Sondag 29 Januarie 2017

Wanneer die Heilige Gees ‘n kind gebruik


"Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die Koninkryk van God is juis vir mense soos hulle." Luk 18:16

 In Die Bode van September 2000, die kwartaalblad van die Transnet Christelike Unie, skryf Leon Jones hierdie aandoenlike ervaring oor homself:




            "Dit word laat," sê ek vir my ses jaar oue seuntjie. "Jy moet solank gaan inkruip."
            Vandat ek en my vrou drie maande tevore van mekaar vervreemd geraak het, en ek my eie plek gekry het, bring Greg elke tweede naweek by my in my woonstel deur.
            "Gaan ons nie eers bid nie?" vra hy heel onskuldig.

Van kleins af het ons hom geleer en gehelp om voor slapenstyd sy gebedjie op te sê, en dit was vir hom belangrik. Maar vanaand was dit reeds laat ek het nog baie werk gehad om te doen.
Ek skakel my rekenaar aan en hoop hy sal sien ek is besig – miskien kan ons vanaand oorslaan!
"Wanneer kom Pa?" kerm hy egter. Ek dink by myself: laat ons dit agter die rug kry. Hy sal my tog nie ophou pla nie.

Ons is na sy kamer toe en ek gaan langs hom op die bed sit, maak die Bybel oop en rammel 'n paar strofes af.

Toe ek die Bybel toemaak, kniel hy langs die bed. "Wie gaan eerste bid, Pappie?"
"Bid jy maar eerste, my kind," sê ek en hoop dit gaan nie lank neem nie. Ek het nog baie werk gehad.
"Liewe Jesus," begin hy, sy hande onder sy ken gevou. "Dis Greg hierso."
Hy kyk op na my en glimlag ingenome met homself. Hy maak sy oë weer toe.
"Ek het vandag 'n lekker dag gehad. Ek het met die meisietjie hier langsaan gespeel. Haar naam is Susan."
Hy bly weer stil en kyk op na my. "Weet liewe Jesus dat Pappie en Mammie nie meer saambly nie?" vra hy ernstig.
"Hy weet," antwoord ek stug.
"Liewe Jesus, dis weer Greg hier," bid hy verder. "Ek gaan môre weer terug na Mammie toe; so ek wil net vra dat U moet mooi kyk na Pappie en Susan ook en..."
Hy hou op en kyk bekommerd na my. "Susan se Pappie bly ook alleen, en sy van is ook Jones. Sal liewe Jesus nie deurmekaar raak nie?"
"Nee, Greg," kreun ek.
Wanneer gaan hy tog klaarkry?
"Is Pa seker?" "Ek is baie seker, Greg," sê ek nou effens ongeduldig. "Hy weet wie's ek en Hy weet wie's Susan se pa."
"Is Pappie nou kwaad vir my?"
"Nee, ek is nie kwaad nie, Seun – maar mens bid nie soos jy nie. As jy bid, praat jy met die HERE. Jy kan nie 'n bietjie met Hom praat en dan weer 'n bietjie met my nie. Dis 'n ernstige saak om te bid."
"Soos die grootmense in die kerk?" "Soos in die kerk, ja!"
Hy sluit weer sy oë. "Onse Vader, wat in die Hemel is..." Hy loer onderlangs vir my. "Ek bid vir Pappie en vir Mammie...ee..." Hy bly weer stil.
"Is dit beter, Pa?" Skielik voel ek skuldig. Weg was sy spontaniteit en ek kon sien hy weet nie wat om verder te bid nie.
"Greg, vergeet wat pa gesê het – bid soos jy altyd gebid het – praat met die HERE soos voorheen." Hy glimlag verlig.
"Liewe Jesus, dis weer Greg; Ek wil so graag hê Pappie moet terugkom huistoe..."

Ek onthou skielik hoe gelukkig ek en my vrou voorheen was; die liefde wat ons gedeel het en hoe wonderlik dit is om 'n seun soos Greg te hê. Vir 'n oomblik probeer ek dink waar dinge dan so verkeerd geloop het. Was dit die stres van my werk? Was dit afvalligheid van die Here? Verwag ons te veel van mekaar? Of was dit iets anders.

Greg het gou aan die slaap geraak en ek het na my eie kamer toe gegaan, die deur agter my toegetrek en by my bed gekniel.
"Here Jesus, dis Leon hier. Daar is iets waaroor ek met U moet praat......"

            Wanneer ons, met watter probleem ook al, by hierdie plek kan uitkom, gaan die lig vir ons op. Leon het in Die Bode, net tot hier geskryf. Ons glo dat hy en sy vrou weer verenig is.
Ons glo dit is wat gebeur het. Want die Here het belowe, as ons só nederig en afhanklik kom bid, steek Hy Sy hand uit en doen vir ons die onmoontlike. "

Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie...Hy het Sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën." Mar 10:14,16



Dinsdag 24 Januarie 2017

Hoekom Kerk toe gaan?


‘n Kerkganger skryf ‘n brief aan die plaaslike koerant en kla dat dit net nie langer sin maak om kerk toe te gaan nie. Hy skryf: “Ek gaan die afgelope 30 jaar kerk toe en ek het in hierdie tyd na sowat 3 000 boodskappe geluister waarvan ek net mooi niks kan onthou nie. Ek dink ek mors my tyd en die predikant  mors ook sy tyd.
            “Dit het groot polemiek in die koerant ontken.”
            Die redakteur het die lewendige belangstelling in die koerant geniet want die briefskrywery het ‘n hele ruk lank aangehou. Skielik eendag het iemand ‘n brief geskryf wat almal in hul spore laat stuit het.
            “Ek is 30 jaar getroud. My vrou het die afgelope 30 jaar vir my sowat  32 000 etes voorgesit, maar ek kan nie ‘n enkele spyskaart onthou nie. Al wat ek weet is dat die etes my gevoed het en van krag vir elke dag voorsien het. As my vrou nie die etes berei het nie, sou ek vandag seker nie meer gelewe het nie.
            “So ook, as ek nie elke Sondag geestelike voeding by die kerk gekry nie, was ek vandag geestelik dood”
            As dit skielik lyk of jou lewe tot stilstand kom, is dit dalk snoeityd.
            “Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.” Jer 17:7-8
   
