Sondag 26 April 2020

Jesus heel die gebroke harte


Elkeen was besig met sy eie dinge. In meeste gevalle teen die Bybel. Die gevolg was gebroke huisgesinne met veral vaderlose kinders. Dit het maklik gebeur dat ‘n skool se eerste innames almal uit gebroke huise kom.

            Nou dwing die virus almal terug in hul eie huise by hul eie gesinne. Hoe gouer almal vrede maak met mekaar en met God, hou gouer kan die genesing uitbreek.

            Feitlik alle gebedgroepe en selfs moeders en oumas in SA bid al lank vir ‘n Goddelike ingryping.

Baie het troos en motivering gevind in Jes 57:15  “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die Ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die Heilige plek en (waar nog?)by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?), om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.”

            Die HERE het ook belowe, Hy stuur die gees en die krag van Elia om die vaders en die kinders te versoen.    "Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die HERE kom, die groot, verskriklike dag. Elia sal vaders en kinders versoen...." Mal 4:5-6

            En dan in Mar 9:11  “En hulle vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elía eers moet kom?

            “Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers (hoekom?)om alles te herstel.”

            Die aanslag van die virus klink wreed, maar hoe anders sou mens almal in hulle huise kon vaskeer om dringend met ‘n ieder en ‘n elk in die gerig te tree?

•          63% selfmoorde kom uit vaderlose huishoudings

•          70% jeugdiges in plekke van veiligheid kom uit vaderlose huishoudings

•          40% van alle kinders word nie saam met hulle biologiese vaders groot nie

•          85% van kinders met gedragsprobleme kom uit vaderlose huishoudings

•          71% skoolverlaters kom uit vaderlose huishoudings.

Navorsing in SA toon dat 97% van enkelouers in SA, moeders is. Op ‘n sekere ouderdom loop tienerseuns weg na hulle Pa’s toe. Hulle antwoord wanneer hulle gevang word is botweg: “Ek soek my Pa,” aldus navorsing statistiek aangehaal deur “Rusplekkies op my Geloofspad” https://tommylessing.wordpress.com/2015/12/06/waarom-het-u-my-verlaat/

            Mens is dankbaar vir die gesindhede tussen ons vreemdes in die winkels. Mens sien nie ‘n glimlag agter die maskers nie, maar die oë straal ‘n nuwe omgee uit.

            Ons wag angstig op getuienisse van herstelde huwelike en gesinne. Ons bevind ons beslis in die Eindtyd en God sal nou nog te meer in aksie wees wat die groot gereedmaak vir Jesus se koms betref.       

            Weet dit maar, van nou af sal niks ooit weer dieselfde wees nie. Die groot skeiding tussen die kerk en die Ekklesia is reeds aan die gang.

            Let op na hierdie waarskuwing: “Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.” 1 Tim 5:8

            Die oomblik van Kies en finaal Kies, het aangebreek. “Maak jou klaar om jou God te ontmoet.” Amos 4:12. Kies en kies Jesus, salf jou voordeur se kosyn met olyfolie en hang ‘n bordjie daar wat lees: “Ek en my huis, ons sal  die HERE dien.” Jos 24:15.

            Herstel die huisaltaar en jy (as Hoë Priester van jou huis),en jou vrou en kinders sing saam, en lees die Heilige Skrifte en bid saam... alles tot eer van God. So ‘n gesin sal staande bly totdat Jesus op die wolke verskyn. – Wek roepMUsiek:

  https://sdahymnals.com/Hymnal/652-Love-at-Hom e



Liiek:\O THERE’S joy in every heart

When there’s love at home;

There’s a smile on every face

When there’s love at home!

Voices have a kindly sound,

Happiness beams all around,

Peace and gentleness abound

When there’s love at home.



Refrain:

Love at home! Love at home!

There’s an angel in the house

When there’s love at home.



O there’s sunshine on the hearth

When there’s love at home,

And there’s music in the air

When there’s love at home!

Faces at the door are sweet,

Laughter echoes in the street,

Paths are smooth for little feet

When there’s love at home.



When there’s Jesus in the midst,

There is love at home;

He will teach you what to do

When there’s love at home;

Help you in life’s busy mart;

Whisper softly in your heart

Of the bright and better part,

When there’s love at home.

Covid-19 in ‘n strafgerig van God


“Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.” Openb 21:8

            Irvin Baxter, Eindtyd kenner, sê daar vind tans 50 miljoen aborsies per jaar oor die wêreld heen plaas. Hy voeg by: Die Bybel verwag dat alle bruide maagde sal wees, maar in die VSA is net 5% van alle bruide maagde. In die VSA leef 7.5 miljoen paartjies ongetroud saam.

            Sedert aborsies in 1973 gewettig is, is 2.35 biljoen onskuldige babas in die VSA gedood.

            Binne die gemeentelikde opset gaan dit eens so erg.

            Paulus dring sterk by die Romeine op ‘n geestelike ingesteldheid aan waarin hulle hulself moet dood reken vir die sonde: “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse HERE. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.” Rom 6: 11-12

Hulle word vermaan om deur die Gees die werke van die liggaam dood te maak sodat hulle nie na die vlees sal wandel nie, maar na die Gees Rom 8:1, 13. Hierby voeg hy ook die feit dat hulle nie aan die wêreld gelykvormig moet word nie, maar verander moet word deur die vernuwing van hulle gemoed. Rom 12:1-2

Die Korinthiërs word erg verkwalik omdat hulle nie geesvervulde lewens lei nie: “En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie… omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?” 1 Kor 3:1-3

            Die Galásiërs word oor hulle dwase optrede verwyt omdat hulle teruggeval het nadat hulle ‘n goeie begin gemaak het: “Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?” Gal 3:3

        Die Efésiërs word daaraan herinner dat hulle die oue mens, m.a.w. die vlees, moet aflê en hulle met die nuwe mens beklee. Paulus sê vir hulle “dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding ten gronde gaan… en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.” Ef 4:22-24

        By die Kolossense word die beginsels van aflê en beklee ook ingeskerp. Hulle moet hulle lede wat op die aarde is, doodmaak, naamlik toorn, woede, vuil taal en leuens, en hulle volkome met die nuwe mens beklee. Kol 3:5-10

            Wat gebeur as die leer van heiligmaking nie verkondig word nie? Dan vind daar geen geestelike groei na volwassenheid in die gemeente plaas nie. Lidmate bly kinders in die geloof, wat soos die golwe van die see geslinger en heer en weer gedryf word deur elke wind van lering. Ef 4:14. Hulle sal nie vanself uit hierdie toestand kom, sonder ‘n oorgawe om die eie-ek, of oue mens, te kruisig en met die Gees van God vervul te word nie. Vir sulke lidmate moet jy maar aanhou om bekering te preek, omdat die meeste van hulle ná ‘n tyd nie eers meer geloofsekerheid het nie.

Paulus was om hierdie selfde rede baie ongelukkig met die Herbreërs: “Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens aan julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.” Heb 5:12

            Gemeentelede wat nie heilig leef nie, is vol van die wêreld, die sonde en die eie-ek. Hulle het nie geestesvermoëns om goed van kwaad te onderskei nie – ook nie op ‘n leerstellige terrein nie. Hulle is dus maklike slagoffers vir allerlei geestelike dwalinge, insluitende die charismatiese ervaringsteologie met sy toenemende aantal buite-Bybelse ervarings en manifestasies.

            Owerspel vier hoogty. Pornografie is erg, selfs in ons skole. Die lys van gruwels en sondes is lank en skokkend. Sou God nie met die mensdom in die gerig wou tree oor al die onheil nie...veral wanneer Sy kinders so ernstig voor Sy aangesig pleit om ingryping!

