Wys tans plasings met die etiket Nederigheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Nederigheid. Wys alle plasings

Vrydag 19 Junie 2020

Onderwerp julle dan aan God!



Die man kom vir berading. Hy het ‘n probleem met die satan. Hy weerstaan die satan, maar die satan wil nie soos Jak 4:7 sê van hom af “wegvlug nie nie.”

            Die man se probleem is, hy sit met ‘n halwe waarheid opgeskeep. Dis nie wat Jak 4:7 sê nie. Jak 4:7 sê: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”

            Die tweede helfte van die strofe kan nie in vervulling gaan sonder die aktivering van die eerste helfte se opdrag nie: “Onderwerp julle dan aan God.”

            Sê ‘n kennis nou anderdag: “Die HERE help net mense wat hulself help.” Hy kon sy stelling nie skriftuurlik staaf nie.

            In al die Nuwe Testament gevalle waar die woord “onderwerp” voorkom, beteken dit vanuit die Grieks “onderwerp en onderwerping.” Die woord se volle betekenis is  "om gehoorsaam te wees, onder, wees onderworpe aan, onderwerp jouself aan, onderwerp onder of onder gehoorsaamheid of gehoorsaam aan."

“Die woord is gebruik as 'n militêre term wat beteken "om die afdelings in op militêre wyse onder die bevel van 'n leier te bring. "Hierdie woord is 'n wonderlike definisie van wat dit beteken om  "in diens" aan God. Dit beteken om jouself onder bevel van die goddelike te plaas eerder as om te lewe volgens 'n mens se ou menslike lewenswyse. Dit is 'n proses waar ons, ons eie wil aan dié van ons Vader oorgee.

Die Skrif het 'n groot deel te sê oor die feit van onderwerping aan  "hoër magte." Dit verwys na die gemeenskaplike beginsels wat God in ons wêreld verordineer het – die regering en die leiers, in watter hoedanigheid ook al, dat God oor ons op hierdie aarde geplaas is. Gedeeltes wat hierdie beginsel leer is Rom 13:1-7; Heb 13:17; 1 Petrus 2:13-14; en Titus 3:1.

Die beginsel is dat ons, ons in gehoorsaamheid  onderwerp aan die outoriteit, wat ook al daardie gesag is, 'n tydelike seën in reële tyd hier en nou te bring en, vir die gelowige, wat later beloon sal word.

            Ons word ook aangesê om onsself aan God te onderwerp. Jak 4:7. In Efesiërs lees ons die vrou moet aan haar man onderdanig te wees soos aan die HERE. Efes 5:22-25

Die Apostel Petrus skryf ook oor onderwerping van die jonges. 1 Pet 5:5. (let egter op) Die tema hier is een van nederigheid. 'n Mens kan nie aan God onderwerp sonder nederigheid nie.

Gehoorsaamheid vereis nederigheid. God is teen hoogmoed gekant.

            Dit beteken dat ons as wedergebore gelowiges daagliks 'n keuse maak om onsself aan God te onderwerp vir die werk wat die Heilige Gees in ons doen. Rom 8:28-29

            Die wonder hiervan is: “Die HERE is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. 2 Kor 17-18

            Verkeer elke oomblik met die HERE wat jy ook al besig is om te doen. As jy teen ‘n besluit te staan kom, vra die HERE, hoe nou? As jy meen jy het die antwoord, vra vir bevestiging. Geen skip kan ‘n hawe binnekom of ‘n vliegtuig by ‘n lughawe land sonder talle bevestigings nie.

            Die HERE sal ‘n saak so sterk aan jou uitwys, dat jy sal weet dat jy weet, ja, ek is op die regte pad. – Wekroep



Maandag 17 Februarie 2020

Bly so ongeskonde staande


Met karaktertrekke soos die van Elia sal ons ongeskonde staande bly:


·       Liefdevol – goedhartig, vergewensgesind, geduldig, genadig en eg

·       Nederig – sagmoedig, vredevol, respekvol, eerbaar

·       Leerbaar – belydend, onderdanig, vormbaar, toegeeflik, samewerkend, sagmoedig

·       Gulhartig – vrygewig, opofferend, dienend, onselfsugtig

·       Verenig – samewerkend, harmonieus, bedagsaam, afhanklik, vloei in kameraadskap

·       Deursigtig van binne na buite en buite na binne – eg, heilig, eerlik, blaamloos

·       Selfloos – verhoog die Here, nie homself nie.

Eintlik moet ons almal as Gelowiges se lewens ‘n spieëlbeeld van Elia se karakter te wees, want, wanneer moeilikheid ons tref, soos vir Elia, sal daar vir ons ook elke keer uitkoms wees.

