Wys tans plasings met die etiket Afrikaans; geregtigheid; Spiritual and Regional; Bid vir S.A. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Afrikaans; geregtigheid; Spiritual and Regional; Bid vir S.A. Wys alle plasings

Maandag 26 Maart 2018

Vinniger as 'n oogknik


Image result for bybel


Skielik!

Die woord “skielik” kom nege keer voor in die Nuwe Testament en agt keer het dit betrekking op die snel en bonatuurlike ingryping van die HERE.


Mark. 13:36 – “dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.”

Luk. 2:13 – “En skielik was daar saam met die Engel ‘n menigte van die Hemelse leërskare wat God prys en sê:”

Luk. 21:34 – “Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.”

Hand. 2:2 – “En daar kom skielik uit die Hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.”

Hand. 16:26 – “En skielik kom daar ‘n groot aardskudding, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.”



Iets van hierdie genoemde eienskappe sal gepaard gaan met die skielike verskyning van Jesus op die wolke vir Sy Heilige Bruid. Die HERE werk soms stadig en geleidelik, maar in hierdie geval, gaan dit skielik wees, vinniger as ‘n blits, vinniger as ‘n oogknik!

            Wees gereed. Verwag Hom met ‘n tintelende opgewondenheid. Kyk op... dis nie meer lank nie.

Vrydag 23 Maart 2018

Ons Denke is soms ‘n Slagveld...


Image result for die Bybel


Sonder 0ns Swaard bereik ons Niks


Wanneer ons Wedergebore word, gebeur daar iets groots en besonders in ons lewens. Ons gees word onmiddellik getransformeer na ‘n nuwe Lewe... die Ewige Lewe.

            “Hoor die Woord van die HERE!  Want die HERE het ‘n regsaak  met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.” Hosea: 4:1.

            As iemand in Christus is, is hy ‘n Nuwe Skepsel;  die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.  2 Kor. 5:17.

            En daarby die opdrag:  Word VERNUWE in julle GEMOED (DENKE)! Rom. 12:2. Hierdie vernuwing is dringend noodsaaklik en is ons sleutel tot ‘n oorvloedige geseënde toekoms.

            Dit is van kardinale belang dat ons die Woord moet ken. Die Woord is ons Swaard waarmee ons terugslaan wanner negatiewe gedagtes ons wil oorval. Toe die satan dit met Jesus na sy lang vas probeer het, was Jesus gereed om met die Woord terug te slaan.

            Toe hy dit met Andrew Wommack probeer het, het Wommack sy swaar getrek... hoekom? Want hy kon. Die nuus van Wommack se seun se skielike dood sou menige Christen teen die grond vasdruk. Wommack het sy swaar getrek en sy seun het opgestaan uit die dood.

            Hoe wandel mens is die Gees. Deur die Woord te ken. Negatiewe gedagtes kan jou uitroei. Dit bring niks voort nie behalwe verderf. Jy wen niks daarby nie.

            Jy triomfeer egter wanneer jy die negatiewe met die positiewe Woord vervang. Mense sê so maklik: “Ek is bevrees”, of “Ek is bang...” Jy is nie veronderstel om ooit te vrees of bang te wees nie.

            As so iets jou oorkom, pluk jou swaard uit: “Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim 1:7

          Maar hoe, word ‘n mens vernuwe in jou gemoed, in jou denke? Dis iets wat ons moet doen... word vernuwe...

          Wedergeboorte en bekering vind saam plaas, en daarna voortgesette bekering. So word jy vernuwe – deur jou te reinig en op te bou deur middel van die Woord, die Bybel – wat ‘n lamp is vir jou voet! Mediteer op die Woord, maak dit deel van jou hele menswees.

          Mens bou vir jou ‘n Swaard met die Woord. En so doen mens dit. Bely onder meer gereeld die volgende strofes (en daar is talryke meer boublokke beskikbaar):

          “Een ding weet ek  (Jou naam) ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus!”  Fil. 3:14.

          “Ek (Jou naam) is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.”  Fil. 4:13.

          “Immers, Sy Goddelike krag het my (Jou naam)  alles geskenk wat tot die lewe en Godsvrug dien, deur die kennis  van Hom wat my geroep het deur Sy heerlikheid en deug, waardeur Hy my die grootste en kosbaarste beloftes geskenk het, sodat ek daardeur ‘n deelgenoot  kan word van die Goddelike natuur, nadat ek die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”  2 Pet. 1:3-4.

          “Vir my (Jou naam) is die Koninkryk van God geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.”  Rom. 14:17.

          “Ek (Jou naam) bid tot die Vader in Jesus se naam en ek ontvang sodat my blydskap volkome kan wees.”  Joh. 16:23-24.

          “Ek (Jou naam) weier om te twyfel, want dan kan ek nie eers iets van die Here ontvang as ek twyfel nie.”  Jak. 1:7.

          “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid aan my (Jou naam) die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop (hoop soos in toekomsfeit. en nie “ek wens nie) deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ek ‘n onverganklike en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die Hemele bewaar is vir my, wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.  Pet. 1:3-5.”

           “As ek (Jou naam) my sondes bely, is Hy getrou en regverdig om my die sondes te vergewe en my van alle ongeregtigheid te reinig.” Joh. 1:9.

          “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat vir my (Jou naam) troos in al my verdrukking, sodat ek diegene wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ekself deur God getroos word.” 2 Kor. 3-4.

          “Ek (Jou naam) het my vyande lief; ek seën diegene wat my vervloek, ek doen goed aan diegene wat my haat, en ek bid vir diegene wat my beledig en vervolg.”  Matt. 5:44.

          “In al hierdie dinge is ek (Jou naam) meer as ‘n oorwinnaar deur Hom wat my liefgehad het.  Want ek is versekerd dat geen dood of  lewe of Engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel my sal kan skei van die liefde van God wat daar in Jesus Christus, my Here is nie.” Rom. 8:37-39.

          “In Hom lewe ek (Jou naam) , beweeg ek, is ek.” Hand. 17:28.

          “As ek (Jou naam) vir hierdie berg (probleme) sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in my hart twyfel nie, maar glo dat wat ek sê sal gebeur – sal ek verkry net wat ek sê.” Mark. 11:23.

          “As ek (Jou naam) op die HERE wag, kry ek nuwe krag;  ek vaar op met vleuels soos die arende;  ek hardloop en word nie moeg nie, ek wandel en word nie mat nie.” Jes. 40:31.

          “Ek (Jou naam) werp my sorg op die HERE, en Hy sal my onderhou;  Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.”  Ps. 55:23.

          “Ek (Jou naam) het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en uit al my vrees gered.”  Ps. 34:5.

