Wys tans plasings met die etiket vrees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vrees. Wys alle plasings

Sondag 27 September 2020

God en bou jou muur


Baie Gelowiges is gevul is met negatiwiteit, onsekerheid en vrees vir die huidige gebeure. Die Internet word geraadpleeg en geen sosiale media boodskap word gemis nie... alles, helaas, negatief.

            Ware kosbare siele onder is in die kake van die dood weens die peslike virus. Hulle gaan deur diepe smart.  Een het per selfoon laat weet: “Ek gaan deur diep waters.” Toe hoor ons vir drie weke nie weer van hom nie want hy was in ‘n verbete stryd om lewe.

Nie een van ons mag hulle bystaan nie. Hulle is alleen, alleen. Ons kan net een ding doen... Bid en glo. Die aanvaller is onsigbaar en niemand weet wie is volgende nie.

Wat God sê en wat die wêreld oor ons toekoms gesê het, was baie anders. So baie mense het in vrees geval omdat hulle gekies het om te luister na wat die wêreld sê oor wat God sou gesê het.

As ons die idees van die wêreld oor die beloftes van God waardeer, is dit maklik om tot vrees en twyfel in te gee. Maar dit is nie waarvoor God ons geroep het nie.

Jes 26: 3 sê: "U sal hom in perfekte vrede hou, diegene wie se gedagtes op U bly, omdat hy op U vertrou.” Is jy in perfekte vrede, of word jy gemotiveer deur vrees?

`Die vyand sal probeer om jou van God weg te trek deur jou bang te maak, maar God sê dat ons sterk en dapper moet wees. Bly in die Woord van God en kies geloof bo vrees.

            Gedurende hierdie moeilike tye, word ons versoek om bang te wees. Die vyand kan omstandighede, onsekerheid of teenspoed gebruik om ons bang te maak of die Woord van God te betwyfel.

            Hy sal ons geloof teëstaan ​​teen elke geleentheid om ons van God te skei. 1 Petrus 5: 8 sê: 'Ons vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu wat soek na wie hy mag verslind.' Die vyand probeer altyd ons geloof en verhouding met God vernietig, en hy sal dikwels vrees en twyfel gebruik om dit te doen. So ontwikkel ons ‘n binding in ons gees,

            Vrees is 'n bose gees wat deur die vyand gebruik word; dit kom nie van God af nie. Die Bybel sê in 2 Tim 1: 7, "want God het ons nie 'n gees van vrees gegee nie, maar van krag en van liefde en van 'n gesonde verstand." God wil juis nie dat ons moet vrees nie. God het my en jou geroep om sterk en dapper te wees en die versoekings van die vyand te weerstaan. Moenie bang wees nie!

            As ons toegee aan vrees, nooi dit die vyand in ons lewens in. In Job 3:25 het Job gesê: 'Want die ding waarvoor ek baie bevrees was, het oor my gekom. En wat ek gevrees het, het met my gebeur. ” Let op dat die ding wat hy gevrees het, oor hom gekom het omdat vrees die omgekeerde is. Net soos wat geloof God in ons situasie bring, maak vrees die deur oop vir die duiwel om in ons situasie te kom, en wat Job gevrees het, kom na hom toe.

            In werklikheid sê Jesus in Joh 14:1 “Moenie dat julle harte ontsteld word nie. Vertrou op God en vertrou ook op My.” Daar is baie probleme in baie mense se harte vandag. Daar is onrus, vrees en angs oor wat in die toekoms gaan gebeur, maar soos Jesus gesê het, "laat jou hart nie ontsteld word nie."

            Met ander woorde, moenie toelaat dat vrees, leuens of emosies beheer neem nie, want as jy God se Woord in jou hart sal saai, sal Hy jou in perfekte vrede hou.