“Net die mens wat reg bly doen en opreg is in wat hy sê, wat weier om wins te maak deur mense uit te buit, wat omkoopgeld weier, nie na moordplanne luister nie en nie geleentheid soek om misdade te pleeg nie. So ‘n mens sal sy woonplek in die hoë berge hê, sy skuilplek sal ‘n rotsvesting wees. Kos sal hy kry en sy drinkwater sal nie opraak nie.” Jes 33:15-16

            Anderkant die swaarkry lyk dit baie goed:

“Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ‘n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon sit, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.”
Openb 7:16-17

            Daar is goeie nuus. Die HERE wat vir Elia uit sy groot benoudheid verlos het, is nog steeds dieselfde. Wat Hy vir Elia gedoen het, wil Hy ook vir jou en my doen.

            Daar is mense wat sê dat Elia terugkom aarde toe omdat hy, soos Jesus, die aarde lewend verlaat het. Dit is nie waar nie. Wat wel waar is, is dat die gees en krag van Elia tans oor die aarde beweeg om kinders en vaders te versoen. Luk 1:17

            Ons is in die Eindtyd. Die tyd van die groot afval: Die apostel Paulus waarsku dat in die laaste dae daar ‘n aansienlike toename sal wees in valse leering. “Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang. 1 Tim 4:1.”

Die laaste dae word beskryf as “gevaarlike tye” omrede die toename van euwel in die mens se karakter asook die feit dat mense die waarheid aktief teenstaan. 2 Tim 3:1-9 asook 2 Tess 2:3).

            As jy die karakter van Elia het, sorg dat jy dit behou. As jy dit nie het nie, maak werk daarvan om dit te bekom.

            As jou karakter reg is, kan jy die volgende opeis en daarop staatmaak:

“Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

“Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.

Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.

“Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.

“Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

“Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand- na jou sal dit nie aankom nie.

“Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.

Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.

“Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; want Hy sal sy Engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.

“Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.

“Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.

“Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

“Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.

“Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.” Ps 91

            Die geheim is om onsself daagliks te vernuwe deur die Woord en gebed. Luister: “Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.

            “Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” 2 Kor 4: 17-18 – Wekroep



Vrydag 22 Junie 2018

Nederigheid bring rykdom, eer en die lewe.


Image result for Spreuke 16:19


God gee Genade aan die nederiges


Van Gelowiges word nederigheid vereis: Beskeie wees. Nederigheid het niks met verkleinering te doen nie. Om jouself te verkleineer is ‘n sonde.

            “Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.” Ps 138:6

“Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.” Spr 16:19

“Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.” Spr 22:4

“Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die Ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die Heilige plek en (en waar nog?) by die verbryselde en nederige van gees, (hoekom>) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes 57:15

Hoogmoed bring mense tot ‘n val. Hulle wat so hoog trots voor God en mens is, gaan iewers tot ‘n val kom en groot vernedering en verleentheid beleef. Maar let op, die regverdige God verhoog terselfdertyd diegene wat hulself in nederigheid voor Hom stel in erkenning van wie Hy is.



·       “Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.” Spr 16:16

·       “Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.” Jes 13:11

·       “So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is.” Jer 13:9

·       “Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.” Matt 23:12

·       “Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” Jak 4:10

·       “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” 1 Pet 5:5

·       “Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.” 1 Pet 5:6

Bovermelde strofes is letterlik vervul in die lewe van koning Herodus in Hand. 12... ‘n trotse man wat hom teen God verhef het. Hy het sommige van die gelowiges in die tronk laat stop en vir Jakobus met ‘n swaard laat ombring. Hand 12:1, 2

            Herodus het ook vir Petrus in die gevangenis gestop met die doel om hom ook later te dood, maar deur die HERE se ingryping van ‘n Engel, het Petrus bonatuurlik ontkom... ‘n ontsettende vernedering vir Herodus.

Op ‘n dag het hy hom koninklik aangetrek en op sy troon gaan sit en die volk toegespreek. Hand 22:12 lees: “Daarop het die volk hom toegeroep: ‘n Stem van ‘n god en nie van ‘n mens nie!”

En wat doen hy, hy het nie soos hy behoort te doen die skare onmiddellik gestop en gesê: “Stop mense, ek is wel ‘n koning, maar ek is nie ‘n god of God nie!” Nee, hy vat die eer vir homself, en wat gebeur toe? Hand. 12:23 – “En onmiddellik het ‘n Engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.”

“Want aan 'n mens wat welgevallig is voor Sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis en vreugde...

“Maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat welgevallig is voor die aangesig van God. Ook dit (daai bymekaarmaak) is tevergeefs en 'n gejaag na wind.” Pred 2:28 – Sjibbolet



Maandag 09 April 2018

Nederigheid.,...


Image result for Matt 23:28


Vermy dié dodelike magspel


Ek en jy is in ‘n stormsee in ‘n dodelike spel van mag teen mag vasgevang. Het jy al hulpeloos alleen op die oop see rond gedobber, magteloos deur ‘n stroom meegesleur. Dis ‘n magspel... ‘n dodelike magspel.

            Die lewenssee kan net so verraderlik soos die natuurlike see wees. Vrede, eerlikheid, opregtheid, ware liefde, is skaars. Leuens, hoogmoed, huigelary en geveinsdheid is van die lewe se seestrome wat die Gelowige wil lamlê.

            ‘n Huigelaar, doen hom voor as iemand anders, meesal beter as wat hy is, hy is ‘n veinsaard, skynheilig, huigelaar.