          “Wanneer ek (Jou naam) bid, vergeef ek as ek iets teen iemand het.”  Mark. 11:25.

          “Vrede laat Ek vir jou (Jou naam) na, My vrede gee Ek aan jou.  Laat jou hart nie ontsteld word en bang wees nie.” Joh. 14:27.

          “Die dinge wat by die mens onmoontlik is, is by God moontlik.” Luk. 18:27.

          “Gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.”  Ps. 51:12.

          “Ek (Jou naam) gaan na Hom toe wanneer ek vermoeid en belas is, en Hy sal vir my rus gee.” Matt. 11:28.

          “Ek (Jou naam) vertrou op die Here met my hele hart en steun nie op my eie insig nie. Hy het gekom dat ek (Jou naam) lewe en oorvloed kan hê.”  Spr. 3:5;  Joh. 10:10.

          “Ek (Jou naam) bely my misdade teenoor ander en bid vir ander, sodat ek gesond kan word.  Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.” Jak. 5:16.

          “As God vir my (Jou naam) is, wie kan teen my wees.”  Rom. 8:31.

          “Die Koninkryk van God is binne-in my (Jou naam)” Luk. 17:21.

          “God het my (Jou naam) nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim. 1:7.

          “God sal my (Jou naam) lei deur Sy raad en my daarna in heerlikheid opneem.” Ps. 73:24.

          “Ek (Jou naam) neem die volle wapenrusting van God op, sodat ek weerstand kan bied in die dag van onheil, nadat ek alles volbring het, staande kan bly.” Efes. 6:10-20.

            Om vernuwe te word in ‘n mens se gemoed, jou denke, gedagtes, beteken om kragtig te word in die HERE en in die krag van Sy sterkte. Efes 6:10-20

Verkeerde gedagtes kan vir ons ‘n ontsettende struikelblok wees. Dan gaan haal ons gewoonlik die spreekwoordelike bobbejaan agter die berg.

            Paulus sê ons moet die (let op) volle, wapenrusting van God aantrek (hoekom?) sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Len jou Bybel.

            “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”

En waar tref hier booshede ons die meeste en diepste... juis in ons gedagtegang!

Komaan, bou vir jou ‘n eie Swaard en trek die volle wapenrusting aan!

            “Daarom, neem die volle wapenrusting van God op (hoekom?), sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

            “Staan dan vas, julle lendene met die Waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan (die Waarheid, wat jy alleen in die Woord sal vind, omgord jou met die Waarheid. Hoe sterker jy groei in geregtigheid, hoe meer beskut raak jy in Jesus hoede. Later is jy onbereikbaar deur die bose. Jy weier om na skinderstories te luister. Jyself skinder ook nie. Jy staan rotsvas op oorwinningsgrond)

“en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die Evangelie van vrede. (so vertrap jy die vyand onder jou voete en stap jy met die Evangelie sonder skaamte, onverskrokke en bring oral vrede. Jy sê soos ‘n Dawid: Met my God spring ek oor ‘n muur.)

“Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus (onthou,‘n skild beskerm jou net van voor, jy beweeg dus altyd vorentoe. Alle pyle vanaf die vyand kan jou geen skade berokken nie, jy kan net jouself skade berokken deur verkeerde reaksies op aanvalle teen jou).

“En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God (die Woord is ‘n tweesnydende swaard, die Woord is lewendig. Enigiemand kan gesterwe het, maar sy testament is en bly lewendig. So bly die Woord van die HERE lewendig, oral waar jy dit saai, bring dit resultate, vir seker, al saai jy dit in jou eie lewe).

“terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die Heiliges (Maak die saak vir jouself uit oor die betekenis van “bid in die Gees”. Jy sal by die antwoord uitkom dat dit ‘n Hemelse taal bedoel wat die Heilige Gees vryelik aan jou skenk. Baie belangrik is die feit dat jy en ek vir die Kerk van Jesus Christus, vir al die Heiliges, moet bid want so hou ons die ganse kerk in stand – “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24).

“...en vir my (Paulus vra dat vir hom ook gebid moet word, so bid ons dan vir al die leiers, al die gesinne  (hoekom?) sodat 'n Woord my (hulle) gegee mag word as ek my (hulle hul) mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die Evangelie bekend te maak,

“waarvoor ek (hulle) 'n gesant is in kettings, (toegewyd, afgesonder om hul roeping waardig te wees) sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.

Die wapenrusting van God is nie ‘n fisiese wapenrusting nie, maar ‘n geestelike wapenrusting. Ken jou Bybel... elke Woord is lewendig.

          “God is vir my (Jou naam) ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.” Ps. 46:2.

          “Ek (Jou naam) gee ag op die Woord en sal die goeie vind, en omdat ek op die Here vertrou, is ek gelukkig.” Spr. 16:20.

          “En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ek (Jou naam) bid of dink, volgens die krag wat in my werk.”  Efes. 3:20.

          “Ek (Jou naam) bid en vir my sal gegee word, ek soek en ek sal vind, ek klop en vir my sal oopgemaak word.”  Matt. 7:7.

          “Wees maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my (Jou naam) se verwagting.”  Ps. 62:6.

          “Ek (Jou naam) is sterk en vol moed, nie bevrees of verskrik nie, want die Here my God is met my, oral waar ek heengaan.” Jos. 1:9.

          En ten slotte:  “Ek (Jou naam) dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.  Kyk, God gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit, sal ek dit nie merk nie?  Kyk, God maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.” Jes. 43: 19-19. – Sjibbolet

Vrydag 15 Desember 2017

‘LEEF! Suid-Afrika... LEEF!


Image result for sa flag

Geloftedag 16 Des 2017


“En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!” Eseg 16:6


Jy is ’n pasgebore baba. ’n Weggooikind.

Jy is ’n meisietjie wat – pas gebore – weggegooi is om dood te bloei.

Toe tel die HERE jou op en gee jou LEWE.

Hy maak jou groot vir ’n huwelik met Hom! In die ou tyd was dit as ’n ramp beskou as daar ’n meisietjie gebore word.

So erg dat sy nie eers as ’n kind gereken word nie.

So ’n meisietjie word as voorbeeld gebruik in hierdie profesie. Haar ouers wil haar die lewe ontneem – doodmaak.

Hulle was haar nie eers na haar geboorte met water skoon nie, want water is vir hulle waarskynlik kosbaarder as sy en haar lewe.

Sy word ook nie met sout ingevryf soos wat die gebruik in daardie dae was nie.

Haar naelstring word ook nie eers afgebind en versorg nie.

Hierdie babatjie word sommer in die veld weggegooi.

Sy lê daar hulpeloos en bloei.

