Wys tans plasings met die etiket Gebede dra groot krag. Hoe om te bid. Godsdiens. Spiritual and Regional. Afrikaans. Jesus genees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gebede dra groot krag. Hoe om te bid. Godsdiens. Spiritual and Regional. Afrikaans. Jesus genees. Wys alle plasings

Dinsdag 28 Julie 2015

Gee jy om vir ‘n mossie?


"Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal." Ps 34:20.
            As kind het skrywer baie mossies met sy windbuks geskiet. Sedert sy redding nooit weer nie. Ek dra eerder vir hulle water en kos aan.
Voëltjies wat ek nooit oor my hart kon kry om te skiet nie, was die Dagbrekertjie, Kwikstertjie, ‘n Swaeltjie, ‘n Bosloerie en een of meer ander, maar mossies was volop. My ouma het gesê mossies verniel haar landerye en moet uitgeroei word.
Na my redding lees ek, ek is meer werd as ‘n mossie en dat die HERE weet van elke mossie wat ek geskiet het. Dit was erg. Het jy al belydenis gedoen oor ‘n mosssie?
"Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies" (Matt 10:29-31).

Displaying image003.jpg

Jesus stuur in Matt 10 Sy dissipels op 'n onbekende en gevaarlike sending. God ken hulle en hulle omstandighede baie goed, verseker Jesus hulle. Hy weet selfs hoeveel hare op elkeen se kop is. Hierdie sorgvuldige aandag en sorg van die Here is ons gerusstelling wanneer ons die Evangelie uitdra en straks teëspoed sou ervaar.
"…ek vertrou op U, want ek weet U is my God. U het beheer oor my omstandighede…" (Ps 31:10,15). God se krag en Sy insig in, en begrip vir, ons omstandighede is 'n blywende bemoediging.
Die ongeredde siele wat daagliks ons pad kruis, is vir die HERE almal meer werd as mossies. Die HERE is bewus van elke mossie wat val en ook van elke verlore siel.
Dit moet ons tot groot kommer strek dat daar mense sonder God en Sy  ryke  seëninge is.
En ons moet die oes inbring: Eseg 3:18-21. “Die oes is wel groot maar die arbeiders min...” Matt 37-38.
Wees ‘n lewende getuie vir die HERE en Sy reddende krag.
Bring die Blye Boodskap aan die ootmoediges; verbind die gebrokenes van hart, roep vir die gevangenes 'n vrylating en vir die geboeides opening van die gevangenis; troos die treurendes in Sion dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking. Jes 61:1-3
Staan vas in die gebed vir ‘n magtige Herlewing. – Sjibbolet

Donderdag 15 Januarie 2015

Bemoedig mekaar – Dis Liefde sonder weerga




Bemoediging word deur Paulus beklemtoon (1 Thes 2:11-12) as een van die pilare waarop die Evangelie gebou is. Dis die hoeksteen van die openbaring van Christelike liefde een teenoor ‘n ander (1 Thes 4:18; 5:11,14).
            Die woord bemoedig kom talryk in die Nuwe Testament voor, en beslis nie sonder besondere goeie rede nie.
            Die Griekse woord Parakaleo beteken om saam langs iemand te stap omdat daardie iemand vreesagtig of swak is, probleme het, onder groot druk gebuk gaan. neerslagtig is, om so iemand te bemoedig.
            Stap ‘n entjie saam met hom of haar. Dis jou roeping!
            Dit beteken ook om iemand te ondersteun met die benodigde hulp. Om iemand wat sy werk verloor het te ondersteun met ‘n houer kruideniersware, los nie die probleem op die. Die benodigde hulp is veel groter.
            Gal 6:2 “Dra mekaar se laste (hoekom?) en vervul so die wet(liefde) van Christus.”
            Jak 5:16 “Bid vir mekaar (hoekom?) sodat julle gesond kan word. As jy ‘n misdryf teenoor iemand gepleeg het, bely dit en bid dan vir mekaar.
            Ons leef in ‘n geestelik vyandige wêreld. Ons het nodig om mekaar op deurlopende grondslag te bemoedig en te ondersteun. Moenie skinder nie, gaan help.
            Wanneer ons iemand bemoedig dan skenk ons God se waarheid en hoop aan ander.
            Dis ons plig, ons opdrag, om mekaar te bemoedig.
            Daar is mense wat van tyd tot tyd wil weet, maar as God dan ‘n God van liefde is, waarom gebeur daar sulke treurige goed op die aarde? Feit is, dat ons God se ambassadeurs op aarde is. Dis ons wat die liefde van God so sterk moet versprei dat die treurmares nie sal plaasvind nie.
            As gereddes is dit ons roeping om Christus se onvoltooide werk op aarde te volbring. Dit moet ons doen deur die Evangelie uit te dra, deur Christus se liefde en erbarming uit te dra. Om te bemoedig, om waarheid en hoop te verkondig en toe te pas.
            Die opdrag is ook: Bid vir mekaar. Ons bid hopeloos te min. Ons besef nie dat ons totale behoud van gebed afhang nie. Om vir mekaar te bid en mekaar te bemoedig is een van die groot kragte wat aan die werk moet wees binne die Christen-gemeenskap.
            Omdat die mens verskeie soorte druk moet trotseer, neem bemoediging ook verskeie vorme aan, soos bv. fisiese of geldelike hulp, vermaning, aansporing, bevestiging, lofprysinge, troos, ens. Dit bevestig aan die lydendes hulle waarde en potensiaal, ja, dat hulle meer werd is as mossies Matt 10:31.
            So bemoedig Jesus vir Petrus toe Hy aan Petrus sê dat Petrus ‘n rots is waarop Hy sy gemeente sal bou.
            Het jy al iemand bemoedig met Efes 2:10 “Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, (hoekom?) sodat ons daarin kan wandel.”
            So moet ouers ook hul kinders bemoedig, daar vanaf hul eerste tree.
            Terloops: Het jy al saam met jou predikant gaan bid omdat jy vir hom omgee? Wanneer laas het jy en jou gesin saam gebid?
            Paulus was ‘n meester op die gebied van bemoediging soos bv in 1 Thes 1:2-8 “Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader, omdat ons weet van julle verkiesing, broeders wat deur God bemin word.
             “Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.
            “En julle het navolgers van ons geword en van die HERE deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees,  sodat julle voorbeelde geword het vir al die gelowiges in Macedónië en Acháje.
            “Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.”
            As iemand goed doen, bemoedig hulle. As iemand onder druk verkeer, bemoedig hulle. Bemoediging moet ‘n deurlopende aksie wees.
            Mense vra mekaar hoe dit gaan, maar stel nie werklik belang in die antwoord nie. Ons moet ten alle koste belangstel. As daar goeie nuus is, dan moet ons die HERE loof.
            As dit nie sulke goeie nuus is nie, dalk probleme en sorge is, dan moet ons betrokke raak (hoekom?), want “die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Gal 5:22
            1 Kor 12:20-27 lees: “Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.
            “En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
            “Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk; en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid, terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie;
            “God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee, (hoekom?)  sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.
            “En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.”
            “Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.”
            Bemoedig, vertroos diegene wat as gevolg van een of ander gebeurtenis neergevel is.
            “Bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.” 1 Thes 5:14.
            Ons sal geliefdes langs die lewenspad moet groet (tot ‘n latere vir sekere weersiens), ons kan finansieel seerkry, ons kan van tyd tot tyd mislukking op die lyf loop, ons kan gesondheidsprobleme ondervind. folterende familieprobleme beleef, veral wanneer sommige goed mos gelyktydig gebeur.
            Ons kan ook gebroke harte hê, maar Jesus heel die gebroke harte. Bemoedig iemand het hierdie woorde:
            “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en (maar ook) by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?), om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes 57:15
            Lees in 2 Tim 4 hoe Paulus vir Timotheus bemoedig.
            Soms word ‘n gelowige deur ‘n misdaad oorval. Wat dit ook al mag wees, staan hom en haar by deur dik en dun. Moenie oordeel nie, help, bemoedig, want”
            “Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.
            “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
            “Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.” Gal 6:1-3
            En as jy self ‘n gevangene is of ‘n pasiënt in een of ander inrigting, bemoedig die ander rondom jou. “Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.” Spreuke 11:25
            Bemoedig iemand ook met die volgende: Heb 12:11-13 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.”
            Moedig die gebrokenes aan om terug te kom in die wedloop, om die wedloop te voltooi. Elkeen kan in die naam van Jesus Christus oorwin.
            Is jy genoegsaam betrokke by ander Christene sodat hulle kan weet wanneer jy in ‘n lewensslaggat getrap het?
            Dis wonderlik om bemoedig te word, maar dis ‘n groter wonder om iemand anders te bemoedig. Dit is ‘n kragtige bediening wat elkeen van ons geroep is om te lewer.
            Om effektief in hierdie roeping te kan optree, moet mens die Woord goed ken. Dis nie ons persoonlikhede, ons knaphandigheid, ons intelligensie wat die punte aanteken nie, maar die Woord van die HERE, want die Woord is lewendig!
            “Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
            “En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik. Rom 15:4-6
            Kyk hoe beskryf Jesaja die uitwerking wat die HERE op Sy kinders het: “Die Here HERE het My 'n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.” Jes 50:4.
            Ja, soms is dit nodig om iemand met die Skrifte te bemoedig. Soms parafraseer ons dit in ons eie woorde. Soms is dit nodig om te vertel hoe ‘n betrokke Skrifgedeelte jou eie lewe verander het.
            “Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons, ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” Hebr 10:23-25
            Hoop in die Bybel beteken nie wens nie, maar toekoms-feit.
            Ons bemoedig egter nie net mede-gelowiges nie, maar ook die ongereddes. Liefde is die sleutel tot mense se harte en lewens.        
            Bemoediging gaan nie sonder gebed gepaard nie. Die opdrag is om vir mekaar te bid, vir die gereddes en die ongereddes en op die Heilige Gees te vertrou rakende die soort bemoediging wat ons moet verleen.
            “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
            “Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.” Gal 5:9-10
            Soos wat mens vir die verdruktes bid, kom lê die Heilige Gees dit op ‘n mens se hart oor hoe mens moet optree. Dalk deur ‘n persoonlike besoek, ‘n telefoonoproep, ‘n e-pos. Dalk ‘n bemoedigende woord, dalk ‘n skenking van die een of ander aard.
            As mens ‘n goeie luisteraar is, kry mens vele geleenthede om te bemoedig, ook oor watter soort bemoediging nodig is. Dit maak ook dat die ontvanger meer ontvanklik is vir jou bemoediging. Soos met elke bekwaamheid in die lewe oefen mens jou in bemoediging in.
            Moenie aan ‘n verdrukte sê hy moet na jou predikant toe gaan, of jy sal die predikant na hom of haar toe bring nie, nee, jy moet self die bemoediging hanteer.
            Bemoedig elke dag iemand. Dis jou roeping! – Sjibbolet

