Sondag 01 Mei 2016

Is jy ingestem?


Image result for playing music on a glass

'n Handelsreisiger sê in 'n winkel, waar glasware verkoop word, vir die man agter die toonbank: "Ek wil graag al jou glase, wat op die A-toon ingestem is, koop."
Die man glimlag: "Ek verkoop nie glase volgens hulle musiekwaarde nie. Ek sal nie sulke A-toon glase vir jou kan uitsoek nie."
Die handelsreisiger haal ‘n stemvurk uit sy tas. Hy kap die stemvurk teen die toonbank en dadelik is daar by sommige glase op die rak, 'n weerklank. Daardie glase was, volgens die glas hardheid waarmee hulle uit die fabriek gekom het, ingestem op die A-toon.

Luister:   https://www.youtube.com/watch?v=MYq5Quyyv4A&nohtml5=False

            Dit is ook die geheim van baie Gelowiges se reaksie op Jesus se stem. Gelowiges word met die Doping in die Heilige Gees, deur die Heilige Gees, ingestem op 'n Jesus¬toon. Sy stem, Sy boodskap, Sy Naam, laat die hart vibreer.
            Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid (hoekom?); want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.” Joh 4:23
So 'n hart hoor Jesus se roepstem en beantwoord Sy roepstem. Dan wil ons Hom dien en wil Hom gehoorsaam. As so 'n glas 'n krakie kry, al is die krakie hoe gering, sal die A-toon verlore gaan.
Afvalligheid in die Christen se hart, bewuste foute en tekortkominge waaraan vasgehou word, 'n hardnekkige ongehoorsaamheid, sal maak dat die weerklank op Jesus se roeping, verdof of verdwyn.
"Oppas dan dat julle nie ook saamgesleep word deur die dwaling van slegte mense en julle vastigheid verloor nie. Julle moet ons Here en Redder, Jesus Christus, al beter leer ken en Sy genade nog meer ondervind." 2 Pet 3:17
‘n Gelowige kan nie saam met die arende vlieg as hy tussen die kalkoene rondloop nie.
            Bid asseblief deurentyd vir die te wagte magtige geestelike Herlewing in SA  – Sjibbolet

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za      
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Beraders is landwyd beskikbaar.  

“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by belindapaar@gmail.com
Sien ook: http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html


https://www.youtube.com/watch?v=MYq5Quyyv4A&authuser=0