Sy is vuil.

Sy is besig om te sterf in haar verlate en onversorgde toestand.

Dink net aan die angs wat daardie babatjie deurmaak in sulke oomblikke.

·       Dan kom daar Iemand aan wat oor die kind heeltemal anders voel as die ouers. Hy sê vir haar: ... toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!

Wonderlike woorde: LEEF! Jy wat so vuil hier in jou bloed lê: LEEF!

Dit beteken Hy neem hierdie meisietjie wettig aan as syne.

Hy word nou die Vader wat haar in sy arms laat lê.

Daarom sê Hy twee maal vir haar: LEEF!

Daarmee wil Hy die verskil tussen haar ouers en Homself uitbeeld. Maar Hy wil ook daarmee die sekerheid beklemtoon dat sy nou beslis sal lewe.

In die eerste plek praat die HERE hier met Israel.

Hulle moet onthou dat hulle uit die Amoriete en Hetiete stam.

Maar omdat hulle die afgode nie gedien het nie, maar die HERE gedien het, het die heidene hulle weggegooi.

Maar die volk het ook teen God gesondig.

Menslik is hulle swak, want sonder God kan niemand leef nie.

Hulle is soos ’n baba wie se naelstring nie afgebind is nie.

Hulle bloei hulleself dood, want hulle besit geen krag hoegenaamd nie.

Hulle sondes besmeer hulle soos wat hierdie weggooibaba met bloed en grond en gras besmeer is – amper te vuil om na te kyk en aan te vat.

Dis hoe ons voor God lyk.

Met hierdie gedeelte praat die HERE nie net met die Israeliete nie – Hy praat ook met ons.

Ons sal op die oordeelsdag so voor Hom wees.

Vuil. Swak. Byna klaar dood in die vuil en die sonde.

Maar dan sê God die bevel twee maal: LEEF!

Leef julle wat só lyk in julle misdade!

En dan wonder ons in ons sterwensoomblik: Hoe, HERE?

Dan antwoord God ons: deur die HERE Jesus Christus.

Hierdie bloed en sondes en geboortesmet wat aan ons vaskleef en droog word, en wat by ons naelstring uitvloei, dit het Jesus Christus van ons afgewas.

Dis asof die HERE sê: By jou is dit deel van jou lewe om vuil te wees, want jy weet nie van beter nie.

Jy kan ook nie beter nie, want jy is ’n weggooikind.

As ons in ons geloofslewe besinning doen, moet ons herdenk hoe Jesus se liggaam gebloei het toe Hy moes sterf vir ons.

Hy wat heeltemal Goddelik rein was en is, moes sy lewe aflê vir ons wat besig is om te sterf in ons eie goddeloosheid.

Maar ons moet nie daaroor moedeloos wees nie. Ons moet hoor hoe God vir ons sê: Ek het vir jou gesê in jou bloed: LEEF!

Hierdie woord LEEF het ’n baie groot en wye betekenis:

Dis ’n bevel wat uit God se Ewige Raadsbesluit kom.

Hierdie bevel om te leef is inderdaad in ’n sekere sin ’n bevestiging van die belofte wat die HERE met Eva gemaak het.

Net na die sondeval het die HERE die doodstraf oor ons uitgespreek – die sondeval se gevolge word in hierdie weggooibabatjie uitgebeeld.

Maar as deel van daardie gesprek het die HERE vir Eva die belofte gegee dat ’n gedeelte van die mensdom deur Hom gered sal word.

Hy sal twee dinge doen – het die HERE beloof:

Die een ding was dat die HERE gesê het dat Hy skeiding gaan maak tussen die vrou se saad en die slang se saad.

Daarmee het die HERE bedoel dat ’n deel van die mensdom die duiwel sou volg.

Die HERE sou daardie deel van die mensdom wegskei van die ander deel van die

mensdom – dié wat die HERE aanhang.

Die tweede ding wat die HERE gesê het, was dat Hy Iemand uit die vrou se nasate gebore sou laat word wat die slang se kop sou vermorsel – dus die dood sou oorwin en versoening doen.

Hierdie bevel om te leef word nou aan daardie deel van die mensdom gerig!

Natuurlik kan ons nie self die lewe gryp en uit die dood lewend word nie! Die HERE bedien ons uit genade daarmee deur die HERE Jesus Christus!

Leef dan nie net nou nie! Leef tot in ewigheid, want God het hierdie dogtertjie grootgemaak en toe sy in die tyd van liefde gekom het, het Hy met haar getrou.

Hy het haar met olie gesalf en die pragtigste klere vir haar aangetrek.

Hy het ’n verbond met haar gesluit en sy het God s’n geword.

Dan gaan ons gedagtes dadelik na wat die apostel Johannes in Openbaring skryf:


Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.


Toe sê hy vir my: Skryf, salig is die wat genooi is na die Bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. Openb 19:7-9


U is die Bruid.

U is die kerk.

As God dan in u bloed vir u sê: Leef! dan bedoel Hy Lewe tot in Ewigheid in sy Koninkryk waar Hy alles is in almal. Kom ons aanbid Hom wat Hom laat verbreek en vergiet het sodat ons rein gewas kon word voor God.

Kom hoor elke keer in die Woordbediening hoe vas God se beloftes staan.

Ons hoor telkens sy woord: Leef!

En dan weet ons dat ons leef – maar nie deur ons eie bloed nie – deur Sý bloed!

Staan dan op, hiervandaan, en gaan Leef in die Naam van God tot in Ewigheid.

Leef ’n stryd van oorwinning teen die sonde.

Leef ’n lewe van daaglikse bekering.

Want geen mens kan sy lewe ontvang sonder om dit dan met dankbaarheid aan God terug te gee nie!



·       Hierdie betekenisvolle boodskap van Dr Thinus du Plessis het my die volgende in herinnering laat roep,

om te beweeg vanaf ‘n groot land en volk, ,tot ‘n klein bondertjie langs die pad...



Quo Vadis?

ek soek na myself...

wie is ek,

wat is my identiteit,

wie is my pa

en wie is my ma?

wat is hulle name,

wat is my naam?

ek is uit ‘n

hospitaal aangeneem;

maar,

waarom is ek

as pasgebore meisie

in Junie 1964

tussen struike

langs ‘n gruispad versteek?

(Moses...

was ten minste versorg);

wie doen so iets?

ek was poedelnaak

en bebloed

pasgebore

in ‘n bitterlike koue nag...

so blou van die koue,

die wie my vind

dog ek is ‘n bruin kind;

het jy al na jouself gesoek?

ek soek na myself

ek weet nie

wie ek is nie...

ek vergewe my ouers

want ek is nou gekleed

maar hulle is steeds naak

voor God en die mens;

hoekom soek hulle my nie?

ek is so alleen

alleen

alleen...