Saterdag 10 Januarie 2015

Geloof, Waarheid en Gees...




Die God wat ons aanbid is die God van die Ou en die Nuwe Testamente. Hy is ook die God van hierdie dag waarin ons leef en Hy het nog nooit verander nie.

Een van die grootste matematiese wonderwerke in die geskiedenis van die wêreld, gaan oor Moses en die Israeliete in die woestyn. Hulle had geen gebrek hoegenaamd nie. Hulle was meer as drie miljoen mense in getal. Hulle sou baie kos en water benodig.

Volgens ‘n Kwartiermeester-generaal van die Amerikaanse Leër sou Moses daagliks 1 500 ton kos vir sy mense benodig. Om soveel kos te kon voorsien sou mens elke dag twee vragtreine wat elk 1.6km lank is, moes gebruik.

Hulle was in die woestyn, daarom sou hulle ook daagliks brandhout nodig hê om die kos gaar te maak. Nog vragtreine wat elk 8km lank moes wees, sou gebruik moes word om daagliks vier duisend ton hout aan te ry.... en dit vir 40 jaar lank.

Hulle sou ook daagliks 20 000 000 liter water benodig. ‘n Trein met tenkwaens 18.8km lank sou daagliks water moes aanry.

Boonop moes hulle in net een nag deur die Rooi See beweeg. As hulle twee-twee in ‘n lang tou sou beweeg het, sou die tou 1 280km lank gewees het en sou dit hulle sowat 35 dae geneem het om daar deur te beweeg. Toe hulle daardie nag deur die Rooi See beweeg het was hulle is rye van 5 000 langs mekaar, 4.8km wyd. Dis hoe wyd die see moes oopgaan.

God het nog ‘n logistieke probleem opgelos: Elke nag wanneer hulle gekamp het sou hulle 1 200 vierkante km benodig, die grootte van Kaapstad.... 40km wyd en 48km lank.

Moses het beslis nie al hierdie sommer gemaak voordat hulle die woestyn aangedurf het nie. Hulle had ook materiaal nodig om sandale en skoene te maak en ons lees nie dat hulle sulke materiaal gehad het nie. Die sandale en skoene wat hulle in die woestyn mee ingegaan het, moes dus saam met hulle voete “gegroei” het.

Moses het in God geglo en geweet God sou van al hierdie dinge beheer neem.

En dis al wat dit van ons vra: Geloof!

Kom ons skep moed want dis dieselfde God. As ons dink ons probleme is groot, dink dan aan wat God kan doen.

Die pad vorentoe is een van Geloof, Waarheid en Gees!

Die besluit is jou eie!



Dit is hoe eenvoudig dit is: Die besluit is jou eie – wil jy wen, of wil jy verloor!

Gal. 6: 7-10 stel elkeen van ons voor die ‘n keuse: Lewe of Verderf:

·        Moenie dwaal nie, GOD laat Hom nie bespot nie

·        Want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai

·        Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai!