            Bou ‘n muur tussen jou  en die onheil, tussen jou en twyfel, tussen jou en vrees... Ry altyd ‘n paar vars brode saam in jou motor, ‘n paar warm komberse, ‘n paar Nuwe Testamente, ‘n paar los banknote, en staan nader aan ander wat nie het nie. Praat met hulle oor die HERE en sy liefde vir hulle. Lei mense na Jesus toe sommer net daar op straat. Bid vir hulle op straat. Jy stuur flitsende boodskappe oral om jou heen. Help waar jy kan.

            Jy sal na elke uitreiking soos ‘n geloofsreus huiswaarts keer. Die Hele Bybel is gebasseer om die feit van gee om te kan ontvang. Gee graag, ai, al is dit net ‘n brood.  Eers glo, eers vertrou en dan deur optrede ontvang jy. As iemand die Boodskap weier, dan is dit hulle probleem. Maak ‘n aantekening en plaas hulle, en die ander, se name op jou gebedslys.

            Skrywer smokkel Nuwe Testament vir twee weke lank aan die Jode in die Yom Kippoer Oorlog in 1973. Nie een Jood of Jodin het nee gesê nie. Enigeen kon dit weier. As ek gevang was, sou hulle my dadelik deporteer, soos ander voor my oorgekom het, maar dit was duidelik die Heilige Gees wat my na elkeen toe gelei het, selfs na die Jodin teller in die bank. Dit was nie elke keer moontlik om met ‘n iedereen die Evangelie te bespreek nie. Almal het egter soos die grootste geskenk in hulle lewens ontvang.

            En wanneer jy vir ‘n gebrek of siekte big en Jesus genees sal jou hele lewe verander wanneer jy God in aksie beleef. Jou hande is maar net die verlenging van Jesus se hande. Die onus vir die genesing of wonderwerk is nie op jou nie, maar op Jesus. Al wat Hy van jou vereis is om uit te reik. – Wekroep


Vrydag 19 Junie 2020

Neem standpunt in teen vrees

Die Karonavirus het groter as hyself ‘n asemrowende tol geëis weens vrees. Selfs Gelowiges wat beter behoort te weet, leef met vrees vir die dood. Bygelowe speel ook ‘n toenemende rol.

            Mense se gedagtes het ‘n slagveld geword. Hoe meer hulle op die verkeerde goed konsentreer, hoe groter die slagveld. Vrees put mense uit, maak hulle siek. Om vrees met ‘n pilletjie te bestry werk eenvoudig nie. Die uiteinde is depressie en erger.

            Die satan weet dat hy Gelowiges nooit weer in sy koninkryk sal terugkry nie, ,maar hy keer dat Gelowiges nie sy koninkryk verdere skade kan aandoen met hul getuienisse nie. Sy nommer een wapen is om vrees te saai.

            As jy aan vrees ly, het jy so ‘n sterk binding in jou gees, dat jy vir God en sy Koninkryk van geen nut is nie. Die Bybel bied jou egter alles aan wat nodig is om standpunt in te neem en oor vrees te triomfeer.

            Na hierdie virus kom ‘n feitlik nuwe wêreld, een wat erger sal word soos wat die einde van alles nader snel. Jy sal ontslae moet rak van vrees sodat jy die pylvak van ons lewenswedren  in triomf kan voltooi. Die Herlewing wat gaan uitbreek, gaan jou ‘n gulde geleentheid gee om jouself gereed te kry vir Jesus se Koms want vir seker kom Hy om sy Bruid op te haal.

            Daar is geen tyd meer vir verskonings nie.  Daar is ook geen beperkings of limiete nie. Draai weg van vrees, van bygelowe, van hoogmoed en beweeg na ‘n intieme verhouding met die HERE.

            Wanneer jy bid, hoe lank bid jy... raak jy dan stil om te hoor wat die HERE antwoord? “Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, (let op) almal wat op die HERE wag! Ps 31:25

            Lees weer: “Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; MAAR (let op) die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” Jes 40:31

            Jy kla jy kry nie antwoord op jou gebede nie, jy kla oor jou moegheid, jy is mat. Raak ‘n slag stil. Skakel jou verstand af wat soos ‘n komper bly loop.