Die nuwe seisoen vir die druiwe het al einde verlede Julie begin. Dit gaan ook oor ‘n nuwe seisoen in ons lewens. Hoekom word ‘n wingerd gesnoei? Hoekom word ons gesnoei? Sodat dit meer vrug kan dra. Joh 15:2.
            ‘n Nuwe seisoen breek eers na die snoeityd aan. Wingerde word in die winter gesnoei sodat dit van November tot Maart en selfs later die volgende jaar meer vrug kan dra.
            Toe alles gesnoei is, toe lyk dit maar treurig, so asof alles vir hektare eeneen vrek is.
            Om die nuwe seisoen tegemoet te kon gaan was baie winterreën nodig. En daai erge koue en sneeu en baie reën... storm op storm. Ken jy ooit die Kaapse storms?
            Eers in September begin die eerste groen blaartjies skaam-skaam wys.
            Die winter is nog nie klaar met sy werk nie. Hy en die komende somer is in drif en drang soos die een nie wil toelaat dat die ander voor hom inskuif en oorneem nie.
            Eers teen Desember hang die trosse. Hanepoot, die lekkerste en geurigste druiwe is eers teen einde Maart reg.
            Maar kyk al die drama wat afspeel hier van Julie af. En dan die nare Augustuswinde ook nog. Dis soms so erg dat mens wonder of daar ‘n oes gaan wees. En dan is daar al die siektes soos donsskimmel wat ‘n wingerd aanval en sy nuwe seisoen negatief kan beïnvloed.
           So, Nuwe Seisoen, beteken nie dis vandag geprofeteer en more eet jy Hanepoot nie.
            Die koms van baba is ook ‘n nuwe seisoen en dit vat soms langer as 9 mde. Sommige paartjies wag jare lank.
            Let weer op: As jy verlang dat jou Nuwe Seisoen vlot verloop: “Geseënd is die man (en die vroue) wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. Want hy of sy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is so ‘n boom nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.” Jer 17:7-8.
            In Israel het skrywer gesien hoe dat ‘n reuse olyfboom wat onder aan sy stam feitlik morsaf geslaan is deur weerlig en net ‘n vingerdikte kontak tussen die wortels en die boom oorgebly het, daardie boom jaar na jaar oorloop van olywe.
            Laat mens dink aan: “Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.” Jes 42:3
            Dis wonderlik om ‘n Nuwe Seisoen in ‘n mens se lewe te betree, maar daar is prosesse wat deurgegaan moet word en ‘n mens moet jou lewe in order kry daarvoor.
            Die Bybel moenie herskryf word nie, dit moet net herlees word.

Jou tiendes seën selfs jou nageslag wat nog in jou lende is…


Image result for betaal jou tiende



Herhaal op spesiale versoek:

Gelowiges leef onder die Genade en nie onder die Wet nie, maar tiendes was nooit deel van die Wet nie, nie in die Ou- of die Nuwe Testament nie. Ons vereer die HERE met lofsange, offerandes en tiendes. Tiendes het met liefde te doen.
Ons kan tel hoeveel sade daar in ‘n appel is, maar ons kan nooit weet hoeveel appels in die sade is nie, nie voordat ons die sade plant nie. Dieselfde geld vir ‘n mieliekop.
Dit beteken dat wanneer ons saai, moet ons ‘n oes te wagte wees. Alle boere saai, juis omdat hulle ‘n oes te wagte is… en hoe meer hulle saai, hoe groter die oes.
            Let op: “En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon (geld), sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
            “Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grootste getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grootste onregverdig.
            “As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?” Luk 16:9-11
            Geld is onheilig, onrein, maar wanneer ons dit aan die HERE gee, dan word dit geregverdig. Wees getrou in die gee van jou tiende en offerande en jou totale inkomste word geheilig en geseën.
            As ons nie getrou is in die gee van ons tiendes nie, is die volgende van toepassing: “En as julle nie getrou was in 'n ander (die HERE) se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?” Luk 16:12
            Die profeet Maleagi sê: “Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
“Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
“Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!
“Bring die hele tiende na die skathuis (hoekom?), sodat daar spys in my huis kan wees; en (let op)beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die Hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
“Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.
“En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.” Mal 3:7-12
Dis duidelik, bring ons, ons kant, bring God sy kant en Hy bring elke keer in oorvloed.
            Let verder op: “En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van Hemel en Aarde.
“En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.” Gen 14:18-20
Melgisédek was ‘n priester van God (soos wat ons veronderstel is om te wees). Hy seën Abraham.
In Hebr 7 gee Abraham aan Melgesédek ‘n tiende. Dan raak Levi betrokke by die tiendes… maat let op, Levi is ‘n agterkleinkind van Abraham (hy het uit die lende van Abraham voortgekom).
Levi was soos Abraham ook ‘n buitengewone geseënde man. Juis hier sien mense dat Levi geseënd was omdat hy aan Abraham tiende gegee het… dat Levi reeds geseënd was terwyl hy nog in Abraham se lende was.
So sal ons nageslag in ons lende ook geseënd wees as ons – nie wetties nie – maar onder die verbond van Genade ook tiendes en offerende gee.
Baie belangrik: As ons ‘n tiende en offerhande van ons inkomste gee, dan is die res van ons inkomste ook geseën: “En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.” Rom 11:16
Lees ook: Hebr 7:5-10 “7:5 Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel 'n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het; maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.
“Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.
“En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe.
“En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee; want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.”
Ons is nou die besitter van die Beloftes, dis noodsaaklik dat ons tiendes en offerhande gee.
As jy nog nooit tiendes en offerende gegee het nie, maak die saak met die HERE uit, want Hy belowe in liefde en genade: “As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en (let op) ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh 1:9…  en begin dan jou tiendes en offerande gee en beproef die HERE hierin.
Dit is oor en oor bewys dat diegene wat hul tiendes en offerhande gee, in oorvloed ontvang en selfs dat, hoe meer hulle gee, hoe meer ontvang hulle.
Hier word nie net verwys na die tiende van jou geldelike inkomste nie, maar na alles wat jy ontvang. Ontvang ‘n slagding, gee die tiende daarvan, ens. Veronderstel jy ontvang ‘n motor as geskenk, bepaal die waarde van die motor en gee die tiende in kontant.