            Covid-19 is ‘n Goddelike ingryping, maar daar is steeds tyd gegun om jou van dwaalweë tot die HERE te bekeer. – Wekroep

·       Goeie nuus wat ons op die nipper bereik het:

Gemiddelde uitgawes van die middelklas is 15% laer;

Sterk afname in die herlaai van ATM masjiene omdat mense baie minder kontant trek;

Dr vertel in radio-onderhoud dat gesinstyd met kinders baie positief is;

Nog ‘n Dr sê omdat die mense feitlik geen gemorskos eet nie, het besoeke aan dokters ook sterk afgeneem;

Motoriste het dusver 46% minder aan brandstof spandeer;

Verkope van groente het met 45% gestyg.

'n Woordbeeld van die Huwelik


“Waar twee of drie in my Naam vergader (byeen is), daar is Ek in hul midde.” Matt 18:20

            Wat beteken dit? Is dit so eenvoudig soos wat dit geskryf staan? In die stadium wat dit genoem was, was daar nog nie eintlik ‘n NT nie en mense had nog op die OT vertrou... toe ‘n man bv. meer as een vrou had.

            Iemand soos teoloog, skrywer en digter, Alfred Bronswijk, skryf die volgende hieroor (vry vertaal uit die Nederlands):



Waar twee of drie in U naam

geloof deel,

hoop koester,

liefde skenk,

mekaar die hand gee,

mekaar die swak een dra,

mekaar lewenskrag gee,

dáár is U in hulle midde

as bron van lewe.

Met maar twee of drie durf U aan

een nuwe begin te maak,

een die ander die weg te wys,

die toekoms  te open

hulle deel brood,

ook lewende water,

so ook die wyn.

Só verander U ‘n eenling

in een volk wat saamloop.

Gee dat ek met die twee of drie

my op die weg durf te begeef,

my van harte wil deel maak,

ek as Geroepe weet

uit honger na reg en rede,

uit dors nar egte vrede,

om waarheid te doen en te spreek.

Wil so tasbaar aanwesig wees

as die bron van lewe.



In die huwelik is man en vrou ingebind. Hulle moet te alle tye besef hulle is in Jahweh se naam verenig, juis daarom is Jesus heeltyd in hulle midde.

            “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees...” Matt 18:18. Gelowiges word tog in die eg ingebind.

            Matt 18:19 is verdere beklemtoning van die Huwelik? “Weer sê Ek vir julle: “As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.”

            Huwelike is in die Hemel gebonde.

            Ja, die betrokke Skrif sal ook op ander plekke waarde hê, maar dit het sterk betrekking op die huwelik.

Die egskeidingsyfer is skokkend en hoe stop mens dit? Die Barna-groep in die VSA, se navorsing wys dat Paartjies wat saam bid, skei nie. Baie van ons mansmense kan nie eers ‘n tafelgebed doen nie. Die vroue moet bid. Die mans weet nie hulle is die hoë priester van die gesin en moet leiding gee nie. Hulle kan nie want hulle het geen opleiding nie.

Om vir ‘n vrou te sê dat jy vir haar lief is, is ‘n liefdesverklaring (getuienis, uitspraak, beëdigde verklaring, getuienis wat onder eed gelewer is.) Dis soos om ‘n belofte te maak. Dis bindend.

God se ideale situasie is dat die man die hoof van sy huis moet wees – nie om baas te speel nie, maar om verantwoordelikheid vir sy huis te neem... juis omdat God die man verantwoordelik hou vir sy gesin – maar meer nog, hy moet die priester van die huis wees, God se verteenwoordiger in die huisgesin. God hou die man verantwoordelik vir die geestelike welsyn van die vrou en die kinders.

            Mans verlaat hul ouerhuise om hul vroue aan te kleef en lief te hê. “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal (let op) een vlees wees.” Gen 2:24

            ‘n Man is die hoof van die vrou. “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.” 1 Kor 11:3. God hou elke man verantwoordelik oor hoe die man sy vrou hanteer.

            Mans moet hulle vroue liefhê. “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.” Efes 5:25. ‘n Man moet sy vrou dus so liefhê dat hy bereid moet wees om homself te offer vir haar.

            Liefde gee die deurslag. Liefde is en bly die grootste Gebod. Met ware getroue liefde vermag mens enigiets, verskuif jy berge.

            Mans moet hul vroue eer. “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is – sodat (let op) julle gebede nie verhinder mag word nie.” 1 Pet 3:7

            As ‘n man nie verstandig met sy vrou saamlewe nie en aan sy vrou as die swakkere een, eer bewys nie, word die man (let op) se gebede verhinder.

            Baie is altyd gou om strofes aan te haal dat die HERE ‘n mens se gebede beantwoord en dat mens kan vra net wat jy wil, maar hulle laat na om te besef dat die beloftes ook voorwaardes bevat.

            In 1 Pet 3:7 sê die HERE bv. (let op) Dat ‘n man se gebed verhoor sal word as hy verstandig met sy vrou saamlewe, as hy aan haar as die swakkere eer bewys.

            Mans moet beheer oor die huishouding neem. “'n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;

            “geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;

            “een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.” 1 Tim 3:2-4

            Let weer op: ‘n Man moet sy kinders in alle waardigheid... in onderdanigheid hou.” Nie met ‘n gevloek en ‘n geskel en dreigemente nie, maar in alle waardigheid.

            Waardigheid kweek liefde en eerbied. Enige ander manier is vernietigend.

            En strofes 12-13: “Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.

“Want diegene wat goed gedien het, verkry vir hulle 'n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.”

            Net so die vroue ook. “Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadsprekers nie, nugter, betroubaar in alles.” 1 Tim 3:11.

            Die vroue is ook die man se helper en die man mag dus sekere take aan die vroue delegeer. Onthou altyd, die man en die vrou is een vlees. Sodra hulle gemeenskap gehad het, is hulle een vlees. Matt 19:5-6

Ons is voorstanders daarvan dat pleks van geslagsvoorligting, daar gesinsvoorligting op skool moet wees, en op grond van die volgende:

“'n Opsiener (die hoof van die huis, die hoof van enigiets in die lewe) dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;

“geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;

“een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.

“Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?

“Hy moet nie 'n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.

“Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.” 1 Tim 3:1-7

            Mans tree in die huwelik sonder dat hulle die vaagste benul het waaroor dit gaan.

            Omdat die man die hoof van die huis is, is hy ook verantwoordelik vir alle besluite wat geneem word. Dit beteken nie dat vroue geen seggenskap het nie, maar dat hulle optree onder die sekuriteit van die man se gesag. Daar moet orde en dissipline wees, asook ‘n begroting.

            Dit is interessant om te sien dat mans hulle vroue moet liefhê. Dit is ‘n opofferende liefde. “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die (Koninklike) wet vervul.” Rom 13:8

            “Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Rom 13:9

            As jy jouself liefhet, respek het vir jouself, vir jouself omgee voor God en die mens, dan sal jy nie egbreek, doodslaan en dergelike dinge doen nie nie.

En weer ‘n keer: “Want die hele (Koninklike Wet - Jak 2:8) word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Gal 5:14

            (let op) Het jy jouself lief? Hoeveel het jy jouself lief, ‘n bietjie of met jou hele hart? Kyk na die waarskuwing: “Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.” Gal. 5:15

            Liefde is en bly die Groot Gebod. Wandel in die ware liefde en daar sal nooit probleme wees nie. Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8

            As ons nie onsself lief het nie, kan ons nie ons naaste liefhê nie, nie mekaar liefhê nie, dan doen ons nie goed nie. Naaste aan ons is sekerlik ons huismense.

Dat ‘n man sy vrou moet liefhê, is ‘n opdrag, ‘n Koninklike opdrag. Om daarin te kan slaag om so lief te wees, moet ‘n man sekerlik sy vrou wil liefhê.

