Woensdag 02 Mei 2018

Sing jouself gesond.


Image result for singing angels




Jou oop deur Hemel toe…


Die HERE praat op verskillende maniere met Sy kinders. Hy is die Herder, ons die skape en skape luister na die stem van die Herder... en reageer op Sy stem:

•          Hy praat soms direk soos wat ek en jy met mekaar praat

•          Deur iemand

•          Deur ‘n gedagte sodat jy net weet dat jy weet

•          Deur die natuur

•          Deur gebeurtenisse

•          Deur die Bybel, God se Lewende Woord

•          Deur ‘n profesie, soms, uit onkunde, sonder dat mens besef dis ‘n profesie

•          Soms in doodse stilte

•          Soms by die see of hoog in die berge

Let op: Wil jy Hom graag hoor? Skakel dan jou verstand af en luister met jou gees. Hoekom?

“Maar daar kom 'n uur (wanneer), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; (hoekom?) want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24. Hierdie twee strofes is jou sleutel vir die res van jou lewe op pad na die Nuwe Jerusalem.

            En hoe skakel mens jou verstand af? Soos die ou Israeliete dit gedoen het: Jy sing…

            “Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; sing voor die HERE, o ganse aarde!

            “Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.” Ps 96:1-2

            Sing die Skrif, pleks van dit te lees. Al kan jy nie sing nie en jy sing net op een noot. Jy sal weldra meer note begin sing. Sing, al klink dit soos ‘n geneurie.

            Begin met die Psalms. Dit was gesing en op instrumente bespeel.

            Speel geestelike musiek, veral musiek sonder woorde, oor jou oorfone en praat in jou gees met die HERE.

            Ons het 64 strofes oor sing in die Skrif gevind. Die Bybel verwys na die bome wat sing, selfs hande klap. Gaan staan in ‘n woud en luister. Jy sal ook hoor die watervalle se klank is ‘n daweerende applous in ‘n groot natuurlike ouditorium.

            Het jy gewonder hoekom die HERE begeer dat ons sing? Hoekom is dit vir Yaweh belangrik dat ons lyfprysinge aan hom moet sing?

            “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.” Kol 3:16                 

            En: “5:18 Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die HERE…” Efes 5:18-19

            Let op, ons moet sing, dis ‘n opdrag.

            Die opdrag gaan gepaard met ‘n wonderlike belofte. Ons word belowe word dat wanneer ons sing, die Woord van die HERE  ryklik in alle wysheid by ons inwoon.

            In Ps 105:1-2 roep die HERE na die Israeliete om ‘n lig vir die nasies te wees: “Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend. Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al Sy wonders.”

            Om te sing versterk jou geestelik. Paulus en Silas sit in die binnekring van die tronk. Hulle is feitlik naak, onskuldig, stukkend en bebloed. Dan teen middernag wanneer meeste van ons moed sou verloor het, begin hulle sing in Hand 16:25.

            Hoe groot ons problem of situasie ook al, begon sing, sing geeslike liedere, Psalms, die Woord en die aarde sal skud en die kettings breek. Sing tromfantelik. Paulus en Silas was nie helde nie, hulle is ons broers. Dis al.

            Om ‘n smartvraat te wees is om die onderspit te delf. Dis die dood in die pot. En sommige hou so van die gesittery is sak en as.

            Nou kom die mediese wetenskap, en genees mense emosioneel, geestelik en selfs fisies met musiek.

Depressie word genees:  http://www.bing.com/search?q=depression+healed+through+music+and+song&qs=n&form=QBLH&sp=- &pq=depression+healed+through+music+and+song&sc=0-40&sk=&cvid=8407A3CA65F841E58C216AE550F5ABB3

Mense met Parkinsons genees: http://www.bing.com/search?q=parkinsons+healed+through+music+and+song&qs=n&form=QBRE&sp=-1&pq=parkinsons+healed+through+music+and+song&sc=0-40&sk=&cvid=FE53051EEB9544A489313289DE42DCF2

Fisiese genesing deur musiek: http://www.bing.com/search?q=physical+healing+through+music+and+song&qs=n&form=QBRE&sp=- &pq=physical+healing+through+music+and+song&sc=0-39&sk=&cvid=496409646A234B7E9C41A4EDE16F57C9



            Het jy al jou Hemelse gebedstaal ontvang? Sing daarin. Skrywer had een keer die wonderlike voorreg om twee duisend vroue in hul gebedstale te hoor sing. Mens sukkel om jou voete te bly staan.

            Skakel jou verstand af en open jou gees… dis die oop deur Hemel toe! – Sjibbolet