Vrydag 20 Januarie 2017

Die Kouewater Leërmag...


Image result for perdekar met 2 perde

Op ‘n snikhete Augustusdag, kom 'n kapkar, getrek deur twee uitgehongerde perde, voor 'n huisie op die Kansas Prêrie, tot stilstand. Die kardrywer is besope, die vrou siek, vier kinders sit huilend in die kapkar.

'n Jong meisie, Rachel, maak die huisdeur oop.
"Enige water vir ons?" kreun die besope drywer.
Die werf se waterput het in die droogte opgedroog, maar sy kry 'n emmer vol water vir hulle bymekaar. Haar ouers was juis weg om te gaan water soek. Rachel dra die emmer water na die vreemdelinge toe. Die dorstige gesin op die kar drink die hele emmer water leeg.

Die siek ma sê vir Rachel: "Onthou, my kind, in so verre jy dit aan die minste gedoen het, het jy dit vir God gedoen."
Dit is soortgelyk aan Matt 10:42: "Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee..."
Die mense het daar aangekom as vreemdelinge, nooit genoem wie hulle is nie en is as vreemdelinge daar weg.
Jare gaan verby en Rachel word 'n waardige vrou. Op 'n keer reël sy vir 'n bekende prediker, om in haar dorp 'n lesing te kom gee.
Hy begin deur te sê: “Ek is baie lief vir Kansas. Op hierdie prêries het ek my eerste belofte teenoor God afgelê.”
Hy vertel van die jongmeisie wat met moeite vir hulle jare gelede 'n emmer water gebring het, en hoe sy pa die drankbottel weggegooi het as 'n dankoffer vir die water. En hoe hyself sy ma beloof het om by die "kouewater leërmag” aan te sluit.
"Soos wat Rachel na die prediker se getuienis luister oor die emmer wat sy destyds vir die vreemdelinge gegee het om hulle dors te les, buig sy haar hoof sodat die aanwesiges nie haar trane van blydskap moes sien nie.
            Let op: 'n Goeie en helpende daad, in 'n onbeplande oomblik, aan iemand, bekend of vreemd, het soms 'n geseënde nadraai en vrug wat ons nooit sou kon voorsien nie. Bly altyd gereed om hulp te verleen in 'n oomblik van iemand se nood of verleentheid.
Ons doen dit gehoorsaam aan die HERE Jesus se woorde. Die Samaritaanse vrou, in Johannes 4, het wel onder protes vir Jesus 'n beker water gegee om te drink, maar dit het vir haar onbeskryflike seën gebring.
Het jy besef dat jy ‘n siel vir die Koninkryk kan inbring met ‘n emmer of ‘n bottel water?
"Elkeen wat vir julle 'n beker water te drinke sal gee... hy sal beslis die beloning daarvoor kry..." Mar 9:41
Op Koffiefontein het ‘n Herlewing uitgebreek. Vier lidmate het toegeneem tot 259, met ‘n verdere 64 wat weens werksomstandighede na ander dele van die land moes uitwyk… die HERE se manier om die Herlewing te versprei. Dit alles oor ‘n tydperk van 2½ jaar! Die Herlewing is steeds in volle swang.
Die aanbiddingsplek is lank reeds te klein en ‘n nuwe word gebou.
Uit die Herlewing het onder meer ‘n koerant ontstaan Revelation Times, wat reeds in 50 Vrystaatse dorpe versprei.
Koffiefontein is brandarm aan water. Deel van die Herlewing is die voorsiening van 136 000 liter gratis water wat oor ‘n tydperk van Kimberley af ingebring is. In die herlewing is ook 14 watertenks by boorgate opgerig. Die tenks bevat tussen 2 500 en 5 000 liter water.
Dis wat ons in 2017 landwyd gaan beleef. Strome van seën van Bowe… (hoekom?) want dit het die Liefde beloof. Koffiefontein is maar die eerste druppels.
Sommige Christene sê hulle het nie die vrymoedigheid om met siele te praat nie, hulle ken nie die Bybel nie, hulle is introverte en baie soortgelyke verskonings. Jou getuienis moet jy gee, daar kan jy nooit verby kom nie.
Tog, soms moet mens stilbly en doen net ‘n goeie daad...
Wees net ‘n Koningskind!

Donderdag 19 Januarie 2017

Word deelgenote van die Goddelike Natuur


Image result for die bybel

Immers, sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat  tot die lewe en Godsvrug dien (hoe?) deur die kennis van Hom, wat ons geroep het deur Sy
heerlikheid en deug; waardeur Hy ons ook die grootste en dierbare beloftes geskenk het, (hoekom?) sodat julle deelgenote kan word van die
Goddelike natuur, (wanneer?) nadat julle ontvlug het die verdorwenheid wat deur diebegeerlikheid in die wêreld is. – 2 Pet. 1:4.

