Wys tans plasings met die etiket Waarom moet ons bid? Verhoor God gebede?. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Waarom moet ons bid? Verhoor God gebede?. Wys alle plasings

Sondag 05 April 2015

In die naam van God — Dink!


Demosthenes, die groot Atheense patriot, het, toe dit geblyk het dat sy landgenote te verward en verdeeld was om die Masedoniese aanslag teen te staan, het hy luidkeels uitgeroep: “In die naam van God, ek smeek julle: Dink!
            Vir ‘n geruime tyd daarna het die Athene, Demosthenes bespot. Dit was te begrype want Masedonieë  was nogal ver en daar was baie tyd.
            Hulle kon nie dink dat hulle oormore sou moes boedel oorgee nie.
            So is dit met ons Christene vandag. Ons is te traag om te dink. Ons kon lankal besef het ons gaan uitlewer word, keer op keer. Dink!
            Moenie vrees nie, moenie praat nie, moenie vlug nie.... Dink!
            Donderdag 2 April 2015 is 147 Christen studente op ‘n Keniaanse kampus vermoor. Die Islamitiese studente is vrygelaat. Meer sulke voorvalle kom die afgelope tyd in Afrika en ook reg oor die wêreld voor.
            Hoeveel Christene is nie sedert 1994 op plase, dorpe en stede in Suid-Afrika vermoor nie – Dink!
            Die Demosthenes pleidooi word vandag herhaal: In die naam van God, ek smeek julle – Dink!

Die vierjarige Christen meisietjie Hudea, gevries weens vrees, hensop haar bebloede handjies in die Atmeh-vlugtelingskamp op die grens van Sirië toe sy ‘n joernalis se kamera aangesien het vir ‘n geweer. Haar pa is doodgeskiet. Haar bebloede handjies is skynbaar weens die vlug grondlangs. Mens hensop met jou hande oop, maar sy kon skynbaar nie haar beseerde handjies oopkry nie. Die mamma en die drie  kindertjies het sedert 2012 in die Atmeh-kamp gewoon en  twee weke gelede die noodlottige besluit geneem om na Idib te vlug, maar tevergeefs, want Idib is kort daarna deur Al-Qaeda oorgeneem, aldus the UK Daily Mail.

Die aanslag teen die Christendom is wêreldwyd aan die toeneem en dit lyk of die Christendom magteloos is. Is dit?
            ‘n Mens sonder beginsels, is ‘n beginsellose mens. ‘n Volk sonder beginsels, is ‘n onbeskaafde volk.
            As ‘n Christenvolk sy beginsel vergeet, oorboord begin gooi, dan verval hy in barbarisme.
            As ‘n volk gesonde beginsels verwerp, word hy ‘n dweepsieke volk.
            Die denkende Christen moes deur die jare gelede sy gesonde beginsels op verskeie fronte verdedig het. Vandag het hy weer geleentheid om dit te doen:
            Die eerste is  teen die verwaarlosing van alle beginsels wat lei tot sosiale en persoonlike agteruitgang.
            Die ander is die aanname van vals beginsels wat die wêreld in anargie dompel.
            Die gevaar op die oomblik is dat ‘n groot deel van ons volk vergeet het dat ons Christen- en politieke beginsels ooit bestaan.
            Ons moet onsself verdedig deur vernuwing van ons bewuste ware geestelike, morele, politieke en ekonomiese beginsels. Ons moet dit ook onverwyld in elke sektor van ons  volks-, gemeenskaps- en gesinslewe toepas.
Dit is die Christen se identiteit in Christus wat uitgeleef moet word. Maar as die Christen nie langer met sy eie identiteit bekend is nie, het ook hy net ‘n klinkende simbaal geword.
Die Christene is gered om ‘n verskil te maak, maar gebeur dit?  Is ons werklik anders? Ons behoort te wees! Die Lig het geen gemeenskap met die duisternis nie.  Die Lig moet die duisternis verdryf deur die Koninkryk van God uit te bou.
Mens moet in gedagte hou dat daar vele vreemde bedmaats onder die linkses in Rusland, Sjina en elders is, asook onder die linkse  intellektuele liberales in die Weste. Hierdie mense glo onwrikbaar dat Kommunisme – ook bekend as “Ware Sosialisme”  of  “1917 Sosialisme” – gekaap was deur Stalinisme en Maoisme, en dat dit nooit ‘n werklike kans op sukses gegee was nie.
Hierdie mense – aangedryf deur ‘n sogenaamde Godsdienstige verbintenis tot sosiale kollektivisme – glo dat Kommunisme nog nie waarlik gebore is nie, wat nog te sê van vernietig is. Hulle werk steeds in die rigting van ‘n ware Kommunistiese renaissance.
Die ekstremistiese Islam glo hy doen God ‘n guns deur die Christene te vermoor.
Dit glo hulle omdat hulle nog nooit soos ek en jy met die Waarheid kennis gemaak het nie. Hoekom nie? Omdat ek en jy hulle nie die Waarheid aanbied nie?
Saulus, voordat hy Paulus geword het, was ‘n terroris. Vandag is daar miljoene terroriste. Die belangrikste vraag nou is: Hoe moet ons as gelowiges optree teen hierdie Saulusse?
            “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees!” Sag 4:6
            Die terroriste maak gebruik van krag en brutale geweld, maar die Gelowiges volg ‘n veel meer uitnemender weg,
“Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
            Gelowiges is ‘n revolusionêre aanvalsmag in eie reg: “Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg (hoekom?) sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.” Matt 5:43-44
            Die opdrag van God is dat ons hom in Gees moet aanbid. Waarom moet ons, (ek en jy), hoegenaamd bid?
            Wanneer die Here sê dat Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit ‘n opdrag wat eenvoudig uitgevoer moet(!) word, al is dit ook hoe moeilik.             As daar nie vrede in die land is nie, dan is dit heel waarskynlik omdat die Liggaam nie vir die regering bid nie.
            Die Here is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: “Die koning se hart  is in die hand van die Here soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil.”
            Die nuwe vertaling lees: “Die Here kan ‘n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!” Skitterend!
            So, kom maar gerus u plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar hulle is in beheer.
            Luister wat sê Psalm 149 oor “Lofgesang en Oorlogswaard”:

            Halleluja! Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied,
            Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
            Laat Israel hom verheug in sy Maker;
            Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!
           Laat hulle Sy naam loof in koordans,
            Hom psalm sing met tamboeryn en siter.
            (Hoekom?)
            Want die Here het ‘n welbehae in Sy volk;
            Hy versier die ootmoediges met heil.
            Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;
Laat hulle jubel op hul bedde.
Lofverheffinge van God is in hulle keel,
en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;
(Hoekom?)
om wraak te oefen onder die heidene,
strafgerigte onder die volke;
om hulle konings met kettings te bind
en hulle edeles met ysterboeie;
(Hoekom?)
om ‘n vonnis wat opgeskrywe is,
aan hulle te voltrek.
‘n Eer is dit vir Sy gunsgenote!
Halleluja!
         
