Donderdag 18 April 2019

Kom, staan saam met Jesus op uit die graf



Waarheen is Jesus toe hy op Golgota aan die kruis gesterf het? Let op: “Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring – Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; (en nou) in wie (die Gees) Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis.

Wie was hierdie geeste? “Hulle wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is.”

          Die siele in die gevangenis was die ongereddes wat al in die dae van Noag nie die HERE wou volg nie en lank reeds in die Doderyk was.

Die regverdige God het die Evangelie wat my en jou gered het, ook aan daardie mense in die Doderyk gaan gee sodat hulle ook geleentheid kon kry om weens die bloed van Jesus, gered te kon word.

Vandag het ons die Nagmaal waar die brood ons herinner aan Jesus se gestorwe liggaam en die wyn aan Sy bloed.

Ons het egter ook die doop: “Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete – deur die opstanding van Jesus Christus.”

Die doop en die wyn en brood kan ons nie red nie, maar is teëbeelde van wat gebeur het. Die doop is die teëbeeld van die begrafnis. Ons word begrawe en staan saam met Jesus op uit die graf.

Die volgende is ons letterlike heengaan na die Hemel: “Wat heengegaan het na die Hemel en aan die regterhand van God is, terwyl Engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is. “ 1 Pet 3:18-22. Ons wag met reikhalsende verlange op Sy terugkeer.

          Twee strofes wat die doop as teëbeeld van die Sy begrafnis en opstanding weergee, is: Kol 2:12 “Omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.”

          Asook Rom. 6:3-6 “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

          “Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.

“Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan Sy Opstanding;

“aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.”

Die Nagmaal gebruik ons by herhaling want dit is so voorgeskryf. Die doop pas ons net eenmalig toe. Die brood en die wyn het op Jesus betrekking, maar die opstanding het op my en jou betrekking.

“Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die Nuwe Testament in my bloed; doen dit, so (let op) dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

“Want so (let op) dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Messias totdat Hy kom.” 1 Kor 11:25-26

          Ons word egter nie “dikwels” gedoop nie want ons het opgestaan nadat ons die ou “ek” begrawe het. Dis ‘n triomfantelike oomblik!

          Christus leef en die Wedergeborenes leef en ons leef om Christus se werk op aarde voort te sit en die getal vol te maak. Die Messias is nie meer op die kruis of in die graf nie, maar sit as majesteit op sy Troon in die Hemel.

          Daar word te min gefokus op die Opstanding. Ons het hopeloos te min liedere daaroor. Dis ‘n triomfantelike gebeurtenis... self die Engele in die Hemel jubel.

          “As julle dan (let op) saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

          “Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

          “Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

          “Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.” Kol 3:1-4 – Wekroep


Maandag 15 April 2019

Is Jesus in jou gemeente?


Die boemelaar sluip die kerk binne en gaan sit in ‘n leë bank agter in die kerk. Na ‘n ruk kom ‘n ouderling na hom toe ek sê: “Jy kan nie hier wees nie, jy ontstel die kerkgangers.”

            Boemelaar: “Ek sal nie steur nie, ek wil net luister.”

            Ouderling: “Jy moet liewer gaan.” En die boemelaar verlaat die kerkgebou.

            Voor die kerkgebou het hy in sy vodde op die trappies gaan sit en bitterlik begin huil. Toe vat ‘n sterk hand aan sy skouer.

            Hy kyk op en dis Jesus en Jesus sê vir hom: “Moenie so ontsteld wees nie. Ek probeer al vir baie jare in hierdie kerk inkom.”

            Dit was die rede waarom Eerw William Booth as predikant van die Metodistekerk bedank het om die Evangelie aan die boemelaars, die prostitute, die bedelaars, die mense met stukkende harte, en ander, in die strate te bring.

“Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy aam: Ek woon in die hoogte en in die Heilige plek en (waar nog?) by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?), om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes 57:15

Booth het na jare se straatwerk die Heilsleër in 1865 gestig en dit bestaan vandag nog.

            Booth se begrafnis in 1912 in Londen, is bygewoon deur 250 000 van sy volgelinge.

Die 250 000 en honderde duisende meer is gered weens die werk van Booth se volgelinge. Hulle het gewerk op die basis van wyle ds Dawie Pyper  se strategie:” “Each One Reach One.”

Dis wat Wedergeborenes vandag nog moet doen: Elkeen moet ‘n volgende een bereik.

Hoeveel siele het jy al vir Jesus bereik?

“Waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Matt 18:29

Is Jesus in jou gemeente. Beleef jy Sy aanwesigheid daar?

Hy wil graag daar wees. Verwelkom Hom in julle midde. –  Wekroep

Saterdag 13 April 2019

Die verskil tussen ‘n Gelowige en ‘n Dissipel


Let op na Jesus se opdrag: “Gaan dan heen...

“maak Dissipels” van al die nasies,

en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees;

en “leer hulle” om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Matt 28:20

Jesus het gesê “maak” dissipels. Ons kan niemand Wedergebore maak nie. Dis die werk van God en die Heilige Gees, maar Dissipels moet “gemaak” word.

            Ons word gered en ons is Gelowiges, maar om ‘n Dissipel te word is ‘n proses, ‘n leerproses.

            Wie ken dit nie: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe kan hê.” Joh 3:16. Nie “kan” hê nie, “sal” hê.         

            Die strofe praat met die Christen, die Gelowige. Om te weet en kerk toe te gaan, maak jou nie ‘n Gelowige nie. Jy moet “glo”

En jy moet Christus as Saligmaker aanneem. Dan begin die reis na Dissipelskap.

In die verhaal van die “Verlore Seun” kom die seun uiteindelik daar tussen die varke tot sy sinne en besef dat selfs sy vader se huurlinge is beter af as wat hy is en besluit hy sal terugkeer na syvader en aan sy vader sê: ”Vader, ek het gesondig teen die Hemel en voor u, en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; (let op) ‘maak’ my soos een van u huurlinge.” Luk 15:19 

            Jesus sê: “Kom agter my aan, en Ek sal julle vissers van mense “maak”.

            Jesus sê aan die ryk jongman in Matt 19: “Gee jou rykdom aan die armes en volg my.” Die jongman se probleem was sy besittings het hom gehad. Niks verkeerd om miljoene in die bank te hê nie, maar as die miljoene jou het, het jy groot probleme.

            Gelowiges verwag altyd alle goedheid en guns van die HERE af, maar let nooit op wat die HERE van hulle verwag nie. As jy geluk soek, wees heilig en die geluk kom vanself. “Maar soek (let op) eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle (let op) bygevoeg word.” Matt 6:33

            Ons kan nie net verbruikers Christene wees nie. Geloof sonder die werke is dood. Jak 2:26. Om verstandelik te glo, bereik niks. Dis die geloof en die werke-aksie wat die antwoord oplewer. Geloof is dus 50% met die ander 50% die uitvoering daarvan.

            “Deur die geloof het Noag, toe hy 'n goddelike waarskuwing ontvang het met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak.

Let op, die geloof en die aksies in Hebr 11: “Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.

            “Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in 'n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. “

“Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.”

            “Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer...

“Deur die geloof het Isak vir Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms.

“Deur die geloof het Jakob op sy sterfbed altwee die seuns van Josef geseën.

“Deur die geloof het Josef aan die einde van sy lewe melding gemaak van die uittog van die kinders van Israel en bevel gegee aangaande sy gebeente.

“Deur die geloof is Moses ná sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek, omdat hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en hulle het nie die gebod van die koning gevrees nie.

“Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word.

“Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien.

“Deur die geloof het hy die pasga gehou en die besprenkeling van die bloed, sodat die verderwer hulle eersgeborenes nie sou aanraak nie.

“Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.

“Deur die geloof het die mure van Jérigo geval nadat daar sewe dae lank omheen getrek was.

“Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.

“En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal, wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop.”

            So kan jy alles van Jesus weet en glo, maar jou geloof word eers werklikheid wanneer jy Jesus as jou Saligmaker aanneem, later ‘n dissipel word en Hom dien.       

            Jy glo jy gaan op laerskool en later op hoërskool deurkom, maar as jy nie die werke by jou geloof voeg en getrou studeer nie, gaan daar niks van kom nie.

            Jy is ’n Gelowige, maar jy moet aksie daarby voeg en ‘n Dissipel word. Die Dissipel wil weet hoe hy of sy God kan behaag. Die Dissipel dien die HERE op die mees angeleë tye, ook wanneer dit swaar en moeilik is. ‘n Dissipel vra nie vrae nie, hy bring offers.

            Die dissipel leef nie meer van melkkos nie. “En ek, broeders (Gelowiges), kon met julle nie spreek soos met geestelike (Dissipels) mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.

“Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?” 1 Kor 3:1-3

Die Dissipel het ‘n persoonlike verhouding met God. Hy is n leier. Hy is verantwoordelik. Hy stel God en die Godssaak altyd eerste. Hy is ‘n volwasse volgeling van Jesus. Gelowiges wil gesien word, Dissipels wil nie gesien word nie. “Want as ek die Evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die Evangelie nie verkondig nie!

“Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is 'n rentmeesterskap (moet ek rekenskap gee) aan my toevertrou.” 1 Kor 9:16-17.

As Koningskind is jou motief groter as dit wat jy doen! God kyk altyd na die motief van ons harte. Die Christen doen alles wat hy wil en verwag God moet hom seën. Die Dissipel wag en doen wat God van hom verlang want dan is hy beslis uit en uit geseënd. Die Dissipel soek eers die Koninkryk van God.

Die Dissipel sê: U wil geskied... in die Hemel, so ook op die aarde. “Want hoewel julle vanweë die tyd leraars (Dissipels) behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.

“Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die Woord van geregtigheid, omdat hy 'n kind is.

“Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Let op: “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God.” Hebr 5:12 - 6:1

Laat hierdie boodskap almal bemoedig en aanspoor om Dissipels te word sodat ook julle Dissipels kan maak. – Wekroep

Woensdag 10 April 2019

Ons is wandelende Tabernakels



Die Wedergeboorte is ‘n Hemelse wonderwerk, ‘n geestelike gebeurtenis sonder weerga. Selfs die Engele in die Hemel Jubel van blydskap. Dawid het hom min gesteur aan wat mense oor hom dink. Hy wou altyd weet wat God van hom dink. So het hy ten spyte van foute, steeds nader aan God beweeg.

            Mens kom die eerste keer in ‘n Pinksterdiens. Die gelowiges sing en klap hande, ander met hulle hande in die lug, hulle harte en tonge jubel voor die HERE… en jy as vreemdeling staan daar soos ‘n strykplank… menssku.

            Maar as jy jou tone in jou skoene wikkel, is jy elk geval net so skuldig, so val maar liewer in, jou oë op Jesus gerig.

            Dawid se troon is die permanente troon wat Jesus op gaan sit. Dawid is ook van dieselfde bloedlyn as Jesus. Wat aanbidding betref, het God nie die tabernakel van Saul of die tabernakel  van Moses gebruik nie. God het die tabernakel van Dawid gebruik.

            Let op: “Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die HERE wat al hierdie dinge doen.” Hand 15:16-17

            In Jerusalem het Dawid ‘n tent gehad met die flappe omhoog. Die heidene kon die tabernakel daarbinne sien. Daar was net een offer van diere. Al die ander offers was lof en aanbidding.

            Toe Christus op Golgota sterf, is die voorhangsel in die tempel geskeur, nie een steen het op die ander bly staan weens die aardskudding wat gevolg het nie. Dit was die einde van die aardse tempel era.

            Wanneer iemand Wedergebore word vind die grootste wonderwerk ooit plaas. Christus en die Heilige Gees word daardie oomblik inwonend in my en jou wat beteken die Tabernakel is nou in ons. Ons is inderdaad Nuwe Skepsels.. 2 Kor 5:17 en Gesante van God. 2 Kor 5:20.

            Jesus het voor die Kruisiging vertel die aardse tempel gaan afgebreek en in drie dae herbou word. Die heropbouing is nog steeds aan die gang. Ons elkeen wat gered word se liggaam is nou die Tempel en binne die besonderse Tempel is die Tabernakel wat Christus en die Heilige Gees huisves.

            “En Salomo het 'n huis vir Hom gebou. Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie.” Hand 7:47

            “Kom na Hom toe, die Lewende Steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom (hoekom?), om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.” 2 Pet 2:4-5

            Ons is wandelende Tabernakels . Ons stig nie kerke nie, ons laat toe dat ons soos lewende boustene inmekaar gemessel word tot ‘n geestelike huis (volk). Natuurlik mag ons vir onsself groot genoeg geboue oprig om onderdak te kan aanbid, maar ons bou nie kerke nie. Ons is die Kerk.

            As individu is ons egter wandelende Tabernakels. Ons beweeg tussen mense en hulle leer Jesus as Verlosser ken weens ons gedragspatrone en bediening.

            Let op: “Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; EN 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.

            “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die Hemele is, verheerlik.” Matt 5:14-16

            Wedergeboorte is ‘n buitengewone Goddelike geestelike wonderwerk. Jy is dan nie meer jy nie, jy is ‘n Nuwe Skepsel uit die hand van God, ‘n wandelende Tabernakel, ‘n pelgrim op pad na die Nuwe Jerusalem en jy kyk hoeveel mense jy langs die pad kan help en met jou saamneem.  – Wekroep


Maandag 08 April 2019

Ek sal offer wat U vra!

Ere sy die Lam van God!


Dit was middernag of daarna, die huis was stil, ons het almal geslaap, ek en my vrou en ons baba dogter, toe daar skielik ‘n verblindende lig in die kamer is. Die lig was soos brandende magnesium. Die helderheid onbeskrylik.

            Ek het in die lig gestaan met ons dogtertjie in my arms. Die HERE het duidelik tot my gespreek en gevra: Is ek bereid om my dogter aan hom te offer, dan neem Hy haar nou saam met Hom.

            Die lig was werklik oogverblindend Ek het was buite myself van skrik. My vrou het rustig voortgeslaap. Ek het besef ek beweeg in die Gees. Dit moet dieselfde lig wees wat vir Saulus op die pad na Damaskus in blindheid neergevel het.

            My antwoord was: “HERE wie is ek om aan U nee te sê. Ek sal nie eers waag om te soebat, HERE moenie my kind wegneem nie. As U haar wil neem, dan offer ek haar vrywilliglik.”

            Die volgende oomblik was die lig weg. Ek kon God nie sien nie, maar ek het Hom duidelik gehoor en ook myself in die gesprek met Hom gehoor.

            Die woonstel was dadelik weer in donker gehul. Ons dogtertjie het rustig geslaap en so ook my vrou. Ek daarenteen  het lank wakker gelê en besef, as God besluit Hy kom iemand haal, moet ons bereid wees om daardie persoon op te offer.  Ek het ook besef ons durf nie waag om iemand liewer te hê as vir Hom nie.

            Maar die gedagte dat ek byna nie meer ‘n kind gehad het nie, was tog ontstellend. Die skok was so geweldig dat ek die ander kinders net na hulle geboortes almal aan die HERE teruggegee het, net soos Hannah haar kind aan die HERE teruggegee het.

            Dit bring ons by Abraham wat sy wonderkind, Isak, moes gaan offer het. EK weet presies wat hy deurgemaak het. Hy het nie terug gepraat of enigsins teengestribbel nie. Hy het daardie oggend met die pakesel en met Isak na die berg begin stap.

            Abraham was ‘n ou man gewees. Isak was ‘n wonderwerk uit die hart van God... en nou wou God die kind terugneem. Woorde kan nie beskryf hoe jammer ek die arme Abraham gekry nie. Ek sou ook nie woorde gehad het om hom te troos nie.

            Die kruks van die twee verhale is eerbied en gehoorsaamheid.

            Daar is ‘n derde so ‘n verhaal... toe God die Vader sy seun Jesus geoffer het, en Jesus dit in gehoorsaamheid volbring het. En dit was juis vir my en vir jou gedoen sodat ons gered kon word.

            As jy dit nog nie gedoen het nie, offer jouself op aan God en neem Jesus aan as jou Verlosser. Offer daarna letterlik alles wat jy het, op aan Hom.  As jy geestelike hulp of gebed verlang. Stuur ‘n e-pos aan sjibbolet.buro@gmail.com

Donderdag 04 April 2019

‘n Moedige Evangelis en Volgeling van die Messias in Israel

My naam is Jakob Damkani, en ek is in 1952 naby die See van Galilea gebore in ᾿n godsdienstige Joodse familie van die stam van Juda.

Deur die genade van God is ek in 1977 Wedergebore en eers daarna het ek my ware, godgegewe identiteit verstaan en ervaar wat dit werklik beteken om ᾿n ware Jood te wees.

Sedert die wonderlike dag van my Wedergeboorte het ek alles uit my verlede as verwerplik beskou. Deur die genade van die Here, en met Sy hulp, wil ek niks weet nie behalwe Hom wat gekruisig is, vir wie God uit die dood opgewek het.