·        Hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die Ewige Lewe maai

Die keuse is jou eie. Saai in die vlees – daardie dinge wat jou vernietig, jou vlees vernietig, soos ook om onwaardig
by die Nagmaaltafel aan te sit.

Daardie dinge wat jy weens oortuiging van die Gees, in jou diepste wese weet, is verkeerd, skadelik. Daardie dinge
wat ‘n binding in jou gees veroorsaak sodat jy nie met GOD en almal rondom jou in die Lig kan wandel nie.

Die sinneloosheid wat jy aan jouself opdis met allerlei praatjies en verskonings, net om jou onreinhede te regverdig,
terwyl jy goed weet, jy is met verkeerde dinge besig.

Die valse troos  wat jy self opdis: Maar ek dien mos die HERE, ek probeer my bes, almal is nie volmaak nie, ag, julle
verstaan nie, ek is soos ek is en ek vind geen probleem daarmee nie.

Die keuse in jou eie: Kies vlees en jy sal voorwaar verderf maai. Jy gee jou eie vlees aan die verderf oor. Die besluit
is jou eie.

GOD dwing weliswaar niemand nie, maar Hy laat Hom ook nie bespot nie. Moenie vir Hom probeer verskonings
aanbied waarom jy nie dinge van die verderf kan of wil los nie. Jy sal Hom nie kan bluf nie.

Hy weet dat jy weet dat Hy weet jou lewe is ‘n klug. Jy probeer aan Hom vertel dat soet en bitter water uit dieselfde
fontein kan voortvloei, terwyl Hy juis daarop wys dat so iets onmoontlik is. Jak 3:11

Kompromie is die sonde van ons tyd. GOD haat kompromieë. Kompromieë sê dit is verkeerd maar ek is darem op
die goue middeweg.

Helaas, ook die goue middeweg is veroordeel, want was jy maar koud of was jy maar warm, maar louwarm op die
goeie middeweg word jy uitgespuug – dis die goue helleweg.

Die besluit is jou eie!

Saai uit die Gees en jy kies Lewe!

·        Laat ons nie moeg word om goed (en reg) te doen nie

·        Want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie

·        Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen

·        Veral aan die huisgenote van die Geloof.

Volgens Gen. 8:22 sal saaityd en oestyd voortduur tot en met Sy Wederkoms. Dis ‘n Verbond wat ons met Hom
het. Dit geld vir die landbouer, maar dit is ewe veel van toepassing op wat ons in die daaglikse lewe saai.

Ons moet nooit moed opgee oor die oes nie want GOD vergeet nooit van saad wat gesaai word  nie.

Die grootste leuenaar is misleiding. Dis ook GOD se eerste waarskuwing in die gelese gedeelte: Moenie dwaal
nie!

Misleiding beteken dit wat ‘n valse indruk skep, of dit nou deur voorkoms of deur ‘n standpunt is.

In die Tuin van Eden sien ons duidelik die valse indruk geskep deur ‘n standpunt. Die standpunt was vals, die
indruk was vals.

Misleiding is satan se magtigste wapen, daardeur het regerings al tot ‘n val gekom.

Hy ag dit sy taak om jou wys te maak dat die “goeie” saad wat jy saai nie ‘n opbrengs sal lewer nie. Hy weet
ook dat as jy vasstaan en uit die Gees saai, jy beslis die goeie sal maai. Met jou verkeerde gesindheid het jy ‘n
ontsettende gevaar vir Sy eie Koninkryk word.

Naas misleiding  is moegheid, gebrek aan uithouvermoë. Sy Woord is die lamp vir jou voet, sonder die lamp sal
jy sekerlik moeg word. Die keuse is jou eie: Brand jou Lamp? Het jy genoeg olie?

As jy in Sy Woord bly, bly Hy in jou. As jy nie in Sy Woord bly nie, bly Hy nie in jou nie en uiteindelik maai jy
verderf.

In Jes. 40:28-31 sê GOD Hy word nie moeg of mat nie. Hy wil ook nie hê ons moet moeg of mat word nie, en
belowe dan deur Sy groot genade en Liefde vir ons:

Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Hy aanvaar heeltemal dat jy moedeloos kan word. Hy sê dan ook: die jonges word moeg en mat en die
jongmanne struikel selfs, maar:

Die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word
nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Die besluit is jou eie!

Saai in die vlees en jy eindig in die verderf, maar saai in die Gees en sou jy moeg en mat word, maar die wil
openbaar om in Sy Woord te bly, dan neem Hy jou hand, hy hef jou op, jy ontvang nuwe krag, jy hardloop
selfs en word nie moeg nie.

Let op na die oplossing: Diegene wat op die HERE wag! Neem Sy Woord en gaan wag op Hom.

Hoe belangrik is dit vir jou om die goeie te kan oes? Wil jy werklik die goeie in die lewe en hierna oes?

Wees dan op die uitkyk vir die rowers van misleiding, moeg- en matheid en sonde.

Moenie met ander begin twis oor wat is sonde en wat nie. Die HERE sê Hy het die werk in jou begin en Hy
sal dit voleindig. Praat met Hòm daaroor. Moenie regverdiging vir jou verkeerde dade by vriende soek nie,
die misleiding sal net vererger en jy het uiteindelik ‘n goeie verskoning:  Ja, niemand weet of dit reg of
verkeerd is nie en totdat iemand dit nie kan bewys nie, gaan ek voort op my pad.

So maklik is dit nie. GOD laat Hom nie bespot nie. Hy nooi jou ook om die saak met Hòm uit te maak, nie
met iemand anders nie.

Hy lewer weereens die teenprestasie in 1 John. 1:9 wanneer Hy belowe:

As julle, julle sondes bely – Ek is getrou en regverdig om die sondes te vergewe (en nie net dit nie) maar
om julle van alle ongeregtighede te reinig.

Die besluit is jou eie?

Lees maar Jeremia 5 en let op strofe 25: “Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer en julle sondes
het die goeie van julle teruggehou.”

Nou weet jy waarom dit met sommige Gelowiges so goed en vooruitstrewend gaan, en waarom ander op
krom kieries deur die lewe aansukkel.

Die Besluit is jou eie. Waarom sou jy so dwaas wees om die vleespad na die verderf  te bewandel, as jy
daagliks in oorwinning kan lewe!

Onthou: Die besluit is jou eie!

Niemand anders gaan, of kan, vir jou besluit nie, niemand gaan jou dwing nie. Die besluit is jou eie!

Dinsdag 06 Januarie 2015

Dra gebedsgenesing nog krag in vandag se tyd?

 

Ons is so vinning om dokter toe te hardloop as ons siek word (ek ingesluit), en dit is nie verkeerd nie, God het vir ons dokters, en kennis gegee om ons gesond te maak, maar wat se God moet ons doen as ons siek is?


