Donderdag 31 Oktober 2019

Massa doopdiens ‘n rekord vir Thailandse Herlewing –

516 nuwe Huiskerke gestig


Op 6 Oktober 2019 is 630 nuwe Gelowiges tydens ‘n enkele diens in Thailand gedoop. Die doopseremonie is deel van ‘n kerkplanting na 13 432 Wedergeboortes. Daar was dusver altesame 5 204 Gelowiges gedoop en 516 nuwe Huisgemeentes gestig.

Dit vestig opnuut die aandag op Huiskerke.

Die wêreldbekende Evangelis, Billy Graham het tydens ‘n groot diens in 1965 gesê: “Multitudes of Christians within the church are moving toward the point where they may reject the institution that we call the church. They are beginning to turn to more simplified forms of worship. They are hungry for a personal and vital experience with Jesus Christ. They want a heartwarming personal faith. Unless the church quickly recovers its authoritative Biblical message, we may witness the spectacle of millions of Christians going outside the institutional church to find spiritual food.”

            Graham is verlede jaar op 99-jarige ouderdom na die Hemel. Sy profesie het reeds waar gekom… huiskerke het reg oor die wêreld, ook in Suid-Afrika, soos blombeddings ontstaan. Hier is selfs groot getalle Sjinese huiskerke in Suid-Afrika.

            In Julie 2014 dra NETWERK24 ‘n berig: Huisgemeentes floreer wêreldwyd. Ene George Lewis se brief hierop lees: “’n oorweldigende suiwering waar God in gees en waarheid aanbid word, is besig om plaas te vind. Huisgemeentes is besig om wêreldwyd te floreer – weg van formalistiese rituele waar die mense se eer pleks van God se eer gesoek word.

Te lank is die Woord van God gemanipuleer om magsbasisse vir mense en regerings te skep. Die enigste ware leermeester is die Heilige Gees en sy handboek is die onvervalste Woord van God. En dit is vir almal, op enige plek, toeganklik.”

            Brief aan Filemon: “Die gemeente wat in jou huis is." Fil strofe 2. Hierdie brief het vir ons bewaar gebly uit die private korrespondensie van Paulus. Dis 'n persoonlike brief wat die lieflike verhouding van Paulus teenoor Filemon verbeeld.

            “Die gemeente in jou huis.” Dit beteken dat Filemon 'n Christen was en dat sy huis 'n Christelike huis was. Die Christelike lewe in sy huis was sodanig dat daar na 'n gemeente in sy huis verwys was. Sy hele huis en moontlike besoekers was volgelinge van Christus lede van hierdie huisgemeente. Huiskerke of -gemeentes was die norm in die Bybel se tye.

            Die hoof van die gesin is pa, maar as hoof van die gemeente is hy God se Hoë Priester. Die HERE hou hom verantwoordelik vir elke lid van die gesin. Die huiskerk moet God lief hê met hul hele hart, gees en siel en hul naaste soos hulself.

Die huiskerk aanbid in Gees en in Waarheid en gemeentes kruis bestuif mekaar. Huiskerke gebruik gereeld Nagmaal… “Want so (Let op) dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Messias totdat Hy kom. “ 1 Kor 11:26

            So is daar ook vroue wat die leiding neem: “Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die HERE.” 1 Kor 11:26. Dan is daar: “Groet die broeders in Laodicéa en Nimfas en die gemeente wat in sy huis is.” Kol 4:15. Ook die gemeente in die huis van Lidia. Hand 16:40

            En wanneer hulle saamkom is daar hande in die lug lofsange en aanbidding.“Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het (Let op) elkeen, van julle 'n psalm of 'n lering of 'n taal of 'n openbaring of 'n uitlegging (getuienisse) – laat alles tot stigting geskied.” 1Kor 14:26

            Almal wat musiekinstrumente kan bespeel, speel en die huisgemeente sing te heerlik saam. Soms word ‘n ander huisgemeente oorgenooi waar daar dan ook Koinonia gehou word… saam geëet word… ‘n ware Christusfees.

            Besluitneming berus op konsensus… almal stem saam oor ‘n saak. Daar word nooit gestem nie. Die wagwoord is eensgesindheid. Die klem al op verlore siele.

            Die huiskerk beweging groei die vinnigste in Sjina boonop te midde van wrede vervolging. Hoeveel huiskerke daar is, is moeilik om te bepaal weens die erge vervolging, maar dit word bereken op 120 miljoen huisgemeentes. Die groei egter wêreldwyd.

            Die Internet  speel ‘n belangrike rol in kruisbestuiwing, die aflaai van boodskappe en veral musiek.

            Lede is ook ywerig besig om die Evangelie op verskillende wyses te versprei, naastediens te verrig, Bybels te versprei, klere en skoene en kos.

            Pa’s sal vorentoe ‘n al hoe belangriker rol in hul gesinslewe moet inneem. – Wekroep

Preview YouTube video FJCCA Baptism Video - Oct 6, 2019

https://www.youtube.com/watch?v=xBzke9wnaHM&feature=youtu.be




Maandag 28 Oktober 2019

Die sterre kan niks voorspel nie



Daar is mense wat op allerlei wyse graag inligting oor hulle toekoms wil hê. Hulle besoek sogenaamde waarsêers, sangomas, fortuinvertellers, lees karate en mis nooit die Sterre Voorspel nie.

“Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan – wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat 'n gees van 'n afgestorwene vra of 'n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.     

“Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE 'n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.

            (Belangrik) “Opreg moet jy wees met die HERE jou God. (Altyd!)

“Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.”  Deut 18:10-14

“Ook het Josía die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, om die woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilkía in die huis van die HERE gekry het.” 2 Kon 23:24

Die Bybel praat hard en duidelik hieroor en veroordeel sulke gedrag.

Maar die HERE se voorspelling vir ons toekoms, staan vas in vergelyking  met enige waansin wat die Sterre sou voorspel.

“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, (hoekom?) om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.” Jer 29:11

Pleks van die sterre voorpel,. Kyk na God, die een wat die sterre en die ganse uitspansel gemaak het, se belpftes. Doen jou eie navorsing en maak aantekening, dit sal jou baie lank besig hou, maar ten minste sal jy weet dat jy weet, God is ‘n waarmker van sy Woord.

Daar is 7959 beloftes in sy Woord. As jy een belofte per dag neem dan sal dit jou sowat 22 jaar neem om al die beloftes te gebruik. God verbind Hom tot die beloftes wat Hy maak.

