Woensdag 18 Julie 2018

Predikers verstrooi die skape




“En die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle 'n teken uit die Hemel te laat sien.

            “Maar Hy antwoord en sê vir hulle: In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi.
            “En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die Tekens van die Tye onderskei nie?
            “'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en weggegaan.” Matt 16:1-4

            Wat is die teken van Jona? Hy was drie dae in die vis se ingewande...  omdat hy nie die Waarheid wou verkondig nie, omdat hy nie omgegee het vir verlorenes nie, omdat hy God ongehoorsaam was!,

Christus sou in die graf wees vir drie dae, maar Christus het die dood oorwin. Die Waarheid het geseëvier.

            Gebed tot die Vader in die naam van Jesus is gratis. Alles is vir ons aan die kruis betaal. Al wat ons hoef te doen is om te glo en te aanvaar en te gaan vertel.

            Die profeet Jeremia waarsku:

            “Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE.

            “Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE.

            “En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.

            “En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek die HERE.
            “Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.
            “In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE, YAWEH, ONS GEREGTIGHEID.
            “Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie,
            “maar: So waar as die HERE leef wat die geslag van die Huis (volk) van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.”

            Predikers wat nie God se Woord te volle leer nie laat die skape honger ly en verdryf hulle uit die voerkrale na ander voerkrale. Almal wat julle gemeentes verlaat het, loop haal hulle, onverwyld.

            Die pad van God is smal en reguit. Kortpaaie om die skape, betekenislose rituele en kerklike dogmas en leringe om op makliker, eenvoudiger wyses die pad te stap, pleks van God se Raadsplan te handhaaf, sal veroorsaak dat meer mense verdwaal.

            Prediker, gaan kyk vanaf Openb 2 na die sewe gemeentes en besluit in watter gemeente jy is.

            Die gemeentes van Smirna en Filadelfia is die enigste wat lering gehad het wat deur Jesus self goedgekeur was.

            Leer jou kerk of gemeente enige van hierdie dinge? – Sjibbolet

Dinsdag 17 Julie 2018

Kom ons maak met blydskap die Getal vol


Image result for 1 Peter. 1:19


Klein Dawid, Simson, Noag, dink maar aan al die helde van die Bybelse tyd en ons gee lof en aanbidding aan God omdat Hy saam met hulle was.

            Twee duisend jaar gelede was daar ‘n klein groepie  in Jerusalem toe die Groot Opdrag kom om die wye wêreld in te beweeg en die Goeie Nuus te gaan verkondig. As jy daardie dag daar was, sou jy kans gesien het vir daai ontsettende groot opdrag?

            En dan sê Jesus Hy vertrek, ons moet dit alleen doen. Hy stuur die Heilige Gees om ons te help. ‘n Gees?

Wat sou daardie oomblik deur jou kop en wese gegaan het. Hy het die werk begin en drie jaar lank volgehou, nou moet ek en jy dit voltooi deur reg deur die wêreld die Evangelie van Jesus Christus te verkondig.

Twee duisend jaar gelede is ons in Jerusalem, ons weet nie eers waar die res van die wêreld is nie.

            As jy daai dag daar was in Jerusalem, wat sou jou reaksie gewees het... onmoontlik?

Daar was skuite en bote, donkies, perde en kamele, maar nie fietse nie, nie motors nie, nie motorfietse nie, geen teerpaaie of brûe nie, nie vliegtuie nie, geen telefone, geen teleks, geen Internet, geen selfone... geen niks nie. Daar was nie eers ‘n posdiens nie.

Nogtans... vandag is die Christendom loshande steeds die grootste beweging in die wêreld met die Bybel as die grootste verkoper. Dit kon alleen vermag word deur ons gewilligheid, die krag van God en die leiding van die Heilige Gees.

            En ek en jy? “Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?” Rom 8:31

            Ons is “medewerkers van God” 1 Kor 3:9. Ons moet Jesus se onvoltooide werk op aarde voltooi.

            Ons is nie alleen nie. Dieselfde geestelike dryfkrag is steeds teenwoordig. Ons taak is effens moeiliker... want... almal is skielik Christene... 34 miljoen in SA bv. vul op hul sensusvorms in dat hulle Christene is... is hulle werklik Christene? Ons weet dis nie waar nie, want ons behoort ‘n boom aan sy vrugte te ken... maar mens herken nie eers die bome nie.

•          Open. 5:9 – “Toe sing hulle (die Gelowiges) ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,”

•          1 Pet. 1:18 – “omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,”

•          1 Pet. 1:19 – “maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,”

Jesus het letterlik Sy bloed vir ons gegee. As kind van God het ek en jy ‘n bloed gekoopte reg tot:

•          ‘n Oorvloedige lewe. Joh 10:10 – “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”

•          ‘n Lewe van betekenis;

•          ‘n Lewe met ‘n doel;

•          Goddelike gesondheid (Jes. 53:4)

•          Dat God in al ons behoeftes sal voorsien. Fil 4:19 – “En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.”

