“Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
Jesus wil jou doop met die Heilige Gees. Matt 3:11
Vra God om jou met die Heilige Gees te doop. Luk 11:9-13
Die spreek in ‘n Hemelse taal is ‘n uiterlike manifestering van die doping met die Heilige Gees. Hand 2:4
Om met God in die Gees te kan kommunikeer is ‘n Belofte van God aan alle gelowiges. Mark 16:17; Hand 2:39; Rom 8:26
Ontvang die doping in die Heilige Gees soos wat jy jou Wedergeboorte ontvang het – in die Geloof. Maak eenvoudig jou mond oop en begin praat. Hand 2. – Sjibbolet