Wys tans plasings met die etiket hoop. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket hoop. Wys alle plasings

Dinsdag 29 September 2020

Die naakte waarheid oor ons arme, arme Suid-Afrika

 

Soos ‘n weggooikind versmoor jy in jou eie bloed. Die eens florerende land is bankrot. Tussen 55 en 60 van jou inwoners word daagliks vermoor. Aborsies, die wrede moord op onskuldige babas, gaan onverpoosd voort. Korrupsie en misdaad vreet jou siel flenters. Jy is in  ‘n dal van doodskaduwee vasgevang in jou eie Sodom en Gomorra. Vroue en kinders word onteer. Vroue en kinders word ontvoer en aan internasionale seks sindikate verkoop. Hulle is deel van 29 miljoen vroue en kinders wêreldwyd, aldus die VN. Em kyk hoe word jou boere en plaswerkers vermoor. Oral is vermorste bloed.

            “En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!” Eseg 16:6

            In 1994 was jy basies ‘n pasgebore baba, dog, ’n weggooikind.  Jy is soos ’n meisietjie wat – pas gebore – weggegooi is om dood te bloei. Die Almagtige God Jahweh kyk met deernis na jou. Hy het ‘n wonderlike plan met jou.

In die tyd van verskiet was dit as ’n ramp beskou as daar ’n meisietjie gebore word. So erg dat sy nie eers as ’n kind gereken was nie. So ’n meisietjie word as voorbeeld gebruik in hierdie profesie. Haar ouers wil haar die lewe ontneem – doodmaak.

Sy was nie eers gewas na haar geboorte met skoon water nie, want water is vir hulle waarskynlik kosbaarder as sy en haar lewe. Sy word ook nie met sout ingevryf soos wat die gebruik in daardie dae was nie.

Haar naelstring word ook nie eers afgebind en versorg nie. Hierdie babatjie word sommer in die veld weggegooi. Dar lê sy hulpeloos en doodbloei. Sy is vuil. Sy is besig om te sterf in haar verlate en onversorgde toestand. Dink net aan die angs wat daardie babatjie deurmaak in sulke oomblikke.

·        Dan kom daar Iemand aan wat heeltemal anders oor hierdie hopelose bondeltjie  voel. Hy sê vir haar: ... toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!

Vandag sê Hy in sy wonderlike liefde en genade aan Suid-Afrika: “LEEF.”

Wonderlike woorde: LEEF! Jy wat so vuil hier in jou bloed lê: LEEF!

Dit beteken Hy neem hierdie meisietjie wettig aan as syne. Hy word nou die Vader wat haar in sy arms laat lê. Daarom sê Hy twee maal vir haar: LEEF!

            Daarmee wil Hy die verskil tussen haar ouers en Homself uitbeeld. Maar Hy wil ook daarmee die sekerheid beklemtoon dat sy nou beslis sal lewe.

In die eerste plek praat die HERE hier met Israel.

            Hulle moet onthou dat hulle uit die Amoriete en Hetiete stam. Maar omdat hulle die afgode nie gedien het nie, maar die HERE gedien het, het die heidene hulle weggegooi. Maar die volk het ook teen God gesondig. Menslik is hulle swak, want sonder God kan niemand leef nie.

            Het jy gehoor SA? Sonder God kan niemand leef nie!

            Hulle is soos ’n baba wie se naelstring nie afgebind is nie. Hulle bloei hulleself dood, want hulle besit geen krag hoegenaamd nie. Hulle sondes besmeer hulle soos wat hierdie weggooibaba met bloed en grond en gras besmeer is – amper te vuil om na te kyk en aan te vat. Dis hoe SA, wat uit vele volke stam, voor God lyk.

            Met hierdie gedeelte praat die HERE nie net met die Israeliete nie – Hy praat ook met SA.

            Ons sal op die oordeelsdag so voor Hom wees... Vuil. Swak. Byna klaar dood in die vuil en die sonde.

            Maar dan gee God die bevel twee maal: LEEF! Leef julle wat só lyk in julle misdade! En dan wonder ons in ons sterwensoomblik: Hoe, HERE?

Dan antwoord God ons: deur die HERE Jesus Christus.

            Hierdie bloed en sondes en geboortesmet wat aan ons vaskleef en droog word, en wat by ons naelstring uitvloei, dit het Jesus Christus van ons afgewas.

            Dis asof die HERE sê: By jou is dit deel van jou lewe om vuil te wees, want jy weet nie van beter nie. Jy kan ook nie beter nie, want jy is ’n weggooikind.

            As ons in ons geloofslewe besinning doen, moet ons herdenk hoe Jesus se liggaam gebloei het toe Hy moes sterf vir ons. Hy wat heeltemal Goddelik rein was en is, moes sy lewe aflê vir ons wat besig is om te sterf in ons eie goddeloosheid.

