Vrydag 06 November 2020

Los die klaagliedere – Neem Beheer



 ”Laat U wil geskied, soos in die Hemel net so ook op die aarde.” Matt 6:10

            Heelwat regerings oor die wêreld heen se bestuurstyl sal nie welkom wees in die Hemel nie, meesal weens korrupsie.

            Die HERE se begeerte is dat regerings op aarde moet wes soos wat hulle in die Hemel sou wees. Wanneer die HERE sê dat Gelowiges vir die regering moet bid, dan is dit ‘n opdrag wat eenvoudig uitgevoer moet(!) word. Hoe anders sou hulle kan regeer soos in die Hemel, so ook op die aarde.

            As daar nie vrede in die land is nie, dan is dit heel waarskynlik omdat die Gelowiges nie vir die regering bid nie.

           Die HERE is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: “Die koning se hart  is in die hand van die HERE soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil.”

            Die nuwe vertaling lees: “Die HERE kan ‘n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!” Skitterend!

            So is die HERE ook in beheer van elke leier se lewe. So, begeer die HERE ook baie ander dinge op aarde... onder meer soos gelukkige huwelike. Ons moet bid vir die regering maar ook vir baie ander dinge, dat dit kan wees “soos in die Hemel, so ook op die aarde.”

            Navorsing (Barna) in Amerika het bewys dat huwelike waar paartjies saam bid, is daar een egskeiding uit elke duisende huwelike. Andersins is dit een egskeiding uit elke twee huwelike.

            Kom maar gerus jou plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar hulle is in beheer. Dit gaan oor gebedstrategie. “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees.

            “Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die Hemele is.

“Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Matt 18:18-20 

Gebed is ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak. Gelowiges is nie hier in wese agtergelaat nie. Ons is ‘n mag om mee rekening te hou. Wat maak ons met al hierdie mag en geloof wat aan ons geskenk is? As ons al die tyd wat ons aan klaagliedere spandeer, in ernstige gebed omskakel, kan ons dit land weer op sy voete keer.

Al wat dit vra is dat ons in Hom moet bly en Hy sal in ons bly.  Ons is ‘n gedugte onomstootbare mag. Nogtans veg ons nie met geweld nie, maar in die Gees: “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.” Sag 4:6

“Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.” Jak 5:16 Dit opkommandeer miljoene legioene Engele.  Ons is nooit alleen nie. Ons is en bly ‘n oormag.

Regerings die wêreld oor het nie raad om mensehandel te stop nie. Meer as 29 miljoen vroue en meisies is reeds gelys en word gesoek. Ook Suid-Afrikaanse vroue en meisies word gesoek. Onttrek aan diegene wat daagliks daaroor murmureer en neem gesag.                                                                            

            Luister wat sê Psalm 149 oor “Lofgesang en Oorlogswaard”:

            Sing tot eer van die HERE ‘n nuwe lied, Sy  lof in die vergadering van die gunsgenote!

            Laat Israel hom verheug in sy Maker;

           Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning. (doen ons dit?)

           Laat hulle Sy naam loof in koordans (doen ons dit?), Hom psalm sing met tamboeryn en siter.

            (hoekom?) Want die Here het ‘n welbehae in Sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.

            Laat die gunsgenote juig in heerlikheid (glorie);

            Laat hulle jubel op hul bedde.

(let op) Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand; (hoekom? Luister) om wraak uit te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke; (en wat nog?) om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;

(hoekom?) om ‘n vonnis wat opgeskrywe is aan hulle, te voltrek.

‘n Eer is dit vir Sy gunsgenote!

Halleluja!

            Dus, nie deur krag of geweld nie, maar deur lofprysinge aan die God van ons heil. Lofprysinge is ‘n tweesnydende swaard: Terwyl ons God loof, oefen ons ook wraak uit onder die heidene, strafgerigte onder die volke, om hulle konings in kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie…… (waarom?) Om ‘n vonnis te voltrek wat reeds opgeskrywe is!

            As mans, vir watter menslike rede ook al, nie hierdie linie kan of wil, vorm nie, dan moet die vroue dit alleen doen. Bid nou met nuwe visie, nuwe moed en nuwe ywer vir ‘n nuwe Suid-Afrika... sonder krag en sonder geweld. 

 Wie stuur vir ons die eerste foto’s van honderde en duisend wat dans voor die Troon van die HERE? – Wekroep

·       Wedergebore Jode en Arabiere kan nie loof en aanbid sonder om te dans nie:

https://www.youtube.com/watch?v=BT50-Kuj2UY