            “Trumpet of Salvation to Israel is in 1984 as ᾿n evangelisasiebeweging gestig met die doel om Jeshua teen enige koste te verkondig aan die verlore skape van die huis van Israel. Deur God se genade en krag wat in ons werk, is ons nie skaam vir die Evangelie nie, en vrees ons ook geen weerstand teen die Evangelie nie, “want dit is ᾿n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.” Rom 1:16


Ons regering weet nie hoe om te definieer wie almal Jode genoem moet word nie. Ons wat uit die Gees van God gebore is, weet egter vir seker dat buiten Jeshua niemand regtig weet waaroor ware, Bybelse Judaïsme gaan nie.

            My roem is in die God van my vaders van wie alle seëninge kom. Alle heerlikheid, eer, lof en bewondering behoort net aan Hom, en Hy het in my die bereidwilligheid gewerk om my lewe af te lê. Net vir Hom alleen sal ek myself verloën, my kruis opneem, Hom navolg, en die vrees in die hart van die kerk in Israel verbreek.

Ek het nie te veel aan die gevare gedink wat aan Evangelisasie in Israel verbonde is nie. Ek weet dat God my geroep het om Hom te volg en die opgestane Here Jesus aan sy verbondsvolk te verkondig. Ek het net geweet dat ek dit moes doen, en was seker dat Hy my krag sou gee vir my diens aan Hom.

            Nadat ek na Israel teruggekeer het (ek was agt jaar lank in Amerika) het ek in my ouerhuis in Holon gewoon saam met my jonger suster, Carmella. My ander broers en susters was toe reeds getroud en het in hulle eie huise gewoon.

My geliefde moeder was 69 jaar oud en het nog steeds as skoonmaker in verskeie huise gewerk. Een nag is sy skielik Hemel terwyl sy gewerk het.

My geliefde pa wat vir meer as 50 jaar lank met my ma getroud was en agt kinders onder uiters moeilike omstandighede saam met haar grootgemaak het, het skielik sy vrou verloor vir wie hy baie lief was. Van daardie oomblik af was hy nie meer homself nie.

In sy gebrokenheid is hy skielik deur een of ander demoniese mag oorgeneem wat teen my te velde getrek het. Hy het begin om my te vloek en vir my ma se dood te beskuldig. Hy het ook die Here gelaster en gedreig om my Nuwe Testamente en ander boeke, asook evangeliese literatuur wat ek versprei het, te verbrand.

Na ᾿n paar lang weke waarin ek hierdie hewige aanvalle verduur het, het ek besluit om te trek. Ek het my pa se huis verlaat omdat ek nie langer sy godslastering en aanhoudende dreigemente om my boeke te verbrand, kon vat nie.

Ek het baie goed geweet dat dit nie my pa was wat gevloek en die Here se naam belaster het nie, maar Satan self wat my werk in Israel probeer stop het.

Al die aanvalle, geweld, aanrandings en bloedvergieting wat ek in die strate van Israel verduur het, het my nie gekeer om die Evangelie met andere te deel nie, en ek het met my hoë roeping voortgegaan, maar nou het die duiwel desperaat probeer om my te stop deur my ma se dood te gebruik, asook my pa se intense verbittering teenoor my.

Ek het nie teen vlees en bloed geveg nie, en al my gebede en vas het nie die toestand verander nie.

Ek het hierna in verskillende huise geslaap. Sekere broeders in die Here het my graag gehuisves; Ilan Zamir het my in hierdie tyd so geseën, asook my suster Frieda en andere.

Ek het aangehou om vir my liewe pa te bid en het hom dikwels in Holon besoek. Ek het besef dat hy baie probleme ervaar. My liefde vir hom, en ook my bekommernis oor hom, het toegeneem maar ek het nie geweet hoe om hom te help nie.

            In hierdie tyd het die Here op ᾿n wonderbaarlike manier aan my die geld voorsien om ᾿n huis te koop. Dit is in Jaffa geleë, slegs drie minute se stap van waar Petrus sy gesig gehad het.

Hierdie visioen het daartoe gelei dat Petrus vir die eerste keer die Evangelie aan nie-Jode gaan verkondig het – aan ᾿n man met die naam van Cornelius.

Dit was 2000 jaar gelede toe die apostels in verwondering was oor die bekering van heidene. Hoe is dit dat die situasie intussen omgekeer is, want nou is dit die kerk wat in verwondering is wanneer ᾿n Jood vir Jeshua aanneem?

            Van Jaffa af het die Evangelie na die heidenwêreld uitgegaan en nou, na 2000 jaar, wil die Here van Jaffa af die Evangelie na sy eie Joodse volk terugbring. Hierdie huis het ᾿n basis geword vir die ontwerp en voorbereiding van traktaatjies, boeke en video-kassette in Hebreeus, waarin Jeshua in sy Joodse verband voorgestel word deur van die Ou Testament af na die Nuwe te beweeg. Ons verskaf al ons gedrukte materiaal gratis aan die hele liggaam van Christus in Israel.

            Deur die genade van God het Trumpet of Salvation daarin geslaag om 200 000 kopieë van die boek Lama Davka Ani? (Why Me?) te druk en te versprei. Soos wat ons begroting dit toelaat, plaas ons artikels in Israel se nasionale koerante waarin Jeshua in sy Joodse verband vanuit die Ou Testament verkondig word. Die reaksie is oorweldigend; mense bel en skryf om vir Nuwe Testamente en ander materiaal aan te vra.

            Trumpet of Salvation to Israel is soos ᾿n spoorwegstasie; ᾿n groot aantal mense uit verskillende rigtings kom besoek ons om oor die Here te praat, en ook oor wat dit vir Jode beteken om in Jeshua te glo. Hier by Trumpet of Salvation maak ons seker dat voordat mense ᾿n oorgawe maak, hulle besef wat die kosteberekening vir ᾿n ware geloof is. Baie Israeli’s kom tot die geloof, en wat ᾿n voorreg is dit om hulle as dissipels te onderrig totdat hulle die druk deur hulle families en die breër samelewing kan weerstaan.

Daarna plaas ons hulle uit in die liggaam van ons Here ooreenkomstig hulle plekke van herkoms.

            Aan God al die eer! Aan Hom alleen behoort die heerlikheid! In elke gemeente in Israel is daar Israeli’s wat tot geloof gekom het as gevolg van die werk van Trumpet of Salvation to Israel. Glo jy dat as jy Wedergebore is jy ook ᾿n roeping het?

Dit is ons plig, geliefdes, om te reageer op die liefde van God wat ons van die kruis van sy Seun af roep. As jy net sal begin om Hom te volg en jou lewe te lei volgens die eise van Jeshua en sy koninkryk, sal jy die mees opwindende en kleurvolle lewe lei waarin geen trane, smarte of pyn jou daarvan sal weerhou om die Koning na te volg nie, want Hy het waarlik jou siel lief.

            Dink aan hierdie wonderlike waarheid: die Here het aan sy dissipels die opdrag gegee om die Evangelie tot aan die eindes van die aarde uit te dra. Noudat die Evangelie die vier hoeke van die aarde bereik het, bring God sy verbondsvolk soos droë bene na die Beloofde Land toe terug. Die Joodse volk is nog steeds dood in hulle sondes en God is besig om hulle, soos in die tyd van die rigters, in ᾿n hoek te dryf.

Hierdie keer doen Hy dit egter nie deur middel van die Ammoniete, Edomiete of Moabiete nie, maar deur hulle Moslem bure. In werklikheid is die hele wêreld teen Israel, hulle voel verstote, moedeloos en is besig om hoop te verloor.

Israel kom aan die einde van hulleself, en dit mag wees dat God nie nou vir Gideon, Debóra of Simson as segspersone gebruik nie, maar lede van nie-Joodse nasies wat die opdrag het om Israel jaloers te maak.

                        Dit lyk of Israel as ᾿n volk altyd by ᾿n kruispad te staan kom. Solank as wat hulle aanhou om hulle rug op Jeshua te keer, sal hulle aanhou om in die verkeerde rigting te draai. God het nie meer vir Moses, Samuel, Jeremia, Paulus, Petrus of Johannes om sy werk op aarde te doen nie, maar Hy het vir jou, wat deur sy Gees gebore is, wie of waar jy ook al mag wees.

            Vir meer as 20 jaar het die Here Trumpet of Salvation to Israel gebruik om Joodse en nie-Joodse gelowiges op te lei, te bemoedig uit te daag en te mobiliseer om die Joodse Evangelie op ᾿n Joodse manier aan Jode te verkondig.

Deur God se genade maak ons dissipels van baie Israeli’s wat tot  die geloof gekom het, leer hulle die basiese beginsels van hulle nuutgevonde geloof en bevestig hulle in die waarheid van God.