“As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.  God SAL Sy beloftes nakom. “ 1 Tim 2:13

“Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.” 2 Kor 1:20

Daarom is dit belangrik dat jy God op Sy Woord sal neem.  “God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?” Num 22:19

 Ons elkeen kom soms in situasies dat ons nie verstaan waarom dinge gebeur nie. Soms vra ons: Hoekom laat God dit toe? Nou -  dink vanuit God se oogpunt – Hy is Almagtig en Alwetend en Alomteenwoordig en daarom is Hy in beheer van elke situasie. God is die een wat verstaan wat aan die gang is en waarheen Hy met jou oppad is.

Die HERE is lief vir jou en Hy het beslis ‘n plan met jou lewe.
Soek en jy sal beslis vind. – Wekroep

Saterdag 26 Oktober 2019

‘My eie wingerd het ek nie opgepas nie’



“…hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie." Hoogl I :6

Hooglied verwys herhaaldelik na die bruid en die bruidegom of sielsbeminde. As ons Christus as die Bruidegom en Sy Gemeente as die Bruid voorstel, dan begryp mens veel makliker.

In die eerste hoofstuk word die bruid se verlange na die bruidegom beskryf. Sy soek na hom en sy wag op hom, maar sy is nie ledig terwyl sy wag nie. Sy sê: “Hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde…"

            Dalk nie ‘n werk vir ‘n bruid nie, tog doen sy dit met gewilligheid. Terwyl ons as lede van die Liggaam van Christus op aarde wag op Sy koms, mag ons ook nie ledig wees nie, maar moet ons, ons besig hou in Sy diens.

            Die tweede deel van die strofe, raak my en jou: Sy beskuldig haarself en sê: “…my eie wingerd het ek nie opgepas nie." Die soeklig val op: Die wingerd van ons sielelewe.

Ongelukkig is daar mense wat hul wingerde sonder kundigheid wil bestuur. Die werklikheid is ‘n mens behoort aan die HERE of aan die satan, jy dien of die wêreld of die HERE. Jy wat nou hier lees, wie is eienaar van jou lewe?

'n Wingerd is toegekamp. As 'n wingerd oop lê, gaan dit tot niet. Diere vertrap dit en mense loop voetpaaie daardeur. 'n Heining of draad rondom die wingerd sluit dit in en af van diere en mense.

Die Bybel is die kampdraad van die siel. Elke nuwe Wedergeborene is soos 'n nuwe wingerdstok wat binne in die omheining geplant word. Die gemeente sluit ons in en ons deel in al die voorregte van God’s bearbeiding, maar die gemeente is veronderstel om ons ook af te sluit van die gevare van die wêreld en die sonde, waaraan ons siel blootgestel is. Delf diep in die Bybel want hoe dieper jy beweeg, hoe dieper is jou geestelike wortels en hoe beter bestand is jy teen die lewensstorms.

            Sommige wingerde word begas.In sommige dele word groot seile oor die wingerde gegooi. Dan word daar ‘n sekere gas ingelaat wat die wolluis en ander skadelike insekte doodmaak.

            Ons siel het behoefte aan die gebed. Gemeenskap met die Heilige Gees is die gasseil wat oor die siel getrek word, want daar aan die voete van die die Messias laai ons die foute, sorge en smarte af wat ons siel beskadig.

            ‘n Gelowige wat nie bid nie, ly 'n sieklike geestelike lewe. Bid jy nog? Nie gebedjies nie, maar waar jy ‘n saak met die HERE deeglik uitpraat.

Let op, 'n wingerd word bewerk. Dit word geploeg, gespit, bemes en benat. Dit alles is nodig vir die lewe en groeikrag van die stokke. So moet ons siel ook bearbei word deur Sy Woord, Sy boodskappe, die Sakramente en die waters van Sy heil. Daarsonder sal ons geestelike lewe kwyn soos 'n wingerd wat aan homself oorgelaat word.

Laat jy die Heilige Gees toe om jou lewe te versterk en te verkwik?

En baie belangrik… 'n wingerd word ook gesnoei. Vir iemand wat nie weet nie, lyk dit wreed en onnodig. Die eienaar weet egter hoe belangrik dit is om ‘n wingerd te snoei, anders raak die wingerd wild en dra later minder vrugte.

            Let op…die snoei van die wingerd en in ons eie lewe, is sodat ons en die wingerdstok meer vrug kan dra. So verduidelik die Messias dit:

“Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.

“Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon (snoei dit), sodat dit meer vrug kan dra.

“Julle is alreeds rein deur die Woord wat Ek tot julle gespreek het.

“Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

“As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

“As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

(Let op) “Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.” Joh 15:1-8

Is dit snoeityd in jou lewe? Lyk dit of alles stil staan? Moenie bekommer nie. Jy is alreeds rein en binnekort begin jou nuwe lote en jou groter vrug.

            'n Wingerd moet vrug dra. Dis die doel waarvoor dit geplant is. Oestyd kom soek die eienaar vrugte aan die stok, en die stok wat nie meer vrug dra nie, word uitgekap en 'n ander kom in sy plek. Ek en jy moet ook vrug dra, dis waarom ons gered is.

            Geen mens is doelloos op aarde geskape nie. Al die arbeid van God’s liefde aan ons, is met die doel dat ons moet vrug dra wat by die bekering pas.

Is jou lewe vrugbaar? Sal die Meester die vrug van die Gees by ons kry as Hy kom soek? Baie van ons is ywerig in ons werk en getrou in die diens van die eienaar.

Dit is baie mooi en dit behoort ook so te wees, maar sal ons nie as die oordeel kom, ook moet kla nie: “Ek was aangestel as oppasser van wingerde,  maar my eie wingerd het ek nie opgepas nie." Ander se belange het ek versorg, maar eie siel het ek verwaarloos.

            Sorg dat jou lamp vol olie is. – Wekroep

Woensdag 23 Oktober 2019

Maak self die vensters van die Hemel oop.



“Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. (let op) Keer terug na My (hoekom?)... Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare.

“Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?

            “Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.

            “Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!

            “Bring die (Hoeveel?) hele tiende na die skathuis (waar jy jou geestelike voeding kry en die vyfvoudige bediening van die Heilige Gees in werking is), sodat daar (geestelike en fisiese) spys in my huis kan wees; en (let op die uitdaging) beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die Hemel sal oopmaak en op julle 'n (Hoeveel?) oorvloedige seën sal uitstort nie!!!!

            “Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.

            “En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.

            (Daar is egter nog iets) “Vermetel is julle woorde teen My, sê die HERE. Maar julle vra: Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?