Here,

wie is ek...?



·       Laat ons die HERE vertrou om in hierdie dae tot aanvang van ‘n magtige Herlewing oor Suid-Afrika uit te roep: LEEF! LEEF!

Woensdag 28 Junie 2017

Die Belofte kom almal toe...


·  Image result for beautiful nature  

Suid-Afrika wag op die vervulling van Joël se Profesie

Polities word hoog opgegee oor die Afrika renaissance, maar op watter fondament sal daar gebou word?
“Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
“En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels —
“elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
“As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
“as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.” 1 Kor. 3:11-15.
         Reg deur Afrika, ook in Suid-Afrika, verrys gebedswake in toenemende maat wat om herlewing bid. Hulle doen dit op grond van Joël se profesie:
          “En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
“En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
“En Ek sal wonders gee bo in die Hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
“Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
“En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” Hand. 2:16-21.
          Die verspreiding van die Evangelie in Afrika neem daagliks toe soos wat sendelinge van oorsese lande af aankom en voertuie vanaf verskeie Suid-Afrikaanse kerke gereeld sendingreise na Afrika onderneem en vestig.
          In Suid-afrika word selfs spesiale opleidingskursusse aangebied voordat Christene Afrika aandurf.
“En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
“Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
“En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.” (Hand. 2:38-40).
          Hierby ook die vermaning en uitnodiging: “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.” Hand. 3:19.
          Oral word in toenemende maat gebid vir herlewing en gewag op die vervulling van die belofte — ‘n belofte wat ons toekom, want ons is dit belowe!
          Meer as 32 miljoen Suid-Afrikaners het op hulle sensusvorms verklaar dat hulle Christene is, maar hulle het nog nie die belofte ontvang waarop hulle geregtig is nie. Nou soek, bid en wag al hoe meer angstiglik op die vervulling van die belofte.
          Dr J. Edwin Orr, ‘n teoloog,  sê ‘n Evangeliese ontwaking is ‘n beweging van die Heilige Gees wat ‘n Nuwe Testamentiese herlewing in die Christendom, en ook onder verwante Christen gemeenskappe, tot gevolg het.
          So ‘n ontwaking mag op besondere wyse ‘n idiwidu verander, maar dit kan ook ‘n groter groep gelowiges beinvloed. Dit kan ook verandering bring in gemeentes, in kerke, onder volke, ja, selfs deur ‘n hele kontinent.
          So ‘n ontwaking kan wêreldwyd versprei. Dit lei daartoe dat al hoe meer mense by Evangelisasie, lering en sosiale aksie, betrokke raak.            
          Dr. J. I. Packer, nog ‘n bekende teoloog, sê hy beskou herlewing as die werk van God deur die Heilige Gees en sy Woord.  Herlewing beteken diegene wat geestelik dood is ontwaak tot ‘n lewende geloof in Christus en word vernuwe.
          “In ‘n herlewing maak God alle ou dinge nuut, gee Hy nuwe krag en ‘n nuwe geestelike insig aan diegene wat so lank blind, hard en koud was. Herlewing dring Christene om ‘n impak op die lewe rondom hulle te maak.”
          Prof. C. Ortlund, Ou Testamentikus:  “Wanneer God die hemele skeur en Sy Gees op die mensdom neerdaal, dan bereik Sy Goddelike krag iets wat menslik onmoontlik is. Dan is God se kinders honger vir die Woord en lering en ontvang hulle dit in teerheid van die siel.
          “Die greep van die sonde word verbreek. Versoening tussen gelowiges word gesoek en vind plaas.  Geestelike dinge in plaas van materiële dinge gryp die mens se hart en verstand aan. ‘n Gemeente vol van vrees word getransformeer in ‘n leërmag vol vertroue.
          “Herlewing bring mee dat Christene meer bruikbaar vir God is teenoor hulle belangstelling in loopbane. Gemeenskap met God geniet voorrang.
          “Kerke en Christelike organisasies verander van uitkyk en insig en wysig hulle beleid en prosedures. ‘n Herlewing betrek groot getalle mense. ‘n  Golf van Goddelike genade spoel oor almal.”
          Volgens die Bybel vind herlewings by herhaling plaas. Kerkhistorikus Dr. Richard Lovelace sê God se wil neig tot herlewing, die herstel van die afvalliges.
          Kenneth Scott Latourette van Yale, in sy sewende volume oor die geskiedenis van die Christendom beskryf hoe dat daar “eb” en “vloed” getye die afgelope 2 000 jaar voorgekom het.
          Die Bybel bevat verhale van herlewings, herlewingsgebede,  herlewingsvoorspellings en herlewingsbeginsels. Duisende strofes handel oor die beloftes van God vir Herlewing, die weë en manifestasies van God tydens herlewings, die impak van God op Sy volk tydens en na herlewings, ook oor die korporatiewe dimensies en uiteindelik die hoofrol wat Christus regdeur herlewings vertolk.
          Alhoewel hierdie temas in beide die Ou- en Nuwe Tstamente voorkom is dit duidelik dat herlewings ‘n groter impak in die Nuwe Testament het, juis van wee die taak wat Christus op aarde vervul het.
          Die laaste twee hoofstukke van Openbaring beskryf wat sommige noem “die finale herlewing”. Intussen is alle voorafgaande herlewings ’n substantiewe demonstrering van die Koninkryk van Christus in al sy glorie!
          Hierdie voorafgaande herlewings is byna soos ‘n kleedrepetisie, ‘n gereedmaak vir die hernuwing van alle dinge wat Hemel en Aarde sal transformeer met die Wederkoms van Christus!
          Deur al die herlewings heen het sekere terme en metafore in gebruik gekom, soos: Vernuwing, Reformasie, Ontwaking, Besoekings, Ontboeseming, Uitstorting van die Heilige Gees, Doping met die Heilige Gees, Vervulling met die Heilige Gees, Opwekking, Restourasie, Tye van Verkwikking, Jubileums en
Manifestasies van Christus
          Die metafore sluit onder meer die volgende in: Wakker word, Laatreëns, Die Vuur val, Woestyne blom van rose, Riviere van herlewing, Winde van herlewing, Omverwerping van die status quo, Geestelike revolusie, Seisoene van lente en Oestyd.
          Dit maak nie saak watter term of metafoor mens gebruik nie, feit is dat herlewings tye is wanneer God genadiglik sy oordele vanaf ons wegneem en Sy volk restoureer. Sy oordele is geregverdig vanweë ons louheid en ongehoorsaamheid, maar tydens herlewings bring God genesing en vertroosting.
          Latourette se metafoor beskryf herlewings as golwe van die see wat op die strande breek soos wat die gety inkom. Nogtans kan ons God nie in ‘n soort van herlewingskassie plaas nie. Die Heilige Gees word immers met die wind vergelyk wat waai waar hy wil. Maar dit is so dat herlewings in siklusse voorkom.
          Mense beleef van tyd tot tyd persoonlike herlewings, maar dis die massa herlewings wat die oes inbring en die volk vernuwe. Dit is ook moontlik en gebeur wel, dat sommige Christene ‘n konstante herlewing beleef, en dit ten spyte daarvan dat die Christendom in sy geheel in reses is.
          Alle Christene behoort ‘n permanente lewe van herlewing en oorwinning te beleef. Jy sal beslis probleme hê wanneer jy van hierdie aarde af weggeneem word terwyl jy in ‘n staat van “reses” is.
          Wat massa herlewings betref is daar vyf  bekende redes voor:
·                    Geestelike vakuums soos wat ‘n nuwe geslag opkom wat God nie in diepte ken nie
·                    Vorige seëninge wat oor die tyd ‘n vals sin van selfbevrediging geskep het.
·                    Teologiese verwaarlosing wat tot ongebalanseerdheid, wanpersepsies en wanpraktyke begin lei het.
·                    Dat die Christendom te lank stagnant bly en God nodig het om herlewing te stuur sodat die Koninkryk kan uitbrei.
·                    God se soewereiniteit – soms is daar geen ander rede nie as dat God herlewing stuur tot glorie van sy Seun en omdat hy God is.