            Let op deur die dag. Iemand sê iets, jy hoor iets oor die radio, ‘n kind vertel jou iets, jy lees iets, jy belewe iets. Die HERE het baie maniere om met ons te praat. Hy kan selfs ‘n donkie gebruik... vra maar vir Bileam.

            Leer om met die HERE te wandel. Hy is lief vir jou. Hy gee om vir jou, hy het planne met jou. Hy gaan die onmoontlike vir jou moontlik maak. Hy gaan jou geestelike oë oopmaak. Wees gereed vir die heerlikheid van die HERE. “En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.” Joh 17:22

            Om die heerlikheid van God te beleef, is soos ‘n ontploffing van glorie. Jy sal nooit weer dieselfde mens wees nie.

            Dink aan die vrou wat so graag Jesus se kleed wou aanraak... “En 'n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.

“En 'n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het en (let op)veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het, het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak; want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.” Mark 5:24-28

Sy het besluit, ek het lank genoeg gely, vandag gaan ek my wonderwerk beleef. Sy baan vir haar ‘n pad deur die menigte... Soms is die menigte nie mense nie, maar vrees, angs, verwardheid, soms is dit familie, jou werkplek... wat die menigte ook al mag wees, druk daardeur. Die siek vrou het dit nogal netjies gedoen want niemand het aanstoot geneem en haar weggestamp nie.  As jy besluit “nou(!) gaan ek deurbreek” dan sal die Engele jou help, weens verseker daarvan.

Met die Herlewing gaan ons die pylvak in na die Messias se Koms en een van die uitstaande kenmerke hiervan sal wonderwerke wees.

            Die pes wat oor die wêreld heen tsoenami het die ganse wêreld tot stilstand geruk. “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle (let op)radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die Hemele sal geskud word.

“En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” – Wekroep

Donderdag 12 Maart 2020

Vervang vrees met Geloof



Vervang vrees met geloof en stap ongeskonde deur hierdie slagveld van virusse en misdaad, ellende en ondergang. Daar is gevalle waar die vrees ‘n groter gevaar is as die werklike gevare. Wêreldwyd is daar baie paniek. Plaaslik is dit erger weens bedreigings op vele fronte.

            Al die gevare waarvoor gevrees word, is weens die onbekende, maar geloof in die HERE God Jahweh neem ons juis na die bekende. Sy liefde en genade, die bloed van Jesus,. die Heilige Engele se beskerming.

            Dan bid ons in die geloof, sonder om te twyfel. Jak 1:6-8. Dan sing en speel ons in ons huise en motors Goddelike musiek... Dan bid ons vir mekaar. Ons staan op vir Jesus. Ons bemoedig mekaar soos wat Ouma Hamman se getuienis ons bemoedig.

Anna Elizabeth Retief (Ouma Hamman), die derde van agt kinders, is op 4 Julie 1874 op Graaff-Reinet  gebore.

            Sy het onderwyseres geword en haar studies voltooi deur by  maanlig en kerslig te studeer. Soms het sy selfs vuurhoutjies getrek om by dié lig te studeer. Sy was vooruitstrewend en het baie goed op skool sowel as die kollege presteer. Mej. Helen Murray, ‘n suster van dr. Andrew Murray, was destyds hoof van die seminarie.

            Dit was in hierdie tyd dat sy die Wedergeboorte deelagtig geword het. Die HERE het die Heilsleër en die South African General Mission, waarvan Dr. Murray ‘n stigterslid was, gebruik om haar tot die Lig te bring.

            Beaufort-Wes was haar eerste standplaas as onderwyseres. Hier het sy by die Pienaar-gesin loseer waar sy geestelik verryk geraak het. Sy was toe 20 jaar oud.

            Sy is daarna na Standerton. Nog later het sy ‘n pos op Biesiesvlei naby Lichtenburg aanvaar. Daar is sy met kol. J.L. Hamman getroud.

Inlas: Ouma Hamman – Op vlug deur die oorlog met twee babas

            Kort na die geboorte van hul eerste kind, het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek.