            Maar ons moet nie daaroor moedeloos wees nie. Ons moet hoor hoe God vir ons sê: Ek het vir jou gesê in jou bloed: LEEF!

            Hierdie woord LEEF het ’n baie groot en wye betekenis: Dis ’n bevel wat uit God se Ewige Raadsbesluit kom.

            Hierdie bevel om te leef is inderdaad in ’n sekere sin ’n bevestiging van die belofte wat die HERE met Eva gemaak het.

Net na die sondeval het die HERE die doodstraf oor ons uitgespreek – die sondeval se gevolge word in hierdie weggooibabatjie uitgebeeld.

Maar as deel van daardie gesprek het die HERE vir Eva die belofte gegee dat ’n gedeelte van die mensdom deur Hom gered sal word.

Hy sal twee dinge doen – het die HERE beloof: Die een ding was dat die HERE gesê het dat Hy skeiding gaan maak tussen die vrou se saad en die slang se saad.

Daarmee het die HERE bedoel dat ’n deel van die mensdom die duiwel sou volg.

Die HERE sou daardie deel van die mensdom wegskei van die ander deel van die mensdom – dié wat die HERE aanhang.

Die tweede ding wat die HERE gesê het, was dat Hy iemand uit die vrou se nasate gebore sou laat word wat die slang se kop sou vermorsel – dus die dood sou oorwin en versoening doen.

Hierdie bevel om te leef word nou aan daardie deel van die mensdom gerig!

            Natuurlik kan ons nie self die lewe gryp en uit die dood lewend word nie! Die HERE bedien ons uit genade daarmee deur die HERE Jesus Christus!

            Leef dan nie net vir die nou nie! Leef tot in Ewigheid, want God het hierdie dogtertjie grootgemaak en toe sy in die tyd van geestelike liefde gekom het, het Hy met haar getrou. Hy het haar met olie gesalf en die pragtigste klere vir haar aangetrek.

            Hy het ’n verbond met haar gesluit en sy het God s’n geword.

Dan gaan ons gedagtes dadelik na wat die apostel Johannes in Openbaring skryf: Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

            Toe sê hy vir my: Skryf, salig is die wat genooi is na die Bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. Openb 19:7-9


            Ons as Gelowiges die Bruid, ons is die kerk. As God dan in ons bloed vir ons sê: Leef! dan bedoel Hy Lewe tot in Ewigheid in sy Koninkryk waar Hy alles is in almal.


            Gebedsgroepe in Suid-Afrika moet hierdie Dekreet oor die land spreek: “Suid-Afrika, LEEF! LEEF!” – Wekroep


 

Sondag 10 Februarie 2019

“Hy wat in My glo, soos die Skrif sê…”


Hy wat in my glo, soos die Skrifte sê: “strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” Joh 7:38

Om te GLO is veel meer as om saam te stem. Jesus  sê: “Hy wat in my glo.” Nie aan my glo nie, maar “in my glo.” Nie hy wat saamstem nie, maar “hy wat in my glo.”

            Glo as ‘n wekwoord: 1. Iets sonder enige twyfel as waar en eg aanvaar. 2. Aanneem. 3. Hy lieg dat hy homself glo, hy is 'n aartsleuenaar. (dit gebeur presies so en so iemand het inderdaad behandeling van een of ander aard nodig) 4. Wil jy glo dis 'n goeie plan, dis nou werklik waar 'n goeie plan; as jy nie wil glo nie, kan jy proe)

            Glo as ‘n byboeglike naamwood: Vermoedelik, skynbaar, blykbaar. dis glo nie so erg nie, dis blykbaar nie baie erg nie.

            Dit is soos hoop. Hoop in die Bybel as werkwoord beteken “toekomsfeit.” As byvoeglike naamwoord beteken dit “ek wens”, Ons hoop op die Werderkoms. Toekomsfeit. Ek hoop hy gaan saam. Ek wens hy gaan saam.

            Jesus sê: “Hy wat in my glo.” Hoe glo? “ “…soos die Skrifte sê.”

            Wat sê die Skrif?

            Net om saam te vat: Jy aanvaar Jesus sonder twyfel as waar en eg, so ook Sy sterwe op Golgota en die rede vir Sy sterwe en dat hy Opgestaan het en leef sodat wanneer ons Hom aanneem as Saligmaker, ons inderdaad gered is. Ek is gehoorsam aan God en sy instellinge. Ek het nuwe verantwoordelikhede in die lewe en ek aanvaar dit want ek glo Jesus en ek glo God. Ek glo en laat my doop. Ek glo die Woord is my lamp en ek volg dit getrou..

            Wanneer jy in Jesus glo (soos die Skrifte sê) wat gaan dan gebeur? Jesus sê:  “strome van lewende water sal uit my binneste vloei.”