Herlewings het al uitgebreek omdat ‘n deel van die Christendom met reikhalsende verlange daarna uitsien.  Twee mense kan vir herlewing begin bid. Tans is daar ‘n ontelbare menigte wat daarvoor bid en steeds neem dit toe.
Christene kan by sulke gebedswake inskakel, of begin julle eie gebedswake in julle huise. As jy begin moet aanhou want alleen hy wat aanhou klop sal voor oopgemaak word. Dis ook ‘n belofte van God.
‘n Kernvraag wat altoos opduik:  Is die Belofte werklik vir alles mense?
Beslis ja!
          “En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel
“uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes;
“uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalf duisend verseëldes;
“uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes;
“uit die stam van Sébulon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseëldes.
“Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
“en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! Openb. 7:4-10.
Die Huis van Israel se 12 stamme sal elk voor die Troon verteenwoordig word deur 12 000 verseëldes. Dit is die 144 000.
Maar daar staan ook voor die Troon, ‘n “ontelbare menigte” uit elke nasie, stam, volk en taal. Die Evangelie is dus vir alle mense.

Dinsdag 20 Junie 2017

Bou voort op 22 April 2017 se Bloemfontein Aksie


Image result for iemand wat bid       

Gebed stop ‘n Oorlog!

“Ons trek op na die slagveld en ek is so seker van die oorwinning as van die daeraad.  As jy weet dat jy geloof vir ’n saak het, sal jy nie daarmee aangaan totdat jy dit in besit neem nie? Ek wil hê dat dit oor die wêreld heen moet weerklink: ‘Die HERE, Hy is God!’”
            So het die prediker Rees Howells Christene oor die wêreld heen opgekommandeer om eendragtig te bid vir ’n Goddelike ingryping om ’n einde aan Hitler se tirannie te bring.
            Soos wat die oorlog uitgebrei het, het meer en meer Christene tot die geestelike stryd toegetree.  Toe kom die “Slag van Brittanje” toe Goering sy groot poging aangewend het om in die lug die oorhand te kry ter voorbereiding van sy inval van Engeland.
            Howells het niks aan die noodlot oorgelaat of toegelaat dat Christene op ’n mog-het-troffe wyse bid nie.
            Alles is in die teenwoordigheid van die HERE noukeuring ondersoek en motiewe is gesif, totdat die Heilige Gees op verstandige wyse dit aan sy dienskneg kon tuisbring dat daar ’n onweerlegbare eis kon wees vir die beantwoording van gebed.
            Op 2 September 1940, sê Howells: “Ek wil vasstel of ons ’n eis kan instel om vry te wees van bekommernis wanneer hierdie vliegtuie in die omtrek is. Ons het ons gehaas om in die bresse te tree vir die Joodse kinders toe Hitler hulle uitgegooi het.
            “Kan ons nou beskerming vra vir al die sendelinge se kinders? Tensy my geloof gelykstaan aan die behoefte vir beskerming, sou ek al die kinders vanaand na die skuiling bring, en sou ek self daar saam met hulle wees.
            “Moet ons vrees omdat andere vrees? As ek die HERE vertrou het om hierdie eiendomme ons s’n te maak, dan gaan ek Hom ook vertrou om dit te beskerm.
            “Ek wil hê u moet ’n fondament vir hierdie vetroue vind.  Ons het ’n baie hegte fondament vir ons geloof nodig, ingeval hierdie lugaanvalle maandelank sou aanhou. Kan ons God vir die onmoontlike hierin vetrou, net soos in die geval van ons finansies?
            “Al waarvoor ek vrees, is dat ek God se Wil sou misloop.
            “Baie mense vrees die gevolge.  Ek moet op hierdie punt baie duidelik wees, want die HERE sê: ‘As dit die gevolge is wat jy vrees, hioef jy na My toe te kom vir beskerming nie’
            Daar is ’n wêreldse verskil tussen ’n selfsugtige vrees vir die gevolge, en ’n begeerte na God se beskerming omdat jy ’n taak het om vir Hom te verrig. Het ons werklik die oorwinning?
            Die teologiese kollege en die skuiling waar 300 kinders versteek is, is ongeskonde deur die oorlog.
            Die oorlog was verwoed. Groot skade is op verskeie plekke aangerig. Howells het gesê: “Se nou miljoene mense het gebid, maar niemand het geglo nie?”
            Dit was egter nie die geval nie. “Die Heilige Gees het geloof gevind in ooreenstemming met wat Hy wil doen.  Dra sorg dat u glo.  Om te glo is die delikaatste ding waaraan u kan dink. U kan dit maklik misloop.
            “Die oorwinning is gisteroggend behaal!
            “Van nou af aan kan God die geveg bestuur, maar Hy kon dit voorheen nie doen nie want daar was nie geloof nie.
            “Na Sondag se oorwinning is daar groot vrymoedigheid om te bid dat die HERE ’n einde aan die Nazi’s sou maak.  Ons gebed vir Engeland was dat die HERE  nou die gety sal laat draai sodat mense gered kan word.
            “So baie plekke in Londen en die suide van Engeland is gebombardeer, self Buckingham Paleis het deurgeloop.
            “Gisteraand het ons gebid dat die vyand nie sou deurbreek en Londen vat nie en die HERE het ons gebed beantwoord. Ons het ook besef dat tensy die HERE hierdie satansmag bind, is niemand veilig nie.
            “As ons vir die beskerming van ons eie eiendomme kon bid, waarom dan nie vir die hele land nie!”
            Sir Winston Churchill het 15 September  aangegee as die draaipunt in die lugstryd. Hy vertel in sy “War Memoirs” hoe hy daardie dag die Koninklike Lugmag se Opskamer besoek het en gesien het hoe die vyandelike eskadrieljes oorspoel en hoe Koninklike Lugmag opstyg om hulle te ontmoet.
            Churchill het aan die Lugmaarskalk gevra: “Watter ander reserwes het ons?”  Daar was geen reserwes nie.
            Nog vyf minute het verbygetik en “dit het gelyk asof die vyand huiswaarts gekeer het”. Geen nuwe aanval is gelood nie en daar was geen verduideliking waarom die Luftwaffe huiswaarts gekeer het nie juis op die oomblik toe die oorwinning vir hulle in sig was. “Maar ons het geweet, God het ons gebede beantwoord,” het Howells gesê.
            Na die oorlog het Lugmaarskalk Heer Dowding die volgende betekenisvolle kommentaar gelewer: “Selfs gedurende die geveg het ’n mens daaglik agtergekom hoeveel eksterne ondersteuning ingekom het.
            “Aan die einde van die slag het mens die gevoel gekry dat daar ander spesiale Goddelike tussentrede voorgekom het om die opeenvolging van gebeurtenisse wat anders sou plaasgevind het, te verander.”
            Reg deur die oorlogsjare het die Christene elke aand vanaf 19:00 tot 24:00 bymekaargekom om te bid. Hulle het nie een aand oorgeslaan nie. Hulle het elke oggend ook ‘n uurlank gebid en soms ook deur die dag.
            Daar was ook enkele dae waar Christene die hele dag gevas en gebid het.
            Oor die oorwinning in Dunkirk, het Howelss gesê:  “Die HERE sal nie ‘n greintjie meer deur jou doen as waarvoor jy geloof het nie. Gisteraand se oorwinning het daarin gelê dat ons gesien het dat dit nie saak maak hoe naby die vyand kom nie, die Heilige Gees is die sterker faktor.
            “Julle is vandag meer verantwoordelik vir hierdie oorwinning as diegene op die slagveld.
            “Dis nie jy wat stry nie, maar die HERE doen die werk en jy kom tot die besef van wat Hy doen. Die vyand was soos ‘n brullende leeu, ons moes die HERE bid om die vyand in toom te hou.”
            Howell het bygevoeg dat die Christene teen  Hitler opgetrek het soos wat Dawid teen Goliat opgetrek het.
Hitler is by Dunkirk tot ‘n halt geroep. Hoe? God het tussenbeide getree in antwoord op gebed.
Volgens ‘n berig in die Britse Weermag se amptelike blad “The Officers’ Christian Union” het die Britse soldate ‘n  gebedskring gevorm om hulle dank te betuig.
Daar staan geskrywe: “Roep My aan in die dag van benoudheid:  Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.” Ps. 50:15. 