Ons het en geniet al hierdie dinge:

•          Nie omdat ons dit ooit kan verdien nie;

•          Nie regtig oor een of ander daad wat ons gedoen het nie;

•          Of omdat ons so goed is nie; maar a.g.v. God se groot liefde vir my en jou en op grond van die bloed van Jesus wat Hy vir ons gegee het wat ons in geloof aangeneem het. Al hierdie seëninge omdat God vir ons is!

Om die HERE aan jou kant te hê; ‘n God wat vir jou is, is absoluut onbeskryflik wonderlik! Rom. 8:32 – “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?”

          Ek en jy leef in afwagting van die Wederkoms. En die ander mense?

            “Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter;

“so sal my Woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

“Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap.

“Vir 'n doringboom sal 'n sipres opgaan; vir 'n distel sal 'n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees tot 'n naam, tot 'n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.

“So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.

“Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.” Jes 55:10-13; 56:1-2

Ons is dus nie alleen in die uitdra van die Evangelie. Kom ons maakmet blydskap die Getal vol. – Sjibbolet



Sondag 15 Julie 2018

Moenie God se weldade vergeet nie


Pastoor Henry Porter vertel van ‘n denkbeeldige dag, toe die son nie opgekom het nie. Dié oggend word dit al sesuur, maar dagbreek bly weg.

Twaalfuur die middag is dit steeds middernag donker. Die son kom net nie op nie! Geen voël sing nie. Die agtermiddag breek met donker nagure aan. Groot ontsteltenis begin posvat.

Kerkklokke begin lui. Mense stroom na die kerke toe. Die aand breek donker aan, soos gewoonlik.

Niemand dink aan slaap nie. Oral huil en bid mense. Die hele nag deur gaan dit so.

Miljoene betraande gesigte is angstig Ooswaarts gekeer. Oë tuur angstig na die oosterkim. En toe verskyn die gewone eerste tinte van sonsopkoms en ‘n bietjie later kom die son, soos elke dag, op.

 

            ’n Groot gejuig gaan op – uitroepe van vreugde: “Loof die HERE, o, my siel!” Hoekom die groot blydskap? Dit is dan maar net dieselfde sonsopkoms, wat hulle almal al honderde kere gesien het, maar nooit op gelet het nie.

Pastoor Porter skryf: “God stort daagliks seëninge op ons uit, maar ons raak gewoon daaraan. God se seëninge is elke dag soos klokslag oor ons, maar waar is ons konstante dankbaarheid. Sy welwillendheid is nuut elke oggend en nuut elke aand, maar ons let selde daarop en gee Hom selde eer daarvoor.” One beleef eke dag Sy belofte van Sy goedheid en guns wat ons volg...

Ons maak soos kinders wat in ’n goedversorgde huis groot word – neem die goeie dinge as vanselfsprekend aan – sonder om selfs dankie te sê.

Hoe waardeer ons dit nie as iemand, veral ’n kind, kom dankie sê vir die normale goeie dinge, wat ons vir hulle doen nie. Het jy al ooit gehoor ‘n kind sê: “Dankie juffrou dat juffrou ons met vandag se leerwerk gehelp het.”

God het ook ’n behae in ’n dankbare hart en positiewe danksegging. “Luister, my volk… ek wil geen jong bul of bokke uit jou krale hê nie…Lof is die offer wat jy aan God moet bring…Die mens wat My eer, is die een wat lof as ’n offer bring…” Ps.50:7,9,14,23

            Kom ons bedink (Porter sê: Neem kennis van) al die goeie dinge wat God sonder onderbreking deurentyd vir ons gee, en ook deur die jaar wat verbygegaan het, ononderbroke vir ons gegee het, en waaraan ons so gewoond geraak het as iets alledaags, dat dit ons nie eens meer raak nie.

            Dan kniel ons en ons dank Hom vir al die goeie dinge. “…dit is ’n genot om die loflied te sing wat Hom toekom.” Ps.147:1

            “Ek wil die HERE loof en nie een van sy weldade vergeet nie…wat…my die goeie in oorvloed laat geniet…” Ps 103:2,5 – Sjibbolet

Trane... wanneer jou siel ween

Ons sien dit op TV by die wêreld sokkerstryd... trane en nogmaals trane. Groot en klein huil bitterlik wanneer hul span verloor, selfs die spelers op die veld huil onbeskaamd. Ons wat nie so iets ken nie, verstom ons aan al die trane.
cid:image001.jpg@01D418FF.971E4EE0

Kyk baie mooi na hierdie foto. Dis trane by die Wedergeboorte...

As mense nou maar so wou huil oor die Ewige Lewe wat hulle nie het nie. En om te dink dat diegene wat gaan agterbly na die Wederkoms, ook so sal huil, bitterlik ween. Helaas.