            “Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel?

            “En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!

            “Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is (Belangrik) 'n gedenkboek voor Sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer.

            “En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.

            “Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.” Maleagi 3:7-18 – Wekroep

Maandag 21 Oktober 2019

Dis dieselfde God... jubel en dans!


Een van die grootste wonderwerke in die wêreld vind ons by Moses en die Israeliete in die woestyn.

            Ons beleef die verskil tussen vlees en gees, tussen geloof en ongeloof.

Sowat 3,5 miljoen mense moes 40 jaar lank gevoed word. Volgens ‘n militêre strateeg sou Moses, as hy nie in die geloof gewandel het nie,  moes sorg vir:


·      1 500 ton voedsel per dag

·      Twee goedere treine van 1,6km in lengte sou die kos moes aanry

·      4 000 ton brandhout per dag sou nodig wees om kos te kook

·      Verskeie  goedere treine van 8km in lengte sou die hout moes aanry

·      Hulle sou 20 miljoen liter water benodig het want daar was geen mere of riviere in die woestyn nie

·      ‘n Trein met tenkwaens van 18.8km in lengte sou die water moes aanry

·      As hulle dubbel-gelid deur die Rooi See sou beweeg, sou die tou 1 280km lank gewees het.

·      Die tog deur die Rooi See sou 35 dae en nagte geduur het

·      Daar moes dus ‘n breë opening van sowat 4.8km gewees het sodat die Israeliete 5 000 in gelid in een nag kon deur beweeg

·      Elke keer wat hulle gekamp het, het die kamp ‘n area van 1 200 vk  km beslaan, ‘n area van 48km in die lengte en 40km wyd – so groot soos die Groter Bloemfontein?



Hierdie lysie sou vir elke dag oor ‘n tydperk van 40 jaar moes gegeld het. Dink jy Moses het aan al hierdie dinge gedink voordat hy vertrek het?  Ons dink nie so nie.

Hulle het ook geen materiaal gehad om sandale en klere van te maak nie.  Hulle sandale en klere het 40 jaar lank gehou.

Die groter wonderwerk is dat die kinders se sandale saam met hulle voete groter geword het.

Moses het God geglo. Net dit... Hy het God geglo! Hy het geweet God sal na al hierdie dinge omsien.

            Die verskil tussen om in die vlees en in die gees te wandel, is enorm en onvergelykbaar, soos toe die vissies en broodjies aan 5 000 man en hulle vroue en kinders uitgedeel was.  Dit verbyster mens se verstand, maar om die dinge van God te verstaan skakel mens juis jou verstand af. Ons het presies dieselfde God vandag as wat die Israeliete destyds gehad het.  God het nie verander nie en sal nooit verander nie.

            Ons probleme lyk vir ons soms so oneindig groot, maar dink dan daaraan wat God kan doen!

            Skep moed, ons het dieselfde God.

            Ons moenie God by ons planne en strategieë inskakel nie. Kom ons skakel by Sy plan in want dan onderneem Hy in alles.

            Die pad vorentoe is een van geloof, waarheid en gees!

            Netwerk24 berig: ‘n Oproep het opgeklink om die droogte tot nasionale ramp te verklaar omdat dit “krisisvlakke bereik het en stil-stil een van die land se grootste uitdagings word”. Op sommige plekke in SA word die droogte as “die ergste in 100 jaar” beskryf.

            Intussen ry boere ln konvooie veevoedsel kruis en dwars oor die land vir mekaar aan... ‘n pragtige Bybelse gebaar.

            Reën in sluiers word egter benodig. Al wat rivier is moet kant en wal loop en al wat dam is moet oorloop... in oorvloed om ook die ondergrondse watertafel te voed.

            Die HERE God Jahweh wat 40 jaar lank die Israeliete deur die woestyn gedra het, is steeds dieselfde God in 2019. Ps 67 is van toepassing. Habakuk is die voorbeeld. Hab 3:17-18

            “Nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.”  “Loof sy Naam in koordans... sal Hom psalmsing met tamboeryn en siter.” Ps 149:3 – Wekroep

Vrydag 18 Oktober 2019

Los die gelapte lewe



“En niemand werk 'n nuwe sluk lap op 'n ou kleed nie." Mark 2:21

            Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “Die klere maak nie die man nie.” Maar dit is nie in elke opsig waar nie. Die vere verraai dikwels die karakter van 'n mens. Al is 'n

mens arm, kan jou klere darem skoon wees, het my ouma van Kakamas altyd gesê.

            Jesus gebruik hierdie voorbeeld en herinner ons daaraan dat dit nie die moeite werd is om 'n nuwe lap op 'n ou kledingstuk vas te werk nie. Die nuwe lap is te sterk en sal tog net afskeur en dan is daar 'n groter gat. Mens durf nie met ‘n gelapte lewe die eindstreep probeer haal nie.

            Dis hoe dit ook gaan met Nuwejaarsbesluite. Ons verwyder nie die ou besluite en die se opdrifsels nie, ons neem net weer ‘n nuwe besluit en ons almal weet dat die nuwe besluite net ‘n rukkie hou.

Pas ons dit toe op die geestelike lewe, dan leer ons uit hierdie gelykenis dat dit nie loon om jou sondige toestand met lappe te bedek nie. Jesus doen nie lapwerk nie; Hy vernuwe. Let op na die volgende voorbeelde... ‘n Ou kleed vertel van Armoede: Meestal word ou klere gedra deur arm mense wat nie nuwes kan bekostig nie. Ou klere verraai armoede.

            So is ons sonder Christus ook arm. “Al ons Geregtighede is soos ‘n besoedelde kleed.” Jes 64:6. Hoe brandarm is die wêreldling nie aan blydskap, vrede en geluk nie!

            'n Ou kleed getuig alte dikwels ook van Vuilheid: Dikwels sien ons dat ou klere baie vuil is. Waarom is dit? Miskien omdat mense nie omgee vir die klere nie juis omdat dit oud is. Dis tog so mooi om arm mense te siel wat netjies en skoon is. Tog gee baie arm mense hulle oor aan hul lot en ...  die vuilheid.

            Sonde is vuil en die sondaar is ook vuil en besoedeld. Sag 3: 3-4

'n Ou kleed beantwoord nie aan sy doel nie. ‘n Kleed moet 'n mens toemaak en warm maak. As dit te oud is, beantwoord dit nie aan die doel nie.