            Op pad na die klein konsentrasiekamp op Barberton was Anna, haar suster Margaret en Anna se klein Esther verplig om op Nelspruit by vreemde mense oor te bly. Daar is die tweede baba op die vlug gebore.

            Anna en die twee babas, asook Margaret was verplig om na tien dae in aller haas vanaf Nelspruit met die laaste trein te vertrek daar die vyand op hulle spoor was.

            Die trein was so stampvol van passasiers, dat daar geen plek vir bagasie was nie. Sonder ‘n pennie geld en met net die klere wat hulle aangehad het, tesame met ‘n klein handsakkie, het hulle op Barberton aangekom.

            Anna se man, wat toe as posmeester diens gedoen het, het lank reeds nie meer salaris ontvang nie en is toe ook gevang.

            Anna vertel later dat haar enigste uitkoms was om haar op die Engelse kommandant, ‘n ouerige man, te beroep. Nadat hy na haar verhaal geluister het, het hy haar 2 pond van sy eie geld gegee. Hy het hulle ook na ‘n netjiese klein huisie geneem want die vroue het daar in huisies en nie in tente tuisgegaan nie.

            Tot haar vreugde was daar dikwels vroegoggend ‘n mandjie met vars melk, eiers, groente, ens. voor die deur. Dit was bo en behalwe die karige voorsiening van die kommissariaat.

            Die mandjie in die oggende was deur vriendelike Engelse kommandant gestuur, alhoewel hy nooit self die huis besoek het nie.

            Anna vertel dat die HERE in daardie dae baie naby aan hulle was en op wonderbaarlike wyse in antwoord op gebed, in al hul behoeftes voorsien het.

            Na drie maande het sy weens die verskriklike hitte op Barberton, baie na haar ouerhuis op Graaff-Reinet verlang.

            Sy het met die kommandant gaan praat en hy het verlof gegee dat sy en die babas kosteloos deur die twee republieke Transvaal en Vrystaat, mag reis, maar op eie risiko.

            Die land was in ‘n toestand van gorrilla-oorlogvoering, treinspore is gedurig opgebreek en hulle sou langs die pad verskeie kere lank moes wag op die herstel van die spoorlyn.

            Met so ‘n toestand het sy besluit om eerder op die HERE te gaan wag vir duidelike leiding. Alhoewel sy kosteloos kon reis, sou sy tog geld ook moes hê, en sy besluit toe dat as die HERE op wonderbaarlike wyse die geld voorsien, dan sou dit as teken aanvaar dat sy die reis kon onderneem.

            En weer ‘n keer, in antwoord op gebed, verkry sy op bonatuurlike wyse 13 pond. Sy het volkome vrede in haar gemoed gehad om die lang reis aan te pak.

            Die grootste prioriteit was padkos. ‘n Groot baksel boerbeskuit sou die probleem oplos. Weer vertrou sy die HERE op uitkoms. Toe kry sy meel, maar die vet het ontbreek.

            Drie dae voordat die trein sou vertrek, staan sy met die skottel meel voor haar deur die venster en tuur.

            Beswaard bid sy toe: “HERE, het U my dan vergeet; ek kan dit nie verstaan nie.”

            Die volgende oomblik het die militêre muilwaens vol proviand en met groot geraas verbygesnel.

            Daar was ineens ‘n harde geklop aan die voordeur. “En daar staan ‘n Engelse soldaat met die grootste blik vet wat ek nog gesien het,” vertel sy later.

            Die blik was so groot en swaar dat die soldaat dit op die grond moes neersit. Hygende na sy asem sê hy toe: “Mevrou, hierdie blik vet het van die militêre muilwaens afgeval. Wil u dit nie hê nie?”

            Sonder om nog op ‘n antwoord te wag, het hy die blik vet die gang afgerol, omgedraai en laat spaander om die waens weer van agteraf in te haal.

            Anna het verbysterd bly staan. Die teenwoordigheid van die HERE was tasbaar.

