Saterdag 10 Januarie 2015

Dis tyd om jou lamp vol te maak


 


Die Joodse feesvierings genaamd  Hanukkah  vind  gereeld in Desember plaas en duur altyd agt
dae lank. Deel van die oorwinningsfees is om elke aand net een kers aan te steek sodat daar aan
die einde van die agt dae, agt kerse sal brand.

Dit gedenk die terugwin van die Tempel in Jerusalem, of dit wat daarvan oorgebly het nadat die
Assiriërs die Tempel geruïneer het.  Nie net het die Makkabeërs oorwin nie, maar hulle het ook
weer alles gereinig en het weer die ewige fakkel aan die brand gesteek.

Daar was egter net genoeg olie beskikbaar om een dag te brand,  maar die olie het agt dae lank
gebrand voordat  nuwe olie bekom kon word. Dit word vandag nog as ‘n grootse wonderwerk
beskou, en dit is wat gevier word: Die terugwin van die Tempel en die wonderwerk toe die olie
wat net een nag sou brand, agt dae lank gebrand het.

Die fees word by die huise gevier en nie in die sinagoges nie.  Dit is was waarskynlik die eerste
keer in die geskiedenis dat ‘n volk ‘n oorlog gevoer het ter wille van godsdienstige vryheid.

Die Jode gee oor hierdie dae ook geskenke aan mekaar. Dit  is om liefde aan mekaar te betoon.
Tydens die agt dae word ook net kosse geëet wat in olie gaan gemaak is. Olie is en bly ‘n sleutel
simbool.

En ons, ons vier Kersfees, die geboorte van die Messias, maar hoe vier ons dit?  Kersvaders is
gelukkig aan die verdwyn. Ouers leer hulle kinders dat ons aan mekaar geskenke gee as simbool
van God se Jesus-geskenk aan ons. Ons gee die geskenke uit liefde vir mekaar.

Ons hou selfs Kersdienste, maar dit word treurig bygewoon. Die baie uitspattige drankpartye
dui op hoeveel siele nog gered moet word. Moenie daaroor kla nie, begin bid, ook vir die Jode.
Siele moet ten alle koste bereik word.