            As alle mans hierdie opdrag ter harte wil neem, dan sal dit alle struikelende huwelike oornag salf en regruk.

            Onthou ook, die vrou is uit die man se ribbebeen gemaak, nie uit sy mond, of sy vuiste of sy voete nie, ook nie uit sy strydlustige gees nie. Uit sy ribbebeen beteken na aan sy, sy... koesterend, liefkosend, beskermend.

            “So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die HERE die gemeente.” Efes 5:28-29

            Let weer op: Wie sy vrou liefhet, het homself lief!

            ‘n Man sonder ‘n vrou is nie volledig nie. Wanneer hy in die huwelik tree word hy eers volkome man. Is hulle ‘n eenheid? Nee. Hulle kan nooit ‘n eenheid wees nie want elkeen het sy eie karakter en persoonlikheid. Eenheid beteken noodwendig eendersheid. So ‘n eendersheid huwelik sou ook maar eentonig gewees het.

            Maar hulle kan eendragtig wees, vir seker. Die eendragtigheid word ook gesien in die kinders wat hulle in die lewe bring.

            Die vrou moet haar onderwerp aan die gesag van die man. “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die HERE. (respekteer julle mans)

“Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

“Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.” Efes 5:22-24

Die egskeidingsyfer is Suid-Afrika is skrikwekkend hoog. Daar moet ‘n rede voor wees. Berading dui telkens op liefdeloosheid, soos wat sogenaamde Christene se liefde teenoor God ook verflou het.

Almal wat hieraan skuldig is, staan skuldig voor God! “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.” Heb 10:31

            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

            “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die HERE sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Heb 12:12-15 – Wekroep

Vrydag 17 April 2020

Vol van die Heilige Gees



Die jongste fokuspunt is: Hoe bly mens vol van die Heilige Gees... met genoeg of meer as genoeg olie in jou lamp?

Al 10 maagde kom uit die kerk uit want al tien is maagde. Maar dan, wanneer hulle hul lampe gereed maak (“trimming their lamps”), dan is daar fout. Die vlam in hul lampe is die Woord (U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad. Ps 119:105), terwyl die olie die Heilige Gees verteenwoordig.

        Let op: VOL van die Heilige Gees: Hand 6:3; Hand 7:55; Hand 11:24 en Luk 4:1. M.a.w. iemand kan dalk ook nie NIE vol van die HG wees nie.. dus minder as VOL. Sien ook Hand 6:5: “Stéfanus, 'n man vol van geloof en van die Heilige Gees.” Vyf maagde had nie genoeg olie nie.

Hoe is dit moontlik dat die ganse aardbol ingeperk is? Die HERE moet ‘n besondere rede daarvoor hê. Wees stil en weet dat hy God is.

Daar is geen permanensie op die aarde nie. Ons tyd op aarde is in elk geval bloot ‘n tyd van gereedmaak vir die Ewige Lewe.

Wat ons nou nodig het in hierdie afsondering, is “Eendragtigheid.” Dragtig is swanger. EENdragtig…almal dra saam aan die swangerskap. Rom 15:6; Hand 1:14; Hand 2:1; Hand 2:46; Hand 4:24; Hand 5:12; Hand 8:6; Rom 15:6

        M.a.w., as Gelowiges nie EENdragtig byeen is nie, gebeur daar niks of nie veel nie. Die teenoorgestelde van eendrag, is tweedrag. Eendrag is altyd mag, terwyl tweedrag juis op magteloosheid dui.

        Dis vanselfsprekend dat wanneer mens vol is van die Heilige Gee, dan staan jy ook in eendrag saam.

        Jy lewe ‘n mooi skoon lewe en boonop so naby aan die HERE as moontlik. Maar soms is ons onskuldig en soms skuldig, maar ons grootste vyand is en bly ons gedagtes.

        Gedagtes wat negatief is, wat twyfel, wat ons oor mense en dinge laat dink wat niks met ons te doen het nie. Verkeerde gedagtes kan mens soms vir ure besig hou.

Wanneer ons Wedergebore word, gebeur daar iets groots en besonders in ons lewens. Ons gees word onmiddellik getransformeer na ‘n nuwe Lewe... die Ewige Lewe.

        “Hoor die Woord van die HERE!  Want die HERE het ‘n regsaak  met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.” Hosea: 4:1.

        As iemand in Christus is, is hy ‘n Nuwe Skepsel;  die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.  2 Kor. 5:17.

        En daarby die opdrag:  Word VERNUWE in julle GEMOED (DENKE)! Rom. 12:2. Hierdie vernuwing is dringend noodsaaklik en is ons sleutel tot ‘n oorvloedige geseënde geesvervulde toekoms.

        Dit is van kardinale belang dat ons die Woord moet ken. Die Woord is ons swaard waarmee ons terugslaan wanner negatiewe gedagtes ons wil oorval. Toe die satan dit met Jesus na sy lang vas probeer het, was Jesus gereed om met die Woord terug te slaan.

        Hoe wandel mens in die Gees? Deur die Woord te ken. Negatiewe gedagtes kan jou uitroei. Dit bring niks voor nie behalwe verderf. jy wen niks daarby nie.

        “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

        “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4L23-24

        Om in die Gees te wandel is ‘n lewensstyl. Jy vertrou selfs vir ‘n parkeerplek in die stad. Dis hoe mens moet lewe. Jy is Wedergebore, jy het reeds die Ewige Lewe beërwe.  Jou burgerskap is in die Hemel. Fil 3:20. Jy maak ook nie vir jouself skatte bymekaar op die aarde nie, maar in die Hemel. Matt 6:19-21

        Ons lewens moet totaal oorgegee wees aan Gees en Waarheid. Verkeerde gedagtes rysmier ons geestelike lewens en lei tot ‘n verlies aan olie.

        Jy triomfeer egter wanneer jy die negatiewe met die positiewe Woord vervang. Mense sê so maklik: “Ek is bevrees”, of “Ek is bang...” Jy is nie veronderstel om ooit te vrees of bang te wees nie. 2 Tim 1:7

          Dat ons gedagtes die slagveld is en dan ons dit moet vernuwe, is ‘n Bybelse opdrag. Maar hoe, word ‘n mens vernuwe in jou gemoed, in jou denke? Dis iets wat ons moet doen...word vernuwe...

          Wedergeboorte en bekering vind saam plaas, en daarna voortgesette bekering. So word jy vernuwe – deur jou te reinig en op te bou deur middel van die Woord, Die Bybel – wat ‘n lamp is vir jou voet! Mediteer op die Woord, maak dit deel van jou hele menswees.

          En so doen mens dit. Bely onder meer gereeld die volgende strofes (voeg jou naam in by die vraagtekens):

          Een ding weet ek  (??) vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus!  Fil. 3:14.

          Ek (??) is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.  Fil. 4:13.

          Immers, Sy Goddelike krag het my (??)  alles geskenk wat tot die lewe en Godsvrug dien, deur die kennis  van Hom wat my geroep het deur Sy heerlikheid en deug, waardeur Hy my die grootste en kosbaarste beloftes geskenk het, sodat ek daardeur ‘n deelgenoot  kan word van die Goddelike natuur, nadat ek die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.  2Pet. 1:3-4.

          Vir my (??) is die Koninkryk van God geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.  Rom. 14:17.

          Ek (??) bid tot die Vader in Jesus se naam en ek ontvang sodat my blydskap volkome kan wees.  Joh. 16:23-24.

          Ek (??) weier om te twyfel, want dan kan ek nie eers iets van die Here ontvang as ek twyfel nie.  Jak. 1:7.

          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid aan my (??) die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop (hoop soos in “future fact” en nie “I wish” nie) deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ek ‘n onverganklike en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die Hemele bewaar is vir my, wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.  Pet. 1:3-5.

