Wys tans plasings met die etiket Hoe om te bid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Hoe om te bid. Wys alle plasings

Maandag 10 September 2018

Sien jou kinders Jesus in jou?


Image result for Dad and son watching tv


Die seuntjie vra aan sy beskonke pa: “Pappa, hoe lyk Jesus?” Die pa kan nie antwoord nie en maak of hy TV kyk terwyl hy nog ‘n bottel oopmaak.

Die dogtertjie vra ook: “Pappa, lyk liewe Jesus soos jy? Ek wil graag vir liewe Jesus sien wanneer ek na pappa kyk. Vir die pa raak dinge eens te erg en snou die kinders uit die sitkamer uit.

'n Man het een nag by 'n plattelandse gesin oornag. Die oulikheid en mooi maniere van die mense se seuntjie van 5 jaar, het hom groots beindruk.

Die volgende oggend ontdek hy die rede vir die kind se goeie gedrag. Die ma was in die kombuis besig om die roomafskeier te was, toe die seuntjie met 'n boek in die hand by haar inkom. "Ma," vra hy, "wat maak die man hier in die prent?"

Tot die kuiergas se verbasing, staak sy haar werk, droog haar hande af, hurk by hom en saam met hom kyk sy na die prent en verduidelik wat in die prent aangaan. Na die kind weer die kombuis verlaat het, gaan hy na die ma toe en spreek sy verbasing uit dat sy haar werk onderbreek het en soveel tyd aan die seuntjie bestee het.

"Meeste ma's sou vir hom gesê het om te gaan speel en later na haar toe te kom." Die vrou het geantwoord: "Ek verwag om nog vir baie jare elke oggend die roomafskeier te was, maar my seuntjie sal my dalk nooit weer daardie bepaalde vraag vra nie. Ek kon so 'n geleentheid nie verby laat gaan nie."

Dit is 'n goeie geleentheid om op so 'n stadium, die Here Jesus en Evangeliewaarhede by ons kinders tuis te bring. Die voorbeeld wat dan ook, met ons eie lewe en toewyding aan die HERE gestel word, is belangrik.

Die digter, Samuel Coleridge, en 'n vriend het in Coleridge se tuin gestap en die gesprek het oor die opvoeding van kinders gegaan.

Die man sê vir Coledridge, "Ek leer my kind niks oor godsdiens nie. Dis 'n moeilike onderwerp en hy moet self, as hy eers groot is, sy keuses maak."

Juis toe stap hulle by 'n pragtige bedding aarbeie verby. Coleridge sê: "Ek wou die onkruid laat uithaal, maar jy het my nou goeie raad gegee. Ek gaan wag tot die aarbeie eers groot is."

"Dan sal die onkruid die oorhand hê!" sê die man verbaas.

"My vriend, wat dan van jou kind?" vra die digter sag.

'n Man het by sy leraar se studeerkamer ingeloop. "My dogtertjie is skielik vanoggend dood," sê hy verslae. "Ek hoop sy is na God toe.

Wat sal sy vir God sê?

In haar pa se huis en van haar pa se lippe het sy nooit 'n gebed gehoor nie. Ag, as ek haar net een dag weer by my kan hê," sug die pa erg bedruk.

Gebedlose huise, gebedlose ouers, stilte in die huis wat die vermelding van Jesus se Naam as ons Verlosser en elke mens se ewige toekoms betref, is vir 'n kind 'n onberekenbare terugslag.

Is jou klein kindertjies nog by jou? Jou kleinkinders? Maak gebruik van die geleentheid om hulle na Jesus te lei.

"Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die Koninkryk van God... En Hy het Sy arms om hulle geslaan en hulle geseën." Mark 10:14,16

Pa, jy is die Hoë Priester van jou huis. Is daar ‘n huisaltaar? Is jy die voorganger soos dit hoort?

As daar nie ‘n Huisaltaar (Boekevat) aand is nie, vertel die kinders daarvan, vra om verskoning dat julle dit nou eers gaan begin. Sing heerlik saam en bid heerlik saam. Elkeen moet bid.

