Dinsdag 29 September 2020

Jou tiendes seën selfs jou nageslag wat nog in jou lende is…

Gelowiges leef onder die Genade en nie onder die Wet nie, maar tiendes was nooit deel van die Wet nie, nie in die Ou- of die Nuwe Testament nie. Ons vereer die HERE met lofsange, offerandes en tiendes. Tiendes het met liefde te doen.

Ons kan tel hoeveel sade daar in ‘n appel is, maar ons kan nooit weet hoeveel appels in die sade is nie, nie voordat ons die sade plant nie. Dieselfde geld vir ‘n mieliekop.

Dit beteken dat wanneer ons saai, moet ons ‘n oes te wagte wees. Alle boere saai, juis omdat hulle ‘n oes te wagte is… en hoe meer hulle saai, hoe groter die oes.

            Let op: “En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon (geld), sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.

            “Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grootste getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grootste onregverdig.

            “As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?” Luk 16:9-11

            Geld is onheilig, onrein, maar wanneer ons dit aan die HERE gee, dan word dit geregverdig. Wees getrou in die gee van jou tiende en offerande en jou totale inkomste word geheilig en geseën.

            As ons nie getrou is in die gee van ons tiendes nie, is die volgende van toepassing: “En as julle nie getrou was in 'n ander (die HERE) se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?” Luk 16:12

            Die profeet Maleagi sê: “Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?

“Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.

“Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!

“Bring die hele tiende na die skathuis (hoekom?), sodat daar spys in my huis kan wees; en (let op)beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die Hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.

“Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.

“En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.” Mal 3:7-12

Dis duidelik, bring ons, ons kant, bring God sy kant en Hy bring elke keer in oorvloed.

            Let verder op: “En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van Hemel en Aarde.

“En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.” Gen 14:18-20

Melgisédek was ‘n priester van God (soos wat ons veronderstel is om te wees). Hy seën Abraham.

In Hebr 7 gee Abraham aan Melgesédek ‘n tiende. Dan raak Levi betrokke by die tiendes… maat let op, Levi is ‘n agterkleinkind van Abraham (hy het uit die lende van Abraham voortgekom).

Levi was soos Abraham ook ‘n buitengewone geseënde man. Juis hier sien mense dat Levi geseënd was omdat hy aan Abraham tiende gegee het… dat Levi reeds geseënd was terwyl hy nog in Abraham se lende was.

So sal ons nageslag in ons lende ook geseënd wees as ons – nie wetties nie – maar onder die verbond van Genade ook tiendes en offerende gee.

Baie belangrik: As ons ‘n tiende en offerhande van ons inkomste gee, dan is die res van ons inkomste ook geseën: “En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.” Rom 11:16

Lees ook: Hebr 7:5-10 “7:5 Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel 'n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het; maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.

“Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.

“En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe.

“En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee; want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.”

Ons is nou die besitter van die Beloftes, dis noodsaaklik dat ons tiendes en offerhande gee.

As jy nog nooit tiendes en offerende gegee het nie, maak die saak met die HERE uit, want Hy belowe in liefde en genade: “As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en (let op) ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh 1:9…  en begin dan jou tiendes en offerande gee en beproef die HERE hierin.

Dit is oor en oor bewys dat diegene wat hul tiendes en offerhande gee, in oorvloed ontvang en selfs dat, hoe meer hulle gee, hoe meer ontvang hulle.

Hier word nie net verwys na die tiende van jou geldelike inkomste nie, maar na alles wat jy ontvang. Ontvang ‘n slagding, gee die tiende daarvan, ens. Veronderstel jy ontvang ‘n motor as geskenk, bepaal die waarde van die motor en gee die tiende in kontant. So seën jy ook iou nageslag. – Wekroep


Loof en Dans voor Hom oor al ons geskenke

 

Die HERE gee ons ‘n naam wat met die Wedergeboorte in die Boek van die Lewe geskryf word. Die satan gee aan ons ‘n nommer, 666. Die satan staan bekend a ‘n leuenaar en hy staan vir alles wat vals is . Sy 666 is bv baie naby aan die volmaakte getal 7.

            Maar ons, wat maak ons, ons wat die volmaakte besit, ons wat ‘n hoop geskenke van Hom ontvang het  waarmee ons satan en sy magte moet teenstaan en uiteindelik verslaan. Wat maak ons met al die Mag en Gesag wat aan ons gegee is?

            Gelowiges wat hier lees: Geseënd is julle in die naam van Jesus Christus! O ja, julle is beslis geseënd. Let op die volgende:

            Moenie bid vir seëninge nie, want God het “ons geseën het met alle geestelike seëninge in die Hemele in Christus,” Efes. 1:4 Ons triomf berus op ontvang en dankie sê deur middel van Lofprysinge... want ons is reeds geseën.

            Moenie God soebat om iets vir ons te gee of te doen nie, want “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?” Rom. 8:32. Ons triomf berus op Lofprysinge want Hy skenk ons alles genadiglik.

            Moenie bid vir dit wat tot die lewe en Godsaligheid lei nie, want “Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien (hoe?), deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het (hoekom?), sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. 2 Pet. 1:3-4.

            In hierdie drama van Geloof is daar twee betrokkenes: God, die Algoede Gewer en jy, die bloedgewaste ontvanger. God, die Algoede Gewer het reeds “alles aan ons geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien.” En weer berus ons triomf in Lofprysinge vir alles wat ons reeds as geskenk ontvang het.

            Moenie hoop en bid vir opbrengs en toename nie, want “Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.” Ps. 67:5-7. Nogmaals berus ons triomf op Lofprysinge en dan kom die opbrengs en die toename.

            Moenie bid en neul vir genesing nie en dalk daardeur voorgee dat daar iets skort in God se voorsiening vir ons genesing nie, want “Hy het self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.” 2 Pet. 2:24. Ons triomf berus weer op Lofprysinge want ons is reeds genees.

            Moenie die doping in die Heilige Gees benader asof dit iets is wat mens van God moet afsmeek nie, want “Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hand. 2:38. En weer, Lofprysinge is ons triomf vir die gawe van die Heilige Gees. Ontvang net die Heilige Gees in jou lewe soos wat jy die Wedergeboorte ontvang het.

            “Alles behoort aan ons.” 1 Kor. 3:21. Lofprysinge is ons triomf vir alles wat ons nodig het want alles behoort aan ons.

            Nou kan jy sien wat word bedoel met “kennis” en dat die Woord ‘n lamp is. Sonder kennis en sonder ‘n lamp ly mense ontsettend gebrek.

            Nou verstaan jy ook: “En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie. Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.” Jes. 5:12-13

            God bevestig dit aan Hosea: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.” Hos. 4:6

Mens moet jouself met Lofprysinge beklee. Dans sommer voor die HERE soos wat Dawid gedooen het.

            Let op watter mag en gesag God ons ook gegee het:

            “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Efes 6:12

            Dit beteken dat ons as Christene by totale oorlogvoering betrokke is teen verskeie onsigbare leërinstellings...  wesens sonder fisiese liggame. Hulle ontvang hul opdragte vanaf ‘n hoofkwartier wat in die ruimte gevestig is. Hulle doel is ‘n globale oorname. 

            Gebeure die afgelope jare en ‘n toename van belangstelling in die okkulte en die geestelike werkinge het Christene genoop om inligting en raad te kry oor geestelike oorlogvoering.

            Alhoewel die klem in die verlede op die bedrywighede van demone geval het, begin al hoe meer Christene besef dat demone nie die hoof kragte is wat ons bedreig nie.

            Omdat ons oorlogvoering op ‘n geestelike vlak afspeel, het God aan ons wapens voorsien om in hierdie besondere oorlog te kan optree.

            “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.” 2 Kor 10:3-5

            Hierdie wapens is dus nie fisies nie, maar geestelik, en “kragtig deur God om (satan se) vestings neer te werp” asook “om planne te verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.”

            Alhoewel dit die magtigste wapens is, sê die HERE in Sag. 4:6 “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.”

            Kyk weer: “Om elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God...” Dit kom vanaf die satan se geestelike koninkryk in die “lug”.

            Daar is net twee magte op die aarde aan die werk, die mag van God en die mag van die satan. Die twee staan lynreg teenoor mekaar. Satan wil God se koninkryk vernietig en ons is die soldate wat die mag het om die aanslag af te weer en die satan se werke te vernietig.

            Ons, die ware gelowiges, is die enigste mense op aarde wat die mag het om hierdie wapens op te neem en die sataniese koninkryk te vernietig.

            Die mees belangrikste aspek van hierdie oorlog egter, is om te onthou dat God deur Jesus Christus reeds die werke  van satan totaal vernietig het. Ons moet dus op ‘n vlak van oorwinning lewe.

            In Kol. 2:15 staan dat God die “vyandskap” van die satan “tot niet gemaak het” deur sy “vrede” wat hy tussen Christus en ons bewerk het sodat ons en Christus nou een is.

            Dit word herhaal in 1 Kor. 2:14 “Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.” ‘n Triomf is nie net die eintlike oorwinning wat behaal word nie, maar die feesvieringe van die oorwinning wat reeds behaal is.

            Net terloops: Ons weet dat die volk ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis, maar daardie kennis moet deur ons versprei word want 1 Kor. 2:14 sê God wil die reuk van Sy kennis deur ons versprei.

            Christus het die oorwinning oor satan namens ons behaal, maar Christus het die verantwoordelikheid aan ons opgedra om die oorwinning te bevestig en dit te administreer namens Hom. “Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” Luk 10:19. “Hy sal sy Engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.” Ps 91:11.

Dank die HERE elke oggend vir nog ‘n wonderlike belofte: “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe.” – Wekroep

Toe die loods skielik sterf...

‘n Gesin wat in pragtige harmonie saam met die HERE wandel, het in gebed ‘n vliegtuig veilig laat land nadat die loods aan ‘n hartaanval oorlede is.

            Die Tweemotorige King Air is besig om op te styg in Florida op ‘n drie-uur lange vlug na Louisiana. Dis ‘n huurvlug wat vir Doug Whyte (56) sy vrou en twee tienderjarige dogters na sy jonger broer se begrafnis moes neem. Hulle is op pad terug huis toe. 


            Aan boord is Doug en sy vrou en dogters en die loods met baie jare se ervaring, ‘n man wat selfs vegvliegtuie in Viënam gevlieg het. Doug  self het jare laas gevlieg. Sy vlieglisensie geld net vir ‘n klein Cessna.

            Omdat die King Air daardie dag nie ‘n mede-vlieënier had nie, kry Doug toestemming om voor langs die loods te sit want hy wou juis weer begin vlieg en wou ondervinding opdoen.

            Die instrumentepaneel van die King Air “lyk soos ‘n ruimtetuig sin in vergelyking met  die klein Cessna.” Doug verstaan daar niks van nie behalwe dat hy gou agterkom hoe die radioverbinding werk.

            Op ‘n hoogte van sewe duisend voet sterf die loods. Die vliegtuig is op auto-stuur en  klim voort die hoogtes is. Dis ‘n krisis, ‘n erge krisis.

            Nou peul die (geestelike) lewenslesse uit.