Ons help hulle om te verstaan dat hulle lewe nou oor God en sy koninkryk moet gaan. Ons bemoedig hulle en help hulle om teenkanting deur hulle families, en ook deur die godsdienstig ortodokse Jode, te kan weerstaan. Ons help hulle om ᾿n Messiaanse gemeente te vind waarby hulle maklik kan inskakel, en lewer so ᾿n bydrae om die Messiaanse Joodse gemeenskap in Israel op te bou.

         

·       Vir nuusbriewe en meer inligting oor, tree met hulle in verbinding by: trumpsal@netvision.net.il



Dinsdag 02 April 2019

Die wandel saam met God

Loof en Prys Hom! 

Die HERE God JAWEH moet die belangrikste persoon in elke Gelowige se persoonlike lewe en huis wees. Jou hele dag moet om Hom draai... in alles wat jy doen en elke besluit wat jy neem.

As ons voortdurend seëninge uit die hand van die HERE wil ontvang dan moet ons voortdurend erkenning aan Hom gee. Herinner jou siel daaraan om God te aanbid, te loof en Sy naam groot te maak.

Memoriseer Ps 103. Die “o” soos in “O my siel” is eintlik ‘n uitroepteken en moet dus harder uitgespreek word.

            Hy vergewe ons, genees ons, Hy’t ons vrygekoop, Hy bekroon ons, gee aan ons vrede... sodat ons jeug hernuwe kan word.

            Ons moet die HERE meer aanbid, Sy naam groot maak... ere sy die Lam van God tot aan die hoogste Hemele!

            Hy het Sy ALLES vir ons gegee, dis tyd dat ons ook ons ALLES vir hom moet gee. Hy gee aan ons liefde, genade, goedheid en guns.

            Ps 103, wat ook bekendstaan as die Berg Everest van Psalms, word wêreldwyd die meeste aangewend om God te loof. Gelowiges as enkelinge of as groepe sing die Psalm en meesal op eie geskepte wysies. Luister hierna:

https://video.search.yahoo.com/search/video?fr=yhs-invalid&p=psalm+103#id=50&vid=a00d4f66d07dfaab1ac17247e9dc5357&action=view

            Sommige sing dit biddend, ander sing dit triomfantelik soos ‘n oorwinningslied. Ander lees dit hardop met musiek van hul eie keuse in die agtergrond. Hulle memoriseer dit en sing dit oral.... in die huis, by die werk, in die motor, by die viswaters. God is oral so hulle sing dit oral.

            Daar is ‘n vertaling wat lees: “Ek wil die HERE loof.” Die korrekte is “Loof die HERE...”

Ps 103 – 'n Psalm van Dawid

1. Loof die HERE, o my siel, en (letterlik) ALLES wat binne-in my is, Sy heilige Naam!

2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie!

3 Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees (Halleluja),

4 wat jou lewe verlos(!) van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,

5 wat jou siel versadig met die goeie, (hoekom?) sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend.

6 Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.

7 Hy het aan Moses Sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel Sy dade.

8 Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig (nie kort van draad soos ons soms is nie) en groot van goedertierenheid (ons moet ook aan almal net goed wil doen).

9 Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.

10 (let op): Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. (hoekom nie?)

11 Want so hoog as die Hemel is bo die aarde, so geweldig is Sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.

12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, (‘n onmeetbare afstand) so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

13 (let op): Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor diegene wat Hom vrees (respekteer, eer).

14 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.

15 Die mens -  soos die gras is Sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy.

16 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en Sy plek ken hom nie meer nie.

17 Maar(!) die goedertierenheid van die HERE is van Ewigheid tot Ewigheid oor die wat Hom vrees (respekteer, eer), en Sy geregtigheid vir kindskinders (jou kinders en hulle kinders),

18 (voorwaarde) vir die wat Sy verbond hou en aan Sy bevele dink om dié te doen.

19 Die HERE het Sy troon in die Hemel gevestig, en Sy koninkryk heers oor alles.

20 Loof die HERE, Sy Engele, kragtige helde (leer meer oor die rol van Engele in ons lewens) wat Sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van Sy woord!

21 Loof die HERE, al Sy leërskare, Sy dienaars (let op) wat Sy welbehae doen!

22 Loof die HERE, al Sy werke, op al die plekke van Sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!

PSALMS 150:1-6

Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!

Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!

Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter;

loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit;

loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale!

Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!

Vrydag 29 Maart 2019

Ons begin ‘n Nuwe Era – en waarskynlik die laaste



“As julle wat sleg is, weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die Hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?” Matt 7:11

            “Wel, mevrou,” sê die jong hospitaaldokter vir die Christen hospitaalwerker, “jy het seker vir hierdie mense weer vertel God verhoor gebed. Hulle moet net vra.”

“Ja, Dokter, dit is so, God luister na ons gebede en verhoor dit volgens Sy wysheid en Sy wil.”

“Ek is bly om dít te hoor, want sien ek is taamlik platsak. Sal God vir my so ’n R50 gee as ek Hom vra?”

“Dokter, sal jy vir ’n vreemdeling sommer so ’n R50 gee as hy jou vra?”

“Wel, nee,” antwoord die dokter effens onseker en die spottende glimlag om sy mond verdwyn, “ek sal hom seker eers moet leer ken.”

“Korrek. God gee vir Sy kinders wat hulle Hom vra. Leer Hom eers as Vader ken, dan vra Dokter dit vrymoedig.”

            Jesus het dit benadruk hoe ons, ons behoeftes van God kan vra: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” Matt 7:6

            Al ons gebede die afgelope jare sal binnekort in vervulling begin gaan. Die HERE is besig om die aarde  te besoek met ‘n ontsettende verering van sy kinders en met absolute wraak teen die onheil.

            Elkeen kan dit nou beleef deur hul godsdienstige bril weg te gooi en die Bybel te lees in die Gees sodat die Heilige Gees vir elkeen die Skrifte kan openbaar.

            Maak klaar met kerk speel. Tot hier toe het die wêreld die Kerk verander, nou gaan die Kerk die wêreld verander. Dis reeds aan die gebeur en geen mens kan dit keer of verhoed nie. Dit is inderdaad die laaste uur.

            Gelowiges gaan God nou in Gees en in Waarheid aanbid (hoekom?) Want “God is Gees.” Joh. 4:24

            Ons gaan antwoorde op gebed beleef, groot deurbrake beleef, grootse wonderwerke ervaar. Verborgenhede sal aan ons openbaar word.

            Ons het ‘n nuwe seisoen binne beweeg waarin verlore gesinslede en familielede versoen, meesal te midde van groot spyt, vergifnis en baie trane.

            Die restourasie van gesinne en families is aan die orde van die dag en vorm ’n  integrale deel van die Herlewing.

            Die HERE stort opnuut ‘n gees van salwing uit oor gebroke gesinne en families, soos wat Hy hulle genees en opnuut byeen bring. Mense ontwikkel ‘n nuwe passie vir verhoudinge.

            Die harte van die vaders en die harte van hulle seuns en dogters keer terug na mekaar, soos in Mal 4:6 “En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders (hoekom), sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.”

            Daar is pa’s wat jare gelede al hul gesinne verlaat het en verdwyn het... soms ook moeders. Kinders het ook net so verdwyn weens struwelinge en onenighede in die huis.



            In families is ook onenigheid en haat. Hoe nader ons aan die Einde van die Tyd kom, hoe meer dring die Heilige Gees mense om te vergewe en reg te maak.





         




Hy het die 99 gelos en die verlore een gaan soek en teruggebring.

Duisende mense het onnodig met ‘n binding in hulle gees deur die lewe gegaan. Al die onmin was futiel, al die smart en lyding so onnodig.

            Sommige het deur die jare by die Nagmaaltafel so onnodig ‘n oordeel oor hulleself gebring om nie dadelik gehoor te gegee het aan Matt 5:23-24 nie: “As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.” Sien ook 1 Kor 11:27-30.

            Verhoudinge is belangrik want ons kan nie aanbid sonder om eers te vergewe nie.












“'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.” Spreuke 25:28.

            Reuse soektogte is aan die gang na die verlorenes, net soos wat Jesus die 99 gelos het om die een verlore lammetjie te soek. Net soos die vrou die verlore penning in haar huis gesoek het.

En onthou julle die verhaal van die verlore seun wat teruggekeer het? Onthou julle die trane en die blydskap?

Daar word tans op persoonlike vlak deur middel van opgeleide speurders gesoek, in advertensies in die media en die Internet. Baie telefoonoproepe word gemaak want die kleinste stukkie inligting mog die antwoord bring.

Jesus soek in ‘n nog groter maat na die verlorenes, die afgedwaaldes. Hy roep. Sy Heilige Engele roep.