Jesus sal dit elke keer bywoon. – Sjibbolet

Dinsdag 10 Julie 2018

Peter Philpott getuig...

Johannes sê: “Daar kom ’n tyd, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat…gehoor gee, sal lewe.” Joh 5:25

            En toe gebeur dit net so: Peter Wiley Philpott skryf in The Way Out, hy stap een Januarie aand, as jongman om ’n straathoek, is ’n groep Gelowiges van Die Heilsleër vas wat ’n opelugdiens hou.

            ’n Kort jongmeisie sing met ’n mooi, helder stem ’n lied. Hy gaan staan om te luister. Vir hom is alles nuut, want geestelike liedere, kerk of Sondagskool was ver buite sy lewensraamwerk. Die vrou sing:

When I survey the wondrous Cross

On which the Prince of Glory died

My richest gain I count but loss

And pour contempt on all my pride.

Na elke vers sing sy ’n refrein:

O Calvary! Dark Calvary!

Speak to some heart from Calvary.

Terwyl sy so sing, haar gesig opgehef na die Hemel, maak die Heilige Gees in hierdie luisterende, Peter, die kruis van Golgota ’n werklikheid: dit daag in sy hart, Jesus Christus het in sy plek aan die kruis gesterf.


Pastoor Peter Wiley Philpott

Hy het nie daar ’n vriend gehad om vir hom te sê wat besig was om met hom te gebeur nie. Hy skryf: “Later daardie aand, toe ek die Bybel begin lees besef ek wat Wedergeboorte en bekering beteken. Toe eers besef ek wat daar op die sypaadjie met my gebeur het.

“Ek het voor die kruis van Christus gestaan en my gewete het my aangekla en my sonde is vergewe. Dit was my sonde wat Sy bloed gestort het, wat Hom teen die kruis help vasspyker het.”

Daardie aand, vertel hy, doen hy iets wat hy nog nooit voorheen ge­doen het nie. Voor hy in die bed klim, kniel hy en hy bid. En tot sy groter verbasing en blydskap, spreek hy God aan as: “…my dierbare Hemelse Vader” en voeg hy: “Sedertdien is Hy die afgelope 58 jaar reeds soos ‘n Vader vir my.”

Die volgende dag het hy nog hulp gekry. ’n Man wat as ‘n Gelowige bekend was, het met hom ’n gesprek aangeknoop. Hy lees vir hom stadig Joh 5 vers 24: “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die Ewige Lewe.

“Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.”

Die man vra hom om dit self te lees. Hy kan die betekenis nie mooi gesnap nie. Die man vra hom om dit weer te lees en toe vra hy vir hom: “Weet jy wie dit sê?” Maar hy weet nie.

”Dit is Jesus self wat hierdie won­derlike woorde vir jou sê.” Die man laat hom die strofe weer lees en vra: “Wat sê Jesus hét jy nou?”

Hier is Philpott se eie woorde: “Jesus sê ek het die Ewige Lewe. Vir 58 jaar al het ek nooit hierdie glorieryke feit betwyfel nie: Inderdaad, ek het die Ewige Lewe.”

Luister, dis vir jou ook beskikbaar, volg Philpott se voorbeeld. – Sjibbolet

Vrydag 13 Oktober 2017

My Anker...


Image result for Anker

'n Goeie en gerespekteerde man in die omgewing was siek, vertel Christian Herald die storie. Sy vriende het gekom, om hom te troos en te bemoedig. Hulle het sy goeie lewe in gedagte gehad, sy goeie dade en hoe hy prakties en aktief, in die kerklike lewe deelneem, om Christus se volgelinge te beskerm en op te bou.

Toe hulle wou vertrek bid een van hulle vir hom. "HERE", bid die man, "U weet hoe lief hy U het."