            Die vliegtuig verkeer in ‘n noodtoestand. Doug en sy vrou en hul dogters se lewens hang aan ‘n draadjie. Doug skuif agter die stuur in en baie kalm stuur hy ’n boodskap: “Hier is ‘n noodtoestand, die loods is bewusteloos. Ek het hulp hier bo nodig.”

            Grondbeheer kry die boodskap. Ook hulle is baie kalm.

            “Kan jy die vliegtuig beheer?”

“Die viegtuig is op auto-stuur en dit klim al na oor die 14 000vt. Ons moes op 10 000vt al horisontaal gevlieg het.”

Dit was belangrik om dadelik hierdie inligting deur te gee want Doug weet dat hulle kan nie bly styg nie, die enjins sal staak en dan val die King Air soos ‘n baksteen uit die lug.

Toe maak Doug bekend dat hy ‘n klein Cessna lisensie het, maar jare laas gevlieg het. Grondbeheer is in ‘n reuse gebou gesetel. Die hele gebou deur word per interkom gevra of daar iemand is wat ‘n King Air 200 kan vlieg.

‘n Jong meisie reageer, dinkende sy moet iewers heen vlieg. Sy het nog nooit ‘n passasier moes help om ‘n King Air op die grond te kry nie. Sy het geen keuse nie en word met Doug in verbinding gebring.

            Die meisie is die kalmte self. Sy vra vinnig ‘n paar vrae om die situasie te kan vasstel en ontleed. Geen waarskuwings nie, ook nie as dit en as dat nie, net positiewe riglyne en bemoediging.

            Dit was die sleutel tot ‘n uiteindelike suksesvolle landing: Geen vrees hoegenaamd nie, duidelike riglyne en bemoediging. Die vliegtuig moes deurentyd sy spoed behou om steeds betyds te kon land. In daardie stadium kon talle loodse in hul vliegtuie na die gesprek luister. Een het gereageer: “Hierdie man gaan dit nie maak nie.”

            Daarna is die kanaal geïsoleer en geen ander vliegtuigloods kon inluister nie. Doug het intussen gevra dat hulle vir hom die langste en wydste landingstrook gereed moes kry. Wat hy nie besef het nie was dat die landingstrook ook beskerm sou word deur talle brandweerwaens, verskeie  ambulanse, reddingsvoertuie en polisievoertuie.    

            Sowat 60km van die lughawe af, moet Doug oorskakel na ‘n ander frekwensie waar ‘n manspersoon hom moet inlei na die landing. Hy weet  nie hoe om dit te doen nie want voor hom is vier skerms nie net een soos in die Cessna nie. Weer bemoediging. En hy skakel dit oor.


 




 


Dis die derde persoon wat hom nou te hulp kom.  Weer sonder spanning, sonder vrees, duidelik riglyne en bemoediging.  Daar was strykdeur ook geen emosie betrokke nie en weer ‘n keer niemand wat ‘n King Air ken nie.

            As Doug in die passasierskant agter by sy vrou en kinders gaan sit het, sou hulle waarskynlik te laat besef het die loods is dood. Die HERE se voorsienigheid en Doug se gehoorsaamheid het beteken Doug kon onmiddellik oorneem.

            Hy het sy vrou na die stuurkajuit geroep om die liggam van die  loods daar weg te kry want dié het oor die kontroles gelê. Hy was in Doug se pad. Toe sy vrou nie die loods geroer kon kry nie het sy die veiligheidgordels so styf moontlik getrek sodat die loods penregop in sy stoel gesit het.

            Doug het toe gevra dat sy vrou en kinders agter in die vliegtuig moet gaan sit en bid dat die HERE hom sal help om veilig te land.

            Die volgende boodskap was dat die manne wat hom mos help, geen kennis van ‘n King Air had nie. Byna duisend km verder spoor hulle ‘n vriend op wat in sy kantoor sit en ‘n King Air soos die palm van sy hand ken. Hy gee die opdragte per selfoon aan die manne by die lughawe en hulle gee die opodragte weer deur aan Doug.

           Sien  daai stuurkajuit as jou binnekamer. Niemand weet jy is daar behalwe jyself en die Hemel nie. Jy verkeer daar in die Gees, sonder vrees, want die HERE het jou nie ‘n gees van vrees gegee nie. 2 Tim 1:7

Jy is kalm, jy het belangrike sake om net die HERE uit te praat. Moenie soos ‘n CD laat waai nie. Gee kans vir die HERE om met jou te kan praat. Wees vol hoop, rustig, kalm en bid wagtend. As Doug bly praat het, sou hy nooit al die antwoorde en opdragte gehoor het nie.

Let op, langs Doug sit die loods dood in sy stoel. Nie hy of grondbeheer het een keer oor die loods gepraat nie.  Dood was nou van geen belang nie. Net lewe was van belang. Doug het net reg aan die begin kortliks verduidelik hoekom hy die radio hanteer.

Dan is daar die doemprofeet: “Hy gaan dit nie maak nie.” Doug ignoreer die boodskap. Steur hom glad nie aan die man nie. En hoeveel keer leen ons nie ons ore uit aan oningeligtes nie? Vir die doemprofeet was dit ‘n uitgemaakte saak: Die King Air gaan val. Doemprofete is of ongelowiges of vleeslike Christene.

Doug het nie gehuil en gesmeek, om hulp nie, geen trane of emosie nie, net genoem dat hy hulp benodig om die vliegtuig op die grond te kry. So kan  ons ook leiding van die HEE kry, maar dan moet ons luister. Ons moet ook die handboek, die Bybel, ken. Ons moet gehoorsam wees.

Soos wat Doug sy vrou en kinders gevra  het om vir hom te bid, mag ons ook ander vra om vir ons te bid.

Ons loods het ook gesterf, maar Hy het opgestaan. Lugpersoneel op lughawens is nie vliegtuigloodse nie. Hulle beheer bloot lugverkeer. Daar moes  vir King Air loodse gesoek word om Doug te kon help. Ons het die Heilige Gees en die Heilige Engele altyd byderhand.

Tien mense het almal ‘n rol gespeel in Doug  se veilige landing. Al 10 is vereer vir hulle kordaatstuk. Sien die 10 as Engele. God het die hoogste eer ontvang. Doug het spesiale eer ontvang. Hy het voortgegaan met gevorderde opleiding en vlieg steeds op veral kommersiële  roetes.

Doug was in beheer van die King Air danksy die hulp van 10 ander mense. Moet nooit huiwer om die hulp van ander Gelowiges in te roep nie. Ons is soos een familie wat mekaar in en deur liefde en groot omgee dra. 

As dit oor siekte, jou probleemkind, jou huwelik, of oor wat ook al gaan...“Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.” “Bid vir mekaar.” Jak 5:16 Die oplossing van jou probleem, is presies dieselfde as om veilig te kan land.

Almal wat by die King Air betrokke was, was eendragtig. Een-dragtig, beteken al 10 was swanger (dragtig) met die situasie. Hulle het saam ‘n veilige landing gebaar. Kry vir jou  Gelowiges wat eendragtig met jou die geestelike pad sal stap.

Doemprofete en twyfelaars kan “niks” van die HERE ontvang nie. Jak 1:6-7. – Wekroep         

Help – ek soek liefde!

 

Beeld het berig: ‘Bybel is mees gesoekte boek op web’, dat die woord LIEFDE en JESUS van die gewildste ‘soekwoorde’ is, skryf Trienie Mahné van Woord in Aksie.

            Terwyl daar skrywers en kommentators is wat debatteer oor die Bybel se geloofwaardigheid en mekaar in die hare vlieg, is daar mense wat in die harde werklikheid buite, stukkend en koud rondlê... opsoek na ware opregte liefde.

Waarom sal hierdie mense so desperaat in hul wanhoop na ’n soekenjin gaan, hopende dat die woorde:  “Jesus” en “Liefde” dalk kan help? ’n Bybelvers op ’n koue komper kan mos nie warm liefde gee en my lewe verander nie. Of kan dit?

            Prof Jorrie Jordaan van die Dept Teologie aan die Universiteit van Noordwes het gesê dit dui op die krag en waarheid van die Bybel. ‘Ongeag tegnologiese vooruitgang word die Bybel steeds erken.’

Ek glo saam met  Du Rand dat die Internet handig te pas kom om die kennis wat nodig is vir ’n dieper geloof, te bekom. Ware gelowiges moet net seker maak van hul eie geloofsraamwerk as maatstaf, en nie deur enige wind of siening omgewaai word nie.

            Die opregte ware gelowige het egter ’n verpligting: Saai van liefde. Hulle verkondig nie ’n evangelie van hel en oordeel nie, want dit ontlont net ’n ander hel. Hul Evangelie is een van liefde. Want God is liefde.

Dit laat my terugdink... Blondie (nie regte naam) het in die sirkel reg oorkant my gesit. Tenger fyn vroutjie met prag-styl blonde hare. Eers later deur die naweek het ek ontdek dat haar oë ’n aantreklike hemelblou is!

Vrydagaand kon sy nie praat nie, trane te voorop, kon my ook nie in die oë kyk. Sy het ook nie geweet waar is die Ou testament of die Nuwe. Haar Bybel, nog ’n maagd. Dis nou as dit haar eie Bybel was. Haar oudste seun as baba aan haar eie ma tydelik gegee om groot te maak, want syself was nog te jonk. Vandag weier ma om haar kind terug te gee en smag sy na hierdie kind se liefde. Nou is die hele familie verwyderd van mekaar.

Toe kom die tweede kind (ook buite die huwelik) en toe loop dinge eers verkeerd, want sy was opsoek na ware liefde! Nou kan sy haarself nie vergewe vir al haar foute. Maar sy is hier, om reg te stel. Oor te begin.

            Die liedjieskrywer dig ’n koortjie: “Liefde red my, toe alles verlore was, red liefde my ...”  Blondie was verbaas toe ek haar in my arms toevou en my hart teen haar hart vasdruk. Styf, baie styf. Lank. Tot haar skrik daaroor bedaar. Iets wat sy nie ken nie.

Ek hou haar vas soos haar aardse moeder moes, maar as kind haar eerder verwerp het. Dan sal ek vra: “Kan jy voel hoe Jesusliefde uit my hart vloei tot binne in joune?”  Gewoonlik is ek verbaas as hul terugantwoord:  “Ja, ja – ek kan dit voel!” Net om jou éérs daarna vas te gryp. Dan snak ek na asem en huil en lag saam met hulle. Om te dink so ’n klein bietjie Jesusliefde kan so ’n groot verskil maak. Dit is in staat om ’n nuwe jubeljaar waarin alles weer herstel, aan te kondig.Levit 25:12 Vernaam wanneer hulle besef dat hulle spesiaal aan Hom behoort. Joh 17:17

            Nie een van ons is goed nie. Het niks om ander te bied. Maar wanneer goddelike genade en liefde vloei vanuit Sy troonsale tot binne in stukkende harte, dan moet ek en jy erken: God is goed!

            Geniet opregte, ware en rein liefde hier op aarde. Dis verniet en gee jou lewe kleur. (Jy gaan dit beslis nie in die biegkolom vind nie.)


Christine sterf in hul duisende

 Militante Islam in oorlog teen Nigerië –

Nigerië word ernstig bedreig deur militante Islamitiese terreurgroepe. Militante Islam voer 'n opstand om die Nigeriese regering omver te werp en Christene uit die land te verdryf. Alles gebeur te midde van ‘n groeiende geestelike Herlewing in die land.

