Woensdag 02 September 2015

God se lig...


Image result for light of God


Daar is ‘n ou bekende verhaaltjie, of dit werklik so was, weet mens nie, maar die les daarin is groot.

In 'n afgeleë huis het 'n ma en haar vierjarige dogtertjie reggemaak om te gaan slaap. Die kind was bang vir die donker in die groot huis. Weens hul eensaamheid was die ma self huiwerig en bang. Die ma maak uiteindelik die lig dood. Buite waai die wind en dit is donker. Albei lê bang in die bed.

Deur die oop venster sien die dogtertjie die vol maan skyn. "Is die maan God se lig?" vra die kind. "Ja," antwoord die ma, "God se lig skyn altyd." Die kind se volgende vraag: "Sal God ook netnou Sy lig doodmaak en gaan slaap?"

Die ma antwoord: "Nee, my kindjie, God slaap nooit nie." Die dogtertjie antwoord met kinderlike vertroue: "Mamma, as God wakker is, is ek nie bang nie." Sy sê dit met so 'n oorgawe en vertroue dat die ma ook sommer dadelik gerus voel. God waak en Hy sal hulle bewaar.

Dit is inderdaad 'n ou en bekende storie, maar die waarheid daarin is so kosbaar, dat ons dit weer kan oordink. As ons aan God behoort is ons vir Hom kosbaar en Hy bewaar ons. Sy waaksaamheid verslap nooit nie. Gedurig kan ons in Hom vertrou en na Hom toe vlug as ons bedreig voel.

Die oorspronklike skrywer van die verhaaltjie, sê: "How often we allow fear – of darkness, of failure, of suffering, of death – to rob us of our sleep and of our joy in life? God's light never goes out; He is ever awake to our needs." Ps 121: 4&5