Sondag 10 Junie 2018

Doen alles.....


Image result for Jes 42:3


... sonder mumurering


“Doen alles sonder murmurering en teëspraak (hoekom?), sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot 'n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.” Fil 2:14-16

            Dit was vir 'n jong meisie moeilik om in haar werkplek vir Christus 'n getuie te wees. Sy het gevoel sy faal as Christen. Sy het oorweeg om van werk te verander. Sy het haar predikant se raad gaan vra.

"Waar plaas 'n mens 'n lig?" vra hy haar. Sy antwoord: "Waar dit donker is."

"Dis reg. Daarom het die HERE jou daar geplaas. Moenie iets besonders probeer doen nie. Hou jou verhouding met die HERE reg en Sy lig in jou sal in jou gewone doen en late uitstraal na ander toe." Hoe donkerder 'n plek is, hoe makliker word 'n lig, selfs 'n dowwe liggie, gesien.

            Dis veral Wedergebore jongmense wat selfs lastig kan raak met hulle praatjies dat hulle “voltyds” vir die HERE wil gaan werk. Daar waar jy werk, daar is jy reeds voltyds.

            Wat jy nodig het is lering, ondervinding en om die pad saam met die HERE te stap. Jy het nog baie te leer.

            Intussen egter sê die HERE: “Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.” Jes 42:3