Vrydag 22 Junie 2018

Nederigheid bring rykdom, eer en die lewe.


Image result for Spreuke 16:19


God gee Genade aan die nederiges


Van Gelowiges word nederigheid vereis: Beskeie wees. Nederigheid het niks met verkleinering te doen nie. Om jouself te verkleineer is ‘n sonde.

            “Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.” Ps 138:6

“Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.” Spr 16:19

“Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.” Spr 22:4

“Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die Ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die Heilige plek en (en waar nog?) by die verbryselde en nederige van gees, (hoekom>) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes 57:15

Hoogmoed bring mense tot ‘n val. Hulle wat so hoog trots voor God en mens is, gaan iewers tot ‘n val kom en groot vernedering en verleentheid beleef. Maar let op, die regverdige God verhoog terselfdertyd diegene wat hulself in nederigheid voor Hom stel in erkenning van wie Hy is.



·       “Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.” Spr 16:16

·       “Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.” Jes 13:11

·       “So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is.” Jer 13:9

·       “Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.” Matt 23:12

·       “Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” Jak 4:10

·       “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” 1 Pet 5:5

·       “Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.” 1 Pet 5:6

Bovermelde strofes is letterlik vervul in die lewe van koning Herodus in Hand. 12... ‘n trotse man wat hom teen God verhef het. Hy het sommige van die gelowiges in die tronk laat stop en vir Jakobus met ‘n swaard laat ombring. Hand 12:1, 2

            Herodus het ook vir Petrus in die gevangenis gestop met die doel om hom ook later te dood, maar deur die HERE se ingryping van ‘n Engel, het Petrus bonatuurlik ontkom... ‘n ontsettende vernedering vir Herodus.

Op ‘n dag het hy hom koninklik aangetrek en op sy troon gaan sit en die volk toegespreek. Hand 22:12 lees: “Daarop het die volk hom toegeroep: ‘n Stem van ‘n god en nie van ‘n mens nie!”

En wat doen hy, hy het nie soos hy behoort te doen die skare onmiddellik gestop en gesê: “Stop mense, ek is wel ‘n koning, maar ek is nie ‘n god of God nie!” Nee, hy vat die eer vir homself, en wat gebeur toe? Hand. 12:23 – “En onmiddellik het ‘n Engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.”

“Want aan 'n mens wat welgevallig is voor Sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis en vreugde...

“Maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat welgevallig is voor die aangesig van God. Ook dit (daai bymekaarmaak) is tevergeefs en 'n gejaag na wind.” Pred 2:28 – Sjibbolet