As ‘n mens in sonde lewe, het jy niks om jou sonde voor God mee te bedek nie. Wanneer die koue winde van die oordele van God oor die siel kom waai, is daar vir jou geen bedekking nie, want die warmte van Jesus se liefde is nie in die hart nie.

Net Jesus alleen kan hierin voorsien, maar Jesus doen geen halwe werk nie, Hy doen geen lapwerk aan die siel nie.

Dit bring ons by die gelapte kleed… Jesus sê dit help nie om 'n nuwe lap op ‘n ou kleed te sit nie, en tog probeer mense om hul sonde voor God toe te lap. Daar is die lap van:

'n Goeie lewe:  Daar is mense wat nie groot sondaars is nie. Hulle is fatsoenlik en ordentlik, ‘n gedaante van Godsaligheid.  So het die ryk jong man ook gelewe, maar dit was nie genoeg nie.

Goeie gewoontes:Ander kweek weer goeie gewoontes aan: hulle gaan kerk toe, biduur toe, word lidmaat en kom Nagmaal toe. Dit is egter in die oë van die HERE steeds gelapte klere.

Goeie dade: Sommige mense probeer weer die Hemel verdien deur goeie werke. Luister na die gebed van die Fariseër en hoor hoe vertel hy van sy goeie dade.

            Tog was dit vir Jesus nie genoeg nie want dis alles lapwerk.

            Mooi besluite: Dis ook alles net nog lappe om te gebruik om sonde mee te bedek.

Sag 3:3-4. Hoeveel vroue het nie al na ‘n tyd van getroude lewe gesê nie: “Voor die huwelik het hy homself so goed voorgedoen en nou na die huwelik peul al sy sondes uit. Dit is net nie dieselfde man nie.” In ‘n mindere maat hoor mens mans ook so oor hul vroue praat.

Let op, daar is ‘n gesegde wat sê dat al gaan die leuen twee keer om die aarde, die Waarheid agterhaal hom elke keer. Die leuen duur nie lank nie of die lap skeur en daar kom 'n groter skeur. Daar volg nog groter sonde, omdat daar nie hartgrondige bekering was nie, maar net lapwerk.

            So word daar telkens belowe jy sal nie weer nie. Jy is jammer oor en oor en ander word al vies vir jou eindelose jammerte. Sommige noem jou ‘n smartvraat,

‘n Nuwe kleed. Op die lang duur betaal dit nie om 'n ou kleed te lap nie. Die beste raad is om ontslae te raak daarvan en 'n nuwe aan te skaf. So ook in die geestelike lewe. Jesus wil die ou kleed van sonde en ongeregtigheid van ons wegneem en vir ons die wit kleed van geregtigheid aantrek.

            Johannes stel dit pragtig in 1 Joh 1:9  “As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons (boonop) van alle ongeregtigheid te reinig.”

            Wanneer jy jou sondes en foute belap, dan lewe jy ‘n leuen: “As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy Woord nie in ons nie.” 1 Joh 1:10

            Die verlore seun het opgestaan en na sy vader gegaan net soos hy was, ,maar sy vader sê vir die slawe: “Bring die beste kleed en trek hom dit aan.”

Jesus verlos die besetene van Gadara van 'n legio duiwels en ons lees dat...

“hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy volle verstand."

            Dit is wat Jesus vir jou wil doen. Hoe kan jy die oordeelsdag tegemoet gaan met die ou vuil klere van sonde? Watter hoop het jy op die Hemel met die gelapte klere van skyn en vormgodsdiens?

Lê die ou kleed neer en sê vaarwel aan die sonde, die foute, die tekortkominge... moenie lap nie en kom na Jesus met die gebed:

http://www.bing.com/videos/search?q=George+Beverly+Shay+Sings+Just+as+I+AM&&view=detail&mid=3D87CCC9DAC50E009D1F3D87CCC9DAC50E009D1F&&FORM=VRDGAR

So sal die reën kom



Daar heers groot droogte, maar daar is altyd hoop. Hoop beteken: Verwagting, vooruitsig; vaste vertroue. die hoop beskaam nie, die hoop stel 'n mens se verwagtings nie teleur nie; op hoop van beter, met die hoop dat dit beter sal gaan; buite hoop lê, so siek wees dat daar min hoop vir herstel is; die hoop laat lewe, hoop gee 'n mens moed om aan te gaan; hoop opgee, nie meer hoop nie; op hoop van seën, met vertroue op 'n gunstige uitslag; teen hoop op hoop, in weerwil van alle onwaarskynlikheid; tussen hoop en vrees, vir die beste hoop, maar vrees dat dit nie sal gebeur nie.

            Let op, hoop is positief. Vrees is negatief. Twyfel is negatief. In die Bybel staan hoop veel sterker, want daar beteken dit “toekomsfeit”. Ons hoop op Jesus se Koms, maar dit is ‘n volwaardige komende feit. Ons leef dus in positiewe afwagting.

            Wanneer ons vir mekaar en vir reën bid is dit presies dieselfde. Ons bid omdat ons glo.

Groot dele van Suid-Afrika gaan ernstig gebuk onder ‘n uitmergelende droogte.  Sommige boere het selfdood verkies as oplossing. Selfdood is egter wel ‘n uitweg, maar nie ‘n oplossing nie.

            As alle plase produktief in die land kan wees, het ons meer as genoeg kos vir almal, ook vir uitvoer.

            Die droogte eis sy tol aan gesaaides en aan veestapels. Die eerste stap vir Boere om te oorleef is om hul veestapels te verkoop, maar elkeen probeer vasklou aan sy stoetkudde, sy aanteelvee om weer oop die been te kom wanneer die reëns uitsak.

            Word ‘n boer egter deur omstandighede gedwing om sy aanteelvee in te boet, kom hy gewoonlik nie sonder skuld weer op dreef nie.

            Soos Bybelse Samaritane betaam, help boere mekaar deur die droogte met voeding vir  mekaar se skape en beeste. Dis die groot konvooie lorries wat ons so kruis en dwars deur die land sien beweeg.

            Verder bestaan Suid-Afrika uit talle gebedsgroepe wat ernstig intree vir reën. In die Wes-kaap lyk watervoorrade deesdae goed, maar elders is die damme lank reeds droog.

            In alles word ons boere verdruk, maar hulle is nie terneergedruk nie; hulle is verleë, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. 2 Kor 4:8-9 Hulle ken droogte en hulle ken die God van hulle heil.