           As ek (??) my sondes bely, is Hy getrou en regverdig om my die sondes te vergewe en my van alle ongeregtigheid te reinig. Joh. 1:9.

          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat vir my (??) troos in al my verdrukking, sodat ek diegene wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ekself deur God getroos word. 2 Kor. 3-4.

          Ek (??) het my vyande lief; ek seën diegene wat my vervloek, ek doen goed aan diegene wat my haat, en ek bid vir diegene wat my beledig en vervolg.  Matt. 5:44.

          In al hierdie dinge is ek (??) meer as ‘n oorwinnaar deur Hom wat my liefgehad het.  Want ek is versekerd dat geen dood of  lewe of Engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel my sal kan skei van die liefde van God wat daar in Jesus Christus, my Here is nie.  Rom. 8:37-39.

          In Hom lewe ek (??) , beweeg ek, is ek.  Hand. 17:28.

          As ek (??) vir hierdie berg (probleme) sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in my hart twyfel nie, maar glo dat wat ek sê sal gebeur – sal ek verkry net wat ek sê.  Mark. 11:23.

          As ek (??) op die Here wag, kry ek nuwe krag;  ek vaar op met vleuels soos die arende;  ek hardloop en word nie moeg nie, ek wandel en word nie mat nie.  Jes. 40:31.

          Ek (??) werp my sorg op die Here, en Hy sal my onderhou;  Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.  Ps. 55:23.

          Ek (??) het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en uit al my vrees gered.  Ps. 34:5.

          Wanneer ek (??) bid, vergeef ek as ek iets teen iemand het.  Mark. 11:25.

          “Vrede laat Ek vir jou (??) na, My vrede gee Ek aan jou.  Laat jou hart nie ontsteld word en bang wees nie.” Joh. 14:27.

          Die dinge wat by die mens onmoontlik is, is by God moontlik.  Luk. 18:27.

          Gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.  Ps. 51:12.

          Ek (??) gaan na Hom toe wanneer ek vermoeid en belas is, en Hy sal vir my rus gee.  Matt. 11:28.

          Ek (??) vertrou op die Here met my hele hart en steun nie op my eie insig nie.

          Hy het gekom dat ek (??) lewe en oorvloed kan hê.  Spr. 3:5;  Joh. 10:10.

          Ek (??) bely my misdade teenoor ander en bid vir ander, sodat ek gesond kan word.  Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.  Jak. 5:16. (Dit verwys na misdade wat jy aan ander mense gepleeg het, dan bely jy dit by hulle en sê jy is jammer dat jy dit aan hulle gedoen het).

          As God vir my (??) is, wie kan teen my wees.  Rom. 8:31.

          Die Koninkryk van God is binne-in my (??) Luk. 17:21.

          God het my (??) nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.  2 Tim. 1:7.

          God sal my (??) lei deur Sy raad en my daarna in heerlikheid opneem.  Ps. 73:24.

        Om vernuwe te word in ‘n mens se gemoed, jou denke, gedagtes, beteken om kragtig te word in die HERE en in die krag van Sy sterkte. Efes 6:10-20 Verkeerde gedagtes kan vir ons ‘n ontsettende struikelblok wees.

          God is vir my (??) ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.  Ps. 46:2.

          Ek (??) gee ag op die Woord en sal die goeie vind, en omdat ek op die Here vertrou, is ek gelukkig.  Spr. 16:20.

          En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ek (??) bid of dink, volgens die krag wat in my werk.  Efes. 3:20.

          Ek (??) bid en vir my sal gegee word, ek soek en ek sal vind, ek klop en vir my sal oopgemaak word.  Matt. 7:7.

          Wees maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my (??) se verwagting.  Ps. 62:6.

          Ek (??) is sterk en vol moed, nie bevrees of verskrik nie, want die Here my God is met my, oral waar ek heengaan.  Jos. 1:9.

          En ten slotte:  Ek (??) dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.  Kyk, God gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit, sal ek dit nie merk nie?  Kyk, God maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.  Jes. 43: 19-19. – Wekroep

Donderdag 16 April 2020

Om Middernag was daar ‘n geroep!


Baie van ons mense sug: Ai, as ons net kan terugkeer na die tyd voor die pes toegeslaan het. Ander vra: Wanneer sal alles weer normaal wees?

            Feit is, ons durf nie terugkeer na die tyd voor die pes toegeslaan het nie. Daardie tyd was nie normaal nie. Dis fataal om weer daar uit te kom.

            Daardie was ‘n tyd van swakheid, ‘n tyd van kerkloosheid, mense met ‘n gedaante van Godsaligheid... ‘n Tyd van geestelike owerspel.

‘n Nuwe seisoen breek nou aan. Herlewing begin. Daar was Woordgemeentes en Geesgemeentes. Die Herlewing bring ‘n pragtige ewewig tussen Woord en Gees.

Ons gaan God in aksie sien soos 50 en meer jare gelede, net veel groter as dit. Die werklikheid word deel van ons almal: Ons is op pad na die Nuwe Jerusalem.

Vir nou egter moet ons stil wees sodat ons God se stem kan hoor. Dis nie nou tyd vir veroordelende boodskappe nie. Die wêreld is afgesluit. Die kerke ook. Sluit sommer sosiale media ook af. Dit kan maklik nou die tyd van die gesprek tussen die 10 maagde wees. Dink.

“En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

“Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.

“En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.

“Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.

“En onderwyl hulle gaan om te koop, het die Bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met Hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.” Matt 25:5-10

Daar is vele tekens die wêreld oor dat ons in die Eindtyd is.

Is die Korona (daardie ligstraal om die maan op ‘n donker nag) die geroep? Dan is Jesus nog nie hier nie. Eers is daar die gesprek tussen die vyf wyse en die vyf dwase maagde.

Al 10 kom uit die kerk uit want al tien is maagde. Maar dan, wanneer hulle hul lampe gereed maak (“trimming their lamps”), dan is daar fout. Die vlam in hul lampe is die Woord (U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad. Ps 119:105), terwyl die olie die Heilige Gees verteenwoordig.

Let op: VOL van die Heilige Gees Hand 6:3; Hand 7:55; Hand 11:24 en Luk 4:1.

M.a.w. iemand kan dalk ook nie NIE vol van die HG wees nie.. dus minder as VOL

Sien ook Hand 6:5: “Stéfanus, 'n man vol van geloof en van die Heilige Gees.” Vyf maagde had nie genoeg olie nie.

Hoe is dit moontlik dat die ganse aardbol ingeperk is? Die HERE moet ‘n besondere ede daarvoor hê. Wees stil en weet dat hy God is.

Daar is geen permanensie op die aarde nie. Ons tyd op aarde is in elk geval bloot ‘n tyf van gereedmaak vir die Ewige Lewe.

Wat ons nou nodig het in hierdie afsondering, is “Eendragtigheid.” Dragtig is swanger. EENdragtig…almal dra saam aan die swangerskap. Rom 15:6; Hand 1:14; Hand 2:1; Hand 2:46; Hand 4:24; Hand 5:12; Hand 8:6; Rom 15:6

M.a.w., as Gelowige nie EENdragtig byeen is nie, gebeur daar niks of nie veel nie. Die teenoorgestelde van eendrag, is tweedrag. Eendrag is altyd mag, terwyl tweedrag juis op magteloosheid dui.

Raak stil. Berei julle self voor in afwagting op Jesus se Koms op die wolke. Die dag en die uur weet ons nie, maar Hy kom beslis om sy Bruid te kom haal. – Wekroep

https://www.youtube.com/watch?v=ui8FVlY-j1o

Die graf is leeg maar die kerke ook...