Woensdag 22 Junie 2016

Oorvloedige seën wag op ons...


Image result for sa flag



 Die HERE wil die vensters van die Hemel oopmaak.


Die vurige gebed van die regverdige het groot krag. Jak. 5:16. Komaan, julle wat bid sonder vuur. Ons en die land is in ‘n krisis. Is julle nie al moeg vir alles nie? Nou kom, ons kan die situasie omkeer.
            Waar’s die reën? Die ekonomie vat-vat aan rommelstatus. Daar word gesê, en name word genoem, van die een en dan daai een wat SA sal red.
            Die wekroep wat moet uitgaan is: Onvoorwaardelik, Terug na God!
            Alle gebedsgroepe, moet met hernude ywer en drang en groter geloof na die Hemel roep. Dit moet wees soos ‘n magtige dreuning soos die volk in gebed ontwaak.
Die volgende is God wat praat in Maleagi 3, en die boodskap is vir nou.
“Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.
“Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.
“En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid 'n offer sal bring.
“Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die HERE aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.
“En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
“Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
“Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
“Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
“Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!
Let op: “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die Hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
En wat nog? “Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.
“En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.
“Vermetel is julle woorde teen My, sê die HERE. Maar julle vra: Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?
Sommer onlangs is gehoor: “Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel?
“En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!
“Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer.
“En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.
“Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.”
Wanneer ons bid, dan kom die HERE God Jaweh se vermenigvuldende krag in werking en dan beleef ons dat gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak word.
  Dis nie die gebed as sodanig wat magtig is nie, maar die HERE God Yaweh is. Dis Hy wat belowe om groot en deurgrondelike dinge te doen as Sy kinders maar net sal bid.
  Met respek, die vrome aandgebedjies bring nie die verskil nie. Dit is die vurige gebede waarmee besigheid met God bedoel word, wat in grootse erns en besliste verwagting gebid word, wat die verskil  teweeg bring.
  Dat die HERE opsoek is na voorbidders maar hulle selde vind, word duidelik weerspieël uit die pyn van Sy uitroep deur Jesaja:
“Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenby tree nie,” asook Sy teleurgestelde protes deur Esegiël:
“Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land... maar Ek het niemand gevind nie!”
Daar is drie dinge wat in ‘n voorbidder gesien sal word, wat nie noodwendig in gewone gebed  gevind sal word nie: vereenselwiging, sielesmart en gesag.
Die vereenselwiging van die voorbidder met diegene vir wie hy intree word op volmaakte wyse in Jesus self gesien.
Van Hom is gesê dat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
As die Goddelike Voorbidder wat vir ‘n verlore wêreld ingetree het, het Hy die beker van ons verlore toestand tot die laaste druppel geledig en “vir elkeen die dood gesmaak.”
Om in die volste sin van die woord dit te kon doen, moes Hy sit waar ons sit.
Vereenselwiging is dus die eerste vereiste van die voorbidder. Hy pleit met sukses omdat hy sy lewe gee vir diegene vir wie hy pleit. Hy is hulle verteenwoordiger. Hy het sy eie belang in hulle behoeftes en lyding laat wegsink en het sover moontlik letterlik hulle plek ingeneem.
Die tweede vereiste is sielesmart, want Hy, die Heilige Gees, “tree vir ons in met onuitspreeklike versugtinge.”
Mens lê dan alles op die altaar, want siele wat nie gered is nie, stort oor ‘n ewige afgrond, die helle dieptes in. Dan kruisig mens jouself met Christus. Jy lê alles af. Jy sterf. Nie ‘n teoretiese dood nie, maar ‘n egte kruisiging met Jesus. In die kruisigingsproses begin die voorbidding.
Let op hoe dat Moses, die jong voorbidder, uit vrye wil die paleis verlaat om hom met sy slawe-broers te vereenselwig.
Jesaja moes vir drie jaar lank “nakend en kaalvoet” loop as ‘n waarskuwing aan Israel teen die aakligheid en tragedie van gevangenisskap.
Esegiël is nie toegelaat om een traan te stort by sy vrou, die begeerte van sy oë, se dood nie.
En derdens moet ons met gesag bid. Ons is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag daartoe gee. Ons neem dus gesag oor die magte van die duisternis, ons bind en vervloek dit, en dryf  dit uit elke sektor van ons samelewing in die naam van Jesus Christus.
Ons berei die pad voor vir die Heilige Gees om mense se lewens binne te vaar en hulle om te keer.
Maar daar is ook ‘n laaste vereiste: Dat ons een(dragtig) sal wees. Waar ons oral saambid moet ons wees soos een wat gesamentlik ‘n swangerskap, ‘n dragtigheid dra.
Ons praat nie hier van eenheid nie want selfs nie ‘n getroude paar kan ‘n eenheid vorm nie. Eenheid beteken eendersheid, en dit kan tog nie. Ons het tog elkeen ons eie karakter en persoonlikheid. Maar ons kan eendragtig wees!
Elke keer wanneer die dissipels eendragtig in gebed  en in gees was, dan het die Here gewerk.
En wanneer mens vurig en in absolute verwagting bid, gebeur die volgende: “...9  aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal; wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde; om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
“Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie; wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.
“Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.
“So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
“So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.
“Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
“Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
“In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.” Job 5:9-19
Wanneer moet ons bid? Begin vandag nog. Al is julle net twee of drie… die HERE sal daar teenwoordig wees om te hoor wat julle te sê het.
Verwag ‘n magtige Herlewing. –  Sjibbolet