Hy val die bidder in die rede:
"Nee, vriende," praat die man van sy bed af, "moet dit nie so sê nie. Toe Marta en Maria, die boodskap oor Lasarus se siekte, na Jesus toe gestuur het, het hulle nie laat weet: 'HERE, hy wat vir U liefhet is siek nie.' Hulle het laat weet: 'HERE, hy vír wie U liefhet, is siek.' Dit is nie my gebrekkige liefde vir Jesus wat my moed gee nie, maar Sy groot liefde vir my. Dít is my krag en vashouplek."

            Dit is ook die raad, wat die groot prediker Mark Guy Pearse, vir 'n bekommerde jong meisie gegee het. Sy het met haar geestelike behoefte na hom toe gegaan. "Ek weet ek het Jesus in my lewe aangeneem," kla sy, "maar ek kry nie reg om Hom regtig lief te hê nie."

Mark Pearse het haar geantwoord: "My dogter, moenie aanhou aan jóú liefde vir Jesus dink nie. Sê oor en oor vir jouself: 'Jesus het my lief.'

Kom spreek my weer môreoggend."

“Toe sy die volgende oggend kom om hom te sien, was dit nie nodig om hom te vertel van die verandering in haar gemoed nie. Sy was stralend. Die Heilige Gees het die liefde van Jesus wyd in haar hart en gemoed versprei.”

            Jesus het vir Sy dissipels vertel Hy het hulle lief. Dit is die geloof wat ons nodig het. Glo aan Jesus se liefde vir jou. Sê dit in eie hart. Die Heilige Gees sal dit beaam en in die hart oorwinning bring.

            “Hy het Sy eie mense wat in die wêreld is liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad." Joh 13:1

Sondag 29 Januarie 2017

Wanneer die Heilige Gees ‘n kind gebruik


"Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die Koninkryk van God is juis vir mense soos hulle." Luk 18:16

 In Die Bode van September 2000, die kwartaalblad van die Transnet Christelike Unie, skryf Leon Jones hierdie aandoenlike ervaring oor homself:




            "Dit word laat," sê ek vir my ses jaar oue seuntjie. "Jy moet solank gaan inkruip."
            Vandat ek en my vrou drie maande tevore van mekaar vervreemd geraak het, en ek my eie plek gekry het, bring Greg elke tweede naweek by my in my woonstel deur.
            "Gaan ons nie eers bid nie?" vra hy heel onskuldig.

Van kleins af het ons hom geleer en gehelp om voor slapenstyd sy gebedjie op te sê, en dit was vir hom belangrik. Maar vanaand was dit reeds laat ek het nog baie werk gehad om te doen.
Ek skakel my rekenaar aan en hoop hy sal sien ek is besig – miskien kan ons vanaand oorslaan!
"Wanneer kom Pa?" kerm hy egter. Ek dink by myself: laat ons dit agter die rug kry. Hy sal my tog nie ophou pla nie.

Ons is na sy kamer toe en ek gaan langs hom op die bed sit, maak die Bybel oop en rammel 'n paar strofes af.