Ons is op die rand van die laaste maar grootste Herlewing in die geskiedenis voordat Jesus kom. Ons wag daarvoor, ons loof die HERE daarvoor. Dit gaan groot wees. Ons het so iets nog nooit beleef nie. Die heerlikheid van God gaan ons verswelg.

As jy nie ook gereed is nie, luister intussen hierna:  https://www.youtube.com/watch?v=CkbhxAPadXQ  Die lied is geskryf deur die bekende pianis Charlotte Elliot net na haar Wedergeboorte. George Beverley Shea wat onlangs Huis toe is op ouderdom 104, het hierdie lied male sonder tal oor ‘n periode van 60 jaar by wyle Billy Graham se dienste gesing. Miljoene mense het tot redding gekom. Dit is Lied 203 in ons Hallelujaboek.

Hoekom is daar trane? Wat beweeg mens tot trane? Jy word diep ontroer... soms stort mens bitter trane weens swaarkry, weens smart en berou, weens teleurstelling. Daar is ook droë trane soos knaende berou hê, wanneer mens knaend treur.

Soms smeek jy: Droog tog my trane, iemand troos my... soms huil mens lang trane, wanneer jy baie spyt het oor wat hy gedoen het; soms swem mens in trane, wanneer jy baie, baie huil; soms gaan dit op die ou traan, dit gaan nog op die ou manier, soos altyd, en jy kom nie in die volheid van geestelike oorwinning nie... soms bly mens vol weemoed, In ‘n treurige gemoedstemming, melancholie en smart, en mistroostig.

Ook weemoed bring trane. Selfs heimwee en verlange bring trane... soos wanneer biologiese ouers en aanneemkinders na baie jare versoen; ook wanneer aangenome kinders na hul onbekende biologiese ouers verlang. Trane is wanneer die siel huil; wanneer die siel ween; God se goedertierenheid bring ook trane, trane van blydskap en vreugde, trane van oorwinning! Halleluja!

Dawid deurweek sy "bed met trane." Ps 6; en is dit sy "spys dag en nag." Ps 42. Jesaja se oog "is 'n fontein van trane." Jes 9; en Paulus "dien die HERE met baie trane." Hand 20

Jesus Christus het geween oor die sondes van Jerusalem. Oor die dood van sy vriend Lasarus het Hy gehuil. Aan die einde van Sy aardse lewe het al ons sondes vir Hom smarte en trane gebring.

Daar kom egter ‘n dag wat die trane verby sal wees. Johannes sê in Openb 7:  "God sal al die trane van hulle oë afdroog".  Johannes sien hier 'n menigte mense wat ... ja, nie huil nie ... maar jubel en juig. En die Engel berig dat die verlostes in die Hemel is. Openb 7:13-17

Trane en droefheid is ‘n beeld van lyding en smart ... van sonde en pyn. Trane is bestem vir hierdie lewe, nie vir die Hemel nie. Daarom sien Gelowiges met reikhalsende verlange uit na daardie dag. – Sjibbolet

https://www.youtube.com/watch?v=7Io4m6k9aRo









Dinsdag 10 Julie 2018

Peter Philpott getuig...

Johannes sê: “Daar kom ’n tyd, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat…gehoor gee, sal lewe.” Joh 5:25

            En toe gebeur dit net so: Peter Wiley Philpott skryf in The Way Out, hy stap een Januarie aand, as jongman om ’n straathoek, is ’n groep Gelowiges van Die Heilsleër vas wat ’n opelugdiens hou.

            ’n Kort jongmeisie sing met ’n mooi, helder stem ’n lied. Hy gaan staan om te luister. Vir hom is alles nuut, want geestelike liedere, kerk of Sondagskool was ver buite sy lewensraamwerk. Die vrou sing:

When I survey the wondrous Cross

On which the Prince of Glory died

My richest gain I count but loss

And pour contempt on all my pride.

Na elke vers sing sy ’n refrein:

O Calvary! Dark Calvary!

Speak to some heart from Calvary.

Terwyl sy so sing, haar gesig opgehef na die Hemel, maak die Heilige Gees in hierdie luisterende, Peter, die kruis van Golgota ’n werklikheid: dit daag in sy hart, Jesus Christus het in sy plek aan die kruis gesterf.


Pastoor Peter Wiley Philpott

Hy het nie daar ’n vriend gehad om vir hom te sê wat besig was om met hom te gebeur nie. Hy skryf: “Later daardie aand, toe ek die Bybel begin lees besef ek wat Wedergeboorte en bekering beteken. Toe eers besef ek wat daar op die sypaadjie met my gebeur het.

“Ek het voor die kruis van Christus gestaan en my gewete het my aangekla en my sonde is vergewe. Dit was my sonde wat Sy bloed gestort het, wat Hom teen die kruis help vasspyker het.”

Daardie aand, vertel hy, doen hy iets wat hy nog nooit voorheen ge­doen het nie. Voor hy in die bed klim, kniel hy en hy bid. En tot sy groter verbasing en blydskap, spreek hy God aan as: “…my dierbare Hemelse Vader” en voeg hy: “Sedertdien is Hy die afgelope 58 jaar reeds soos ‘n Vader vir my.”

