Dinsdag 29 Mei 2018

Maak die sluise oop met die gebed van Intersessie


Image result for Someone praying


“En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

  “Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.

  “En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het -- my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.

  “Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in Ewigheid nie beskaamd staan nie.

  “En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in Ewigheid nie beskaamd staan nie.

  “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

  “En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.” Joël 2:23-32

  ‘n Geestelike vloed is op pad. God het dit beloof… die uitstorting van die Heilige Gees wat die grootste siele-oes in die geskiedenis van die aarde sal oplewer.

  As Gelowiges weet ons dit uit sy Woord. Ons hou aan om op te kyk daarvoor. Daar staan geskrywe dat ons wanneer die Eindtyd Tekens in vervulling gegaan het moet opkyk.

  Maar dis nog nie tyd vir opkyk nie, alhoewel daardie snel nader kom.

  Wat nou gebeur is dat God my en jou wil gebruik om sy Gees hier op aarde uit te stort. “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” Joh 7:38

Die Lewende Waters wat die Herlewing sal bring, sal vanuit my en jou as Gelowiges kom. Die Heilige Gees IN ons, sal die Tekens en wonders voortbring.

Kom, begin uitreik na alle mense rondom jou. Sodra ons die gebed van intersessie begin bid sal die sluise van die groot  Herlewingsvloed oopgaan.

“Bid tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle 'n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.” Sag 10:1   

Ons gebede van intersessie vir verlore siele, vir wonderwerke, sal die groot geestelike reëns bring.

Kom uit die kerke uit, kom saam as Godsvolk en werk en bid saam om die heerlikheid (glorie) van God op aarde te laat geskied. Kom by mekaar in twee of drie of meer Gelowiges en net waar julle jul, bevind, in huise, in die werkplek, in die veld, oral daagliks. Ons is Goid se ambassadeurs op aarde. Hy verwag van ons om die Getal vol te maak. Kom ons doen dit, onverwyld!

Jesus kom nie om kerke te kom haal nie, Hy kom om sy triomfantelike Bruid te kom haal, ‘n Bruid sonder vlek of rimpel.

Luister, dit het al reeds begin reën…