Dit klink na ‘n meer as redelike “aanbod”. As kinders gehoorsaam is, kry hulle geskenke. Die vereistes is eintlik gering. Hulle moet net gehoorsaam wees.
            As ek en jy die verdorwenheid ontvlug en kennis van GOD deur Sy Woord opdoen, dan ontvang ons die grootste geskenk wat enige mens kan hoop om te ontvang:  Alles wat tot die Lewe en Godsvrug dien!
Die HERE se Goddelike krag skenk dit aan ons!
            Strofe 1 handel oor die oorwinning deur vertroue. Glo in die gebod van Almag vir oorwinning oor al die bosse magte, en oor al die moontlikhede van sonde.
            Glo in die GOD van wysheid vir die allerbeste voorsiening van middele om die liefde uiteindelik te laat seëvier.
            Glo in die GOD van Liefde in elke ramp wat oor jou mag kom, elke skaduwee of droefheid wat jou mag tref.  Glo in GOD.  Glo in Jesus Christus.  Glo in die kragtige werking van die Trooster, die Heilige Gees!
            Baie mense het ‘n probleem met glo. Hulle sê hulle het nie geloof nie. Op grond waarvan is hulle dan Christene.
            Geloof (vertroue) in GOD vra presies dieselfde aksie van jou as wanneer jy jou ouers. Kinders glo enigiets wat hul ouers vir hulle sê. Dis al wat dit vra, glo alles wat GOD jou in sy Woord leer. Aanvaar dit as waarheid, want, dit is inderdaad die enigste Waarheid op hierdie aarde.
            Strofes 2 en 3 bied ook die belofte van ‘n gewisse Hemel.  Die Hemel verloor sy vaagheid en word ‘n werklikheid, anders is Jesus Christus nie eg nie.
            Dit is Sy trekkrag (2).  Die Hemel is ons Vader se woning. Christus het vir ons ‘n Woning voorberei en op die oomblik is Hy besig om ons vir daardie woning voor te berei. Wat ‘n lewensverrykende feit is dit nie!
            Die vreugde van Christus sou nie volmaak wees as Sy bloedgekooptes nie daardie wonings met Hom kan deel nie.
            Die Hemel sal ‘n tuiste, ‘n harmonie en vreugdevolle geluk wees.
            Maar onthou, niemand kan daar ingaan wat nie persoonlik deur Jesus Christus voorberei is nie. Hy sê Hy begin die werk in ons en Hy sal dit voleindig.
            Strofe 6 bring die belofte van “Die Weg, die Waarheid en die Lewe.”
            Aan hulle wat die pad na sielswelstand, geluk en die Hemel byster geraak het, is en bly Jesus Christus die enigste Weg.  Die Weg is gekenmerk deur eenvoud en Oppermag. Joh. 10:9 toon dat dit insluitend is —  “enigeen”, maar dit is ook uitsluitend — “deur My.”
            Christus is die Waarheid, die Opperste  werklikheid.
            Hy is ook die Waarheid:

•          In die volheid daarvan
•          In die doelmatigheid daarvan
•          Hy is die Lewe
•          Hy is die voorbeeld, en
•          Die Lewenskrag wat dit moontlik maak om die Voorbeeld na te streef.

Strofes 7-12 beklemtoon die Vaderskap van GOD. Die geroep van die mens se hart is na GOD wat ook Vader is.  Die Christendom is die resultaat van daardie geroep.
Weet dit maar dat almal word die een of ander tyd geroep, maar net hulle wat reageer, word gered.
GOD is ‘n algenoegsame Vader (8) – genoegsaam vir sonde en lyding, vir verlossing en diens, vir Aarde en Hemel.  Die een voldoende reël vir teologie en sosiologie is “vertolk deur GOD se Vaderskap.”
Strofes 13 en 14 beklemtoon die belofte vir volhardende gebed.
Die moontlikheid van gebed – GOD as Vader. Ons kan ons gebed tot Sy Liefde rig, maar nie tot die Wet nie.
Die doel van gebed – “dat die Vader verheerlik mag word.” Daar is geen sekerheid van ‘n antwoord op enige ander soort gebed nie.
Die krag van gebed – “in My naam”.  Die naam staan vir die karakter.  As ons in Sy naam vra, moet Hy ons karakter waarborg by GOD.  Dit is die lewe wat bid, nie ons lippe nie.
Die versoek van gebed – “wat julle ook al vra” Fil. 4:6.
Die vereiste van die gebed – “vra”.  Hoe?  Soos in Luk 11:5-10.
Die belofte van gebed – “dit sal Ek doen”.
Strofes 15-24 bring die belofte vir die gehoorsame lewe tesame met die volgende versekerings deur Christus:

•          ‘n Blywende Helper (16,17)
•          Ewige Lewe (19)
•          Die inwonende Vader (20)
•          Vader se spesiale Liefde (21)
•          Openbaring van die Vader (21)
•          Die blywende Vader (23)

Strofes 27-31 verseker ons van die belofte van voortdurende vrede.  Dit is die erflating aan sonde-geteisterde siele: Vrede met GOD (Rom.5:1) en die Vrede van GOD. Fil. 4:7
Onthou altyd: Aan die einde van hierdie lewe waarin jy jou nou bevind, is daar ‘n Ewige Lewe en ‘n Ewige Dood.  Daar kom ‘n nuwe Hemel en ‘n nuwe Aarde.
Sy Woord is die padkaart wat ons moet volg na die Ewige Lewe.  Sonder hierdie padkaart is ons die weg byster en op pad na die afgrond.
Iemand sê nou anderdag:  “Ek dien nie GOD nie, ken hom nie eers nie, en kyk net hoe suksesvol ek is.  Ek ken nie die einde van die sukses nie.”  Hy het nog nooit gehoor van ‘n suksesvolle mislukking nie.
Dit is nie vir jou as kind van GOD verkeerd om R10 miljoen rand se bates te hê nie, maar daar is groot fout as die R10 miljoen se bates jou het.
Die uitnemender weg is om die verdorwenheid te ontvlug en die Christus-weg deur die Woord te volg om die grootste geskenk van alle tye te ontvang... die Goddelike Natuur.

Dinsdag 17 Januarie 2017

Jesus Christus sê: ‘Ek noem julle vriende’


Image result for christelike prente


“Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie … nee, Ek noem julle vriende … “  Joh. 15:15.