Sondag 15 November 2015

Voordat ons bid vir reen.....

Image result for rain



Dink....

"As julle in my insettinge wandel
en my gebooie hou en dit doen,
sal Ek julle reëns gee op die regte tyd,
en die land sal sy opbrings gee,
en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes,
en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd,
en julle sal jul brood volop eet
en veilig in julle land woon.
Ook sal Ek vrede gee in die land,
sodat julle sal lê en rus
sonder dat iemand julle skrikmaak;
en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn,
en geen swaard sal deur julle land trek nie."
Liv 26:3-6


Donderdag 17 September 2015

Ongeloof sal jou laat skipbreuk ly, maar....




Geloof stil die storm

Daar is twee skepe in ’n lewenskrisis op die stormsee. Op die een is net een man reg en die res verkeerd. Op die ander is net een man verkeerd en die res van die bemanning reg.
          Wie was dan nou reg en wie verkeerd? Vir die kinders van die HERE gaan dit nooit oor die meerderheidstem nie. Dit gaan elke keer oor die Heilige Gees.
          Die meerderheid kan verkeerd wees. Daarom gaan dit altyd oor wat reg en verkeerd is.
          Op die een skip is een man, Jesus Christus, reg en die res van die bemanning, op die skip verkeerd, almal vasgevang in ongeloof.
          Op die ander skip is een man, Jona, verkeerd, en die res van die bemanning oortuig van die onheil op die skip.
          In die geloofslewe werk ons nie op die meerderheidstem nie.
          In die eerste plek gee Jesus Christus in Mark. 4:35 opdrag: “Laat ons oorvaar na die anderkant.”
          Die opdrag was binne almal se vermoë. Dis ‘n eenvoudige en bekende opdrag: “Laat ons oorvaar na die anderkant.”
          En toe is daar die geweldige stormwind wat die See van Galilea in brutale verraderlikheid omskep het.
          Jesus Christus het rustig gelê en slaap. Geen storm kon hom ontstel nie, nie eers die latere lewenstorm van die Lydingsweg en Golgota nie.
          Vrees pak die dissipels aan boord.
          Hulle het Jesus Christus teen daardie tyd baie goed geken. Ten minste een van hulle moes die res tot bedaring gebring het en gesê het: “Moenie vrees nie, Hy is met ons. Hy het gesê ons gaan oorkant toe en as Hy so iets sê dan word dit vervul. Wees kalm, ons sal wel oorkant aankom.”
          Maar daar was nie so iemand nie.
          Vreesbevange het hulle Jesus Christus wakker gemaak en vir Hom gesê: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”
          Strofe 39: En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: “Swyg, wees stil!” en daar het ‘n groot stilte gekom.
          Net so eenvoudig soos die opdrag om oorkant toe te vaar, net so eenvoudig was die opdrag aan die storm: “Swyg, wees stil!”
          Ons sing: “As die lewenstorme woedend om jou slaan, en jy gans ontmoedig, vrees om te vergaan – tel jou seëninge een vir een, en jy sal verbaas wees oor wat God verleen.
          “As jy ooit gebuk gaan onder sorg en pyn, as die kruis te swaar word en jou krag te klein – tel jou seëninge, dan vlug twyfel heen, en jy sien God’s goedheid laat jou nooit alleen.
          “As jy let op ander met hul goud en eer, dink dan God beloof jou nog oneindig meer; tel jou seëninge, weet dat prag en praal, nooit die minste van die Hemel kan behaal.
          “Laat dan al die stryd, die kruis, die bange nood, jou tog nie ontmoedig, God’s trou is so groot; tel jou seëninge; Engele staan jou by, bied jou hulp en leiding na die ander sy.”
          Ons sing dit, ons glo dit, ons weet dit, maar telkens wanneer ‘n lewenstorm ons tref, pak die vrees ons.
          Dan sê Jesus Christus aan ons, soos wat Hy aan die dissipels gesê het: “Waarom is julle so bang? Het julle dan geen geloof nie.”
          Geloof is ‘n gawe wat jy by die Wedergeboorte ontvang het. Deur die Woord in jou hart te bêre en as lamp vir jou voet te gebruik, bou jy jou geloof uit soos ‘n gewigopteller sy spiere.
          “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Heb. 12:12-13.
          Die ander skip op die stormsee, vertel sy eie verhaal.
          Jona, nogal ‘n profeet, was deur die Vader ‘n opdrag gegee, maar besluit toe dat hy nie die Vader se opdrag wil uitvoer nie.
          Die optrede van die Vader tydens ons oomblikke van ongehoorsaamheid, is dan ook juis die hooftema van dié verhaal.
          Jona se verhaal is die verhaal van elke gelowige, want ook ons het ‘n soortgelyke opdrag as Jona ontvang: dat ons die Evangelie aan die ganse mensdom moet verkondig.
Ook ons moet “oorkant toe vaar,” en mense moet waarsku dat as hulle, hulle nie gaan bekeer en God dien nie,  God sy oordele oor hulle sal laat kom.
          Jona se opdrag was: “Maak jou klaar, gaan na die groot stad Ninevé, en spreek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor My aangesig.”
          Daar is drie werkwoorde in die opdrag:

·       Maak jou klaar – dit beteken, ons kan nie onbepaald in die kerkbanke sit en na preke luister nie, al is die preke ook hoe interessant.
·       Gaan – dit beteken, daar is ‘n wêreld daarbuite waarheen ons moet gaan.
·       Spreek – wat beteken dat ons mondelinge getuies moet wees.