            Dus, nie deur krag of geweld nie, maar deur lofprysinge aan die God van ons heil. Lofprysinge is ‘n tweesnydende swaard: Terwyl ons God loof, oefen ons ook wraak uit onder die heidene, strafgerigte onder die volke, om hulle konings in kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie…… Waarom? Om ‘n vonnis te voltrek wat reeds opgeskrywe is!
            In 2 Pet. 1:2 staan: “Mag genade en vrede vir julle vermeerder word  (hoe?) deur die kennis van God en Jesus, onse Here!
            As ons bely dat ons Christene is dat is ons verplig om die kennis wat die Woord ons bied, op te doen...  sodat genade en vrede vir ons kan vermeerder.
            As ons ooit in ons lewens gebid het en God veertrou ghet, dan is dit nou. – Sjibbolet

Donderdag 15 Januarie 2015

Ouers onbevoeg om kinders geestelike te lei





·    Navorsing toon
Ouers onbevoeg om kinders geestelike te lei

In Suid-Afrika is daar huidig ‘n groot geskarrel rondom godsdiens in skole. Die volgende is ‘n verslag van die Barna Navorsingsgroep in Amerika, ‘n peiling wat ook die Suid-Afrikaanse situasie weerspieël.
          Ouers glo en aanvaar dat hulle primêr verantwoordelik is vir hulle kinders se geestelike ontwikkeling, maar min ouers spandeer tyd gedurende ‘n tipiese week in  interaksie met hulle kinders oor godsdiens.
          Dit het nodig geword dat die kerke die ouers onderrig gee oor hoe om na hulle kinders se geestelike heil om te sien.
          Nege uit elke tien ouers van kinders jonger as 13 jaar (85%) glo dat hulle primêr verantwoordelik is om hulle kinders oor godsdiens en geestelike sake te onderrig.
          Net 11% het gesê dit is die kerke se verantwoordelikheid en 1% het gesê dit is die verantwoordelikheid van die kind se skool.
          Feitlik al die ouers van kinders jonger as 13 het gesê dit is ouers se verantwoordelikheid om kinders waardes te leer.  Net 1% het gesê dit is die skool se plig en nog 1% het gesê dit is die kerk se plig.
          Nogtans spandeer die meeste ouers geen tyd hoegenaamd daaraan om hulle geestelike te onderrig nie.
          Daar is darem ‘n effense ligstraaltjie. Twee uit elke drie ouers se kinders woon elke maand kerkdienste by. Alhoewel die meeste ouers dus sê dat die geestelike onderrig van hulle kinders, die ouers se verantwoordelikheid is, is hulle heeltemal tevrede daarmee dat die kerke die kinders onderrig.                    
          Die navorsing het getoon dat alhoewel ouers graag self hulle kinders wil onderrig, die ouers nie weet hoe om dit te doen nie weens ‘n gebrek aan kennis.
          Dit het ook getoon dat die kerke feitlik geen rol daarin speel om ouers van die nodige kundigheid te voorsien om na hulle kinders se geestelike heil om te sien nie. Net een uit elke vyf ouers van kinders jonger as 13 (19%) is deur kerke gekontak om die ouers se rol in die geestelike opvoeding van hulle kinders te bespreek.
          Die navorsing het getoon dat ouers nie weet hoe om die Bybel te bestudeer nie en hoe om Bybelstrofes te memoriseer nie.
          George Barna wat die navorsing gelei het, sê dat miljoene ouers geen idee het van die geestelike nood onder hulle kinders nie.

·       Van die 51miljoen kinders onder die ouderdom van 18 jaar in Amerika, is daar meer as 40 miljoen wat nie Jesus Christus as Saligmaker ken nie. Barna sê dit bewys dat daar ‘n geestelike nood is wat nie aangespreek word nie.

Barna sê: “Hierdie is die mees betekenisvolle en vrugbaarste sendingveld binne die geledere van die nasie, nogtans doen die mense wat glo en erken dat hulle verantwoordelik is vir hierdie kinders se geestelike heil, net mooi niks daaraan nie.
“Kerke sal in toenemende maat betrokke moet raak by die onderrig van die ouers wat betref die geestelike opvoeding van hulle kinders en om hierdie aller belangrike taak met wysheid te hanteer.”
Die navorsing het ook getoon dat in sommige gevalle die ouers nie in staat is om hulle kinders geestelik te lei nie omdat die ouers met hul eie geloofsontwikkeling sukkel.
          Wanneer dit kom by die geestelike opvoeding van kinders is daar miljoene gesinne op wie die spreekwoord van toepassing is wat lui:  Jy kan nie gee wat jy nie self het nie!
          Volgens die navorsing kan ’n kerk egter nie daarin slaag om ‘n kind tot volle geestelike wasdom te lei nie. Dit is en bly die taak van die ouers, veral die moeder aan moedersknie. Hoe meer die kerk hierdie rol vervul, hoe minder sien mens geestelik gesonde gesinne en hoe minder armer word ons aan ‘n nuwe generasie van jongmense wat tot geestelike wasdom kan groei.
          Die kerke daarenteen erken dat dit nie hulle plig is om kinders tot geestelike wasdom te lei nie. Kerke het kinders maar sowat twee ure per week onder hulle vlerk terwyl die ouers die kinders die hele week onderdak het. Ouers het baie meer geleenthede om as geestelike mentors op te tree.
          Die inligting wat tydens hierdie projek ingesamel is, het nou gelei tot ‘n nuwe boek wat binnekort uitgegee sal word getiteld “Transforming Children Into Spirtual Champions.”  Dit sal dien as handboek vir ouers en kerke.
         Die navorsing kon net sowel in SA gedoen gewees het. Die situasie is presies dieselfde. Die ontsettende hoë egskeidingsyfer in SA belemmer ook die geestelike heil van ons kinders. Die kerke se taak kan nie onderskat word nie.
          Ouers mag egter wel die opvoedingstaak van hulle kinders aan ander delegeer, maar hulle mag nooit die verantwoordelikheid delegeer nie.  Die beheer oor die totale onderwys van ‘n kind, moet by die ouer berus en nie by die staat of ‘n ander liggaam nie.
          Die inhoud van alle onderrig moet in die geval van die Christen, op die Bybel gebaseer wees.  “Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid…” Ps. 111:8.
          Ouers het geen verskoning in SA waarom hulle nie hulle kinders ook tot geestelike wasdom kan lei nie. Christen-boekwinkels verkoop talle handleidings.  Meeste kerke het handleidings beskikbaar.
          Die belangrikste op die oomblik is vir ouers om hulle verantwoordelikheid te besef en dit daadwerklik na te kom, hulleself geskool te kry in die Woord en na hulle kinders se geestelike heil om te sien. Hierdie is ‘n verpligting wat geen ouer mag of durf systap nie.
Komaan ouers, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat nou kreupel is (want inderdaad is ons ‘n kreupel spul) nie (boonop) uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word, aldus Hebr. 12:12-13. – Sjibbolet

Saterdag 10 Januarie 2015

Die liefde van ‘n Vader....


 



Fil 4:2–9: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed...aan God bekend. En die vrede van God sal oor julle...wag hou" (vs. 6,7).

In die Reader's Digest van Julie 1990 word Lewis Grizzard se verhaal in King Features oor 'n dogter se ontdekking van haar pa se liefde aangehaal. Hy begin sy storie so: "I remember the conversation at a party some time ago. 'Tell them about your dad and the muffins,' a friend asked. 'It still makes me cry,' she began." En dit is hoe sy die storie toe vertel het.

Lewis Grizzard. Hy is tydens sy vierde hartoperasie op 46-jarige ouderdom oorlede.

Elke oggend as sy werk toe ry, ry sy by haar pa se huis verby. En elke oggend hou sy eers by hom stil om saam met hom koffie te drink. Elke oggend hou hy vir haar vars gebakte roosterkoekies gereed, sodat sy dogter – of dogtertjie in sy gedagtes – nie met 'n leë maag by haar werk moet aankom nie. Een koue, reënerige oggend verslaap sy haar. Toe sy opspring weet sy sy gaan nie vanoggend tyd hê om by hom stil te hou om koffie te drink en muffins te eet nie.

Sy bel hom en verduidelik. "Jy kom nie vanoggend nie?" vra hy en sy hoor die teleurstelling in sy stem. Sy verduidelik weer hoe sy met haar tyd 'n probleem het. "Maar môre is ek weer daar," beloof sy hartlik. Sy klim in haar motor en ry deur die vallende reën werk toe ry. Toe sy die hoek by haar pa se huis omgaan, staan hy langs die straat. In die koue en in die reën wag hy vir haar. In sy hand hou hy 'n plastieksakkie vas. "He was waiting for me so I would still have my muffins..."

God is nie net ons Skepper nie. Hy is ons Vader. Deur die Here Jesus Christus het ons God se ware kinders geword. Soos ons, ons kinders lief het – nee, dieper, voller, het God ons lief. Van Jesus skryf Johannes in sy eerste hoofstuk: "Hy was in die wêreld... en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense (die Jode) Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God genoem te word... God is hulle Vader" (Joh.1:9-13). En dan sê Jesus: "As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan die wat dit van Hom vra?" (11).