Iemand sê nou anderdag: “Ek het nie meer vriende nie want mens kan niemand vandag vertrou nie.” Hy voeg by: “Weet jy, dis so erg dat ek nie eers myself kan vertrou nie.”
Die HERE praat met ‘n mens op vele maniere. Een daarvan is tog deur menslike vriendskap.
GOD bring mense bymekaar, laat word hulle vriende, op so ‘n wyse, dat die vriendskap kragtig werk om ons te red van die verwarring en ellende waarin ons onsself van tyd tot tyd bevind en ons te bou tot rotspilare in Sy Koninkryk, ook onder ons volk.
            Aristoteles wat 300 voor Christus gelewe het, word nie eintlik as ‘n Christen-filosoof beskou nie, maar sy drie elemente oor vriendskap straal die mooi gesindheid van Christus uit.
            Eerstens het hy gesê, vriende is mense wie se geselskap ons geniet. Een van die dinge wat ‘n ware vriendskap tot gevolg het  is om mekaar te laat glimlag wanneer hulle van mekaar hoor of mekaar besoek bring.
            Die ervaring tussen ware getroue vriende is altyd vrolik. Hulle kan die verskrikking van die lewe vir mekaar verander in geleenthede van soveel opregte erns, maar ook uitbundige vrolikheid.
            Die Prediker sê in die Boek van die Wyse: “’n Getroue vriend is ‘n sterk vesting. Hy wat so ‘n vriend gevind het, het ‘n skat gevind.”
            Die dissipels kon sekerlik dieselfde van die HERE Jesus Christus sê: Of hy nou iets met hulle gedeel het, saam langs die See van Galilea gaan stap het, gelag het by ‘n eetmaal, wyn geskink het by ‘n bruilof, gehuil het by ‘n vriend se graf, selfs wanneer Hy hulle vermaan het – sy blote teenwoordigheid kon die gewone teleurstellings en die bitter van die lewe transformeer na ware lewenskrag, oomblikke van bruisende varsheid, nuwe insig, nuwe visie en ook nuwe insig oor die werklikheid van die Ewige Lewe.
            Soms wil mens net by daardie iemand besonders wees. Nie by enigiemand nie, daardie besonderse vriend wat jy weet wat nooit uitpraat nie omdat hy of sy lojaal aan jou is, graag wil luister wanneer jy praat. Al klink jou gepraat soms ook na die versinsels van verdwaalde gedagtes.
            So is GOD ook ons Vriend. Soms wil ons net alleen in ons binnekamer, in die woud, langs die strand, iewers, alleen met Hom wees. Daar is sake wat jy op Sy uitnodiging eenvoudig moet uitpraat.
            Tweedens het Aristoteles gesê: Vriende is mense wat mekaar help. Paulus beklemtoon  dit in ‘n brief aan die Korinthe:  In elke  moeilikheid  bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander  bemoedig  wat in allerlei  moeilikhede verkeer. Ons kan hulle  bemoedig met dieselfde  bemoediging waarmee GOD ons bemoedig. (2 Kor. 1-4)
            Soms gaan mens deur ‘n dal van doodskaduwee. Ons weet GOD is steeds by ons. Die volgende oomblik stuur Hy ‘n vriend om ons te help. Inderdaad is dit GOD wat help. Hy gebruik die vriend.
Alhoewel ons altyd baie dankbaar is vir die vriend, moet ons onthou dat onse GOD ‘n jaloerse GOD is en dat Hy AL die eer wil hê.
            Derdens het Aristoteles gesê: Vriende is mense met wie ons ‘n visie deel, soos ‘n Dawid en ‘n Jonathan, een van hart en siel. (1 Sam. 18:1-5)
            Ons is nou omring deur moeilikhede en gevare. Nou stry ons saam vir dit wat die hoogste waarde het. Geen omstandigheid kan vriende se dunk van mekaar verander nie.
            Kyk weer na Joh. 15:15: Ek  noem  julle  nie meer  ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte  weet nie  wat sy  heer doen nie. Nee, Ek  noem  julle vriende, omdat Ek  alles wat  Ek  van  my Vader  gehoor  het, met  julle  gedeel  het.”
            Vriende se lewens verskil in baie opsigte. Dit word respekteer. Maar ware vriende word saamgebind deur die visie van GOD se heerskappy, GOD se geregtigheid, GOD se vrede, GOD se Koninkryk, GOD se wil vir ons VOLK en ons toekoms, en geen omstandighede van tyd of afstand kan vriende skei van die gemeenskaplike visie wat ons in Christus Jesus deel nie!
            En wat sal die mense eendag van vriende sê? ‘n Prediker sê een keer tydens ‘n begrafnisdiens: Die oorledene was ‘n wonderlike vader, ‘n liefdevolle eggenoot, ‘n reuse bate vir die samelewing…
            Toe stamp die ma aan haar seun en sê: Gaan kyk vir my in die kis en maak seker dis jou pa van wie hy praat.
            Maar, oor ware vriende sal die mense praat soos vandag oor Dawid en Jonathan.
            Jesus noem ons ook Sy Volk, Sy eiendom, Erfgename. Sy medewerkers. Ons het die geloof van 'n mosterdsaadjie  –  ons (moet) groei tot 'n reuse Geloofsboom !
            Oor ons visie vir Sy Volk se herlewing en verlossing het ons Sy belofte in Jeremia 32: 27: Kyk, Ek is die HERE, die GOD van alle vlees;  sou enige ding vir My té wonderbaar wees?
            Die HERE behartig die regsaak van Sy volk; Hy ontferm hom oor sy dienaars. Ps. 135:14 (...maar dien die volk Hom?)
            “Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.” Ps 145 18-19

Luister eers na die oorsprong van “Wat ‘n Vriend het ons in jesus”
https://www.youtube.com/watch?v=tKjUoE2fack


Woensdag 11 Januarie 2017

Die grand finale…


Image result for bybel

Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige. 1 Tim 5:8

Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof. Gal 6:10

Joël het voorspel dat die koms van die Heilige Gees die geestelike bemagtiging van ou mans, hulle seuns en kleinkinders sal insluit. Joël 2:28

Maleági profiteer dat in die laaste dae die gees van Elia vaardig sal raak en die die hart van die vaders sal terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders. (Maar let op)
            Maleági het ook gewaarsku dat as die beloofde uitstorting van die “Gees van Elia” nie toegelaat word om families te versoen nie, daar bittere gevolge sou wees – vir die hele land Mal 4:15!

“Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge!”
            Hier word verwys na die HERE God Jaweh. Hy is vandag presies dieselfde as deur die eeue.
            So bv. vind ons een van die grootste matesis-wonderwerke in die wêreld by Moses en die Israeliete in die woestyn.
              Ons beleef  die verskil tussen vlees en gees, tussen geloof en ongeloof.
  Sowat 3,5 miljoen mense moes 40 jaar lank in ‘n woestyn versorg word.  Volgens ‘n militêre strateeg sou Moses, as hy nie in die geloof gewandel het nie,  moes sorg vir:
•          1 500 ton voedsel per dag
•          Twee goedere treine van 1,6km in lengte sou die kos moes aanry
•          4 000 ton brandhout per dag sou nodig wees om kos te kook
•          Verskeie  goedere treine van 8km in lengte sou die hout moes aanry
•          Hulle sou 20 miljoen liter water per dag benodig het want daar was geen mere of riviere in die woestyn nie
•          ‘n Trein met tenkwaens van 18.8km in lengte sou die water moes aanry
•          As hulle dubbel-gelid deur die Rooi See sou beweeg, sou die tou 1 280km lank gewees het.
•          Die tog deur die Rooi See sou 35 dae en nagte geduur het
•          Daar moes dus ‘n breë opening van sowat 4.8km gewees het sodat die Israeliete 5 000 in gelid in een nag kon deur beweeg
•          Elke keer wat hulle gekamp het, het die kamp ‘n area van 1 200 vk  km beslaan, ‘n area van 48km in die lengte en 40km wyd.

Hierdie lysie sou vir elke dag oor ‘n tydperk van 40 jaar moes gegeld het.
Dink jy Moses het aan al hierdie dinge gedink voordat hy vertrek het?  Sekerlik nie.
Hulle het ook geen materiaal gehad om sandale en klere van te maak nie. Hulle sandale en klere het 40 jaar lank gehou.
Die groter wonderwerk is dat die kinders se sandale saam met hulle voete groter geword het.
Moses het God geglo. Hy het geweet God sal na al hierdie dinge omsien.
              Die verskil tussen om in die vlees en in die gees te wandel, is enorm en onvergelykbaar, soos toe die vissies en broodjies aan 5 000 man en hulle vroue en kinders uitgedeel was.
Dit verbyster mens se verstand, maar om die dinge van God te verstaan skakel mens juis jou verstand af.
             Ons het presies dieselfde God vandag as wat die Israeliete destyds gehad het. God het nie verander nie en sal nooit verander nie.
             Ons probleme lyk vir ons soms so oneindig groot, maar dink dan daaraan wat God kan doen!
         
Skep moed, ons het dieselfde God.
              Ons moenie God by ons planne en strategieë inskakel nie.  Kom ons skakel by Sy plan in want dan onderneem Hy in alles.
            As daar negatiewe dinge is wat jou lewe beinvloed, dink net daaraan dat daar ‘n Judas nodig om Christus aan die kruis te laat sterf.
            En nou is ons aan die einde van die tyd… en kyk wat God beloof gaan nou gebeur:
              Die pad vorentoe is een van geloof, waarheid en gees!

“Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!
            “En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

“Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.
            “En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het – my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.
            “Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
            “En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
            “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
            “En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.
            Dan die transformasie: “En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.
            “Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.
            “En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.” Joël 2:21-32

Maandag 09 Januarie 2017

Hou jou lamp heeltyd brandend


Image result for brandende olielamp


Dis bykans 2000 jaar. Die grootste wonder in hierdie tyd is dat die Gelowige nooit moed verloor het nie. Die hoop op die Wederkoms het nooit gewankel nie… hoop, nie soos in “ek wens nie,” maar soos in “toekomsfeit”.
            Gelowiges weet dat hulle weet, Jesus sal Sy belofte van Weerkom nakom. Dag en nag is die Gelowiges, die Wedergeborenes wagtend.
            Weens sekere tekens wat deur Jesus en Johannes aangedui is, weet mens die Koms van Christus Jesus is voor die deur.
            Solank as wat die Heilige Gees in die Gelowige se gees inwoon sal die Gelowiges se gees aanhou verlang na Jesus se terugkoms. Almal glo onwrikbaar dat die hoop van 2 000 jaar nie verlore sal gaan nie, maar binnekort in vervulling sal gaan.
            Maar daar is ‘n getal wat volgemaak moet word en die tyd is min.
            Daar is ‘n lied “Let the Lower Lights be Burning”. Die lied is geskryf as gevolg van ‘n seeramp.
            Die bekende DL Moody het in een van sy preke in Amerika na die seeramp verwys…
            Dit was stormagtige nag. Daar was nie eers ‘n ster sigbaar nie. ‘n Skip was op pad na die hawe van Cleveland. Die enigste sigbare lig was die dan en wan in die storm en reën van die lighuis.
Die bevelvoerder van die skip het aan die loods gevra: “Is jy doodseker dit is Cleveland se hawe?”
            Al die ligte van die hawe was dood. Die gesprek vind plaas terwyl die skip erg deur die reuse golwe rondgeslinger word en golwe oor die skip breek.
            Die loods het geantwoord dat hy 100% oortuig is.
            Die bevelvoerder vra: “Maar waar is die ligte wat laag moet brand?”
            Die loods: “Daar is niks kaptein, alles is dood.”
            Bevelvoerder: “Sal jy dan die hawe kan haal?”
            Loods: “Ons moet net, anders sterf ons almal.”
            Die loods, ‘n ou ervare skipper, het dapper probeer, maar helaas, hy het die hawe se ingang misgevaar en die skip is op die rotse flenters geslaan. Baie het gesterf.
            Moody het die gehoor versoek: Broeders, die Meester sal beheer van die lighuis neem, kom dat ons die ligte wat laag moet brand, brandend hou.
            Philip P. Bliss het toe hierdie pragtige lied geskryf:

Brightly beams our Father’s mercy,
From His lighthouse evermore,
But to us He gives the keeping
Of the lights along the shore.

Refrain:
Let the lower lights be burning!
Send a gleam across the wave!
Some poor *struggling, fainting seaman
You may rescue, you may save.

Dark the night of sin has settled,
Loud the angry billows roar;
Eager eyes are watching, longing,
For the lights along the shore.

