Maandag 21 Mei 2018

Moenie bang wees nie!


Image result for man hanging on side of building construction


Die gerustelling


In ons daaglikse gang kry ons soms die wind reg van voor, beland ons soms onverwags in ontstellende en dreigende situasies.

Dr H. O. van Gilder van die Corban Christen Universiteit in Amerika, vertel van `n werker wat by `n bouprojek betrokke was en soms tot laataand moes werk.

Op die kant van `n muur, etlike verdiepings hoog, verloor hy een nag sy ewewig en val van die muur af. Hy slaag egter daarin om die rand van die muur met sy vingers vas te gryp. Daar hang hy, letterlik tussen Hemel en Aarde. Onder is dit donker.

As iemand hom tog net raaksien! Hy skreeu om hulp, maar sy stem word oordonder deur  die gedreun van masjinerie. Hy voel sy arms word lam en sy vingers dreig om die greep op die muur se rand te verloor.

Hy bid, maar geen wonderwerk vind plaas nie.

Uiteindelik glip sy lam vingers van hul greep op die muur los en met `n snik van ontsteltenis val hy – net 15cm ver. Hy land op `n steier wat daar al langs die muur opgerig was en wat hy in die donker nie kon sien nie.

            In ons daaglikse ervaringe en ook in ons geestelike belewing, kom ons in situasies wanneer ons desperaat raak en voel ons moet met ons vingers vasklou aan wat ons ook al beet het.

Van Gilder skryf: “Net soos baie Gelowiges... bewus van swakhede (wat hulle nie maklik wil erken nie) en bewus van gevare, lewe hulle in vrees... Angstig en meeste van die tyd ongelukkig... tog, onder hulle, altyd, is daar die liefdevolle arms van ons Almagtige Redder Jesus Christus, die HERE.

 Die skuit “….is deur die golwe geteister, want die wind was van voor… Jesus het gesê: ‘Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.’”Matt 13:24,27 – Sjibbolet