            Intussen byt hulle triomfantelik vas soos ‘n Habakuk wanneer hy sê: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie –  nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.” Hab 3:17

            Dis al antwoord wat ‘n boer het: Om te HERE te loof ten spyte van alles. Let op na Ps 67: Laat nie net die boere, maar ook alle mense die HERE loof… dan kom die reën.  Verander die pleidooie na lof en aanbidding. Al is alles tot niet, nogtans jubel ons almal in die HERE:

            “Vir die musiekleier: ’n gedig met instrumentale musiek, met snaarinstrumente; ’n lied.

“Mag God aan ons onverdiende guns skenk en ons seën; Sy Teenwoordigheid oor ons laat skyn sodat die mense op aarde U lewenswyse mag ken, U reddende genesing onder al die nasies.

            “Laat al die volke U met uitgestrekte hande loof, o God, laat al die volke U loof met uitgestrekte hande.

            “Laaat die nasies bly wees en hardop sing, want U sal die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde regeer.

            (let op) “Laat al die volke U met uitgestrekte hande loof, o God, laat al die volke U loof met uitgestrekte hande, dan sal die aarde sy vermeerdering oplewer en God, ons God, sal ons seën.

            “God sal ons seën en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.” - Wekroep


Maandag 14 Oktober 2019

Spreek jou Twyfel en Ongeloof aan


“Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is diegene wat nie gesien het nie en tog geglo het.” Joh 20:29

Dis hier waar sommige Christine nog nie die geestelike Rubicon oorgesteek het nie. Te midde van hierdie stukkie intieme geskiedenis uit Thomas se godsdienstige lewe. klink hierdie woorde van die Meester duidelik in ons ore: “Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is diegene wat nie gesien het nie, en tog geglo het."

Diegene wat nie wil glo nie, selfs al sien hulle... Aan hierdie groep het die mense behoort wat Jesus in die tuin van Getsémané gevange geneem het. Geeneen van hulle het nog ooit op die grond geval deur 'n woord wat iemand spreek nie. Toe Jesus sê: “Dit is Ek wat julle soek",  lees ons, ... slaan hulle nogtans die hande aan Jesus, asof daar niks gebeur het nie.

Nadat hulle bewus geword het van Sy bonatuurlike krag en Goddelike persoonlikheid, handel hulle asof Hy ‘n gewone mens is. Hulle wou nie glo nie; selfs al het hulle gesien.

So 'n man was die Farao. Nadat hy al die tekens en wonders van God gesien het, wou hy nog nie glo nie, ja, selfs na die dood van sy eersgebore seun, het hy hom weer verhard in sy ongeloof.

Aan hierdie groep het ook behoort die regters van Stefanus, wat hom met klippe doodgegooi het, terwyl hulle sy aangesig sien blink soos die van ‘n Engel terwyl hy bid: “HERE, reken hulle hierdie sonde nie toe nie.

"Is dit nie vreeslik om te dink dat daar sulke mense is nie? Siende blind en horende doof!”

Diegene wat alleen glo wanneer hulle sien. Tot hierdie groep het Thomas 'n tyd lank behoort. Tot hierdie groep behoort die wêreldlinge, die mense wat hierdie wêreld liewer het as vir Christus. Hierdeur word 'n duidelike skeidslyn getrek tussen ‘n gelowige en ‘n ongelowige.

‘n Ongelowige vertrou op en glo in wat hy sien: homself, sy vriende, sy besittings, hierdie wêreld.

Die gelowige glo wat hy nie sien nie, hy vertrou op God. “Hy wandel asof hy die onsienlike sien." “Ons wandel deur geloof en nie deur aanskoue nie," sê die apostel.

Diegene wat nie gesien het nie en tog geglo het. Sonder hierdie geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Trouens in die brief aan die Hebreërs word ‘n beskrywing van geloof gegee: “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie."

‘n Pragtige voorbeeld van hierdie geloof is Noag. Hoe wonderlik skyn sy geloof nie deur die lange jare nie! Hy het niks gesien nie, net geglo wat God gesê het. Hebr I1 :7

Ja, in die hele hoofstuk van Hebr 11 word van die helde van die geloof gepraat, almal manne wat nie gesien het nie en tog geglo het.

Ons fokus bv net op Abraham. Hy het die teenstrydigheid en gedoente o m die enigste kind wat die HERE in sy ouderdom aan hom gegee het, die kind waardeur  sy nageslag moes opgebou word, te gaan offer. Alles was vir hom pikdonker en onverstaanbaar en tog het hy net geglo dat die HERE sal voorsien. Abraham het geglo ondanks alles, en hoe heerlik is sy geloofsvertroue nie beloon nie!

Aan watter groep behoort jy? Onthou dat jy vir tyd en Ewigheid gelukkig sal wees as jy glo al het jy nie gesien nie.

Ons kyk weer na Thomas... As mens hierdie geskiedenis noukeurig lees, sal ons sien dat daar twee redes was vir hierdie ongeloof en twyfel van Thomas:

a)              Hy wou nie die Woord van die HERE glo dat Jesus sou stewe en op die derde dag sou opstaan uit die dode nie;

b)              Hy het die gemeenskap met die ander dissipels verwaarloos. Hy het nie erns gemaak met die gemeente van die HERE nie.

Is dit nie vandag nog die hoof oorsaak van menige vertwyfeling nie?

Ons het ‘n opname by 32 wonings gedoen oor geloofsekerheid... niemand had sekerheid nie, maar die meeste het verlang om sekerheid oor die Ewige Lewe te hê.  Meeste was kerkgangers, maar sonder enige sekerheid. “Mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het...” 2 Tim 3:5

As jy twyfel, neem ons jou nou terug die Bybel toe.  Word weer soos ‘n kind wat die geloof beleef, anders sal mens die Koninkryk nooit sien nie.

“Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

“Let op) “Want dié mens moenie dink dat hy iets van die HERE sal ontvang nie.” Jak 1:6-7

Dit is wat jy met jou twyfel doen:

1. AL MY TWYFEL BRING EK JESUS,

   HY SAL SY BELOFTE HOU;

   NIMMER SAL HY MY BESKAAM NIE,

   OP SY WOORD KAN EK VERTROU.

KOOR:

   SLEGS VERTROUE, VOL VERTROUE

   SLEGS VERTROUE OP SY WOORD.

   SLEGS VERTROUE, VOL VERTROUE

   SLEGS VERTROUE OP SY WOORD.


2. AL MY SONDE BRING EK JESUS

   WAT MY REINIG DEUR SY BLOED;

   HY BEWAAR MY REIN EN HEILIG

   DEUR SY GEES IN MY GEMOED.