Toe ek die Bybel toemaak, kniel hy langs die bed. "Wie gaan eerste bid, Pappie?"
"Bid jy maar eerste, my kind," sê ek en hoop dit gaan nie lank neem nie. Ek het nog baie werk gehad.
"Liewe Jesus," begin hy, sy hande onder sy ken gevou. "Dis Greg hierso."
Hy kyk op na my en glimlag ingenome met homself. Hy maak sy oë weer toe.
"Ek het vandag 'n lekker dag gehad. Ek het met die meisietjie hier langsaan gespeel. Haar naam is Susan."
Hy bly weer stil en kyk op na my. "Weet liewe Jesus dat Pappie en Mammie nie meer saambly nie?" vra hy ernstig.
"Hy weet," antwoord ek stug.
"Liewe Jesus, dis weer Greg hier," bid hy verder. "Ek gaan môre weer terug na Mammie toe; so ek wil net vra dat U moet mooi kyk na Pappie en Susan ook en..."
Hy hou op en kyk bekommerd na my. "Susan se Pappie bly ook alleen, en sy van is ook Jones. Sal liewe Jesus nie deurmekaar raak nie?"
"Nee, Greg," kreun ek.
Wanneer gaan hy tog klaarkry?
"Is Pa seker?" "Ek is baie seker, Greg," sê ek nou effens ongeduldig. "Hy weet wie's ek en Hy weet wie's Susan se pa."
"Is Pappie nou kwaad vir my?"
"Nee, ek is nie kwaad nie, Seun – maar mens bid nie soos jy nie. As jy bid, praat jy met die HERE. Jy kan nie 'n bietjie met Hom praat en dan weer 'n bietjie met my nie. Dis 'n ernstige saak om te bid."
"Soos die grootmense in die kerk?" "Soos in die kerk, ja!"
Hy sluit weer sy oë. "Onse Vader, wat in die Hemel is..." Hy loer onderlangs vir my. "Ek bid vir Pappie en vir Mammie...ee..." Hy bly weer stil.
"Is dit beter, Pa?" Skielik voel ek skuldig. Weg was sy spontaniteit en ek kon sien hy weet nie wat om verder te bid nie.
"Greg, vergeet wat pa gesê het – bid soos jy altyd gebid het – praat met die HERE soos voorheen." Hy glimlag verlig.
"Liewe Jesus, dis weer Greg; Ek wil so graag hê Pappie moet terugkom huistoe..."

Ek onthou skielik hoe gelukkig ek en my vrou voorheen was; die liefde wat ons gedeel het en hoe wonderlik dit is om 'n seun soos Greg te hê. Vir 'n oomblik probeer ek dink waar dinge dan so verkeerd geloop het. Was dit die stres van my werk? Was dit afvalligheid van die Here? Verwag ons te veel van mekaar? Of was dit iets anders.

Greg het gou aan die slaap geraak en ek het na my eie kamer toe gegaan, die deur agter my toegetrek en by my bed gekniel.
"Here Jesus, dis Leon hier. Daar is iets waaroor ek met U moet praat......"

            Wanneer ons, met watter probleem ook al, by hierdie plek kan uitkom, gaan die lig vir ons op. Leon het in Die Bode, net tot hier geskryf. Ons glo dat hy en sy vrou weer verenig is.
Ons glo dit is wat gebeur het. Want die Here het belowe, as ons só nederig en afhanklik kom bid, steek Hy Sy hand uit en doen vir ons die onmoontlike. "

Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie...Hy het Sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën." Mar 10:14,16



Maandag 07 September 2015

Die grootste bediening is Intersessie


Image result for person praying

Los die prediking –
kom ons bid soos nog nooit te vore nie!