            Wat die wonder nog groter gemaak het, was die feit dat die deur van die huis nie direk op die straat uitgegaan het nie, maar in ‘n tuin met ‘n hekkie laer af, terwyl die huise oorkant die straat se hekke by hul voordeure was.

            Wat sou die Engelse soldaat beweeg het om die ompad te neem as dit nie die Gees van God was wat hom gedring het nie?

            Op die laaste oomblik is Anna se verlof om die reis te onderneem gekanselleer. Toe die kommandant dit hoor, stel hy ‘n seereis voor vanaf Lourenco Marques na Port Elizabeth.

            ‘n Seereis! Waar sou die passaat vandaan kom? “Maar my Vader het Sy Wil aan my bekendgemaak,” se Anna later.

            Sy het  soos Abraham van destyds uitgetrek … sonder om te weet waarheen, maar soos Abraham het sy goed geweet saam met Wie!  Sy het dus volkome rus en vrede in haar gemoed gehad.

Sy het ook geweet van ‘n paar van haar eie mense wat oor die grens gegaan het en in tente in Lourenco Marques tuisgegaan het.

Met haar en die babas se aankoms daar het die ou bekendes haar gasvry ontvang.

Dieselfde middag het die kampkommandant op sy gewone rondte ook by haar tent besoek gebring. Nadat hy na haar verhaal geluister het, het hy vertrek.

‘n Ruk later was hy terug met die boodskap dat mnr Trotsenburg, die hoof van Poswese in Transvaal., in ‘n hotel onder in die dorp was en dat hy haar graag wou spreek.

Na ‘n paar vrae was Trotsenburg bereid om ‘n deel van haar man se agterstallige salaris aan haar uit te betaal. Hy het haar ‘n tjek vir 37 pond oorhandig. Dit was genoeg om die kostes tot in Graaff-Reinet te dek.

Weer was sy verbysterd, want dit was die laaste oord vanwaar sy enige hulp verwag het. “Dit het gevoel of ek in lug loop terug na die kamp.”

Veertien dae later het hulle aan boord gegaan en na ‘n voorspoedige reis uiteindelik by haar eie mense op Graaff-Reinet aangeland. Hieroor sê sy: “Al die eer aan God!”

En voeg dan by: Can you wonder, can you wonder, can you wonder why it is I love Him so? When I think of all His done for me unworthy one! Can you wonder why it is I love Him so?

Dit was die einste Anna – later bekend as die biddende Ouma Hamman – wat geruime tyd na die oorlog aan dr. Andrew Murray geskryf het:

“Watter raad het u vir my om my en my vyf  klein kindertjies, waarvan die oudste maar 9 jaar is, so vroeg moontlik vir die HERE te wen?”

Murray het geantwoord: “Ek sien dat u ‘n bekommerde moeder is. Soek vir u nog ‘n bekommerde moeder en bid saam.” Sy het dit gedoen en dit het aanleiding gegee tot die Moeder Gebedsbond wat landwyd gegroei het.

Vandag is ons land weer ‘n keer vol bekommerde moeders en daarom word ‘n beroep op alle moeders gedoen om weereens by ‘n Moeder Gebedsbond in te skakel, of begin een as daar nie een in jou omgewing is nie, en begin bid vir ‘n Herlewing. Bid soos jy nog nooit in jou lewe gebid het nie. Soos wat die HERE Ouma Hamman gedra het, sal hy ons ook dra. Glo net. “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.” Luk 12:32

Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik, besoek www.thesower.org.za

As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com

Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA – Wekroep

Dinsdag 21 Januarie 2020

Vrees verwoes lewens



Vrees beteken, jy lewe in angs, soms doodse angs, want vrees kan jou lewe eis. Het jy al geskreeu van vrees? Die dissipels het: “En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! (let op) En hulle het geskreeu van vrees. Matt 16:24

            Vrees en skuldgevoelens loop hand aan hand. Die man kon nie meer slaap nie, toe skryf hy aan die Ontvang en sluit ‘n tjek van R250 duisend rand in met ‘n nota daarby: “Ek skuld julle geld en ek betaal dit nou want my gewete laat my nie met rus nie . Ek stuur dit hiermee saam en as ek nog nie kan slaap nie, stuur ek die res ook.”

