Wys tans plasings met die etiket Jesus. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jesus. Wys alle plasings

Saterdag 02 Februarie 2019

God se Skeepskaptein

“Ek werp my Net oor die See van Galilea...”













Daniël Carmel

My naam is Daniël Carmei. Ek is in 1964 gebore. My moeder was ‘n jong ongetroude ortodokse Jodin. Ek is opgegee vir aanneming.

My aanneemouers was ‘n gewone liefdevolle Joodse familie wat in die noord-westelike  hawestad van Haifa gewoon het.

Ek was sedert my kinderdae gefassineer deur die see en ek wou altyd graag bevelvoerder van ‘n skip word... ‘n skeepskaptein.
            Na voltooiing van my verpligte militêre diens op ouderdom 21, het ek my droom om skeepskaptein te word, begin najaag. Op 24-karige ouderdom was ek in beheer van sleepbote in die Haifa hawe.

My aanneemouers het dit nie geheim gehou dat ek ‘n aangenome kind was nie. Na ‘n persoonlike krisis op ouderdom 28, het ek besluit om my biologiese moeder te soek. Toe ek my biologiese moeder ontmoet was dit die eerste keer dat ek my drie eie broers en suster ontmoet het. Almal het naby die See van Galilea gewoon. Ek trek toe ook daarheen.

Ek het verblyf en werk gekry op Kibboets Ginosar. My werk was om toeriste in bote heen en weer oor die See van Galilea te neem.
Daniël aan die stuur

Soos wat ek elke dag met toeriste heen en weer oor die see beweeg is ek deur prekende pastore en singende Christene blootgestel aan die Messias Yeshua.

            Ek was beïndruk deur hulle gebede en diep aangeraak deur hulle aanbiddingsliedere Ek het vyf jaar lank oor en oor die dinge bepeins wat ek elke dag gehoor het.

            Toeriste op die bote het my ook van Yeshua vertel en vir my gebid. Vyf jaar lank het dit so aangegaan.

Toe skielik word ek een oggend wakker met ‘n groot liefde vir Yeshua.  Dit was nie vir my ‘n verrassing nie want ek was ‘n geruime tyd al bewus van Sy werkinge in my hart.

            Met hierdie openbaring het my hele lewe verander. Ek het my werk op die bote nie langer as ‘n werk beskou nie, maar as ‘n bediening. Ek was baie lief vir die aanbiddingsliedere wat op die bote gesing word want dit het uiting gegee aan die aanbidding en liefde in my hart vir Yeshua.
            Soms het van die Gelowiges aan boord vir my CD’s van hulle musiek gestuur wat ek weer vir die toeriste aan boord gespeel het. Ons beleef onvergeetlike aanbiddingstye saam.

Daniël lei die passasiers in aanbidding op die See van Galilea

            Musiek was altyd ‘n groot deel van my lewe. Ek het van kleins af die tromme bespeel. Sedert my ontmoeting met Yeshua het my musiek uitgebrei. Ek sing en skryf ook nou aanbiddingsliedere, en ek komponeer dit selfs.

Sedert 2002 het ek my eie musiek bediening “Hebrew Worship Songs.” Ek vertaal ook bekende Engelse liedere na Hebreeus want ek wil graag dat Gelowiges hoor hoe klink hulle liedere in Yeshua se taal. Ook verlang ek dat Israelis hoor van Yeshua deur my musiek.

            Ek is deur die jare by ‘n ander bootmaatskappy aangestel. Toe hulle van my Wedergeboorte hoor, het hulle eers gedink dis dalk goeie besigheid vir hulle, maar soos wat ek gewild geword het, het hulle my as ‘n bedreiging begin beskou en my afgedank.

            Die groepe wat my leer ken het, het  my versoek in vir hulle in hul hotelkamers te sing. Hulle het my ook genooi om in 2006 ‘n die VSA Aanbiddingstoer mee te maak.


Oorkant die See van Galilea is die Golan Hoogtes. Daniël se FAITH is byna halfpad oor die see.
            Toe ek terugkom van daardie toer af het Yeshua my letterlik my eie boot geskenk. Dit was die begin van “Sea of Galilee Worship Boats.”
 In Oktober 2007 het ek my eerste boot ingeseën met die naam “FAITH” en toe ook die maatskappy “Sea of Galilee Worship Boats Ltd” amptelik geopen om tot seën te wees vir Gelowiges reg oor die wêreld en ook aan Israelis ter plaatse.
 My ander boot “Hope”.

            Ek loof die HERE God YAWEH vir al die gaste wat al saam met my oor die see gevaar het en aan my geskryf het hoe betekenisvol en spesiaal dit was om saam Yeshua op die See van Galilea te aanbid. Baie noem dit die hoogtepunt van hul Israelse toer.

            Dit is my gebed dat julle wat Israel nog gaan besoek om saam te reis om ook die teenwoordigheid en salwing van Yeshua op ons bote te belewe.”

Daniël beskryf Yeshua se bediening soos volg: “Daarna het Jesus na die oorkant van die See van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan.” Joh 6:1

“En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.” Joh 6:19-20

“En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom.” Mark 4:39

            “Sea of Galilee Worship Boats” is die enigste redery wat besit en bedryf word deur Joodse Israel Gelowige in Yeshua. – Daniël Carmel

·       Die Vyeboom dra reeds veel vrug. Daar is nou 273 Messiaanse gemeentes in Israel.- Wekroep

Saterdag 03 Februarie 2018

Ons is die Heiligdom


Image result for 1 Pet 2.5


Is ons ‘n “Geestelike Huis gebou met Lewende boustene?”


“En laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis.” 1 Pet 2.5

            Jesus Christus het nie aan die Kruis gesterf sodat ons derduisende kerke moes stig elk met sy eie kamstig suiwer leer nie, die een verskillend van die ander nie.