Die volgende dag het hy nog hulp gekry. ’n Man wat as ‘n Gelowige bekend was, het met hom ’n gesprek aangeknoop. Hy lees vir hom stadig Joh 5 vers 24: “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die Ewige Lewe.

“Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.”

Die man vra hom om dit self te lees. Hy kan die betekenis nie mooi gesnap nie. Die man vra hom om dit weer te lees en toe vra hy vir hom: “Weet jy wie dit sê?” Maar hy weet nie.

”Dit is Jesus self wat hierdie won­derlike woorde vir jou sê.” Die man laat hom die strofe weer lees en vra: “Wat sê Jesus hét jy nou?”

Hier is Philpott se eie woorde: “Jesus sê ek het die Ewige Lewe. Vir 58 jaar al het ek nooit hierdie glorieryke feit betwyfel nie: Inderdaad, ek het die Ewige Lewe.”

Luister, dis vir jou ook beskikbaar, volg Philpott se voorbeeld. – Sjibbolet

Laat die kleine Dawid in jou opstaan


Dawid was ‘n diep gelowige man. Waarom het hy dan nie net een klippie opgetel om Goliat te verslaan nie? Waarom het hy vyf klippies opgetel?

            Goliat had vier broers (Sam 21:19-22). Dawid het besef dat wanneer hy Goliat verslaan, die vier broers dalk op hom kon afstorm. Hy het hom dus deeglik voorberei.

 

            Toe Goliat egter val het die Filistyne almal op die vlug geslaan, Goliat se broers ook. En as die vier broers wel op Dawid sou afgestorm het? Die feit dat Dawid vir Goliat met net een so ‘n netjiese hou kon neervel, het vanselfsprekend beteken dat hy die ander vier ook een vir een sou uithaal. Dawid was nie alleen nie, God was aan sy kant. Nogtans was hy deeglik voorbereid.

            Dit is die verhaal van die oorlog wat gewen is nog voordat dit kon begin het.

            As daar ‘n Goliat in jou lewe is, dan is dit nie om jou te vernietig nie, maar om die klein Dawid in jou te laat opstaan en standpunt in te neem. Jy is mos ook deeglik voorbereid, jy ken die Skrifte en in jou tong is lewe en dood.

            Let op na hierdie gedugte voorbeeld: Hoekom langer ‘n wurmpie wees?

            Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob …. Ek maak van jou ‘n skerp dorsslee wat baie tande het. Jes. 41:14-16.

            Watter groter kontras kan daar wees tussen ‘n wurmpie en ‘n harde staal dorsslee nie?

            Die nietige wurmpie kan op velerlei wyses eensklaps vernietig word, terwyl die staalharde dorsslee vele dinge kan vernietig sonder om self vernietig te word.

            En die Almagtige GOD kan die een in die ander verander!

            Hy kan een persoon ‘n volk maak en albei dus deel van die geskiedenis, terwyl van die wurmpie nooit weer gesien of gehoor sal word nie.

            Wanneer GOD aan ons ‘n wil van staal gee, sny ons ‘n pad deur enige weerstand, deur enige wildernis.

“Ek maak jou…” sê Hy, en inderdaad, Hy wil en sal dit doen!

            GOD is besig om Sy Koninkryk te bou. Hiervoor gebruik Hy die gebroke dinge. Die mens wil alles aanpak alleen met die sterkes, die suksesvolles, die triomfantelikes, die ongebrokenes, die helde, om hul koninkryke mee te bou.

            GOD het nie Skrifgeleerdes, professore en doktore gebruik nie – nie dat hy hulle nie ook kan gebruik nie – maar eenvoudige ongeredde vistermanne, stamelaars, veewagters.

            Jesus sê Hy heel die gebroke harte. Die Hemel loop vol van die aarde se gebroke lewens. Maar daar is geen geknakte riet wat Hy sal verbreek nie.

            Hy neem die lewens gekneus van pyn, verwerping, verdriet en ellende en verander dit in Hemelse harmonieuse musiek vol lof. Hy kan die aarde se mislukking ophef na ‘n glorieryke Hemel.

            Die HERE sê Hy woon in die hoogte en in die Heilige Plek, maar Hy woon ook by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. Jes. 56:15.

            Mens moet dus nie na jouself kyk as bloot ‘n wurmpie nie. Kyk na wat GOD van jou wil maak. –  Sjibbolet


Woensdag 04 Julie 2018

Kom, net soos jy is...


“Elkeen wat die Vader vir my gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie.” Joh 6:37

            Die bekende Switserse Evangelis, dr. Caesar Malan, het net meer as honderd jaar gelede, Londen besoek, vertel Kingdom Evangel.

