Woensdag 29 November 2017

Hemelse missiele


Image result for dawid en goliat



En jy, wat tel jy op?   

Dawid het Goliat met sy vyf klippies aangedurf? 1 Sam 17
Die Filistyne en die Israeliete was in oorlog.  Goliat, was op die toneel. Hy het die Israeliete uitgedaag om hulle beste vegter te stuur om teen hom te veg. Maar hulle was te bang. Toe die jong Dawid daar aankom om vir sy vegtende broers kos te bring, was hy geskok oor die Israeliete se vrees. Hy het sommer dadelik Goliat se uitdaging tot 'n tweegeveg aanvaar.
Dawid is die beste wapenrusting aangebied om Goliat aan te durf. Maar hy het nee gesê. Sy slingervel en vyf klippies was genoeg. Nee, dit was eintlik veels te min! Hoe durf mens 'n reus aan met 'n handvol klippies? Jy't mos nie 'n kans nie.
Dawid het egter geweet God is by hom. Hy was daardie dag 'n kryger vir God! Sy God se eer was op die spel. As die res van Israel dan te slap was om vir God op te staan – nie hy nie! Daarom het Dawid dit gewaag om sy vyf klippies in God se magtige hand te sit.
God sou egter daardie dag die geveg moes veg. Hyself moes die oorwinning oor daardie reus gee. En Hy het ook! Dis hoe God werk.
Nee, Hy neem nie elke keer al die krisisse uit die weg nie. Hy kyk dikwels of sy kinders bereid is om Hom midde in hulle krisisse te vertrou. Dan eer God hulle geloof deur hulle op fantastiese maniere te help... al het hulle net vyf klein klippies wanneer hulle reuse moet aandurf.

God openbaar Homself in die Bybel as die Een wat deur dik en dun by sy kinders staan. Die een psalm na die ander getuig van God se hulp aan ons in pikdonker ure. Wanneer die nood dreig, is Hy die enigste Een wie se hulp jy moet opsoek. Wanneer die stormwinde waai, is net Hy jou anker. Ook wanneer jy aanmeld vir die geveg teen die reuse rondom jou, is God jou enigste Aanvoerder.
Word 'n moderne geloofsvegter!
Staan asseblief 'n slag op vir God! Sy Naam word vandag goedkoop en bespotlik gemaak. Ook daar in jou eie omgewing daag mense sy gesag openlik uit terwyl kerklikes rondstaan met monde vol verleë tande.
Wie sal God se Naam eer in 'n tyd soos hierdie as die reuse rondom die kerk begin stelling inneem? Wie sal in die voorste loopgrawe diens doen vir die Allerhoogste? Dalk jy?
En as jou gemeente bedreig word, of jou huis, of jy, of jou kinders, juis soos wat nou die geval is?
Miskien dink jy nou by jouself: "Wat kan ek vir God doen? Ek is veels te swak." Sê wie? Hoor mooi, God sê dit hoegenaamd nie oor jou nie! Al het jy net vyf spreekwoordelike klippies tot jou beskikking, dan is dit dodelike hemelse missiele as jy dit gelowig in God se hand plaas.
Jy kan 'n verskil maak. Nee, jy is die lewende verskil! Jy staan in die pad van die reuse met jou geloofsklippies. As 'n jong Dawid 'n ganse volk se geskiedenis kon verander met net vyf klippies en 'n hart vol geloof, dan kan jy minstens ook 'n paar sentimeter dapper volstaan en 'n meter of twee se nuwe grondgebied in God se Naam verower!
Toe tel Dawid vyf klippies op... En jy, wat tel jy op?

Maandag 27 November 2017

Verbly jou....


Image result for Hebr 10:14


Dis binnekort Kersfees, ‘n tyd waarin reg oor die wêreld die Geboorte van Jesus Christus

herdenk word. Die rede waarom Hy gebore is, is reeds in ons Wedergeboorte vervul. Jubel

voor Sy aangesig. Hy is binnekort weer hier om ons te kom haal!




‘Dit is volbring’


‘n Bejaarde vrou stap huiwerig ‘n versekeringsmaatskappy se kantore binne.

By ontvangs haal sy ‘n ou polis uit haar verslete handsak. Sy kom net sê sy kan nie meer die premies bekostig nie.

Die versekeringsman het gou vasgestel die polis is waardevol en baie jare in stand gehou.

Hy vra: "Wat sê u man oor die saak? Dit is tog sy polis. U is net die begunstigde."

"My man? Ag nee meneer, hy is al drie jaar gelede oorlede. Dit is hoekom ek so bitter swaar kry."

Sy het aangehou premies betaal vir 'n polis wat reeds aan haar uitbetaal moes gewees het!

Die polis het nog dieselfde dag uitbetaal en die vrou had genoeg om vir baie lank gerieflik te lewe.

Is ons ook so onkundig? Probeer ons ook nog premies vir ons saligheid betaal? Christus se versoeningsdood het die Ewige Lewe ten volle ons eiendom gemaak.

Ons word nie gered deur wat ons doen nie, maar deur wat Christus klaar vir ons gedoen het. “Dit is volbring.”

Daardie Polis lees: "Deur die een wat offer het Hy die wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak." Hebr 10:14

Hou dus op premies betaal en verbly jou oor jou Hemelse erfenis wat Jesus Christus volkome vir jou verwerf het. Alle premies is ten volle opbetaal en ek en jy as Gelowiges is die Erfgename.

Die Nag is op ons!


Image result for 2 Sam. 22:30.


‘Julle (ek en jy) sal Sy getuies wees…’ -- Is ons?