3. AL MY KWELLING BRING EK JESUS,

   HY SKENK MY VOLKOME RUS;

   HOE DIE DONKER WOLKE SAAMPAK,

   NIKS KAN OOIT SY LIEFDE BLUS.


4. AL MY VREUGDE BRING EK JESUS,

   HY IS AL WAT EK BEGEER;

   IN MY HEILAND VIND EK ALLES,

   EN MY SIEL VERLANG NIKS MEER.


5. WAT EK HET, GEE EK AAN JESUS,

   GANS MY LIGGAAM, SIEL EN GEES; 

   HIER OP AARD' EN DAAR OOK EENMAAL,

   WAAR ONS SAAM MET HOM SAL WEES. – Wekroep

Vrydag 11 Oktober 2019

Dis jou Roeping: Wees betrokke



“Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.

            “Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die Hemele is.

“Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die Hemele is.

            “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

            “Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en 'n skoondogter en haar skoonmoeder.

            “En 'n mens se huisgenote sal sy vyande wees.

            “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.

            “En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

            “Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

            “Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

            “Wie 'n profeet ontvang omdat hy 'n profeet is, sal die loon van 'n profeet ontvang; en wie 'n regverdige ontvang omdat hy 'n regverdige is, sal die loon van 'n regverdige ontvang.

            “En elkeen wat een van hierdie kleintjies net 'n beker kou water laat drink, omdat hy 'n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.” Matt 10:32-42

            Dit is wat die Messias gesê het en dit is hoe dit is en hoe dit sal wees. Niemand kan ‘n jota of titel hieraan verander nie.

            Lees die hele Deut 28 om te beleef wat die Messias se Vader Jahweh gesê het.

            Hierdie gedeeltes speel ‘n kardinale rol in ons elkeen as Gelowiges se lewens. Twee duisend jaar gelede gee hy die opdrag: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Matt 28:19

            En wanneer moet ons dit doen?

            “En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?

“Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?

“Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.

“So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.” Luk 17:7-10

En: “Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. (en dit is reeds besig om te gebeur)

“Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.” 2 Tim 4:2-5

Ons het geen keuse nie, ons moet die Evangelie van Verlossing en Liefde verkondig.

            Net ‘n voorbeeld: Iemand bid by die ete en sê: “HERE dink ook aan hulle wat minderbevoorreg is...” En dit terwyl dit die bidder is wat aan die minderbevoorregtes moet dink!

            Kyk en luister asb na die volgende video en besef hoe laat dit geword het. Op die oomblik in die Midde-Ooste vlug Christene in groot getalle uit Gaza en in hul duisende uit Sirië.

            Weet een ding, as iemand nie Wedergebore is nie, is die ewige verdoemenis sy en haar lot. As jy nie fisies iets kan doen nie, bid dan in groepe saam vir die beskerming van Christene en die redding van siele, of help ander organisasies om dit te doen, maar raak betrokke. Ons het ‘n roeping! – Welroep

https://billygraham.org/video/persecution-and-the-gospel/?utm_source=breaking-christian-news&utm_medium=email&utm_campaign=ctv_october_2019&SOURCE=BT19AYBCE


Woensdag 09 Oktober 2019

Sy seëninge haal ons in...


“Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

            “Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. “1 Kor 2:9-10

            Dit is hoe dit eers was, wat God vir – ons wat Hom liefhet – berei het ... wat niemand  gesien het of van gehoor het nie, wat selfs in ons harte nie opgekom het nie...dit is besig om te gebeur.

Engelkore begin in SA en oorsee by dienste optree. Gemeentes bly dan tjoepstil en verluister hulle aan die Engelesang. Gelowiges beweeg oor na ‘n geestelike vlak.

Engele verskyn aan Gelowiges, bring boodskappe na Gelowiges.  Sommige mense ontmoet Engele. Gesprekke vind plas. Jonges sien gesigte, ouens droom betekenisvolle drome. Droom uitlêers tree na vore.

Al hoe meer Gelowiges ontvang ‘n Hemelse taal en bid in die Gees. Jarelange kerklidmate word gered.

Verstommende wonderwerke vind plaas, selfs dooies word opgewek. Herlewing breek plek-plek uit. Dis aan die toeneem. Mense wat jare lank beweer het hulle is gered, herleef skielik. ‘n Toenemende honger na die Woord, word landwyd en wêreldwyd ervaar.

Teenstand teen hierdie dinge neem ook toe, maar dis geen verrassing niet: “Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

“Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.

“Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

(Let op) “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” 1 Kor 2:12-14

Maar diegene wat Hom ken en vir Hom lief is, belewe Hom in hierdie dae. Ook die Jode word in groot getalle gered.

Die Oorwinningslied (https://www.youtube.com/watch?v=sC7SBFNM8C8)  weergalm oor die aarde.

Ek sien in my gees die glorie

En die almag van die Heer

Die Allerhoogste wat in liefde

Oor sy Koninkryk regeer

Hy’t belowe aan die einde

Op die wolke kom Hy weer

Hy’s Koning Hy regeer

Die  Wedergebore Jood Morris Cerullo (88) preek nog steeds. Sy ouers is albei in ‘n motorongeluk dood toe hy 2 jaar oud was. Hy het in Joodse weeshuise grootgeword. Op 14 is hy gered nadat die Messias aan hom verskyn het. Op 15 is hy weggeruk na die Hemel waar Jesus hom sekere opdragte gegee het. Sedert daardie dag preek hy reeds 74 jaar lank. Hy preek ook komende Januarie in Texas by ‘n groot internasionale geestelike konferensie.


Die afgelope 55 jaar reis hy elke jaar vanaf Amerika na Israel om die Evangelie aan die Jode te bring. Hy en sy vou Theresa is reeds 68 jaar lank getroud. Hy het gister in ‘n kort boodskap verwys na Deut 28:1-14 en gesê, dis hoe die HERE nou die Jode en die Christene wat omgee vir Israel seën:

“As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

     

Morris Cerullo

    “En al hierdie seëninge sal oor jou kom en (let op) jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.

            “Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.

“Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

            “Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

“Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.

“Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek (let op) en op sewe paaie voor jou uit vlug.

“Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee.

            “Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel.

            “En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.

            “En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee.

            “Die HERE sal sy goeie skatkamer, (let wel) die Hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.

            “En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen, en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.”