 

Hy woon ’n onthaal by waar ’n besonder talentvolle jong vrou die klavier te pragtig bespeel. Na haar treffende klavierspel, spreek Dr. Malan, saam met baie ander gaste, sy hartlike waardering uit en voeg by: “God het aan jou ’n buitengewone gawe gegee. Wy dit aan Hom toe.”

Sy het geen sin aan godsdiens gehad nie en hy kon sien sy verstaan nie wat hy vir haar probeer sê nie. Toe sê hy reguit vir haar: “Onthou, as jy nie jou hart vir die HERE gee nie, is jy ’n ongeredde sondaar.”

Net toe loop ’n verflenterde bedelaar by die deur verby. Hy wys na die bedelaar en sê: “Dan is jy net so verlore soos daardie arme mens.”

Sy vererg haar bloedig vir hom en draai kwaad van hom af weg. Sy kon die onthaal nie verder geniet nie. Vroegaand gaan sy huis toe.

            Sy wou gaan slaap, maar die slaap was weg. Net die godsman se ernstige woorde bly in haar gedagtegang terugkom. Die volgende dag is sy terug na Malan. Sy het gesê sy wil haar saak met God regmaak maar hoe raak sy van haar verlede en sondes ontslae?

            Malan het geantwoord: “Kom na Jesus toe net soos jy is, Moenie die knoop probeer losmaak nie,  dit sal te lank neem, sny die tou van die verlede eenvoudig af.”

            Sy het Jesus toe as haar persoonlike Saligmaker aangeneem

            Charlotte Elliot het geweet, Jesus Christus het in haar lewe ingekom en vrede het haar wese vervul. Sy staan op en skryf die lied wat ons nou nog sing:

            “Net soos ek is, geen hulp naby; alleen U bloed gestort vir my; getrek tot U deurboorde sy – o Lam van God, ek kom! Net soos ek is, ek wag nie meer; ek kom, hoe vuil bevlek, o Heer, en werp my aan U voete neer – o Lam van God, ek kom!”

            Charlotte Eliot het in haar leeftyd 150 geestelike liedere geskryf. Hierdie lied is in baie tale vertaal. Een vertaler het geskryf: “Hierdie lied het ’n wonderlike geskiedenis gehad. Dit is waarlik soos ’n blaar van die boom van die lewe.”

            Wyle dr Billy Graham het die lied in elk van sy dienste laat sing deur die bekende George Beverley Shea.

            Charlotte het op ‘n keer teen die einde van haar lewe toe sy nie meer kerkdienste kon bywoon nie, geskryf: “My Bybel is my kerk. Dit is altyd oop en my Hoë Priester wag en ontvang my gereeld daar. Daarin is my belydenis, my danksegging, my lofpsalm  en my gemeente wat hierdie wêreld nie waardig is nie – profete, apostels, martelaars en belydenisse.. in kort, daar is alles daarin wat ek ooit sal nodig hê.”

            Kom, jy is ook welkom... kom net soos wat jy is. Jesus weet van jou en Hy wag vir jou. – Sjibbolet

Maandag 02 Julie 2018

Ware Liefde is Volmaak


Image result for love images


Net liefde kan ‘n herinnering skep. Net liefde kan ‘n oomblik vir altyd vasmaak, sing Nana Mouskouri. Sy sing van ware liefde.

Vergelyk dit met die situasie in jou eie huishouding: Vir jou kinders bedoel jy uit die ware liefde van jou hart, vrede en geluk en dit mag hulle dan ook heeltemal tereg, ryklik smaak, solank hulle gehoorsaam is.

Ouers wil graag in ware Liefde hulle kinders vervolmaak in elke goeie werk solank hulle die ouers se wil uitvoer. Ouers wil liefdevol hul eie talente, kennis, karakters en persoonlikhede vir hulle kinders beskikbaar stel om die kinders ten beste toe te rus vir die lewe wat nog voor hulle ooplê.

As kinders maar net wil luister en gehoorsaam wil wees, kan hulle hulself baie probleme, foute, ellende, verdriet, teleurstelling en ‘n gesukkel in die lewe bespaar.

Dit is ook in ‘n nog sterker graad die verhouding tussen Wedergeborenes en die Vader. Hy wil ons uit ware liefde vervolmaak in elke goeie werk om Sy wil te doen “deur in ons te werk” – as ons Hom net wil toelaat om in ons te werk!

Let op na die volgende verhaal:  'n Vrou is deur omstandighede gedwing om uit haar ouerhuis te vlug en trou toe met 'n man wat sy nie liefgehad het nie. Hy was 'n streng, veeleisende persoon, soms so onredelik, liefdeloos. Sy trots en hoogmoed het alles rondom hom vernietig.

Hy het haar gedwing om elke oggend vyfuur op te staan om sy ontbyt te berei en dit presies om sesuur aan hom te bedien. Sy moes hom volgens presiese, geskrewe reëls dien. Hy het haar lewe ongelukkig gemaak. Uiteindelik is hy dood. Na 'n paar jaar trou sy weer.