            Mens kan water hoor vloei, al is dit ‘n stille stroom. Dit kabbel, dit vloei met storm en drang, dit daal in luide applous in God se amfiteater na benede,

·       Kort gebed en sing dan heerlik saam:   https://www.youtube.com/watch?v=bzxWhUv8dyg Luister tot na die applous.

Dinsdag 21 Augustus 2018

Hoop op Hoop


Image result for bybel


Ek klop, soos so baie keer, aan ‘n vreemde deur. ‘n Vrou maak oop.

  Ek, Bybel in die hand: “Goeiemiddag mevrou, ek is op pad Hemel toe. Ek kom net hoor, as dit vanmiddag sou wees, gaan u saam met my...”

  Met vrees antwoord sy bang: “Nee meneer.”

  Ek: “Maar waarom nie...

  Sy: “Ek hoop ek kan saamgaan, maar ek het te veel sonde meneer.”

  Ek kry haar innig jammer. Sy lyk skielik so beteuterd.

  Op my vraag of ek kan inkom, nooi sy my binne en ons begin gesels...

Ek verduidelik dat “hoop” in die Bybel beteken toekomsfeit. “Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Hebr 11-1

Hoop beteken nie “dalk” nie. Hoop beteken “verwagting, begeerte en opwinding.”

“En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees.” Rom 15:13

God IS die HOOP – soos wat Hy die Liefde is.

“'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom. Spr 13:12

Hoe kragtig is dit! Hoop wat uitgestel is, is maar net vertraag. Dit beteken eintlik. dit is op pad.   Dit Kom! EN DAN....wanneer dit kom sal dit soos ‘n Lewensboom wees! Hoe kragtig is dit!                                                                                                                                                                                     

Die  vertraging is net ‘n toets, nie ‘n versoeking nie.

God toets ons nie op ons swakhede nie – die duiwel doen dit. God toets ons sterkpunte juis om dit sterker te maak!

  En as jy straks in versoeking sou val, kwel jou nie daaroor nie, maar: “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val... Jak 1:2

  As Jesus alle toetse kon slaag, kan ons ook want ons het dieselfde Gees as Jesus.

”Want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smorens is daar gejuig.” Ps 30:6

  Ons lewe in ‘n tyd waar ‘n mens maklik van jou hoop beroof kan word. Moet dit nie toelaat nie.

Hoop het nog nooit iemand beskaam nie. Staan vas want jy weet aan God se beloftes dat Hy ‘n waarmaker van sy Woord is.

  Sarah had geen hoop nie en later kry wel hoop en uiteindelik baar sy toe tog. Vir hoeveel kinderlose vroue is nie al in ons tyd die hande opgelê en dan het hulle gebaar nie.

  Net soos wat mens jou spiere oefen, moet mens ook jou geloof oefen.

  Luister: “God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?” Num 23:19

              Nogtans verval ons soms in wanhoop en word ons mismoedig.  Mismoedigheid  is veronderstel om vir die Christen ‘n kortstondige moment te wees op pad terug na hoop.

  Ons het hoop as integrale deel van ons bestaan nodig want ons kan nie sonder hoop lewe nie.

  Sonder hoop voel dit vir ons of die lewe nie die moeite werd is nie.

  Wanneer ons hoop het, dan voel ons soos wat God ons gemaak het. Sonder hoop voel ons soos ‘n regte ou nikswerd – totdat ons besef, daar is hoop!

  Daar IS hoop! Dit maak nie saak wat jou omstandighede is en watter probleme jy in die gesig staar nie: Daar is beslis hoop. Solank jy nog lewe en asemhaal is daar hoop.

  Omstandighede kan verander.  “Want solank iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop.” Pred. 9:4.- Sjibbolet



Vrydag 16 Maart 2018

By die lewendes is daar hoop


Image result for hope quotes


“Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir 'n eed.

“Dit is 'n verkeerde ding by alles wat plaasvind onder die son, dat een en dieselfde lot almal tref, en ook die hart van die mensekinders vol boosheid is, en dat dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe; en daarna gaan dit na die dooies toe!

“Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want 'n lewendige hond is beter as 'n dooie leeu.

“Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.

“Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.

“Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.

“Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie.

“Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son – al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.

“Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.

“Weer het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal.

“Ja, die mens ken ook sy eie tyd nie, soos die visse wat gevang word in die gevaarlike net, en soos die voëls wat gevang word in die vangnet -- soos hulle word die mensekinders verstrik in die tyd van onheil as dit hulle skielik oorval.” Pred 9:2-12





Saterdag 03 Februarie 2018

Daar is altyd hoop


Image result for John 1:9


Daar is hoop. Die Bybelse hoop beteken Toekomsfeit. Hierdie hoop is nie soos in “ek wens” nie, maar ‘n hoop wat bestaan uit begeerte+verwagting.

