Sondag 27 September 2020

Laat die riviere konstant vloei

Dis vir elke Gelowige gegun om oor die sewe geeste van God te beskik. Die dinamika van die rivier is anders as die gawes. Ons is dankbaar vir die gawes, die krag van die Heilige Gees, die vrug van die Heilige Gees, maar die rivier, volgens Jesus, sê Hy in Joh 7  dit vloei vanuit ons binneste wese.


            Kom ons kyk van naderby: “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!


            “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê (let op): strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.


            “En dit het Hy gesê (let op) van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.” Joh 7:37-39


            Die geheim? Die gawes gebruik ons van geleentheid tot geleentheid, maar die riviere moet standhoudend vloei.


            “...dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die (let op): Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, (hoekom?) sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die Heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die Hemele, (let weer op) bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.


            “En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is (dis ons), die volheid van Hom wat alles in almal vervul.” Efes 1:17-23   


            Hierdie riviere wat konstant uit ons  moet vloei word ook groter en sterker.


            Dit is hoe die lewe van die Gelowige daar moet uitsien. Jy ontvang dit in geloof soos wat jy die Wedergeboorte en die doping in die Heilige Gees ontvang het. Kan jy insien hoe die lewe rondom ons sal verander wanneer hierdie dinamiese konstante riviere begin vloei!


            En dit is vir die lewe van die Gelowige, maar nie net vir nie die gelowiges lewe, maar ook deur die lewe, vir die lewe, tot eer van die HERE.


            Lees Ps 103 stadig deur en sien hoe die HERE ons almal in hierdie tyd gaan voorberei om die konstante rivieree te wees.


Laat die riviere vloei. – Wekroep


·       As die Jode dit al sing:  https://www.youtube.com/watch?v=eg3q08IYUuU