GEBED: Vader, in Jesus se naam, dankie, U is altyd met my. Ek ontvang alles wat ek nodig het.

Maar ons het ‘n gebedsrol om te vervul




Die HERE kan ‘n koning se gedagtes verander soos water in ‘n leivoor


Nie deur krag of geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare in Sag. 4:6.
          Die God van die Bybel, is presies dieselfde God wat ons vandag aanbid. Vir Hom is niks onmoontlik nie. Omdat Hy Almagtig is, kan Hy die geskiedenis verander, Hy kan die lewe van enige volk op aarde omskep, ja, Hy kan selfs oorloë laat ophou – in antwoord op gebed!
          Die Here is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: “Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome;  Hy lei dit waarheen Hy wil.”
          Die nuwe vertaling lees: “Die Here kan ‘n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!” (Plaas- en dorpskinders sal weet wat ‘n leivoor en leibeurte is en hoe mens dit beheer.)
          Israel pleeg ‘n gruwelike sonde. Die HERE sê aan Moses: “Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Maar Moses besluit om 40 dae lank op die berg te gaan bid.
          Dis nie lank nie. Selfs in ons dag bid mense so lank en selfs langer.
          Moses was bang vir die toorn en die grimmigheid van die HERE (Deut. 9:19), maar hy het God nie met rus gelaat nie.
          Dit is wat ons ‘n (magtige) gebedstryd noem, wanneer iemand bid asof sy lewe daarvan afhang.
          Moses het nie nodig gehad om so vir sy volk in te tree nie. Sy saak met God was skoon. Hy het boonop God se belofte gehad: “Dan sal Ek jou tot ‘n groot nasie maak!”
          Hy is egter deeglik daarvan bewus wat die uiteinde gaan wees as God sy toorn teen die volk sou verhef. Hy tree vir sy volk in die bres, 40 dae lank. Hoeveel van ons bid ‘n uur lank?  En ons kan nie verstaan hoekom niks gebeur nie.
          Aan die Kruis op Golgotha bid Jesus dat Sy moordenaars vergewe moet word.  Op die berg bid Moses: “Ag, hierdie volk het ‘n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak. Nou dan, as U tog maar hulle sonde sou vergewe. En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het!” Ex. 32:31,32.
          Moses het oorwin en so is die lot van ‘n volk bepaal. Is jy op oorwinningsgrond? Ons gebede is soveel werd as wat ons werd is. Die maat waarmee ons meet, sal ons mee gemeet word.
          Daar is Dawid se groot gebed toe Absalom in opstand gekom het en die koning in skaamte moes vlug. Dawid se saak het hopeloos gelyk. Daar sit die indringer in die hoofstad Jerusalem op Dawid se troon.
          Psalms sê Dawid was ‘n man van gebed. In Ps. 3 bid hy: “O HERE, hoe het my teenstanders vermenigvuldig! Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie…  Maar U, HERE, is ‘n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
          “Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my vanaf Sy heilige berg. Ek het gaan lê en aan die slaap geraak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my. Ek sal nie vrees vir tienduisende mense wat rondom teen my gereed staan nie…  Die heil behoort aan die HERE; laat U seën wees oor u volk! Sela.”
          Die oorwinning wat later op die slagveld behaal is, Absalom se tragiese einde en die herbevestiging van Dawid as koning, was reeds in die onsigbare area van gebed besleg.
          Christene sit soms maande by beraders in die hoop om gehelp te word met probleme wat oor hulle pad gekom het. Hulle het nog nie die geheim geleer dat selfs die lot van konings en volkere bepaal kan word deur die knie wat in die teenwoordigheid van God buig nie, tesame met die stem van belydenis en smeking wat die Troon van Genade bereik nie.
          Daniël se gebede het die groot Babiloniese en ook die Medo-Persiese ryke geskud. Hy het nie die koning se bevel gevrees nie en het geweier om die beeld te aanbid.  Daniël kon dit doen,  want hy het met ‘n skoon gewete voor God kon staan.  Dit is ook hoe hy geweet het dat God hom sou red.
          Dit baat nie ons wil ook 40 dae lank bid maar ons saak met God is nie reg nie.  God laat Hom nie bespot nie.
          Daniël se saak met God was reg en daarom kon hy die goddelose politieke kwaaddoeners wat sy ondergang gesoek het, trotseer.
          “En toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bokamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal per dag op sy knieë geval en gebid, en lofprysinge teenoor God gespreek.”
          So beland Daniël in die leeukuil. Sy oorwinning in die leeukuil was nie  toe hy heelhuids daar uitklim nie, maar juis toe hy daar ingegaan het. Hy het die leeukuil in oorwinning betree. Hy had ‘n vaste vertroue in sy God.
          Duisende het in afwagting gesit om te sien hoe die leeus Daniël verskeur. En toe gebeur daar niks. ‘n Engel het die leeus se bekke toegestop.
          “Toe het koning Darius aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees!
“Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en Sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en Sy heerskappy duur tot die einde toe.
“Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die Hemel en op die aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.”
Paulus se middernagtelike gebed in die gevangenis van Filippi was een van die beslissingsoomblikke in die verloop van die mensdom. God sou hom daar uit laat stap om die boodskap van die Kruis in die ganse Europa verkondig, sou hy in ‘n gesig die man van Macedonië hoor sê: “Kom oor en help ons!’
“En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing.” Dan skud die fondamente van die gevangenis en die tronkbewaarder roep uit: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Nie ver daarvandaan nie was ‘n getroue groep gelowiges ook in gebed.
Daar is ‘n uitnodiging ook vandag aan die mensdom: “Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy moet My eer!”
Al verkeer jy nie benoudheid nie is daar ander wat wel in benoudheid is en dit is jou plig, jou roeping om in gebed en moontlik ook fisies, vir hulle in te tree.
In die Tuin van Getsemané vind ons Jesus Christus in gebed en word die ewige lotsbestemming van die ganse mensdom besleg. Die Verlosser had die sleutel in Sy hand.
Hy moes gekruisig word, Sy bloed moes vloei, ‘n lam ter slagting gelei. Nie langer hoef die mens ‘n bokkie te neem, sy sondes daarop af te bid en die bokkie te offer nie. Nee, die Lam van God is vir almal se sondes geslag, ‘n volmaakte werk.
Sy Getsemané-gebed was nie oor vrees vir die dood nie, maar dat Hy wat sonder sonde was, die wêreld se sondes op Hom moes neem. Die Seun van die Mens triomfeer egter ook oor dit.
Die mensdom met sy pyn en skande en dood, sal verlossing vind.
Waar is daar ‘n meer kritieke uur in die lewe van die Kerk as toe Graaf von Zinzendorf in 1714 in Herrnhut, Duitsland die naam van die HERE begin aanroep het.
Hy was diep neergeboë in ‘n siele-angs omdat hy gesien het wat aangaan onder Protestantse gelowiges van die verskillende evangeliese bewegings. Dit was ‘n tydperk van vurige vervolging.
Luther het sy taak voltooi. Calvyn het op ‘n magtige wyse gewerk. Huss was ‘n gewyde nagedagtenis. Zwingli het sy volgelinge gelei, maar daar was verwarring en steeds het die bloed van die Christen-martelare gevloei.
Sedert sy jeug was Graaf von Zinzendorf ‘n ywerige Christen asook ‘n man van aksie. Hy het sy deure van sy reuse landgoed vir die vervolgde Protestante van Europa oopgestel, sodat hulle iewers skuilplek teen die genadelose storm kon vind.
Toe het Von Zinzendorf se barenswee begin. Hy het gehoop op liefde en begrip: wat hy gehoor het was die stem van geskille – en ons hoor dit vandag weer.
Die geskille was oor tientalle sake, alles van minder belang. Von Zinzendorf het verlang om God se kinders verenig te sien, maar eindelose teologiese twispunte het die uitdra van die Evangelie verteer.
Von Zinzendorf het dae en nagte in gebed deurgebring. Ander sluit later by hom aan. Op 14 Augustus 1714 het die antwoord gekom. Von Zinzendorf het ‘n Nagmaalsdiens gehou waarheen almal genooi was.
Die heerlikheid was meer as wat vlees en bloed kon hanteer. Gelowiges het in die HERE se teenwoordigheid neergeval. Die Kruis met sy diepste betekenis is onthul. ‘n Goddelike metamorfose vind onder die aanwesiges plaas. Christus word vir almal alles.
Die Morawiese beweging kom op dreef. Hulle het ‘n 24-uurse gebeds-siklus gevorm en groepe het dag en nag tien jaar lank gebid. Ja, jy lees reg: Tien jaar lank dag en nag.
Die gevolg daarvan was dat oor ‘n tydperk van 25 jaar 100 sendelinge na alle dele van die aardbol uitgereik. Die Morawiërs het ‘n wêreldwye beweging op tou gesit wat uiteindelik Protestantisme van polemiek tot sending laat swaai het.
John Wesley, ‘n spruit van die Morawiërs, het na sy grootse ondervinding in Aldersgate na Herrnhut gegaan om die wonderwerk self te aanskou.
Hy skryf aan die gelowiges tuis: “Ek het ‘n kerk gevind waar mens die atmosfeer van die Hemel self inasem.”
Dit is wat Suid-Afrika nodig het: ‘n Goddelike ingryping! Wat baat dit ons om te verklaar dat ons Christene is en niemand sien God in aksie in ons lewens en in ons land nie.
Reg oor SA skakel Christene by gebedsgroepe in. Ons glo daar is ‘n Goddelike ingryping in wording, ‘n kragtige geestelike herlewing is aan die kom, nie net in SA nie, maar reg oor die wêreld.
Nie deur krag of geweld nie, maar deur Sy Gees. – Sjibbolet

