Vaders, moenie julle kinders terg (moenie met hulle aanhou fout vind) nie, sodat hulle nie moedeloos word nie. Kol 3:21.
Daar is talle meer. Maak self die lys.
            Sal jy dit alles in volle gehoorsaamheid kan onderhou? Natuurlik want jy onderwerp jou aan die Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
            As mens tydens berading vra, dan sê mense nee, hulle ken nie vir Asa nie, weet niks van hom af nie. As mens vir hulle sê: “Wanneer ek so na jou storie luister, dan is jy ‘n Asa,” dan wil hulle gou alles oor Asa gaan lees... om in weemoed te erken: “Ja, ek is ongehoorsaam.”
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:12-13