            Dat daar gemeentes sou wees, ja beslis, maar nie kerkgenootskappe nie... met die gepaardgaande harwar “Hier is die Christus, nee, daar is die Christus” nie.

            Elkeen het sy eie vertolking van wat reg is, netjies gebind in grondwette en ordonnansies en allerlei fatsoenlike name... die grootste verwarring op aarde.

            En daar is haas liefde tussen die spul.

Die liefde is ‘n Koninklike Wet. “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8

            Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” Matt 5:17

Hoe het Jesus toe die Wet vervul?

Net voor Sy vertrek na die Hemel, vra die dissipels Hom: “Meester, wat is die groot gebod in die wet?

“En Jesus antwoord hom: Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

“Dit is die eerste en groot gebod.

“En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

En dan sê Jesus: “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” Matt 22:36-40

Hoe so? Want as jy waarlik liefhet, dan sal jy nooit enige wet oortree nie.

Ons is veronderstel om lewende boustene te wees waarmee God Sy Koninkryk kan bou, ‘n Geestelike Huis, maar sonder sement (Liefde) tussenin sal die spulletjie aanhou intuimel... en steeds nuwe kerke word gestig.

Die Skrif verwys telkemale daana dat ons ander moet liefhê soos onsself.

As jy jou vrou mishandel, hoe lief het jy jouself?As jy die predikant en ander gemeentelede beskinder... hoe lief het jy jouself?

Is dit moontlik om onsself lief te hê?

            Hierdie kan as ‘n meetinstrument beskou word: Hoe lief ek myself het, bepaal hoe lief ek ander het.

            Dit bepaal ook my geestelike stand in Christus.

Liv 19:18 “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.

            Liv 19:34 “Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself...”

            Matt 19:19 “Eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

            Matt 22:39 “En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

            Wat ons ook hieruit leer is dat dit belangrik vir ons is om te weet in watter mate ons onsself lief het.

            Jy moet jouself liefhê. Ontlok hierdie woorde ‘n negatiewe reaksie by jou? Klink dit nie selfsugtig en egoïsties nie?

            Om jouself lief te hê beteken nie om selfgesentreerd of opgeblase  te wees nie. Dit beteken om respek vir jouself te hê, om jouself te beskerm, vir jouself om te gee.

            As jy dus nie vir jouself lief is nie, dan sal jy wraakgierig of haatdraend teenoor ander wees. Dit mag nie so wees nie, dan is daar fout met hoe lief jy jouself het. Is jy wraakgierig en haatdraend met jouself? Sommige mense is. Dit is al bewys dat as mens iemand haat, jy, en nie die ander persoon nie, die eintlike lydende party is.

            Mens weerspieël ook jou liefde vir jouself wanneer jy jou vader en moeder eer. Matt 19:19

            Moet mens die ongereddes ook liefhê? Natuurlik! Mark 12:30 “Jy moet die HERE jou God liefhê (Hoe?) uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. Lees dit weer want dis nogal ‘n gewigte saak.

            En strofe 31: “En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.”

            “Hieraan gelyk” beteken “dieselfde”. As ek God moet liefhê met my hele hart, my hele siel, my hele verstand, my hele krag, dan moet ek my naaste ook so liefhê. Die liefde vir God staan gelyk aan die liefde vir myself en my liefde vir ander. Hoekom? Omdat God vir jou en die ander persoon ewe lief is.

            In die lig hiervan, vra weer: Hoe lief het ek myself?

            “En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.” Kol 3:14. Let op: “Beklee julle met die liefde.” Dis ‘n proses. Hoe lank die proses neem, is hoe lank jy neem om jouself met die liefde te beklee.

            Ongereddes is op pad na die ewige verdoemenis. As iemand nie vir jou en vir my liefgehad het nie, dan was ons ook nog op die verkeerde pad.

            “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die (Koninklike) wet vervul.” Rom 13:8 – Sjibbolet



Sondag 17 Desember 2017

Kersfees gaan oor my en jou


Image result for christmas decorations


Kersfees en die feestelike vieringe rondom dit, gaan nie oor ‘n datum nie, maar oor die rede daarvoor.

            Die hoofrede vir Kersfees is egter nie oor Christus nie, maar oor my en jou.

            Jesus is gebore om te sterwe sodat ek en jy gered kon word, dat ons met God Jaweh versoen kon word. Elke huisgesin, elke gemeente, elke gemeenskap moet jubel oor ons vryheid in Christus.

            As Gelowiges dit kan snap, dat Kersfees gaan oor ons as Wedergeborenes, dink net met watter verbysterende blydskap sal ons dan Kersfees vier.

Almal sal nou heel anders na Kersfees kyk. Almal wat Gelowig is sal besef dit gaan nie oor ‘n verhaal van ‘n baba nie, maar oor die verhaal van elke Gelowige... daarin dat ons Wedergebore is. Ons vier dus ons Wedergeboorte.

Jesus kan nie verjaar nie, Hy is Ewigheid.

            Vergeet van die sogenaamde kersvader... daar is geen plek vir so iemand in die Kerstyd nie.

Dis ons wat vir mekaar geskenke gee om ons te herinner aan wat Kersfees aan ons gegee het, ons Wedergeboorte. Dis ‘n fees oor ons. Ons vier fees, nie omdat Jesus gebore is nie, maar omdat Hy Weer kom. Ons smag met reikhalsende verlange na sy Wederkoms.

            Met ons Wedergeboorte het ons die Ewige Lewe ontvang. Ons liggame kan sterf, maar ons kan nooit.

            Op pad na Bethlehem ry die swanger Maria op ‘n donkie, ‘n paar dae lank deur ruwe terrein. Die enigste plek om te kon kraam was in ‘n stal en die enigste wiegie was ‘n krip. Jesus het op die nederigste manier moontlik hier aangekom.