Die graf is leeg, maar die kerke is ook leeg. Die feit dat ‘n pes die hele aarde lamlê, is volgens Jesus een van die Eindtyd tekens kort voor Sy terugkeer.

            Die feit dat die graf oor die Paastyd leeg is, begryp ons, maar waarom is die kerke ook leeg. Skielik is almal uit hul kerklike gemaksone ontruk. Waarom?

            Want ons, Ek en jy, hoort nie daar nie, ons hoort in die oesveld. Ons moet die Getal vir die Messias se Koms volmaak.

            Dat ons soms onderlinge byeenkomste het, is goed en reg, maar die Messias is op pad en ons moet onsself gereed kry en met mag en mening in liefde uitreik na diegene wat nie gereed is nie.

            As die eerste Christene net vasgenael gebly het in hul kerke in Jerusalem en Israel, sou die Evangelie ons ander nooit bereik het nie.

            Let op “En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?

            “Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?

            “Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.

            “So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: (let op) Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.” Luk 17:7-10

            Al kom jy moeg van die werk af, sê Jesus dat jy eers vir Hom moet bedien voordat jy jouself kan bedien. Ons is opdrag gegee om die Evangelie aan almal te bring. “Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.” 1 Kor 3:9

            “Wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.” Luk 17:10

            Dit is absoluut noodsaaklik dat ‘n ieder en ‘n elk die volgende lees: Matt 25:31tot 25:46.

            Onder meer staan daar dat Jesus ons voor die Regterstoel sal toespreek en sal sê: “Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.

“Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: HERE, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?

“En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?

“En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?

“En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” Matt 25:45-50

Die predikante is die herders, die leraars wat die skape, vir my en jou, moet leer en voed sodat ons juis die uitreikingswerk kan doen. Herders kry nie lammers nie, skape kry lammers.

“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete (hoekom?), sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die HERE sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Hebr 12:15. – Wekroep

Donderdag 09 April 2020

Waarom talm God so lank?


Waarom talm God so? Waarom vat God sy eie tyd? Waarom werk God nie haastiger? In ‘n wêreld gekenmerk deur lyding word die vraag gereeld gevra deur gelowiges en ongelowiges.

Deel van die antwoord is dalk om te kyk na die onderskeiding van die gebruik van die volgende twee Griekse woorde “chronos” en “kairos”. “Chronos is soos horlosietyd, 24 ure in ‘n dag, 60 minute in ‘n uur en 60 sekondes in ‘n minuut. Ons gebruik “chronos” tyd om ons dag te beplan of om afsprake te bevestig. “Kairos” tyd beteken die volmaakte oomblik op die regte tyd en regte plek. Dit is die volmaakte regte oomblik soos wat ‘n foto op presies die regte oomblik geneem word.

            Die foto was ‘n tyd gelede sensasionele nuus, toe die verskynsel vir die eerste keer op film vasgelê is. Vir die eerste keer sedert vliegtuie deur die klankgrens gebreek het, kon ons hierdie foto sien wat in ‘n spesifieke oomblik verewig is.

            Dit is ‘n F-18 Hornet van die Amerikaanse vliegdekskip USS Constellation wat êrens oor die Atlantiese oseaan vir klank begin wegvlieg het teen 1123km/h by standaard -atmosferiese toestande. So ‘n deurbraak veroorsaak ‘n blitsvinnige kondensasie van waterdamp, wat in die reël tog nog onsigbaar bly. In die “kairos” geval was die weerstoestande op die oomblik ideaal om die skouspel vir die eerste keer in die geskiedenis vas te vang. Selfs die fotograaf was op die regte oomblik en tydstip op die regte plek.

            “Kairos” tyd is die spesifieke oomblik wat alles tegelyk gebeur. Wanneer verskillende gebeurtenisse en omstandighede vir daardie oomblik bymekaar uitkom. Dit kan natuurlik ‘n goeie of ‘n slegte uitkoms wees. Ons as gelowiges glo dat God die goeie en die slegte goed wat met ons gebeur alles vir ons ten goede laat meewerk.

            ‘n Mooi voorbeeld van ‘n Kairos oomblik in een van ons lidmate se lewe is in die lewe van Zelda Meyer toe sy jare gelede in die poskantoor op Fort Beaufort gewerk het. Rowers het die poskantoor aangeval en hulle gyselaar gehou. Hy het van haar sleutels geeis. Met voorbedagte rade om haar summier dood te skiet het die rower die vuurwapen oorgehaal om die doodskoot te gee.

Die patroon het in die “kairos” oomblik uitgeval en al wat sy gehoor het is die “kliek” van die vuurwapen teen haar kop. Was dit toevallig. Nee, ons as Christene glo dit is Godsvallig. God wou op daardie oomblik haar lewe red, want hy het nog werk vir haar. God het in die “kairos” oomblik bevestig dat Hy ingegryp het. Die meeste wonderwerke is “kairos”

momente.

            Aristoteles, ‘n antieke Griekse filosoof sê dat “kairos” die tyd en spasie is waarbinne bewyse van ingrype (in retoriek) plaasvind. Ons as Christene sou Aristoteles kon verfyn, deur te sê “kairos” oomblikke is tye en spasies waar God Homself aan die mens bewys, as die teenwoordige God. Ons almal het sulke Godsmomente waar God helder en duidelik Homself openbaar.

            Die wonderverhaal van die opwekking van Lasarus uit die dood is so ‘n “kairos” moment. Lasarus is van Betanië en die broer van Maria en Martha. Maria was die vrou wat Jesus se voete met reukolie gesalf het en met haar hare afgedroog het. Jesus was lief gewees vir Lasarus.

            Daar was ‘n besondere band gewees tussen Jesus en Lasarus. Toe Lasarus siek geword het, het die susters ‘n boodskap gestuur na Jesus, bedoelende dat Jesus vir Lasarus moet kom gesond maak. Dan lees ons hoedat Jesus talm om na Lasarus te gaan.

            Jesus het letterlik twee dae getalm voordat hy plan gemaak het om na sy vriend Lasarus toe te gaan. Letterlik het Jesus geen spesiale of haastige planne gemaak om so gou as moontlik by Lasarus uit te kom nie. Dit lyk as’t ware of Jesus nie omgee of die erns van die situasie besef nie.

            Sy optrede ontstel vir Maria en Martha, asook die Jode wat hulle ondersteun het. Toe Jesus wel twee dae later daar opdaag, kan ‘n mens die verwyt in Maria, se stem hoor: “As U hier was, sou my broer nie sterf het nie.” Martha kom nie eers uit nie, waarskynlik is sy kwaad vir Jesus. Die afstand tussen Jerusalem is skaars 3 km. Dit is minder as twee uur se stap en Jesus het niks gedoen nie. Lasarus is toe alreeds 4 dae dood gewees. Waar was God? Waar was Jesus toe ons om nodig gehad het?

            Dit is ook die vrae wat ons dikwels vra, as God talm ons gebede te verhoor? Waarom vat Jesus so lank? Hoekom doen die Here nie iets nie? Ons verwyte kan dikwels krake van twyfel saai in ons geloofslewe. Die Here was nie daar gewees toe ek Hom nodig gehad het nie.

            Ons lees in ons teksgedeelte hoedat Jesus aan die huil gegaan het. Sy huil is in die Griekse teks, baie meer aggressief gestel as in die Afrikaanse teks. Hy het letterlik “gesnork” soos ‘n perd wat ontsteld was. God huil oor Lasarus en Hy is vir die “dood” kwaad wat sy vriend weggeneem het.

            Hulle neem Jesus al huilende na Lasarus se graf. Hy beveel dat die klip weggerol word.

Toe bid Jesus tot Sy Vader wat in die hemel is dat ‘n wonderverhaal hier moet afspeel terwille van die mense, sodat hulle mag glo dat die Vader vir Jesus gestuur het.