Daar is geen groepie te gering of ‘n plekkie te klein vir mense om die HERE te dien ver bo hulle eie vermoëns nie.
“Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Matt 18:20.
Dit is nie die grootte of sterkte van ons vermoëns wat tel nie, maar God se onbeperkte krag en genade wat ons as indiwidue, ons gesinne, ons gemeentes en ons werkplek kan transformeer tot eer van sy Koninkryk.
          Die gemeente van Christus was in ‘n stadium vol geloof, vol van die Heilige Gees en vol van God se krag. Daardie klein gemeentetjie het ‘n ongeredde wêreld omgekeer sodat dit vandag die grootste beweging in die wêreld is.
          Daardie gemeentetjie se handboek, die Bybel, die Lewende Woord van God, is vandag steeds die grootste verkoper van alle boeke in die wêreld.
          Die klein gemeentetjie van destyds het in Jerusalem ontstaan. Dit was in dieselfde dorpie waar Jesus Christus net twee maande tevore gekruisig was.          Volgens Hand 1:15 was daar net 120 mense teenwoordig.
          Daar was egter ‘n uitstaande kenmerk onder hulle aanwesig: Hulle was eendragtig!
          Hulle eendragtigheid, asook hulle geloof en liefde het daartoe gelei dat die getal van 120 op een dag toegeneem het tot 3 120!
          ‘n Ander verbasende aspek was dat hulle almal van Galilea af gekom het Hand 1:11; 2:7. Daar was niks geestelik belangriks van hierdie mense verwag nie.  
          ‘n Ander uitstaande kenmerk was dat die diens in die vorm van gebede was. Al die lidmate was eendragtig in die gebed en hulle het almal die krag van God in en om hulle beleef.
          Die waarheid en krag van eendragtigheid is die grootste en kragtigste waarheid op hierdie aarde. Dragtig beteken swanger... eendragtig is wanneer almal saam die swangerskap dra.
            Inderdaad was daardie gebedsdiens ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak. Nie dat gebed as sodanig magtig is nie, maar onse God is!
          Dis die soort gebed en die soort reaksie wat Suid-Afrika nodig het.
          Jesus Christus het belowe: “Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die Hemele is.
          “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde. Matt 18:19-20.
          Hoeveel mense in jou dorp of woonbuurt bid daagliks as gesin saam?
          Bid julle vir die leiers in julle gemeenskap – die predikant, die skoolhoof, die polisiehoof, die brandweerhoof, ens., ens?
Die volgende vraag hoef mens nie eers te vra nie want elke gemeente van elke kerk in jou dorp of woonbuurt gaan mank aan gebedsondersteuning. Die belangrikste byeenkoms van Christene, die bidure, word net deur enkeles bygewoon.
          Predikante moet dit dalk oorweeg om die bidure ‘n tyd lank af te skaf en die oggend- en aanddienste op Sondae in gebedsdienste te omskep, waar daar nie gepreek word nie, net gebid word, waar daar eendragtig tot God geroep word.
          Doen dit. Jy is uitgedaag, doen dit!
          As ons die egskeidings wil stop, die gesinsprobleme wil oplos, die gemeente wil laat groei, die skool wil red, laat ons dan in eendrag begin saam bid sodat God se onmeetbare vermenigvuldende krag in ons gemeentes, ons skole, ons gesinslewens en in ons gemeenskapslewe in werking kan kom.
“Ag, hoe het die getroue vesting ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag — en nou moordenaars!” Jes. 1:21.
          Ons kan die situasie omkeer deur by onsself te begin. As Sondag na Sondag se prediking niks oplewer nie, begin dan bid en nogmaals bid. Laat God dit dan omkeer.
          Begin deur te verootmoedig:

·       Ps 69:5   O God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.
·       Ps 90:8  U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.
·       Ps 32:5  My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.
·       Ps 106:6  Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel.
·       Ps 25:7  Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
·       Ps 25:18  Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.
·       Ps 38:21  Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie!
·       Ps 38:22   Maak tog gou om my te help, Here, my heil!
·       Ps 19:13  Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.
·       Ps 34:13   Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
·       Ps 34:14   Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.
·       Ps 38:18   Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.
·       Ps 41:4   Ék het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
·       Ps 51:2   Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
·       Ps 51:3   Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
·       Ps 51:4   Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
·       Ps 51:9   Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.
·       Ps 79:9  Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.
·       1 Joh. 1:9-10  As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
·       Ps 85:2   U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.
·       Ps 91:10  Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
·       Ps 103:10  Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.
·       Ps 119:11  Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.
·       Open. 5:13b  Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

Luister,  dis goed en mooi as iemand die voorreg had om ‘n predikant te word, selfs ‘n doktorsgraad kon verwerf, maar die grootste geestelike bediening is die van intersessie. Daarvoor het jy geen akademiese of teologiese opleiding nodig nie, net ‘n liefde vir Jesus en vir die verlorenes.
Dis wat Jesus doen. Hy tree dag en nag vir ons in by die Vader. Hy sê ook: “Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.” Matt 10:32.
Komaan, bid sonder ophou. – Sjibbolet

Donderdag 04 Junie 2015

Slegs vertroue, Vol vertroue, op Sy Woord


 Image result for trust in god



Ons mag wonder waarom die mense van Israel 40 dae gewag het vir die terugkeer van die spioene terwyl hulle eintlik gereed was om Kanaän binne te gaan en terwyl hulle alle versekering op sukses en Goddelike krag gehad het en boonop bewus was van al die wonderwerke wat hulle in daardie tyd beleef het.