Die woord “maar” is seker die mees besonderse woord in die hele verhaal, Strofe 3 begin met “Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsus te gaan…
En dan weer... “maar” weer ‘n keer: Maar die Vader het ‘n sterk wind…
Wanneer ons na die 3e hoofstuk gaan, vind ons ‘n parallel wat betref Jona se latere gehoorsaamheid: Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé… en verder:  En die manne van Ninevé het geglo…
Met ander woorde, toe Jona “maar” gesê het, het die Vader ook sy eie “maar” gereed gehad. Toe Jona egter “ja” sê, was die Vader gereed met Sy eie “ja” en toe stroom die seëninge in.
Die derde strofe van hoofstuk 1 leer aan ons die eerste beginsel wat betref die werking van God se voorsienigheid in menslike ongehoorsaamheid.
Dit word uitgebeeld in die herhaling van die woord  “af”. Jona het “afgegaan” na Jafo en in ‘n skip geklim. Toe die storm opkom het hy na die onderste dele van die skip “afgeklim”.
Hy is daarna oorboord, afgegooi, in die see.
Om af te gaan, na benede te gaan, en selfs onder te gaan, is eenvoudig die onvermydelike pad wat almal loop wat van die Here God af wegvlug.
Hierdie afganery is ‘n reël waarvolgens God in gevalle van ongehoorsaamheid optree.
Nog ‘n reël oor die voorsienigheid van God vind ons op humoristiese wyse daarin dat Jona, toe hy by die skip kom, sy eie reisgeld moes betaal.
Maar hy het nooit by Tarsus uitgekom nie. Hy is lank voor daardie tyd oorboord afgegooi. Hy is nooit die ongebruikte deel van sy reiskaartjie terugbetaal nie.
Hier sien ons ‘n groot beginsel in werking. Dit is die volgende: Wanneer mens van GOD af wegvlug dan kom jy nooit uit waarheen jy vlug nie en jy betaal al jou rekenings self, soms ten duurste.
Maar wanneer mens God se weg volg, bereik jy elke keer jou bestemming en die Here God betaal die rekeninge.
Mens kan nie nalaat om op hierdie punt die Amerikaanse prediker Bob Mumford aan te haal nie. Hy het gese: “GOD puts you into a fix to fix you, but if you fix the fix before you’re fixed, He has to fix another fix to fix you!”
Jona is beslis ‘n illustrasie van Mumford se woorde.
Onthou jy die verhaal van Moses in die mandjie? As sy moeder aan hom vasgehou het, was hy ook vermoor.
Kort daarna word sy Moses se pleegmoeder, maar, nie voordat Farao se dogter Moses ontdek en aan sy sussie Miriam sê: “Ek sal jou loon betaal”.
Moses se moeder het gekry wat sy die graagste wou hê en God het boonop die loon, die koste, die rekening, om die kindjie Moses groot te maak, betaal!
Maar Jona was op pad weg van God af, buite God se Wil, en hy moes sy eie kostes betaal.
As mens dus van God af wegbeweeg sal jy nooit jou bestemming bereik nie en jy gaan elke keer self die kostes moet betaal.
As die pad wat jy bewandel egter God se pad is, dan het jy boonop ‘n waarborg dat jy beslis jou bestemming sal bereik en God sal die kostes betaal.
Dit is die les wat God aan Jona begin leer het toe Jona aan boord van die skip gegaan het. God het op ‘n bonatuurlik wyse ingetree om dit wat Hy in die eerste plek gedoen wou gehad het, wel te laat plaasvind.
Laat ons almal maar die les hieruit leer: God sal Sy doelwitte bereik, selfs al is ons ongehoorsaam, of soos in die geval van die ander skip “ongelowig”.
Hy kan dit doen deur oordele oor ons te laat kom weens ons ongeloof  en ongehoorsaamheid, of Hy kan dit doen deur middel van seëninge weens ons geloof en gehoorsaamheid. Maar optree, gaan Hy optree.
Wanneer God praat moet ons luister. Selfs die terroris Saulus moes op ‘n traumatiese wyse sy les leer toe hy nie wou luister nie.
En daar was Abraham. Die HERE het gesê sy vrou Sara sou geboorte gee. Abraham besluit sy vrou is te oud, hopeloos te oud. Hy besluit om dit makliker te maak en gaan by die slavin in... ‘n fout wat die Jode vandag nog voor betaal betaal. (Begin bid vir ‘n magtige Goddelike Herlewing onder die Arabiere).
As God verlang dat ons ‘n besondere taak moet verrig, dan het ons nie ‘n keuse nie.
So is die opdrag aan al die kinders van God om die Koninkryk van God reg oor die wêreld te verkondig, siele in te bring, hulle te doop en hulle te onderrig in die Woord.
Totdat hierdie opdrag vervul is, sal diegene wat nie die opdrag  uitvoer nie, van probleem tot probleem lewe en ‘n onsekere bestaan voer.
Jy het geen professionele opleiding nodig om jou getuienis uit te dra nie, en jy mag nie weier om dit uit te dra nie.
Jesus sê self: As julle My voor die mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely.
Bely ons dus nie Jesus Christus voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie... en so beroof ons onsself van seëninge.
Dink weer aan die beeld van die gemeentes wat warm, lou en koud is en let op dat daar op ‘n manier voorsiening gemaak is vir die wat koud is, maar daar is geen voorsiening vir diegene wat lou is nie – diesulkes sal Hy uit Sy mond uitspuug!
Besluit nou self: Gaan jy die opdrag van die HERE uitvoer, of gaan jy spreekwoordelik in ‘n groot vis se ingewande of in ‘n stormsee van die lewe beland? Die vraag is so eenvoudig soos die opdrag. —  Sjibbolet