Trim your feeble lamp, my brother;
Some poor sailor, tempest-tossed,
Trying now to make the harbour,
In the darkness may be lost.
https://www.youtube.com/watch?v=_jq9sYx2mVI

Deur die jare het skrywer aan drie soektogte na drenkeling deelgeneem na ‘n seeramp. Toe was ons baie mense met lampe en sterk flitse soekende deur die nag in die deining en die branders na drenkelinge. Die ligte langs die strand help ook die drenkelinge rigting kry.
Nou stap ek sedert my Wedergeboorte langs die lewensstrand met my lamp en soek haar en ander in die deining…. (Die baba meisie wat die ysige nag van 20/21 Junie 1964 in Port Elizabeth tussen struike gevind is en ‘n paar dae later aangeneem is).
            Dis al by skrywer ingeburger om siele langs die lewensstrand te help red.
            As jy vandag hier lees, verwag die HERE presies dieselfde ook van jou. Jou lamp is jou getuienis. Hou dit altyd brandend!


Saterdag 07 Januarie 2017

Gee Julle (ek en jy) vir Hulle iets om te eet


Image result for 5 brode en 2 vissies

Oorsese vistermanne (predikers en evangeliste) word ten duurste na Suid-Afrika gebring in die hoop op Herlewing. Dis die verkeerde vistermanne. Die ware vistermanne is ek en jy.
            Ons (ek en jy), is verder onder verpligting want, die Vader sê in Eseg 3:18: “As Ek aan die godlose sê: Jy sal sekerlik sterwe en jy – kind van die Vader – waarsku nie die godlose nie, en spreek nie om die  godlose vir sy godlose weg te waarsku nie,  dan sal die godlose deur sy  ongeregtigheid sterwe, maar…… sy bloed sal van jou hand geëis word.” Hoe verskriklik tog!
            Maar God is regverdig en Hy voeg by: “Maar… as jy die godlose waarsku, en hy hom nie van sy godlose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe, maar jy het jou  siel gered.”
Dis hoe regverdig die Vader is!
Dit is of eenkant toe of anderkant toe. Die Bybel maak geen plek vir kompromieë nie. Vir huigelaars en geveinsdes is daar nie plek in hierdie arena nie.
In Luk 9:10-17, lees ons dat Jesus Christus na ‘n verlate  plek sou gaan sodat daar ‘n keer gerus kon word. ‘n Skare mense vind egter daarvan uit en sorg dat hulle Jesus en die dissipels inwag.
            Ai, en met  deernis kry Hy die skare jammer en Hy ontvang hulle, Hy verkondig die Koninkryk van die Vader aan hulle en Hy maak die siekes gesond.
            Skielik  gebeur die  totaal onverwagte. Jesus  kom agter dat die skare honger is en hy gee opdrag aan die dissipels: “Gee julle vir hulle iets om te eet!”
            Die verskoning was byderhand: “Maar ons het nie meer as twee brode en vyf vissies nie.”
Hulle regverdig hul saak verder deur by te voeg: “Tensy ons vir hulle iets gaan koop.”
Dit sê hulle, welwetende dit sou ‘n nog groter onmoontlikheid gewees het om kos vir sowat tien duisend mense te gaan koop het.
Maar, terwyl die dissipels op die menslike vlak beweeg, beweeg Jesus op die geestelike vlak: Opdrag word gegee dat die mense almal ordelik in groepe sal sit, dat daar administrasie en dissipline sal wees, dat ‘n werksprogram saamgestel word en dat daar eendragtigheid en spanwerk sal wees.
Die seën word uitgespreek en 12-man voed vyf duisend mans, hul vroue en kinders. Na raming is minstens tien duisend mense is gevoed.
Maar, as die12 dissipels net daar in ongeloof bly staan het en gesê het: “Maar dis tog onmoontlik, ons voel soos arme drommels, hoe op aarde kan ons hierdie massa mense met hierdie paar broodjies en vissies voed?”
Waarom het hulle dan positief gereageer en wel die kos begin uitdeel? Eenvoudig. Hulle het hulle fout besef en van die menslike vlak na die geestelike vlak beweeg.
Dit is ook ons probleem. Ons verstand is in die pad. Ons probeer die geestelike dinge met ons verstand beredeneer, en dis  onmoontlik. Die verhaal leer ons juis dat met die min waaroor ons dalk beskik, ons ook menigtes kan voed. Is dit nie wonderlik nie!
            Die dissipels het die eerste treë gestap na die eerste ry mense. Dit was ‘n stap in die geloof.
Toe hulle afbuig om die eerstes te begin bedien, het die Almagtige Vader se Almag en wonderbare vermenigvuldende krag in werking getree. En almal is gevoed. En boonop het 12 mandjies brokstukke oorgebly.
Nou is die opdrag ook aan ons: “Gee julle vir hulle iets om te eet!”
Dis nie ‘n versoek nie. Dis ‘n opdrag.
En ons moet dit noodwendig uitvoer!
In die verlede  het ons telkens die net aan die verkeerde kant van die skuit uitgegooi. Ons het besef die massas is honger, en dan het ons iets vir hulle gaan koop. Ons het spesiale dienste gereël en evangeliste ingevoer. Ons was bereid om geld te gee solank ons net nie self  betrokke hoef te raak nie.
Die Vader veroordeel ons nie hieroor nie. Al wat  Hy sê is, hy hou by Sy oorspronklike opdrag: “Gee  JULLE vir hulle iets om te eet!”
In Matt. 6:25 - 34, sê die Vader: “Daarom sê ek vir julle: Moenie julle kwel; oor julle lewe – wat julle sal eet of wat julle sal drink nie. Is die lewe  nie meer as voedsel en die liggaam meer as klere nie?
“Kyk na die voëls van die Hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed hul Hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
            “En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei. Hulle arbeid nie en hulle spin nie. Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.
“As die Vader die gras van die veld, wat vandag daar is en more in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle kleingelowiges?
“Daarom moet julle jul nie kwel nie en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink of wat sal ons aantrek nie?
“Want …na al hierdie dinge soek die heidene, want … julle Hemelse Vader wéét, dat julle hierdie dinge nodig het.
“Maar, soek eers die Koninkryk van God die Vader en Sy geregtigheid, en, al hierdie dinge sal vir julle gegee word.
“Kwel  julle dus nie  oor more nie, want more  sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad.”
Hierdie paar Skrifte is tog nie ydele woorde nie!
Ons is oneerlik. Ons sê ons is Christene, kinders van die Vader, maar ons vertrou Hom nie. Ons glo Hom nie. Ons neem Hom nie op Sy Woord nie. Maar ons verwag dat Hy gedurigdeur vir ons moet instaan, mens wil byna sê: regstaan.
            En net daar mis ons weer die doel want Jesus sê self: “As julle My voor die mense bely, (eers) dan sal Ek julle by My Vader bely.” Skitterend!
            Die Bybel leer verder dat ons alleen kan ontvang wanneer ons gee. Dit is ook die  ongeskrewe  wet van ons dag, ons kan niks bekom sonder dat ons gee nie.
Daarom, kom ons, ek en jy, gee vir hulle iets om te eet, en die Vader sê, Hy sal in alles vir ons voorsien. En, Hy sal nie net in ons behoeftes voorsien nie, hy gee
inderdaad aan ons in oorvloed!
            Die Vader gee altyd in oorvloed. Die bloed wat  aan die Kruis gestort was, is meer as genoeg om die hele mensdom te red.
            Wanneer ons na bv. voortplantingsaad by mens, dier, vis, planteryk en voël kyk, dan vind ons daar is miljoene meer saad as wat nodig is vir voortplanting.
            In ons eie liggaam het ons ook ‘n oorvloed aan bloed. Dit is waarom ons so maklik bloed kan skenk.
            Ons kan onsself nooit dood werk nie, daarvoor het ons meer as genoeg reserwekrag.
            Die Vader gee aan ons alles en baie, baie meer, solank ons die opdrag uitvoer: “Gee julle vir hulle iets om te eet!”
            Ons hoef nie belydenis te doen en te sê Vader ek is jammer ek staan hier met ‘n leë mandjie nie. Die Vader veroordeel ons ook nie. Al wat Hy by herhaling sê, is: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”
            Maak so: “Gee vir hulle iets om te eet!” Jou bietjie wat jy gee sal deur God se Almag vermenigvuldig word.