            Jesus roep toe met ‘n harde stem: “Lasarus, kom uit!” Dan staan daar het die oorledene uitgekom, nog met die grafdoeke aan sy lyf en gesig. Jesus beveel hulle om die grafdoeke te verwyder.

            Die vraag is nou. Waarom stel Jesus uit om te help. Waarom talm hy twee dae voor hy ‘n 3 km reis aanpak om ‘n vriend te help.

            Ons moet die volgende Joodse gebruike goed verstaan. Iemand is in die Joodse gebruik eers op dag 3 of 4 as dood verklaar, omdat die dood en ‘n koma so naby aan mekaar is. In daardie tyd was die mediese wetenskap ook nog onderontwikkel en was dit algemene gebruik om eers op dag 3 iemand as dood te verklaar.

            Gewoonlik teen daardie tyd het die reuk van die dood gewoonlik ook begin ruik. Sou daar in daardie tyd doodsertifikate uitgereik word sou dit eers op dag 3 of 4 gewees het. Dit verklaar Martha se woorde: “Here hy ruik al, want dit is al die vierde dag.” Jesus het met ander woorde getalm om na Lasarus te kom, sodat hy wou hê Lasarus moet amptelik dood verklaar word. Jesus wou Lasarus uit die dood opwek en nie maar net gesond gemaak het nie.

            Hy wou aantoon dat Hy die Prins van die Lewe is. Dat Hy inderdaad die Seun van die lewende God is. Daarvoor het Jesus “kairos” tyd nodig gehad en nie “chronos” tyd nie. Jesus verskyn nie in die “chronos” tyd nie, maar in die “kairos” tyd.

            Die troos van die gedeelte is om aan ons te toon, dat ons Jesus, dikwels sal vind werk op ‘n spesifieke oomblik, spesifieke plek en spesifieke omstandigheid. Wanneer al die faktore volmaak is, sal Jesus ingryp. Daarom beteken die woord “kairos” (moderne en klassieke Grieks) ook “weersomstandighede”.

            ‘n Spesifieke weersomstandigheid sal eers plaasvind wanneer al die faktore daarvoor gunstig is. Nie verniet word die wederkoms van die Here verbind met weerverskynsels nie. Die Here sal op die “kairos” moment, die volmaakte tydstip sal Hy kom en die nuwe hemel en aarde vestig. Ons werk in die “chronos”. God werk in die “kairos”. Daarom verstaan ons God aldag nie so reg nie. AMEN – Ds Paul Odendaal van Adelaide.

Skaakmat...



Jare gelede, in die beroemde Louvre Museum in Parys was daar ‘n skildery met die titel "Skaakmat". Dit het die satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaak -opponent uittroon, omdat hy sy opponent se siel gewen het omdat hy die spel gewen het.

Die opponent word uitgebeeld as 'n jong man, sy kop gebuig in vernedering –  hy's verslaan en verslae. Sy gesig is vertrek van pyn – en die satan grynslag oorwinnend. Daar's 'n paar stukkies oor op die skaakbord en die woord "Skaakmat" dui aan die spel is verby want die koning is vasgekeer en kan nie meer gered word nie.

            Die skildery is geskilder deur Friedrich Moritz August Retzch. Dit is vandag in privaat handee nadat dit in 1999 deur Christie’s op ‘n veiling verkoop is.

            ‘n Skaakkampioen stap eendag deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel. Doodstil staan hy ‘n ruk en bekyk die prent, toe hy skielik uitroep: "Dit is 'n leuen, dit is 'n leuen!" Ander mense in die galery het kom kyk wat aangaan. “Wat is die leuen?” vra hulle.

            Die Kurator van die museum daag op. "Meneer, is hier 'n probleem, kan ek help?"

            Die man kyk die kurator in die oë en sê: "Ek is die Franse skaakkampioen, ek sê vir jou dit is 'n leuen!" Die kurator was nog steeds verward - wat is 'n leuen? Die man wys na die skaakbord en sê: "Die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nie. Dit is 'n leuen, dit is nie skaakmat nie, die koning het nog 'n skuif!"

·        ‘n Klein seuntjie met 2 vissies en 5 broodjies en duisende mense wat gevoed moet word. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die Koning het nog 'n skuif, en hulle tel 12 mandjies kos na die tyd op.

·       'n Man met die naam Daniël word gegooi in 'n kuil vol honger leeus. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor!

·       Jesus kom by die graf van Lasarus. Hy's al vier dae dood. Die graf ruik al. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die Koning het nog 'n skuif oor!

·       Die vrou by die put, moet deur mans met klippe dood gegooi word. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die Koning het nog 'n skuif oor. "Gaan en moenie langer sondig nie!"

·       Die moordenaars saam met Jesus aan die kruis. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor. “Vandag sal jy saam met my in die paradys wees”.

·       Op die Paasfees word die Lam geslag. Die mense skreeu veroordelend - "Kruisig Hom, kruisig Hom”. Hulle spot Hom en slaan Hom. Hulle spoeg hom en kap Hom met spykers vas aan 'n kruis. Jesus skreeu met 'n hortende asemteug en gebarste lippe dit uit:  “Eloi, Eloi lama sabagtani - my God, my God waarom het U my verlaat". Eenkant staan mense en sê: “Ja, ander kon Hy red, maar Homself kan Hy nie red nie”. Dit is verby, skaakmat, gaan maar huis toe...  satan leun smalend oor die skouer van die mens, alles is verby, maar dan kom Opstanding Sondag en ek en jy weet. Dit het gelyk soos skaakmat, maar dit was 'n leuen, want die Koning had nog 'n skuif oor!

·       Ons land is in 'n gemors. Moorde vind oral plaas. Vroue en kinders word wreed vermoor en verkrag.  Mense verloor hul werk, huise, huwelike, lewens, selfrespek, morele waardes, harte en verstand... Jou lewe is 'n gemors. Jy soek, jy klop, jy roep... Jy huil, jy raak kwaad... Jy voel leeg. Jy voel verlore. Jy soek jou voetspore, maar vind verdwaalde paaie. satan staan en lag. Dis verby. Sluk daai pil, trek die sneller, gee daai tree oor die rand... Vrees is aan die orde van die dag. Vrees bepaal jou kom en jou gaan. Vrees vir jou plaas, vir jou vee. Vrees vir jou lewe, vrees vir jou medemens, vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou omstandighede, vrees vir môre, vrees vir die herinnering van gister, vrees vir die omstandighede van vandag.

·       Christene bel en vertel hoe hulle vrees vir die Koronavirus... VREES... Maar luister, die spel is nie oor nie!

·       Op alle terreine lyk dit soos ‘n skaakmat situasie... Maar die Koning, ons Koning, het nog 'n skuif oor!

Sien met rykhalse daarna uit. – Wekroep




Vrydag 03 April 2020

Liefdes Pasga aan 800 000 ingeperkte Jode


Wanneer jou boot deur reuse golwe rondgeslinger word, maak seker jy verloor nie die anker nie. Dis hoe die Jode redeneer te midde van die Koronavirus se aanslae en die Jode het besluit: Hulle staan op en sal ten alles koste die Pasga vier.

            Dis byna soos om opnuut deur die Rooi See te gaan. Dis baie hartseer... Israel se 800 000 seniors is onder kwarantyn vir hul eie veiligheid. Geen besoekers nie. Geen sosiale lewe nie. En absoluut geen kontak met kleinkinders nie.



‘n Seder-tafel

Dit sal die eensaamste Pasga ooit wees.

Net een of twee ou mense, alleen vir die Seder. Die Seder is ‘n spesiale maaltyd wat die aand voor die Pasga geniet word.