Jak 5:14
(14) Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.

Hoeveel van ons gaan kerk toe vir genesing? En wanneer iemand vir ons bid, glo ons dat ons werklik genesing ontvang? Kyk wat se die volgende twee verse.

(15) En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
(16) Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Ons het niks bereik in die lewe sonder die genade van God nie, jou pos of amp wat jy beklee is vir jou gegee as jou doel hier op aarde, ons is nie geroep vir die hemel nie, ons is gekies vir die aarde, ons werk is hier, God het nie nog engele in die hemel nodig nie, nee Hy het jou hier op die aarde nodig en Sy opdrag is om die Evangelie te verkondig aan alle mense, is genesing nie deel van die Evangelie nie?

God sê:
Ex 15:26 “Ek is die Here wat jou gesond maak” 

1 Pet 2:24 Deur die wonde van Jesus IS jy genees.

Mat 8:17 Jesus het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.

Gal 3:13 -14 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet, deur vir ons ‘n vloek te word,

Ex 6:7 sodat die seën van Abraham na ons kan kom.

Wat is die seen van Abraham?

Gen 26:4&5 …. In jou geslagte sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat Abraham na My stem geluister en My ordening, My gebooie, My insettinge en My wette onderhou het.

Gebed:

Dankie Vader vir U  Woord wat waarheid is en doen wat U behaag. Dankie vir Jesus reeds my siekte op Hom geneem het sodat ek genesing kan ontvang. Dankie vir die genesing wat NOU in my liggaam plaasvind. Aan U kom al die eer en lofprysing, in Jesus Naam Amen

Vrydag 12 September 2014

‘n Nodige Beproewing




Heb. 12:4-12: "Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie..." (vs. 11).

'n Wyksouderling doen eendag by een van sy wyksmense huisbesoek. Net die vrou is tuis. Sy is hewig ontsteld. "Maar, Oom, is ek dan die grootste sondares in die wêreld? Is ek die slegste mens op aarde dat al hierdie bitter dinge so gelyk oor my moet kom? Het God my dan heeltemal vergeet?" Hy luister 'n rukkie nadenkend hoe sy haar beproewinge vir hom vertel.

"Nee, Suster," antwoord hy toe sy snikkend ophou met praat. "al die bitterheid is juis deur God toegelaat om oor jou te kom om jou nader aan Hom te bring.

Kyk, laat ek jou van my ryperd vertel. Ek het regtig 'n eersteklas dier. En hy kan so goed spring! As ek op my plaas van een kamp na 'n ander wil gaan, het ek nie nodig om nog na die hek toe te ry nie, hy spring sommer maklik met my oor die heining. Maar nou kan ek hom, as ek afsaal, nie in die kamp hou nie. Hy spring eenvoudig oor die heining, en as ek hom dan nodig het, is hy wie weet hoe ver in die veld. Maar nou het ek 'n plan gekry. Ek het 'n blok hout aan 'n dun ketting vasgemaak, en sodra ek afsaal dan gespe ek dit aan sy agterpoot vas. Dit is seker nie lekker vir hom nie, maar dit verhoed dat hy oor die heining spring. So gaan dit met ons arme sondaars ook. Ons is ook maar baie lief om oor die verbode mure en heinings te spring. En dan, as die Here ons nodig het, is ons ver  weg op die pad van sonde en kan Hy ons glad nie gebruik nie. Maar nou, in Sy tedere maar strenge liefde, sorg God dat ons almal die blok om die been kry. Dit is die swaar beproewings wat oor ons kom. Dit mag nie vir ons lekker wees nie; maar nou bly ons naby Hom, en is ons in Sy sorg en tot Sy beskikking as Hy ons nodig het."

Koning Dawid het baie beproewinge en tugtiginge gehad, maar hy het naby God gebly, en watter rykdom is daar nie vir ons in die vrug daarvan, die Psalms, nie. Sy seun, Salomo, het net seëninge ervaar, maar na hy 'n ruk lank goed geloop het en vir ons ook 'n ryk skat van Spreuke nagelaat het, het hy 'n afgodsdienaar gesterf, as gevolg van die verleidinge van sy menigte vroue. Paulus het die Here altyd geloof vir sy "doring in die vlees" (wat nie ‘n siekte was nie). "Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee...Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was:'My genade is vir jou genoeg..." (2 Kor.12:7-9). Die Here weet die beste hoe om ons naby Hom en bruikbaar vir Hom, te hou.

As ‘n skaap of ‘n bok uit die trop spring en weghol, dan gaan haal die skaaphond hom. As die dier moedswillig weier om terug na die kudde te gaan, sal die skaaphond byt en so die dier terug na die kudde dwing.

GEBED: Here, vandag dank ek U vir my beperkinge.

Die HERE kan die koning se gedagtes verander…




In Rigters 6:1 sê God aan Gideon: Maar, toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die HERE die kinders van Israel oorgegee in die hand van die Midianiete – sewe jaar lank!
          Sewe jaar lank! Dis mos nie nodig om langer vrae te vra nie. Ons eie situasie moet vir ons mos nou meer duidelik wees as ooit te vore.
          Dit lei geen twyfel nie dat die Skrif verwag dat die Christen hom moet onderwerp aan die Owerheid wat oor hom aangestel is.
          So, loof die HERE, bid vir die owerheid, dien die HERE. Alles is nog lank nie verlore nie. Dit lyk maar net so.
          Die prentjie word verder ingekleur wanneer God ons verbied om te vergeld. God sê dat Hy ‘n jaloerse God is en dat die wraak Hom (alleen) toekom.
          Met ander woorde, terwyl ons wraak wil neem met allerlei verset en optredes, staan God terug, want ons probeer doen wat God sê Sy eksklusiewe reg is. Die Christen moet sy verstand afskakel sodat hy kan hoor wat die Gees van God aan hom wil sê.
          Wanneer die HERE sê dat Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit ‘n opdrag wat eenvoudig uitgevoer moet(!) word, al lyk dit ook hoe moeilik. As daar nie vrede in die land is nie, dan is dit heel waarskynlik omdat die Liggaam nie vir die regering bid nie.
          Daar is Christene wat die regering wil verkla by die Internasionale Menseregtekommissie, en by die VN en by ander internasionale liggame. Nie een van hierdie liggame is in beheer van die koning nie.
          Die HERE is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: “Die koning (staatspresident) se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil.”