            Die groot bymekaarmaak van God se volk is aan die gang. “Die toekomstige heerlikheid (glorie) van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.” Haggai 2:9

            Die Glorie is reeds hier en dit gaan al groter en groter word soos wat miljoene mense gevind en miljoene mense gered gaan word.

            Niks is in hierdie tyd belangriker as die Koms van die Messias nie. Wees te alle tye gereed! -- Wekroep

Sondag 24 Maart 2019

Ons roeping!

Voorwaarts Christenstryders


“Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.”
2 Tim 2: 3-4

            ‘Voorwaarts Christenstryders', soos baie van ons hierdie lied ken, is in 1865 geskryf met geen bedoeling om dit ooit te publiseer nie. Die skrywer van die lied, eerwaarde Sabine Baring-Gould was in daardie stadium 'n hulp-prediker in 'n gemeente in Yorkshire in die noorde van Engeland en sy weergawe van hoekom hy die lied geskryf het, bestaan steeds. Hier volg 'n vertaling van sy woorde:

            “Dit is 'n baie eenvoudige lied. Die Maandag na Pinkstersondag is 'n tradisioneel 'n groot dag vir skoolfeeste in Yorkshire. Een so 'n Maandag is daar gereël dat ons skool kragte moet saamsnoer met die van 'n skool van 'n nabygeleë dorpie. Ek wou hê dat die kinders moet sing terwyl hulle van die een dorpie na die ander marsjeer, maar ek kon nie aan iets geskik dink nie. So het ek maar laatnag probeer om self iets te skryf. 'Voorwaarts Christenstryders' was die resultaat. Dit is haastig geskryf en ek is bevrees dit is nie 'n meesterstuk nie. Niemand kon meer verras wees met die gewildheid van die lied as ekself nie."

            Die lied het 'n militaristiese tema en word op marsmusiek gesing, waarvoor dit baie gekritiseer is. Sommige kerke het dit heeltemal uit hulle liedboeke verwyder.

            Maar voer ons nie 'n oorlog nie? Die woorde van die lied fokus op hierdie oorlog – ons vyand is nie ons medemens nie, dit is Satan en ons Koning en Opperbevelvoerder is die ewige, almagtige God wie se koninkryk vir altyd sal bly.

            In Afrikaans het ons nou die pragtige woorde van hierdie bekende lied:

Soek in God jou sterkte; kry by Hom jou krag;

met sy wapenrusting  klee Hy ons met mag.

Nie teen medemense is ons worstelstryd

maar ons veg teen Satan en sy sluwe listigheid.

Hy stuur bose magte in die wêreld in,

maar met God se wapens kan ons hul oorwin

In die Bybel leer ons dat Satan oorlog voer teen God en diegene wat Hom volg.

            Dit is miskien nie 'n fisiese oorlog nie, maar dit is nogtans 'n werklikheid. Alle Christene veg op hierdie geestelike slagveld. In sy brief aan Timoteus gebruik Paulus militêre taal om hierdie stryd te beklemtoon. Wanneer jy aangesluit het as 'n soldaat vir Christus, moet jy bereid wees om jou wil volkome aan Hom oor te gee – ons moet ons opdragte aanvaar en gereed maak vir aktiewe diens. In Efesiërs 6 skryf Paulus aan die gemeente: "trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee." Want ons stryd is teen elke bose gees.

     “Baie is bereid om die wapenrusting aan te trek en vir God te veg, maar nie almal is bereid om dit hulle lewenstaak te maak nie. Is jy bereid om dit te doen? Is jy gewillig om die wapenrusting aan te trek en vir Jesus Christus te veg? Voorwaarts Christenstryder!” –  Xanthe Hancox

Luister hoe triomfantelik sing die Nederlanders dit:

https://video.search.yahoo.com/search/video?fr=yhs-invalid&p=voorwaarts+christen+stryders+-+youtube#id=5&vid=1a5e3a1fba221cf66962a2e74bab3fca&action=click

Het 'n engel al met jou gepraat?


Uit die mond van ‘n kind...



Die prediker Augustinus wat in Algerië gebore is, het 30 jaar lank gesukkel om sy tesis oor die Drie-eenheid te voltooi. Hy wou die “misterie” van die Drie-eenheid intellektueel verklaar, het hy destyds verduidelik.

            Hy het een dag langs die strand gaan wandel in ‘n poging om antwoorde te soek toe hy ‘n klein seuntjie heen en weer tussen ‘n plek op die strand en die see sien hardloop.

            Die seuntjie het ‘n skulp gebruik om water aan te dra. Hy het telkens die skulp vol seewater gaan maak en dit in ‘n klein holte op die strand kom gooi.

            Augustinus stap toe na die seuntjie en vra: “Seun, wat is jy besig om te doen?”

            Die seuntjie het met ‘n pragtige glimlag geantwoord: “Ek probeer om die ganse see hierheen te dra en in hierdie gaatjie te kom gooi.”

            “Maar dit is tog onmoontlik, my liewe kind, die gaatjie kan nie al daardie seewater bevat nie,” het Augustinus gesê.

            Die seuntjie het ‘n rukkie stilgestaan, Augustinus vol in sy oë gekyk en gesê: “Dit is nie meer onmoontlik as wat jy probeer doen nie – om die onbegrensdheid  van die Drie-eenheid met jou beperkte intelligensie te verstaan nie.”

            Augustinus was totaal oorbluf deur die seuntjie se reaksie en het weggekyk die verte in. Dit was verbysterend dat die kind van sy probleem kon weet.

            Toe Augustinus terugkyk om die seuntjie nog ’n vraag te vra, was die kind skoonveld. Hy het gesoek en rondgevra, maar niemand het iets van die seuntjie geweet nie.

            Toe hy die voorval met sy Superiërs deel, was almal oortuig dat God deur ’n Engel met Augustinus gepraat het oor sy trots in sy studies.

            Net so terloops: Sonneblomme kyk elke dag vir die son... en as dit bewolk is? Dan kyk hulle vir mekaar om die lig wat hulle het met mekaar te deel.  Dit klink byna ook na ’n misterie.

            Wat is ‘n misterie? Iets onverstaanbaars wat nie verklaar kan word nie; ‘n verborgenheid, geheimenis.

            Die Drie-eenheid is beslis nie ‘n misterie nie. “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” Hebr 4:12 – Wekroep

Dinsdag 19 Maart 2019

Die fondamente word omgegooi

Loof die HERE...
Die fondamente word omgegooi

Dat die mure omgegooi word is een ding, maar nou word die fondamente omgegooi. Die Koms van die Messias word verhaas, want die wêreld wil losbreek omdat hy sy eie wil op alles wil afdwing. God is in die pad.

            Wat Bybels verkeerd was, is nou skielik aanvaarbaar. Deur al die sonde te wettig, glo die wêreldleiers maak hulle alles reg.

            Aborsies word in meer en meer lande gewettig. Dwelmmiddels word gewettig. Prostitusie en pornografie, word gewettig, so ook word Godslastering (Nederland) gewettig.  Daar is nie meer vir God in die grondwet van menige lande plek nie, ook nie in die grondwet van die Europese parlement nie.

            Die mens en die Kerk is in die spervuur. Al is dit die tekens van die Eindtyd – dat die fondamente omgegooi word –  sit ek en jy met die hoop vir die toekoms in ons hande. Klou verbete vas, dit gaan nog rof word. “En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Matt 10:22

Ons beleef nou die tyd waar gebeurtenisse mekaar snel opvolg. Ons is op die rand van ‘n magtige Herlewing. Saam daarmee gaan die poorte van die hel wyd oop. Staan vas!

Sosiale media het die nuwe Bybel en die nuwe koerant geword.  Niks gebeur iewers wat nie onmiddellik wêreldkundig is nie. Let op hoe word Christelike en Bybelse sieninge op Internet forums verniel.

Let op, hier kom boonop skeiding tussen die Ekklesia en die kerk, sterker gestel, tussen ware Geestelike Gelowiges en vormgodsdienstiges. Daar is geen plek vir huigelaars en geveinsdes nie. Soos wat dit ontvou is daar ‘n sterk toename in huisgemeentes.

Lukas beskryf dit so: “Hy sal sy dorsvloer (die kerk) deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur [die Wegraping van die Gelowiges] maar die kaf (die goddeloses in die groot verdrukking) met onuitbluslike vuur verbrand.” Luk 3:17

Ons leef duidelik in die laaste uur. Die wêreld oor steun al hoe meer predikers en Christenorganisasies die siening dat die Wegraping baie naby is. Die ware kerk kan nie langer net gehoor word nie, dit moet ook gesien word. Ons is vrygekoop, nie om te doen wat ons wil nie, maar wat ons moet... om die Evangelie en liefde van Jesus uit te dra en die Getal vol te maak.