Die saak van die Koning




"Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.

"Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.

"U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak." Dan 2:20-13 

"U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die Hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het, en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die Hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het –  ú is die hoof van goud." Dan 2:37-38 

Nebukadnésar kon die Tempel beroof en die plek van die Allerheiligste verontreinig. Hy kon selfs van God steel. God het hom aangestel. God stel konings aan en Hy verwyder hulle. God het Nebukadnésar vir Sy doeleindes aangestel. Nebukadnésar sou koning bly vir solank God hom as koning daar wou hê.

Gebruik net die Betroubare Kompas


Displaying image001.png





1 Kor 1:4-9: "God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here" (vs. 9).

Seevaartuie gebruik meesal ‘n GPS en ander elektroniese toerusting om rigting aan te dui, maar jare gelede, selfs in sommige gevalle vandag steeds, gebruik seevaartuie ‘n kompas om op koers te bly.

Daar is baie omgewingsfaktore wat ons van koers af kan dwing, maar ons moet seker maak dat ons altyd die HERE se kompas, die Bybel, maar ook die Heilige Gees, gebruik om op koers te bly op pad na die Nuwe Jerusalem.

Voor die slag van Edge Hill het Lord Ashley gebid: "O Here, U weet hoe besig ek vandag sal wees. As ek U vergeet, vergeet U my tog nie." In tye van menslike swakheid, wanneer omstandighede ons oorweldig en ons gevoelens ons in die steek laat, kan ons steeds op God vertrou. "…as ons ontrou is – Hy bly getrou …" (2 Tim. 2:13).

GEBED: Here, vandag vertrou ek meer op wat U vir my in U Woord sê, as wat ek in my denke aanvoel.

Donderdag 25 September 2014

Volheid van die Heilige Gees




Geskryf deur Manie Colyn.

Ef. 1:1-14: "Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is julle as die eiendom van God beseël" (vs. 13).

Charles G. Finney se naam word gedurig met die herlewing van meer as 'n eeu gelede verbind. Hy was 'n regsgeleerde, maar na sy oorgawe aan die Here het die Here hom op buitengewone wyse met die Heilige Gees vervul. Sy prediking was daarna vol krag en baie mense het tot bekering gekom.

In die Elim Evangel beskryf hy sy ervaring met hierdie woorde wat herinner as die uitstorting van die Heilige Gees op die eerste dissipels op Pinksterdag: "As I turned and want to take a seat by the fire, I received the mighty Baptism of the Holy Spirit. The Holy Spirit descened upon me in a manner that seemed to go through me, body and soul. I could feel the impressions like a wave of electricity going through and through me. Indeed, it seemd to come in waves and waves of liquid love; for I could not express it in any other way. I wept aloud with joy and love; and I do no know, but I should say I literally bellowed the unuttterable gushings of my heart."

Sy kragtige verkondiging van die evangelie en die herlewings wat gevolg het oral waar hy gepreek het, het 'n stempel geplaas op die egtheid van hierdie ervaring. Die prediker, D. L. Moody, het 'n soortgelyke kragtige ervaring van die vervulling met die Heilige Gees gehad. Ander werkers van die Here, wat net so bruikbaar en geseën in die Here se diens was, het weer nie so 'n dramatiese ervaring gehad nie.

Die prediker en skrywer, F. B. Meyer, wat net so kragdadig deur die Here gebruik is en wat nou nog sy baie boeke gebruik en seën, skryf in The Overcomer soos volg oor sy ervaring van die volheid van die Heilige Gees:

"I left the prayer meeting and crept out into the lane, away from town. As I walked I said, 'O my God, if there is a man who needs the power of the Holy Ghost to rest upon him it is I; but I do not know how to receive Him. I am too tired, too worn, too nervously down, to agonize.'

In my heart a voice said: 'As you took forgiveness from the hand of the dying Christ, take the Holy Ghost form the hand of the living Christ.' I turned to Christ and said, 'Lord, I breath into me a breathe in this whiff of warm night air, so I breathe into every part of me Thy blessed Spirit.'"

Hy gaan voort om te getuig dat hy nie gevoel het die Here se hand word op hom gelê, of 'n vuurvlam val op hom, of dat hy 'n gedruis uit die Hemel gehoor het nie, maar deur geloof, sonder emosie, sonder opgewondenheid, het hy vir die eerste keer, en daarna keer op keer, die volheid van die Heilige Gees vir hom in sy hart toegeëien. Sy vrugbare arbeid daarna het ook in sy geval die egtheid van sy vervulling met die Heilige Gees bekragtig.

Paulus skryf aan die Efesiërs: "Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees" (Ef.3:16). "...laat die Gees julle vervul..." (Ef.5:18). Ons kan nie in eie krag die geringste werk in die Here se koninkryk met vrug en seën verrig, sonder die krag van die Heilige Gees in ons hart nie. Vra Hom vrymoedig vir die volheid van sy Heilige Gees.

GEBED: Here, vandag vra ek U vir die vervulling van u Heilige Gees en ek ontvang dit. – Manie Colyn

Vrydag 12 September 2014

Die HERE kan die koning se gedagtes verander…




In Rigters 6:1 sê God aan Gideon: Maar, toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die HERE die kinders van Israel oorgegee in die hand van die Midianiete – sewe jaar lank!
          Sewe jaar lank! Dis mos nie nodig om langer vrae te vra nie. Ons eie situasie moet vir ons mos nou meer duidelik wees as ooit te vore.
          Dit lei geen twyfel nie dat die Skrif verwag dat die Christen hom moet onderwerp aan die Owerheid wat oor hom aangestel is.
          So, loof die HERE, bid vir die owerheid, dien die HERE. Alles is nog lank nie verlore nie. Dit lyk maar net so.
          Die prentjie word verder ingekleur wanneer God ons verbied om te vergeld. God sê dat Hy ‘n jaloerse God is en dat die wraak Hom (alleen) toekom.
          Met ander woorde, terwyl ons wraak wil neem met allerlei verset en optredes, staan God terug, want ons probeer doen wat God sê Sy eksklusiewe reg is. Die Christen moet sy verstand afskakel sodat hy kan hoor wat die Gees van God aan hom wil sê.
          Wanneer die HERE sê dat Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit ‘n opdrag wat eenvoudig uitgevoer moet(!) word, al lyk dit ook hoe moeilik. As daar nie vrede in die land is nie, dan is dit heel waarskynlik omdat die Liggaam nie vir die regering bid nie.
          Daar is Christene wat die regering wil verkla by die Internasionale Menseregtekommissie, en by die VN en by ander internasionale liggame. Nie een van hierdie liggame is in beheer van die koning nie.
          Die HERE is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: “Die koning (staatspresident) se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil.”