            Dieselfde is in ons buurland Mosambiek aan die gang. ISIS is ook in Suid-Afrika opgemerk met ons veiligheidsdienste op hulle spoor.


           Nadat ISIS die oorlog in Sirië en Irak verloor het, waarsku die top-generaal van die Amerikaanse spesiale operasiebevel in Afrika dat Al Kaïda, ISIS en ander Islamitiese terreurgroepe nou probeer om dele van die Afrika vasteland in te neem.

Genl Dagvin Anderson sê Islamietiese terroriste het hul visier op die suidelike en noordwestelike streke van Nigerië gerig en die VSA deel nou spesifieke intelligensie met die land.

            Duisende Christene is deur Islamitiese Jihadiste in drie Afrikalande, Nigerië, Kameroen en Suid Soedan, vermoor. "Dit is dus uiters noodsaaklik om hierdie inligting te deel en ons bly ten volle betrokke by die regering van Nigerië om hulle ingelig te hou wat hierdie terroriste doen," het Anderson tydens 'n onlangse perskonferensie aan verslaggewers gesê.

CBN hou op sy beurt Christene wêreldwyd op hoogte sodat hulle  vir die Christene in genoemde drie  state kan bid. ISIS se doel is om uiteindelik Nigerië in 'n Islam-land te verander en Christene, wat die helfte van die land se bevolking uitmaak, te dwing om óf te vlug óf hulle tot Islam te bekeer.

"Christene is in die oog van die teiken," het Dede Laugesen van Save the Persecuted Christians gewaarsku. En die getalle is verbysterend.

Op 7 Augustus 2020 - Islam het op vyf afgeleë Christelike dorpies in die staat Kaduna toegeslaan en 33 dorpenaars doodgemaak.

Op 24 Augustus is 21 mense dood, talle beseer en verskeie Christenhuise word deur militante vernietig.

Op 10 Julie sterf  27 toe aanvallers gewapen met gewere en kapmesse 'n  bruilof aangeval het. En die lys gaan voort. Toonaangewende menseregtegroepe sê wat in Nigerië aangaan, is volksmoord.

“As mens kyk na wat die afgelope 20 jaar daar gebeur, is dit net massiewe aanvalle op Christene,” het Jeff King, president van International Christian Concern, aan CBN News gesê.

“Kyk, daar is 50 tot 70 duisend Christene vermoor.” Jare lank was Boko Haram, die grootste terreurgroep, wat die regering hier wou omverwerp en 'n Islamitiese staat wou skep.

“Hulle agtervolg Christene en gematigde Moslems, en dwing hulle in 'n harde Islamietiese agenda in. Hulle plan is die vestiging van 'n kalifaat en die afsny vsan Nigerië en Wes-Afrika van enige Westerse invloed,” het Laugesen aan CBN News gesê.

Nou is daar 'n nuwe akteur op die toneel. In Nigerië se sogenaamde 'Midde-gordel'-streek, waar die Islamitiese Noord die Christelike Suide ontmoet, vermoor 'n terreurgroep wat bestaan ​​uit Islam-Fulani-veewagters, duisende Christene. Meer as 1 400 Christene is in die eerste sewe maande van 2020 deur Fulani-veewagters doodgekap.

"Ongelukkig swyg die sekulêre media en maak alles af as stamkonflik eerder as godsdienstige oorlog," het Petr Jasek, wat die skrywer van die boek, Imprisoned With ISIS: Faith in the Face of Evil, geskryf het.

Die president van Nigerië, 'n Moslem, het tot dusver baie min gedoen om die bloedvergieting te stop. Sy polisie en weermag bestaan ​​ook meestal uit Moslems.

"Die aanvallers word nooit gevang nie, hulle word nie vervolg nie, die veiligheidsdienste reageer baie stadig, 'n volle dag kan voortgaan met aanvalle en daar kom geen sekuriteit op nie en die regeringslui sal gereeld dekking bied," het Laugesen verduidelik.

Hulpeloos en kwesbaar vir byna daaglikse aanvalle, lei Katolieke biskoppe die Nigeriese Christene om hulself te verdedig. Menseregtegroepe vra die Withuis om 'n spesiale gesant aan te stel om die vervolging van Christene in Nigerië te beëindig.

"Tensy die wêreld kennis neem en druk, ekonomiese druk, sanksies, visumverbod op hierdie amptenary plaas wat verantwoordelik is vir hierdie travestie nie, sal Nigerië steeds 'n bloedbad wees," het Laugesen gewaarsku.

Intussen help King se groep meer as drie duisend Christene wat hul ondernemings, huise, plase of grond verloor het aan militêre aanvalle van Boko Haram en Fulani.

International Christian Concern het gemeenskaplike plase geskep om slagoffers die geleentheid te gee om hul lewens te herbou. “As hulle weer aan die werk kom, word die gesin gevoed, hulle het 'n toekoms, die kinders kan teruggaan skool toe," het King aan CBN News gesê. "Dit is 'n herstel van hoop, dit is regtig en dit is veel meer as net ekonomies, dit is die hele gemeenskap, dit is al die dele van die lewe: die emosionele, die fisieke, die geestelike, dit beteken vir hulle baie."

In Mosambiek is presies dieselfde aan die gang en met dieselfde oogmerke. Lande wat sterk belange in Mosambiek se olie het, is op pad om die oliebronne te beskerm en mens vermoed hulle sal ook Mosambiek beskerm.

Presies wat in SA aan die gang is, is nie bekend nie. Feit is, alle Gelowiges in SA sal met ‘n tsoenami van gebed, Isis die stryd moet aansê, in SA en in die res van Afrika. – Wekroep  

Petisie aan Pres Trump om in te gryp:

https://www.cbnfaithinaction.com/petitions/stand-with-persecuted-nigerian-christians/


Die Vredesverdrag sonder Vrede

Die Midde-Oosterse Vredesverdrag tussen Israel en die Saoediese Emiritate is ‘n klug. Pres Trump kry die eer dat hy dit beding het. Vir hom wat verkiesing veg is dit belangrik. Dit is ook belangrik vir die Israelse Premier Netanyahu wat on politieke oorlewing veg.

Die Islamitiese state kan nie oor vrede gesels nie want hulle het self nie vrede nie. “En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! – terwyl daar geen vrede is nie.” Jer 6:14

Die Jood en die Arabier is halfbroers, weens Abraham se ingang by die slavin destyds. Die Arabier is egter Islam terwyl die Jood  Die Almagtige God Jahweh aanbid. Nog altyd het Skrifstudente gewonder hoe die antichris die antagonisme tussen Israel en sy Moslem-bure sou kon beëindig. Die haat teen die Jode was te verskans. Maar Anwar Sadat en later koning Hussein van Jordanië het albei verdrae met Israel onderteken. In die laaste paar jaar het die toenemende kernambisies van Iran se Sjiïtiese Moslemleiers Israel en die res van sy Soennitiese Moslem-buurmense tot groter samewerking gedryf.

Teen alle waarskynlikheid het Israel beduidende bande met Saoedi-Arabië en die ander ontwikkel, insluitend Katar. Maar die samewerking van vandag tussen Israel en sy Arabiese bure toon dieselfde swakheid wat die verdrag van die Antichris sal beëindig.

In sy geloofsoortuigings bevat Islam 'n diep haat en diepe minagting van alle Joodse aangeleenthede. Verlede maand het Katar die wêreld 'n voorskou gegee.


Jare lank is dit in intelligensie kringe alombekend dat Katar 'n belangrike finansieerder van terroriste-operasies was. In 2017 het Saoedi-Arabië, Bahrein, Egipte en die Verenigde Arabiese Emirate diplomatieke bande met Katar verbreek. Hulle het gesê dat hulle dit doen as gevolg van Katar se steun aan terrorisme.

Op 19 Julie vanjaar berig Egypt Today en ander bronne: ''n Duitse kontrakteur vir privaat veiligheid, wat vir die intelligensiedienste en veiligheidsdienste van die federale republiek gewerk het, het beskuldigings teen Katar se bewind uitgespreek en gesê dat Doha Hizbollah se aksies teen die VSA en EU finansier. Hizbollah het Jode tot vyande van die klein Golfstaat verklaar.”

Hierdie verhaal het opskrifte regoor die wêreld gekry, maar dit moes nie 'n verrassing wees nie. Ons weet al lank dat Katar nie net Hizbollah ondersteun nie, maar ook al Qaida, al-Nusra, ISIS, die Moslem-broederskap en Hamas ondersteun.

Trouens, byna al die steun van Hamas kom uit Katar. Hamas kon nie eers bestaan ​​as dit nie vir Katar was nie. In 'n hoofartikel van Jerusalem Post skryf Herb Keinon dat die onlangse Hamas-vuurpylaanvalle op Israel 'n teken aan Katar is om meer geld te stuur.

Katari’s het beweer dat hulle slegs 'n demokrasie in die Midde-Ooste probeer versprei. Tog is Katar se eie regering alles behalwe demokraties. Dit is 'n monargie wat deur een gesin besit en bestuur word.

Hulle verteenwoordig een van die mins demokratiese nasies ter wêreld. Tog sê hulle dat hulle besluit het om 'demokrasie na die wêreld te versprei'. Gedurende die sewe jaar (wat sommige die verdrukking noem), sal verskeie Soennitiese Moslem-nasies, waaronder Saoedi-Arabië, met die Antichris se vredesplan oortree en teen Israel optree.

Dit is nie die noordelike koalisie onder leiding van Rusland en Iran nie, maar 'n groep suidelike lande. Hulle sal gelei word deur iemand wat Daniël 11 beskryf as die 'koning van die Suide'. Sy opmars oor Jerusalem is 'n vroeë stadium in die oorlog van Armageddon. Daniël 11: 5 sê: “Die koning van die Suide sal sterk word.” V 25 sê: 'Die koning van die Suide sal 'n uiters groot en magtige leër mobiliseer.'

Daardie 'groot en magtige leër' word tans gebou. Saoedi-Arabië gebruik sy enorme olie-rykdom om hom tot die tande te bewapen. Dit het nou die vyfde grootste verdedigingsbegroting ter wêreld. Sommige intelligensie-agentskappe rangskik dit nog hoër en sê dat net die Verenigde State en Sjina ‘n groter militêre begroting het. Tog het Saoedi-Arabië slegs 32 miljoen inwoners.

Weereens blyk die Bybel waar te wees. Duisende jare gelede het Hebreeuse profete die 21e-eeuse geopolitiek met vreemde akkuraatheid beskryf. Dit moet ons vertroue gee dat ons die Bybel ook in al hierdie dinge  kan vertrou. Dit bevat die woorde van God tot mense.

Wat 'n voorreg om die Woord in ons telefone te dra, sowel as om dit op ons boekrakke te hê. Maar moenie die Bybel net ronddra of laat staan ​​om stof in te samel nie. Bestudeer dit. Kry krag en begrip daaruit. Moenie dit afskeep nie - veral nie nou nie. Ons is baie naby aan Eseg 38 en 39.