          Maar hulle het nie op God se krag en belofte vertrou nie.

          Hoevele kere staan ons nie in die pad van ons eie geloof nie. Nie dat ons ongelowig is nie, maar daarin dat ons nie ons geloof in aksie stel nie.

          Na ‘n tyd keer die boodskappers terug, maar die grootste deel van die volk is ontmoedig om vorentoe te beweeg en Kanaän binne te trek.

          Die Israeliete gee toe aan die versoeking om liewer op mense te vertrou terwyl hulle die Woord van die HERE had om op te vertrou.

          Alhoewel hulle die land gevind het so goed as wat God gesê het dit sou wees het hulle nogtans dit nie wou aanvaar nie. Hulle verval in vertwyfeling alhoewel die Ewige Waarheid dit aan hulle gegee het.

          Dit was die mededeling deur die bose spioene. Kaleb het hulle egter bemoedig om vorentoe te beweeg, alhoewel net Josua dit ondersteun het. Nogtans sê hy nie, laat ons gaan en die land verower nie, maar dat hulle die land moet beset.

          Moeilikhede in die pad van redding, wankel en verdwyn voor die aanslag van ‘n lewende aktiewe geloof in die krag en beloftes van God.

          Alles wat belowe is, is moontlik vir hulle wat glo, maar vleeslike lektore kan nie vertrou word nie. Ongeloof kan nie die beloftes en krag van God raaksien nie. As ons glo is alle dinge moontlik.

Om te glo is om te aanvaar en om te weier om te twyfel. “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesleep word.

”Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.” Jak 1:6-8

          Iemand wat twyfel, twyfel nie net oor die dinge van die HERE nie, hulle twyfel oor baie meer dinge in hul lewens. Sulke mense is oral waar hulle gaan en in baie dinge onbestendig.

          Glo jy die volgende: “Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, (hoe?) deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, (hoekom?) sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, (wanneer)  nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.” 2 Pet 1:4

          As jy nie glo dat God dit geskenk het nie, dan twyfel jy en  dan sal jy dit ook nooit besit nie.

Israel het die Beloofde Land ontvang (Ex 3:8) — Maar Gelowiges het die Land van Beloftes ontvang. 2 Kor 1:20

God is ‘n waarmaker van sy Woord. Hy twyfel nooit en Hy lieg nooit. Let op na die volgende strofes:

Jer 1:12 “...Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

Jes 55:11 “So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

Asook Num 23:19 “God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?”

As jy glo, sal jy graag verder wil lees:

Hoop in die Bybel is nie om te hoop soos om te wens iets gebeur nie. Hoop in die Bybel beteken toekomsfeit!

          Hoop in die Bybel sê Gelowiges se toekoms is verseker, gewaarborg.

          Ps 31:24 “Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.”

Ps 33: “Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag.”
Ps 38:16 “Op U, HERE, wag ek; U sal verhoor, Here my God!”
          Ps 43:5 “Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof- die verlossing van my aangesig en my God!”
          Ps 71:5 “Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.”
          Ps 78:5-7 “Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het- om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar.”
          Jer 17:7 “Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.”
          Hand 23:6b : “Broeders, ek is 'n Fariseër, die seun van 'n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.”
          Hand 24:16 “Ek hoop op God, 'n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar 'n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.”
          Rom 5:2 “Deur Jesus het ons ook deur die geloof die toegang verkry tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.”
          Rom 5:5 “Die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”
          Rom 15:4 “Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.”
          Rom 15:13 “En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!”
          Efes 1:18-19 “Die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, het aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is.”
          Efes 4:4 “Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping.”
          Kol 1:3-5 “Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid, omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die Waarheid van die Evangelie.”
          Kol 1:27 “Aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.”
          1 Thes 5:8 “Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.”
          Tit 1:2 “In die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het.”
          Tit 2:13 “Terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus.”
          Tit 3:7 “Sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.”
          Heb 3:6 “En ons is sy huis(volk) as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.”
          Heb 6:18-20 “Sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel  waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek 'n hoëpriester geword het vir ewig.”
          1 Pet 1:3 “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.”
          1 Pet 1:13 “Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.” –  Sjibbolet