Hierdie keer trou sy met 'n man wat sy werklik liefhet. Sy was ook versekerd van die nuwe man se ware liefde. Hy het haar gereeld die hof gemaak, haar soos ‘n vrou laat voel. Jesus se liefde het geseëvier. Hy was ‘n ware Hooglied man, soos beskryf in Hooglied 2. Hy het sy Hooglied vrou bemin.

Sy was nou 'n gelukkige en ontspanne vrou, sonder vrees en angs in haar man se teenwoordigheid.

Op 'n dag maak sy die huis skoon en kom af op die lys van streng reëls wat haar vorige man vir haar uitgeskryf het en waarvolgens sy presies moes leef.

Sy lees dit: "Staan vyfuur op. Bedien ontbyt presies om sesuur." Aan en aan lees sy met beklemde hart.

Toe maak sy 'n wonderlike ontdekking en sy lag spontaan. Sy vervul steeds elkeen van daardie reëls in haar nuwe huwelik, maar sy het dit nie agtergekom nie, omdat sy haar nuwe man liefhet.

Daardie ware liefde is beskikbaar aan elke Wedergeborene deur die “God van Vrede!”

Alles was nie altyd wel tussen ons en God nie. Kol. 1:21 sê: “Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke,” het Hy nou versoen.”

Ons was van nature ongehoorsaam en kinders van die toorn, aldus Efes. 2:2-3.

God het egter deur sy Seun, Jesus Christus vir ons vrede en redding bewerk, volgens Efes. 2:14-16. Deur die Wedergeboorte verkry ons nou die Ewige Lewe in Jesus Christus.

            Jy is nou ‘n “nuwe skepsel!” 2 Kor. 5:17 “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

            Wie het dit gedoen? Strofes 18-19 “En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.”

            Watse soort mense is ons nou? Strofe 20 “Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.” – Sjibbolet

Vrydag 29 Junie 2018

God antwoord vir seker


Image result for Ps 41:2


Nood of behoefte: God antwoord vir seker


Onheil spoel soos ‘n tsoenami  oor die aarde heen. Waar sal ons skuil... tussen die armes?

            Mens verbaas jou oor die getalle gegradueerdes wat boemelaars is, mense wat seergekry het en uit die samelewing verstoot is.

En Jesus sê Hy is lief vir hulle en ek en jy moet Sy liefde aan hulle oordra.

            Gaan sit eendag tussen hulle en neem vir hulle kos en iets te drinke en ‘n geldjie en luister na hulle hartseer stories. Wys dan vir hulle wie Jesus is.

Luister: “Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.” Ps 41:2

            “Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.” Ps 41:4

            Leer van Jesus. Sien hoe Hy met deernis die armes versorg, hoe die blindes sien, die verlamdes loop, die dowes hoor, die hongeres voedsel gegee word, ens.

            Daar is ook armes van gees. Ander ly aan verskillende soorte kwale en siektes. Meeste kan nie anti-depressante en sulke medikasie bekostig nie, en hulle kry baie swaar,

            Let op hoe Jesus mense se behoeftes op die daad aangespreek het.

            Wanneer Hy ‘n blinde bedelaar wat langs die pad aantref, het Jesus in die man se onmiddellike behoefte voorsien.

Onthou jy: “En hulle het in Jérigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en ‘n aansienlike skare uit Jérigo uitgaan, sit die blinde man, Bartiméüs, die seun van Timéüs, langs die pad en bedel.” Mark 19:46

Dis ook hierdie Skrif wat in 1970 tot skrywer se redding gelei het ...

Die man het uitgeroep na Jesus om hom barmhartig te wees, maar toe hy later by Jesus kom vra Jesus spesifiek vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: ‘Rabbónie, dat ek mag sien.’”

Jesus het nie gepreek nie, nie ‘n lang gesprek aangeknoop nie. Nee, Jesus voldoen aan die blinde se versoek en help hom net daar in sy onmiddellike behoefte en genees sy blindheid.

Elke keer as iemand met ‘n behoefte gekom het, het Jesus dit nie geïgnoreer of verskonings gemaak nie. Nee, Hy het die melaatses genees, die verlamdes laat loop, die demone uitgedryf, die dowes kon hoor, selfs dooies in opgewek.

Hand 10:38 gee ‘n beknopte opsomming van Jesus se bediening: “Met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag.

Jesus het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.”

Inderdaad is die Ewigheid ontsettend belangrik en is die redding van ‘n mens se siel van kardinale belang. Maar ek en jy leef nog hier op aarde. Ons het behoeftes wat nóú uitskreeu om vervulling!

Ek wil jou aanmoedig om die Here Jesus nóú te vertrou met jou onmiddellike behoeftes wanner dit siekes, krankhede en watter nood ook al behels.

Ander dinge soos behoeftes, vertrou mens ook die HERE voor. Soms moet jy wag, maar niemand praat met die God van die Hemel oor ‘n behoefte en die HERE antwoord nie.