Daar is kort-kort berigte oor Herlewings oral op die aarde, dog dit is telkens kortstondig.
       Dawid in Ps 11:3 vra indringend: “As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?”

Die fondamente van die huwelik, Christelike godsdiens, gesinslewens (die pilare van ‘n volk), taal, kultuur word aan flarde geruk met geen ontsag vir die Bybel en God drie-enig nie.

Ontsag vir gesagstrukture binne en buite die Kerk is haas denkbaar. Binne en buite die huwelik word alle morele standaarde vertrap. Kinder- en gesinsverwaarlosing neem sterk toe. Saambly het aanvaarbaar geword onder die vaandel dat hulle geestelik getroud is. Daar is haas nie ‘n selfoon sonder pornografie nie.

Die arme Dawid vra die vraag: Wat moet die regverdiges doen wanneer die fondamente padgee? Hy vra nadat hy in strofe 1 gesê het, om te vlug is nie die oplossing nie. Om te vlug is ongeloof, is twyfel. As jy moet skuil, skuil by God.

Ons het berusting daarin dat God alles weet. "U het dit gesien; want U aanskou moeite en verdriet". Ps 10:14. God sien die hartseer wat jou getref het, toe die fondamente in jou eie huis en samelewing tuimel.

“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? – julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
       “Maar ons verwag volgens Sy belofte (en Hy is en bly ‘n waarmaker van sy Woord) nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
       “Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.” 2 Pet 3:14
       Daar is oorloë in 69 lande van die wêreld. Altesame 818 militêre guerrilla groepe en terroriste organisasies is betrokke. Hulle tentakels strek ook reg deur Afrika.

Christene word ernstig en selfs wreed vervolg in 50 lande. Beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. Die mees brutale geweld in menseheugenis is aan die gang.

Laat ons sorg dat ons klere sonder vlek of rimpel is, silwerskoon en laat ons met reikhalsende verlange uitsien na die Wegraping.

Dit alles, terwyl ons lofliedere tot die HERE sing:

“Halleluja! Loof God in sy heiligdom,

loof Hom in sy sterk uitspansel!

Loof Hom oor sy magtige dade,

loof Hom na die volheid van Sy grootheid!

Loof Hom met basuingeklank,

loof Hom met harp en siter;

loof Hom met tamboeryn en koordans,

loof Hom met snarespel en fluit;

loof Hom met helder simbale,

loof Hom met klinkende simbale!

Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” Ps 150:1-6

Let op, die Wedergebore Jode kan nie aanbid sonder om te dans nie. Hulle jubel in die HERE:

https://video.search.yahoo.com/search/video?fr=yhs-invalid&p=messianic+jes+jews+worshipping+the+Lord#id=2&vid=6cafa0a59bcb7cc82b6769e895e0ae7b&action=click

In kort: Terwyl die fondamente omgegooi word, maak ons gereed vir die Wegraping en bring ons jubelend die laaste van die oes in. – Wekroep





Vrydag 15 Maart 2019

Van ongelowige na getuienis!

Iewers wag iemand vir hierdie getuienis - versprei asb


Natasha Schedrivaya is ‘n Russiese Evangelis wat die Evangelie in die Russiese Platteland onder die 120 inheemse volkere versprei.

Sy stig huisgemeentes en leer die nuwe Gelowiges hoe om self die Evangelie verder te versprei

.





Haar familie was 70 jaar inRusland in Kommunisme en Ateïsme vasgevang. Natasha was 30 jaar oud toe sy die eerste keer ‘n Bybel gesien het.

Haar oupa, wat nie kon lees of skryf nie en glad nie die alfabet geken het nie, het wonderbaarlik elke Sondag die hele gesin van elf kinders om die tafel byeen gehad, sy bril opgesit en met sy vinger iets uit die Bybel gelees en die Bybel dan weer gaan bêre.

Haar ouma het in die week die storie wat haar oupa gelees het aan haar probeer verduidelik, maar omdat Natasja niks van God en Jesus geweet het nie, het sy gedink hulle maak die storietjies net op.

Na my Wedergeboorte het die Heilige Gees al daai “storietjies” in my gees opgeroep en aan my verduidelik.

Een dag het ‘n kollega van haar, Alla, ook ‘n Ateïs, ‘n breingewas ontwikkel. Sy het Natasha laat kom. Hulle het mekaar so ‘n jaar laas gesien.

Alla vertel hoe die spesialiste gesê het hulle kan niks vir haar doen nie en sy sal binnekort sterf. Alla is toe saam met ‘n tannie van haar na ‘n ondergrondse Pinkstergemeente.

            Daar is Alla Wedergebore. Die swelsel het onmiddellik verdwyn en ook alle pyn.

Sy is die volgende dag terug na die spsialiste waar met ‘n nuwe stel toetse vasgestel is dat sy genees is. Hulle kon dit nie verklaar bie. Hulle het gesê dit kan nie God wees wat dit gedoen het nie, want Hy bestaan nie.

Hulle het net gesê onverklaarbare goed gebeur soms.

            Toe Ella haar van Jesus wou vertel het Natasha haar stilgemaak en gesê: “Ek wil niks van Jeus weet nie want hy is volgens die Russiese ensiklopedie ‘n mite. Hy is net ‘n feeverhaal.” Toe ek loop toe gee sy my ‘n tydskrif.

            Dit was ‘n Russiese Christelike tydskrif van TL Osborn uit Amerika en  was in Rusland ingesmokkel. Daai tyd het ons niks gehad nie, so ek het die tydskrif saamgeneem.

            “Toe ek groet het ek vir haar gesê: ‘Moet my nie weer kontak nie. Ek wil nie hoor van God nie. Ek wil ook niks hoor van Jesus nie. As hy jou gehelp het, dan is dit goed, maar ek glo nie in Hom nie.’

            Alla het my later vertel dat toe die deur agter my toegaan het sy in gebed gegaan en vir die HERE gesê ek gaan reguit hel toe. Daar is geen hoop vir my nie. Ek was so weerstandig, so hard.

            “By ons huis het ek die tydskrif van hoek tot kant deurgelees. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek ‘n Christelike lektuur gelees het.

Toe ek klaar gelees het, het ek ‘n brief aan die redakteur geskryf en gesê dat ek 29 jaar oud is en ’n Ateïs. Ek glo nie aan die bestaan van God nie. As hy God is, hoekom? En toe lys ek ‘n spul vrae.

“Gorbachev het toe pas leier van die Kommuniste Party geword, ‘n klein bietjie meer vryheid, maar die land was steeds gesluit en die KGB het alle posstukke gemonitor. Ek het gedink my brief sal nie eers oor die grens gaan nie.

“Twee maande later ontvang ek ‘n pakket  uit Amerika, ‘n geskenk vir my.

Toe ek dit oopmaak toe sien ek vir die eerste keer in my lewe ‘n Russiese Bybel. Die eerste wat ek gelees het, was: ‘In die begin het God die Hemel en die aarde geskape.”

“Ek het skielik besef dat al was mens jare lank hier gebreinspoel, die Waarheid sal iewers deurbreek as mens na die Waarheid soek. Toe ek dit lees het iets hier binne my gebeur. Ek het dit nog nooit gelees of gesien nie. Dis of elke sel in my liggaam gereageer het op hierdie waarheid. Ek weet nie hoe laat dit was nie, maar dit was reeds God wat aan my hart se deur begin klop het in ‘n poging om Homself aan my te openbaar.

            Daar was allerhande Christelike lektuur in die pakket, ook tien eksemplare van die Christelike koerant. Dit kon ek nie verstaan nie. Hoekom 10?

My pa het skielik op my afgekom. Hy was ‘n politieke offisier in die Sowjet Weermag waar hy al 28 jaar lank onderrig in die Kommunistiese ideologie doseer het. Hy was baie kwaad. Hy het gesê ons sal gearresteer word en weggeneem word.

Ek het alles tussen Russiese Kommunistiese boeke op ons boekrak versteek. Nege van die tien koerante het ek by ander mense se posbusse in die woonstelblok gaan ingooi sodat ek darem nie alleen op die trein na Siberië sou wees nie. Die 10e koerant het ek in my kamer versteek sodat ek dit kon klaar lees. 

“Maande later ontvang ek ‘n brief wat my hele lewe omgekeer het. Dit was van die Baptiste Sending in Sacramento,Kalifornië.

Die skrywer was ene Patrick Panic. Hy het ‘n Russiese kerk nie ver van sy huis af nie besoek. Daar ontmoet hy ene Nikolai, die redakteur van die Christelike koerant wat en ontvang. Dis aan hom wat ek in die eerste plek geskryf het.

