Woensdag 02 September 2015

Drink uit God se Fonteine


Image result for fountain of God


'n Klein seuntjie, een van sewe kinders, was in 'n ongeluk en moes hospitaal toe gaan, vertel Upper Room die storie. Hy het in 'n armoedige huis grootgeword waar hulle honger dikwels nie heeltemal gestil kon word nie. Die glas was selde vol melk, en as dit vol was, moes twee of drie dit deel.

Na die outjie in sy hospitaalbed gerieflik gemaak is, bring 'n verpleegster vir hom 'n groot glas melk. Hy kyk verlangend na die glas melk, en dan uit sy tuiservaring vra hy: "Hoe diep mag ek drink?" Met vogtige oë en 'n knop in die keel, antwoord die verpleegster: "Drink alles!" Upper Room vra: "Oh, hungry and thirsty soul, how deep shall you drink of the love and goodness of God? There is no limit! Drink it all, drink it again and again! The supply is inexhaustible."

Paulus bid vir die Efesiërs: "Ek bid dat Hy deur Sy Gees uit die rykdom van Sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle sal woon en... mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle Sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God".  Efes 3:16-19).

Die wêreldprediker, Dwight L. Moody, het die volgende waarheid beklemtoon: "We must draw upon God's boundless stores for grace from day tot day, because we need it."

Ons het elke dag voeding vir ons liggame nodig. Ons kan nie een keer per maand eet nie. Drink uit God se fonteine, weer en weer en weer.... dis onuitputlik.

“Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.
En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!
Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde.” Jes 12:2-5 – Sjibbolet