            Geheime is een van die groot oorsake van vrees, Jy vrees die heeltyd iemand gaan iewers te veel praat en
 jou geheim uitlap, ‘n geheim, wat as dit uitkom, vir jou baie moeilikheid en ‘n verleentheid kan veroorsaak.

            Hoeveel vroue is daar nie, wat ‘n buite-egtelike baba had wat aangeneem is wat haar man en kinders niks van weet nie. Op ‘n dag lui jou telefoon em jou verlore kind wil graag met jou praat, jou ontmoet…en jou hele lewe word ineens ‘n woeste mallemeule.

            Hulle dink dat hulle dit vir altyd sal kan wegsteek. God sê nee, jy sal nie kan nie: “Want God ken die geheime van die hart.” Ps 44:22

“Daar is 'n God in die Hemel wat geheime openbaar.” Dan 2:28

“Die waarheid hou altyd, die leuen kom gou aan die lig.” Spr 12:19

(luister)”Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim 1:7

God het ons nie ‘n gees van vrees gegee nie. Ons het deur ons eie optredes dit op onsself gebring. As ons in die Wil van die HERE gewandel het, sou ons nie verkeerde besluite geneem het nie.

As ware Gelowiges beskik ons oor die “gees van krag en liefde en selfbeheersing,” ‘n gawe wat deel  geword het van ons as Wedergeborenes. Gebruik jou gawe.

            "Want MY oë is op AL hulle weë, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oë verborge nie." Jer 16:17

"Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE.” Jer 23:24

Vervul Ek nie die Hemel en die aarde nie? spreek die HERE." Jer 23:24

hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van ALMAL ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het."

            "...want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet ALLES 1 Joh 3:20

"En daar is GEEN skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar "ALLES is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het." Hebr 4:13

            "Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, HERE, U ken dit geheel en al." Ps 139:4

Jou probleem is veel groter as wat jy dink: “Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.” Job 12:22

“Maar daar is 'n God in die Hemel wat geheime openbaar...” Dan 2:28

“Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.” Mark 4:22

“Want die toorn van God word van die Hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk... Rom 1:18

Ons herhaal, jou probleem is veel groter as wat jy dink: “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die Koninkryk van God nie sal beërwe nie.” Gal 5:19-21

Dan probeer sommige ‘n aborsie wegsteek!

Ironies né, terwyl jy in vrees lewe, weet God reeds van alles. Berei jouself voor vir die Wederkoms.

Hierdie is maar ‘n kort lysie om jou mee te help. Hoe lyk jou lysie, as jy eerlik met jouself en met God is?

As jy waarlik kind van God is, sal die Heilige Gees jou oortuig van die dinge waarmee God nie tevrede is in jou lewe nie.  Moenie jou sonde regverdig omdat ander dit ook doen nie. Jy gaan alleen voor God moet staan… sonder vlek of rimpel. Heilig en sonder gebrek. Efes 5:27

          “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.

“En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.

“En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” Luk 21:25-28

          Net voordat  die volk die Beloofde land sou binnegan: “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie (hoekom nie?) want die HERE jou God is met jou (wanneer?), oral waar jy heengaan.” Jos 1:9

Ons is op pad na ons Beloofse land, die Nuwe Jerusalem. Ek sien jou daar. – Wekroep


http://www.bing.com/videos/search?q=the+new+jerusalem+song&&view=detail&mid=511C8F1FF5F98C305018511C8F1FF5F98C305018&&FORM=VRDGAR&ru=%2Fvideos%2Fsearch%3Fq%3Dthe%2Bnew%2Bjerusalem%2Bsong%26go%3DSearch%26qs%3Dds%26form%3DQBVR

Maandag 21 Mei 2018

Moenie bang wees nie!