            "Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor My Vader wat in die hemele is." Matt 10:32. As jy Christus bely voor die mense, is bovermelde seëninge ook vir jou. Dan sal jou geestelike oë ook open en sal ook sing: “Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer...” – Wekroep


Maandag 07 Oktober 2019

‘Gee my weer die vreugde van U heil’



“Gee my weer die vreugde van U heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees.” Ps 51:14

            In 1895, skryf dr. Campbell Morgan – die Britse Evangelis wat sy eerste preek op 13-arige ouderdom gelewer het – besoek hy Douglas, in The Isle of Man. Na een van sy namiddag dienste kom `n jongmeisie en vertel hom, vier jaar te vore, het sy al haar vreugde verloor.

“Dank God!” antwoord Ca,pbell haar. In haar geskokte verbasing, vra sy: “Waarvoor?” “Omdat jy weet wanneer jy jou vreugde verloor het, want, as jy weet wanneer jy jou vreugde verloor het, dan weet jy hoe en waarom dit jou verlaat het.”


Hy antwoord: “Ek dink nie ek weet nie.” “Ja, jy weet. Jy is baie seker van die tyd; gaan nou vier jaar terug in jou lewe en vertel my wat gebeur het.” Sy laat haar kop hang en, skryf Morgan, ek was seker iets besonders het met haar gebeur. “Wat was dit?” vra hy.

“Ek en my beste vriendin het oor iets verskil. Ek wou haar dit vertel, maar sy het die land verlaat voor ek by haar kon kom.” “Wel, skryf vir haar en vertel haar jy was verkeerd. Ons Meester verwag dit van jou.”

“Ek kán dit nie doen nie,” antwoord sy beslis. “Wel, dan sal jy jou vreugde nie terugkry nie.” Sy het die hele reeks dienste bygewoon, vegtende teen God. Sy het die vreugde geken, van `n geseënde lewe, voorheen met God. Sy was nou in duisternis omdat sy nie wou teruggaan na die oorsaak van haar ongehoorsaamheid nie.


 Dr. Campbell Morgan

Campbell Morgan skryf: “Die volgende jaar het ek teruggegaan Douglas toe vir die jaarlikse reeks dienste. Die eerste persoon wat ek raakloop, is daardie jongmeisie. ‘Het jy die brief toe geskryf,’ vra ek,’ Haar hele gesig spreek van vreugde.

Sy antwoord: ‘Ek het dit gisteraand geskryf. Ek het die hele jaar teen God geveg. En heel verlede week, terwyl ek uitgesien het na die dienste, was ek in `n toestand van angs. Uiteindelik sê ek vir Hom: ‘O God, ek kan dit nie langer uithou nie. Ek gee in.’

En gisteraand skryf ek toe die brief en amper middernag loop ek posbus toe en pos die brief. Toe daardie brief in die gleuf afgly en ek hoor hoe land dit op die posbus se bodem, het die Hemel in my hart teruggekom. Dit is nou weer lig in my. God is naby.’”

Vir `n kind van die HERE, wat van iets verkeerds in sy of haar lewe weet, is daar nie ‘n ander weg na vrede toe nie, as om dit openlik vir die HERE te vertel. En as dit te doen het met ‘n ander persoon, moet die saak met daardie persoon opgeklaar word.

            Campbell het die meisie van wyse raad voorsien.

            Mens kan nie met so ‘n binding in jou gees floreer nie. Dit beroof jou van kosbare seëninge.

So het Dawid sy saak met die HERE reggemaak: “Verberg U aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.

“Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.

“Verwerp my nie van U aangesig nie en neem U Heilige Gees nie van my weg nie.

“Gee my weer die vreugde van U heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.

“Ek wil die oortreders U weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

“Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.

“HERE, open my lippe, dat my mond U lof kan verkondig.

“Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.

“Die offers van God is ‘n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” Ps 51:11-10 – Wekroep

Vrydag 04 Oktober 2019

Ons gaan oorkant toe.



Die vorige wêreld is deur water oorstroom en het vergaan… die teenswoordige aarde  word vir die vuur bewaar teen die dag van die verderf van die goddelose mense. 2 Petrus 3:6-7

            “Hoe lyk die aarde, vanaf ‘n hoogte van 10 000 meter af?” Dit is net een van die vrae, wat die veteraan vlieënier, Mitsuo Yamada vra, wanneer hy reg deur Japan sy lesings oor die lugruim aanbied, om kinders te leer oor omgewingskwessies wat ons aardbol bedreig.

“Ek werk vir ʼn lugredery en die lugruim is my werkplek,” sê hy. “Dit is my plig om mense te vertel hoe die omgewing beskadig word!”

Vir die afgelope 45 jaar vlieg hy JAL-vliegtuie. Die afgelope sowat 17 neem hy veranderinge waar op die oppervlakte van die aarde. Hy sien hoe ʼn grys waas die lugruim van Sjina bedek, ʼn rooi gety oor die Suid-Sjinese see versprei en stroke van die Indonesiese reënwoud verdwyn. Hy noem dit waarskuwingstekens vir ons aarde. (Yomiuri Nuus- G. Yonei, 2008-08-31)

‘n Dik laag besoedeling hang ook menige dag oor Johannesburg. Riviere, damme en selfs die see is ook erg besoedel.

            “Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.” Rom.8:22.

Die aarde sal sonder twyfel vernietig word, maar slegs volgens God se plan. “Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense. 2 Petrus 3:7

            God is gereed om oordeel oor die wêreld uit te spreek! In die tussentyd is ons Christus gegewe taak, om die verlorenes, wie andersins sal omkom saam met die aarde, te wen vir Christus. “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? Julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag volgens Sy belofte nuwe hemele en ʼn nuwe aarde waarin geregtigheid woon.” 2 Petrus 3:11-13

            Wanneer die heelal verbrand en die aarde soos ons dit ken verdwyn, sal die toekoms van die oorblyfsels van die mensdom wat in God glo, so helder soos die beloftes van God se onfeilbare Woord skyn. “Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie. Jes. 65:17

Ons weet nie wanneer God al hierdie dinge sal laat geskied nie, so laat ons gereed wees vir daardie wonderlike dag!

            Nie hierdie aarde en hierdie wêreld moet ons lewensterminus wees nie, maar God se nuwe aarde en Hemel wat die Here Jesus vir ons met sy bloed gekoop het. – Wekroep

Woensdag 02 Oktober 2019

”My HERE en my God!”



“Daarna sê Hy vir Thomas: 'Bring jou vinger hier en kyk na My hande; en bring jou hand en steek dit in My sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.' En Thomas sê vir Hom: 'My HERE en my GOD!” Joh 20:27-28

            Thomas moes ontsettend geskrik het, nie vir die gat in Jesus se sy nie, maar dat hy wat Thomas is dit ooit kon waag om aan Jesus te twyfel. Daarop roep hy uit: “My HERE en my GOD!”