            Geveinsdheid: Iemand wat voorgee dat hulle vroom is. Skynheilig.   (Matt 23:28):

            Leuens (Joh 8:44): Iemand het ‘n gees van leuenagtigheid. Opsetlike onwaarheid; valsheid. van leuens aanmekaargesit wees, uit gewoonte baie leuens vertel; 'n leuen het maar 'n kort been, 'n onwaarheid word gou ontdek; 'n leuen om beswil, 'n leuen met 'n goeie doel; 'n leuen in nood is so goed soos 'n stukkie brood, 'n leuen om jouself of ander uit die moeilikheid te help, is nie verkeerd nie, word geglo; al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel, die waarheid kom altyd uit. leuenpropaganda.

            Die leuen is aan die orde van die dag. Die waarheid het die leuen geword en die leuen die waarheid.

            Weet dit maar: Al gaan die leuen twee keer om die aarde, die waarheid agterhaal hom keer op keer.

Gelowiges word deurentyd voorgestel as ’n leërmag, nogtans is ons Leidsman die Prins van Vrede. 

Die doel van hierdie leërmag is om vrede te bewerk en die soldate is mans en vroue, Gelowiges, met ’n geaardheid en ‘n passie vir vrede, vir waardes, vir opregtheid, onvoorwaardelike liefde.
          In hierdie oorlog van Liefde lê mense hulle lewens af vir Christus en word hulle “nuwe skepsels”.
         Die gees van ’n werklike oorlog is presies die teenoorgestelde. Daar is geen liefde nie, net haat en die totale vernietiging van menselewens. Sulke leërmagte het ’n voorhoede en ’n agterhoede.
            God se leërmag het ook ’n agterhoede en ’n voorhoede: “Want julle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie; want die HERE trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede.” Jes. 52:12.
            Gelowiges se leërmag moet geestelik militant en gedissiplineerd wees, gedurigdeur oorlog maak, welwetende dat die oorwinning is reeds in hul hand  want die HERE is sy voorhoede sowel as sy agterhoede. Dit is God se Wil dat siele gered word.
            Om oorlog te maak vir die Waarheid is Waarheid —  Waarheid sonder foute en sonder leemtes. Die foutlose reinheid van die Waarheid is altyd in oorlog gewikkel teen die duisternis se kettery en valsheid.

Wanneer mens die Waarheid praat, hoef jy nooit te onthou wat jy gesê het nie. Wanneer jy lieg het jy probleem om die verdraaide feite te onthou.

Wat is hoogmoed?

Dis ‘n abnormale gevoel van eiewaarde, trotsheid, verwaandheid, opgeblasenheid. hoogmoed kom voor die val, 'n hoogmoedige mens word verneder. hoogedwaan, hovaardig, verwaand.

Die Bybel is die enigste Waarheid op aarde en dit word van Gelowiges verwag om die Waarheid uit te leef en die leuen te beveg, en, as die Christendom dit nie so doen nie, dan bevraagteken hy sy eie Waarheid!

Niemand kan die natuurwet, swaartekrag, verbreek nie. Net so is dit ook die wet van die natuur dat heiligheid en sonde teenoor mekaar staan.

Die Waarheid en die leuen, net soos die Lig en die duisternis, het geen gemeenskap met mekaar nie.

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

“En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

“Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.” 2 Kor. 6:14-15.

Oor die wêreld heen het ’n nuwe wending ontstaan:  Christus moet weg want Hy gee aanstoot in die parlemente en byeenkomssale van die wêreld. Die duisternis maak beswaar teen die noem van sy Naam.

“Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.” 1 Joh. 2:22.

Die gees van die Antichris is reeds in ons midde. Die leuen word geglo en die Waarheid word verdraai.

Kyk wat sê die HERE vir Jeremia: “Ek het jou onder my volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets.

“Hulle is almal die oproerigste van die oproeriges wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik.

“Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie.

“Hulle word genoem: Verworpe silwer; want die HERE het hulle verwerp.

“Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: “So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Maak julle weë en julle handelinge goed, dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek.

“Vertrou nie op bedrieglike woorde nie – wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!

“Maar as julle jul weë en julle handelinge waarlik goed maak, as julle waarlik reg doen onder mekaar;

“vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie, dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu.

“Kyk, julle vertrou op bedrieglike woorde wat nie baat nie. Jer. 6:27-30; 7:1-8.

As bedrieglike woorde, die leuen, hoogmoed, huigelary en geveisdheid binne die Christendom voorkom, is daar ‘n baie groot fout: “Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

Die verkeerde elemente laat huwelike en gemeentes skeur.

“Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie. 1 Joh. 2:18-19.

Van Gelowiges word nederigheid vereis: Beskeie wees. Nederigheid het niks met verkleinering te doen nie. Om jouself te verkleineer is ‘n sonde.

“Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.” Ps 138:6

“Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.” Spr 16:19

“Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.” Spr 22:4

“Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die Ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en (en waar nog?) by die verbryselde en nederige van gees, (hoekom) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes 57:15 – Sjibbolet