Image result for man hanging on side of building construction


Die gerustelling


In ons daaglikse gang kry ons soms die wind reg van voor, beland ons soms onverwags in ontstellende en dreigende situasies.

Dr H. O. van Gilder van die Corban Christen Universiteit in Amerika, vertel van `n werker wat by `n bouprojek betrokke was en soms tot laataand moes werk.

Op die kant van `n muur, etlike verdiepings hoog, verloor hy een nag sy ewewig en val van die muur af. Hy slaag egter daarin om die rand van die muur met sy vingers vas te gryp. Daar hang hy, letterlik tussen Hemel en Aarde. Onder is dit donker.

As iemand hom tog net raaksien! Hy skreeu om hulp, maar sy stem word oordonder deur  die gedreun van masjinerie. Hy voel sy arms word lam en sy vingers dreig om die greep op die muur se rand te verloor.

Hy bid, maar geen wonderwerk vind plaas nie.

Uiteindelik glip sy lam vingers van hul greep op die muur los en met `n snik van ontsteltenis val hy – net 15cm ver. Hy land op `n steier wat daar al langs die muur opgerig was en wat hy in die donker nie kon sien nie.

            In ons daaglikse ervaringe en ook in ons geestelike belewing, kom ons in situasies wanneer ons desperaat raak en voel ons moet met ons vingers vasklou aan wat ons ook al beet het.

Van Gilder skryf: “Net soos baie Gelowiges... bewus van swakhede (wat hulle nie maklik wil erken nie) en bewus van gevare, lewe hulle in vrees... Angstig en meeste van die tyd ongelukkig... tog, onder hulle, altyd, is daar die liefdevolle arms van ons Almagtige Redder Jesus Christus, die HERE.

 Die skuit “….is deur die golwe geteister, want die wind was van voor… Jesus het gesê: ‘Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.’”Matt 13:24,27 – Sjibbolet  

Maandag 16 Februarie 2015

Hoekom langer ‘n wurm wil wees?


Image result for little worm 




Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob …. Ek maak van jou ‘n skerp dorsslee
wat baie tande het. – Jes. 41:14-16.

Watter groter kontras kan daar wees tussen ‘n wurmpie en ‘n harde staal dorsslee?
            Die nietige wurmpie kan op velerlei wyses eensklaps vernietig word, terwyl die staalharde dorsslee vele dinge kan vernietig sonder om self vernietig te word.
En die Almagtige GOD kan die een in die ander verander!
            Hy kan een persoon ‘n volk maak en albei dus deel van die geskiedenis, terwyl van die wurmpie nooit weer gesien of gehoor sal word nie.
            Wanneer GOD aan ons ‘n wil van staal gee, sny ons ‘n pad deur enige weerstand, deur enige wildernis.
            “Ek maak jou…”  sê Hy, en inderdaad, Hy wil en sal dit doen!
            GOD is besig om Sy Koninkryk te bou. Hiervoor gebruik Hy die gebroke dinge. Die mens wil alles aanpak alleen met die sterkes, die suksesvolles, die triomfantelikes, die ongebrokene, die helde, om hul koninkryke mee te bou.
            GOD het nie Skrifgeleerdes, professore en doktore gebruik nie – nie dat hy hulle nie ook kan gebruik nie – maar eenvoudige ongeredde vistermanne, stamelaars, veewagters.
            Jesus sê Hy heel die gebroke harte. Die Hemel loop vol van die aarde se gebroke lewens.  Maar daar is geen geknakte riet wat Hy sal verbreek nie. Geen dowwe lamppit wat Hy sal uitblaas nie.
            Hy neem die lewens gekneus van pyn, verdriet en ellende en verander dit in Hemelse harmonieuse musiek vol lof.  Hy kan die aarde se mislukking ophef na ‘n glorieryke Hemel.
            Die HERE sê Hy woon in die hoogte en in die Heilige Plek, maar
Hy woon ook by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. Jes. 56:15.
            Mens moet dus nie na jouself kyk as bloot ‘n wurmpie nie. Kyk na wat GOD van jou wil maak! – Sjibbolet