Gegroet in die naam van Jesus Christus wat ons geroep het om knegte van die Allerhoogste te wees!
            Julle sal my getuies wees tot aan die uiterste van die aarde. Hand 1:8 Christus sê as ek en jy Hom voor die mense bely, dan bely Hy ons voor die Vader. Getuig, bely ons nie, kan ons geestelike lewe ook nie beweeg of groei nie en beroof ons onsself van ryke seëninge.
            Die tyd raak min. Om te getuig, is die voorreg van elke Wedergebore Gelowige, maar baie Gelowiges word koud of onverskillig deur die koue ontvangs van hul getuienis.
            Die boodskap van verlossing is vir beide siel en liggaam bedoel en God wat ons verordineer het om getuies te wees, het belowe om Sy Woord aan ons te vervul en te bevestig.  Heb  2:3-4
            “Hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot Saligheid verontagsaam wat, nadat dit eers deur die HERE verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedelinge van die Heilige Gees volgens Sy wil?”
            “Hy het vir hulle gesê:  Gaan die wêreld in en verkondig die Evangelie en maak siekes gesond.”  Daar is sommige wat vir God wil werk, maar wat vrees dat Hy nie Sy beloftes sal vervul nie.  Ai!
            Hulle is huiwerig om vir ‘n sieke te bid want netnou gebeur daar niks! Die onus om te genees berus nie by my en jou nie, maar by God. Dis Sy belofte, nie myne en joune nie. Al wat ons moet doen is om die hande op te lê. Daardie oomblik is ons hande bloot die verlengstuk van Jesus Christus se hande.
            Dit is net omdat jy nie in die geloof uitgestap het nie, omdat jy nie ‘n vaste vertroue in die Woord van God het nie, omdat jy God se Almag misken.
Sy Woord is onfeilbaar. Hy het gesê ons is die instrument en die uitbou en onderhou van Sy Koninkryk wat deur Sy krag en genade bewerk word. Die onus is op Hom, nie op my en jou nie. Al wat ons moet doen is om te gaan vertel en te doen.
Ons kan geen siel red nie, net Jesus Christus kan. Al wat ons moet doen is om tyding van Heil te bring. Niks kan groei as die saad nie gesaai word nie.
            Jesus Christus het in die arena van wêreld se godsdienste gestap as Uitdager.  As die Seun van God het Hy hulle uitgedaag.
            Die Hemelse uitdaging staan nog.  Baie godsdienste, illusies en dwalinge, het die wêreld se belangstelling gewek, maar kon nooit werklik bevredig nie.
            So lank as wat God se Woord vasstaan, sal daardie uitdaging bly staan. Ander godsdienste was reeds oud en verbygaande toe Jesus in die wêreld as ‘n hulpelose babatjie gebore is.  Selfs die godsdiens wat reiniging van sondes deur vuur voorgestaan het, dit is die aanbidding van die son, die vuurgod, kon die natuur aan die mens nie verander nie.
            Die stemme van die stigters van vele anti-Christiese godsdienste is nog nooit weer van anderkant die graf gehoor nie. Hulle dood het ‘n volslae einde aan hulle lewens gebring.
            Die Seun van God, beklee met glorieryke Heiligheid, Goddelike geregtigheid, Hemelse reinheid, het in hierdie bose wêreld gekom en die Ewige Lewe, die opstanding uit die dode, gemeenskap met God, kom aankondig. Jesus Christus het ons waarlik vrygemaak van sonde en siekte.  Halleluja!
            Jesus Christus het nie in die wêreld gekom om apologie vir Sy bestaan aan te teken nie, of om ‘n woonplek te vra nie;  Hy het as die vervulling van die Belofte gekom.
            Die lewe van Jesus Christus word in elke gelowige gebore wanneer hy die Wedergeboorte ontvang, deur die bloed wat op Golgota gestort was.  Deur die wedergeboorte word hierdie mens nou ‘n werktuig in die hand van God, ‘n Getuie van God se Genade en Liefde.
            “Soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.” 1 Joh  4:17
            In ons dag is daar baie mense wat nie ware gelowiges is nie, maar slegs nominale Christene, papier Christene, wat die hele week hulle eie gang gaan, maar op Sondae probeer om die Tien Gebooie te gehoorsaam.
            Hierdie mens probeer deur ‘n uiterlike vorm van vroomheid God te dien, maar hulle godsdiens is tevergeefs.  Jesus Christus en die Heilige Gees in aksie ontbreek in hulle lewens.
            Jesus Christus het nie gekom om goeie sedes te bewerkstellig nie, maar onsterflikheid aan die mens te skenk. Hy belowe:  “Ek sal hom opwek op die laaste dag, Ek sal hom die Ewige Lewe gee.  Die dode in Christus sal eerste opstaan.”
            Geen ander godsdiens behalwe die Christelike Godsdiens, belowe en verseker die Ewige Lewe nie.  Wie kon ooit die Ewige Lewe belowe voordat Jesus Christus gekom het?  Watter sterfling kon?  Dit was net die Seun van God self, uit die Hemel, met die kennis van onsterflikheid en die Ewige Lewe wat kon waag om so ‘n klimaks vir die mens voor te hou.
            Want in Hom was LEWE, en die Lewe was die lig van die mense.  Hy het ook gesê:  “Hy wat leef en in My glo, sal nooit sterf nie.”
            Vandag is Jesus Christus die mens se enigste hoop. Geen duiwelse mag op aarde kan die mag weerstaan wat Jesus Christus as ‘n erfenis aan die weergeborene nagelaat het nie.
            Baie sogenaamde Christene het hulle vertroue in God en ook in die Woord van God verloor! Dis soos die saad wat op die rotsagtige plekke geval het.
            Die saligheid bestaan dus daarin dat God die sondige mens tot ‘n nuwe mens herskape, alleen maar daarin dat God die wêreld liefhet. Joh 3:16
            God se hele verlossingsplan is reeds voor die grondlegging van die wêreld vasgestel.  En aan elke verloste mens gee God deur Jesus Christus mag (gesag) om die duiwel te weerstaan.
            Jesus Christus het die sonde-vraagstuk opgelos deur Homself as ons Bloed-offer op Golgota te offer.
            Nou word ek en jy as vrygekooptes geroep om te getuig aangaande dié heerlike feit, dat daar deur die gestorte Bloed vergifnis van sondes is, en dat deur Sy wonde daar genesing vir ons gees, siel en liggame gekom het.
            Toe Jesus uit die graf opgestaan het, het hy in Sy opstandingskrag te voorskyn gekom.  Hy wat bo alle owerheid en mag en krag is en wat alle dinge onder Sy voete onderwerp en Hom as Hoof  bo alle dinge aan die gemeente gegee het.  Hy gee aan my en jou hierdie mag, hierdie gesag, om die werke van die duiwel te verbreek.
            Staan op in die Geloof! Gaan en verkondig die werke van God!  Hy sal dit bevestig waar die voorwaardes nagekom word. Die HERE wil en sal Sy Woord bevestig.