Nikolai haal toe my brief uit sy binnesak en gee dit aan Patrick en sê: ‘Hierdie meisie is 29 jaar oud. Sy is ’n Ateïs en sy glo nie God bestaan nie. Bid asseblief vir haar.’

“Toe ek Patrick se brief lees het dit my aangegryp. My brief is nie weggegooi nie. Nokolai het dit in sy binnesak gedra. Hy het dit soos ‘n skat bewaar. Dit beteken my lewe beteken iets.

“Die laaste twee sinne was die druppel wat my beker laat oorloop het: ‘Ek wil hê dat jy weet dat ek vir jou bid en dat God lief is vir jou.”

Iemand wat ek as my vyand beskou het, was besig om vir my te bid. Hy geen om vir my. Hy verlang net die beste vir my. Dan noem hy dat God my lief het.

“Ek het intussen afgekom op die Onse Vader gebed en ek sê vir myself: ‘Wat as Hy werklik bestaan, moet ek dit nie maar bid vir net ingeval nie?

Toe ek lees dat God vir my lief is, het dit my hart deurboor. Ek besluit om Alla te bel. Ek vertel haar van die brief. Ek sê dis belangrik dat ek die brief vir haar wys. Die Amerikaner sê hy bid vir my en God is lief vir my.’

Alla het eintlik opgegee op my. Sy sê sy het nie nou tyd vir my nie en moreoggend gaan sy kerk toe.. Ek vra toe toe of ek kon saamgaan?

Ons ontmoet die volgende oggend ek vertaal die brief aan haar in die bus op pad kerk toe.

            “Ons kom by die kerk. Dis ‘n ou Pinksterkerk. Hulle het die vervolging oorleef. Tydens die diens gaan my oë skielik oop en ek besef God is ‘n werklikheid. Hy bestaan. Ek het begin huil en aan God gefluister: ‘HERE ek is so jammer. Ek het nie geweet U bestaan nie. As ek geweet het dat U bestaan dan sou ek U gevolg het. Ek is so jammer. Kan U my asseblief daarvoor vergewe.’

            “Net toe word mense vorentoe geroep wat Jesus wou aanneem. Ek het voor in die kerk gaan kniel en baie gehuil en Jesus aanhou om verskoning vra omdat ek nie geweet het Hy bestaan nie. Die Postoor het my toe kom help om die sondaarsgebed te bid. Ek is daar Wedergebore.

            Toe ek opstaan was my sware las weg. Ek het nooit besef dat ek so ‘n sware las gedra het nie. Ek was vervul met vrede en blydskap en was veerlig. Ek was getransformeer. Ek was ‘n absolute nuwe mens.

            Die volgende oomblik wou ek huis toe hardloop om my ouers die blye nuus te gaan vertel dat God ‘n werklikheid is en dan Jesus leef. Hulle sou so opgewonde wees.

            “Ek is ‘n vertaler en het vir TL Osborne vertaalwerk begin doen. Ek kom toe agter, ek kan ook vir siekes en kreupeles bid. In my prediking maak ek God en Jesus onweerstaanbaar. By TL Osborn het ek geleer die krag is nie in my nie maar in die Woord. Kyk wat sê Paulus: “Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.’ Rom 1:16.”

            Daar is 36 000 Plattelandse gemeenskappe in Rusland wat Natasha gereeld besoek. Sy bid selfs vir die mense se siek diere en God genees.

            Die mense sê hulle koeie gee die heerlikste melk nadat vir hulle gebid is.

            Versprei asseblief ook hierdie getuienis. Iewers wag iemand op dit. – Wekroep.


Maandag 11 Maart 2019

Wees net dankbaar, baie dankbaar ...



“Wees in alles dankbaar (hoekom?), want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.”
1 Thes 5:18

            Die stukkie “wees in alles dankbaar,” het al tot menige twis en tweedrag gelei. Nogtans,, “alles” beteken letterlik “alles”.

            In Moses se tyd stuur die HERE giftige slange onder die volk. Die volk kom kla by Moses. Moses neem die saak na die HERE. Die HERE sê vir Moses, maak vir jou ‘n slang en plaas dit op ‘n paal en elkeen wat gepik is, as hulle daarna kyk sal genees word. Moses het toe ‘n koperslag gemaak en op die paal gesit.

            Die slang wat eers dood en verwoesting gesaai het, bring nou genesing.

            Om die slang te kon maak, moes die koper keer op keer verhit word en met ‘n hamer op ‘n aambeeld geslaan word om vorm aan te neem.

Jesus was ook vodde geslaan. Dit was ‘n bloedbad. Hoekom het God vir Moses ‘n slang laat maak... die ding wat mense juis ontslae van wou raak? Hoekom nie ‘n Engel nie of iets mooi nie?

Die slang is onheil. Hy verskyn die eerste keer in die Tuin van Eden. Hy het nie vir  Eva gepik nie, hy het haar denke verdraai. Wanneer die vyand in ons denke en wese inbeweeg, verdraai hy ook ons denke.

Hy val meesal jou denke aan oor die HERE, jou denke oor die Skrif. Saai twyfel. Wanneer God in die Woord praat van genesing, kom die slang en hy saai gedagtes van dood. Hy probeer sy gif in jou versprei, jou besmet. Hy saai twyfel met sy gif.

            Elkeen van ons moet die Evangelie uitdra en elkeen van ons ondergaan opleiding. Ons maak kennis met die gif en terwyl ons daarmee in blydskap worstel, ontdek ons die serum wat die genesing teweeg bring.

            As ons besef, onheil is nie die einde nie, dis die begin en as ons in alles dankbaar is, hanteer ons die situasie heeltemal die teenoorgestelde as om onder die omstandighede te swik. Anders gestel: Dan leef ons BO die omstandighede en nie ONDER die omstandighede nie,

Die serum oplossing is interessant. Mens sou dink dat God dit wat reg is sal aanwend teen dit wat verkeerd is. Dit werk egter andersom.

God gebruik sonde teen sonde, boosheid teen boosheid. God stuur Jesus om sonde te word en daarna word die serum (bloed) aangewend om te red en te genees.

Soos wat Moses die slang in die woestyn opgehef het, so sal Jesus opgehef word. Hy wat geen sonde geken het nie, het sonde geword. Hy het geword wat Hy nie was nie sodat ons kon word wat ons nie uit onsself kon wees nie.

Wanneer mens deur ‘n slang gepik word, word serum gebruik om te keer dat jy sterf, maar die serum word juis vervaardig vanuit die gif wat jou wou doodmaak.

Dit beteken dat dieselfde ding wat die vloek bring, bring ook die seëninge. Wat na moeilikheid en ellende lyk, is juis ‘n geleentheid.

Jesus neem die situasie en keer dit om. Jesus het sonde geword om die sondaar te kon red. Dan bekeer jy jou van jou verkeerde weë. Jy maak ‘n “omkeer” en jy beweeg in ‘n nuwe rigting.

Versoek gaan jy versoek word... “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar (let op) Hy sal saam met die versoeking (gif) ook die uitkoms (serum) gee, sodat julle dit sal kan verdra.’ 1 Kor 10:13.

Goliat kom met ‘n reuse swaard om Dawid dood te maak. Dan keer die situasie om en Dawid onthoof Goliat juis met sy eie swaard.

Die HERE stuur Jona om vir die sondige Nineve te gaan waarsku. Dit is dieselfde Jona wat kort gelede ongehoorsaam was en nie na God wou luister nie.

Ons het geen keuses as om God te gehoorsaam nie. Jona wou nie en die HERE het sy kans afgewag en eers Jona se lewe in die Walvis se pens omgekeer.

            Aäron dans naak  en God neem die gif en maak ‘n serum Ex 22:25. God stel juis vir Aäron as Hoëpriester. aan.

Petrus was gif. Jesus sê vir hom ek gaan jou gebruik, maar voor dit gaan jy my drie keer verloën. Dis toe wat gebeur het, maar deur bittere berou en baie trane word die gif serum.

Dieselfde man wat gesweer het: “Ek ken Hom nie”, bring in sy eerste diens 3 000 siele in... byna of mens kon sê ‘n duisend siele vir elk van die verloenings.

En Saulus? Hy was ‘n terroris wat die Christene erg vervolg het. Die HERE keer hom voor op die pad na Damaskus en keer sy giftige lewe om na serum en maak van Paulus die grootste Apostel van die Nuwe Testamentiese Kerk.

Wyle Mary Baxter van Amerika was erg kreupel gebore. Sy het Jesus aangeneem, haar verbly in haar ellende en is een Sondagmiddag 100% genees en het ‘n Evangelis geword. Toe bring sy Nuwe Lewe aan die siekes en gebreklikes.