            Dan word die nuus van Jesus se koms bekendgemaak... en aan wie heel eerste?

            Die vuil herders in die veld. Hulle was so onwelriekend dat hulle nie eers in die tempel toegelaat is nie. Hulle slaap in die veld by rokende vure tussen skape en skaapmis.

            Hulle was as die laagste mense van daardie tyd beskou, alhoewel hulle skape voorsien het vir offerande, het mense hul afstand van hulle gehou.

            By die krip was hulle welkom, want ‘n Engel en ‘n Hemelse Fanfare het hulle die goeie nuus in die veld gebring en gaan roep. Luk 2.

Hulle was genooi. Hulle was ook die eerste mense om aan Jesus geskenke te bring.

            Let ook op dat toe Jesus sy eerste dissipels roep, het Hy ook onwelriekende vistermanne aangestel het. Diegene, herders en vissermanne, wat seker die minste aansien had, is gebruik om voor te loop.

            Dit was dus nie vernaamheid of stand in die lewe  wat die fondament van die Evangelie gelê het nie, maar die Woord.

            Ons bring vandag steeds geskenke aan Jesus in die vorm van siele. Ons wil vir Hom siele inbring om die Getal vol te maak.

            Dink net hoeveel miljoene mense het miljoene spandeer om gereed te maak vir die herdenking van Christus se geboorte.

            As Gelowiges is ons skape. Die predikante is die herders. Herders kan nie lam nie, maar skape moet selfs tot vierlinge kan lam.

            Hoeveel word spandeer om gereed te maak vir Sy Wederkoms? Ons hoef niks te spandeer nie, sorg net dat die oes inkom.



Maandag 09 Oktober 2017

Laat jou lig dan tog net skyn


Image result for Man overboard on a ship at night

Spencer Compton vertel hoe hy een aand in ‘n skip, onderweg na Indië, in sy kajuit gesit het. Hy was erg olik.

Skielik galm die geroep van die dek af: "Man oorboord!"

Hy het opgespring. Wat kan hy doen? Hy is nie bevoeg om in die donker water na die man te gaan soek nie. Op die ingewing van die oomblik haak hy sy lig van die dakhaak af en hou dit voor die luik van sy kajuit, sodat die lig buite toe kan skyn.

Skaars 'n halfminuut later kom die blye krete: "Alles reg! Hy is gered!" Hy haak die lig terug op sy plek en gaan voort met die boek wat hy so olik sit en lees.

Die volgende oggend word hy vertel dat dit sy lig is wat die man se redding moontlik gemaak het.
Net toe hy sy lamp voor die luik hou, skyn die lig reg op die man af en die matrose kon hom raaksien en uit die see haal.

            Ons is nie almal in staat om groot dade te verrig om vir die HERE nuttig te wees nie. Dit is die geringe daad, die geringe getuienis, op die regte oomblik, wat so baie kan regkry.

            Dit is nie ons krag wat ander red nie. Dit is God se krag wat ons klein bydrae gebruik om Sy groot dinge mee uit te voer.

            Dit is met die broodjies en die vissies gebeur het. God se vermenigvuldende krag het gesorg dat vyf duisend man en hul vroue en kinders gevoed kon word.

            Skrywer het baie jare geklede ook een nag oorboord geval en in ‘n stikke duisternis onder die water verdwyn. Een man het agterna geduik. Hy vertel agterna, hy kon niks sien nie, hy het met sy hande in die duisternis rondgetas en gehoop hy vat skrywer dalk raak.

            Uiteindelik het hy geslaag en my na die oppervlak gebring. Die redder het absoluut niks gehad om hom te help nie. Net geloof  het die deurslag gegee.

            Hy was ‘n man van so 50 jaar oud en dit was die eerste keer in sy lewe dat hy iemand gered het.
            Ons bevind ons vandag ook in ‘n duistere wêreld. Gebruik net jou hoop en geloof en bring die siele in. Red hulle.

"Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die Hemel is, verheerlik." Matt 5:16

Maandag 25 September 2017

Kinders beskerm hul skole in Hemelse Tale


Image result for 3 school walking around a school

Christie Schmidt van Bloemfontein vertel:

“So ‘n ent van die skool stap ‘n man en drie skoolkinders van verskillende skole. Toe ek stop om die hek oop te sluit, kom hulle verby en ek hoor hulle loop en bid in Hemelse tale.
            “Ek vra: Hoekom doen jul dit en hulle antwoord: ‘Want juffrou, satan is besig in al sy glorie om kinders aan te val en te vernietig. Daar is nie meer respek in huise vir ‘n ouer en God nie. Ons God word nie meer geëer nie. Dis hoekom ons loop en bid alom die Hoërskool,die Laerskool en julle Kleuterskool. Satan steel lewens - Dis hoekom ons intree.’
            “Lank na hulle weg is vee ek nog trane af oor die werklikheid van die gesprek.
            “Kinders loop en bid – en boonop in Hemelse tale – terwyl ons as volwassenes te bang is om Jesus se Naam in ons werkplek te noem of selfs te bid. So baie sê ons is ‘n Christelike instelling of Christelik georiënteerd.... maar waar word Jesus in die werkplek geëer en aanbid?
            “Jesus is die sleutel tot alles... en tog... is baie bereid om tevrede te wees met afgewaterde godsdiens en louheid.
            Satan loop soos ‘n brullende leeu.... en wat maak jy daarmee?”
            Christie se belewenis is vir die tyd waarin ons leef, heeltemal normaal.
          Die jongste syfer van die VN is dat 29 miljoen moeders en kinders oor die wêreld heen in mensehandel misbruik is, ook in Suid-Afrika. Geen vrou of kind is veilig nie – behalwe in Jesus hoede.
            Kort gelede is ‘n man in Gauteng gekaap. Hy het die hele tyd in sy Hemelse taal gebid. Die kapers het hom ongeskonde laat wegry.
            Maar skoolkinders van drie verskillende skole wat in die straat stap en in Hemelse tale bid... Dis ‘n wonderwerk in die tyd waarin ons leef. Dit dui die Einde van die Tyd aan: ‘Dis die laaste uur,’ soos wat Danie Botha ook sing.
            Let op: “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.” Joël 2:28
            Wat beteken dit om met die verstand te bid? Dit is eenvoudig maar net wanneer jy in `n menslike taal soos Afrikaans of Engels bid. Hoekom? Jou verstand dra vrug.
En as jy met die gees bid dra jou gees die vrug.  1 Kor 14:14 leer ons dat om in ‘n Hemelse taal te bid is om met jou gees te bid. Hoekom is dit so belangrik om met die gees te bid? Jesus sê: “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”
Let op: “Maar daar kom 'n uur (wanneer?), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.” Joh 4:23
Strofe 15  van 1 Kor 14 dui daarop dat ons eerstens met die gees moet bid en daarna met die verstand moet bid. Dit lees ook dat ons selfs psalms sal sing in ons Hemelse tale. Het jy al 2 000 mense in Rome in tale hoor sing?
Paulus sê onomwonde, “ook met die verstand”, nie sommer net “met die verstand” nie, maar “ook met die verstand…”
“En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge (Hemelse taal). En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.” Rom 8:26
‘n Hemelse taal ontvang mens by die doping met die Heilige Gees en net die Heilige Gees kan daardie taal verstaan. Wanneer jy in jou Hemelse taal bid is jou verstand onvrugbaar. Net die Heilige Gees kan jou verstaan.
Dit is alles dui op die naderende Wederkoms van Jesus Christus. Die nag is ver gevorder. Loof die HERE as jy in afwagting leef.

Dinsdag 30 Mei 2017

Wat maak ons met al die mag en die gesag wat aan ons gegee is?


Image result for jesus praat met die mense


Geseënd is julle in die naam van Jesus Christus! O ja, ek en jy is beslis geseënd. Let op die volgende (wat Hy vir my en jou in Sy Testament nagelaat het):
          Moenie bid vir seëninge nie, want God het “ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,” Efes. 1:4 Ons triomf berus op Lofprysinge want ons is reeds geseën.
          Moenie God soebat om iets vir ons te gee of te doen nie, want “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Rom. 8:32. Weer berus ons triomf op Lofprysinge want Hy skenk ons alles genadiglik.
          Moenie bid vir dit wat tot die lewe en Godsaligheid lei nie, want “Immers, sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en Godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die Goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. 2 Pet. 1:3-4.
          In hierdie drama van Geloof is daar twee betrokkenes: God, die Algoede Gewer en jy, die bloed-gewaste ontvanger.
          God, die Algoede Gewer het reeds “alles aan ons geskenk wat tot die lewe en Godsvrug dien.” En weer berus ons triomf in Lofprysinge vir alles wat ons reeds as geskenk ontvang het.
          Moenie hoop en bid vir opbrengs en toename nie, want “Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.” Ps. 67:5-7. Nogmaals berus ons triomf op Lofprysinge en dan kom die opbrengs en die toename.
          Moenie bid en neul vir genesing nie en dalk daardeur voorgee dat daar iets skort in God se voorsiening vir ons genesing nie, want “Hy het self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.” 2 Pet. 2:24. Ons triomf berus weer op Lofprysinge want ons is reeds genees.
          Moenie die doping in die Heilige Gees benader asof dit iets is wat mens van God moet afsmeek nie, want “Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hand. 2:38. En weer, Lofprysinge is ons triomf vir die gawe van die Heilige Gees. Ontvang net die Heilige Gees in jou lewe soos wat jy die wedergeboorte ontvang het.
          “Alles behoort aan ons.” 1 Kor. 3:21. Lofprysinge is ons triomf vir alles wat ons nodig het want alles behoort aan ons.
               Nou kan jy sien wat word bedoel met kennis en dat die Woord ‘n lamp is. Sonder kennis en sonder ‘n lamp ly mense ontsettend gebrek.
          Nou verstaan jy ook: “En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie. Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.” Jes. 5:12-13
          God bevestig dit aan Hosea: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.” Hos. 4:6
          Mens moet jouself met Lofprysinge beklee.
          Let op watter mag en gesag God ons ook gegee het:
          “Want ons (ek en jy) se worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Efes 6:12 Dit beteken dat ons as Christene by totale oorlogvoering betrokke is teen verskeie onsigbare leërinstellings...  wesens sonder fisiese liggame. Hulle ontvang hul opdragte vanaf ‘n hoofkwartier wat in die ruimte gevestig is. Hulle doel is ‘n globale oorname.
          Gebeure die afgelope jare en ‘n toename van belangstelling in die okkulte en die geestelike werkinge het Christene genoop om inligting en raad te kry oor geestelike oorlogvoering.
          Alhoewel die klem in die verlede op die bedrywighede van demone geval het, begin al hoe meer Christene besef dat demone nie die hoof kragte is wat ons bedreig nie.
          Omdat ons oorlogvoering op ‘n geestelike vlak afspeel, het God aan ons wapens voorsien om in hierdie besondere oorlog te kan optree.
          “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.” 2 Kor 10:3-5
          Hierdie wapens is dus nie fisies nie, maar geestelik, en “kragtig deur God om (satan se) vestings neer te werp” asook “om planne te verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.”
          Alhoewel dit die magtigste wapens is, sê die HERE in Sag. 4:6 “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.”
          Kyk weer: “Om elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God...” Dit kom vanaf die satan se geestelike koninkryk in die “lug”.
          Daar is net twee magte op die aarde aan die werk, die mag van God en die mag van die satan. Die twee staan lynreg teenoor mekaar. Satan wil God se koninkryk vernietig en ons is die soldate wat die mag het om die aanslag af te weer en die satan se werke te vernietig.
          Jy sê maar jy het geen krag vir so iets nie! “... en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap.” Kol 1:9-14
          Ons, die ware gelowiges, is die enigste mense op aarde wat die mag het om hierdie wapens op te neem en die sataniese koninkryk te vernietig.
          Die mees belangrikste aspek van hierdie oorlog egter, is om te onthou dat God deur Jesus Christus reeds die werke  van satan totaal vernietig het. Ons moet dus op ‘n vlak van oorwinning lewe.
          In Kol. 2:15 staan dat God die “vyandskap” van die satan “tot niet gemaak het” deur sy “vrede” wat hy tussen Christus en ons bewerk het sodat ons en Christus nou een is.
          Dit word herhaal in 1 Kor. 2:14 “Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.” ‘n Triomf is nie net die eintlike oorwinning wat behaal word nie, maar die feesvieringe van die oorwinning wat reeds behaal is.
          Net terloops: Ons weet dat die volk ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis, maar daardie kennis moet deur ons versprei word want 1 Kor. 2:14 sê God wil die reuk van Sy kennis deur ons versprei.
          Christus het die oorwinning oor satan namens ons behaal, maar Christus het die verantwoordelikheid aan ons opgedra om die oorwinning te bevestig en dit te administreer namens Hom.
          Daarvoor moet ons in oorlogsdrag geklee wees, aldus Efes. 6:13. Dit bestaan uit ses dinge:

·       Ons lende omgord met die Waarheid
·       Met die borswapen van geregtigheid
·       Skoene aan ons voete (die bereidheid vir die Evangelie van vrede)
·       Die skild van die geloof
·       Die helm van Verlossing
·       En die swaard van die Gees.

          In hierdie oorlog tree ons op “met alle gebed en smeking en by elke geleentheid te bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.”
          Hierdie ses dinge is egter alles ter verdediging, behalwe die Swaard wat gebruik word om aan te val. Dis hoekom ons die Woord (Swaard) moet ken.
          Met ‘n swaard kan mens egter maar net armlengte veg, maar in die gebed (op die geestelike vlak) is daar geen beperkinge nie.
          Bid... in die Gees... Efes 6:18 ontbloot dat hierdie wapen se effektiwiteit nie beperk kan word deur spasie of tyd nie. “... terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees.”
          Dr  FJ Heugel, in sy boek, Gebede wat geskiedenis gemaak het, sê: “Gebed is die magtigste en verrykendste geestelike wapen wat aan gelowiges gegee is. Dis byna soos ‘n interkontinentale ballistiese missiel... Inderdaad is gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak.  Nie dat gebed as sodanig magtig is nie, maar onse God is!”
          Ons wapenarsenaal bestaan onder meer uit:

·       Die Woord van God, die naam van Jesus Christus en die Bloed van Jesus.
·       Al drie wapens word deur dieselfde kanaal gelanseer: Die mond.
·       Die mond doen dit deur gebed, lofprysinge, getuienis en prediking.

          Wat hier uitstaan is gebed, spesifiek twee tipes aggressiewe gebed:

Bind en ontbind
Die eerste is die gebed van bind en ontbind. Jesus sê aan Petrus is Matt. 16:19 “En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”
          Deur hierdie woorde het God aan Petrus ‘n enorme geestelike gesag toegeken – gesag wat op die aarde uitgeoefen kan word, terwyl dit ook in die Hemel van krag is.
          Dit is duidelik dat God aan Petrus hierdie mag gegee het omdat Petrus dit sou nodig kry.  Dit beteken dat ons dit ook nodig het. Hoe weet ons dit?
          In Matt. 18:18-20 sê Jesus: “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
          “Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
          “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.”
          Die woord “saamstem” heet “sumphoneo” in die Grieks en beteken simfonie in Afrikaans. Dit beteken dus nie net saamstem op intellektuele gebied nie, maar soos in  musikale harmonie.
          Met ander woorde: As twee van julle kan harmoniseer oor enige saak wat julle mag vra, dan sal dit julle ten deel val.
          Dit is harmonie in die Gees, nie net ‘n besluit deur die verstand rakende ‘n gebedslysie nie. Ons neem baie besluite oor gebed sonder dat dit in harmonie is. Die Godsaak gaan nie oor besluite of stemme vir en teen nie, dit moet elke keer gaan oor almal saam in harmonie.
          Jesus gaan dan verder:  “...waar twee of drie in my Naam vergader....” Die Grieks lees: “Waar twee of drie gelei is om eendragtig in harmonie saam te vergader.” Om gelei te kan word vra om ‘n leier. Die Heilige Gees is die leier.
          “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” Rom. 8:14
          Jesus praat dus van gelowiges wat deur die Heilige Gees bymekaar gebring is, gefokus op die persoon van Jesus Christus en dus verteenwoordig deur Sy Naam.
          Hy sê dus: “Wanneer julle gelei is deur My Gees om saam te kom en julle is in  harmonie, dan kan julle reken op My teenwoordigheid.
          Die uitoefening van hierdie gesag hang dus af van die leiding van die Heilige Gees en waar ons in harmonie saam is met ons mede-gelowiges.
          Wanneer Jesus sê “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees,” dan dui dit nie op twee aksies nie, maar een.
          Inderdaad kom dit daarop neer dat wat ons bind of losmaak, is reeds in die Hemel gebind of losgemaak.
          In die aardse gebeurtenis dui dit op die gelowige se verantwoordelikheid en in die Hemelse gebeurtenis dui dit op God se soewereiniteit. Dit wat plaasvind is onherroepbaar.
          Alles wat ons op die aarde bind is in die Hemel gebonde. Wat ons op die aarde losmaak, is in die Hemel losgemaak. Wat ons besluit is ‘n reeds gedane saak.
          Nogtans plaas dit ‘n verantwoordelikheid op ons want die effektiwiteit van die bind en die losmaak vind eers plaas wanneer ons bid.
          Sien dit ook soos volg: Ons almal is reeds gered, maar dit vind in effek eers plaas wanneer ons tot aksie oorgaan en Christus as Saligmaker aanneem in gebed. Christus het gesterf sodat ons almal gered kan word. Dis inderdaad ook Sy gebed dat ons en Hy almal een moet wees.
          Die HERE sê Hy ken ons nog voordat ons die moederskoot ingegaan het, maar ons het in effek eers mens geword toe twee selle met mekaar verbind het.
          Ons bid: “HERE, laat U wil geskied, soos in die Hemel en so ook op die aarde.” Die werklikheid is dat alles reeds in die Hemel plaasgevind het, maar dis ons verantwoordelikheid om dit op die aarde te implementeer. Dis byna verbysterend, dog feit!
          Ons neem so maklik die houding aan om te wag dat God moet reageer, maar talle kere wag God op ons. Hy wag al baie lank op ons.
          Dis ons wat dit wat ruimskoots aan ons geskenk is, in werking moet stel.
          Ons almal, alle gelowiges, het ‘n geweldige verantwoordelikheid om Jesus se onvoltooide werk op aarde voort te sit!
          Kyk weer: Wanneer julle deur die Heilige Gees gelei in harmonie in die naam van Jesus Christus bymekaarkom dan dui dit ook op die korrekte verhouding tussen ons – gelowiges wat in die regte verhouding met mekaar en met God staan. Solank gelowiges nie in ‘n eerbare korrekte verhouding met mekaar lewe nie, kan daar geen antwoord op gebed wees nie.
          God het ons genooi om Sy troon met Hom te deel: “Uit genade is julle gered – en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus. Efes 2:5-6 Nogtans kan ons nie daar sit sonder om aan ‘n paar voorwaardes te voldoen nie.
          Om te bind en om los te maak sluit feitlik elke moontlike situasie in
·       As onheilsmagte  aan die werk is, kan ons hulle bind
·       So kan ons ook voorrade en voorsiening losmaak
·       As mense in een of ander vorm van binding is dan kan ons hulle losmaak