            Hy sê in Jes 50: 2-3: “Is my hand werklik te kort om te verlos of is daar in my geen krag om uit te red nie?  Kyk, deur My dreiging maak Ek die see droog... Ek beklee die Hemel met swartheid.”
            Ons is dus geroep om getuies van die Evangelie te wees, waarin die mag van Jesus Christus en die Volle Raad van die Godheid uiteengesit word.
            Neem die bonatuurlike uit ons godsdiens en jy kry ‘n godsdiens so dood soos die heidense godsdienste.
            Neem die Evangelie van Jesus Christus uit hierdie wêreld en ons sal spoedig ook ‘n volk van kannibale, seksuele kranksinniges en moordenaars wees.
            Die mense veroordeel wonderwerke en genesings, en verwater so die Christen se getuienis:  Hulle leef sogenaamd in ‘n tyd waar wonderwerke geëindig het.
            Loof die HERE, ons ondervind meer en meer elke dag, die bevestiging van die Woord van God;  die waarheid dat Hy Sy Woord gestuur het om te genees, word elke keer bevestig.
            Die HERE sal altyd ‘n getuienis eer.  Kyk na Henog.  Hy het met God gewandel en is deur God weggeneem om by Hom te wees.
            En daar is Elia wat 450 heidense priesters uitgedaag en oorwin het. En Daniël wat geweier het om voor mense te buig wat sy getuienis sou beskadig het.  God het die bekke van die leeus gesluit sodat sy getuienis nog indrukwekkender kon wees.
            Alhoewel ons geroep is om die lydingsdoop te deurloop, mag ons nie die mens of ‘n gesag gehoorsaam wat vereis dat ons God se insettinge moet oortree nie.
            Op Golgota is daar voorsiening vir Goddelike genesing gemaak.  Watter soort Evangelie sou ons sonder die Groot Geneesheer, Jesus Christus, gehad het?
            Ons getuienis behoort in die eerste plek so te wees dat Christus deur ons lewens te voorskyn kom, sodat die getuienis van ons wedergeboorte mense tot sonde oortuiging sal bring.
            In die tweede plek moet ons nie bang wees om die beloftes van God in ons bediening te gebruik nie. Die Bybel verklaar onomwonde dat ons deur die gestorte bloed van Christus, verlossing van sonde het en dat ons deur Sy wonde genees is.
            Hy belowe ook dat as ons hande op die siekes lê, hulle gesond sal word.  Hy het dit belowe. Hy sê Hy is ‘n waarmaker van Sy Woord. Waarom sou ek en jy dan twyfel.
            In Jak. 1:6-7 sê die HERE dat iemand wat twyfel … “moenie dink dat iets, van die HERE kan ontvang nie.”  Ja, nie eers  “iets” nie.
            Dus, weier om te twyfel. Twyfel is nie van die Hemel nie. Die duiwel saai twyfel. Verdryf hom van jou af in die kragtige naam van Jesus Christus, staan vas, en weier om te twyfel.
            Toe Jesus Christus op Golgota gesterf het, het Hy elke sondaar verseker dat hy ‘n geleentheid gebied word om ‘n kind van God te word.
            John Lake het die opstanding van Christus so beskryf:  Een dag het Dawid op die berg gesit en sy skape opgepas, toe Sy gees hom weggevoer het na die ruimtes van God.  Hy sien die toekomstige gebeure en roep uit: “U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke onder die mense geneem, ja ook wederstrewiges om daar te woon, o, HERE God.” Ps 68:19
            En toe met ‘n triomfantelike geroep sê hy:  “Hef op julle hoofde, o poorte, ja verhef julle ewige deure dat die Ere-Koning kan ingaan.” Ps 24:7
            Toe Christus daardie handskoen in die arena gewerp het, het ‘n oorlog tussen twee koninkryke ontstaan.  Dit was ‘n stryd tussen lig en duisternis in die Hemel en op die aarde.  Jesus Christus het aan die hele wêreld getoon dat Hy waarlik die Oorwinnaar is.
            Die môre van Sy opstanding het Hy as Held, Oorwinnaar oor Satan, dood en hel, sonde en siekte, opgestaan.
            Daar is mense wat twis oor wie Christus sou doodgemaak het. Die waarheid is dat niemand Hom doodgemaak het nie. Golgotha is God se  meesterstuk. Jesus Christus het self besluit  op watter oomblik Hy sou sterf, Sy laaste asem sou uitblaas.
            Die Hoofman oor  Honderd wat in daardie stadium nog reg voor die kruis gestaan het, het homself boeglam geskrik toe hy sien wat gebeur – dat hierdie man aan die kruis nie ure lank soos ander aan die kruis gaan hang en natuurlik gaan sterf nie.
            Die Hoofman word ook die eerste mens om na die kruisiging openlik te bely: “Waarlik, dit was die Seun van God!”
            Kind van God, jy het ‘n getuienis.  Satan sou jou graag daarvan wou beroof.  Staan op, roep dit uit.  Staan op, en laat jou lig skyn want die Lig het gekom en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op!  Want kyk die duisternis kom, maar die HERE sal oor jou skyn en Sy heerlikheid sal oor u gesien word.
            Daar staan geskrywe dat terwille van Sy naam, jy vervolg sal word. Ons herhaal: dit is ‘n belofte, nie ‘n waarskuwing nie. Jy het uit die koninkryk van die Satan oorgestap na die Koninkryk van God. Jy het daardie oomblik ‘n vyand van die Satan en Sy Koninkryk geword. Hy besef ook dat as jy begin getuig, jy verdere en groter skade aan sy koninkryk gaan aanrig.
            Sy grootste verweer is om bindinge in ons gees te bring sodat ons nie kan getuig nie, sodat ons getuienis nie sy koninkryk verdere skade kan berokken nie.
            Daarom  het die (oorlogs)lied “Voorwaarts Christen-stryders, voorwaarts om te stry…” asook die lied “Staan op, staan op vir Jesus, o helde van die Kruis!” sulke geweldige impak.
            As dit ooit vir jou voel jy is iewers besig om ‘n ronde te verloor, sing dan luidkeels hierdie liedere want inderdaad is ons in ‘n stryd gewikkel, maar  met die groot verskil, dat dit uit en uit ‘n oorwinnaarstryd is. Ons weet reeds dat ons gewen het.
            Is jy siek, voel jy ellendig, het jy probleme: Wel, as jy jou dan nie daar kan uit bid nie, sing jouself daar uit! Moet jou deur niks laat onderkry nie. Lewe bo die omstandighede en weier om onder die omstandighede te lewe.
            God het getuies dwarsdeur die eeue benodig.  Daar is die bekende geval van Jona.  God het hom beveel om in Ninevé die Evangelie te verkondig, maar hy het na die see gevlug.  God het vir hom gesê:  “Maak jou klaar, gaan na die groot stad Ninevé en preek vir hulle want hul boosheid het voor my aangesig opgestyg.”
            In Sy groot liefde en genade wou God deur Sy getuie die stad waarsku, maar treurig om te sê, Jona het weggevlug.  Op die see het ‘n sterk wind opgekom en die skip het water geskep.  Die lot is toe gewerp om te bepaal wie vir die storm verantwoordelik was en die lot het op Jona geval.