Hierdie Vredesverdrag sal van korte duur wees en dan kan Eseg 38 en 39 volg. Hoe dit alles ok al sy, is jy gereed? – Wekroep


  

Die naakte waarheid oor ons arme, arme Suid-Afrika

 

Soos ‘n weggooikind versmoor jy in jou eie bloed. Die eens florerende land is bankrot. Tussen 55 en 60 van jou inwoners word daagliks vermoor. Aborsies, die wrede moord op onskuldige babas, gaan onverpoosd voort. Korrupsie en misdaad vreet jou siel flenters. Jy is in  ‘n dal van doodskaduwee vasgevang in jou eie Sodom en Gomorra. Vroue en kinders word onteer. Vroue en kinders word ontvoer en aan internasionale seks sindikate verkoop. Hulle is deel van 29 miljoen vroue en kinders wêreldwyd, aldus die VN. Em kyk hoe word jou boere en plaswerkers vermoor. Oral is vermorste bloed.

            “En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!” Eseg 16:6

            In 1994 was jy basies ‘n pasgebore baba, dog, ’n weggooikind.  Jy is soos ’n meisietjie wat – pas gebore – weggegooi is om dood te bloei. Die Almagtige God Jahweh kyk met deernis na jou. Hy het ‘n wonderlike plan met jou.

In die tyd van verskiet was dit as ’n ramp beskou as daar ’n meisietjie gebore word. So erg dat sy nie eers as ’n kind gereken was nie. So ’n meisietjie word as voorbeeld gebruik in hierdie profesie. Haar ouers wil haar die lewe ontneem – doodmaak.

Sy was nie eers gewas na haar geboorte met skoon water nie, want water is vir hulle waarskynlik kosbaarder as sy en haar lewe. Sy word ook nie met sout ingevryf soos wat die gebruik in daardie dae was nie.

Haar naelstring word ook nie eers afgebind en versorg nie. Hierdie babatjie word sommer in die veld weggegooi. Dar lê sy hulpeloos en doodbloei. Sy is vuil. Sy is besig om te sterf in haar verlate en onversorgde toestand. Dink net aan die angs wat daardie babatjie deurmaak in sulke oomblikke.

·        Dan kom daar Iemand aan wat heeltemal anders oor hierdie hopelose bondeltjie  voel. Hy sê vir haar: ... toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!

Vandag sê Hy in sy wonderlike liefde en genade aan Suid-Afrika: “LEEF.”

Wonderlike woorde: LEEF! Jy wat so vuil hier in jou bloed lê: LEEF!

Dit beteken Hy neem hierdie meisietjie wettig aan as syne. Hy word nou die Vader wat haar in sy arms laat lê. Daarom sê Hy twee maal vir haar: LEEF!

            Daarmee wil Hy die verskil tussen haar ouers en Homself uitbeeld. Maar Hy wil ook daarmee die sekerheid beklemtoon dat sy nou beslis sal lewe.

In die eerste plek praat die HERE hier met Israel.

            Hulle moet onthou dat hulle uit die Amoriete en Hetiete stam. Maar omdat hulle die afgode nie gedien het nie, maar die HERE gedien het, het die heidene hulle weggegooi. Maar die volk het ook teen God gesondig. Menslik is hulle swak, want sonder God kan niemand leef nie.

            Het jy gehoor SA? Sonder God kan niemand leef nie!

            Hulle is soos ’n baba wie se naelstring nie afgebind is nie. Hulle bloei hulleself dood, want hulle besit geen krag hoegenaamd nie. Hulle sondes besmeer hulle soos wat hierdie weggooibaba met bloed en grond en gras besmeer is – amper te vuil om na te kyk en aan te vat. Dis hoe SA, wat uit vele volke stam, voor God lyk.

            Met hierdie gedeelte praat die HERE nie net met die Israeliete nie – Hy praat ook met SA.

            Ons sal op die oordeelsdag so voor Hom wees... Vuil. Swak. Byna klaar dood in die vuil en die sonde.

            Maar dan gee God die bevel twee maal: LEEF! Leef julle wat só lyk in julle misdade! En dan wonder ons in ons sterwensoomblik: Hoe, HERE?

Dan antwoord God ons: deur die HERE Jesus Christus.

            Hierdie bloed en sondes en geboortesmet wat aan ons vaskleef en droog word, en wat by ons naelstring uitvloei, dit het Jesus Christus van ons afgewas.

            Dis asof die HERE sê: By jou is dit deel van jou lewe om vuil te wees, want jy weet nie van beter nie. Jy kan ook nie beter nie, want jy is ’n weggooikind.

            As ons in ons geloofslewe besinning doen, moet ons herdenk hoe Jesus se liggaam gebloei het toe Hy moes sterf vir ons. Hy wat heeltemal Goddelik rein was en is, moes sy lewe aflê vir ons wat besig is om te sterf in ons eie goddeloosheid.

            Maar ons moet nie daaroor moedeloos wees nie. Ons moet hoor hoe God vir ons sê: Ek het vir jou gesê in jou bloed: LEEF!

            Hierdie woord LEEF het ’n baie groot en wye betekenis: Dis ’n bevel wat uit God se Ewige Raadsbesluit kom.

            Hierdie bevel om te leef is inderdaad in ’n sekere sin ’n bevestiging van die belofte wat die HERE met Eva gemaak het.

Net na die sondeval het die HERE die doodstraf oor ons uitgespreek – die sondeval se gevolge word in hierdie weggooibabatjie uitgebeeld.

Maar as deel van daardie gesprek het die HERE vir Eva die belofte gegee dat ’n gedeelte van die mensdom deur Hom gered sal word.

Hy sal twee dinge doen – het die HERE beloof: Die een ding was dat die HERE gesê het dat Hy skeiding gaan maak tussen die vrou se saad en die slang se saad.

Daarmee het die HERE bedoel dat ’n deel van die mensdom die duiwel sou volg.

Die HERE sou daardie deel van die mensdom wegskei van die ander deel van die mensdom – dié wat die HERE aanhang.

Die tweede ding wat die HERE gesê het, was dat Hy iemand uit die vrou se nasate gebore sou laat word wat die slang se kop sou vermorsel – dus die dood sou oorwin en versoening doen.

Hierdie bevel om te leef word nou aan daardie deel van die mensdom gerig!

            Natuurlik kan ons nie self die lewe gryp en uit die dood lewend word nie! Die HERE bedien ons uit genade daarmee deur die HERE Jesus Christus!

            Leef dan nie net vir die nou nie! Leef tot in Ewigheid, want God het hierdie dogtertjie grootgemaak en toe sy in die tyd van geestelike liefde gekom het, het Hy met haar getrou. Hy het haar met olie gesalf en die pragtigste klere vir haar aangetrek.

            Hy het ’n verbond met haar gesluit en sy het God s’n geword.

Dan gaan ons gedagtes dadelik na wat die apostel Johannes in Openbaring skryf: Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

            Toe sê hy vir my: Skryf, salig is die wat genooi is na die Bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. Openb 19:7-9


            Ons as Gelowiges die Bruid, ons is die kerk. As God dan in ons bloed vir ons sê: Leef! dan bedoel Hy Lewe tot in Ewigheid in sy Koninkryk waar Hy alles is in almal.


            Gebedsgroepe in Suid-Afrika moet hierdie Dekreet oor die land spreek: “Suid-Afrika, LEEF! LEEF!” – Wekroep


 

Ons wil graag help!

As Paulus vandag in Suid-Afrika sou sê: “Suid-Afrikaners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is... maar”

           Kerkgeboue, kerksale, pastorië in SA beloop etlike miljarde rand. Baie jare gelede het ware gelowiges in huise, motorhuise, opslaangeboutjies, waenhuise, tente en gehuurde persele byeen gekom. Op ‘n dag het die gemeente besluit om ‘n boufonds te begin sodat hulle ‘n kerkgebou, ‘n kerksaal, ‘n pastorie, ens kan bou.

            Die geheim is in die “besluit” opgesluit. ‘n besluit baar. Toe die besluit genem is, het die gebed rigting gekry, het die kerrie en rys aande, die basaars, pannekoekaande, ens momentum gekry. Almal het in liefde saamgewerk en kort voor lank is ‘n predikant beroep. Dit was alles mooi en goed.

            Die jare het aangeloop, die gemeentes het verwêrelds. Tweespalt het ontstaan en by gebrek aan kennis is daar niks aangedoen nie. Wat verkeerd was het vererger.

            Basaars vind steeds plaas, maar met drank bottels onder die tafels, veral by die manne wat so graag die braaiwerk wil doen. By begrafnisse is daar meer belang by die kriekettelling as die begrafnis en ry die drank saam om die vrese van die dood aan te spreek.

Predikers is van elders ingeroep om te kom help. Vurige boodskappe is gelewer. Sommige lidmate probeer weens die predikant regop kom, maar dis net tydelik.

Die rede: Die lidmate is bekeerlinge, hulle is nie dissipels nie!

“Gaan dan heen, maak (let op) dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Matt 28:19

En ons beweeg nader aan Jesus se voorspelling: “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

“En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

“Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.” Matt 7:22-24

            “Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis.

“Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en (let op) hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.” Rom 10: 2-3

            Jakobus sê: “As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.” Jak 1:26

            En so sien ons die vyf dwase maagde. Daar is vandag 7.8 biljoen mense op die aarde. Net 2.2 biljoen van hulle steek hulle hand op dat hulle Christene is. As net 50% dus 1.1 biljoen wyse maagde is, dan is daar oneindig baie werk op te doen.

            Altesame 32miljoen Suid-Afrikaners het op hul sensusvorms aangedui dat hulle Christene is. As dit waar is, hoekom is die land in so ‘n toestand?

            Let oop op: As jy met jou mond bely EN met jou hart glo sal jy gered word. Duisende bely in massa dienste dat hulle gered is, maar min van hulle glo uiteindelik met die hart.

            “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” Rom 10:9-10

            Die teenpool van dit alles, lees so: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” Joh 7:38

            As jy verlang dat Lewende Waters ook so vryelik uit jou binneste moet vloei om sodoende ander met die Lewende Woord te bereik, is ons as ‘n span, met onder meer ons Elohim Gebedsgroep, hier om jou te help. Skryf aan Belindapaar@gmail.com - Wekroep

Ek het die Messias in ‘n Deli gevind

 

Ek, Barri  Cae Seif,  (inlas foto)  het grootgeword in 'n tradisionele Joodse huis. My vader is Ortodoks grootgemaak, my moeder was ‘n Hervormer, so het hulle ons kinders vir die eerste twaalf jaar van my lewe hervorm, en toe het ons by 'n Ortodokse sinagoge aangesluit.

Ek het nie die verskillende tradisies verstaan ​​nie en my vervreemd gevoel van God.

            Ek het grootgeword met morele waardes en die belangrikheid van ons Joodse tradisies, maar daar was geen klem op gebed tot God nie. Ek het net twee keer in my lewe gebid, een keer toe ek in 'n storm in 'n enkelmotorige vliegtuig was. God het ons op die grond gebring, maar ek het nooit dankie gesê nie.

Ek is geleer dat Yeshua nie die Messias was nie, dat Hy nie uit 'n maagd gebore is nie en dat Hy nie opgewek is nie. Alhoewel ek dit geleer het, het ek steeds 'n fassinasie met Jesus gehad.