          Jesus gaan verder: “As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.”
          In die twee genoemde strofes is ingesluit al die gesag wat ons ooit nodig sal hê in gebed.

Die bind van die sterk man
In Matt 12:28-29 lees ons: “Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.”
          ‘n Strofe wat hiermee saamloop is Luk. 11:20-22 “Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.
          “Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.
          “Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.”
          Ten eerste dui dit op Jesus en die satan. Die satan was die sterk man in sy paleis en niemand kon hom teenstaan nie. Die wêreld was onder sy beheer. Jesus het die satan egter oorweldig en sy mondering waarop hy vertrou het, van hom af weggeneem.
          Dit is in ooreenstemming met Kol. 2:15 “...nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar ten toon gestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.”
          Christus het selfs die dood namens ons oorwin. Dood het vir die kind van God geen angel meer nie. Gelowiges gaan nie dood nie, hulle verhuis net want hulle het die Ewige Lewe. Hulle verwissel bloot die tydelike met die Ewige.
          Neem kennis daarvan dat die satan ongewapend is. Dis ons wat bewapen is. Nadat Jesus oor die satan triomfeer het “deel Hy sy buit uit.” Hy wys na alles wat satan in sy paleis gehad het en sê aan ons “help julleself”.
          Maar ons het ‘n belangrike verantwoordelikheid – dit is ons verantwoordelikheid om Jesus se triomf oor die satan te administreer.
          Ons deel dus in die bind van die sterk man soos wat Mattheus dit verduidelik: “Hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie?”
          Dit wil,voorkom dat die Heilige Gees aandui dat meeste van ons aktiwiteite oneffektief in meeste situasies sal wees as ons nie eers die sterk man gebind het nie.
          Ons wil sy goed van hom af wegneem, maar ons het hom nog nie gebind nie. Die gevolg is dat ons baie van ons tyd en kragte misbruik deur sy aanvalle te probeer afkeer. Dit verhinder ons om sy goed te vernietig of sy gevangenes vry te stel. Ons mag dalk effe resultate kry, maar glad nie in vergelyking met die triomf wat ons sal behaal as ons hom eers in die naam van Jesus Christus bind nie.
          ‘n Vrou vra eendag: “Bid asseblief dat my man sal ophou drink. Hy drink erg en rand my gedurig aan.”
          Ons het nie gebid nie, maar haar teruggestuur huis toe juis met die opdrag dat wanneer haar man daardie nag slaap, sy haar hand op hom moet lê en die sterk man in sy tempelhuis moet bind en uitdryf en die Heilige Gees vra om haar man te beset sodat hy gered kan word.
          Die man is geen dronklap nie, hy is ‘n verlore sondaar. Dit gaan nie oor die drank nie, maar oor sy siel. Wanneer sy siel gered is, verdwyn die drankprobleem vanself, want die mag van die drank word verbreek.
          Moenie bid dat sondaars ophou sonde doen nie, kry hulle as verlorenes lief met die liefde van Christus en bid dat hulle wedergebore sal word.
          Sien egter ook Lukas11:24-6  Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit uitgevee en versierd. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
          Dit is waarom mens ewewigtige lering moet gee. Die mens uit wie die onheil verdryf is, moet sy lewe nou volmaak met die Heilige Gees en die Woord sodat wanneer die onreine gees probeer terugkeer hy die huis beset sal vind. Dit geld vir individue maar ook vir groepe en gemeentes.
          Aanvaar dit, ons het ‘n verantwoordelikheid dat, in watter situasie God ons ook al plaas, ons ‘n bediening ontvang het, deel daarvan om die sterk man te bind en sy werke te vernietig in die naam van Jesus Christus.
          Kyk na die voorbeeld in Daniël 10. Voordat Daniël antwoord op sy gebed vir Israel kon kry, moes hy eers die magte van die prins van Persië (Iran) oorwin. Die prins was die besondere sterk man wat satan se belange daar verteenwoordig het en die volk Israel in daardie tyd onderdruk het. Vandag sweer Iran hy sal Israel uitwis.
          Laat ons die sterk man in die manne en vroue rondom ons bind. Daar is baie van hulle in satan se koninkryk, op baie vlakke van gesag selfs. Hulle kom voor op alle vlakke van die samelewing en selfs in ons eie families en gesinne. Dis ons verantwoordelik om in harmonie saam te staan in gebed en die sterk manne in hierdie mense se lewens te bind in die naam van Jesus Christus.
          Ons kan onsself baie harde werk en tyd spaar as ons, ons verantwoordelikheid besef en met die sterk man afreken. Dis die een manier van bid.