Om die Pasga te vier is vir die Jode absoluut noodsaaklik, maar dit is vanjaar 'n nasionale tragedie. Daar kan nie vanjaar enige openbare Seders wees nie. En senior burgers, wat die kwesbaarste is vir die Korona, is die hoof slagoffers.

            Colel Chabad is ‘n vrywillige Joodse leër wat vanjaar pakkies met kos en drinkgoed aan 800 000 ingeperkte seniors in Israel gaan voorsien sodat hulle almal die Pasga sal kan vier, alhoewel agter geslote deure. Die pakkies bevat kos en drinkgoed vir sewe dae. Alles wat nodig sal wees om die Seder en Pasgas presies korrek te vier, is ingesluit.

            Om die 800 000 pakkies voor te berei is reeds ‘n ontsettende groot taak, maar dan moet dit by Joodse wonings afgelewer word. Die Heilige Engele sal moet help.

            Colel Schabad sê: “Dit is 'n ongekende logistieke en finansiële uitdaging. Maar daar is geen keuse nie. Ons moet dit doen.”

            As jy nie geldelik kan help nie, bid dan dat hierdie enorme uitdaging geslaagd sal wees.

            Dit is nie normale tye nie. Dit is nie die normale Pasga nie.

            Op die Seder sê die Jode:  "Laat almal wat behoeftig is, kom en eet ". Maar hierdie jaar sal die 800 000 seniors in hulle huise toegesluit wees. Dra hulle in julle gebede, asseblief. – Wekroep

Donderdag 02 April 2020

Wêreldwye Nagmaalfees op 10 April 2020


Meer as twee biljoen Christene wêreldwyd sal op Goeie Vrydag 10 April 2020 saam die Nagmaal vier. In die meeste gevalle sal almal nog ingeperk wees en gesinne sal in afsondering die grootste Nagmaalfees in die geskiedenis van die mensdom vier.

            Een van die organiseerders, die bekende prediker Jimmy Evans, sê: “Ek glo dit kan die katalisator wees  om die COVID-19 te vernietig wanneer miljoene Gelowiges wêreldwyd eendragtig by die Nagmaal aansit en die Nuwe Verbond deur dier liggaam en bloed van Jesus te gedenk.

 Die intiemheid van die Nagmaal

“En Hy het 'n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Matt 26:39

Asook strofe 42: “Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat U wil geskied.”

Watter beker het Jesus na verwys?

Neem in ag dat Jesus ‘n Jood is wat volgens Joodse tradisies en kultuur grootgeword het.

Die Joodse tradisie destyds by ‘n Joodse troue, was dat die vader van die verloofde seun vir die bruid betaal en die huwelikskontrak (Ketuban) opstel. Hand 20:28; 1 Kor 6:19-20; 1 Kor 11:25; Efes 5:25-27

By die verlowing word die huwelikskontrak gelees. Die verloofde drink dan wyn uit ‘n kelkie  en dit word aan sy verloofde gegee om ook te drink. As sy sou weier, was daar geen huwelik nie. As sy die wel wyn drink het sy die kontrak en huweliksaanbod aanvaar en is die verlowing ‘n verbond wat nie verbreek mag word nie.

Die verloofde gee dan aan sy toekomstige bruid geskenke en keer terug na sy vader se huis en  bou ‘n woonplek aan by sy vader se huis vir hom en sy toekomstige bruid. Joh 6:62; Joh 14:2; Hand 1:9-11

Die toekomstige bruidegom sal na sy verloofde terugkeer wanneer hy hulle woonplek voltooi het en wanner sy vader sê hy kan haar gaan haal. Sy het geweet hy kom terug, maar nooit geweet wanneer nie. Dit kon ‘n jaar na twee jaar duur. Matt 24:36

Wanneer sy vader gesê het hy moet die verloofde gaan haal, het niemand geweet die bruidegom is op pad nie. Sy aankoms was aangekondig met ‘n wekroep en die blaas van die shofar (ramshoring). Joh 14:3; 1 Thes  4:13-18

Die bruid wis nie wanneer die bruidegom sou kom nie, maar sy had haar lamp en klere gereed. Haar diensmeisie had ook hulle lampe en olie gereed.

Die bruid moes ‘n reinigingsritueel ondergaan. 1 Kor. 3:12-15; Openb 19:7-8. Dan vind die huweliksbevestiging plaas. Openb 19:7

By die huwelik het die bruidegom weer wyn uit ‘n kelkie gedrink en die bruid moes die res drink. Na die kelkie geledig is, het die bruidegom dit op die vloer aan flenters getrap.

Die Jode sê vandag nog dat met die stukkend trap van die kelkie gedenk hulle die verwoesting van die Tweede Tempel.

Vir ons beteken dit eerder die verguising van die Messias se bebloede liggaam, want Jesus het vooraf gesê die tempel sal afgebreek word en oor drie dae herbou word. Dit laat mens wonder of Christene nie ook soos die Jode moet trou nie, juis vanweë die sterk simboliek.

Daarna volg die Bruilof. Matt 22:1-14; Matt 25:1-13; Luk 12:36. Sommige hou die Bruilof elke aand sewe dae lank. By die huwelik word ook sewe keer rondom die bruidegom geloop, onder meer om die sewe seëninge van die huwelik te gedenk.

Die Huwelikskontrak word, nadat dit gelees is, aan die Bruid oorhandig vir bewaring (In ons geval is die Bybel ons kontrak). Sy mag dit wegbêre, of sy mag dit raam en in die huis vertoon.

Die Wedergeborenes se eerste stap na die huwelik met Christus, het reeds plaasgevind. Ons is nou in ‘n verbond met die Messias. Ons gedenk die bloedverbond tussen die Messias en onsself vir sovele kere as ons die Nagmaal gebruik. Nagmaal gaan nie net oor wat op Golgota gebeur het nie, maar wat elke keer gebeur tot by die Hemelse huwelik wanneer ons dit saam met ons Bruidegom sal nuttig.

Toe Hy vertrek het, het hy ons ook die Heilige Gees en al sy gawes (geskenke) gegee.

Sy smeekbede oor die beker in die Tuin van Getsémané, was die prys wat hy moes betaal vir ons, sy Bruid. Dit was ‘n bitter duur prys in die vorm van ‘n bloedverbond.

Na Sy opstanding sê Jesus (Hy het die prys vir sy Bruid betaal) hy gaan nou na sy Vader se huis om vir ons ‘n plek te berei en wanneer hy klaar is, sal die Vader hom stuur om ons, sy Bruid, deur middel van die Wegraping te kom haal.

Jesus se Tweede Koms na die aarde het niks met die verhaal hierbo in gemeen nie. Ons Bruidegom kom ons haal en die Bruilof sal sewe jaar lank in die Hemel duur. Vir die Gelowiges, die Bruid van die Messias, is Jesaja 54 besig om in vervulling te gaan.

            Luister: “En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

            “Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.

            “Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.

            “Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.

            “As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle Ewigheid. Amen.” 1 Pet 4:7-11 – Wekroep



Woensdag 01 April 2020

Triomfantelike Liefdesgroet!


In die Intensiewesorgeenheid van ‘n Jerusalemse hospitaal is 20 mense siek weens die Koronavirus. Een van hulle is die 88-jarige Aryeh Even, ‘n oorlewende van die Joodse volksmoord wat ses miljoen onskuldige Joodse lewens geëis het.

            Die 20 pasiënte is in die vallei van doodskaduwee. Niemand weet of hulle gaan oorleef nie. Hulle is alleen. Niemand mag hulle besoek nie. Hulle het ‘n eie hegte liefdes- en omgee familiekring gevorm.














Aryeh Even was Israel se eerste sterfgevaal. Hy is in groot vrede en liefde die Ewigheid in. Dusver was daar 16 sterfgevalle. Daar is 4 347 mense siek waarvan 80 kritiek is.

