Vrydag 06 November 2020

Wanneer ons in die Gees begin sien.

Ek noem al geruime tyd dat ons in die gees gaan begin sien.

Die vrou van JHB wat ‘n verstandelik en liggaamlik gestremde kind het, bel gistermiddag laat. Dis al etlike jare dat haar dogter ‘n Engel in die tuin ontmoet. Niemand kon sien dis ‘n Engel nie,  maar die Engel het die kind elke middag geroep en dan vlieg sy uit die huis. Sy het altyd op ‘n hoogte gestaan, skynbaar vanweë die Engel se lengte. Daar was elke keer ‘n duidelike gesprek aan die gang tussen haar en die iemand. Die ma het sterk vermoed dis ‘n Engel.

Daar is land en sand gesels. Die dogter was opgewonde en bly. Sy het uitgesien na elke middag se ontmoetings.

Ander het uit die huis getrek en sy en haar dogter woon nou alleen daar. Dit was gou duidelik die ontmoetings vind van toe af in die huis plaas.  Wat gepraat word weet sy nie nie, maar die dogter lag en gesels vrolik en soms ernstig.

Die dogter speel feitlik heeldag geestelike musiek en stap in die huis rond, hande in die lug, die HERE en loof.

Die ma sê in haar sitkamer staan ‘n houtkas. Bo-op die  kas is ‘n foto van haar twee seuns. Die afgelope drie weke is die foto daagliks geskuif en dan sit sy dit maar weer op sy plek, menende dis haar dogter wat dit so rondskuif. Saterdagoggend gebeur dit weer. Sy gaan kyk, maar die kind slaap nog. Sy skuif dit weer reg.

Later die oggend is dit weer geskuif, maar die kind slaap nogsteeds in haar kamer. Die middag gebeur dit weer.

Sy bel my. Wat dink ek gaan aan? Ek sê: Dis nou al twee weke dat julle alleen in die huis woon en dat die Engel jou dogter in die huis ontmoet. Jy het dae gelede genoem jy wens so jy kan die Engel ook sien. Die rondskuif van die foto, is die Engel wat jou aandag soek.

Ek sê oor die foon: Stap sitkamer toe ek kyk waar die foto is. Sy sê: Ek het voor ek gebel die foto reggeskuif en nou staan dit weer aan die anderkant. Hier is iets oom, ek kry koue rillings, pure hoendervleis tot in my voete en die tref my vlaag op vlaag, maar ek is nie  bang nie. Hier is beslis iets oom.

Sy stap na ‘n ander vertrek en kyk vas in ‘n skildery wat onmiddellik met  haar gees bots. Sy weet sy moet dit vernietig. Sy stap daarheen, maar die hele mat in die kamer is deurweek van water. Sy verbrand die skildery. Die mat was nat, maar daar was geen reuke wat op ‘n nat mat sou dui nie. Daar is ook geen teken waar die water vandaan sou kom nie.

Later gaan sy weer na die sitkamer en staan so entjie weg van die kas met die foto op. Sy bid: “Ag Jesus, ek wil so graag die Engel sien.” En daar staan hy, lewensgroot, sy kop raak aan die plafon. Hy het ‘n kleed aan en breë leerband om sy middel soos ‘n Romeinse keiser. In sy hand had hy ‘n groot skild. Sy knieë was byna gelyk met die tafel se blad. Hy was vriendelik. Hulle het nie gepraat nie, sy was stomgeslaan toe sy die wonder aanskou.

En sy bel weer en sy babbel aaneen van opgewondenheid. Sy probeer vertel, val oor haar woorde. Dis duidelik, mens sit nie so iets maklik om in jou eie woorde nie. 

Vanoggend is ek 5:30vm wakker. Ek dink en ek bid. Sesuur hoor ek Shofars wat geblaas word. Sowat agt minute lank.  Dis ‘n Goddelike aankondiging, iets gaan gebeur. Is dit die Herlewing wat gaan uitbreek? Die Herlewing kom en jongmense gaan dit lei.

Saam met hierdie gebeure ontvang ek ‘n geskrif van Pastoor Andrew Towe: “Die Gees van die HERE het met pastoor Andrew Towe gepraat en 'n profetiese blik op 'n komende uitstorting geopenbaar: "Ek ontwortel godsdienstige stelsels en breek die mens se maniere om dinge te doen af. Hierdie nuwe skuif sal gekenmerk word deur My glorie en die stroom sal suiwer wees . "

In 'n ongelooflike visie van God ontvang Andrew 'n profetiese aankondiging dat daar 'n dag is wat vinnig nader kom waar God op die aarde sal beweeg met alledaagse mense wat toegerus is met die drievoudige salwing.

Die tyd is nou - daardie persoon is jy!

Verlossing. Genesing. Bevryding. Dit is die drievoudige salwing waarin jy gemagtig is om jou taak te verrig!

In sy boek leer mens hoe:

•  Om te vloei in die drievoudige Salwing van redding, genesing en verlossing.

•   Om krisis en onmoontlikheid met bonatuurlike geloofsoë te sien.

•   Om 'n afwagtende hart te hê wat gereed is en geposisioneer is om wonderwerke te ervaar.

•   Om te identifiseer wanneer die "Heilige Gees" in werking is.

•    Om demone te oorkom, terugveg en plaas die duiwel op die vlug uit jou lewe!

Ons moenie met afguns na die Boek Handelinge kyk nie. Ons moet nie wens vir wat hulle gehad het nie, terwyl ons eintlik dieselfde toegang tot dieselfde Heilige Gees het as wat Jesus en die apostels gedoen het nie. Die alarm klink en 'n leër word wakker gemaak met die bonatuurlike teenwoordigheid en krag wat hulle erfenis in Jesus is, sê Towe! – Wekroep