            Die lieflike seëninge uit die hande van die lewende Heiland was nog nie die eiendom van Thomas nie.

Let op: Hy was 'n dissipel. Hy was 'n kind van God, 'n volgeling van Jesus, maar o weë,  sonder dat die blydskap en krag van die opgestane Jesus Christus deel van sy heilsbesit geword het.

Die werklikheid van Christus wat leef, het nog ontbreek. Daarom twyfel hy. Daarom sy swaarmoedigheid en ongeloof. So 'n dissipel kan vir Gods koninkryk maar min beteken. So 'n lewe mis die vreugde en die motivering wat spruit uit die vaste oortuiging: ek is tot alles in staat deur Jesus Christus wat my krag gee.

En jy? Hoe lank is jy al kind van God? En twyfel jy ook soos Thomas in Jesus en sy Genade en Liefde, in Sy groot omgee vir jou?

            Is jou lewe ‘n werklikheid. Jesus ken jou deur en deur, en jy, ken jy Hom? Het jy ‘n verhouding met Hom? Bely jy Jesus aan almal rondom jou?

            Die inspirerende vreugde van toewyding aan die triomferende Christus is onmisbaar vir 'n lewe van oorwinning. Lewe jy ONDER die omstandighede van hierdie lewe, of lewe jy Bo die omstandighede? Die vraag is absoluut relevant want ons is veronderstel om ‘n lewe van oorwinning te beleef.

Wat dikwels nog kortkom, is die belydenis: “My HERE en my GOD!”

Geen geloof wat by Goeie Vrydag vassteek, kan groei en tot diens wees nie. Die Pasga boodskap bring die voorwaartse mars, die uitgaan op die weë om genooides na die maaltyd van die Hemelse Gasheer te bring.

Sonder die Paasboodskap was Thomas afwesig. Hy was uitgeskakel en onaktief. Hy ontbreek in die samekoms en vryheid van verlostes, want hy kon nog nie van harte sê: “My HERE en my GOD” nie.

Leë kerkbanke getuig dat die Paasbesit ontbreek. Waar is die gemeente? By die see?

            Om te leef in die krag van Sy opstanding, te ly en te geniet, te volhard in die krag van Christus se triomf, om die intiem-persoonlike “My HERE en my GOD” te ken, te besit en uit te leef – dit is ware Christenskap!

            Skrywer was op laerskool toe treine soos gewoonlik een nag rangeerwerk naby ons huis gedoen het. ‘n Rangeerder se voet het gegly en hy op die spore voor aankomende trokke beland. Die treinwiele het sy liggaam net bokant sy heupe middeldeur getrap. In die stilte van die nag het almal asemloos verskrik geluister na die rangeerder se laaste uitroep: “My God! My God!”

            Ek was te klein om te verstaan wat die oom uitgeroep het, maar die grootmense het gesê: “Die oom is Huis toe.” – Wekroep

          

Dinsdag 01 Oktober 2019

‘Laat My skape wei...’


“Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE.”

“Want die herders het dom geword en die HERE nie gesoek nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie, en hulle hele kudde is verstrooi.” Jer 20:21

“Die priesters het nie gesê: Waar is die HERE nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.” Jer 2:8

“Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!” Sag 11:17

“So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.” Eseg 13:3

“Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie?

“Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.

“So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.
            “My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek.

“Daarom, o herders, hoor die woord van die HERE:

“So waar as Ek leef, spreek die Here JAWEH, gewis, omdat my skape'n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie –  daarom, o herders, hoor die woord van die HERE!

“So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie. Eseg 34:2-10

“'n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.” Jer 50:6

“Die wind sal al jou herders verstrooi, en jou minnaars sal in gevangenskap gaan; ja, dan sal jy beskaamd staan en in die skande kom weens al jou boosheid.” Jer 22:22

“Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land 'n woeste wildernis gemaak, hulle het dit 'n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte neem nie.” Jer 12:10-11

“Al julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos!

“Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.

“En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.

“Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!” Jes 56:9-12

“Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

“Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.

“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.

“Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U só spreek, beledig U ons ook.

“En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.

“Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.

“Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.

“Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg, sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af, van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.

“Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.” Luk 42-52

“Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang.

“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self.

“Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.

“Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?

“En: Elkeen wat sweer by die altaar – dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.

“Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?

“Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is;  en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon; en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

“Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!

“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.

“Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.

“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid

is.

            “So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.” Matt 23:13-30

“Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as 'n blinde 'n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.” Matt 15:14

“En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.” Matt 9:36

“So sê die HERE my God: Wees herder van die slagskape – hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die HERE; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.” Sag 11: 4-5

“Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.

“Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.” Sef 3:3-4

“Sy hoofde spreek vonnisse uit vir 'n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie

in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!

“Daarom sal Sion om julle ontwil soos 'n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.” Miga 3:11-12

“'n Sameswering van sy profete is in hom, soos 'n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin.

“Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.

“Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak.

“En sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die Here HERE –   terwyl die HERE nie gespreek het nie.

“Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.” Eseg 22:25-29

“Huil, o herders, en skreeu, en wentel julle in die as, julle maghebbers van die kudde; want vol is julle dae om geslag te word, en Ek sal julle verbrysel, en julle sal val soos 'n kosbare voorwerp.

“Dan sal daar geen toevlug wees vir die herders en geen ontkoming vir die maghebbers van die kudde nie.

“Hoor! Geskreeu van die herders en gehuil van die maghebbers van die kudde, omdat die HERE hulle kudde verwoes.” Jer 25:34-36

“Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE.

“Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.

“Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel; maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.

“Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wilde-als eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan.” Jer 23:11-15

“Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE.” Jer 23:2

“Soos 'n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,” Jer 22:26

“Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.” Joh 10:12

“Die dief kom net om te steel (die Woord) en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Joh 10:10

“En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE. “ Eseg 34:31

“Jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?

“Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?” Rom 2:21-22

Petrus het Jesus verraai... maar na sy berou het Jesus hom herstel en vra aan Petrus drie keer: Het jy my lief? Petrus antwoord elke keer ja en Jesus wys hom elke keer op die skape en die lammers (kinders) wat hy moet op pas en laat wei.

            Die HERE is hard en reguit met diegene wat hulle ware plig versaak. As jy skuldig is en berou het, sal Jesus jou ook herstel... maar dan moet jy omsien na die skape, ook na die wat verwaarloos is. – Wekroep