Ek was versot daaroor om Bybelfilms soos Simson en Delilah, Jesus Christ Superstar en Jesus van Nasaret te kyk. Op universiteit neem ek 'n les oor Sokrates en Jesus. Ons handboek was die Good News For Modern Man weergawe van die Bybel. Ek kan onthou dat ek dit Saterdagmiddae in ons slaapsaal op die bed gelees het, en gewens het dat ek Openbaring kon verstaan. Na my studies het die Bybel op die rak gegaan om eers jare later gebruik te word.

In Januarie 1980, tydens die middagete met twee sakevennote in my niggie se deli in Dallas, Texas, het die president van die firma my vertel dat hy 'n Messiaanse Jood was. Ek het gesê: 'Wat?' Ek nog nooit die term gehoor nie. Hy het homself 'n Wedergebore Jood genoem. Ek het gevra of dit ooreenstem met die plek met 'n kruis, 'n ster van Dawid en 'n vis-ding aan die voorkant (ek het later uitgevind dat dit Zola Levitt se kantoor was).

Hulle het ja gesê en ek het gevra dat hulle my daarvan moet vertel. Larry, die besigheidseienaar, het tydens die middagete sy getuienis gedeel en Jesaja 53: 6 aangehaal: “Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.”

            Ek het onmiddellik in my gees geweet dat Larry na Yeshua verwys. Hy het ook sommige van Psalm 22 aangehaal: “'My God, my God, waarom het U My verlaat? Ek kan al my bene tel; my tong kleef vas aan die dak van my mond… honde omring my… hulle het my hande en my voete deurboor ... hulle dobbel vir my klere. ”

            Dit gaan oor die kruisiging! God het my lewe verander. Al wat ek jou kan vertel, is dat ek op daardie oomblik Wedergebore is en my gees van bo gebore is. Die Heilige Gees het my in staat gestel om te weet dat die mans my die waarheid vertel. Die Heilige Gees het my in staat gestel om te weet dat hulle die Skrif uit my Bybel, die Heilige Skrif, noem soos die Joodse volk dit noem.

Ek het hom gevra: 'Wat doen ek met my gesin?' Hy antwoord: 'Yeshua het gesê: ” Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die Koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die Ewige Lewe in die eeu wat kom.” Lukas 18: 29-30

My lewe het vir altyd verander in die deli. Ek het in daardie deli op pad hel toe gestap en uit die deli op pad Hemel toe gestap. Yeshua het my waarlik “kosher” gemaak.

Ons is terug kantoor toe; hulle het my 'n Bybel geleen en vir my gebid. Ek klim in my motor en sê vir God: 'God, ek glo dit, maar ek is van Missouri, wys my dit is waar oor Yeshua.”

God het vir my begin doen wat ek nooit vir myself kon doen nie. God het mense so in my lewe gebring dat Hy my gewys het dat Hy my liefgehad het. Sommige hiervan was genees van seer wat net God kon geweet het wat ek gehad het. God het my gehelp om die skuldgevoel (twee keer) van die slagoffer van seksuele aanranding op te los. Niemand het geweet dat die versteekte seer nie. God het my gehelp om diegene wat ek seergemaak het, mee reg te maak. Dit was God wat dit gedoen het en nie ek nie. God het my sy wil vir my lewe gewys. Hy tel my op en draai my om; Hy trek my uit die vuilheid van my eie blindheid na my foute.

Toe ek my ma van my geloof vertel, het sy my gesmeek om nie my pa te vertel nie, wat ek jare lank nie gedoen het nie. Ek het nie naby hulle gewoon nie en ek het nooit die regte tyd waargeneem nie, maar ek het eendag die telefoon gaan haal en vir hom gesê. Aanvanklik was hy geïntriseerd, maar het my geloof later gehaat.

Hy het my gestuur na sy konserwatiewe  ortodokse rabbi in Kansas City, die Rabbi, en ek het ingestem om nie saam te stem nie.

'n Jaar na my redding het my oudste broer Scott 'n paar moeilike tye beleef. Hy is afbetaal hom in Iowa bevind sonder motor, sonder huis. Ek het hom gevra of daar 'n Bybel in die hotel is, hy het my gevra: 'Oud of nuut?' en ek antwoord: "Albei."

Ek het hom gevra of hy 'n gelowige is, en hy het geantwoord: 'Ek het Yeshua sewe jaar gelede aangeneem op 'n geselligheid by die Fellowship of Christian Athletes!'

Ons het albei gehuil en was verheug. My broer Scott as gelowige was een van die grootste geskenke wat God my nog gegee het.

My tweede broer, Mickey, het pas in 2004 Jesus aangeneem, 'n ander wonderlike geskenk! Dit tel vir ewig. Al wat vir my belangrik is, is die ewigheid. Aangesien die dood die grootste vyand van die mens is, gee dit groot vrede om te weet dat God ons verseker van die Ewige Lewe.

Ek het eers op 62-jarige ouderdom getrou. My grootste gebedsversoek is dat my familie almal by die Fees van die Lam sal, aansit. 

Dit is ‘n grootse seën om dag vit dag saam met Jesus te kan wandel. – Wekroep


Ons is by ‘n geeste oorlog betrokke

Daar staan dit: “Ons is saam met Yeshua opgewek en saam laat sit in die Hemele in Christus Jesus (hoekom?) sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van Sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.” Efes 2:6-7

            En weer: “As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

            En nes mens wonder of jy reg gelees het: “Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie (hoekom?).

Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” Kol 2:1-3

            Ons weet ons as Gelowiges is tydelik op aarde want ons burgerskap is in die Hemel. Fil 3:20. Boonop is ons as Pelgrims op reis na die Nuwe Jerusalem.

            Ons bid ook: “Soos in die Hemel, so ook op die aarde.”  Wat beteken dit alles?

            Ons is siel, gees en liggaam. As ons liggaam op aarde is, waar sou ons siel dan wees... in die geesteswêteld? Waar? In die Hemel? Al hoe meer Gelowiges getuig oor hul besoeke an die Hemel. Hulle bid vanuit die Hemelse plekke na die aarde, getuig hulle.

            Let op, as enigiemand wat baie jare gelede  Hemel toe is, skielik aarde toe sou kom, dan sal dit vir so iemand voel asof hy gistermiddag hier weg is. Tyd bestaan nie in die Ewigheid nie. Gelowiges het die Ewige Lewe bekom toe hulle Wedergebore is. Ons het dus die tydelike en die Ewige Lewe. Ons stap een of ander tyd net oor van die een na die ander.

Wanneer ons bid, dan is dit ‘n geestelike aksie en dis veel dieper geestelik wanneer mens in ‘n Hemelse taal bid. Afgesonder biddende in hul Hemelse tale, is ontelbare Gelowiges al weggeruk na die Hemel of het hulle Godelike gesigte en profesie ervaar. Dan beleef mens Geloof is ‘n werklikheid van die dinge wat ons voor hoop, ‘n Godelike getuienis van die dinge wat ons nie sien nie.

            Jesus sê: “Daar kom ‘n tyd, en dit is nou, dat die ware aanbidders die Vader in Gees en waarheid sal aanbid”, Joh 4:23. Daar is nie meer tyd vir draaie gooi nie.  En as jy nog nie in die Gees gebid het nie, kyk uit daarvoor.

Die fokus val op Gees: “Nie deur krag of geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare in Sag. 4:6. En: “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:24

Reg oor SA skakel Christene by gebedsgroepe in.  Ons glo daar is ‘n Goddelike ingryping in wording, ‘n kragtige geestelike herlewing is aan die kom, nie net in SA nie, maar reg oor die wêreld.

            Ons beweeg in ‘n erg gebroke wêreld. Ons is nie hier vir wat nou aangaan nie en nog minder is ons hier vir wat kom. Ons is egter hier omdat Jesus gebroke harte heel en dis ons taak om die siele in te  bring.

            Ons gees moet in beheer wees van ons lewens. Ons probleem is dat ons gedagtes ons grootste vyand is en ons gedagtes beheer ons lewens. Paulus sê: “Word verander in julle gemoed.

            En daarby die opdrag:  Word VERNUWE in julle GEMOED (DENKE)! Rom. 12:2. Hierdie vernuwing is dringend noodsaaklik en is ons sleutel tot ‘n oorvloedige geseënde toekoms.

            As jy vernuwe is in jou denke sal jou gees jou lei en nie jou liggaam, jou denke, nie. Dan soek jy die dinge wat daarbo is waar Christus is. Dan bedink jy die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. So reinig en salf jy ook jou siel... en groei jy geestelik.

            Ons is Wedergebore. Ons is nuut geskep. Belangrikste is dat ons gees is. In ons gees kan ons beweeg waar nodig. Covid19 het ons almal getoets. Baie was oorkom deur vrees. Dit was onnodig want ons het geen gees van vrees nie. “Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim 1:7

            Ons volgende toets is dalk nader as wat ons dink. Ps 91:10-12. Ook die bloed van Jesus beskerm ons. Openb  12:11

            Dis van kardinale belang dat ons die stem van die HERE hoor en Hy praat met ons in ons gees... selfs in ons slaap. Jy hoef nie Hemel toe te gaan nie. Die Heilige Gees woon in ons.

            Vergeet van emosies in jou gebedslewe, bid die Woord. Bid wat God sê.

            Wanneer jy kos koop, koop ekstra om die armes mee te help.  Daar is sprake van ‘n nuwe virus uit Sjina wat meer dodelik sal wees en binne enkele maande verwag word. Gelowiges sal soos een mens in die Geloof en gebed moet opstaan en vasstaan. Covid19 het in die geheim opereer, geen oorlogskepe, vegvliegtuie of vliegdekskepe nie. Alles het stil en geheimsinnig gebeur en die hele aardbol is tot stilstand geruk.

God en die mens se vryheid word ondermyn op pad na ‘n wêreldregering. Sjina word gebruik, maar die werklike vyand is: “Want ons (let op)worstelstryd (stryd om die lewe) is nie teen vlees en bloed nie, maar teen (let op na die gedugte oorlogmasjien waarteen ons te staan kom) die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Efes 6:12

            Bid vir Gelowiges in Sjina. Daar is geen keer aan die Herlewing nie, nogtans word Gelowiges erg vervolg. Kry ons perspektiewe reg. Ons sit nie hier eenkant en roep om hulp na die Hemel nie. Nee, ons sit in Hemelse plekke saam met Jesus. Sit daar en veg van daar af sodat wat in die Hemel is ook op aarde sal vergestalt. Moenie net bid “HERE help” nie. Ons is in ‘n oorlog en ons moet veg. Bind en ontbind, gebruik Skrif, die Woord is ons swaard. Dank God vir Goddelike ingryping en laat die mure soos destyds in Jerigo, ook in Sjina intuimel. Vernietig die planne van ‘n nuwe virus in die naam van Jesus Christus.

            Hou op praat oor die onheil. Jy propageer dit en maak dit erger. Moenie aan besprekings deelneem nie. Beveg die onheil vanuit die Hemel. Dis in elk geval waar ons burgerskap is Fil 3:20

Ons as Gelowiges het die hef in die hand. Wat ons op die aarde bind is in die Hemel gebonde. “Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die Hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” Luk 10:18-19

            Bid dat Reg en geregtigheid sal heers. Een taktiek van die vyand is om die wêreld onregeerbaar te maak. In Amerika sê die ongeregtigdes gaan voort met aborsies. Sestig miljoen baba moorde is nie genoeg nie. Dat babas selfs na geboorte doodgemaak word, is skrikwekkend. Diegene wat staan vir reg en geregtigheid, vir orde, sê: “Nee, stop die moord en doodslag want ons het ‘n vloek oor onsself gebring.”  Hulle vra God om legioene Engele te stuur om die onheil te vernietig.