            Die bevelvoerder het bevel gegee dat die bemanning hom in die see moes gooi en ‘n groot vis het Jona ingesluk.  Jona het uit die ingewande van die vis tot sy God gebid:  “Ek is weggestoot uit U oë, tog sal ek weer U heilige tempel aanskou... toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink... Ek sal aan U offer met ‘n stem van lof.  Wat ek beloof het sal ek betaal.  Die heil behoort aan die HERE.”
            Moet  ek en jy dan ook eers die ingewande van ‘n groot vis smaak, voordat ons gaan luister en die boodskap begin uitdra!
            Daarna het die vis Jona op die strand uitgespuug. Daarna het hy aan Ninevé se inwoners gaan sê dat die stad binne 40 dae verwoes sou word.  Maar die koning en die inwoners het berou gehad en God het die stad gespaar.
            Ja, hierdie ontsettende werklikheid kan in ons dag ook plaasvind. As ons soos Ninevé  se inwoners ook onsself verootmoedig en in gees en in waarheid na God terugkeer, dan kan die profesieë van ons tyd ook deur die HERE omgekeer word. Maar dis ek en jy wat die volk moet waarsku.
            Dan kan ons die Satan en sy demone se uitdaging weerstaan, want ons is met die Heilige Gees gevul en het krag van omhoog ontvang. Ons is meer as oorwinnaars!
            Omdat Jesus in ons plek gesterf het, het God wettiglik gelas dat geen sonde of siekte ooit oor ons sal heers nie. Maar God benodig die getuienis van Sy volgelinge om andere van Sy groot program van liefde vir die mensdom te vertel.
            Die groot waarheid oor die kwessie van getuig, word deur  miljoene Christene reg oor die wêreld bevestig, en dit is: Hoe meer ons getuig, hoe sterker word ons geestelik, hoe meer Lig is daar om die duisternis te verdryf.
            Sal jy nou die uitdaging aanvaar?  Sal jy uit ‘n slawerny van sonde en siekte en van ongeloof en twyfel uitstap?
            Sal jy die uitdaging aanvaar en in die lewens-arena in die Naam van Jesus Christus instap om die magte van die hel en die duiwel op vlug te jaag?
            Sal jy as held, opstaan vir Jesus?
            Glo, in die Naam van Jesus Christus dat jy ‘n heerser oor die Satan en sy demone is.  Glo dat jy vry is omdat Christus het jou vrygemaak het.
            Verban die demone van onheil, siekte en depressie in jou eie lewe, in die lewe van jou gesin, van jou familie, ja, verban hierdie onheile uit die Liggaam van Jesus Christus.
            Aanvaar die uitdaging en word soldaat in God se Weermag!
            Hou die Bloedbevlekte Banier van die Oorwinnaar van Golgota op.
            Kom uit die duisternis in die lig in.
            Trek  die hele wapenrusting van God aan!
            Mense het baie verskonings waarom hulle nie sogenaamd kan getuig nie. Die Skrif trek egter ‘n finale streep deur alle verskonings.
            Eseg. 3:18-19 lees: “As Ek aan die Goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe – en jy (Christen) waarsku hom nie en spreek nie om die Goddelose vir sy Goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die Goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar, sy bloed sal  Ek van jou hand eis!
            “Maar as jy die Goddelose waarsku, en hy hom nie van sy Goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy, jy het jou siel gered!”
            Getuig, getuig, getuig, waarsku die Goddelose en red jou eie siel! Wees soos Paulus wat  in Rom. 1 vers 16 sê: “Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo.” Daardie redding beteken vrymaking, veiligheid en genesing.
            Paulus sê: “…vir elkeen wat glo.” Wat beteken dit in die praktyk? Eenvoudig die volgende: Petrus kom by die man by die poort en sê aan die verlamde  “… staan op en loop.” As die man nie probeer opstaan het nie sou hy nooit geloop het nie.
            Die blinde man moes die speeksel-modder wat Jesus aan sy oë gesmeer het in die bad van Siloam gaan was. Hy het dit gedoen en gesien.
As hy begin twyfel het en gesê het: nee wat, dis sommer twak. Waar het mens nou gehoor iemand smeer speeksel-modder aan jou oë? Maar dan sou hy nie begin sien het nie. As hy sy oë op ‘n ander plek gaan was en as die plek waarheen hy gesê was om te gaan (ongehoorsaamheid) dan sou hy ook nie gesien het nie.
            Geloof vra dus gehoorsaamheid en handeling. Nadat Jesus die brode en die vissies aan die dissipels gegee het om uit te deel, het die dissipels tot by die voorste ry mense moes stap en dit begin uitdeel. Veronderstel hulle sou net daar bly staan het en gesê het: Nou hoe op aarde kan ons vyf duisend man, hul vroue en hul kinders met die bietjie kos voed? Dan sou daar niks gebeur het nie.
            Geloof vra daardie vaste vertroue, daardie gehoorsaamheid om te stap na die eerste ry mense en te begin uitdeel, en toe kom God se vermenigvuldende krag in werking en nie net is almal gevoed nie, daar bly toe nog brokstukke ook oor. Geloof sê soos Dawid: Met U loop en ‘n bende storm, met my God spring ek oor ‘n muur!” 2 Sam. 22:30.
            Toe jy ‘n nuwe motor gekoop het, het die verkoopsman aan jou ‘n bossie sleutels van die motor oorhandig. Jy het nie gevra  of dit wel die betrokke motor se sleutels was nie, jy het in die geloof die verkoopsman se woord aanvaar, soveel-so dat jy selfs die sleutel in die aansitter gedruk en gedraai het en vir geen oomblik gewonder het of die motor aan die gang sou kom nie.
            Jy gaan sit elke Sondag op ‘n stoel in die kerkdiens, sonder om eers die stoel deur te kyk of dit nie dalk sal meegee wanneer jy daarop gaan sit nie. So moet ons geloofslewe ook wees, ‘n totale aanvaarding, ‘n totale vertroue op God se Almag.
            Die verhaal word vertel van die man wat  vir ‘n omstander gevra het of die omstander glo dat hy ‘n kruiwa op ‘n kabel oor die Niagra-waterval kon stoot. Die omstander het  gesê nee, sy glo nie hy sal dit kan doen nie.
            Die man het die kruiwa toe tot by die oorkant oor die kabel gestoot en weer terug, waarna hy  weer vra of die vrou nou glo hy kan dit doen.
Sy het ja geantwoord. Die man sê toe: “Nou maar klim dan in die kruiwa dat ek  dit weer doen,” en sy wou nie. Die een oomblik het sy geglo en die volgende oomblik gewantrou.
            Wanneer jy dus getuig, getuig jy van die onfeilbare Almagtige God. Plaas jou volle vertroue in Hom. Hy is die waarmaker van Sy Woord. Glo dit. Verkondig dit. Getuig!
Lees asseblief Dawid se lof en danklied in 2 Sam. 22. Lees dit hardop en maak dit jou eie lof en danklied. —  Sjibbolet