            Buite die geïsoleerde eenheid sit Rachel Gemara in ‘n afsonderlike vertrek en monitor die pasiënte binne die eenheid. Geen verpleegpersoneel beweeg binne die eenheid nie. Kos en medikasie word deur ‘n skuifdeur op ‘n rak geplaas en gesluit en die pasiënte kom haal hulle kos daar.

            Die modernste toerusting word in die monitering en kontrole proses gebruik.  Net in uiterste gevalle sal ‘n dokter en verpleegster dit eenheid binnegaan.

Rachel Gemara, ‘n verpleegster by die Shaare Zedek's geïsoleerde eenheid in haar beskermde drag. Foto: Times of Israel. 

Rachel Gemara (32) is onkologie verpleegster en een van 20 mediese personeel  wat as vrywilligers by die eenheid werk

            Sy en die ander personeel doen meesal diens in hierdie afsonderlike vertrek genaamd die “Oorlogskamer”. Die pasiënte het elkeen ‘n sensor op hulle bors wat voortdurend hulle bloeddruk, temperatuur, pols en ander inligting op die skerms in die “oorlogskamer” verskaf.  Daar is ook ‘n video interkom stelsel en alles word onder streng sekuriteit hanteer soos in die geval van oorlog.

Inlas:  Rachel Gemara, a nurse at Shaare Zedek's isolated ward for coronavirus patients in full protective gear (Courtesy)

            Israelies is bekend met oorlog. Die land is al 70 jaar in ‘n staat van oorlog soos wat vyandelike magte voortdurend probeer om Israel te vernietig.


Gemara, wat al telkemale by onkologie ook vanuit ‘n kontrolekamer onkologie pasiënt sien sterf het, het die 88-jarige Aryeh Even se toestand gemonitor. Die middag het dit nog goed gegaan en hy het met ander pasiënte gesels. Teen die aand het alles skielik verander. Aryeh se hart het skielik vinnig begin klop soos met ‘n aritmie.

            Sy asemhaling het al swakker geword. Toe skielik gaan die alarm in sy kamer af. Die ander het geweet wat dit beteken en na sy kamer gehaas. Hulle kon sien hy haal nog asem, maar hulle kon hom nie bykry nie. ‘n Dokter en verpleegster was reeds op pad. Intussen hou Gamara alles op haar monitor dop.

Sy besef uit ondervinding Aryeh is sterwend. Die ander pasiënte besef dit ook en net voordat die dokter en verpleegster in die kamer instap, het al die pasiënte hulle hande op Aryeh gelê en vir hom die Hebreeuse shema gebed gedoen en hom gegroet.

Inlas : Gemara in die kontrolekamer. Foto: Times of Israel       

Hulle het Aryeh tot op die einde bygestaan en gesê: “Aryeh, ons is met jou en ons is lief vir jou.”

Kambro-liefde

Hoe het ander voor ons, deur sulke krisis tye gekom?


Frans Venter is op 27 November 1916 gebore.
Sy ouers, Herman en Nellie,  het in die Britstown-omgewing geboer.
Met die uitbreek van die Groot Griep van 1918 was hy nog nie twee jaar oud nie.
Die Spaanse griep het sy pa en sy ma ondergekry en albei was destyds vir ‘n dag of twee bewusteloos in die bed weens die ontsettende koors en suurstofnood.
Sy ma het eerste haar bewussyn herwin en vir klein Frans op die grond langs die bed gekry waar hy weens honger en dors gesuig het aan die tosseltjies van sy ouers se beddeken.

Die Venters het die Groot Griep oorwin en Frans se ouers het herstel. Aangesien klein Frans altyd gelukkig en lewenslustig gebly het, selfs in die droogste en moeilikste tye, het sy ma hom haar “kambrokind” genoem.
Die kambro is ’n tingerige Karoo-plantjie waarvan die groenbruin blaartjie altyd vars lyk, selfs in die droogste, moeilikste tye.

Frans het grootgeword en was op pad Hoërskool toe, toe die Groot Droogte uitbreek. Hy het sy skoolloopbaan onderbreek en saam met sy ouers ‘n swerwersbestaan begin voer op soek na weiding vir hulle kleinvee-trop wat elke dag gekrimp het weens massiewe vrektes.  Uiteindelik het hulle staanplek gekry in die Kalahari, nadat hulle nie die grens na Suidwes-Afrika kon oorsteek nie.

Die Venters het oorleef danksy die ontferming van familie en medemense. Nogtans het hulle byna alles verloor wat hulle voor die droogte gehad het.

Frans het in 1934 aan die Hoërskool Hopetown gematrikuleer as een van die top-matrikulante van die destydse Unie van Suid-Afrika. Hy het op Stellenbosch gaan verder studeer en sou uiteindelik bekend word as die skrywer en Hertzogprys wenner, FA Venter,
met boeke soos Swart Pelgrim,
Gelofteland,
Bedoelde Land,
Geknelde land
Offerland,
Werfjoernaal,
Die middag voel na warm as,
Man van Ciréne
Kambro kind,
Die ou man en die duif,
Die keer toe ek my naam vergeet het,
en die Koning se Wingerd.

Sy boek, Kambrokind vertel juis die verhaal van sy grootwordjare in die moeilike tye van die Groot Griep, die Groot Droogte en die Groot Depressie.

Daar is vandag, tydens Suid-Afrika se 21 dae van inperking weens die korona-virus pandemie, vir ons lesse te leer uit die lewe van die kambrokind, Frans Venter.

Die eerste is juis in die voorbeeld van die nederige kambro-plantjie wat vars en lewenslustig bly ten spyte van die felste droogte. Moenie dat die situasie jou oorweldig nie.  Fokus nie op die situasie nie, fokus op God.  As jy sukkel daarmee, lees bybel.  Dit help om my rustig te maak.  Ek maak net eenvoudig die Bybel oop en lees.  Hoofstukke en hoofstukke daarvan.  Dit maak my rustig.  Dit gee my HOOP.

Die tweede is dat die wêreld en die lewe sal voortgaan ten spyte van die krisis, maar dat totaal nuwe maniere van doen begin posvat omdat die gemaksones van ons bestaan vir lank genoeg versteur was om nuwe maniere van doen te begin gebruik.  Ek sit hier in die Strand en kyk uit oor die see.  Nog nooit het ek hier uitgekyk en geen mens (in die dag of in die nag) gesien nie.  Geen mens en geen motor.  Vandag het hier robbe in die water kom baljaar.  Dis asof die natuur juig, want die natuurlewe kan weer funksioneer sonder dat daar mense naby is.
Die derde is dat herstel en gewoonlik geweldige groei altyd volg na elke skynbaar vernietigende krisis. Dit het gebeur na die Groot Griep van 1918, die Groot Depressie van 1932 en die Groot Wêreldoorloë. Ons kan verwag dat dit na die korona-krisis ook sal gebeur, ons moet net uithou. Hoop net ons neem die lesse wat ons hieruit leer met ons saam die toekoms in.
Die laaste is dat ontferming oor ons medemens noodsaaklik is, dikwels nie net wille van ons medemens nie maar ook ter wille van onsself. Welwillendheid keer altyd terug na die wie dit uitdeel. Daar is soveel “mekaar” tekste in die Woord.
Julle moet mekaar liefhê.
Julle moet na mekaar omsien.
Julle moet mekaar aanmoedig.
Julle moet mekaar vermaan.
Julle moet mekaar verdra.
Julle moet mekaar vergewe.
Julle moet mekaar groet.
Julle moet vir mekaar bid.
Die mens is nie volledig mens, sonder sy / haar medemens nie.
Ons gaan dus hierdie krisis oorkom en ons gaan sterker anderkant uitkom. Ons is nie verniet kambrokinders van hierdie bedoelde land nie.