Saterdag 25 April 2015

Hoop, liefde en oorwinning in Jesus


Image result for religious pictures


Maak vandag, ‘n dag in jou lewe vir nuwe dinge – Dinge van hoop en liefde en oorwinning in Jesus se Naam.

Jou verlede met sy teleurstellings, ontnugtering en hartseer moet ook nou plekmaak vir lente in jou lewe.

Pak al jou ou bagasie in ‘n sak, in ‘n groot sak, pak daai sak self, noem elke ding by sy naam wanneer jy dit insit, moenie iets vergeet nie en sit dit vandag, sommer nou, by Jesus se voete… En sê vir HOM,”Ek is nou klaar met my verlede, my hartseer, my tekortkominge, my foute, my teleurstellings… Ek het genoeg gehad. Dit alles het my niks gebaat nie, net vermoei en belas.”

Daar is meer glas in die voorruit as in die truspieëltjie.

Dankie HERE dat U vir my voorspoed beplan en ek vat dit, en ek dank U daarvoor. En as ek enige tyd weer terugkyk na my ou sak, herinner my asseblief dat ek klaar is daarmee.”

“En ek het ‘n nuwe Hemel en nuwe aarde gesien... die heilige stad, die Nuwe Jerusalem... en HY(die HERE) sal by hulle (ons) woon... En God sal al die trane van hulle (ons)  oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie.”

“Kyk, Ek maak alles nuut.”

“Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Hy sal oorwin, sal alles beërwe; en ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun/dogter wees.”

En God wil vandag vir jou ‘n God wees en jy sal Sy kind wees.”AMEN.

Maak vandag, die eerste dag van die res van jou lewe, pak daai sak en moenie weer terugkyk nie, ons weet almal wat het met Lot se vrou gebeur. Nie een van ons wil ‘n soutpilaar word nie. Ons is Koningskinders!

Lees Openb 21:1-7 en skep moed. Strek jou uit na wat voor is. Daag die toekoms uit met nuwe moed, nuwe visie, nuwe ywer, want, die toekoms, ja, die Ewigheid, behoort aan jou en my! – Sjibbolet