Woensdag 04 Januarie 2017

Word toornig en gryp jou sweep


Image result for 'n nuwe kleed


Die HERE wil vir jou skoon klere aantrek

Nuwejaarsvoornemens werk nooit. Dis ‘n illusie. Dit vergroot net die binding in jou gees. Wat nodig is, is ‘n nuwe lewe deur Wedergeboorte.
            En as jy Wedergebore is, dan is restourasie sonder enige voorhehoud, die oplossing.
            “En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.
En Hy het 'n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader 'n handelshuis maak nie.” Joh 2:14-16
Het jy al gedink wat dit van Jesus moes geverg het om hierdie dinge te kon doen. Maskas, dit was erg, baie erg. Hy was bloedig kwaad.
            Hierdie gebeurtenis was voordat Golgota plaasgevind het.
            Hierdie was die vyeboom wat geen vrug gedra het nie, maar mense wat meer belang gestel het om geld te maak binne die Tempel uit diegene wat hul sondes wou bely het deur middel van offerhande. Dra jy vrug? Dink jy die HERE is gelukkig met die vrug wat jy dra?
            Na Golgota verander alles: “Julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” Rom 8:9-14
Met die Wedergeboorte vind twee dinge plaas: Jou siel word gered van die ewige verderf, tesame met bekering. Jy bekeer jou van jou verkeerde weë. Daarna beleef ons voortgesette bekering of wat ook genoem word, die groei in heiligmaking. Dit vind plaas soos wat jy deur die Woord gewas word.
Daar is baie goed wat mens moet aflê.
            “Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
“Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar (let op) Christus is alles en in almal.
“Beklee (dis ‘n proses) julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
“Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die HERE Jesus en dank God die Vader deur Hom.” Kol 3:8-17
Maak jou eie lysie of voeg by, dinge soos bv. Ek moenie van my tiende steel nie, ek beroof God, ens., ens.
            As jy 2017 reg wil begin, word toornig op al die verkeerde dinge in jou lewe. Smyt alles wat verkeerd is uit jou tempelwoning uit. Jy sal nie in ‘n vuil woning bly nie en nog minder wil Jesus in ‘n vuil woning bly. Jy is sekerlik al moeg om deur verkeerde of negatiewe goed getorment te word.
            Die by kry sy heuning vanuit die skoonheid van blomme om die edelste produk op aarde te skep. Bye haal nie hulle voorraad vanuit die afval wat vlieeë by rondswerf nie. Is daar iets reiner as nektar?
            En ek en jy, waar haal ons, ons voorraad vandaan: Uit die koerante, ander mense se meninge, filosofie, politieke korrektheid, smerige grappe, vuil flieke, die Internet, sosiale media… die lysie kan nog al ontstellend wees.
            Smyt alle afgodsgoedre uit ons huise en tuine. Kap stukkend, verbrand, smyt weg. Maak skoon!
            Ons moet ons voorraad uit die Skrifte haal, die Almagtige God se Woord. Daar gebeur niks op hierdie aarde wat nie reeds geskrywe is nie. Ons God is alwetend.
            Neem jou sweep en beweeg deur jou tempelwoning en maak skoon. Smyt alles uit jou temperwoning uit. Restoureer.
            As jou oorgewig bv. in jou pad na heiligmaking staan, gryp jou sweep. Word roekeloos van toorn. Slaan die wit brood, die suiker, die gemorskos, die gaskoeldranke en wat ook al van die rakke en van die tafels af, uit by die deur.
            Begin reg eet, oefen en bedink die Woord terwyl jy dit doen.
            Ons moet niks in ons pad laat staan om ons lewe rein voor God te kry nie, juis omdat ons gereed maak vir sy Koms!
            Bestudeer die Woord. Ek en jy is die sout van die aarde. Sout wat laf geword het, beteken niks. Om sout sy ware werk te laat doen moet dit oral deeglik eweredig gesprinkel word.
            “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.Spr 28:13
            En jy gevallene, staan op, GOD wag vir jou!
            Hy sê vir jou soos Hy ook vir Josua in Sag. 3: 1,3,4 gesê het: “Ek wil jou oortredinge vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek!