Wys tans plasings met die etiket 'n Kind van God; Godsdiens. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket 'n Kind van God; Godsdiens. Wys alle plasings

Donderdag 11 Oktober 2018

God in aksie

Gawe en Volheid van die Heilige Gees


Ons kan nie ons Christenskap verdedig as God nie deurentyd in aksie is in ons lewens nie.

            By die Wedergeboorte is elke gelowige onmiddellik 'n kandidaat vir die Gawe van die Heilige Gees en elke gelowige benodig die krag van die Heilige Gees om die werk wat Jesus Christus begin het, voort te sit. "Nie deur krag of deur geweld nie – nie met bomme, missiele en oorlogvoering  nie  –  maar deur My Gees."  (Sagaria 4:6).



2.   Die Gawe van die Heilige Gees word gegee deur God se geregtigheid en nie terwille van 'n gelowige se geregtigheid of bekwaamheid nie. Dit is 'n "gawe" en nie 'n "kenteken van meriete" nie. Sou gelowiges God nader vir hierdie Gawe op grond van hulle eie geregtigheid of heiligheid, dan opponeer hulle gewetens hulle geloof en hulle gewetens sê: "Jy is nie goed genoeg nie."



3.   Die werk van "die prediking van die Gees deur die geloof" (Gal 3:5) word skynbaar nie aan elkeen gegee nie. Filippus het na Samaria gegaan en Jesus Christus het die Koninkryk van God verkondig. Groot getalle is gered en genees maar niemand het die Gawe van die Heilige Gees ontvang nie. (Hand 8:5-12)



4.   Petrus en Johannes het daarheen gegaan en vir hulle gebid. Toe hulle hande op hulle gelê het, het die Heilige Gees op hulle gekom. Maar hierdie bediening is nie beperk tot predikers nie.  Kyk na Ananias.  (Han 9:10-17)



5.   Hierdie hele bediening berus op 'n helder en ferm oortuiging dat God die Heilige Gees aan gelowiges gee uit genade as 'n "gawe" en nie aan 'n paar uitverkorenes wat moontlik as "waardig" beskou word nie.



6.   "Geloof wat ontvang" is altyd aktief. Dit wag nooit nie, maar is beslis en neem in besit.  Om te wag en om God te smeek vir die "gawe" is 'n teken van ongeloof. Ons is erfgename. Ons het die gawes geërf. Erfgoed word ‘n mens se eiendom deur dit op te eis.



7.   Na Pinkster is niemand onderrig om te wag of te smeek vir die Heilige Gees nie.  Hulle is geleer "om die Heilige Gees te ontvang deur die woord van geloof en ook deur handoplegging".  (Han 8:14-17;  9:17;  10:44-48;  19:6 en Gal 3:2-5)



8.   Die Apostels het die spreek in Hemelse tale as 'n teken van die ontvangs van die Heilige Gees aanvaar. Wanneer jy die Heilige Gees ontvang, ontvang jy saam daarmee ‘n Hemelse taal…… spreek  dit net!



9.   Jesus sê:  "As iemand dors het (dit is begeer) laat hom kom (glo en vra) en drink (dit is aktiewe geloof) van die lewende water (die Heilige Gees)".  (Joh 7:37). Die grootste herlewing in die geskiedenis, wag op ons en as jy gereed en voorbereid is, sal die Vader ons gebruik om die duisende soekende siele na God en verlossing te bring.



DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES



Die bediening en gawes van die Heilige Gees wat die Liggaam verwaarloos en meesal verloor het, is die Vader Jesus nou besig om te herstel. Hy is besig om Sy wysheid en Sy mag en Sy gesag oor Sy eiendom te herstel.

            Ons, elke Geesvervulde gelowige, het een of meer gawes en bedieninge. Alle gelowiges word geroep om Hom te dien en het die vermoë gekry om die werk te doen. Niemand is uitgesluit nie. Of jy dit weet of nie  –  jy is toegerus deur die Heilige Gees om  sekere pligte te vervul.

            Jy is geroep, uitverkies en bonatuurlike mag en gesag gegee om daardie gawes en bedieninge te gebruik. Met Sy wysheid en Sy sterkte kan jy groot dinge doen. Jy kan die "groter dinge" doen soos die Vader Jesus belowe het.  Christus het  met “groter” meer, bedoel. Ja, ons sal meer dinge doen as wat Hy gedoen het. Is dit nie wonderlik nie. Elke gawe is 'n teken dat die Vader deur 'n mens, met behulp van sy medewerking, werk. Onthou, ons is tot alles in staat deur Christus wat ons die krag daartoe gee!

            Daar is nege bonatuurlike gawes van die Gees, wat die Vader aan die mens gee en wat Hy uitdeel soos Hy wil. 1 Kor 12

Dit kan in drie groepe verdeel word:



•          Drie gawes van openbaring ('n woord van wysheid, 'n woord van kennis en onderskeiding van die geeste. (1 Kors 12: 8-10

•          Drie gawes van Krag (die gawe van geloof, die gawes van genesing en die werkinge van wonders, verse 9-10)

•          Drie gawes van geïnspireerde uitinge (verskeidenheid van tale, die uitleg van tale en die gawe van profesie, vers 10).



Hierdie is verskillende gawes, maar dit is dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Hy gee gewoonlik een of meer aan elkeen wat met die Gees vervul is  (Rom 12: 6-8), met ander woorde een of meer gawes kom in die Geesvervulde gelowige se lewe tot openbaring.

            Hoe weet mens dat jy byvoorbeeld die gawe van gesondmaking het? Maklik. Begin net vir siekes bid. Elkeen van ons het gawes geërf. Die Vader sal die gawes wat ons het bevestig.

            Hierdie nege gawes word gegee om eer en heerlikheid aan die Gewer te bring, en om in die behoeftes van die mens te voorsien. Hulle word gegee as tekens en wonders om die gelowiges en ongelowiges te oortuig dat die Vader in hul midde werk.

            Ons Vader Jesus werk dus saam met en deur mense. As Hy Sy gawes aan Sy medewerkers toebedeel, dan gee Hy hulle mag en gesag om die tekens en wonderwerke te doen om sodoende die sondige wêreld te bemoedig en te oortuig.

            As die Geesvervulde gelowige een of meer van hierdie gawes van die Gees openbaar, dan openbaar hulle bonatuurlike kennis of bonatuurlike uitinge. Hulle WEET dinge wat die natuurlike mens nie weet nie; hulle DOEN dinge wat die natuurlike mens nie kan doen nie;  hulle sê dinge wat die natuurlike mens nie kan sê nie. Die onderskeid lê tussen die vleeslike en die geestelike vlak.

            Elke gawe is Jesus Christus in aksie en is 'n manifestasie van Sy mag en wysheid.  Die werkinge van die gawes voorsien in die mens se behoeftes. Dit dien tot die mens se saligheid, doping, genesing en verlossing van die bose. Dit is die pad van heiligmaking.

            Hierdie groot en magtige gawes is die wapens waarmee die Vader Sy soldate toerus.  As ons in Sy weë wandel en onsself aan die Heilige Gees oorgee om die gawes te manifesteer is daar geen rede om bose magte, demone, te vrees nie. Die hoofdoel van die gawes is om die werke van Satan af te breek en om die Koninkryk van God uit te brei.

            Ons het deurentyd hierdie twee magte en kragte wat teenoor mekaar staan. Die Satan met sy gevalle Engele en demoniese magte sal tot aan die einde van dae voortgaan soos ‘n brullende leeu om te verslind wie hy ook al kan.

            Om aan God se kant te staan, beteken om die volle wapenrusting aan te trek, dit is, die lering wat ons in hierdie skrywe deurgee.

            Vir diegene wat die gawes openbaar, word die bonatuurlike "natuurlik". Die onmoontlike word "moontlik".  Ons verwag die onverwagte.  Ons sê en doen dinge soos die Vader Jesus laat sê en doen het.  Wat ons die werkinge van die gawes noem, is in werklikheid die manifestasie van die Jesus self, wat in ons woon en deur ons werk. Daarom is genesings en wonders vandag moontlik  –  daarom is hulle noodsaaklik om die wêreld te oortuig dat Jesus nog lewe.

            Die Vader beveel ons: "Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit." Mat 10:8 – Sjibbolet

Sondag 15 Julie 2018

Trane... wanneer jou siel ween

Ons sien dit op TV by die wêreld sokkerstryd... trane en nogmaals trane. Groot en klein huil bitterlik wanneer hul span verloor, selfs die spelers op die veld huil onbeskaamd. Ons wat nie so iets ken nie, verstom ons aan al die trane.
cid:image001.jpg@01D418FF.971E4EE0

Kyk baie mooi na hierdie foto. Dis trane by die Wedergeboorte...

As mense nou maar so wou huil oor die Ewige Lewe wat hulle nie het nie. En om te dink dat diegene wat gaan agterbly na die Wederkoms, ook so sal huil, bitterlik ween. Helaas.

Ons is op die rand van die laaste maar grootste Herlewing in die geskiedenis voordat Jesus kom. Ons wag daarvoor, ons loof die HERE daarvoor. Dit gaan groot wees. Ons het so iets nog nooit beleef nie. Die heerlikheid van God gaan ons verswelg.

As jy nie ook gereed is nie, luister intussen hierna:  https://www.youtube.com/watch?v=CkbhxAPadXQ  Die lied is geskryf deur die bekende pianis Charlotte Elliot net na haar Wedergeboorte. George Beverley Shea wat onlangs Huis toe is op ouderdom 104, het hierdie lied male sonder tal oor ‘n periode van 60 jaar by wyle Billy Graham se dienste gesing. Miljoene mense het tot redding gekom. Dit is Lied 203 in ons Hallelujaboek.

Hoekom is daar trane? Wat beweeg mens tot trane? Jy word diep ontroer... soms stort mens bitter trane weens swaarkry, weens smart en berou, weens teleurstelling. Daar is ook droë trane soos knaende berou hê, wanneer mens knaend treur.

Soms smeek jy: Droog tog my trane, iemand troos my... soms huil mens lang trane, wanneer jy baie spyt het oor wat hy gedoen het; soms swem mens in trane, wanneer jy baie, baie huil; soms gaan dit op die ou traan, dit gaan nog op die ou manier, soos altyd, en jy kom nie in die volheid van geestelike oorwinning nie... soms bly mens vol weemoed, In ‘n treurige gemoedstemming, melancholie en smart, en mistroostig.

Ook weemoed bring trane. Selfs heimwee en verlange bring trane... soos wanneer biologiese ouers en aanneemkinders na baie jare versoen; ook wanneer aangenome kinders na hul onbekende biologiese ouers verlang. Trane is wanneer die siel huil; wanneer die siel ween; God se goedertierenheid bring ook trane, trane van blydskap en vreugde, trane van oorwinning! Halleluja!

Dawid deurweek sy "bed met trane." Ps 6; en is dit sy "spys dag en nag." Ps 42. Jesaja se oog "is 'n fontein van trane." Jes 9; en Paulus "dien die HERE met baie trane." Hand 20

Jesus Christus het geween oor die sondes van Jerusalem. Oor die dood van sy vriend Lasarus het Hy gehuil. Aan die einde van Sy aardse lewe het al ons sondes vir Hom smarte en trane gebring.

Daar kom egter ‘n dag wat die trane verby sal wees. Johannes sê in Openb 7:  "God sal al die trane van hulle oë afdroog".  Johannes sien hier 'n menigte mense wat ... ja, nie huil nie ... maar jubel en juig. En die Engel berig dat die verlostes in die Hemel is. Openb 7:13-17

Trane en droefheid is ‘n beeld van lyding en smart ... van sonde en pyn. Trane is bestem vir hierdie lewe, nie vir die Hemel nie. Daarom sien Gelowiges met reikhalsende verlange uit na daardie dag. – Sjibbolet

https://www.youtube.com/watch?v=7Io4m6k9aRo









Dinsdag 10 Julie 2018

Laat die kleine Dawid in jou opstaan


Dawid was ‘n diep gelowige man. Waarom het hy dan nie net een klippie opgetel om Goliat te verslaan nie? Waarom het hy vyf klippies opgetel?

            Goliat had vier broers (Sam 21:19-22). Dawid het besef dat wanneer hy Goliat verslaan, die vier broers dalk op hom kon afstorm. Hy het hom dus deeglik voorberei.

 

            Toe Goliat egter val het die Filistyne almal op die vlug geslaan, Goliat se broers ook. En as die vier broers wel op Dawid sou afgestorm het? Die feit dat Dawid vir Goliat met net een so ‘n netjiese hou kon neervel, het vanselfsprekend beteken dat hy die ander vier ook een vir een sou uithaal. Dawid was nie alleen nie, God was aan sy kant. Nogtans was hy deeglik voorbereid.

            Dit is die verhaal van die oorlog wat gewen is nog voordat dit kon begin het.

            As daar ‘n Goliat in jou lewe is, dan is dit nie om jou te vernietig nie, maar om die klein Dawid in jou te laat opstaan en standpunt in te neem. Jy is mos ook deeglik voorbereid, jy ken die Skrifte en in jou tong is lewe en dood.

            Let op na hierdie gedugte voorbeeld: Hoekom langer ‘n wurmpie wees?

            Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob …. Ek maak van jou ‘n skerp dorsslee wat baie tande het. Jes. 41:14-16.

            Watter groter kontras kan daar wees tussen ‘n wurmpie en ‘n harde staal dorsslee nie?

            Die nietige wurmpie kan op velerlei wyses eensklaps vernietig word, terwyl die staalharde dorsslee vele dinge kan vernietig sonder om self vernietig te word.

            En die Almagtige GOD kan die een in die ander verander!

            Hy kan een persoon ‘n volk maak en albei dus deel van die geskiedenis, terwyl van die wurmpie nooit weer gesien of gehoor sal word nie.

            Wanneer GOD aan ons ‘n wil van staal gee, sny ons ‘n pad deur enige weerstand, deur enige wildernis.

“Ek maak jou…” sê Hy, en inderdaad, Hy wil en sal dit doen!

            GOD is besig om Sy Koninkryk te bou. Hiervoor gebruik Hy die gebroke dinge. Die mens wil alles aanpak alleen met die sterkes, die suksesvolles, die triomfantelikes, die ongebrokenes, die helde, om hul koninkryke mee te bou.

            GOD het nie Skrifgeleerdes, professore en doktore gebruik nie – nie dat hy hulle nie ook kan gebruik nie – maar eenvoudige ongeredde vistermanne, stamelaars, veewagters.

            Jesus sê Hy heel die gebroke harte. Die Hemel loop vol van die aarde se gebroke lewens. Maar daar is geen geknakte riet wat Hy sal verbreek nie.

            Hy neem die lewens gekneus van pyn, verwerping, verdriet en ellende en verander dit in Hemelse harmonieuse musiek vol lof. Hy kan die aarde se mislukking ophef na ‘n glorieryke Hemel.

            Die HERE sê Hy woon in die hoogte en in die Heilige Plek, maar Hy woon ook by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. Jes. 56:15.

            Mens moet dus nie na jouself kyk as bloot ‘n wurmpie nie. Kyk na wat GOD van jou wil maak. –  Sjibbolet


Woensdag 04 Julie 2018

Kom, net soos jy is...


“Elkeen wat die Vader vir my gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie.” Joh 6:37

            Die bekende Switserse Evangelis, dr. Caesar Malan, het net meer as honderd jaar gelede, Londen besoek, vertel Kingdom Evangel.

 

Hy woon ’n onthaal by waar ’n besonder talentvolle jong vrou die klavier te pragtig bespeel. Na haar treffende klavierspel, spreek Dr. Malan, saam met baie ander gaste, sy hartlike waardering uit en voeg by: “God het aan jou ’n buitengewone gawe gegee. Wy dit aan Hom toe.”

Sy het geen sin aan godsdiens gehad nie en hy kon sien sy verstaan nie wat hy vir haar probeer sê nie. Toe sê hy reguit vir haar: “Onthou, as jy nie jou hart vir die HERE gee nie, is jy ’n ongeredde sondaar.”

Net toe loop ’n verflenterde bedelaar by die deur verby. Hy wys na die bedelaar en sê: “Dan is jy net so verlore soos daardie arme mens.”

Sy vererg haar bloedig vir hom en draai kwaad van hom af weg. Sy kon die onthaal nie verder geniet nie. Vroegaand gaan sy huis toe.

            Sy wou gaan slaap, maar die slaap was weg. Net die godsman se ernstige woorde bly in haar gedagtegang terugkom. Die volgende dag is sy terug na Malan. Sy het gesê sy wil haar saak met God regmaak maar hoe raak sy van haar verlede en sondes ontslae?

            Malan het geantwoord: “Kom na Jesus toe net soos jy is, Moenie die knoop probeer losmaak nie,  dit sal te lank neem, sny die tou van die verlede eenvoudig af.”

            Sy het Jesus toe as haar persoonlike Saligmaker aangeneem

            Charlotte Elliot het geweet, Jesus Christus het in haar lewe ingekom en vrede het haar wese vervul. Sy staan op en skryf die lied wat ons nou nog sing:

            “Net soos ek is, geen hulp naby; alleen U bloed gestort vir my; getrek tot U deurboorde sy – o Lam van God, ek kom! Net soos ek is, ek wag nie meer; ek kom, hoe vuil bevlek, o Heer, en werp my aan U voete neer – o Lam van God, ek kom!”

            Charlotte Eliot het in haar leeftyd 150 geestelike liedere geskryf. Hierdie lied is in baie tale vertaal. Een vertaler het geskryf: “Hierdie lied het ’n wonderlike geskiedenis gehad. Dit is waarlik soos ’n blaar van die boom van die lewe.”

            Wyle dr Billy Graham het die lied in elk van sy dienste laat sing deur die bekende George Beverley Shea.

            Charlotte het op ‘n keer teen die einde van haar lewe toe sy nie meer kerkdienste kon bywoon nie, geskryf: “My Bybel is my kerk. Dit is altyd oop en my Hoë Priester wag en ontvang my gereeld daar. Daarin is my belydenis, my danksegging, my lofpsalm  en my gemeente wat hierdie wêreld nie waardig is nie – profete, apostels, martelaars en belydenisse.. in kort, daar is alles daarin wat ek ooit sal nodig hê.”

            Kom, jy is ook welkom... kom net soos wat jy is. Jesus weet van jou en Hy wag vir jou. – Sjibbolet

Saterdag 16 Junie 2018

Vaders. Julle moet hierdie hartseer stil


Image result for Father and kid hugging



Vadersdag is sommer net nog ‘n dag, maar dit plaas die fokus op vaders. Vir baie aangenome kinders is dit ‘n treurige dag. Hulle soek hulle vaders. In SA, maar ook oral oor die wêreld kom die weeklaag: “Waar is my Pa?” Dis soms hartverskeurend.

            Terselfdertyd soek halfbroers en halfsusters na mekaar. Inderdaad, bloed is dikker as water. Daar is ook ouers wat tans na hulle kinders soek. Die HERE maak die getal vol voor sy Wederkoms. Help waar jy kan, werk saam.

            Die “gees en die krag van Elía, beweeg oor die aarde heen om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders...” voordat die dag van die HERE kom, die groot, verskriklike dag.”  Mal 4:5-6

Carin vertel: Ek het in 1992 na my biologiese moeder begin soek. Jare later laat weet CMR my, my moeder is reeds in 1999 nie meer hier nie. Na drie weke se trane, het die HERE my een oggend gewys dat daar ‘n ouma is. Ek besef toe, dat die hele familie nie uitgesterf kan wees nie.

          Ek het ‘n lys gemaak van al die mense in Port Elizabeth met my ma se van en begin bel. Met die sewende oproep toe praat ek met my ouma. Sy was verheug om van my te hoor. Sy’t verduidelik daar was nie destyds geld om my groot te maak nie.

          Ek en my man en een seun het dadelik gaan kuier en daar het ek my pa se naam gehoor.

Dit het 44 jaar geduur, maar uiteindelik is ek en my pa verenig – nadat ek destyds as pasgeborene aangeneem is. My pa het vaderskap ontken, tot vier jaar later in Februarie 1970, toe red die HERE sy siel.

Die volgende oggend in sy kantoor was daar ‘n hoorbare stem: ‘Ek hou jou verantwoordelik vir jou verlore dogter se sieleheil, nie die aanneemouers nie, want mens mag nie jou verpligtinge op ander afskuif nie.”

My pa het met my ma en haar ouers gaan vrede maak en aan my oupa al sy koste betaal wat hy aan my ma se swangerskap en die geboorte bestee het. Hy het met my ook gaan regmaak en sy het hom ook vergewe. Toe het hy saam met my ma na my begin soek.

Ek het my mamma nooit gesien nie. Sy wag vir my in die Hemel.

Ek het gedurigdeur op plekke op die plaas denkbeeldige gesprekke met my biologiese ouers gevoer. Ek het selfs as kind hulle nooit verwyt vir wat ook al gebeur het nie. Ek wou net weet, waarom kan ek nie by hulle wees nie? Waarom was ek weggegee?

Ek het gereeld saam met huiswerkers op die plaas om die pappotte en vure gesit en my lot betreur dat ek nie by my eie ouers is nie.

Ek baie goed grootgeword. My aanneemouers was baie lief vir my, maar iets het geskort.

Na ek die familie ontmoet het, het die soeke na my pa begin.

Ek het my sat gebel, later nie meer geweet hoe nie, want ek het net ‘n naam gehad, en so baie mense het dieselfde naam.

Een keer toe ons met vakansie in Hartenbos was, het ek die HERE gevra: Hoe lank nog voordat ek my pa sal kry... en drie seevoëls het by my verby gevlieg en ek het geweet, nog drie jaar.

Die volgende jaar op Hartenbos het twee seevoëls verby gevlieg.

Desember 2010 het ek ‘n diep geestelike ou oom op ons dorp gevra: “Oom, wat kan ek nog doen om my pa op te spoor? Ek het sy naam, maar kry geen spoor van hom nie.”

Die oom het geantwoord: “Hou op met soek, die HERE gaan jou pa op die regte tyd na jou toe stuur.”

Ek het niks van profesieë en sulke goed af geweet nie, maar wat die oom gesê het, het oneindig sin gemaak.

Dit was eintlik eenvoudige woorde, maar my geloof in God, het my laat besef, dat hierdie wyse woorde was.

Sy woorde: “Hou op met soek, die HERE gaan jou pa op die regte tyd na jou toe stuur, ” het sterk impak op my gemaak. Ek het dit net so aanvaar as ‘n boodskap van die HERE af.

Net daarna het ek gaan bid: “HERE, ek is moeg gesoek, ek gee oor. Ek weet nie meer hoe nie. Kan my pa nie maar net na my toe aangestap kom nie?”

Die gebed was egter die spreekwoordelike laaste strooi – om my volle vertroue op God te plaas.

Van my kindsbeen af het ek na my biologiese ouers verlang. By tye was ek baie hartseer. Ek het my hartseer nooit met iemand gedeel nie.

 Drie weke na hierdie gebed, sien ek ‘n ou oom na my toe aangestap kom terwyl ek in my kantoor sit.

Toe die ou oom by my kom en ek sy trane en hartseer sien en hy af buk na my en deur sy trane vra: “Is jou naam Carin”, toe het my hele wese hier binne my uitgeroep: “HERE, hier is hy nou! Dis my pa! My pa het gekom!”

Ek het doodstil agter my lessenaar bly sit byna versteen. Ek kon nie praat nie, ek het net geknik.

Toe sê hy die mooiste woorde wat ek ooit in my hele lewe gehoor het: “Ek is jou pa.”

Die volgende oomblik was ek in sy arms.

So deur die snikke heen het ek aan hom gesê: “Pa, ek het julle nooit verwyt vir wat ook al gebeur het nie.”

Ek het gevoel hoe my pa se rou snikke deur sy liggaam skeur, ‘n groot man, baie groter as ek, wat huil soos ‘n kind. Ek hoor hy snik: “Ag HERE Jesus, hoe lank het ek nie na haar gesoek nie.”

My blydskap was oorweldigend toe ek hoor my pa het ook na my gesoek. Deur die jare het ek by kere gewonder of hy my sou aanvaar as ek skielik eendag voor hom sou staan en vir hom sou sê: “Pa, ek is jou kind.”

Ons is nou volwaardig pa en kind en kind en pa, lief vir mekaar en onafskeidbaar, soos dit hoort. Ons seën mekaar, besiel mekaar. Glorie Halleluja.

Vier-en-veertig jaar was ‘n baie lang tyd, maar dit was God se tyd. Ek bly die HERE ewig dankbaar.

Ek het nooit besef dat beide my biologiese ouers na my ook gesoek het nie. Na my ma in 1999 Huis toe is, het my pa alleen die soeke voortgesit.

Hy het op ‘n dag die familie gebel en hulle het hom van my besoek aan hulle vertel en gesê waar ek woon... net 160km uitmekaar, al vir jare.

Die volgende oggend het hy die pad gevat na my toe en my in my kantoor verras.

Patricia King, die bekende Amerikaanse Evangelis, het geen kennis van my pa se probleme en my bestaan gedra nie. Hy het haar bloot gevra om vir hom in gebed in te tree. Hy was ook al radeloos van al die gesoek na my.

Kort voor my pa my gevind het, het hy ‘n skrywe van Patricia King ontvang:


“Dear Johann,

“Last night at our Tuesday Night House Fellowship, the Lord gave me an exciting prophetic vision. This morning He told me to deliver it to you!

“I saw a vision of butterflies being released out of Heaven. Thousands of them. They were so beautiful - so free! The Lord says that it is a time of new beginnings for you. Even as a butterfly comes forth from a cocoon into a new state of being, into new freedom, new beauty, new presentation, so also will you!

“The Lord says, "Do not call to mind the former things or ponder the things of the past. Behold, I will do something new, now it will spring forth; will you be aware of it.

“The wind of the Spirit will delicately blow upon you and new fragrances of His grace will be released in and through your life.

“This is a season of new beginnings for you. A season of reward for those who have diligently sought the Lord. The things that held you back in the past will not hold you back in the days ahead.

“Any cloak of shame, humiliation, or bondage is being cast off. A robe of honor is being prepared for you because you have humbled yourself.

“Walk through the door into this new realm of blessing. It is prepared for you. All things are being made new.

“Have a great day and remember that you are a great treasure to His heart.... ours too!

Patricia King

Hierdie boodskap is mos vir jou ook!

Enkele dae nadat ek en my pa ontmoet het, is ek een oggend deur ‘n allemintige swerm skoenlappers omsingel. Skoenlappers is ‘n rare verskynsel op ons dorp. Ek het doodstil bly staan te midde van die gefladder en met trane van dankbaarheid gedink aan Patricia se profetiese woorde. Ek het God inderdaad beleef!

Kort hierna was die kerk een Sondag stampvol en te midde van baie trane van blydskap oral, het my pa my gedoop!

My storie het soveel Goddelike detail, dat dit net God self is wat dit kon bewerk en op Sy tyd.

"Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys het en Sy trou nie van my weerhou het nie." –  Ps 66:20


Moet nooit ophou soek nie. Soek in volle vertroue op God!

Vrydag 18 Mei 2018

Strek jou uit na wat voor is


Image result for Psalm 65:20



Jy het niks verloor nie, inteendeel...


Kyk wat belewe Eiisa in 2 Konings 6:1-7.

Hier is ‘n groep profete besig om bome, wat gebruik gaan word om nuwe huise te bou, met byle af te kap. Een van die profete het die kop van sy byl in die water verloor en hy is paniekbevange omdat dit geleen was.

Elisa reageer deur ʼn stok te neem en dit op die plek in die water te gooi waar die bylkop geval het. Die kop van die byl dryf onmiddelik terug na die oppervlak.

Hier is baie uit te leer. God gee om vir wat jy verloor het. Geen saak is te klein vir ons God nie, selfs ʼn verlore bylkop is vir Hom belangrik.

Wat het jy verloor? Het jy ʼn seëning, ʼn verhouding, liefde, vrede, geluk, geld, jou reputasie of enige iets anders verloor?

Die goeie nuus is dat God so baie omgee vir wat verloor het, dat Hy jou kan help om dit te herwin.

God kan jou help om te vind wat jy verloor het deur te begin kyk waar dit geval het. Gaan terug na waar jy die spoor byster geraak het en laat God toe om jou terug te help op die spoor.

Die dinge wat was, sal waarskynlik nie weer in plek kom nie, maar sal vervang word met dit wat groter en meer lieflik is.

Dit mag dalk nodig wees vir jou om op te hou met iets en iets anders te begin doen. Jou bylkop is nie weg nie.

Wat ook al, jy het die HERE se goedheid en guns aan jou kant. Sien Sy belofte:

“En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die lering tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

“Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.

“En Ek sal julle vergoed vir die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het -- my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.

“Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in Ewigheid nie beskaamd staan nie.” Joël 2:23-26

En skielik sal jy sê: “Die  lof  kom  God  toe wat  my  gebed  nie  afgewys  en  Sy  trou  nie  van  my weerhou  het  nie. Ps 65:20

En byvoeg: “Gits, kyk, ek het niks verloor nie, ek het inderdaad veel meer bygekry!”

Die geheim: Vergewe en vergeet en strek jou uit na wat voor is! – Sjibbolet 

Donderdag 26 April 2018

Jesus het die Ekstras lief!




Is jy straks ‘n ekstra?


Aangenome kinders wat nie hul biologiese ouers opgespoor kan kry nie, of ouers wat nie hul biologiese aangenome kinders wil aanvaar nie, is ‘n goeie voorbeeld van ‘n ekstra.

"Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie." Luk 12:4-7

            Om te verstaan wat hierdie strofe bedoel, moet mens na die getuienis van ‘n klein Spaanse seuntjie luister.

In die King's Business word vertel van 'n Spaanse seuntjie in Vigo, wat 'n toegewyde volgeling van die Here Jesus geword het.

'n Christen Engelsman vra hom eendag, wat tot sy bekering gelei het?

Die seuntjie antwoord: "Dis die ekstra mossie wat dit bewerk het."

"Die ekstra mossie?" vra die man verwonderd.

"Sien, Senór, dit het so gewerk. 'n Man het eendag vir my 'n Bybel gegee. Ek lees toe op een plek dat Nuestro Senór Jesus (ons Here Jesus) gesê het, twee mossies word vir een chico verkoop. Op 'n ander plek lees ek Hy sê, vyf mossies word vir twee chicos verkoop.

Toe dink ek, Nuestro Senór Jesus ken darem ons tradisie van voëls verkoop baie goed. Senór weet mos, ons vang voëls en verkoop dit: twee vir een chico en vier vir twee chicos, maar dan gooi ons sommer 'n ekstra voëltjie, die vyfde een, by.

Hy tel nie eintlik nie. Hy word sommer net gegee.

Toe dink ek by myself: ek is so arm en nikswerd en klein, niemand tel my ooit by nie. Ek is sommer net niks. Ek is soos daardie ekstra mossie. En tog, is dit nie wonderlik nie, Nuestro Senór Jesus sê: 'nie een van hulle word deur God vergeet nie.' Ook nie die ekstra, verniet, een nie.

Ek het nog nooit so iets gehoor nie, Senór. Niemand as net Nuestro Senór Jesus sou aan so iets kon dink nie! Toe weet ek, ek tel ook by Hom en toe bid ek en ek sê: 'Nuestro Senór Jesus, vat my ook asseblief.' Toe weet ek Hy het my gevat. En nou lewe ek vir Hom."

Al voel jy soos ‘n ekstra mossie, kom, daar is plek vir jou ook.

En al lyk iemand anders vir jou soos ‘n ekstra mossie, Jesus wag vir hom en vir haar, sorg dat jy hulle bereik. Jesus het die ekstra mossies baie lief. – Sjibbolet

Maandag 23 April 2018

Moet nooit moed opgee nie! NOOIT nie!!

Image result for albatross
https://www.youtube.com/watch?v=qDbToBxhZUo&app=desktop

Skep moed — Ons het dieselfde God!


Een van die grootste matesis-wonderwerke in die wêreld vind ons by Moses en die Israeliete in die woestyn.

            Ons beleef  die verskil tussen vlees en gees, tussen geloof en ongeloof.

   Sowat 3,5 miljoen mense moes 40 jaar lank in ‘n woestyn versorg word.  Volgens ‘n militêre strateeg sou Moses, as hy nie in die geloof gewandel het nie,  moes sorg vir:



·      1 500 ton voedsel per dag

·      Twee goedere treine van 1,6km in lengte sou die kos moes aanry

·      4 000 ton brandhout per dag sou nodig wees om kos te kook

·      Verskeie  goedere treine van 8km in lengte sou die hout moes aanry

·      Hulle sou 20 miljoen liter water benodig het want daar was geen mere of riviere in die woestyn nie

·      ‘n Trein met tenkwaens van 18.8km in lengte sou die water moes aanry

·      As hulle dubbel-gelid deur die Rooi See sou beweeg, sou die tou 1 280km lank gewees het.

·      Die tog deur die Rooi See sou 35 dae en nagte geduur het

·      Daar moes dus ‘n breë opening van sowat 4.8km gewees het sodat die Israeliete 5 000 in gelid in een nag kon deur beweeg

·      Elke keer wat hulle gekamp het, het die kamp ‘n area van 1 200 vk  km beslaan, ‘n area van 48km in die lengte en 40km wyd – so groot soos die Groter Bloemfontein?



Hierdie lysie sou vir elke dag oor ‘n tydperk van 40 jaar moes gegeld het.

Dink jy Moses het aan al hierdie dinge gedink voordat hy vertrek het? Sekerlik nie.

Hulle het ook geen materiaal gehad om nuwe sandale en klere van te maak nie.  Hulle sandale en klere het 40 jaar lank gehou.

Die groter wonderwerk is dat die kinders se sandale saam met hulle voete groter geword het.

Moses het God absoluut geglo. Hy het geweet God sal na al hierdie dinge omsien.

            Die verskil tussen om in die vlees en in die gees te wandel, is enorm en onvergelykbaar, soos toe die vissies en broodjies aan 5 000 man en hulle vroue en kinders uitgedeel was.  Dit verbyster mens se verstand, maar om die dinge van God te verstaan skakel mens juis jou verstand af.

            Ons het presies dieselfde God vandag as wat die Israeliete destyds gehad het.  God het nie verander nie en sal nooit verander nie.

            Ons probleme lyk vir ons soms so oneindig groot, maar dink dan daaraan wat God kan doen!

            Skep moed, ons het dieselfde God.

            Ons moenie God by ons planne en strategieë inskakel nie.  Kom ons skakel by Sy plan in want dan onderneem Hy in alles. Vertrou op die bystand van sy Heilige Engele.

            Die pad vorentoe is een van geloof, waarheid en gees! – Sjibbolet

https://www.youtube.com/watch?v=qDbToBxhZUo





Donderdag 12 April 2018

Ons glo met ons gees!


Image result for 1 Korintiers. 16:13


Glo jy, of glo jy...


Die ou tannie kom na vore vir gebed. Net voordat ons bid, merk ons haar handjies is in mekaar gestrengel en die gesiggie is vertrek net ekstra plooie.

            Ons vra: “Tannie, wat doen jy nou.”

            Sy antwoord: “Ek glo.”

            Ons: “Nee tannie, jy glo nie, jy konsentreer. Ontspan liewer en ons sal jou las dra en vir jou glo.”

            Sy is daardie oomblik genees.

            Met ons verstand konsentreer ons, met ons gees glo ons.

            Veral in die tyd waarin ons leef, is dit noodsaaklik vir Christene om geestelik gefokus te bly.  Iemand wat sy oë van die pad afhaal, kan verdwaal of die pad byster raak.

            Aan die einde van hierdie pad moet ook jy kan sê:  “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; (let wel) ek het die geloof behou. 11 Tim. 4:7

            Iemand wat aan ‘n wedloop deelneem is in meer as een opsig geestelik gefokus:



•          Hy weier om te twyfel

•          Hy weier dat enigiets sy aandag aftrek

•          Hy is en bly gedetermineerd

•          Hy weier om enige kompromieë aan te gaan

•          Hy is en bly gedissiplineerd

•          Hy wil ten alle koste wen



            Onthou, mens wen nie die silwer-medalje nie, die waarheid is dat jy die goue-medalje verloor het!

            Laat jy dan ook elke las aflê en die sonde wat jy so maklik omring, en met volharding loop, die wedloop wat voor jou lê. Heb. 12:1

            Die wedloop is nie meer so lank nie. Jy is reeds in die pylvak. (Let op) Jesus wag by die wenstreep. Trek die volle wapenrusting aan en staan vas. Efes. 6:13-14

            “Vergeet die dinge wat agter is. Strek jou uit na wat voor is en jaag na die doel om die prys te kry. Onthou, dit is ‘n hoë roeping van God in Christus Jesus. Fil. 3:14

            Jy het ook ander pryse in die lewe nagejaag, soos jou suksesvolle loopbaan, jou vrou, man, kinders, huis, motor, plaas, sakeonderneming. Jy het daarna gejaag totdat jy dit verkry het, of, jy is in sommige opsigte nog besig om dit na te jaag. Daar is mos geen plaasvervanger vir sukses nie.

            Maar in die wedloop om die groot prys van die Ewige Lewe het jy by tye nie gestelik gefokus gebly nie. Daar is vergifnis, genade, bely en vergeet wat agter is. Byt die stang (die Woord en die Lewe) met mening vas en bly gefokus.

            Dalk is daar nog ander pryse wat jy nastreef. Gaan voort daarmee. Al weet jy die Wederkoms van Christus gaan more plaasvind, plant vandag nog ‘n boom. As dit geldelike uitkoms is wat jy nastreef, volhard, bly gefokus in jou gees.

            Hou aan om te klop en daar sal vir jou oopgemaak word. As jy ophou klop maak niemand oop nie. Bly gefokus, gedetermineerd, weier om te twyfel, bly gedissiplineerd, hardloop om te wen.

            Wandel volgens dieselfde reël as in dit wat jy reeds bereik het, maar sorg ook, dat jy eensgesind met ander wandel, want jy hardloop beslis nie alleen nie. Fil. 3:16

            Elke dag is jy nader aan die manifestering van die einddoel. Die probleme en moeilikhede wat jy ondervind is maar deel van die hindernis-wedloop.

            In Christus leef ons BO die omstandighede, jy gaan bo-oor die hekkies. Jy leef nie ONDER die omstandighede en val oor die hekkies nie.

            Al jou antwoorde is dalk nader as wat jy besef. Volharding bring oorwinning mee.

            Waak, staan (vas) in die geloof, wees manlik, wees sterk. 1 Kor. 16:13.  Ja, staan jou man, want jy staan nie alleen nie.  Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag daartoe gee. Jy het mag ontvang oor al die krag van die vyand. Luk. 10:19.

            Jy word uitgedaag om anders te wees, om ‘n Goddelike spesie te wees, geskape na die Beeld van God, wat nie opgee nie, om aan te hou totdat die deurbraak daar is. Maar onthou, dit is net gefokusde mense wat sien hoe hul drome werklikhede word.

            God is magtig om jou op te bou en jou ‘n erfdeel te gee onder al die heiliges.  Onthou, as God se kind is jy heilig en Hy bou jou op, maak jou sterk. Die voeding daarvoor is in Sy Woord en in jou gemeenskap met Hom.

            Hou die oë gevestig op Jesus Christus want Hy, en niemand anders nie, is jou Leidsman en die voleinder van jou geloof. Hierdie is vir Hom ‘n vreugde en omdat dit al lank gelede vir Hom voorgehou was, het Hy die kruis verdra. Heb. 12:2. Jou oorwinning is reeds bewerk.

            Behou die geloof. Almal het ‘n mate van geestelike geloof ontvang, maar dit baat jou niks as jy daardie geloof nie vrystel nie, nie in aksie stel nie, nie beoefen nie, want dit is hoe dit toeneem in gestalte. So word die kleine mosterdsaadjie ‘n reuse boom.

            Bly in gemeenskap met die Heilige Gees. Op daardie wyse kan jy die hart van God leer ken, wat Sy wil in jou lewe is. Behou ook die geestelike gemeenskap met die Heiliges. Bewaar die eensgesindheid, bemoedig mekaar, dra mekaar, bid vir mekaar. As die Liggaam, die gemeente of ‘n gemeentelid, aangeval word, staan saam, bid hulle deur tot in oorwinning.

“As een lid ly, ly die hele Liggaam.” 1 Kor 12:16. Of jy dit nou wio weet of nie, ‘n seer in die gemeente raak jou intensief. More kan dit jy wees wat gedra moet word.

            “Welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is. Ps. 144:15, en welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God. Ps. 146:5 – Sjibbolet



Vrydag 09 Maart 2018

Staan op soos een man!


Image result for Esegiel 22:30


Ons word opgeroep…


“Mensekind, sê vir hom: Jy is 'n land wat nie gereinig is nie, wat nie reën gekry het in die dag van grimmigheid nie.

“'n Sameswering van sy profete is in hom, soos 'n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin.

“Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.

“Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak.

“En sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die Here HERE--terwyl die HERE nie gespreek het nie.

“Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.

“En Ek het onder hulle 'n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land,..” Eseg 22:24-30


“Ellende wag vir julle wat rampe teen ander beplan, wat op die bed lê en dink aan kwaad om te doen, wat dit vroeg in die more gaan uitvoer omdat hulle die mag in die hande het.

“Hulle begeer ‘n stuk grond en vat dit, huise, en lê beslag daarop. Hulle kul ‘n man uit sy huis uit, ‘n mens uit sy besittting uit.

“Daarom, so sê die HERE: Ek beplan ‘n ramp teen hierdie mense, hulle sal dit nie kan ontwyk nie. Hulle sal nie meer regop kan loop nie want dit sal tyd van swaarkry wees.

Vers 7

“Belowe ek nie goeie dinge vir diegene wat opreg lewe nie. – Miga 2

Let weer op:

“En Ek het onder hulle 'n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land...” Eseg 22:30

Kom ons staan op soos een man en bou daai muur!



Saterdag 03 Februarie 2018

Gebed is en bly die aller antwoord...


 Image result for person praying    

Deur hierdie SA saam met Hom!

Soos wat Ouma Hamman deurgekom het, so sal ons ook deurkom!

Anna Elizabeth Retief (Ouma Hamman), die derde van agt kinders, is op 4 Julie 1874 op Graaff-Reinet  gebore.

            Sy het onderwyseres geword en haar studies voltooi deur by  maanlig en kerslig te studeer. Soms het sy selfs vuurhoutjies getrek om by dié lig te studeer.

            Sy was vooruitstrewend en het baie goed op skool sowel as die kollege presteer. Mej. Helen Murray, ‘n suster van dr. Andrew Murray, was destyds hoof van die seminarie.

            Dit was in hierdie tyd dat sy die Wedergeboorte deelagtig geword het. Die HERE het die Heilsleër en die South African General Mission, waarvan Dr. Murray ‘n stigterslid was, gebruik om haar tot die Lig te bring.

            Beaufort-Wes was haar eerste standplaas as onderwyseres. Hier het sy by die Pienaar-gesin loseer waar sy geestelik verryk geraak het. Sy was toe 20 jaar oud.

            Sy is daarna na Standerton. Nog later het sy ‘n pos op Biesiesvlei naby Lichtenburg aanvaar. Daar is sy met kol. J.L. Hamman getroud.

            Kort na die geboorte van hul eerste kind, het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek.

            Op pad na die klein konsentrasiekamp op Barberton was Anna, haar suster Margaret en Anna se klein Esther verplig om op Nelspruit by vreemde mense oor te bly. Daar is die tweede baba op die vlug gebore.

            Anna en die twee babas, asook Margaret was verplig om na tien dae in aller haas vanaf Nelspruit met die laaste trein te vertrek daar die vyand op hulle spoor was.

            Die trein was so stampvol van passasiers, dat daar geen plek vir bagasie was nie. Sonder ‘n pennie geld en met net die klere wat hulle aangehad het, tesame met ‘n klein handsakkie, het hulle op Barberton aangekom.

            Anna se man, wat toe as posmeester diens gedoen het, het lank reeds nie meer salaris ontvang nie en is toe ook gevang.

            Anna vertel later dat haar enigste uitkoms was om haar op die Engelse kommandant, ‘n ouerige man, te beroep. Nadat hy na haar verhaal geluister het, het hy haar 2 pond van sy eie geld gegee. Hy het hulle ook na ‘n netjiese klein huisie geneem want die vroue het daar in huisies en nie in tente tuisgegaan nie.

            Tot haar vreugde was daar dikwels vroegoggend ‘n mandjie met vars melk, eiers, groente, ens. voor die deur. Dit was bo en behalwe die karige voorsiening van die kommissariaat.

            Die mandjie in die oggende was deur vriendelike Engelse kommandant gestuur, alhoewel hy nooit self die huis besoek het nie.

            Anna vertel dat die HERE in daardie dae baie naby aan hulle was en op wonderbaarlike wyse in antwoord op gebed, in al hul behoeftes voorsien het.

            Na drie maande het sy weens die verskriklike hitte op Barberton, baie na haar ouerhuis op Graaff-Reinet verlang.

            Sy het met die kommandant gaan praat en hy het verlof gegee dat sy en die babas kosteloos deur die twee republieke Transvaal en Vrystaat, mag reis, maar op eie risiko.

            Die land was in ‘n toestand van gorrilla-oorlogvoering, treinspore is gedurig opgebreek en hulle sou langs die pad verskeie kere lank moes wag op die herstel van die spoorlyn.

            Met so ‘n toestand het sy besluit om eerder op die HERE te gaan wag vir duidelike leiding. Alhoewel sy kosteloos kon reis, sou sy tog geld ook moes hê, en sy besluit toe dat as die HERE op wonderbaarlike wyse die geld voorsien, dan sou dit as teken aanvaar dat sy die reis kon onderneem.

            En weer ‘n keer, in antwoord op gebed, verkry sy op bonatuurlike wyse 13 pond. Sy het volkome vrede in haar gemoed gehad om die lang reis aan te pak.

            Die grootste prioriteit was padkos. ‘n Groot baksel boerbeskuit sou die probleem oplos. Weer vertrou sy die HERE op uitkoms. Toe kry sy meel, maar die vet het ontbreek.

            Drie dae voordat die trein sou vertrek, staan sy met die skottel meel voor haar deur die venster en tuur.

            Beswaard bid sy toe: “HERE, het U my dan vergeet; ek kan dit nie verstaan nie.”

            Die volgende oomblik het die militêre muilwaens vol proviand en met groot geraas verbygesnel.

            Daar was ineens ‘n harde geklop aan die voordeur. “En daar staan ‘n Engelse soldaat met die grootste blik vet wat ek nog gesien het,” vertel sy later.

            Die blik was so groot en swaar dat die soldaat dit op die grond moes neersit. Hygende na sy asem sê hy toe: “Mevrou, hierdie blik vet het van die militêre muilwaens afgeval. Wil u dit nie hê nie?”

            Sonder om nog op ‘n antwoord te wag, het hy die blik vet die gang afgerol, omgedraai en laat spaander om die waens weer van agteraf in te haal.

            Anna het verbysterd bly staan. Die teenwoordigheid van die HERE was tasbaar.

            Wat die wonder nog groter gemaak het, was die feit dat die deur van die huis nie direk op die straat uitgegaan het nie, maar in ‘n tuin met ‘n hekkie laer af, terwyl die huise oorkant die straat se hekke by hul voordeure was.

            Wat sou die Engelse soldaat beweeg het om die ompad te neem as dit nie die Gees van God was wat hom gedring het nie?

            Op die laaste oomblik is Anna se verlof om die reis te onderneem gekanselleer. Toe die kommandant dit hoor, stel hy ‘n seereis voor vanaf Lourenco Marques na Port Elizabeth.

            ‘n Seereis! Waar sou die passaat vandaan kom? “Maar my Vader het Sy Wil aan my bekendgemaak,” se Anna later.

            Sy het  soos Abraham van destyds uitgetrek … sonder om te weet waarheen, maar soos Abraham het sy goed geweet saam met Wie!  Sy het dus volkome rus en vrede in haar gemoed gehad.

            Sy het ook geweet van ‘n paar van haar eie mense wat oor die grens gegaan het en in tente in Lourenco Marques tuisgegaan het.

            Met haar en die babas se aankoms daar het die ou bekendes haar gasvry ontvang.

            Dieselfde middag het die kampkommandant op sy gewone rondte ook by haar tent besoek gebring. Nadat hy na haar verhaal geluister het, het hy vertrek.

‘n Ruk later was hy terug met die boodskap dat mnr Trotsenburg, die hoof van Poswese in Transvaal., in ‘n hotel onder in die dorp was en dat hy haar graag wou spreek.

Na ‘n paar vrae was Trotsenburg bereid om ‘n deel van haar man se agterstallige salaris aan haar uit te betaal. Hy het haar ‘n tjek vir 37 pond oorhandig. Dit was genoeg om die kostes tot in Graaff-Reinet te dek.

Weer was sy verbysterd, want dit was die laaste oord vanwaar sy enige hulp verwag het. “Dit het gevoel of ek in lug loop terug na die kamp.”

Veertien dae later het hulle aan boord gegaan en na ‘n voorspoedige reis uiteindelik by haar eie mense op Graaff-Reinet aangeland. Hieroor sê sy: “Al die eer aan God!”

En voeg dan by: Can you wonder, can you wonder, can you wonder why it is I love Him so? When I think of all His done for me unworthy one! Can you wonder why it is I love Him so?

Dit was die einste Anna – later bekend as die biddende Ouma Hamman – wat geruime tyd na die oorlog aan dr. Andrew Murray geskryf het:

“Watter raad het u vir my om my en my vyf  klein kindertjies, waarvan die oudste maar 9 jaar is, so vroeg moontlik vir die HERE te wen?”

Murray het geantwoord: “Ek sien dat u ‘n bekommerde moeder is. Soek vir u nog ‘n bekommerde moeder en bid saam.”

Sy het dit gedoen en dit het aanleiding gegee tot die Moeder Gebedsbond wat landwyd gegroei het.

Vandag is ons land weer ‘n keer vol bekommerde moeders en daarom word ‘n beroep op alle moeders gedoen om weereens by ‘n Moeder Gebedsbond in te skakel, of begin een as daar nie een in jou omgewing is nie, en begin bid vir ‘n Herlewing. Bid soos jy nog nooit in jou lewe gebid het nie.  – Sjibbolet

Woensdag 20 Desember 2017

Veilig in Jesus’ hoede...


Image result for titanic sinking


Sy het bekend gestaan as die skip van drome. Sy was 270m lank. Veertien duisend mense het aan haar gebou.  Die anker het 15.5 ton geweeg en is deur 20 perde van die fabriek af tot by die skip getrek.  Die binnekant van hierdie skip het tien maande geneem om te voltooi, altesaam ‘n paar miljoen ure se werk aan Louis Quinze, Klassieke Versailles en Victoriaanse versierings, Crown Berger skilderye, Franse kaffees en Turkse baddens om maar net ‘n paar op te noem.

            Sy is ook genoem: Die onsinkbare skip en in ‘n koerant van 1912 word berig dat selfs God haar nie kan sink nie.

            Maar op Sondagaand 12 April 1912 sink die Titanic binne twee ure en neem 1 500 lewens saam na haar watergraf.

            Tydens hierdie twee ure het interessante verhale afgespeel.  Daar was te min reddingsbote.  Die rykes en vernames het gesorg dat hulle eerste plek kry.  Later het die Kaptein oor sy megafoon afgekondig dat net vrouens met babatjies plek op die reddingsbote mag kry.

‘n Man met ‘n babatjie in sy arms het verby ‘n vrou gehardloop wat nie ‘n kind had nie.  Vir haar was die afkondiging ‘n doodsvonnis.  Skielik het haar situasie verander toe die man sy kind in haar arms sit en sê: Dit is joune…hardloop vir jou plek op die reddingsboot!

            Wat is jou grootste Kersgeskenk?

            Ons is almal daarvan bewus dat ons lewensvaart iewers soos die Titanic gaan sink. Ons is ook bewus daarvan dat nie almal  in hierdie lewe die reddingsboot van Jesus gaan haal nie.

            Met Kersfees kom sit God opnuut weer sy kind in jou arms en sê: Dit is joune… hardloop na my reddingsboot.  Moenie wag tot dit te laat is nie.  Wanneer ‘n skip sink, word lug uitgeblaas en water ingesuig.  Wag jy tot dit te laat is, word jy saam ingesuig al spring jy.

Die meeste mense wat hulle lewe in die Titanic ramp verloor het, het nie verdrink nie maar verkluim. Wie wil in koue water ronddobber as Jesus reeds vir jou ‘n plek op sy onsinkbare reddingsboot voorberei het.

Sit Jesus in die arms van mense wat oopoë besig is om te sink.

Woensdag 29 November 2017

Hemelse missiele


Image result for dawid en goliat



En jy, wat tel jy op?   

Dawid het Goliat met sy vyf klippies aangedurf? 1 Sam 17
Die Filistyne en die Israeliete was in oorlog.  Goliat, was op die toneel. Hy het die Israeliete uitgedaag om hulle beste vegter te stuur om teen hom te veg. Maar hulle was te bang. Toe die jong Dawid daar aankom om vir sy vegtende broers kos te bring, was hy geskok oor die Israeliete se vrees. Hy het sommer dadelik Goliat se uitdaging tot 'n tweegeveg aanvaar.
Dawid is die beste wapenrusting aangebied om Goliat aan te durf. Maar hy het nee gesê. Sy slingervel en vyf klippies was genoeg. Nee, dit was eintlik veels te min! Hoe durf mens 'n reus aan met 'n handvol klippies? Jy't mos nie 'n kans nie.
Dawid het egter geweet God is by hom. Hy was daardie dag 'n kryger vir God! Sy God se eer was op die spel. As die res van Israel dan te slap was om vir God op te staan – nie hy nie! Daarom het Dawid dit gewaag om sy vyf klippies in God se magtige hand te sit.
God sou egter daardie dag die geveg moes veg. Hyself moes die oorwinning oor daardie reus gee. En Hy het ook! Dis hoe God werk.
Nee, Hy neem nie elke keer al die krisisse uit die weg nie. Hy kyk dikwels of sy kinders bereid is om Hom midde in hulle krisisse te vertrou. Dan eer God hulle geloof deur hulle op fantastiese maniere te help... al het hulle net vyf klein klippies wanneer hulle reuse moet aandurf.

God openbaar Homself in die Bybel as die Een wat deur dik en dun by sy kinders staan. Die een psalm na die ander getuig van God se hulp aan ons in pikdonker ure. Wanneer die nood dreig, is Hy die enigste Een wie se hulp jy moet opsoek. Wanneer die stormwinde waai, is net Hy jou anker. Ook wanneer jy aanmeld vir die geveg teen die reuse rondom jou, is God jou enigste Aanvoerder.
Word 'n moderne geloofsvegter!
Staan asseblief 'n slag op vir God! Sy Naam word vandag goedkoop en bespotlik gemaak. Ook daar in jou eie omgewing daag mense sy gesag openlik uit terwyl kerklikes rondstaan met monde vol verleë tande.
Wie sal God se Naam eer in 'n tyd soos hierdie as die reuse rondom die kerk begin stelling inneem? Wie sal in die voorste loopgrawe diens doen vir die Allerhoogste? Dalk jy?
En as jou gemeente bedreig word, of jou huis, of jy, of jou kinders, juis soos wat nou die geval is?
Miskien dink jy nou by jouself: "Wat kan ek vir God doen? Ek is veels te swak." Sê wie? Hoor mooi, God sê dit hoegenaamd nie oor jou nie! Al het jy net vyf spreekwoordelike klippies tot jou beskikking, dan is dit dodelike hemelse missiele as jy dit gelowig in God se hand plaas.
Jy kan 'n verskil maak. Nee, jy is die lewende verskil! Jy staan in die pad van die reuse met jou geloofsklippies. As 'n jong Dawid 'n ganse volk se geskiedenis kon verander met net vyf klippies en 'n hart vol geloof, dan kan jy minstens ook 'n paar sentimeter dapper volstaan en 'n meter of twee se nuwe grondgebied in God se Naam verower!
Toe tel Dawid vyf klippies op... En jy, wat tel jy op?