·       Die nuwe vertaling lees: “Die HERE kan ‘n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!” Skitterend!
               Die HERE het ook die gedagtes van John Newton, ‘n slawehandelaar,
      in die middel van die oseaan te midde van ‘n ontsettende stormsee verander.
               Newton het die wedergeboorte deelagtig geword en sy skip vol slawe
      omgedraai en hulle in hul tuisland in Oos-Afrika gaan aflaai. Newton het
      later ‘n Presbiteriaanse predikant geword. Hy het teen die slawehandel begin
      preek en William Wilberforce beïnvloed om die slawehandel in Brittanje
     en die kolonies af te skaf.
               Newton het die lied “Amazing Grace” gekomponeer. Op sy sterfbed het hy gesê: “Ek is steeds in die land van die sterwendes, maar ek sal binnekort in die land van die lewendes wees.”
So, kom maar gerus jou plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar hulle is in beheer. Die waarheid is dat die Christendom in beheer van die wêreld is, en dit onder Leierskap van die Almagtige GOD.
          Luister wat sê Psalm 149 oor “Lofgesang en Oorlogswaard”:
       
Halleluja! Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied,
Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
Laat Israel hom verheug in sy Maker;
Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!
Laat hulle Sy naam loof in koordans,
Hom psalm sing met tamboeryn en siter.
Want die Here het ‘n welbehae in Sy volk;
Hy versier die ootmoediges met heil.
Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;
Laat hulle jubel op hul bedde.
Lofverheffinge van God is in hulle keel,
en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;
Hoekom?
Om (sodoende) wraak te oefen onder die heidene,
strafgerigte onder die volke;
om hulle konings met kettings te bind
en hulle edeles met ysterboeie;
Hoekom?
om ‘n vonnis wat opgeskrywe is,
aan hulle te voltrek.
‘n Eer is dit vir Sy gunsgenote!
Halleluja!

“Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.” Sag. 4:6
Dat die HERE op soek is na voorbidders maar hulle selde vind, word weerspieël in die pyn van Sy uitroep deur Jesaja:
          Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenby tree nie,”
          En sy teleurgestelde protes deur Esegiël:
          Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land…  maar Ek het niemand gevind nie.
Laat die Lofsange oor berg en dal aangerol kom!  — Sjibbolet

Woensdag 13 Augustus 2014

Die verhaal van die man op die skip



Daar is die verhaal van die man wat besuinig het en elke moontlike rand gespaar het vir ‘n bootreis na Amerika. Hy het uiteindelik net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal.
           
Gedurende die reis het hy verlangend gekyk hoe  die ander passasiers by die groot kostafels aansit.
            
Hy moes maar met brood en beskuitjies tevrede wees want hy het net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal.
           
 Na twee weke kom die groot passasierskip uiteindelik by sy bestemming aan. Een van die skeepsoffisiere vra toe aan die man of hulle hom dalk aanstoot gegee het omdat hy nie sy maaltye geëet het nie.
           
“O nee,” het die man geantwoord, “ek het net genoeg geld gehad vir my kaartjie. Ek het nie geld gehad om vir die maaltye in die eetkamers te betaal nie.”
            
Die skeepsoffisier het die man verbaas aangekyk en gesê:
           
 “Meneer, ek is so jammer. Jou maaltye was by jou kaartjie ingesluit!”
            
So lewe baie Christene op brood en beskuitjies wanneer God se beste al die tyd vir hulle beskikbaar is. Hulle ken nie die terme van die kontrak, hulle Verbond –  die Nuwe Testament  –  nie. Hulle besef nie wat hulle alles geërf het nie, hulle weet nie van al die beloftes nie en ook nie dat God self belowe dat Hy sy verborgenhede aan ons sal openbaar nie, dat Hy ons alles is nie.
            
So gaan die volk ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. –  Sjibbolet

Dinsdag 12 Augustus 2014

Thea se oorwinning teen bors kanker deel 2



Deel 2 vervolg

Die bitterheid wat ek vir jare in my hart rondgedra het is weg, ek het dit oorgegee aan Jesus ...want die Heilige Gees kan nie in jou hart woon as jy haat en bitterheid het teenoor mense nie, maak nie saak hoe seer hulle jou gemaak het, en hoe jy verneder is nie...vergewe hulle!

Na so 3 mnde na ek die laaste behandeling gehad het toe is Jesus en my verhouding al sterk, en dit groei nog steeds elke dag, Die Heilige Gees het my baie dinge laat sien wat ek verkeerd gedoen het, en ek het dit dadelik verander, daar gaan nie een dag om wat ek tot nou dankie se vir Jesus dat ek genees is van daardie vreeslike kanker... skoon gewas is met Sy Bloed,... al my ou sondes weg gewas met Sy Bloed.

Ek wil vir alle kanker vegters en survivors se, moet nooit, nooit Jesus se Hand los nie, se dankie dat Hy jou reeds genees het en GLO DIT MET JOU HELE HART, dis die geloof wat mens red, en se dankie elke liewe dag en prys Hom dat deur Sy Bloed Hy by ons Vader vir genade gaan vra het vir Sy kind.

Dan as mens klaar is met al die behandeling, en jy bad in die oggend en jy sien jouself in die spieel..met kort haartjies, geen borste, sny wat regoor jou maer borskas loop, dan tref die skok jou hoe terrible dit lyk! Ek het tot my man verloor gedurende die behandeling, ...baie verloor ... werk, hare, borste..huis alles, maar alles aardse goed, en ek besef hoe ryk is ek NOU eers, want nou het ek Jesus se Liefde.

Ek het met Jesus gesels, o, net om te noem, ons gesels land en sand, sommer terwyl ek klaar maak vir werk .. in die kar...winkels..ag net wanneer ek wil....en ek vra vir Jesus, of Hy dink ek kan maar vir rekonstruksie gaan, of dit sal reg wees, en ek het die vrede in my hart gekry, ek se vir Jesus, “Ek gaan na n plastiese chirurg toe, maar ek wil alles he....tepels, en die pienk gedeelte wat hulle met tatoeering om die tepel doen, dan gaan ek dit alles na my medies stuur, as hulle alles goedkeur dan weet ek U se dis reg!”

Dokter het alles gemotiveer en binne 2 dae toe kry ek die medies se goedkeuring vir elke ding tot op die laaste, ..sjoe dit was n groot verassing,...Ek het begin met die reeks operasies April 2012 en kry die laaste een nou 31 Januarie 2013, en dan moet ek 2 maande wag om die tatoeering te doen.
So het ek en Jesus weer die pad gestap waar ek elke keer onder die mes moes gaan om dit te doen.

As ek terug kyk vandag dan se ek “dankie, dankie Here dat U hierdie kanker toegelaat het om op my pad te kom...” *o daar hol die duiwel alweer hy het dit nie verwag nie *, want, sonder die wonderlike pad van die kanker sou ek dalk nooit weer die geleentheid gekry het om terug te draai na God toe nie. 
Wat n wonderlike ervaring was dit, met die siek wees en alles...vandag het ek weer n werk, n klein ou tuin woonstelletjie wat ek huur, n paar meubelstukke, my kat wat die hele pad saam met my deurgemaak het, en my nuwe blinde kat.

Ek is gelukkig, ek het vrede, ek het ophou soek, want ek het gevind ....ek het niemand in my lewe nie, ek glo as dit die Here se Wil is sal Hy wel iemand op my pad sit, maar dit pla my nie....en so bly Jesus, ek en die 2 katte... heel gelukkig ... my beker loop oor!