Wat is jou behoeftes: Smag jy byvoorbeeld na ‘n Hooglied man as huweliksmaat. Bd. Hy is op pad. Kyk uit vir hom.

Smag jy na jou biologiese kind wat jy destyds vir aanneming moes opgee? Kyk solank uit.

En jy wat na jou biologiese ouers soek? Jy soek dalk net verkeerd. Moet nooit moed opgee nie. Bly positief.

En terwyl jy wag, help ander net waar jy kan, al is dit ook net deur gebed en bemoediging. Bid vir mekaar Jak 5:16 en dra mekaar se laste. Gal 6:2 – Sjibbolet



Ons moet onverwyld operasioneel raak


Image result for Rev 3:12-13

Wanneer die Hemel Suid-Afrika binneval.


Voorwaarts Christen Stryders... let op, dis altyd en heeltyd Voorwaarts!

Jesus kom vir Sy Oorwinnende en Glorieryke kerk, ‘n Kerk wat deurentyd vorentoe beweeg. Gaan die wêreld in, bid vir die siekes, dryf die demone uit, gee julle... altyd vorentoe en nogmaals vorentoe.

            Nooit retireer ons nie, nooit gee ons moed op nie, nooit wyk ons af nie...!

            David Livingstone, die Skotse mediese sendeling, was gevra: Wat sou jy die graagste vir die HERE wou doen? Sy antwoord: “Enigiets, solank dit vorentoe is.”

            Ons wapenrusting, soos enige soldaat se wapenrusting (Efes 6:10-17) dek net ons voorhoede. Ons durf nie omdraai nie.

            Dis ‘n oorlog, ons durf nie aarsel nie.

            Ons is ‘n Heilige Leërmag, ons val Suid-Afrika binne om dit vir Jesus te oorwin. Ons is nie alleen nie. Saam met ons is talle legioene Engele. Die Heilige Gees leer ons, lei ons.

            Skrywer is een keer belet om in Oranjemund te preek. Hy het vorentoe beweeg en daardie aand tot 1vm diens gehou en die HERE se Leërmag het gewen.

            Evangelis Belinda Paar is onlangs in Nylstroom verbied om die Woord in ‘n sekere ouetehuis te bring. Sy het vorentoe beweeg en ‘n hele week is gevul toe die Hemel die aarde binnegeval het. En sy gaan binnekort weer nadat nog deure oopgegaan het.

            Mense wat die HERE wil stop, speel inderdaad met vuur. Jy wat sulke dinge doen, bevraagteken jou optredes voordat dit vir jou te laat is.

            Die Hemel wil die aarde binneval. Waar is jy, die Hemel het jou nodig!

            Sedert die begin van die verkondiging van die Evangelie vanuit Jerusalem, het die Blye Boodskap voorwaarts reg oor die aarde beweeg en is dit vandag die groot bewegin in die wêreld met die Bybel as loshande die grootste verkoper.

            Ek en jy as Gelowiges is deel van hierdie ontsettende Hemelse Leërmag, komaan, bring jou kant... dis nog net net ‘n klein entjie man, hou moed, ons is amper daar.

            “En Simson het gesê: Met 'n eselskakebeen het ek een klomp, twee klompe, met 'n eselskakebeen het ek duisend man verslaan.

            “En toe hy klaar gespreek het, gooi hy die kakebeen uit sy hand en noem dié plek Kakebeenshoogte.

            “Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van U kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val?

            “Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is.” Rigters 15:16-19

            Simson sterf van dors, sy siel verlaat sy liggaam... en met ‘n laaste poging ROEP hy... en hy leef.

            Wanneer ‘n Geestelike Leërmag se troepe iewers vasval, ROEP na die Leidsman. ‘n Paar Amerikaanse troepe se voertuig het in diep modder in Viëtnam vasgeval. Die vyand was op hulle en almal sou sterf.

            Toe ROEP hulle na God en Engele tel daai voertuig uit die modder op en plaas dit op droë grond en hule kon wegkom.

            “Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

“Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.

“En julle het die salwing van die Heilige Gees en weet alles.” 1 Joh 2:17-20

Die werklikheid is dat niks op hierdie aarde permanent is nie, selfs nie ons lewens nie. Die enigste permanensie is die Ewige Lewe, wat insluit die lewe op die Nuwe Aarde.

Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.

“Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die Nuwe Jerusalem, wat uit die Hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

“Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Openb 3:12-13

In SA is ‘n groot aantal interkerklike Christenaksies aan die gang, maar om seker te maak die hele land word bewerk, is daar nie net stropers nodig nie, maar ook voetsoldate... om die Getal vol te maak.

Ons het SA reeds binnegeval. Ons moet nou onverwyld operasioneel raak. Doen dit.

