Donderdag 30 April 2015

Jesus se waarborg staan vir ewig!


Image result for jesus images


Jou Waarborg

Rom 8:31-34: "Hy het Sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red" (vs.32).

Wanneer ons iets nuut koop dan vra ons daarna of ons word vanselfsprekende verseker van ‘n waarborg op die produk. Maar ons weet uit dure ondervinding die goed breek mos altyd net na die waarborg verstryk het. Jesus se waarborg staan vas, as jy gered is, is jy gered.

En as jy na jou redding sondig, lees die waarborg: “ As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh 1:9

Die waarborg lees verder: “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.” 1 Joh 2:1

En verder: “En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.” 1 Joh 2:2

God sien die dieper betekenis, die oneindige volheid van alles wat die bloed van Sy liewe Seun beteken, ten volle raak. Hy ken die volle betekenis van Sy Seun se uitroep: Dit is volbring! Hy sien die groot koopkrag van daardie bloed, wat die Hemele vir sondaars ontsluit.

Wat sê Hy van die volkomenheid van die verlossing? Van die gehoorsaamheid tot die dood toe, van Sy geliefde Seun? Niemand kan God se welbehae in Jesus se offerdood begryp of beskryf nie, maar God se opdrag om dit aan die wêreld te verkondig, bevestig dat ons met vrede en volle veiligheid daarop kan rus. Ons het God se Woord, wat die krag van Jesus se soenoffer vir ons sonde oor en oor aan ons bevestig. Jesus se offerdood aan die kruis red die sondaar wat in Hom vertrou volkome tot in Ewigheid.

Bitter baie mense het nog nie hierdie waarborg nie en ander het afgedwaal. Soek asseblief die aangesig van die HERE in hierdie tyd vir ‘n magtige Herlewing in Suid-Afrika. Dit is ons roeping. – Sjibbolet