Die HERE wil jou ook gebruik om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges. te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word (let op) sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte (Terpentynbome) van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking.” Jes 61:1-3 (Terpentyn kan ook genees: https://earthclinic.com/remedies/turpentine/)

“Wees in alles dankbaar”. Dis jou opleiding sodat jy ander kan bedien. Jy verkry uiteindelik ‘n sieraad vir jou as. Ja, God kan lewe uit as ook skep.

“Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val (hoekom?), omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.” Jak 1:2-3

Kyk met nuwe oë na jou verlede. Al die tyd wat jy in ‘n vervalle of teruggevalle toestand was, wat jy swaar gekry en nie hoop gehad nie, was die HERE besig om serum van jou te maak. Gebruik jou serum om  ander wat ook seergekry het te genees.

Daai man wat nie kan ophou drink nie. Hou aan bid vir hom totdat hy serum word. Daar is baie soos hy wat gehelp moet word. Hy sal hulle ten beste kan help.

Daar is ander wat nou swaarder kry as jy. Wend jou serum aan. Jy het ‘n bediening.  Jy het altyd vuil en waardeloos gevoel, verwerp... draai om, bekeer jou, daar is werk vir jou om te doen.

“Dra mekaar se laste en vervul so die (liefdes) wet van Christus.” Gal 6:2 en beslis Jak 2:8. Hoe gaan jy dit regkry as jy nie self deur so ‘n vallei van doodskaduwee is nie?  Jy het eerstehandse opleiding en ondervinding. Jy is ‘n spesialis in jou veld en, die HERE werk nie net saam met jou nie, Hy stap jou vooruit. Volg Hm.

Hannes en Jana Viljoen (Brain Child Fund) het drie breinbeseerde kinders. Hulle leef in absolute oorwinning terwyl hulle ander help wat ook sulke kinders het.

Belinda Paar is verkrag op 14. Daarna sterf haar pa. Haar eerste man was erg brutaal en het haar gereeld erg aangerand. Op vier maande had sy ‘n miskraam weens aanranding. Daarna volg ‘n tweede mislukte huwelik (bankrotskap) en toe ‘n breinbeseerde kind. Vandag is sy ‘n opgeleide berader wat mense van reg oor die land bystaan.

Pastoor Dwight Pate wou as jong predikant, geld by ‘n bank leen om ‘n aanbiddingsplek te begin. Hy had geen kredietwaardigheid nie en sy medewerker het pas uit die tronk gekom. Die bank het summier geweier. Ses jaar later toe koop Pastoor Pate die bank. Hulle moet vandag die enigste kerk in die wêreld wees wat hul eie bank het.

“Wees in alles dankbaar” al gaan dit hoe erg “want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.”

Die Amerikaanse Evangelis Bob Mumford, het altyd gesê: “God puts you into a fix to fix you, but if you fix the fix before you’re fixed, He has to fix another fix to fix you.”

Is dit jou werksituasie wat jou die een stel na die ander laat aftrap? Wees dankbaar en geduldig. Jy word voorberei vir jou bediening.

Het jy ‘n kind deur die dood verloor. Jy het nie jou kind verloor nie, hy/sy wag vir jou. Wees dankbaar en neem jou serum om ander kinders en hulle ouers te troos en vir Jesus te wen.

Is jy beswaard omdat jy deur ‘n aborsie is? Bely en maak jou saak reg met die HERE, jou baba wag vir jou in die Hemel. Gebruik jou serum om ander te troos of te keer dat hulle ook in so ‘n slagyster trap.

Ons is terug by Dawid. Die arme man het hard geval. Vandag is hy ‘n man na God se hart. Altesame 400 jaar na Dawid se dood, profiteer Esegiël: “En my kneg “Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel.” Eseg 37:24

Let op na hierdie skitterende beskrywing: “Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur (let op) geoefen is.

“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op, en maak paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:13 – Wekroep


Vrydag 08 Maart 2019

Soek jou krag in die HERE

Lees jou Bybel


In die Tweede Wêreldoorlog het 'n jong soldaat in die loopgraaf, 'n Nuwe Testament gesit en lees. Sy kaptein kom op hom af. "Wat maak jy met daardie boek hier?" vra hy bars. "Dit sal jou 'n ouvrou maak!"

Die soldaat kom op aandag. "Ek is bang, Kaptein," antwoord hy eerlik. "Dis al manier hoe ek dapper kan wees. Hierdie boek gee my moed. Dit neem die vrees vir die dood weg." Ter¬wyl hy praat, bars 'n bom naby hulle. Een van die kartetse verbrysel sy kop. Hy is die Ewigheid in.

            Die offisier het die Bybeltjie eerbiedig opgetel en in sy sak gesteek. Hy het dit self begin lees. Dit het 'n groot invloed op hom gehad. Hy het moed geskep en die lewe het vir hom weer sin gemaak. Hy het gesorg dat elkeen van die manne onder sy bevel 'n Nuwe Testament kry.

Die lees van die Bybel maak 'n mens nie week nie, maar sterk. Vir baie mense het die lees van die Bybel in tye van groot behoefte en neerslagtigheid, nuwe hoop en moed in hul hart ontsteek. Bybellees is nie 'n godsdienstige plig nie. Dit is 'n groot voorreg.

Dit bring lig en geloof in die siel. Dit stil die sielehonger. Verwaarlosing van die Bybel is die grootste onreg wat 'n mens homself kan aandoen. Hy ontsê homself 'n bron van krag en vreugde. Hy ontsê homself die voorreg om na God te luister.

            Bybellees bring ons hart met God se hart in aanraking, want dit is Sy Woord. Hy praat innig met ons. Die Heilige Gees gebruik God se Woord om die HERE Jesus aan ons bekend te maak.

Deur ons kennis van Christus en vertroue in Hom, vind ons vergifnis en vrede en gaan al die rykdomme van die Hemel vir ons oop. Dis inderdaad ‘n Testament wat jou alles verduidelik van wat jy as Gelowige geërf het.

            "Soek julle krag in die HEREe en in Sy groot mag." Efes 6:10.

Woensdag 06 Maart 2019

Gehoorsaamheid Eerste

Doen dit onverwyld


“Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme." 1 Sam 15:33

            In sy boek "How to be a happy Christian", wat in die 70-tiger jare verskyn het, vertel J. Nieboer van 'n sakeman, wat altyd sy tiende aan die Here gegee het. Op 'n dag kry hy kennis om binne 'n jaar sy sakeperseel te ontruim.

Ses maande lank soek vergeefs na 'n ander perseel. Intussen bied die bank aan om die gebou op te rig, as hy die bouperseel voorsien. Binne 'n paar weke kry hy 'n geskikte stuk grond.

Die prys was $30 000. Hier het sy stryd begin. Hy het $30 000 in die bank, maar $10 000 hiervan was tiende geld wat hy laat oploop het, om aan 'n sendingorganisasies te stuur. Die verkoper wys sy aanbod van $20 000 van die hand.

Die versoeking was groot om die $10 000 te gebruik. Juis daardie dag, lees hy Maleagi 3:10: "Bring die hele tiende na die skathuis, en beproef My tog hierin of Ek vir julle nie vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloed sal uitstort nie." Dit het vir hom die saak beslis. Hy het dadelik die sendingkantoor gebel en hulle van die $10 000, wat hy vir hulle het, in kennis gestel. Hulle moet dit asseblief dadelik laat haal.

Pas het hy die telefoon neergesit of dit lui weer. Nou was dit die eiendomsagent wat bel. "Ek het vir jou goeie nuus," sê hy. "Jy kan die grond nou vir $20 000 kry." Vir die sakeman se geestelike lewe was dit 'n geseënde ondervinding.

            Die weg van die HERE lyk soms na 'n nadelige pad, maar dan ontdek ons, gehoorsaamheid aan die HERE, loop op die einde op 'n wensaak uit. "Onthou die trekpad waarlangs die HERE julle veertig jaar lank deur die woestyn gelei het. Hy het julle in die moeilikhede laat beland om julle te toets en te kyk hoe julle gesindheid sou wees…of julle sou gehoorsaam."
Deut 2-5

Hoe ons op teleurstelling en versoeking reageer, leer ook aan ons wat die inhoud van ons hart is. In so 'n toetsperiode kom die HERE se Woord ons met raad en leiding tegemoet.

Ons houding moet altyd wees soos dié van Dawid in Psalm 25:3-5: "Niemand wat sy verwagting in U stel sal beskaam word nie…Maak my U wil bekend, HERE, leer my u paaie. Laat U waarheid my lei en onderrig my daarin…in U stel ek elke dag my verwagting." – Wekroep