Stop dit in Amerika en ook in Suid-Afrika.

            Ons durf nie niks doen nie. Die HERE sê ons is in ‘n “stryd” gewikkel. Dit beteken oorlog. Ja, dar kom ‘n fisiese oorlog (Eseg 38/39) teen Israel, maar die wêreldoorlog is ‘n geestelike een, een wat ek en jy moet beveg. Dit is reeds aan Die gang, nogtans het ons in Jesus mag daaroor.

            Destyds het ‘n bose gees in Farao ingevaar en alle babas moes doodgemaak nie. Met Jesus het die bose gees in Herodus ingevaar en dieselfde gedoen. Nou is daardie bose gees oor die wêreld heen besig om babas uit te moor, ook in SA.

            “As Ek die Hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” 2 Kron 7:13-14

            Dit beteken die HERE kon Covid19 gestuur het. Miljoene  bid en smeek “HERE stop die virus, asseblief.” Maar die HERE sê: “Nee, soek eers my aangesig en bekeer julle.” Eers dan kom die vergifnis en die glorie.

            Deur dit alles, en as gevolg van die nuwe tydvak wat ons inbeweeg, moet Gelowiges meer intiem met Jesus en die Heilige Gees wandel... wetende die HERE sal ingryp want ook Hy is teen die gebruik van krag en geweld. – Wekroep

Ons sal lewe ons sal sterwe...

So het ons van skooltyd af gesing, ook as grootmense by talle openbare geleenthede. Ons was trots daarop.

            Maar die lied, had niks van die Almagtige God Jahweh in nie. En ons mense sterf in die grensoorlog en opm die plase en elders, maar ons hou aan met sing: “Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika.”

            Dit is soos ’n afgesaagde belydenis. ..en die moord en doodslag duur voort...want ons bely dit steeds.

           Amanda Buys van Kanaan Bedieninge, beskryf dit soos volg: Volgens ‘n koerantberig word Suid-Afrika beskryf as die “moordstad van die wêreld”. Ongeveer 60 000 mense sterf jaarliks in doodslag, selfmoord of verkeers- en ander ongelukke.

            Die opskrif van die volgende artikel lui: “Leef en sterf in SA, ‘’n baie bloeddorstige gemeenskap’” – Pta News 9.8.2001.

Die Stem van Suid-Afrika bevat jare reeds die woorde: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika”. Hierdie woorde is ookgegraveer op die sarkofaag (graf) in die Voortrekker-monument: “Ons vir jou Suid-Afrika”. Hierdie woorde, asook die manier waarop dit gespreek of gesing is, is ‘n verbond met die dood, wat gemaak is deur ‘n hele nasie om hulle toevertroue aan hulle land te bevestig (nie aan God nie).

            Ons het ‘n verbond met Suid-Afrika gesluit – om hier te leef of te sterf. En dit is wat gebeur. Die woorde wat ons oor ons land gespreek het, kom tot vervulling. Mense sterf. Ongeveer 27 600 (46%) mense is vermoor, waarvan meer as die helfde aan vuurwapens toegeskryf kan word. In een jaar het byna 4 800 (8%) mense selfmoord gepleeg en 20 400 (34%) mense in ongelukke gesterf.

            Die dood bekruip ons gemeenskappe genadeloos, terwyl dit lewens van slagoffers gryp wat geen voorneme gehad het om hul lewens vir Suid-Afrika te gee nie. Die tyd het aangebreek om hierdie verbond van die dood oor Suid-Afrika en die vloek wat soveel verwarring bring, te verbreek.

            Ek weet dat dit moeilik sal wees vir sommige mense, maar ons moet die verbond verloën wat deur hierdie woorde gemaak is. Nasionalistiese emosies sal styg en selfs argumente dat dít nie bedoel is deur die woorde nie.

            Maar die feit is dat ons die dood ons land binnegenooi het deur te sing – ons sal lewe, ons sal sterwe! Ook “O Boereplaas geboortegrond, jou het ek lief bo alles.”

            Wat het geword van “Jy moet die HERE jou God liefhê bo alles?”

            As jy gewillig is om dit te verloën, bid asseblief die volgende gebed saam met ons: Hemelse Vader, ons kom na U toe in die Naam van Jesus Christus, U Seun, wat aan die kruis gesterf het vir ons sonde. U het al ons ongeregtighede op Hom geplaas en Hy is gekasty vir ons welstand. Hy het ‘n vloek vir ons geword sodat die vloeke van sonde gebreek kan word. Ons erken dat ons en ons voorvaders, deur die dood, ‘n verbond met Suid-Afrika gesluit het.

            Ons verloën daardie verbond, bely as sonde dat ons, ons land aanbid het en vra U nou om die verbond en die vloek wat daaraan gekoppel is, te verbreek, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret.

            Ons vra U om die siklus van bloedvergieting in ons land te verbreek. Soveel mense sterf deur geweld; vergewe ons asseblief vir hierdie geweld. Laat die Bloed van Jesus Christus Suid-Afrika en al sy inwoners reinig van die sonde van bloedvergieting en geweld. Herstel ons gemeenskappe en bring weer vrede en stabiliteit. Ons pleit by U, in die Naam van Jesus Christus, om die vloek van die “moordstad van die wêreld” te verwyder en versoening te bring. Haal asb. die hart van klip uit alle Suid-Afrikaners en gee ons ‘n hart van vlees. Stort asb. U genade uit en help ons om weg te draai van ons sondige weë. Help ons om te vergewe en die haat en bitterheid in ons harte waaraan ons vashou, te los. Gee asseblief vir ons ‘n nuwe lied – om U te aanbid en nie ons land nie. Amen.

            Laat ons ook bid aangaande bloedvergieting deur die hande van baieSuid-Afrikaners in ander lande deur oorloë en die uitstuur van huursoldate. Laat ons die bloedvergieting in Zimbabwe, Mosambiek. Zambië, Etiopië, Somalië, Libië, Rusland en Korea,  bely.

            Bely ook Suid-Afrika se betrokkenheid by die eerste en die tweede wêreldoorloë in Europa en Noord-Afrika. Vra die HERE om vergifnis en om genesing en herstel selfs in daardie lande te bring.

Gedurende so ‘n belydenis van bloedvergieting het een van die spanne ‘n visioen gehad dat die bloed wat op die land gestort is die wortels van bitterheid, woede, haat en wrok voed, wat die vrug van rasisme voorbring. Belydenis vir die bloedvergieting verwyder hierdie “bevrugter”.

            Ons moet die wortels van bitterheid, woede, haat en wrok afsny, dan sal die vrugte verdwyn. Die enigste manier waarop dit gedoen kan word, is deur vergifnis. – Wekroep

Nooi soveel gaste as moontlik!


Dis die einde van die wêreld soos wat ons dit geken het. Ons betree ‘n nuwe era. Alles gaan nou verander op pad na die Wegraping.

            Gelowiges gaan ‘n enorme sprong maak om so dig as moontlik saam met Jesus te wandel. Gelowiges gaan bekragtig word met gawes en geskenke om in die komende Herlewing sleutelrolle te vertolk.

            Volgens Efes 2:6 sit ons binne 'n Hemelse Koninkryk. En: “As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.” Kol 3:1-2

            Soos wat dit in die Hemel is, so gaan dit nou op die aarde word… die Bruid wat gereed maak vir die koms van haar Bruidegom.

            “Want ons burgerskap is in die Hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag, die HERE Jesus Christus.” Fil 3:20

            Jesus leer ons bid: “Soos in die Hemel, so ook op die aarde.” Daar is geen misdaad, siekte of armoede in die Hemel nie, ons gebed sal beantwoord word dat dit ook so op die aarde so sal wees… ten minste vir die rukkie wat ons en die Heilige Gees nog op die aarde sal wees.

            Terwyl die Bruid gereed maak vir die koms van die Bruidegom, word nagte deurgewerk om nog en nog gaste na die huwelik te nooi. Dit is die HERE se wens dat almal op aarde daar moet wees, juis daarom wat Sy koms vertraag word. 2 Pet 3:9

            Ons wandel van nou af suiwer in die geloof…op die dinge wat ons hoop (toekomsfeit) en op dit wat nie gesien word nie. Belowe vir ‘n kindjie iets en hy sal jou by jou belofte hou totdat jy dit nakom. Hiervandaan vorentoe staan ons op Sy beloftes… al 3 000 daarvan. Ons doen dit want ons het dit reeds beleef dat God ‘n waarmaker van sy Woord is.

            Hou dop hoe die kerk en die Ekklesia reeds besig is om te skei. Die Bruid sal sonder vlek of rimpel wees. Die wyse en die dwase maagde stap nie dieselfde pad nie, al lyk dit so.

            Ons grootste struikelblok is ons gemoed, ons gedagtes. Paulus beklemtoon dat dit vernuwe moet word. Lees die hele Kol 3 en laat dit in vervulling gaan on lewe. Maak gereed, Jy is die  Bruid. – Wekroep


Russiese Ystergordyn is weer Toe

Tyd en Ewigheid het oornag veel nader aan mekaar beweg. Vladimir Putin, die Russiese president, het vandeesweek wetgewing onderteken dat die magtige Russiese Ystergordyn weer toeskuif.

            Boonop is bekendgemaak dat die Eenwêreld godsdiens volgende maand in die Vredespaleis in Den Haag, Nederland, gestig word.

            Putin se aankondiging is met skok begroet. Duisende kerke en Christien organisasies het dadelik met vas en gebed begin en doen ‘n beroep op Gelowiges wêreldwyd om aan te sluit in die stryd.

            Ware Godsdiens is nou terrorisme. Die waarheid en die leuen het plakke geruil. Putin is aangestel as lewenslange president van Rusland.  Hy beskik nou oor maksimum mag.

            Die nuwe wet vereis dat burgers op mekaar spioeneer. As jy did nie rapporteer dat jou bure godsdiens hou nie,is jy skuldug aan terrosrisme. Dit kan jou ’n jaar van jou lewe in die tronk kos.

            Die voorsitter van die “Great Commission Ministries”, Hanny Haukka, het aan Charisma News die wet so verduidelik:

·       Foreign guests are not permitted to speak in churches unless they have a "work permit" from Russian authorities

·      If a friend or relative from outside Russia wishes to share his/her faith in your home the guest will be fined and expelled from Russia.

·       Any discussion of God with non-believers is considered missionary activity and will be punishable.

·       Missionary activity will be permitted by special government permission. Example: If one traveling on a train shares his faith without written permission the offender will be taken into police custody for the duration of the train journey and will be fined 50,000 rubles ($1,000).

·       Offenders from the age of 14-years-old will be subject to prosecution

·       Religious activity is no longer permitted in private homes. Most churches in Russia meet in homes.

·       Every citizen is obligated to report religious activity of neighbors to the authorities. Failure to be an informant is punishable by law.

·       One may pray and read the Bible at home but not in the presence of a non-believing person. You will be breaking the law and be punished.

·       If the church has purchased property it cannot be converted into a place of worship.