·       Die nuwe vertaling lees: “Die HERE kan ‘n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!” Skitterend!
               Die HERE het ook die gedagtes van John Newton, ‘n slawehandelaar,
      in die middel van die oseaan te midde van ‘n ontsettende stormsee verander.
               Newton het die wedergeboorte deelagtig geword en sy skip vol slawe
      omgedraai en hulle in hul tuisland in Oos-Afrika gaan aflaai. Newton het
      later ‘n Presbiteriaanse predikant geword. Hy het teen die slawehandel begin
      preek en William Wilberforce beïnvloed om die slawehandel in Brittanje
     en die kolonies af te skaf.
               Newton het die lied “Amazing Grace” gekomponeer. Op sy sterfbed het hy gesê: “Ek is steeds in die land van die sterwendes, maar ek sal binnekort in die land van die lewendes wees.”
So, kom maar gerus jou plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar hulle is in beheer. Die waarheid is dat die Christendom in beheer van die wêreld is, en dit onder Leierskap van die Almagtige GOD.
          Luister wat sê Psalm 149 oor “Lofgesang en Oorlogswaard”:
       
Halleluja! Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied,
Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
Laat Israel hom verheug in sy Maker;
Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!
Laat hulle Sy naam loof in koordans,
Hom psalm sing met tamboeryn en siter.
Want die Here het ‘n welbehae in Sy volk;
Hy versier die ootmoediges met heil.
Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;
Laat hulle jubel op hul bedde.
Lofverheffinge van God is in hulle keel,
en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;
Hoekom?
Om (sodoende) wraak te oefen onder die heidene,
strafgerigte onder die volke;
om hulle konings met kettings te bind
en hulle edeles met ysterboeie;
Hoekom?
om ‘n vonnis wat opgeskrywe is,
aan hulle te voltrek.
‘n Eer is dit vir Sy gunsgenote!
Halleluja!

“Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.” Sag. 4:6
Dat die HERE op soek is na voorbidders maar hulle selde vind, word weerspieël in die pyn van Sy uitroep deur Jesaja:
          Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenby tree nie,”
          En sy teleurgestelde protes deur Esegiël:
          Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land…  maar Ek het niemand gevind nie.
Laat die Lofsange oor berg en dal aangerol kom!  — Sjibbolet

Dinsdag 12 Augustus 2014

Thea se oorwinning teen bors kanker deel 2



Deel 2 vervolg

Die bitterheid wat ek vir jare in my hart rondgedra het is weg, ek het dit oorgegee aan Jesus ...want die Heilige Gees kan nie in jou hart woon as jy haat en bitterheid het teenoor mense nie, maak nie saak hoe seer hulle jou gemaak het, en hoe jy verneder is nie...vergewe hulle!

Na so 3 mnde na ek die laaste behandeling gehad het toe is Jesus en my verhouding al sterk, en dit groei nog steeds elke dag, Die Heilige Gees het my baie dinge laat sien wat ek verkeerd gedoen het, en ek het dit dadelik verander, daar gaan nie een dag om wat ek tot nou dankie se vir Jesus dat ek genees is van daardie vreeslike kanker... skoon gewas is met Sy Bloed,... al my ou sondes weg gewas met Sy Bloed.

Ek wil vir alle kanker vegters en survivors se, moet nooit, nooit Jesus se Hand los nie, se dankie dat Hy jou reeds genees het en GLO DIT MET JOU HELE HART, dis die geloof wat mens red, en se dankie elke liewe dag en prys Hom dat deur Sy Bloed Hy by ons Vader vir genade gaan vra het vir Sy kind.

Dan as mens klaar is met al die behandeling, en jy bad in die oggend en jy sien jouself in die spieel..met kort haartjies, geen borste, sny wat regoor jou maer borskas loop, dan tref die skok jou hoe terrible dit lyk! Ek het tot my man verloor gedurende die behandeling, ...baie verloor ... werk, hare, borste..huis alles, maar alles aardse goed, en ek besef hoe ryk is ek NOU eers, want nou het ek Jesus se Liefde.

Ek het met Jesus gesels, o, net om te noem, ons gesels land en sand, sommer terwyl ek klaar maak vir werk .. in die kar...winkels..ag net wanneer ek wil....en ek vra vir Jesus, of Hy dink ek kan maar vir rekonstruksie gaan, of dit sal reg wees, en ek het die vrede in my hart gekry, ek se vir Jesus, “Ek gaan na n plastiese chirurg toe, maar ek wil alles he....tepels, en die pienk gedeelte wat hulle met tatoeering om die tepel doen, dan gaan ek dit alles na my medies stuur, as hulle alles goedkeur dan weet ek U se dis reg!”

Dokter het alles gemotiveer en binne 2 dae toe kry ek die medies se goedkeuring vir elke ding tot op die laaste, ..sjoe dit was n groot verassing,...Ek het begin met die reeks operasies April 2012 en kry die laaste een nou 31 Januarie 2013, en dan moet ek 2 maande wag om die tatoeering te doen.
So het ek en Jesus weer die pad gestap waar ek elke keer onder die mes moes gaan om dit te doen.

As ek terug kyk vandag dan se ek “dankie, dankie Here dat U hierdie kanker toegelaat het om op my pad te kom...” *o daar hol die duiwel alweer hy het dit nie verwag nie *, want, sonder die wonderlike pad van die kanker sou ek dalk nooit weer die geleentheid gekry het om terug te draai na God toe nie. 
Wat n wonderlike ervaring was dit, met die siek wees en alles...vandag het ek weer n werk, n klein ou tuin woonstelletjie wat ek huur, n paar meubelstukke, my kat wat die hele pad saam met my deurgemaak het, en my nuwe blinde kat.

Ek is gelukkig, ek het vrede, ek het ophou soek, want ek het gevind ....ek het niemand in my lewe nie, ek glo as dit die Here se Wil is sal Hy wel iemand op my pad sit, maar dit pla my nie....en so bly Jesus, ek en die 2 katte... heel gelukkig ... my beker loop oor!

Vir die wat dit lees, of jy teen kanker veg tans, of n survivor is, of net iemand wat alleen is, of sommer net voel jy is soekend, ek wil vir jou se, Jesus is die antwoord na alles wat jy soek... vandag is ek so spyt oor die tyd wat ek gemors het om hierdie vrede te vind, maar ook dankbaar dat dit nooit te laat is nie.

Daar is vrouens wat na my toe kom by n kanker ontbyt of  kanker fuksie, en se  “dankie Thea, toe ons begin het met ons eerste chemo, en so bang was, het jy by ons kom kniel en ons hande gevat en gese, moenie bang wees nie, hou net vas aan Dokter Jesus se Hand en alles sal regkom en GLO”, My woorde het hulle deur die hele chemo proses deurgedra.  Ai wat n wonderlike gevoel om te weet ek kon hulle motiveer met Jesus aan my sy,  wat die woorde van bemoediging in my mond sit om te spreek.

Dankie dat julle my getuienis gelees het, enige iemand wat enige raad, vrae of net n bietjie liefde en motivering soek, kan my enige tyd e pos by :  theatemelevren54@gmail.com of bel my 076 978 7975......sodat ek jou kan vertel hoe lief Jesus jou het.

Dankie aan my vriendin Belinda, wat my getuienis op haar blog geplaas het!

Liefde
Thea

Let asb daarna op dat Thea genoem het dat sy verbitterd was, woede teenoor mense gehad het, en hulle vergewe het.

Kanker spruit primer uit bitterheid, dit is ‘n onder-aktiewe immuunsisteem wat dit veroorsaak, omdat mens voel jy moet jou emosies beheer, jy mag nie erken hoe jy voel nie, en alles binne jouself rond dra, in pleks van vergewe en vryspreek.

Toetse het bewys dat bors kanker is die gevolg van sonde van bitterheid teenoor ‘n ander vrou.
Linkerbors – vrou teenoor vrou in die bloedlyn en regterbors, nie oor ge-erf nie, maar jou eie bitterheid.