Ons het die mag. Dis aan ons gegee.
“En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.” Matt 10:1
          “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Mark 16:17-18
          “Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” Luk 10:19
          “Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.” Matt 10:8
          “Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.” Joh 12:31
          “... en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” Joh 16:11
          “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” Joh 16:33
          En ook Efes 1:17-23 “Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
          “verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;
          “en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte
          “wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,
          “bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
          “En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.”
          En ook Heb. 2:14-15 “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.”
          Nou begin ons Jak. 4:7 verstaan: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” (want ons het die mag, die gesag om dit te doen).
          “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.” 1 Pet 5:8-9 (en weer, want ons het die mag en die gesag om dit te kan en moet doen).
          “Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.” 1 Joh 2:14b
          “Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.” 1 Joh 3:8b
          So sien ons keer op keer dat die satan reeds verslaan is, maar dis ons verantwoordelikheid om dit op aarde te verwesenlik. Ons het ‘n keuse: Ons kan of onder die satan se heerskappy staan, of ons kan in oorwinning aan God se kant kom staan en oor die satan en sy magte heers.
          “Julle is uit God, my kinders, en het hulle (die vyand) oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.” 1 Joh 4:4
          “Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.” Openb 1:17-18
          “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.” Openb 12:11

Heilige Gees-gedrewe gebed
Die ander manier van bid is spesifieke, doelgerigte aanhoudende gebede soos ingegee deur die Heilige Gees. Daar is twee voorbeelde in die Ou Testament:
          In Josua 8 is die kinders van Israel besig om ‘n stad in te neem toe God te midde van die oorlog aan Josua iets sê wat geen militêre betekenis hoegenaamd gehad het nie.
          “En die HERE het vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.” Jos 8:18
          Die uitgesteekte spies het geen militêre waarde gehad nie, maar wel geestelik waarde.
          In strofes wat volg word vertel hoe dat die Israeliete die stad oorgeneem en vernietig het. In strofe 26 volg dan die volgende: “En Josua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref het nie.”
          Josua het sy arm met die spies uitgesteek toe die oorlog begin het en dit in daardie posisie gehou, spesifiek gerig teen Ai, totdat die totale oorwinning behaal is.
          Die spies het militêr niks uitgerig nie, maar op die geestelike vlak het Josua God se belofte oor Ai aangegryp en dit opgeeis tot op die oomblik van die oorwinning.
          Dit dui op God-gegewe, deurdringende, onwankelbare, doelgerigte gebed, soos ook in Luk 5-10. As die man wat die brode in die nag kom vra het, opgehou het om te klop, het hy nooit die brode ontvang nie. Dit was juis sy doelgerigte aanhoudende (irriterende) geklop wat hom die brode besorg het. En dan Jesus se belofte: As jy klop dan sal daar (beslis) vir jou oopgemaak word.
          Sommige mense beweeg die spies die wêreld vol in plaas daarvan om gefokus, doelgerig, spesifiek te bly.
          Dawid beklemtoon, veral in die Psalms die vernietiging van die vyande sodat hulle nie eers geleentheid het om op te staan nie. Hy sê in Ps. 18:43 “Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.”
          God is ontevrede met ‘n gedeeltelike oorwinning. Baie keer bereik Christene ‘n gedeeltelike oorwinning en dan laat sak hulle die spies. God gaan nooit ‘n kompromie aan nie. Hy leef nie in grys areas nie.
          In 2 Kon 13:15-19 is Elisa op sy sterfbed wanneer hy aan Joas ‘n opdrag gee. Israel is uit die ooste bedreig deur Sirië en Elisa wou voorsiening maak om die bedreiging af te weer.
          “En toe Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!
          “Daarop sê Elísa vir hom: Neem ‘n boog en pyle. En hy het vir hom ‘n boog en pyle geneem.
          “En hy sê vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê.
          “Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: ‘n Pyl van oorwinning van die HERE en ‘n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.
          “Verder sê hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sê hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou.
          “Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan.”
          Hier sien ons weer ‘n pragtige beeld van Gees-gerigte en Gees-bekragtigde gebed.
          Die venster het na die ooste oopgemaak. Dit wys op rigting. Die Siriërs sou vanuit die ooste aanval. Die pyl is deur daardie venster in daardie rigting gerig. Wat is die betekenis van die koning wat sy hand op die boog plaas en die profeet wat sy hand op die koning sin plaas? Dit dui aan dat die bron van die profeet se gesag – die Heilige Gees – besig was om die koning te bekragtig toe hy die pyl in die rigting van Sirië afgevuur het. Dit dui ook op harmonie en eendragtigheid.
          Maar, omdat hy net drie maal in plaas van vyf maal geslaan het, was die oorwinning beperk. Die slag moes later herhaal word soos wat ons lees in Matt 13:25 “En Joas, die seun van Jóahas, het weer die stede uit die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, teruggeneem wat hy aan sy vader Jóahas in die oorlog ontruk het; Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.”