Donderdag 25 September 2014

Volheid van die Heilige Gees




Geskryf deur Manie Colyn.

Ef. 1:1-14: "Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is julle as die eiendom van God beseël" (vs. 13).

Charles G. Finney se naam word gedurig met die herlewing van meer as 'n eeu gelede verbind. Hy was 'n regsgeleerde, maar na sy oorgawe aan die Here het die Here hom op buitengewone wyse met die Heilige Gees vervul. Sy prediking was daarna vol krag en baie mense het tot bekering gekom.

In die Elim Evangel beskryf hy sy ervaring met hierdie woorde wat herinner as die uitstorting van die Heilige Gees op die eerste dissipels op Pinksterdag: "As I turned and want to take a seat by the fire, I received the mighty Baptism of the Holy Spirit. The Holy Spirit descened upon me in a manner that seemed to go through me, body and soul. I could feel the impressions like a wave of electricity going through and through me. Indeed, it seemd to come in waves and waves of liquid love; for I could not express it in any other way. I wept aloud with joy and love; and I do no know, but I should say I literally bellowed the unuttterable gushings of my heart."

Sy kragtige verkondiging van die evangelie en die herlewings wat gevolg het oral waar hy gepreek het, het 'n stempel geplaas op die egtheid van hierdie ervaring. Die prediker, D. L. Moody, het 'n soortgelyke kragtige ervaring van die vervulling met die Heilige Gees gehad. Ander werkers van die Here, wat net so bruikbaar en geseën in die Here se diens was, het weer nie so 'n dramatiese ervaring gehad nie.

Die prediker en skrywer, F. B. Meyer, wat net so kragdadig deur die Here gebruik is en wat nou nog sy baie boeke gebruik en seën, skryf in The Overcomer soos volg oor sy ervaring van die volheid van die Heilige Gees:

"I left the prayer meeting and crept out into the lane, away from town. As I walked I said, 'O my God, if there is a man who needs the power of the Holy Ghost to rest upon him it is I; but I do not know how to receive Him. I am too tired, too worn, too nervously down, to agonize.'

In my heart a voice said: 'As you took forgiveness from the hand of the dying Christ, take the Holy Ghost form the hand of the living Christ.' I turned to Christ and said, 'Lord, I breath into me a breathe in this whiff of warm night air, so I breathe into every part of me Thy blessed Spirit.'"

Hy gaan voort om te getuig dat hy nie gevoel het die Here se hand word op hom gelê, of 'n vuurvlam val op hom, of dat hy 'n gedruis uit die Hemel gehoor het nie, maar deur geloof, sonder emosie, sonder opgewondenheid, het hy vir die eerste keer, en daarna keer op keer, die volheid van die Heilige Gees vir hom in sy hart toegeëien. Sy vrugbare arbeid daarna het ook in sy geval die egtheid van sy vervulling met die Heilige Gees bekragtig.

Paulus skryf aan die Efesiërs: "Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees" (Ef.3:16). "...laat die Gees julle vervul..." (Ef.5:18). Ons kan nie in eie krag die geringste werk in die Here se koninkryk met vrug en seën verrig, sonder die krag van die Heilige Gees in ons hart nie. Vra Hom vrymoedig vir die volheid van sy Heilige Gees.

GEBED: Here, vandag vra ek U vir die vervulling van u Heilige Gees en ek ontvang dit. – Manie Colyn