Bely jou sonde voor Jesus, vergewe en spreek vry, en as dit in die bloedlyn is, bely hulle sonde ook soos volg “Vader, ek neem verantwoordelikheid vir enige bitterheid wat deel was van my voorgeslagte, ek bely dit as sonde en vra vergifnis. Ek vra dat U die opening wat satan so in my lewe gekry het sal toe maak en verseel”.

Thea se oorwinning teen borskanker - deel 1


Die volgende getuienis is gedeel deur Thea Temelevren, ‘n vrou wat 100% genees is van borskanker. As jy voel jy wil ook graag jou getuienis lewer op die blog, sit dit as “comment” onder aan of epos dit vir my na belindapaar@gmail.com dan sit ek dit ook op die blog om ander vroue te ondersteun.

Baie dankie Thea vir jou mooi getuienis, soos jyself se: Net Jesus kan genees!!

Thea se storie

Laas nag het ek in my hart gevoel gekry om my getuienis te lewer van hoe Jesus my gesond gemaak het, en ek weet dit is die Heilige Gees wat met my praat, want ek is n wedergebore Christen. 

My naam is Thea, het groot geword in n baie Christelike huis, maar was altyd rebels en het die bree pad saam met duisende geloop my lewe lank, en as ek vandag terug dink aan my verlede, dan sien ek selfs hoe lief het God my nog steeds gehad al was ek op die bree pad. God het ook heelwat tragiese dinge op my pad gesit maar ek het nie geluister nie, en my hele hele lewe lank was ek soekend na 'iets'.....maar nie geweet wat is dit wat ek soek, hoekom bly ek soekend, dan dink ek dis liefde vir iemand, maar nee die soekende gevoel bly sit.......so het dit gekom n week voor die  22 ste Augustus 2010, ek het gerook jare lank, maar was n puffer, maar my siggies, ai, kon nie sonder die goed nie, maar die week het ek so naar geword van rook, en ek het gedink ek kry griep, en al minder gerook want dit was sleg.

Toe ek die 22ste Augustus 2010 by die huis kom die Vrydag middag na werk, en so jeuk gevoel op my linker bors gekry en toe voel ek die knop,...en ek dink, genade die ding was nie daar nie, en dis groot, ek het onmiddelik die foon gevat en sommer sonder n dokters brief die Mamogram afdeling gebel by Pretoria Oos hospitaal en n afspraak gemaak, die dame se toe my afspraak is die volgende Vrydag, ek se “nee, nee jy verstaan nie, hierdie is dringend”, maar sy antwoord net  “jammer ons het niks oop voor dan nie”, die hele naweek was n nagmerrie!

Maandag by die werk gekom en weer die vrou gebel en gese “asb kan jy my nie vroeer inkry nie”, sy antwoord “weet jy, jy is baie gelukkig ons het n kanselasie gekry vir Woensdag oggend 9 uur”, .....

9 uur daardie oggend was ek daar, Mamogram gedoen, gesien die dokters skarrel bietjie rond, hulle se toe ek moet n sonar kry, en nog n dokter kom in, en se nee, hulle moet biopsies doen, want hulle sien 3 knoppe maar hulle wil seker maak. Biopsies gedoen, was baie 'scary' eerste maal in my lewe wat ek so iets moet doen, maar was toe glad nie seer nie......nou stuur hulle my huistoe en se ek moet n week wag vir die uitslag, ag genade ,....die wag is die ergste, maar na net 2 dae die Vrydag middag,... kry ek toe n oproep van my huisdokter, hulle het die uitslag na hom toe gestuur, en hy se vir my (ons kom al 18jr saam) “Thea'tjie dis borskanker jy moet my Maandag oggend 8 uur kom sien”...

Ek het histeries begin huil, ek was besig om die matte te suig toe hy bel ek het geskree en amper die arme stofsuier se pyp afgebreek van histerie...toe ek bietjie bedaar toe gaan sit ek op die mat, verslae, geskok, vernietig, alleen, wat nou.....eers besluit ek gaan niemand se... nie my kinders nie... my vriende nie...na n ruk besluit...nee ek het mense nou nodig, ek kan nie alleen deur die naweek gaan nie, en ek bel toe al wat vriendin is ..almal het gekom, gebid,  saam my gehuil...een vriendin het gebly en gese “ek bly by jou tot Sondag aand”...ons het heel naweek saam gehuil, want ek het so n vrees vir kanker, chemo, bestraling al daardie nare goed, want ek moes sien hoe my enigste boetie stadig sterf oor 7 maande van lewer en pankreas kanker.

 Ek het nog nooit weer lus gekry om te rook na die nuus nie, net God kon my so skielik laat ophou rook het, want Hy het geweet ek kan nie.

Toe begin ek bid, en bid, en bid, en smeek die Here om asb in te tree en my te help, ek het nooit vir Hom gevra hoekom ek kanker gekry het nie, ek was nooit kwaad vir Hom nie, ek het net gese Here asb help my...ek het my Bybel gevat, soekend gelees maar kon nie konsentreer nie, maar toe met die Bybel op my bors aan die slaap geraak. Maandag oggend het aangebreek en ek was klaar besig om te besluit wie kry wat ...die kas na daardie vriendin al die goed na die kinders en so het ek my goed begin uitdeel in my kop want ek gaan mos nou dood.

By die dokter gekom 8 uur, en hy se , “Sit, bly stil, en luister na my, eerstens glo jy nou absoluut aan God, jy doen die behandeling wat n onkoloog vir jou gaan gee, en jy bly positief en jy bly weg van dokter Google af”.....hy se verder, “ongelukkig het jy die mees aggresiefste borskanker wat daar is, infiltrerende buis karsinoom, dis aggresief en vinnig, en jy loop al 3 jaar daarmee (ek het nie mamogramme laat doen vir 3 jaar) en die kanker het reeds na jou limfkliere versprei, en dis graad 3 kanker”. 

Toe die nuus,..... “ongelukkig moet ons altwee jou borste afsit en 17 limfkliere uithaal om getoets te word”, .....ek het in n 'bubble' gegaan, dit is al hoe ek dit kan verduidelik,...”nee is reg se ek verslae... haal uit... sit af.” 

September 3 2010 is ek onder die mes, met die Here se Hand oor my het HY gesorg dat dit toe net na EEN limfklier versprei het, die ou duiwel wee jy, hy sit mos die nare goed in ons lewe, en dan laat die Here dit toe om te sien wat gaan ons doen met dit, toe kry die duiwel n groot suprise en ek draai na Jesus toe met my hele hart, verstand en krag.

EN daarna, die nuus: - chemo vir 6 maande lank, bestraling elke dag vir 30 dae, en dan Herceptin vir een jaar, ag nee, hoe gaan ek dit doen het ek gedink, ek sal dit nooit kan maak nie, die tyd sal nooit verby gaan nie

So het n vriendin my gesalf, vir my gebid, ek is weer gedoop met die Water en Die Gees, en so het ek en Jesus mekaar weer gevind, stadig stadig, so al met die chemo saam. Een oggend na die 2de rooi duiwel chemo, is ek baie, baie siek en my hare het begin uitval en dit was so 5:45 die oggend, en ek bid, en ek se “Here, kyk hoe siek is ek, help my asb, hoor U nie hoe bid ek nie, het U my gelos, asb help my”. My gebed was skaars klaar toe lui die foon daardie tyd van die oggend, en die mooi Jesus vriendin wat my gesalf het se, “Thea ek het in die gang geloop en toe se die Here vir my, draai om asb en bel vir Thea”, en so het ek besef Jesus hoor my en ek spring op asof ek 16 jaar oud is en gil JESUS HOOR MY, JESUS HOOR MY.......ja chemo is n nare ding, ek wou dit los, maar vriende en kinders het gekom en gese “nee, druk deur jy kan dit doen!”

Ek was baie baie siek, maar het deur die 4 rooi duiwel chemo gekom, en is toe oor na Taxol chemo, gelukkig maak dit mens nie so baie siek nie, en Jesus en ek se verhouding groei elke dag, en ek se “Dankie Here dat ek reeds gesond is, ek moet net deur die chemo gaan, want ek moet my deel ook doen”.

Teen die tyd was daar nie meer ‘n haar op my lyf nie, al my toon naels het uitgeval, tot vandag meer as 2 jaar later groei die 2 ou groot toon naels nie terug nie. Taxol laat jou hande en voete met swak bloedsomloop, en dit voel dood, tot vandag toe kry ek soms die dooie gevoel in my voete en hande.

Jesus, en ek is toe deur die chemo, en ek is maer, soos n kraai, en nou moet ek bestraling begin, na 3 van die 30 wat ek moes kry toe sak ek inmekaar, en net daar besluit ek niks meer, en ek se Jesus,” hier is my siekte ek plaas nou alles in U hande.” En ek begin toe met Herceptin, vir een jaar lank moes ek dit elke 3 weke kry ... maar dit maak mens darem nie so moeg nie, en ook nie siek nie.

3 Januarie 2011 toe is dit my laaste Herceptin, en die haartjies het al begin uitgroei,....en toe ek so terug kyk na die tyd wat ek alles moes kry, toe kon ek nie glo hoe ek hier gekom het aan die einde...dit het gevoel of die tyd gevlieg het...toe besef ek hoe het Jesus my al die pad gedra.....en ek is vol dankbaarheid vir God, want ek is gesond, daar is maar net een Dokter vir kanker en dit is Dokter Jesus!

Deel 2 vervolg

Sondag 03 Augustus 2014

Waarom toets ons nie GOD aan sy Woord nie?




 Inderdaad is gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak.  Nie dat gebed as sodanig magtig is nie, maar onse GOD is! Alles is reeds probeer vir reg en geregtigheid in Suid-Afrika, behalwe deurdringende, aanhoudende gebed. Begin vandag nog ‘n eendragtige gebedswaak in jou eie huis. Dit is die antwoord, die enigste antwoord! Al is julle net twee wat begin, maak daardie begin.

Ja, twee is genoeg wat die HERE sê self waar twee of drie in sy Naam bymekaarkom, daar is Hy. GOD se vermenigvuldende krag doen die res: ‘n paar brode en vissies voed ‘n menigte. Lev. 26:8 “Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.”

Maak nou self jou eie vermenigvuldende somme verder en kyk wat gebeur as ‘n 100, as 50 000 eendragtig begin saambid. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. Jak. 5:16. Hand. 4:31. Vervolgens moet ons staatmaak op die Heilige Gees in ons gebedslewe.
“En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, (Hoekom?) want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.” Rom. 8:26-27.

Natuurlik, jy het dit al baie oorgekom: Jy weet nie reg wat om te bid nie. Dit is hier waar die gawe van die spreek in ‘n hemelse taal, die taal van die Gees, in werking kom. “Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.” 1 Kor. 14:14-15.

Daar is dus twee maniere waarop ‘n mens kan bid: Bid met die verstand as jy weet waaroor dit gaan en presies wat jy wil bid. Maar as jy nie reg weet wat om te bid nie, dan bid jy nie met jou verstand nie, dan bid jy in die Gees. En wanneer jy in die Gees bid, dan is jou verstand onvrugbaar. “Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.” 1 Kor. 14:2-4.

Dit beteken nie Christene links en regs moet profeteer nie. Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Pred. 3:1-8. Wanneer jy die HERE wil prys, dan kan jy ook dit met jou verstand doen, of in die Gees. Het jy al iemand in ‘n hemelse taal hoor sing? Het jy al ‘n groep in tale hoor sing wanneer hulle die HERE loof? Dit alles beteken dat mense wat die doping in die Heilige Gees misken, ‘n baie groot fout maak en hulself van grootse seëninge en deurbrake beroof.

Paulus sê: “Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal...” Rom. 4:18. Hoekom was dit nodig dat hy juis dit vir hulle moes sê? Eenvoudig, omdat hulle nie daarvan geweet het nie want dit vind in sy binnekamer plaas. Oor die tale in die gemeente, sê Paulus egter: “...maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal.”

Paulus sê ook: “So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. (Hoe?). Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.” 1 Kor. 14:12-13.
Paulus dui duidelik aan dat die spreek in tale in die gemeente taamlik min plaasvind, maar wanneer dit plaasvind, dan moet daar ‘n vertaling in die taal van gemeente plaasvind, sodat die gemeente gestig kan word.

Paulus beklemtoon dit verder wanneer hy in 1 Kor. 14:16-17 sê: “Anders, as jy met die gees dank (in ‘n taal dank), hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.”
Daar moet dus elke keer ‘n vertaling plaasvind wanneer iemand in ‘n taal in die gemeente optree. Hoekom?  “Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.” 1 Kor. 14:9.

Dan sê Paulus ‘n belangrike ding: “Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges. “As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?  “Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.” 1 Kor. 14:22-25.

Vir Paulus is die tale nie so belangrik in die gemeente, behalwe dat wanneer dit by uitsondering plaasvind, daar noodgedwonge ‘n uitleg moet wees anders dink die ongelowiges die gemeente is kranksinnig. Maar Paulus laat val die klem op profesie. Profesie gaan nie met ‘n taal vooraf gepaard soos wat baie redeneer nie. Profesie is belangrik want “... so kom die geheime van sy hart aan die lig.”
Hierby is ook betrokke die gawe van die onderskeiding van die geeste. 1 Kor. 12:2-11. Die tale is egter grotendeels vir die gebruik in kommunikasie tussen jou en GOD wanneer jy in jou binnekamer bid.

Daar is egter gevalle waar Christene in hulle binnekamer in ‘n hemelse taal in die Gees gebid het en die gebed ook vertaal het, sodat ook hulle verstand kon verstaan wat hulle gebid het. Hierdie blyk egter ‘n uitsondering te wees. In die meeste gevalle weet mens uit die bevestiging van die Woord, wat die HERE se Wil in ‘n saak is. Dit kan in jou eie stiltetyd gebeur, of waar jy saam met iemand Bybelstudie doen, of onder die prediking of self in gemeentelike aanbidding. Hoe anders het die gemeente geweet dat die Heilige Gees sê dat die gemeente Paulus en Barnabas moes afsonder vir die werk?

Uit hierdie vooraf gedeelte het ons duidelik geleer dat daar kere is wat ons nie weet hoe en wat om te bid nie, ons weet nie wat die HERE se Wil in ‘n betrokke saak is nie.  Dan skakel ons, ons verstand uit en ons bid in die Gees in ons hemelse taal. Dan spreek ons verborgenhede tot die HERE.
Jesus Christus sê dat wanneer ons gered is en die Koninkryk begin bou, dan sal ons die volgende doen: “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Markus 16:17-18.

Vraag is: Hoe bekom mens hierdie gawe van ‘n taal? Eintlik net so eenvoudig soos die dag toe jy wedergebore is. As iemand jou vandag sou vra hoe weet jy dat jy wedergebore is, sal ‘n ‘n klinkklare getuienis kan lewer. Jy het Jesus Christus as Saligmaker, as Verlosser aangeneem. Dit was alles ‘n geloofsaksie.
Net so vra jy die HERE vir die doping in die Heilige Gees en ontvang dit. Dit is hoe eenvoudig dit is. So ook al die ander gawes. Ontvang dit net en gebruik dit.
Dis waar die sleutel lê: Gebruik dit. Ontvang die Heilige Gees en praat eenvoudig in die taal wat jy daardie oomblik ontvang. As jy nie begin praat nie, sal jy nooit praat nie. Hand. 1:5 en 8.

As jy die gawe van genesing ontvang, maar jy bid nooit vir ‘n sieke nie, sal niemand ooit genees nie. ‘n Feit wat ons nooit uit die oog mag verloor nie, vind ons in Markus 11:25,26 “En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.”