As iemand nie in die Ewige Lewe belangstel nie, plaas hom/haar op die gebedslys en beweeg aan na ander wat smag na die Waarheid. – Sjibbolet

·       https://www.youtube.com/watch?v=0Vua7LwiAQ0

Vrydag 22 Junie 2018

Nederigheid bring rykdom, eer en die lewe.


Image result for Spreuke 16:19


God gee Genade aan die nederiges


Van Gelowiges word nederigheid vereis: Beskeie wees. Nederigheid het niks met verkleinering te doen nie. Om jouself te verkleineer is ‘n sonde.

            “Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.” Ps 138:6

“Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.” Spr 16:19

“Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.” Spr 22:4

“Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die Ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die Heilige plek en (en waar nog?) by die verbryselde en nederige van gees, (hoekom>) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes 57:15

Hoogmoed bring mense tot ‘n val. Hulle wat so hoog trots voor God en mens is, gaan iewers tot ‘n val kom en groot vernedering en verleentheid beleef. Maar let op, die regverdige God verhoog terselfdertyd diegene wat hulself in nederigheid voor Hom stel in erkenning van wie Hy is.



·       “Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.” Spr 16:16

·       “Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.” Jes 13:11

·       “So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is.” Jer 13:9

·       “Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.” Matt 23:12

·       “Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” Jak 4:10

·       “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” 1 Pet 5:5

·       “Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.” 1 Pet 5:6

Bovermelde strofes is letterlik vervul in die lewe van koning Herodus in Hand. 12... ‘n trotse man wat hom teen God verhef het. Hy het sommige van die gelowiges in die tronk laat stop en vir Jakobus met ‘n swaard laat ombring. Hand 12:1, 2

            Herodus het ook vir Petrus in die gevangenis gestop met die doel om hom ook later te dood, maar deur die HERE se ingryping van ‘n Engel, het Petrus bonatuurlik ontkom... ‘n ontsettende vernedering vir Herodus.

Op ‘n dag het hy hom koninklik aangetrek en op sy troon gaan sit en die volk toegespreek. Hand 22:12 lees: “Daarop het die volk hom toegeroep: ‘n Stem van ‘n god en nie van ‘n mens nie!”

En wat doen hy, hy het nie soos hy behoort te doen die skare onmiddellik gestop en gesê: “Stop mense, ek is wel ‘n koning, maar ek is nie ‘n god of God nie!” Nee, hy vat die eer vir homself, en wat gebeur toe? Hand. 12:23 – “En onmiddellik het ‘n Engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.”

“Want aan 'n mens wat welgevallig is voor Sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis en vreugde...

“Maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat welgevallig is voor die aangesig van God. Ook dit (daai bymekaarmaak) is tevergeefs en 'n gejaag na wind.” Pred 2:28 – Sjibbolet



Dit het begin reën


Image result for raining images


“En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.” Joël 2:23

            ‘n Geestelike vloed is op pad. Die HERE Yaweh het dit belowe. Hy het ook belowe: “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

            “En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.” Joël 2:28-29

            Ons het die deur jare al baie preke hieroor gehoor en soms gewonder hoe sal dit gebeur?

            “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” Joh 7:38

            Hou dop: Die enigste vereiste vir alles in die Nuwe Testament is “Glo.” Vir jou genesing ook… Glo.

            Jy glo elke dag vele dinge, maar wanneer God belowe, dan is jy nie so seker van jou saak nie. Intussen is God die enigte een wat werklik geglo kan word.

            Ons het landwyd gebid vir reën en die afgelope tweke veral stroom al wat rivier en stroompie is in die damme. Die ondergrondse watertafel word aangevul. Die eerste sneeu het begin val. Ons het gebid omdat ons geglo het God kan uitkoms bring. (En hoeveel van ons sê dankie?)

            Die Eindtyd-vloed sal in strome vanuit die Gelowiges vloei en siele tot redding bring. Dit sal vergesel word van tekens en wonderwerke.

            Ons moet die werklikheid besef: Jesus is op pad en dis ons verantwoordelikheid om die siele in te bring. Dit begin deur almal as verlore sondaars lief te hê met die liefde van Jesus en die gebed van intersessie te bid, vurig te bid. “Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.”Jak 5:16

            Ons het nie opgegee om vir reën vir die Kaap te bid nie, so gee ons ook nie op om verlore siele in die Koninkryk in te bid nie.

            “Bid tot die HERE om (geestelike) reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle 'n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.” Sag 10:1

            “Gelowiges moet buite hul kerkbande saamkom as Gelowiges en saam bid, intree vir die verlore siele en ons sal ‘n geestelike vloed belewe, ‘n vloed wat in Eseg 37 belowe word.           

            Begin die HERE loof in sang en in taal en elke musiek instrument wat jy jou hande op kan lê, want die reën het reeds begin val.  Van oral in die wêreld en in SA kom die berigte van redding en wonderwerke in, weliswaar op klein skaal, maar dis die begin van die strome van seën van bowe. – Sjibbolet

Luister na die woorde:  https://www.youtube.com/watch?v=CCoq4BY42OQ