·       In church buildings, it is not permitted to invite people to turn to God. Worship services are permitted but making a non-believer a follower of Christ is against the law.

·       In response, thousands of churches across the country have come together to cry out to God.

"The church is appalled at the news of the new law. About 7,000 evangelical/protestant churches are in fasting and prayer at the moment over the news," Haukka tells Charisma News via email.

Churches aren't the only residents enraged by the law. What's more, critics are now declaring the Yarovaya laws, aka the "Big Brother," laws, as a sign of the end times:

if these amendments come into force, prison sentences for certain non-violent "extremist" crimes will potentially be twice as long as, for example, murder committed in the heat of passion, which carries a maximum sentence of three years.

            Despite receiving nearly unanimous support in parliament, the Yarovaya laws have triggered a flood of apocalyptic commentary. Many wonder why Russia's already excessively harsh criminal laws are being made harsher.

            The only official criticism of the legislation, however, has come from the Presidential Human Rights Council. which has highlighted ways in which the proposed amendments directly contradict the Constitution and existing laws.

This criticism has been almost already passed a number of laws that have harshened Russian law in the name of fighting terrorism and extremism. It criminalized "public calls for the violation of territorial integrity" and "rehabilitation of Nazism," a direct affront to the freedom of speech. In 2013, it passed a law that allowed the state to confiscate property.

The government has long used the "fight against terrorism and extremism" to justify repressive laws, no matter how obviously senseless they may be. As a result, Russia's statutory framework can now be effectively used to target not only credible extremist threats, but also political opponents of the state. A large group of prominent Russian lawyers decried this problem in an open letter in 2013, saying that the "parliament's legislative work has acquired a distinctly prohibitive and repressive character."

In response, Haukka pleads with believers around the world to join with Russian churches in prayer and fasting.

"Russia is closing down in an awful way. The new law is in total conflict with the purpose and the task given to the church by the Lord. The law will send the church back into Soviet era Communist persecution," he says.

·       Natasha mag nie meer haar getuienis lewer of die geestelike werk doen watsy opgebou het nie. Die bekende Broer Andrew (Andrew van der Bijl, Nederlande Sendeling) het sy eerste Bybels in Poland versprei en daarna gereeld agter die Ystaergordyn. Vandag, 60 jaar later smokkel hulle steeds Bybels. 

Natasha Schedrivaya is ‘n Russiese Evangelis wat die Evangelie in die Russiese Platteland onder die 120 inheemse volkere versprei.

Sy stig huisgemeentes en leer die nuwe Gelowiges hoe om self die Evangelie verder te versprei.



Haar familie was 70 jaar inRusland in Kommunisme en Ateïsme vasgevang. Natasha was 30 jaar oud toe sy die eerste keer ‘n Bybel gesien het.

Haar oupa, wat nie kon lees of skryf nie en glad nie die alfabet geken het nie, het wonderbaarlik elke Sondag die hele gesin van elf kinders om die tafel byeen gehad, sy bril opgesit en met sy vinger iets uit die Bybel gelees en die Bybel dan weer gaan bêre.

Haar ouma het in die week die storie wat haar oupa gelees het aan haar probeer verduidelik, maar omdat Natasja niks van God en Jesus geweet het nie, het sy gedink hulle maak die storietjies net op.

Na my Wedergeboorte het die Heilige Gees al daai “storietjies” in my gees opgeroep en aan my verduidelik.

Een dag het ‘n kollega van haar, Alla, ook ‘n Ateïs, ‘n breingewas ontwikkel. Sy het Natasha laat kom. Hulle het mekaar so ‘n jaar laas gesien.

Alla vertel hoe die spesialiste gesê het hulle kan niks vir haar doen nie en sy sal binnekort sterf. Alla is toe saam met ‘n tannie van haar na ‘n ondergrondse Pinkstergemeente.

Daar is Alla Wedergebore. Die swelsel het onmiddellik verdwyn en ook alle pyn.

Sy is die volgende dag terug na die spesialiste waar met ‘n nuwe stel toetse vasgestel is dat sy genees is. Hulle kon dit nie verklaar bie. Hulle het gesê dit kan nie God wees wat dit gedoen het nie, want Hy bestaan nie.

Hulle het net gesê onverklaarbare goed gebeur soms.

Toe Ella haar van Jesus wou vertel het Natasha haar stilgemaak en gesê: “Ek wil niks van Jeus weet nie want hy is volgens die Russiese ensiklopedie ‘n mite. Hy is net ‘n feeverhaal.” Toe ek loop toe gee sy my ‘n tydskrif.

Dit was ‘n Russiese Christelike tydskrif van TL Osborn uit Amerika en  was in Rusland ingesmokkel. Daai tyd het ons niks gehad nie, so ek het die tydskrif saamgeneem.

“Toe ek groet het ek vir haar gesê: ‘Moet my nie weer kontak nie. Ek wil nie hoor van God nie. Ek wil ook niks hoor van Jesus nie. As hy jou gehelp het, dan is dit goed, maar ek glo nie in Hom nie.’

Alla het my later vertel dat toe die deur agter my toegaan het sy in gebed gegaan en vir die HERE gesê ek gaan reguit hel toe. Daar is geen hoop vir my nie. Ek was so weerstandig, so hard.

“By ons huis het ek die tydskrif van hoek tot kant deurgelees. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek ‘n Christelike lektuur gelees het.

Toe ek klaar gelees het, het ek ‘n brief aan die redakteur geskryf en gesê dat ek 29 jaar oud is en ’n Ateïs. Ek glo nie aan die bestaan van God nie. As hy God is, hoekom? En toe lys ek ‘n spul vrae.

“Gorbachev het toe pas leier van die Kommuniste Party geword, ‘n klein bietjie meer vryheid, maar die land was steeds gesluit en die KGB het alle posstukke gemonitor. Ek het gedink my brief sal nie eers oor die grens gaan nie.

“Twee maande later ontvang ek ‘n pakket  uit Amerika, ‘n geskenk vir my.

Toe ek dit oopmaak toe sien ek vir die eerste keer in my lewe ‘n Russiese Bybel. Die eerste wat ek gelees het, was: ‘In die begin het God die Hemel en die aarde geskape.”

“Ek het skielik besef dat al was mens jare lank hier gebreinspoel, die Waarheid sal iewers deurbreek as mens na die Waarheid soek. Toe ek dit lees het iets hier binne my gebeur. Ek het dit nog nooit gelees of gesien nie. Dis of elke sel in my liggaam gereageer het op hierdie waarheid. Ek weet nie hoe laat dit was nie, maar dit was reeds God wat aan my hart se deur begin klop het in ‘n poging om Homself aan my te openbaar.

Daar was allerhande Christelike lektuur in die pakket, ook tien eksemplare van die Christelike koerant. Dit kon ek nie verstaan nie. Hoekom 10?

My pa het skielik op my afgekom. Hy was ‘n politieke offisier in die Sowjet Weermag waar hy al 28 jaar lank onderrig in die Kommunistiese ideologie doseer het. Hy was baie kwaad. Hy het gesê ons sal gearresteer word en weggeneem word.

Ek het alles tussen Russiese Kommunistiese boeke op ons boekrak versteek. Nege van die tien koerante het ek by ander mense se posbusse in die woonstelblok gaan ingooi sodat ek darem nie alleen op die trein na Siberië sou wees nie. Die 10e koerant het ek in my kamer versteek sodat ek dit kon klaar lees. 

Maande later ontvang ek ‘n brief wat my hele lewe omgekeer het. Dit was van die Baptiste Sending in Sacramento,Kalifornië.

Die skrywer was ene Patrick Panic. Hy het ‘n Russiese kerk nie ver van sy huis af nie besoek. Daar ontmoet hy ene Nikolai, die redakteur van die Christelike koerant wat en ontvang. Dis aan hom wat ek in die eerste plek geskryf het.

Nikolai haal toe my brief uit sy binnesak en gee dit aan Patrick en sê: ‘Hierdie meisie is 29 jaar oud. Sy is ’n Ateïs en sy glo nie God bestaan nie. Bid asseblief vir haar.’

“Toe ek Patrick se brief lees het dit my aangegryp. My brief is nie weggegooi nie. Nokolai het dit in sy binnesak gedra. Hy het dit soos ‘n skat bewaar. Dit beteken my lewe beteken iets.

“Die laaste twee sinne was die druppel wat my beker laat oorloop het: ‘Ek wil hê dat jy weet dat ek vir jou bid en dat God lief is vir jou.”

Iemand wat ek as my vyand beskou het, was besig om vir my te bid. Hy gee om vir my. Hy verlang net die beste vir my. Dan noem hy dat God my lief het.

“Ek het intussen afgekom op die Onse Vader gebed en ek sê vir myself: ‘Wat as Hy werklik bestaan, moet ek dit nie maar bid vir net ingeval nie?

Toe ek lees dat God vir my lief is, het dit my hart deurboor. Ek besluit om Alla te bel. Ek vertel haar van die brief. Ek sê dis belangrik dat ek die brief vir haar wys. Die Amerikaner sê hy bid vir my en God is lief vir my.’

Alla het eintlik opgegee op my. Sy sê sy het nie nou tyd vir my nie en moreoggend gaan sy kerk toe.. Ek vra toe toe of ek kon saamgaan?

Ons ontmoet die volgende oggend ek vertaal die brief aan haar in die bus op pad kerk toe.

“Ons kom by die kerk. Dis ‘n ou Pinksterkerk. Hulle het die vervolging oorleef. Tydens die diens gaan my oë skielik oop en ek besef God is ‘n werklikheid. Hy bestaan. Ek het begin huil en aan God gefluister: ‘HERE ek is so jammer. Ek het nie geweet U bestaan nie. As ek geweet het dat U bestaan dan sou ek U gevolg het. Ek is so jammer. Kan U my asseblief daarvoor vergewe.’

“Net toe word mense vorentoe geroep wat Jesus wou aanneem. Ek het voor in die kerk gaan kniel en baie gehuil en Jesus aanhou om verskoning vra omdat ek nie geweet het Hy bestaan nie. Die Postoor het my toe kom help om die sondaarsgebed te bid. Ek is daar Wedergebore.

Toe ek opstaan was my sware las weg. Ek het nooit besef dat ek so ‘n sware las gedra het nie. Ek was vervul met vrede en blydskap en was veerlig. Ek was getransformeer. Ek was ‘n absolute nuwe mens.

Die volgende oomblik wou ek huis toe hardloop om my ouers die blye nuus te gaan vertel dat God ‘n werklikheid is en dan Jesus leef. Hulle sou so opgewonde wees.

“Ek is ‘n vertaler en het vir TL Osborne vertaalwerk begin doen. Ek kom toe agter, ek kan ook vir siekes en kreupeles bid. In my prediking maak ek God en Jesus onweerstaanbaar. By TL Osborn het ek geleer die krag is nie in my nie maar in die Woord. Kyk wat sê Paulus: “Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.’ Rom 1:16.”

Daar is 36 000 Plattelandse gemeenskappe in Rusland wat Natasha gereeld besoek. Sy bid selfs vir die mense se siek diere en God genees.

Die mense sê hulle koeie gee die heerlikste melk nadat vir hulle gebid is.

Versprei asseblief ook hierdie getuienis. Iewers wag iemand op dit. – Wekroep.