Dit is hoe eenvoudig dit is:  as ons nie vergewe nie, vergewe GOD nie en al ons gebede is futiel. In Matt. 6 vind ons die bekende “Onse Vader” met die gedeelte: “... vergeef ons, ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe.”
En dan strofe 14: “...Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”

Dit beteken kortweg dat jy die Onse Vader duisend keer kan bid en niks sal gebeur nie want jy het nie ander mense vergewe nie. En veel erger: As jy nie vergewe het nie, maar jy gebruik die Nagmaal, dan drink jy (boonop) ‘n oordeel oor jouself! Let op: “Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en 'n aantal het ontslaap.” 1Kor. 11:27-30

‘n Vrou met bloedkanker vra op ‘n keer dat ons vir haar moet vir genesing. Ons het vir ‘n paar oomblikke in doodse stilte in die Gees gebid. Toe ons praat, noem ons aan haar dat die HERE haar nie kan genees nie want sy het ‘n verterende haat teenoor iemand. Die vrou erken dat dit so is, maar dat dit darem nie meer so erg is nie.
Ons verduidelik aan haar: “Mevrou, dit is steeds so erg, dis net die siekte wat maak dat jy nou  meer aandag aan jouself en jou onmiddellike omgewing gee as wat jy aan die haat gegee het.
Sy herhaal dat dit darem nie so erg is nie. Ons bied haar ‘n hipotese: As daar nou ‘n geklop aan die voordeur is en jy maak oop en dis die mense wat jy so haat, sou jy hulle hartlike kon binne nooi en sê: ‘Baie welkom, ons het mekaar lanklaas gesien, kom binne en maak julle self tuis. Wat drink julle, tee of koffie?’
Toe antwoord sy: ‘Nee, darem nie so nie.’

Hierdie vrou moes eers na haar ‘vyande’ toe gaan en hulle gaan vergewe waarna die HERE haar volkome genees het. Ek en jy mag nie eers by die Nagmaaltafel aansit as ons iets teen iemand het, of weet dat iemand iets teen ons het nie. Ons moet die saak eers gaan regmaak en as ons dit nie doen nie eet en drink ons ‘n oordeel oor onsself. 1 Kor. 11:23-30.
Let op strofe 30: “Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.”

Mens durf nie met onvergewensgesindheid of sonde in jou hart Nagmaal gebruik nie. “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.” Spr. 28:13.
Jy mag dink dat niemand iets van jou oortredinge af weet nie, maar by GOD is alles bekend. Die dag wanneer jy voor die Groot Wit Troon staan, sal almal in ‘n vlietende oomblik alles van almal weet. Sou jy nie graag daar ongeskonde wou staan nie?

Kom dan, verootmoedig en maak jou saak met God en mens reg. Daarna het jy niks te vrees nie. “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.”  Heb. 12:12:15    – Sjibbolet

Hoekom is ons gered?

Ek en jy is nie gered om Hemel toe te gaan nie, ons is gered om die Koninkryk te bou. Ons moet dag en nag bid, dag en nag betrokke wees. “As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit? Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.” Jak. 2:15-17.

GOD had iets oneindig groot in gedagte toe Hy die stelsel van gebed ingestel het. GOD se ewigheidsdoel met die heelal en Sy volk was om ‘n Ewigheidsmaat vir Christus op aarde te skep.

Hierdie feit is deel van die openbaarmaking van die misterie in die Boek Efesiërs wat die klimaks in Hoofstuk 5 bereik. Hierdie hoofstuk verklaar die Goddelike openbarende parallel tussen GOD se menslike en Goddelike huweliksprogramme. Strofe 32 klaar die misterie op wanneer Paulus onomwonde verklaar dat die huweliksmaats in die huweliksprogram, Christus en die Bruid (ons die wedergeborenes) is.

Hoekom? Want die Bruid (die Kerk van Christus) in sy hoedanigheid as Bruid van Christus, as huweliksmaat, sal die hoogste amp in die heelal beklee, naas die Godheid self. As Bruid van die Ewige Seun, sal sy saam met Hom universele soewereiniteit deel!

“Weet julle nie dat die Heiliges die wêreld sal oordeel nie. Weet julle nie dat ons Engele sal oordeel nie?” 1 Kor. 6: 2a-3a
“As ons verdra, sal ons saam met Hom regeer.” 2 Tim. 2:12.
“En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee.” Openb. 2:26.
“Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het.” Openb. 3:21.
“Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir GOD met U bloed gekoop, uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse GOD gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.” Openb. 5: 9-10.

Omdat die wedergeborenes Christus se Geliefde en Bruid is, moet sy onderrig word, geleer word, en voorberei word vir haar Koninklike rol.

Deur Sy gesag aan die Bruid te delegeer om Sy administrasie en besluite op aarde uit te oefen moet die Bruid  leef  soos een wat gereed is om in die huwelik te tree. Die Bruid moet toenemend in die binnekamer in gebed verkeer rakend GOD se Raadsbesluite en die uitoefening daarvan. Ons kan dit ook in-diens-opleiding noem. Sy moet die kuns van geestelike oorlog aanleer en begryp, oor hoe om die onheilsmagte te verslaan in voorbereiding vir haar huwelik met die Lam van GOD en haar Troon-bestyging.

Om haar in staat te stel om die tegniek van oorwinning aan te leer, het GOD die stelsel van gebed ingestel. Let op hoe word haar sfeer van aksie beklemtoon: “Wat jy ook al bind op die aarde sal in die Hemel gebonde wees,” “wat jy ook al ontbind op die aarde sal in die Hemel ontbonde wees.”

En, “As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra,  dit sal hulle ten deel val  van My Vader wat in die Hemel is.” Matt. 18:19. Hierdie delegering en verantwoordelikheid betreffende gesag en administrasie wat aardse aangeleenthede aanbetref,  beslaan die hoogste eer, en verhoog die Bruid tot die hoogste rangorde onder alle lewende wesens.

Geen Engel of Aartsengel sal ooit hierdie hoë rangorde beklee nie, want nie Engele nie, maar alleen wedergeborenes is in die beeld van GOD geskape en kwalifiseer om die Bruid te wees en die Bruidegom se troon te deel. Hierdie raadsplan van GOD is nie as ‘n losse gedagte agterna ingestel nie, maar kom nog voor die grondlegging van die aarde af, aldus Efes. 1: 4. “Hy het die wedergeborenes uitverkies voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.”

Dit was GOD se oorspronklike doel met die skepping van die heelal. En Sy gebedsprogram is die metode om die Bruid voor te berei vir haar toekomstige rol as Koningin. Dit is waarom GOD nooit oor die kop van Sy Kerk gaan nie. Hy sal nie dinge uit ons hande neem nie. Ons het ‘n kardinale rol om te vervul. Deur Haar rol hier op aarde te vervul, kan Sy haar volle status bereik as mede-regeerder van die heelal. GOD kan Haar nie verlos voordat Sy nie haar verantwoordelikheid aanvaar en ‘n sukses van haar taak maak nie.

2 Petrus 3: 9 lees: “Die HERE vertraag nie die belofte (van Sy Wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”

Hoe lank ons dus nog op hierdie aarde gaan wees voordat ons oor die konings en priesters van hierdie wêreld gaan regeer, hang alles van ons eie prestasie af. Feit is, Hy kom nie voordat Sy Bruid nie sonder vlek of rimpel is nie. Efes. 5: 27.

GOD sal dus niks doen, anders as in antwoord op gebed nie. Die wedergeborenes moet in gebed en intersessie intree vir GOD se volk, vir herlewing, vir restourasie. Die grootste wat enige wedergeborene vir GOD en vir die mens kan doen, is om te bid! Natuurlik kan ons meer doen as net bid nadat ons gebid het, maar ons kan niks doen alvorens ons nie gebid het nie.

Deur gebed slaan ons die uitklophou. Deur dienswilligheid versamel ons die resultate. Hoe meer gebed daar is, hoe ‘n beter plek sal die wêreld wees waarin ons woon, en hoe magtiger sal ons teen die onheil staande kan bly. Ons het en maak tyd vir alles, behalwe om te bid. Maar hopelik, nou dat ons almal besef wie ons werklik is en watter belangrike rol ons op aarde moet vervul en watter groter rol ons in die Hiernamaals gaan vervul,  hopelik sal ons nou tyd maak om met GOD te versoen en ons voor te berei vir die komende Huwelik.

Van nou af aan, laat die volgende strofe ons slagspreuk of ons wagwoord wees: “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van GOD!” 1Kor. 10: 31.