Vir die wat dit lees, of jy teen kanker veg tans, of n survivor is, of net iemand wat alleen is, of sommer net voel jy is soekend, ek wil vir jou se, Jesus is die antwoord na alles wat jy soek... vandag is ek so spyt oor die tyd wat ek gemors het om hierdie vrede te vind, maar ook dankbaar dat dit nooit te laat is nie.

Daar is vrouens wat na my toe kom by n kanker ontbyt of  kanker fuksie, en se  “dankie Thea, toe ons begin het met ons eerste chemo, en so bang was, het jy by ons kom kniel en ons hande gevat en gese, moenie bang wees nie, hou net vas aan Dokter Jesus se Hand en alles sal regkom en GLO”, My woorde het hulle deur die hele chemo proses deurgedra.  Ai wat n wonderlike gevoel om te weet ek kon hulle motiveer met Jesus aan my sy,  wat die woorde van bemoediging in my mond sit om te spreek.

Dankie dat julle my getuienis gelees het, enige iemand wat enige raad, vrae of net n bietjie liefde en motivering soek, kan my enige tyd e pos by :  theatemelevren54@gmail.com of bel my 076 978 7975......sodat ek jou kan vertel hoe lief Jesus jou het.

Dankie aan my vriendin Belinda, wat my getuienis op haar blog geplaas het!

Liefde
Thea

Let asb daarna op dat Thea genoem het dat sy verbitterd was, woede teenoor mense gehad het, en hulle vergewe het.

Kanker spruit primer uit bitterheid, dit is ‘n onder-aktiewe immuunsisteem wat dit veroorsaak, omdat mens voel jy moet jou emosies beheer, jy mag nie erken hoe jy voel nie, en alles binne jouself rond dra, in pleks van vergewe en vryspreek.

Toetse het bewys dat bors kanker is die gevolg van sonde van bitterheid teenoor ‘n ander vrou.
Linkerbors – vrou teenoor vrou in die bloedlyn en regterbors, nie oor ge-erf nie, maar jou eie bitterheid.

Bely jou sonde voor Jesus, vergewe en spreek vry, en as dit in die bloedlyn is, bely hulle sonde ook soos volg “Vader, ek neem verantwoordelikheid vir enige bitterheid wat deel was van my voorgeslagte, ek bely dit as sonde en vra vergifnis. Ek vra dat U die opening wat satan so in my lewe gekry het sal toe maak en verseel”.

Thea se oorwinning teen borskanker - deel 1


Die volgende getuienis is gedeel deur Thea Temelevren, ‘n vrou wat 100% genees is van borskanker. As jy voel jy wil ook graag jou getuienis lewer op die blog, sit dit as “comment” onder aan of epos dit vir my na belindapaar@gmail.com dan sit ek dit ook op die blog om ander vroue te ondersteun.

Baie dankie Thea vir jou mooi getuienis, soos jyself se: Net Jesus kan genees!!

Thea se storie

Laas nag het ek in my hart gevoel gekry om my getuienis te lewer van hoe Jesus my gesond gemaak het, en ek weet dit is die Heilige Gees wat met my praat, want ek is n wedergebore Christen. 

My naam is Thea, het groot geword in n baie Christelike huis, maar was altyd rebels en het die bree pad saam met duisende geloop my lewe lank, en as ek vandag terug dink aan my verlede, dan sien ek selfs hoe lief het God my nog steeds gehad al was ek op die bree pad. God het ook heelwat tragiese dinge op my pad gesit maar ek het nie geluister nie, en my hele hele lewe lank was ek soekend na 'iets'.....maar nie geweet wat is dit wat ek soek, hoekom bly ek soekend, dan dink ek dis liefde vir iemand, maar nee die soekende gevoel bly sit.......so het dit gekom n week voor die  22 ste Augustus 2010, ek het gerook jare lank, maar was n puffer, maar my siggies, ai, kon nie sonder die goed nie, maar die week het ek so naar geword van rook, en ek het gedink ek kry griep, en al minder gerook want dit was sleg.

Toe ek die 22ste Augustus 2010 by die huis kom die Vrydag middag na werk, en so jeuk gevoel op my linker bors gekry en toe voel ek die knop,...en ek dink, genade die ding was nie daar nie, en dis groot, ek het onmiddelik die foon gevat en sommer sonder n dokters brief die Mamogram afdeling gebel by Pretoria Oos hospitaal en n afspraak gemaak, die dame se toe my afspraak is die volgende Vrydag, ek se “nee, nee jy verstaan nie, hierdie is dringend”, maar sy antwoord net  “jammer ons het niks oop voor dan nie”, die hele naweek was n nagmerrie!

Maandag by die werk gekom en weer die vrou gebel en gese “asb kan jy my nie vroeer inkry nie”, sy antwoord “weet jy, jy is baie gelukkig ons het n kanselasie gekry vir Woensdag oggend 9 uur”, .....

9 uur daardie oggend was ek daar, Mamogram gedoen, gesien die dokters skarrel bietjie rond, hulle se toe ek moet n sonar kry, en nog n dokter kom in, en se nee, hulle moet biopsies doen, want hulle sien 3 knoppe maar hulle wil seker maak. Biopsies gedoen, was baie 'scary' eerste maal in my lewe wat ek so iets moet doen, maar was toe glad nie seer nie......nou stuur hulle my huistoe en se ek moet n week wag vir die uitslag, ag genade ,....die wag is die ergste, maar na net 2 dae die Vrydag middag,... kry ek toe n oproep van my huisdokter, hulle het die uitslag na hom toe gestuur, en hy se vir my (ons kom al 18jr saam) “Thea'tjie dis borskanker jy moet my Maandag oggend 8 uur kom sien”...

Ek het histeries begin huil, ek was besig om die matte te suig toe hy bel ek het geskree en amper die arme stofsuier se pyp afgebreek van histerie...toe ek bietjie bedaar toe gaan sit ek op die mat, verslae, geskok, vernietig, alleen, wat nou.....eers besluit ek gaan niemand se... nie my kinders nie... my vriende nie...na n ruk besluit...nee ek het mense nou nodig, ek kan nie alleen deur die naweek gaan nie, en ek bel toe al wat vriendin is ..almal het gekom, gebid,  saam my gehuil...een vriendin het gebly en gese “ek bly by jou tot Sondag aand”...ons het heel naweek saam gehuil, want ek het so n vrees vir kanker, chemo, bestraling al daardie nare goed, want ek moes sien hoe my enigste boetie stadig sterf oor 7 maande van lewer en pankreas kanker.

 Ek het nog nooit weer lus gekry om te rook na die nuus nie, net God kon my so skielik laat ophou rook het, want Hy het geweet ek kan nie.