Woensdag 22 November 2017

…wie kry alles wat jy bymekaar gemaak het?


Image result for geestelike aanhalings

"...wie kry alles wat jy bymekaargemaak het?" Luk 12:13-21

In sy boek Encyclopedia of 7700 Illustrations, vertel Dr. Paul Lee Tan, dat John D. Rockefeller, 'n sterk en fris seuntjie was. Hy het vroeg al besluit om ryk te word. Hy het homself tot die uiterste toe ingespan en op 33-jarige ouderdom sy eerste miljoen dollar gehad.

"Hy het met niks in die lewe begin nie, tog, op 43-jarige leefted het hy reeds die gjjrootste maatskappy in die wereld besit.. Op 53 was hy die rykste man in die wereld en die wereld se enigste biljoener.

Toe ontwikkel hy 'n kwaal wat alopecia genoem word. Sy hare begin uitval, sy ooghare en wenkbroue verdwyn. Hy was soos ‘n Egiptiese mummy inmekaar getrek.

Sy weeklikse inkomste was 'n miljoen dollar, maar hy kon net melk en droë beskuitjies inneem. In Pennsylvania was hy so gehaat, hy moes dag en nag deur 'n wag beskerm word.

Hy kon nie slaap nie en het lank nie meer geglimlag nie want die lewe het hom niks meer gebied nie.
Dokters het voorspel hy sal binne 'n jaar sterf. Die koerant het 'n doodsberig vir hom voorberei ingeval hy onverwags sou sterf. Gedurende een so 'n slapelose nag het hy sy lewe oordink.

Hy het Nuwe Lig ontvang en besef dat hy geen duit van sy rykdom die Ewigheid kon inneem nie.
Die volgende oggend was hy 'n nuwe mens. Hy het kerke en die Evangelie uit sy opgegaarde skatte begin ondersteun.

Hy het omgesien na arm en behoeftige mense. Hy het die Rockefeller Stigting gevestig om mediese navorsing te bevorder. Dit het onder meer gelei tot die ontdekking van Penicillin ern ander verstommende medikasiers.”
Hy het weer begin eet, goed geslaap en had weer ‘n lus vir d lewe. Die dokters het voorspel hy gaan 54 nie haal nie, maar hy het 98 jaar oud geword. Hy sterf as een van die rykste mense ooit, met talryke ondernemings en as een v an die grootste oliemagnate.

                        Rockefeller het gelukkig nie, soos die ryk man in die gelykenis van die Here Jesus, eers na sy dood ontwaak nie.

"Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: 'Vader Abraham...stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur." Luk 16:22-25

Dit is nie nét groot rykdom wat 'n mens se oë kan verblind, vir die erns van die Ewigheid waarheen ons op pad is nie. Ons moet dink, wakker word, onsself afvra: Loop my lewe veilig? Is ek gered? Het ek die Ewige Lewe?
"En dit is die Ewige Lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is." Joh 17:3


Maandag 20 November 2017

“Gee julle dan nie om nie…”


Image result for Joh 3:16

Nie een van ons gaan lewend hier uitkom nie. Niemand kan vir altyd lewe nie, nie op hierdie aarde nie.
            Die volgende ware verhaal word vertel: In die dae van die Goot Depressie was 'n man van Missouri, John Griffith, die kontroleur van die groot ophaalbrug oor die Mississippirivier, skryf D. James Kennedy in, Is It Nothing to You?
Die brug moes keer op keer opgehaal word sodat groot skepe verby kom kom, en dan weer neergelaat word sodat treine daaroor kon beweeg.

Een somerdag in 1937 wou John Griffith sy agjarige seuntjie, Greg, meer oor sy pa se werk leer. Hy neem hom saam werk toe, sodat hy die groot verkeer en die werking van die ophaalbrug kan sien.
Ná die oggendverkeer oor die brug, het John die brug opgehaal, sodat skepe met die rivier op en af kon vaar. Greg het met die middagete vol belangstelling op die waarnemingsdek by sy pa gesit en eet. Die tyd het vinnig verby geglip.
Skielik skrik John vir die gefluit van 'n aankomende trein. Hy kyk op sy horlosie en sien dis werklik al 1.07nm. en dit is die Memphis Express, met 400 passasiers aanboord, wat aangestorm kom en die brug is nog opgehaal. Hy spring van die waarnemingsdek af en hardloop beheertoring toe, om die brug betyds te laat sak.
Hy kyk vinnig af om te sien of daar nie dalk 'n boot in die pad is nie. Hy sien 'n gesig wat sy hart in sy keel laat ruk van skrik.
Greg het van die waarnemingsdek afgegly, en in die massiewe ratte van die brug, bietjie laer af, beland. Sy linkerbeen sit vas tussen die twee groot ratte, wat die brug beheer.
John snak na asem. Hy dink aan 'n plan om sy kind betyds uit die ratte, wat nou in werking gestel moet word, te red. Hy weet daar is geen uitweg nie. Óf die trein met sy 400 passasiers moet in die rivier beland, óf sy seun moet tussen die ratte verguis word.
Die naderende trein fluit weer. Hy hoor die geklik van die treinwiele. Hy laat sak sy kop en druk die hefboom vorentoe. Die massiewe brug sak in sy plek in en die vinnige trein jaag oor die brug verby.
Met traanbedekte gesig kyk John op na die trein. Hy sien die passasiers agter die treinvensters. Kennedy beskryf die vrolike gees op die trein: "Sakemannn het rustig hul koerant sit en lees, deftige geklede vroue het in die eetwa oor koffie sit en kuier, kinders het roomys geniet en gespeel.
“Niemand het na die beheerkamer of die bloedbesmeerde ratkas gekyk nie. In verwronge pyn het John Griffith na die staaltrein uitgeroep: ‘Ek het my seun vir julle geoffer. Gee julle nie om nie. Die trein se wiele het verby geknars en niemand die pa se woorde gehoor nie.’”
God het Sy Seun uit liefde vir die wêreld gegee, om in die wrede ratte van die straf op sonde, verguis te word. Paulus begin sy Galasiërbrief met hierdie herinnering: "...die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het... en so die wil van God ons Vader volbring het." Gal 1:4
Maar, soos die Memphis Express jaag die wêreld vrolik verby en dink nie aan die prys, wat God en Sy Seun, Jesus Christus, betaal het om ons van die verdoemenis te red nie.
Kom ons bedink weer die Evangelie en open ons harte vir die Heilige Gees om die waarheid en betekenis in ons harte wakker te maak, en ons ons weer aan God kan toewy. Wat het dit God gekos om my te red en vir my die Ewige Lewe te gee? Joh 3:16
Soos John Griffith het God ook sy Seun geoffer… Gee julle dan nie om nie…