          Dit beteken dat sukses op die natuurlike vlak is afhanklik van geestelike kragte. As mens die oorwinning op die geestelike vlak behaal, dan sal dit die deurslag gee op die militêre, die politieke, die sosiale of ekonomiese vlak.
          Die geestelike vlak is deurslaggewend en ons vernaamste wapen is en bly Gees-gerigte, Gees-bekragtigde, deurdringende gebed. Joas het misluk omdat hy nie genoegsame vasberadenheid op die geestelike vlak toegepas het nie. Aan die ander kant het Joshua sy spies gerig gehou totdat die oorwinning volkome was.
          Tydens die Yom Kippoer Oorlog, 1973/74, was die Israeliete in die sinagoges in gebed toe alarm gemaak word dat Sirië Israel oor Berg Hermon en die Golan Hoogtes aanval. Daar was geen vooraf waarskuwing nie. Die Israelse intelligensiedienste was van niks bewus nie.
          Reg oor die wêreld is miljoene Christene daagliks in gebed vir Israel, meer spesifiek Jerusalem. Noodseine is wêreldwyd uitgestuur.
          Sowat 400 Israelse soldate het opgeruk na Berg Hermon om ‘n oormag van sowat 7 000 Siriërs die hoof te bied.
          ‘n Wedergebore Israelse leëroffisier het aan ons vertel dat die Israelse soldate besef het hulle het geen kans teen die oormag nie. Hulle egter besluit om tot die dood toe te veg om die Israelse Weermag geleentheid te gun om op dreef te kom.
          Toe die skietery begin het ‘n reuse hand vanuit die hemele verskyn, byna so groot soos ‘n stel rugbypale. Die hand was met die palm na die Siriërs gekeer en het die Siriërs begin terugdryf met die Israelse soldate agterna.
          By die Golan Hoogtes was ‘n konvooi van reuse tenks al kronkelende die hoogtes af na Ein Gev. Die opdrag, is later vertel, was om, om die See van Galilea te beweeg en Tiberias gelyk met die aarde te maak.
          Daarna moes die tenks die hoogte uit en Porea Eilat vernietig en verder aan beweeg.
          Maar die voorste tenk, so het die offisier aan ons vertel, het skielik stilgehou. Die bestuurder het later vertel dat hy duidelik oor die senders die boodskap kon hoor dat hy moet stilhou, alhoewel sy aanvanklike opdrag was om nooit stil te hou en die konvooi in beweging te hou.
          Dit was ‘n indrukwekkende gesig, die lang dodelike kronkelende konvooi wat skielik stilhou. Dit het die Israelse Weermag geleentheid gegun om op dreef te kom en aan te val.
          Daar is baie Christene en sendelinge in Israel, die meeste woon permanent daar. Oral het Christene en Jode die vyand in die Gees getakel.
          Ons is vertel van ‘n oormag Siriërs wat hulself tussen die duine aan drie Israelse soldate oorgegee het. Eers toe hulle die vyand veilig in ‘n interneringskamp toegesluit het, wou die driestuks weet waarom die oormag oorgegee het.
          Die vyand het geantwoord dat hulle geen kans gestaan het ten die geweldige oormag aan Israel kant nie. Wie was oormag? Engele natuurlik. En waarom was hulle daar? Hulle het gereageer op die noodoproep van die biddende Christene en Jode, plaaslike en Internasionaal.
          Die skrywer en ‘n groep wedergeborenes was op ‘n eiesoortige sending op pad na Israel toe die oorlog uitbreek. Hulle het honderde klein Nuwe Testamente na Jode en Arabiere gesmokkel. Vandag is daar 271 Wedergebore Joodse gemeentes in en om Israel.
          Wanneer die Here sê dat Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit ‘n opdrag wat eenvoudig uitgevoer moet(!) word, al is dit ook hoe moeilik. As daar nie vrede in die land is nie, dan is dit heel waarskynlik omdat die Liggaam nie vir die regering bid nie.
          Die Here is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: “Die koning se hart  is in die hand van die Here soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil.”
          Die nuwe vertaling lees: “Die Here kan ‘n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!” Skitterend!
          So, kom maar gerus u plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar hulle is in beheer.
          Luister wat sê Psalm 149 oor “Lofgesang en Oorlogswaard”:

          Halleluja! Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied,
          Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
          Laat Israel hom verheug in sy Maker;
          Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!
         Laat hulle Sy naam loof in koordans,
          Hom psalm sing met tamboeryn en siter.
          (Hoekom?)
          Want die Here het ‘n welbehae in Sy volk;
          Hy versier die ootmoediges met heil.
          Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;
Laat hulle jubel op hul bedde.
Lofverheffinge van God is in hulle keel,
en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;
(Hoekom?)
om wraak te oefen onder die heidene,
strafgerigte onder die volke;
om hulle konings met kettings te bind
en hulle edeles met ysterboeie;
(Hoekom?)
om ‘n vonnis wat opgeskrywe is,
aan hulle te voltrek.
‘n Eer is dit vir Sy gunsgenote!
Halleluja!
       
          Dus, nie deur krag of geweld nie, maar deur lofprysinge aan die God van ons heil. Lofprysinge is ‘n tweesnydende swaard: Terwyl ons God loof, oefen ons ook wraak uit onder die heidene, strafgerigte onder die volke, om hulle konings in kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie…… Waarom? Om ‘n vonnis te voltrek wat reeds opgeskrywe is!
          In 2 Pet. 1:2 staan: “Mag genade en vrede vir julle vermeerder word  (hoe?) deur die kennis van God en Jesus, onse Here!
          As ons bely dat ons Christene is dat is ons verplig om die kennis wat die Woord ons bied, op te doen...  sodat genade en vrede vir ons kan vermeerder. – Sjibbolet