Toe begin ek bid, en bid, en bid, en smeek die Here om asb in te tree en my te help, ek het nooit vir Hom gevra hoekom ek kanker gekry het nie, ek was nooit kwaad vir Hom nie, ek het net gese Here asb help my...ek het my Bybel gevat, soekend gelees maar kon nie konsentreer nie, maar toe met die Bybel op my bors aan die slaap geraak. Maandag oggend het aangebreek en ek was klaar besig om te besluit wie kry wat ...die kas na daardie vriendin al die goed na die kinders en so het ek my goed begin uitdeel in my kop want ek gaan mos nou dood.

By die dokter gekom 8 uur, en hy se , “Sit, bly stil, en luister na my, eerstens glo jy nou absoluut aan God, jy doen die behandeling wat n onkoloog vir jou gaan gee, en jy bly positief en jy bly weg van dokter Google af”.....hy se verder, “ongelukkig het jy die mees aggresiefste borskanker wat daar is, infiltrerende buis karsinoom, dis aggresief en vinnig, en jy loop al 3 jaar daarmee (ek het nie mamogramme laat doen vir 3 jaar) en die kanker het reeds na jou limfkliere versprei, en dis graad 3 kanker”. 

Toe die nuus,..... “ongelukkig moet ons altwee jou borste afsit en 17 limfkliere uithaal om getoets te word”, .....ek het in n 'bubble' gegaan, dit is al hoe ek dit kan verduidelik,...”nee is reg se ek verslae... haal uit... sit af.” 

September 3 2010 is ek onder die mes, met die Here se Hand oor my het HY gesorg dat dit toe net na EEN limfklier versprei het, die ou duiwel wee jy, hy sit mos die nare goed in ons lewe, en dan laat die Here dit toe om te sien wat gaan ons doen met dit, toe kry die duiwel n groot suprise en ek draai na Jesus toe met my hele hart, verstand en krag.

EN daarna, die nuus: - chemo vir 6 maande lank, bestraling elke dag vir 30 dae, en dan Herceptin vir een jaar, ag nee, hoe gaan ek dit doen het ek gedink, ek sal dit nooit kan maak nie, die tyd sal nooit verby gaan nie

So het n vriendin my gesalf, vir my gebid, ek is weer gedoop met die Water en Die Gees, en so het ek en Jesus mekaar weer gevind, stadig stadig, so al met die chemo saam. Een oggend na die 2de rooi duiwel chemo, is ek baie, baie siek en my hare het begin uitval en dit was so 5:45 die oggend, en ek bid, en ek se “Here, kyk hoe siek is ek, help my asb, hoor U nie hoe bid ek nie, het U my gelos, asb help my”. My gebed was skaars klaar toe lui die foon daardie tyd van die oggend, en die mooi Jesus vriendin wat my gesalf het se, “Thea ek het in die gang geloop en toe se die Here vir my, draai om asb en bel vir Thea”, en so het ek besef Jesus hoor my en ek spring op asof ek 16 jaar oud is en gil JESUS HOOR MY, JESUS HOOR MY.......ja chemo is n nare ding, ek wou dit los, maar vriende en kinders het gekom en gese “nee, druk deur jy kan dit doen!”

Ek was baie baie siek, maar het deur die 4 rooi duiwel chemo gekom, en is toe oor na Taxol chemo, gelukkig maak dit mens nie so baie siek nie, en Jesus en ek se verhouding groei elke dag, en ek se “Dankie Here dat ek reeds gesond is, ek moet net deur die chemo gaan, want ek moet my deel ook doen”.

Teen die tyd was daar nie meer ‘n haar op my lyf nie, al my toon naels het uitgeval, tot vandag meer as 2 jaar later groei die 2 ou groot toon naels nie terug nie. Taxol laat jou hande en voete met swak bloedsomloop, en dit voel dood, tot vandag toe kry ek soms die dooie gevoel in my voete en hande.

Jesus, en ek is toe deur die chemo, en ek is maer, soos n kraai, en nou moet ek bestraling begin, na 3 van die 30 wat ek moes kry toe sak ek inmekaar, en net daar besluit ek niks meer, en ek se Jesus,” hier is my siekte ek plaas nou alles in U hande.” En ek begin toe met Herceptin, vir een jaar lank moes ek dit elke 3 weke kry ... maar dit maak mens darem nie so moeg nie, en ook nie siek nie.

3 Januarie 2011 toe is dit my laaste Herceptin, en die haartjies het al begin uitgroei,....en toe ek so terug kyk na die tyd wat ek alles moes kry, toe kon ek nie glo hoe ek hier gekom het aan die einde...dit het gevoel of die tyd gevlieg het...toe besef ek hoe het Jesus my al die pad gedra.....en ek is vol dankbaarheid vir God, want ek is gesond, daar is maar net een Dokter vir kanker en dit is Dokter Jesus!

Deel 2 vervolg

Sondag 03 Augustus 2014

Waarom toets ons nie GOD aan sy Woord nie?




 Inderdaad is gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak.  Nie dat gebed as sodanig magtig is nie, maar onse GOD is! Alles is reeds probeer vir reg en geregtigheid in Suid-Afrika, behalwe deurdringende, aanhoudende gebed. Begin vandag nog ‘n eendragtige gebedswaak in jou eie huis. Dit is die antwoord, die enigste antwoord! Al is julle net twee wat begin, maak daardie begin.

Ja, twee is genoeg wat die HERE sê self waar twee of drie in sy Naam bymekaarkom, daar is Hy. GOD se vermenigvuldende krag doen die res: ‘n paar brode en vissies voed ‘n menigte. Lev. 26:8 “Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.”

Maak nou self jou eie vermenigvuldende somme verder en kyk wat gebeur as ‘n 100, as 50 000 eendragtig begin saambid. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. Jak. 5:16. Hand. 4:31. Vervolgens moet ons staatmaak op die Heilige Gees in ons gebedslewe.
“En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, (Hoekom?) want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.” Rom. 8:26-27.

Natuurlik, jy het dit al baie oorgekom: Jy weet nie reg wat om te bid nie. Dit is hier waar die gawe van die spreek in ‘n hemelse taal, die taal van die Gees, in werking kom. “Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.” 1 Kor. 14:14-15.

Daar is dus twee maniere waarop ‘n mens kan bid: Bid met die verstand as jy weet waaroor dit gaan en presies wat jy wil bid. Maar as jy nie reg weet wat om te bid nie, dan bid jy nie met jou verstand nie, dan bid jy in die Gees. En wanneer jy in die Gees bid, dan is jou verstand onvrugbaar. “Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.” 1 Kor. 14:2-4.

Dit beteken nie Christene links en regs moet profeteer nie. Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Pred. 3:1-8. Wanneer jy die HERE wil prys, dan kan jy ook dit met jou verstand doen, of in die Gees. Het jy al iemand in ‘n hemelse taal hoor sing? Het jy al ‘n groep in tale hoor sing wanneer hulle die HERE loof? Dit alles beteken dat mense wat die doping in die Heilige Gees misken, ‘n baie groot fout maak en hulself van grootse seëninge en deurbrake beroof.