Die Ekonomie van die Koninkryk


Image result for christelike prente

Daar is Bybelse beginsels wat leiding gee oor hoe ons, ons finansies moet bestuur. As mens nie deel is van die Ekonomie van die Koninkryk nie, beroof jy die HERE… maar inderdaad beroof jy ook jouself.
God se wen-wen stelsel behels drie aspekte:
Tiendes,
Offerhande en
Eerstelinge
     As kinders van God behoort ons aan ‘n ander Koninkryk. Die volk Israel het beginsels gepraktiseer wat geen ander volk gedoen het nie.
     Om hierdie beginsels te gehoorsaam was hulle sleutel tot hul sukses. Ander volke het sewe dae per week gewerk, maar Israel net ses. Hulle het ook nie elke 7e jaar en elke 50e jaar gewerk nie.
     Wanneer hulle oes moes hulle nalaat vir weduwees, weeskinders en buitelanders.
     Elke 7 jaar was alle skuld afgeskryf, ook so in die 50e jaar. Hulle moes ook  gee: Tiendes, offerhande en eerstelinge.
     “… as jy net goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al hierdie gebooie wat ek jou vandag beveel.
     “Want die HERE jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.” Deut 15:5-6
     “En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.” Deut 28:2
     Die volk Israel het gestaan op die Beloftes van God: “Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.” Deut 8:18
     God se Verbond en Gee, is verbind. Om te gee is nie iets wat jy probeer nie, dit moet ‘n leefstyl word. ‘n Finansiële deurbraak is n proses, nie ‘n gebeurtenis nie.
     Dit is die resultaat van konstante gehoorsaamheid, en word weerspieël in: “En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in die vreugde van jou heer.” Mat 25:21
     God en sy Koninkryk is ‘n werklikheid, ‘n ewige werklikheid en so is ons as sy volk. Enige vorm van saai is geestelik van aard en wanneer ons saai: “En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” Filp 4:19
     Hoekom doen Hy dit? “Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, ‘n lieflike geur, ‘n welgevallige offer, welbehaaglik by God.” Fil 4:18
     Paulus sê ons moet oorvloedig wees in gee: “Maar soos julle in alles oorvloedig is — in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons — sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.” 2 Kor 8:7
     Om te gee is ‘n liefdesdaad. So beweeg ons in die Ganade van God.

Tiendes
Verstommend, maar jou tiendes seën selfs jou nageslag wat nog in jou lende is…
  Gelowiges leef onder die Genade en nie onder die Wet nie, maar tiendes was nooit deel van die Wet nie, nie in die Ou- of die Nuwe Testament nie. Ons vereer die HERE met lofsange, offerandes en tiendes. Tiendes het met liefde te doen.
     Ons kan tel hoeveel sade daar in ‘n appel is, maar ons kan nooit weet hoeveel appels in die sade is nie, nie voordat ons die sade plant nie. Dieselfde geld vir ‘n mieliekop.
     Dit beteken dat wanneer ons saai, moet ons ‘n oes te wagte wees. Alle boere saai, juis omdat hulle ‘n oes te wagte is… en hoe meer hulle saai, hoe groter die oes.
  Let op: “En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon (geld), sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
  “Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grootste getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grootste onregverdig.
  “As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?” Luk 16:9-11
  Geld is onheilig, onrein, maar wanneer ons dit aan die HERE gee, dan word dit geregverdig. Wees getrou in die gee van jou tiende en offerande en jou totale inkomste word geheilig en geseën.
  As ons nie getrou is in die gee van ons tiendes nie, is die volgende van toepassing: “En as julle nie getrou was in 'n ander (die HERE) se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?” Luk 16:12
  Die profeet Maleagi sê: “Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
     “Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
     “Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!
     “Bring die hele tiende na die skathuis (hoekom?), sodat daar spys in my huis kan wees; en (let op)beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die Hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
     “Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.
     “En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.” Mal 3:7-12
     Dis duidelik, bring ons, ons kant, bring God sy kant en Hy bring elke keer in oorvloed.
  Let verder op: “En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van Hemel en Aarde.
     “En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.” Gen 14:18-20
     Melgisédek was ‘n priester van God (soos wat ons veronderstel is om te wees). Hy seën Abraham.
     In Hebr 7 gee Abraham aan Melgesédek ‘n tiende. Dan raak Levi betrokke by die tiendes… maat let op, Levi is ‘n agterkleinkind van Abraham (hy het uit die lende van Abraham voortgekom).
     Levi was soos Abraham ook ‘n buitengewone geseënde man. Juis hier sien mense dat Levi geseënd was omdat hy aan Abraham tiende gegee het… dat Levi reeds geseënd was terwyl hy nog in Abraham se lende was.
     So sal ons nageslag in ons lende ook geseënd wees as ons – nie wetties nie – maar onder die verbond van Genade ook tiendes en offerende gee.
     Baie belangrik: As ons ‘n tiende en offerhande van ons inkomste gee, dan is die res van ons inkomste ook geseën: “En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.” Rom 11:16
     Lees ook: Hebr 7:5-10 “Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel 'n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het; maar hy wat nie uit hulle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.
     “Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.
     “En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe.
     “En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee; want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.”
     Ons is nou die besitter van die Beloftes, dis noodsaaklik dat ons tiendes en offerhande gee.
     As jy nog nooit tiendes en offerande gegee het nie, maak die saak met die HERE uit, want Hy belowe in liefde en genade: “As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en (let op) ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh 1:9…  en begin dan jou tiendes en offerande gee en beproef die HERE hierin.
     Dit is oor en oor bewys dat diegene wat hul tiendes en offerhande gee, in oorvloed ontvang en selfs dat, hoe meer hulle gee, hoe meer ontvang hulle.
     Hier word nie net verwys na die tiende van jou geldelike inkomste nie, maar na alles wat jy ontvang. Ontvang ‘n slagding, gee die tiende daarvan, ens. Veronderstel jy ontvang ‘n motor as geskenk, bepaal die waarde van die motor en gee die tien in kontant.