·       Ons het in die Laaste Uur op aarde in beweeg...die Messias Era. Moenie huiwer nie: Kry jou eie lewe in orde en bereik soveel andere moontlik met die Blye Boodskap.


 

Nie alles is soos dit lyk nie

 

“…omdat Kaleb ’n ander gesindheid het en My getrou gevolg het, sal Ek hom inbring in die land wat hy gaan verken het…” Num 14:24

’n Ekonoom is gevra om ’n groep sakemanne oor die depressie toe te spreek. Dit was die dertigerjare van die vorige eeu en almal was moedeloos. Die spreker steek  ’n wit vel papier teen ’n bord vas. Hy maak ’n swart kol op die vel papier. Hy vra een van die manne in die voorste ry wat hy sien.

“’n Swart kol,” was die antwoord. Hy vra dit vir ’n paar ander. Hy kry dieselfde antwoord. Kalm en met nadruk sê hy: “Ja, daar is ’n swart kol, maar nie een van julle het die groot vel wit papier gesien nie. Dit is dus die inhoud van my lesing. Ons kan nou huis toe gaan.” Dit neem ’n rukkie voor die werklikheid van wat hy sê indring het. Toe gaan die tonge los en nuwe perspektiewe vir die sterwende ekonomie kom aan die lig.

            Ons gemoedstemming word bepaal deur die punt van ons konsentrasie. Sien ons net die swart kol van ons omstandighede, word ons moedeloos. Sien ons ook die groot wit vel om die swart kol raak, skep ons moed. Moses het twaalf verspieders uitgestuur Kanaän toe. Tien het op die vyand gekonsentreer: “Nee, ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons… Ons het daar ook reuse gesien…”Num 13:31-33.

Josua en Kaleb daarenteen het op God se belofte en Sy krag gekonsentreer. “Kaleb het egter die manne stilgemaak en gesê: ‘Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.’” Num.14:30

Die geheim van Moses se volharding om die HERE te gehoorsaam en te dien word so gegee: “Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien.” Heb.11:27 – Wekroep


 


 

Sondag 27 September 2020

Die HERE beskerm sy Getroues

Sjina is besig om die oseane van die wêreld oor te neem en te plunder. Reuse armadas visvlote vang alles wat voorkom. Die grootste vloot se lengte is 480km. Aan die kus van Wes-Afrika roei hulle alles uit wat voorkom. In die proses word die see teen rekord tempo van 25 000 ton plastiek bottels per dag bemors.

            Sjina het glo ooreenkomste met sommige Afrikalande wat as hulle alleenreg kry om in die betrokke lande se gebiedwater te  vis, dan sal Sjina keer dat ander vreemde moondhede nie ook daar kom vang nie. Dis soos om vir wolf skaapwagter te maak.


Van hierdie visbote is langer as rugbyvelde.  Die Hai Feng is bv. 126m lank. Hierdie armada van 480km asook die duisende ander bote, bly jare lank op see. Ander Sjinese vaartuie reis reg oor die wêreldseë om die verwerkte vis na Sjina te neem. Wanneer die skepe hul nette uitrol, dan is die ganse armada 480km in lengte...  verder as van Bloemfontein na Pretoria. Hulle het moderne wapens aan boord en niemand durf in hulle pad kom nie.

Sjina leen ook groot somme geld aan lande wat in die moeilikheid is en  as deel van die ooreenkomste is die reg om te vis in die betrokke lande se gebiedswaters.

Dit is dieselfde Sjina wat Gelowiges brutaal vervolg in hul eie land. Dieselfde Sjina wat met Rusland duistere ooreenkomste het. Dis dieselfde Sjina wie se voertuie, speelgoed en ander produkte in die Christen wêreld opgeraap word.  Sjina is reeds sterk geanker in Suid-Afrika met lenings, met die bou van ‘n eie stad wat derduisende Sjinese sal huisves en winkels in elke dorp en stad in SA. Die ondernemings war swaarkry word deur Sjina gesubsidieer. Word ons so stilweg oorgeneem?






 


 Sjinese vistreilers


Aan die kus van Afrika sukkel dit maar. Die Sjinese vlote raap alles op.

            Die betrokke armada van 480km is sigbaar vanuit die buitenste ruim. Die beslaaan 265 reuse skepe wat jare lank op see bly en dag en nag die see stroop. Daai vloot vang tans in die omgewing van die Galapagos Eilande. Die vis word aan boord verwerk.

            Talle ander kleiner vlote vang reg oor die wêreld vis, ook langs die weskus van Afrika. Die bestaansvissermanne langs ons Weskus mag nie visvang soos van ouds nie, maar die Sjinese mag, dog niemand spreek namens die bestaansvissers hierdie onreg aan nie. Wie sal hulle gaan help en hulle ook vissers van mense maak?

            Met die  vangslag beland daar ook seevoëls en see skilpaaie in die nette. Alles word doodgemaak en verwerk. Sjina het letterlik duisende moderne vistreilers en visfabrieke ter see.

            Suid-Afrika word deur nog euwels bedreig, soos deur ISIS wat reeds in SA bedrywig is. Voeg hierby mensehandel, erge dwelms en talle misdaadsindikate. Ons word ook bedreig deur korrupsie. Ook sowat 58 moorde per dag.

            Daar is net een oplossing, beweeg in die teenwoordigheid van Christus en die Heilige gees...nie net Sondae nie, maar elke dag. Ons het die afgelope twee weke na talle predikers en profete se geskrifte gaan kyk. Hulle stem deur die bank saam: Ons is reeds in die Eindtyd. Hiervandaan vorentoe gaan alles net veel erger word soos wat die Eindtyd profesieë in vervulling gaan.    

Daar is huidig bv 69 oorloë in die wêreld. Altesame 842 Mileties guerrilla en terroriste-separatistiese-anargistiese groepe is betrokke.

Die joernalis George Germishuys het onlangs in Die Burger berig: Die aarde kom nou gevaarlik naby aan sy einde, aldus navorsing wat in die tydskrif Science gepubliseer is.

            Wetenskaplikes onder wie dr Belinda Reyers, verbonde aan die WNNR in Pretoria, meen dat vier van die nege planeterêre grense wat die aarde ‘n geskikte plek maak vir menslike bewoning, reeds weens menslike bedrywighede oorskry is.

            Met die studie is bevind dat klimaatsverandering, die verlies aan genetiese diversiteit,  (weens die uitsterf van spesies en die verlies aan genetiese en funksionele diversiteit), ontbossing (grondstel-verandering) en uitlaatgasse (biochemiese vloei) tot gevaarlike vlakke gestyg het.

Die ander vyf stelsels wat volgens die navorsing nog nie die grense oorskry het nie, is die verswakking van die osoonlaag, die versuring van seewater, varswaterverbruik, aerosol-lading in die atmosfeer en die bekendstelling van nuwe entiteite in die atmosfeer soos radio-aktiewe materie.

            “Vir elke stelsel het ons wetenskaplike kennis en data gebruik om grense te stel vir faktore wat moontlik die aarde kan destabiliseer,” sê dr Reyers.

            Volgens haar het die nege stelsels oor die afgelope 10 000 jaar redelik onveranderd gebly, wat die moderne samelewing in staat gestel het om te ontwikkel. “Maar daar is bewyse dat die mensdom sommige van die stelsels tot gevaarlike vlakke gedryf het deur die klimaat te verander, spesies uit te wis, ontbossing en besoedeling.”

            Die veranderinge kan ook ’n langtermyn-impak op Suid-Afrika se ontwikkeling hê.

            “Uit ons oogpunt is die belangrike boodskap dat ons volhoubare ontwikkeling binne die veilige grense moet nastreef. Die huidige tempo van ontwikkeling sal ons opsies vir ontwikkeling in die toekoms verminder,” aldus Die Burger.

            Daar is aksies wat die mens kan uitvoer om die horlosie effe terug te skuif, maar niemand slaan ag daarop nie, ten spyte van miljoene dollar se vergaderings die wêreldoor.

            Die wetenskap kan straks suurstof verryk sodat ons kan begin om suurstof te vervaardig. Dit sal oneindig help om die vernietiging ‘n tydland hok te slaan.

            Maar die Bybelse profesieë toon aan dat die einde uiteindelik vir seker gaan kom. Skrifstudente meen die einde is naby.

            Laat dit gebedgroepe regoor Suid-Afrika aanmoedig om te meer te bid vir Herlewing.  Gelowiges ontvlug straks al die ellende via die Wegpraping, maar dalk is ons nog ‘n rukkie hier en dan die Wegraping.

            Hoe dit ook al sy, ons mag en kan by die HERE skuil. Soos wat die HERE ander kere beskerm het, so sal Hy weer  doen.

“Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots.” Ps 27:5

1.    God het Noag en sy familie ‘n jaar lank in die Ark beskerm.

2.    God het Jakob in die huis van sy oom Laban beskerm teen die wraak van Esau. Twintig jaar later verskyn Jakob skatryk met ‘n nuwe familie en nuwe identiteit toe God sy naam na Israel verander het, die naam van God se Uitverkore Volk.

3.    God beskerm Josef van sy 17e tot sy 30e jaar, maar hy ondergaan opleiding terwyl hy in slawerny en in die tronk voorberei  word vir verhewe en edel sake. 

4.    God beskerm Moses vir 40 jaar in die woestyn. Moses het daarna die Israeliete veilig uit Egipte gelei.

5.    God  het die volk van 2 miljoen veilig deur die Rooisee beskerm.

6.    God het Naomi in die dorre Moab beskerm totdat sy byna verbittered geword het en lei haar en haar skoondogter Rut na Jerusalem om een van die grootste en mooiste liefdesvehale tot stand te bring.

7.    God beskerm David vir 15 jaar nadat hy Koning van Israel geword het. Toe hy die troon amptelik bestyg was hy ‘n  man na God se hart en skryf hy die meeste van die Psalms.

8.    God beskerm Elia by die spruit Krit en die kraaie bring vir hom kos. Daarna staan hy alleen teen die profete van Baal op Berg Karmel.

9.    God beskerm  Jona vir drie dae en drie nagte in die pens van ‘n walvis waarna Jona in Ninevé  die grootste Herlewing in die geskiedenis preek.

10.God beskerm Daniël vir sewe jaar in Babilon waar hy die Bybelboek Daniël skryf.

11.God beskerm Esther in die paleis van die Persiese koning en sy red haar volk van totale uitdelging.

12.Hy beskerm die dissipels in die Bovertrek vir 10 dae totdat die Heilige Gees op hulle neerdaal... die begin van die grootste beweging in die geskienenis, die Kerk van Christus.

13.God beskerm Paulus vir drie jaar in die Arabiese woestyn. By sy terugkeer bekeer hy ‘n ganse wêtreld tot God.

14.God beskerm Paulus in die tronk en in sy vrye tyd skryf hy die boeke: Efesiërs, Filippense, Kolossense en Filemon.

15.God beskerm Johannes op die eiland Patmos waar hy die boek Openbaring skryf... die grootste profetiese boek aan ons.

Die God wat Sy mense in Bybelse dae beskerm het, sal dit steeds doen. “En as hierdie dinge (let op) begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” Luk 21:28  – Wekroep

·       https://www.youtube.com/watch?v=__U1iNC2xNk