Woensdag 02 September 2015

Hoe laat is dit...?

Image result for clock
Joël 3 vertel: “En oor my volk het hulle die lot gewerp en 'n jong seun weggegee vir 'n hoer en 'n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.
            “En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon (Sidon, die tweeling stad van Tirus, word geoordeel oor hulle minagting van Israel wat soos 'n pendoring bly steek: "Dan sal daar nie meer onder die buurvolke van wie Israel soveel minagting verduur, 'n doring wees wat hom bly steek, 'n pendoring wat hom bly pynig nie. Israel sal besef dat Ek die Here God is.? (Eseg. 28:24 – vandag se Libanon). en al die landstreke van Filistéa (Palestyne met hoofdorpe Gaza, Ashdod, Ashkelon, Gath and Ekron). Wil julle My iets vergeld, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
            “Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.
            “Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
            “Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.
            “En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan 'n verafgeleë volk want die HERE het dit gespreek.
            “Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
            “Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is 'n held.
            “Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!
            “Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
            “Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.
            “Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!
            “Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.
            “En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal 'n toevlug wees vir sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel.
            “Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem 'n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.”
            Die VN berig dat daar verlede jaar 800 000 mense of ontvoer en verkoop is, of bloot verkoop is... maar ergste is dat die meeste van hulle kinders en vroue was. Kinders word reg oor die wêreld gesteel en aan die sekshole van die wêreld verkoop. Skole is die sagste teikens.
            Maar ook ouers verkoop hul kinders aan die prostitusie hole van die wêreld. In onderhoude beweer hulle dat dit oor armoede is. In menige gevalle is dit ‘n armoede wat hulle oor hulself gebring het weens hul sondige leefwyse.
            Die internasionale TV nuusagentskap, CNN, het ‘n allemintige verslag hieroor uitgebring nadat hulle eerstehandse inligting, foto’s en onderhoude ingewin het.
            Hoer laat is dit? Joël antwoord... wanneer hulle kinders begin verkoop en koop en selfs na verre lande wegvoer.
            Dan sê die HERE deur die profeet Joël:  “Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
            “Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is 'n held.
            “Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!
            “Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.”
            Met ander woorde: Gelowiges, ontwikkel ‘n Heilige toorn, staan op, neem standpunt in. 
            Die Islamitiese Staat gebruik gesteelde of gekoopte kinders in selfmoord bomaanvalle en leer hulle om volwasse Christene te vermoor deur die Christene of deur die agterkop dood te skiet, of hul koppe af te sny soos wat mens skaapslag.
            Hoe laat is dit? Kyk wat sê Johannes: “Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
“Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.
“En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.” Joh 2:18-20
Dis laat, baie laat. Joël sê: “Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.”
Ons is terug by die komende magtige Herlewing. Ons word opgeroep om die siele in te bring. Die boosheid is groot.
Komaan, daar is nie meer tyd vir sloer nie. Bid soos nog nooit tevore nie. Getuig. Moenie probeer oortuig nie... Getuig, Getuig, Getuig. – Sjibbolet