Offerhande
“Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.” Mal 3:8
Offerhande word deur jou bepaal:
* Soos jy in jou hart voorneem – “Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.” 2 Kor 9:7
* Volgens jou vermoë en bo jou vermoë – “Want hulle was na vermoë — ek betuig dit — ja, bo vermoë gewillig,” 2 Kor 8:3
* Soos God jou geseën het –   “Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.” 1 Kor 16:2
* Gelofte- en vrywillige offers – dit wat jy belowe aan God en dit uit jouself. “En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere.” Exo 35:21;
Dus word die offers en tiendes aan God gegee, nie aan kerk of mens nie. Eks 36:5-6 wys ons dat Moses die Israeliete moes stop om te gee, hulle het te veel gegee. Indrukwekkend vir ‘n volk wat nou net uit 400 jaar van slawerny uitkom.
Kyk hoe het Israel gegee en hoe is hulle geseen: “En al die beeste vir die dankoffer was vier en twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is.’ Num 7:88
Vir die offer vir Moses se Tabernakel: 24 bulle; 60 ramme; 60 bokramme; 60 lammers.
Met die inwyding van Salomo se tempel: 2 Kronieke 7:5 leer ons 22 000 beeste en 120 000 kleinvee
Let op wat gebeur in Mark 12: 41-44
·       Die Here hou ons offerhande dop
·       Hy hou noukeurig rekord van ons offerhande
·       Hy evalueer en bepaal die waarde van ons offerhande
·       Nie eens armes of weduwees word gevrywaar nie:
·       Hoekom, neem dit weg en neem God se patroon vir seëninge weg.
Die vraag ontstaan: Wat eer God die meeste, wanneer ek uit my oorvloed of uit my armoede gee?

Eerstelinge
Eerstelinge is ‘n beginsel, ‘n reling van die HERE, nogtans het Abel ‘n Eersteling offer aan God gegee (sonder ‘n opdrag van die HERE af. Gen 4:4)
            Die gee van tiendes en eerstelinge was lank voor die Wet in werking.
            Eerstelinge was ook geag as Heilig aan die HERE: “Maar die eersgeborene van ‘n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ‘n bees is of ‘n stuk kleinvee is, dit behoort aan die HERE.” Lev 27:26
            “Want al die eersgeborenes is myne: Ek sal die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die HERE.” Num 3:13
            Eersgeborene van mens en dier: “Want al die eersgeborenes is myne: Ek sal die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die HERE.” Num 3:13
Dit sluit in eerstelinge van enigiets wat kan vermeerder, daardie eerste lammetjie, eerste kalfie, die baksel wat jy aangemaak het… die eerste roosterkoek, die eerste kolwyntjie.
“Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.” Spr 3:9-10
            By die jaarlikse produksie van graan, wyn, mielies, olie, ens. Ex 23:16; 34:22; Deut 18:4; 2 Kron 31:5
  As jy die beginsel van Eerstelinge verstaan, dan sal dit jou hele lewe verander. Die offer van Eerstelinge bepaal die uiteinde van die res.
  Let op na die volgende: “Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.” Ex 34:26; Deut 14:21
Wat beteken dit? Melk van die ma is voedsel en ‘n bron van lewe vir die bokkie. Mens mag nie die melk misbruik nie. Ook beteken dit mens mag nie Eerstelinge misbruik nie. Eerstelinge is bedoel om mee te seën.
Die gee van Eersteinge beskerm jou teen droogtes, swaarkry, peste, ellendes. Gee die Eersteling sodat die res van die betrokke produk geseënd sal wees. Ex 23:15 “…maar hulle mag nie met leë hande voor My verskyn nie.” Hoekom nie? Dan beteken dit God het hulle nie geseën nie omdat hulle nie die Eersteling geskenk het nie.
Elke reformasie van Israel het gepaard gegaan met ‘n reformasie van hierdie stelsel: “En toe die bevel verbrei is, het die kinders van Israel baie Eerstelinge van koring, mos en olie en heuning en van elke opbrings van die land ingelewer en die tiendes van alles in menigte ingebring.” 2Kro 31:5
“En as die Eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.” Rom 11:16
Adam was ‘n Eersteling, toe vaai hy en toe vaal almal. “Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die Eersteling geword van die wat ontslaap het.
“Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens.
“Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.” 1 Kor 15:20-22. Die Eerstelinge is die begin van wat gaan volg: “Ons het Hom lief omdat Hy ons eerste liefgehad het.” 1 Joh 4:19
Daar is ontsettende krag en heerlikheid in die Eerstelinge. “…en van Jesus Christus, die getroue getuie, die Eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde!” Openb 1:5
·       Hoe bepaal jy jou Eerstelinge:
Rabbi’s het mense se velde gemeet 1/40 of 1/60 van totale inkomste. Dit werk uit 2 ½ of 1 ½ % van jou totale inkomste.
Dan is daar die “Didache” of beter bekend as dier lerringe van die Twaalf Apostels.
Didache 13 – “As julle ‘n pastoor het wat bereid is om tussen julle te woon en julle die Woord te leer en julle geestelik verryk, dan is hy waardig om julle eerstelinge te ontvang. As julle nie so iemand het nie, gee julle eerstelinge dan aan die armes, moet dit net nooit vir hjulleself neem nie.
Die beginsel rondom die Erstelinge staan vas: “En die beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julle die eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om ‘n seën op jou huis te laat rus.” Eseg 44:30
Behoefte bepaal nooit waar jy jou Eerstelinge geer nie, net die beginsel is van belang.
 “Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.” Hand 4:34
“Maar sy antwoord: So waar as die HERE u God leef, ek het nie ‘n broodkoek nie, net maar ‘n handvol meel in die pot en ‘n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou ‘n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.
“En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ‘n broodkoekie (Eersteling) en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun iets klaarmaak.” 1 Kon 17:12-13
God se stelsel van gee het almal versorg – die hele land had voordeel en welsyn.
Sekere gelowige sakemanne gee elke oggend die eerste produk wat hulle verkoop, gratis weg deur bv geen wins daarop te neem nie. So weet hulle sal al die produkte en die dag se verdere verkope uit en uit geseënd wees.
Het jy al vroegoggend gekoop dat daar vir jou gesê is: “For you, special price today…” Die produk wat R133 gemerk was, word aan jou verkoop vir R100.
     Ja, mens kan God beroof, maar dan beroof jy eintlik ook jouself. Gee en gee altyd want: “Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.” 2 Kor 9:7
     Volgens jou vermoë en bo jou vermoë – “Want hulle was na vermoë — ek betuig dit — ja, bo vermoë gewillig,” 2 Kor 8:3 – Sjibbolet 

