Woensdag 02 September 2015

Slegs vertroue, vol vertroue...


Image result for fountain of God


Soms beland ons onverwags in ontstellende en dreigende situasies.

Pastoor H. O. van Gilder vertel van 'n werksman wat by 'n bouprojek betrokke was en soms tot laataand moes werk. Op die kant van 'n muur, etlike verdiepings hoog, verloor hy een nag sy ewewig en glip van die muur af. Hy slaag egter daarin om die borand van die muur met sy vingers vas te gryp.

Daar hang hy. Onder is dit donker. As iemand hom tog net raaksien! Hy skreeu om hulp, maar sy stem word oorweldig deur die gedreun van masjiene. Hy voel sy arms word lam en sy vingers dreig om hulle greep op die muur se kant te verloor. Hy probeer bid, maar geen wonderwerk vind plaas nie. Uiteindelik glip sy lam vingers van hul greep op die muur los en met 'n snik van ontsteltenis val hy  —  net 10cm ver. Hy beland op 'n steier wat daar al langs die muur opgerig was en wat hy in die donker nie kon sien nie.

In ons daaglikse ervaringe en ook in ons geestelike belewenisse, kom ons in situasies wanneer ons desperaat raak en voel ons moet met ons vingers vasklem aan wat ons het. Van Gilder skryf: "Baie Christene, bewus van hul swakheid en die gevare, lewe in vrees, is beangs en ongelukkig... tog, om hulle is die liefdevolle arms van hul Vader met sy liefde en genade... ‘n Almagtige redder.

Wees rustig in die benoudste oomblikke. Jesus Christus is daar om jou te red en by te staan. – Sjibbolet