Paulus sê: “Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal...” Rom. 4:18. Hoekom was dit nodig dat hy juis dit vir hulle moes sê? Eenvoudig, omdat hulle nie daarvan geweet het nie want dit vind in sy binnekamer plaas. Oor die tale in die gemeente, sê Paulus egter: “...maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal.”

Paulus sê ook: “So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. (Hoe?). Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.” 1 Kor. 14:12-13.
Paulus dui duidelik aan dat die spreek in tale in die gemeente taamlik min plaasvind, maar wanneer dit plaasvind, dan moet daar ‘n vertaling in die taal van gemeente plaasvind, sodat die gemeente gestig kan word.

Paulus beklemtoon dit verder wanneer hy in 1 Kor. 14:16-17 sê: “Anders, as jy met die gees dank (in ‘n taal dank), hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.”
Daar moet dus elke keer ‘n vertaling plaasvind wanneer iemand in ‘n taal in die gemeente optree. Hoekom?  “Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.” 1 Kor. 14:9.

Dan sê Paulus ‘n belangrike ding: “Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges. “As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?  “Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.” 1 Kor. 14:22-25.

Vir Paulus is die tale nie so belangrik in die gemeente, behalwe dat wanneer dit by uitsondering plaasvind, daar noodgedwonge ‘n uitleg moet wees anders dink die ongelowiges die gemeente is kranksinnig. Maar Paulus laat val die klem op profesie. Profesie gaan nie met ‘n taal vooraf gepaard soos wat baie redeneer nie. Profesie is belangrik want “... so kom die geheime van sy hart aan die lig.”
Hierby is ook betrokke die gawe van die onderskeiding van die geeste. 1 Kor. 12:2-11. Die tale is egter grotendeels vir die gebruik in kommunikasie tussen jou en GOD wanneer jy in jou binnekamer bid.

Daar is egter gevalle waar Christene in hulle binnekamer in ‘n hemelse taal in die Gees gebid het en die gebed ook vertaal het, sodat ook hulle verstand kon verstaan wat hulle gebid het. Hierdie blyk egter ‘n uitsondering te wees. In die meeste gevalle weet mens uit die bevestiging van die Woord, wat die HERE se Wil in ‘n saak is. Dit kan in jou eie stiltetyd gebeur, of waar jy saam met iemand Bybelstudie doen, of onder die prediking of self in gemeentelike aanbidding. Hoe anders het die gemeente geweet dat die Heilige Gees sê dat die gemeente Paulus en Barnabas moes afsonder vir die werk?

Uit hierdie vooraf gedeelte het ons duidelik geleer dat daar kere is wat ons nie weet hoe en wat om te bid nie, ons weet nie wat die HERE se Wil in ‘n betrokke saak is nie.  Dan skakel ons, ons verstand uit en ons bid in die Gees in ons hemelse taal. Dan spreek ons verborgenhede tot die HERE.
Jesus Christus sê dat wanneer ons gered is en die Koninkryk begin bou, dan sal ons die volgende doen: “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Markus 16:17-18.

Vraag is: Hoe bekom mens hierdie gawe van ‘n taal? Eintlik net so eenvoudig soos die dag toe jy wedergebore is. As iemand jou vandag sou vra hoe weet jy dat jy wedergebore is, sal ‘n ‘n klinkklare getuienis kan lewer. Jy het Jesus Christus as Saligmaker, as Verlosser aangeneem. Dit was alles ‘n geloofsaksie.
Net so vra jy die HERE vir die doping in die Heilige Gees en ontvang dit. Dit is hoe eenvoudig dit is. So ook al die ander gawes. Ontvang dit net en gebruik dit.
Dis waar die sleutel lê: Gebruik dit. Ontvang die Heilige Gees en praat eenvoudig in die taal wat jy daardie oomblik ontvang. As jy nie begin praat nie, sal jy nooit praat nie. Hand. 1:5 en 8.

As jy die gawe van genesing ontvang, maar jy bid nooit vir ‘n sieke nie, sal niemand ooit genees nie. ‘n Feit wat ons nooit uit die oog mag verloor nie, vind ons in Markus 11:25,26 “En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.”

Dit is hoe eenvoudig dit is:  as ons nie vergewe nie, vergewe GOD nie en al ons gebede is futiel. In Matt. 6 vind ons die bekende “Onse Vader” met die gedeelte: “... vergeef ons, ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe.”
En dan strofe 14: “...Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”

Dit beteken kortweg dat jy die Onse Vader duisend keer kan bid en niks sal gebeur nie want jy het nie ander mense vergewe nie. En veel erger: As jy nie vergewe het nie, maar jy gebruik die Nagmaal, dan drink jy (boonop) ‘n oordeel oor jouself! Let op: “Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en 'n aantal het ontslaap.” 1Kor. 11:27-30

‘n Vrou met bloedkanker vra op ‘n keer dat ons vir haar moet vir genesing. Ons het vir ‘n paar oomblikke in doodse stilte in die Gees gebid. Toe ons praat, noem ons aan haar dat die HERE haar nie kan genees nie want sy het ‘n verterende haat teenoor iemand. Die vrou erken dat dit so is, maar dat dit darem nie meer so erg is nie.
Ons verduidelik aan haar: “Mevrou, dit is steeds so erg, dis net die siekte wat maak dat jy nou  meer aandag aan jouself en jou onmiddellike omgewing gee as wat jy aan die haat gegee het.
Sy herhaal dat dit darem nie so erg is nie. Ons bied haar ‘n hipotese: As daar nou ‘n geklop aan die voordeur is en jy maak oop en dis die mense wat jy so haat, sou jy hulle hartlike kon binne nooi en sê: ‘Baie welkom, ons het mekaar lanklaas gesien, kom binne en maak julle self tuis. Wat drink julle, tee of koffie?’
Toe antwoord sy: ‘Nee, darem nie so nie.’

Hierdie vrou moes eers na haar ‘vyande’ toe gaan en hulle gaan vergewe waarna die HERE haar volkome genees het. Ek en jy mag nie eers by die Nagmaaltafel aansit as ons iets teen iemand het, of weet dat iemand iets teen ons het nie. Ons moet die saak eers gaan regmaak en as ons dit nie doen nie eet en drink ons ‘n oordeel oor onsself. 1 Kor. 11:23-30.
Let op strofe 30: “Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.”

Mens durf nie met onvergewensgesindheid of sonde in jou hart Nagmaal gebruik nie. “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.” Spr. 28:13.
Jy mag dink dat niemand iets van jou oortredinge af weet nie, maar by GOD is alles bekend. Die dag wanneer jy voor die Groot Wit Troon staan, sal almal in ‘n vlietende oomblik alles van almal weet. Sou jy nie graag daar ongeskonde wou staan nie?

Kom dan, verootmoedig en maak jou saak met God en mens reg. Daarna het jy niks te vrees nie. “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.”  Heb. 12:12:15    – Sjibbolet