Woensdag 15 November 2017

Ons kan enige situasie omkeer


Paulus wat as Saulus ‘n terroris was, se storie ken meeste van ons teen hierdie tyd. In 1 Kor 15:1-11 vertel Paulus: ”…Christus het vir ons sondes gesterf…en (ek, Paulus) is nie werd om ’n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. Maar deur die genade van God is ek wat ek is.”1 Kor 15:1-11
Gedurende die Amerikaanse presidentsverkiesing, toe Willliam McKinley kandidaat vir die presidentskap was, het ’n vyandige koerant sy verslaggewer opdrag gegee, om op McKinley se spoor te bly en elke moontlike stukkie negatiewe nuus vir publikasie aan te stuur.
 

William Mckinley was die 25e President van Amerika en
het in sy 2e termyn in ‘n sluipmoordaanval gesterf. Visie
President Theodore Roosevelt het hom opgevolg.

Die koerantman het sy taak van beswaddering met groot doeltreffendheid gedoen. In ‘n stadium het die koerantman in dieselfde trein as McKinley gereis, juis om nie ‘n beweging of  woord wat hy teen McKinley kan gebruik, te mis nie.
McKinley het van die koerantman se taak geweet en alles wat hy al opgedis het geken.
Een bittere koue middag het die verslaggewer in die trein op sy sitplek aan die slaap geraak. Daar was nie verwarming in die reiswa nie en die man het van koue opgekrul op sy sitplek gelê en slaap.
McKinley het verbygekom en dit gesien. Hy gaan staan en trek sy lekker dik jas uit en gooi dit oor die man. Nadat die verslaggewer ’n ruk lank, lekker onder die dik jas gelê en slaap het, word hy wakker.
Beseffende van wat gebeur het, Hy het sonder versuim ’n telegram aan sy koerant gestuur en sy bedanking ingedien. Dit was vir hom onmoontlik om die man wat aan hom vriendskap bewys het, af te kraak.
Dit is hoe die Here Jesus vir Paulus so ’n onvermoeide volgeling van Hom gemaak het. Die gebeurtenis word in Hand by 9:5, 22,8 en 26:15 vertel.
Vol haat op pad Damaskus toe, om die mense van die Weg, soos Jesus se volgelinge genoem is, manne sowel as vroue, geboeid na Jerusalem te bring, ontmoet Jesus hom.
’n Lig het hom skielik van die hemel af omstraal en Paulus val op die grond. ’n Stem sê vir hom: “Saul, Saul, waar­om vervolg jy My?” en toe hy vra: “Wie is U, HEREe?” kom die wonderlike antwoord: “Ek is Jesus wat jy vervolg.”
“En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: HERE, wat wil U hê moet ek doen? En die HERE antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.”
Jesus antwoord Paulus se haat en venyn met liefde. En die besef hiervan het dit Paulus die onvermoeide dienskneg van die HERE gemaak. Dit is hoe ons almal gered word. Ons het sonde gedoen, maar die HERE het ons nie verwerp nie, maar ook vir ons gesterf en ewige lewe gegee.
In ons alledaagse lewe is dit ook ’n strategie wat selde misluk: om vyandskap met vriendskap te beantwoord. “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen…” Gal.6:9,10
Die groot les is hier om nooit kwaad met kwaad te vergeld nie. Jy kan die lelikste situasie omkeer deur kwaad met goed te vergeld.

Ons is geroep om te Vertrou


Image result for Rom 4:20

Abraham kon in sy hoë ouderdom, sy eie liggaam so goed as dood  beskou het, maar hy was nie daardeur ontmoedig nie, omdat hy nie op homself nie, maar op die Almagtige vertrou het.
Sien, ons is  nie geroep om te verstaan nie, maar om te vertrou. Abraham is ryk, dit gaan goed met hom, vooruitstrewend. Dan God se onverwagse opdrag: Trek met jou alles deur die woestyn na ‘n plek wat Ek jou sal aanwys.
Abraham kon gesê het, maar dit kan nie van die HERE af kom nie... en ek met al my mense, kinders, babas, diere groot en klein, is goed versorg, dis mos ‘n risiko om met almal en alles deur ‘n woestyn te trek en ek weet nie eers waarheen nie.
Maar hy het vertrou. Trek jy op die oomblik deur ‘n woestyn en weet nie eers waarheen nie?
God se groot beloftes aan Abraham het hom nie laat wankel nie, maar het hom onder die geweldige gewig, van die hemelse seëninge, so onwrikbaar laat vasstaan; ook het hy nie in die geloof verswak nie, maar kragtiger geglo, en geestelik sterker geword, namate daar meer moeilikhede oor sy pad gekom het.
Hy het God in sy Algenoegsaamheid altyd meer en meer verheerlik. Die Grieks stel dit: hy was ten volle oortuig dat Hy, wat beloof het, nie bloot net daartoe in staat was nie, maar, soos die letterlike betekenis lui, oorvloedig, , daartoe in staat was, om dit, uit sy eindelose oorskot, alles na te kom.
Hy is die God van grenselose voorrade. Die enigste beperking is by ons. Ons vrae, ons denke, ons gebede, ons glo nie genoeg nie; ons verwagtinge skiet ver te kort.
Daar is geen perk gestel aan wat ons kan vra en kan verwag van onse HERE, JAWEH, die Almagtige nie. En vir sy seëninge word hier ‘n enkel maatstaf genoem, en die maatstaf is: “Volgens die krag wat in ons werk.”  Ef 3:20
Iemand het dit so gestel: Klim op na die skatkamer van seëninge, met die leer wat van Goddelike beloftes gemaak is. Ontsluit met die beloftesleutel, geloof, die deur van die rykdom, die genade en die guns van God.
St. Augustinus het gesê: “Geloof is die aanvaarding van wat ons nie sien nie, en die loon van hier­die geloof is: die aanskouing van wat ons geglo het.”
Staan jou dan ook vandag op en sê: “HERE, vandag wil ek deur U beloftes verder uitkyk oor u Hemelryk se seëninge.”
“Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die beloftes van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het.” Rom 4:20-21