            Pastoor Bronlow North was een van sy tyd se groot predikers. Voor hy een aand in een van Aberdeen se grootste kerke sou preek word ’n briefie aan hom oorhandig. Dit was geskryf deur een van sy metgeselle uit sy onbekeerde dae.

Die briefie het gelei: “Soos jy weet ken ek jou vroeëre geskiedenis. Ek weet alles wat jy in Parys aangevang het. Ek het ’n rekord van jou lewe in Liverpool. Ek weet van jou dade in Manchester. Ek daag jou uit om vanaand op daardie preekstoel te klim.”

By die briefie was ’n afskrif van die inligting wat die persoon tot sy beskikking gehad het. Bronlow North het die preekstoel kalm bestyg.

  Hy begin die diens deur die brief voor te lees. Hy lees al die gruweldade wat die brief opnoem. Toe sê hy: “Alles wat in hierdie brief staan is waar. Daar is nog baie ander dinge waarvan my vroeëre vriend nie eens weet nie.

Ek wil u egter ook vertel van ’n dag, toe ek met al my sondes na Jesus Christus, my Verlosser, toe gegaan het. Ek het Hom vir my hoor sê: ‘Bronlow North, Ek het die skuld en die straf van al jou sondes op My geneem. Gaan in vrede. Jou sondes wat baie was, is vergewe.’

Nou kan ek vir my vriend en vir almal sê: ‘As daar vir ’n sondaar soos ek vergifnis en ’n nuwe lewe was, is daar vir almal hoop.’”

  ’n Mens wat sy toevlug tot Jesus neem, hoef nie sy vroeëre lewe te verdoesel of te verskoon nie. Paulus self  getuig: “Dit is absoluut waar, en ons kan met ons hele hart daarop reken dat Jesus Christus na die wêreld toe gekom het om sondaars te red, al is jy die grootste sondaar van almal.      Maar God was juis vir my so goed sodat Jesus Christus kon wys hoe geduldig Hy is, selfs teenoor my, die ergste sondaar wat daar is. Dit is ’n voorbeeld vir almal wat nog op Hom sal vertrou en so die Ewige Lewe sal ontvang.” 1 Tim.1:15,16

“Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.” Spr 11:30

“Maar as ons ons, sondes bely – Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe ons, ons sondes en (let op) reinig ons van alle ongeregtigheid.” ! Joh 1:9

Onthou, ons is nie geroep om te verstaan nie, maar om te vertrou... soos in Slegs vertroue, vol vertroue, slegs vertroue op sy Woord...

Saterdag 25 April 2015

Hoop, liefde en oorwinning in Jesus


Image result for religious pictures


Maak vandag, ‘n dag in jou lewe vir nuwe dinge – Dinge van hoop en liefde en oorwinning in Jesus se Naam.

Jou verlede met sy teleurstellings, ontnugtering en hartseer moet ook nou plekmaak vir lente in jou lewe.

Pak al jou ou bagasie in ‘n sak, in ‘n groot sak, pak daai sak self, noem elke ding by sy naam wanneer jy dit insit, moenie iets vergeet nie en sit dit vandag, sommer nou, by Jesus se voete… En sê vir HOM,”Ek is nou klaar met my verlede, my hartseer, my tekortkominge, my foute, my teleurstellings… Ek het genoeg gehad. Dit alles het my niks gebaat nie, net vermoei en belas.”

Daar is meer glas in die voorruit as in die truspieëltjie.

Dankie HERE dat U vir my voorspoed beplan en ek vat dit, en ek dank U daarvoor. En as ek enige tyd weer terugkyk na my ou sak, herinner my asseblief dat ek klaar is daarmee.”

“En ek het ‘n nuwe Hemel en nuwe aarde gesien... die heilige stad, die Nuwe Jerusalem... en HY(die HERE) sal by hulle (ons) woon... En God sal al die trane van hulle (ons)  oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie.”

“Kyk, Ek maak alles nuut.”

“Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Hy sal oorwin, sal alles beërwe; en ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun/dogter wees.”

En God wil vandag vir jou ‘n God wees en jy sal Sy kind wees.”AMEN.

Maak vandag, die eerste dag van die res van jou lewe, pak daai sak en moenie weer terugkyk nie, ons weet almal wat het met Lot se vrou gebeur. Nie een van ons wil ‘n soutpilaar word nie. Ons is Koningskinders!

Lees Openb 21:1-7 en skep moed. Strek jou uit na wat voor is. Daag die toekoms uit met nuwe moed, nuwe visie, nuwe ywer, want, die toekoms, ja, die Ewigheid, behoort aan jou en my! – Sjibbolet